# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans-approved/75d1389a-8e2b-4bb9-b0a4-9ba316896c01
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans-approved/75d1389a-8e2b-4bb9-b0a4-9ba316896c01)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2022

               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, ŉ antwoordblad en
                                 ŉ addendum met 3 bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.     2.1   Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
              beantwoord:

              BYLAE A vir VRAAG 1.3
              BYLAE B vir VRAAG 3.1
              BYLAE C vir VRAAG 5.2

        2.2   Beantwoord VRAAG 3.1.5 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

        2.3   Skryf jou NAAM en GRAAD in die ruimtes op die ANTWOORDBLAD
              voorsien. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDE-
              BOEK in.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
        gebruik is.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
        tensy anders aangedui.

 6.     Toon ALLE bewerkings duidelik aan.

 7.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
        vermeld.

 8.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 9.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders vermeld.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                           3

 VRAAG 1

 1.1   Om die prys van brandstof per liter in Suid-Afrika te bepaal, gebruik die huidige
       brandstofprysmodel die vier hoofkomponente wat in die TABEL 1 hieronder getoon
       word.

       TABEL 1: VIER KOMPONENTE WAT DIE PRYS VAN BRANDSTOF PER
                  LITER BEPAAL
          KOMPONENTE
              VAN DIE                       PERSENTASIE (%) NOVEMBER
        BRANDSTOFPRYS- NOVEMBER             VERHOGING VAN PRYS VIR
               MODEL          PRYS VIR 2011   BRANDSTOF        2021
        Basiese brandstofprys    R6,29            49          R9,37
        Ander heffings           R1,91           114          R4,09
        Padongelukkefonds        R0,80           173          R2,18
        Brandstofheffing         R1,78           116          R3,83

                                                                                 NOVEMBER
                                NOVEMBER                                          PRYS VIR
                               PRYS VIR 2011                                        2021
        Rand per liter
                                     R10,77                   80,78                  R19,47
        brandstof
                              [Data met vergunning van die Automobielvereniging: IOL. Motoring/2021]

       Gebruik TABEL 1 om die vrae wat volg, te beantwoord.

       1.1.1 Toon hoe die prys van R19,47 per liter brandstof in November 2021 bepaal is.               (2)

       1.1.2 Skryf die persentasie verhoging van die minste prysbepalende komponent van
             die prys per liter brandstof neer.                                                         (2)

       1.1.3 Toon hoe die basiese brandstofprys-komponent in November 2021 bepaal is deur
             die basiese brandstofprys van 2011 te gebruik.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.2    Jane het ŉ selfoon op ŉ voorafbetaalde reëling met ŉ netwerk wat 1 gigagreep
        (GB) se data teen ŉ koste van R149,00 voorsien.

        LET WEL: 1 GB = 1 000 MB (megagrepe)
                      1 MB = 1 000 KB (kilogrepe)
        TABEL 2 hieronder toon ŉ lys van selfoontoepassings (toeps) wat Jane in Mei 2022
        opgedateer het.

          TABEL 2: SELFOONTOEPASSINGS OPGEDATEER IN MEI 2022
                 TOEPASSINGS         DATA GEBRUIK OM OP TE
                 OPGEDATEER              DATEER (in MB)
           Google Drive                       27,45
           Dropbox                              90
           Facebook                             ---
           Boodskappe                           43
           YouTube                             125
           TOTALE DATA                       400,45

        Gebruik die inligting en TABEL 2 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.2.1 Bepaal die data wat vir die opdatering van Facebook gebruik is.                      (2)

        1.2.2 Bereken die totale koste van die data wat gebruik is in die opdatering van
              bogenoemde vyf (5) selfoontoepassings.                                               (3)

        1.2.3 Bereken die databalans in kilogrepe wat             oorbly    nadat     al   die
              selfoontoepassings in Mei 2022 opgedateer is.                                        (3)

 1.3    BYLAE A toon ŉ inkomste- en uitgawestaat vir Buzingo privaatskool.

        Die staat toon ŉ vergelyking van begrote en werklike waardes vir die jaar 2020.

        Gebruik die inligting in BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.3.1 Bereken die totale werklike inkomste vir die skool in 2020.                          (2)

        1.3.2 Die waarde van die werklike netto inkomste in 2020 word as negatief
              aangedui.
              Wat beteken negatiewe waarde?                                                        (2)

        1.3.3 Identifiseer EEN item binne die ‘Inkomste’ wat die hoofoorsaak kon wees
              dat die skool ŉ negatiewe balans getoon het.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                             5

 1.4    TABEL 3 hieronder toon die provinsiale uitslae in Wiskundige Geletterdheid in die
        Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Eksamens in 2021. ŉ Kandidaat moet 30% of
        meer behaal om te slaag.

        TABEL 3: TOON PROVINSIALE RESULTATE IN WISKUNDIGE
                 GELETTERDHEID IN 2021
                                               % BEREIK TEEN 30%
         PROVINSIE SE NAAM TOTAAL GESKRYF           EN HOËR
               Oos-Kaap             46 960            72,3
                Vrystaat            21 450            85,8
                Gauteng             87 381            82,6
             KwaZulu-Natal         105 651            68,6
               Limpopo              59 560            67,2
              Mpumalanga            37 857            71,5
               Noordwes             30 125            77,6
              Noord-Kaap             9 813            71,3
               Wes-Kaap             42 270            80,4
            Nasionaal (RSA)         --------          74,5
                                         [Bron: https://education.gov.za/release of NSC results 2021]

        LET WEL:
        • Slaag is 30% en meer
        • Druip is enige punt laer as 30%

        Gebruik TABEL 3 om die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.4.1 Bepaal die totale aantal kandidate wat Wiskundige Geletterdheid in 2021 in
              die Republiek van Suid-Afrika geskryf het.                                                  (2)

        1.4.2 Bepaal die aantal provinsies wat swakker as die nasionale telling in 2021, in
              terme van ŉ prestasie van 30% en meer, gevaar het.                                          (2)

        1.4.3 Bereken die aantal kandidate wat Wiskundige Geletterdheid in die Oos-Kaap
              in 2021 geslaag het.                                                                        (3)

        1.4.4 Bepaal die waarskynlikheid om ŉ kandidaat wat Wiskundige Geletterdheid in
              2021 gedruip het, lukraak te kies uit diegene wat die vak in die Noord-Kaap
              geskryf het.                                                                               (2)
                                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 2

 2.1   Die kosprys van ŉ CASIO- en ŉ SHARP-sakrekenaar is op 13/2/2022 deur ŉ plaaslike
       winkel op sy webwerf soos hieronder getoon geadverteer.

            # PRYSE OP SAKREKENAARS VERLAAG. MAAK 'N BESPARING!
           Handelsmerk: Casio-sakrekenaar Handelsmerk: Sharp wetenskaplike
                                                 sakrekenaar El-531

                     Was R300,00                           Was R190,00

                     Bespaar R101,00                       Bespaar R40,00

                     R199,00                               R150,00

                      Verkoopaanbiedinge geldig vanaf 14/2/2022 – 28/2/2022
                                                            [Aangepas van game.co.za/feb2022]

       Gebruik die advertensie hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       2.1.1 Bepaal vir die Sharp-sakrekenaar die verhouding van die besparingsbedrag tot
             die oorspronklike prys in die vorm van 1 : …                                           (2)

       2.1.2 Druk uit as ŉ persentasie (tot twee desimale plekke) die afslagbedrag op die
             prys van die Casio-sakrekenaar.                                                        (2)

       2.1.3 Graad 12-leerders van Tuso hoërskool het op 28 Februarie 2022, 8 Casio- en 12
             Sharp-sakrekenaars gekoop. Bereken die totale besparing op die aankoop.                (3)

 2.2   Die huidige graad 10-leerders by Tuso hoërskool beplan om in 2024 ŉ matriekafskeid
       te hou. Hulle het begroot dat hulle R5 500 sou gebruik.

       Hulle het R4 500 fondse ingesamel wat hulle in ŉ spaarskema belê het, wat rente van
       9,5% per jaar jaarliks saamgestel gee.

       Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of die klas se beleggingsbedrag na ŉ tydperk
       van presies 2 jaar, hul begroting sal haal.                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       7

2.3   Me. Nande is 53 jaar oud en het ŉ bruto inkomste van R39 486 per maand gedurende die
      2021/2022-belastingjaar verdien.
      ŉ Nie-belasbare maandelikse aftrekking van 7,5% is van haar salaris gemaak en in haar
      pensioenfonds inbetaal.

      TABEL 4 hieronder toon die belastingtabel vir die 2022-belastingjaar geëindig
      28 Februarie 2022.

      TABEL 4: BELASTINGTARIEWE VIR 2021/2022-BELASTINGJAAR
               (1 Mrt. 2021‒28 Feb. 2022)
       BELASTING-     BELASBARE
          KERF      INKOMSTE (R)                  BELASTINGKOERSE (R)
            1      1 – 216 200          18% van belasbare inkomste
            2      216 201 – 337 800    38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200
            3      337 801 – 467 500    70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800
            4      467 501 – 613 600    110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500
            5      613 601 – 782 200    163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600
            6      782 201 – 1 656 600 229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200
            7      1 656 601 en hoër    587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600
                                                                    [Aangepas uit www.sars.gov.za]

      TABEL 5 hieronder toon die belastingkortings vir die 2021/2022-belastingjaar.

       TABEL 5: BELASTINGKORTINGS VIR DIE 2021/2022-BELASTINGJAAR
                             BELASTINGKORTING
       Primêr                                       R15 714
       Sekondêr (65 en ouer)                         R8 613
       Tersiêr (75 en ouer)                          R2 871
                                                                   [Aangepas uit www.sars.gov.za]

      Gebruik TABEL 4 en TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.3.1 Verduidelik die term ‘bruto inkomste’ in hierdie konteks.                                 (2)

      2.3.2 Toon deur berekening aan dat ŉ persoon wat 75 jaar en ouer was, en R151 100
            gedurende die 2022-belastingjaar verdien het, geen belasting betaal het nie.              (5)

      2.3.3 Bereken me. Nande se jaarlikse belasting betaalbaar.                                      (8)
                                                                                                     [27]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3

3.1   In Suid-Afrika ly baie mense aan chroniese gesondheidstoestande.

      Bevolkingskatting in duisende (‘000) in 2020-middel-jaar vir mense met chroniese
      gesondheidstoestande word in ŉ tabel op BYLAE B gegee.

      LET WEL: Chroniese gesondheidstoestand(e) vereis dat ŉ mens deurlopende
               mediese aandag moet kry, of medisyne op ŉ daaglikse of gereelde
               tydperk volgens ŉ mediese dokter se voorskrif neem.

      Gebruik die inligting hierbo en BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.

      3.1.1 Bereken die totale aantal mans met chroniese gesondheidstoestande in
            KwaZulu-Natal.                                                                      (2)

      3.1.2 Gebruik die aantal diabetiese mense om die provinsiale omvang tussen
            provinsies in Suid-Afrika te bepaal.                                                (3)

      3.1.3 Bereken die provinsiale gemiddelde aantal mense met hipertensie (HBD) in
            Suid-Afrika.                                                                        (3)

      3.1.4 Bepaal die mediaan van die totale chroniese gesondheidstoestand van verskeie
            provinsies in die RSA.                                                              (3)

      3.1.5 Gebruik die ANTWOORDBLAD om ŉ lyngrafiek te teken wat die totale aantal
            mense wat aan diabetes ly uit alle provinsies verteenwoordig.                       (4)

      3.1.6 Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ persentasie) van die lukraak selektering/kies
            van ŉ diabetiese vrou onder chroniese siekte-lyers in KwaZulu-Natal.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                           9

3.2    Die bevolking van die Republiek van Suid-Afrika gedurende die middel van 2020 is op
       59,62 miljoen geraam. Die grafiek hieronder verteenwoordig die bevolking per
       provinsie.

                                            2020-MID-JAARLIKS SUID-AFRIKAANSE BEVOLKING
                                                            PER PROVINSIE
                                 14

                                 12                                                                               11,53

          Bevolking (miljoene)
                                 10

                                 8                                                                       7,01
                                                         6,73
                                                                                    5,85
                                 6
                                                 4,68
                                                                                                4,11
                                 4                                        2,93

                                 2       1,29
                                                                   ?
                                 0

                                                                       PROVINSIES

                                                                                           [Bron: Stats SA, Mid-Year 2020]

       Gebruik die inligting verskaf en die grafiek hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       3.2.1                          Noem die tipe grafiek wat gebruik word om die inligting te vertoon.                      (2)

       3.2.2                          Bepaal die bevolking van Gauteng en skryf die finale antwoord in woorde.                 (4)

       3.2.3                          Bereken die interkwartiel-omvang (IKO) vir die provinsiale bevolkings vir
                                      mid-jaarlikse 2020:

                                      Jy kan die formule gebruik: IKO = K3 – K1                                               (5)
                                                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4

 4.1   Mnr. Buti en sy dogter Jane gebruik dieselfde selfoonnetwerkverskaffer, maar elkeen
       gebruik dit onder verskillende omstandighede.

       • Mnr. Buti is op ŉ kontrak waar:

          (i)   hy betaal ŉ vaste koste van R200 per maand vir 100 minute gratis en
          (ii)  daarna ŉ koste van R1,20 per minuut, per sekonde fakturering na die gratis
                100 minute.
          (iii) Totale koste (R) = 200 + (n - 100) × 1,20; waar n minute verteenwoordig
                gebruik.

       • Jane is op ŉ voorafbetaling en betaal R1,75 per minuut, per sekonde faktuur.

       Mnr. Buti se oproepminute en koste word in TABEL 6 hieronder getoon.

         TABEL 6: WYS KOSTE EN DUUR VAN OPROEPE WAT MNR. BUTI
                    PER MAAND OP DIE SELFOONKONTRAK GEMAAK HET
          Totale aantal oproepminute
                                      0   50  100  200 300  D
          vir die maand
          Totale koste in Rand (R)   200 200   C   320 440 500

       Gebruik die inligting hierbo en TABEL 6 om die vrae wat volg, te beantwoord.

       4.1.1 Bereken die waarde(s) van:

                 (a)   C                                                                         (2)

                 (b)   D                                                                         (3)

       4.1.2 Verduidelik die term ‘voorafbetaling’ in die konteks hierbo.                        (2)

       4.1.3 Bereken die koste wat Jane betaal het in ŉ maand wat sy vir 200-minute gebel
             het.                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                            11

 4.2   Buti het ŉ Eliti-rekening by een van die banke in Suid-Afrika.

       TABEL 7 toon depositofooie van toepassing op sy rekening in 2022.

       TABEL 7: ELITI-REKENINGKOSTE BY ABA-BANK VIR DEPOSITO’S
            TRANSAKSIE                                      KOSTE
         Notas en munte deposito R80 + R2,25 per R100 (vir note) + R5 per R100 (vir munte)
                                 of ŉ gedeelte daarvan die bedrag gedeponeer.
                                 [Aangepas deur eksaminator uit inligting verskaf deur verskeie banke ‒ 2022]

       Gebruik die inligting uit TABEL 7 om die vrae wat volg, te beantwoord.

       4.2.1 Bepaal die minimum bedrag wat ŉ mens sal betaal wanneer ŉ deposito van note
             en munte gemaak word.                                                                       (2)

       4.2.2 Buti sê hy sal R180 gehef word wanneer ŉ deposito van note ter waarde van
             R1 500 en R500 in munte maak. Toon deur middel van berekeninge aan of sy
             stelling GELDIG is of nie.                                                                  (5)

       4.2.3 Mnr. Buti het R1 500 ŉ bedrag uit die verkoop van goedere gedeponeer wat
             teen ŉ prys Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) ingesluit, verkoop is.

               Bereken die BTW-bedrag op goedere verkoop. (Jy mag BTW gebruik = 15%) (3)

       4.2.4 Noem ten minste EEN metode wat Buti kan gebruik om geld te stuur na ŉ
             persoon wat nie ŉ bankrekening het nie.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.3   ŉ Toeris van Japan het op 26 Maart 2022 in Oos-Londen aangekom om vir ŉ tydperk van
       5 dae deur sekere dele van die Oos-Kaap te toer. Hy het beplan om ŉ gemiddelde bedrag
       van R4 042,19 per dag te gebruik.

       Die toeris se eerste toer was ŉ retoerrit van Oos-Londen na Humansdorp. Die voorwaardes
       was soos volg:

       • Die toeris het vir sy petrolgebruik op ŉ gehuurde motor betaal.
       • Die gehuurde motor word met vol tenk gegee en moet met ŉ vol tenk terugbesorg word.
       • Motorhuurtarief is 182 sent per kilometer.

       Verder is die volgende besonderhede bekend.

       • Die afstand van Oos-Londen na Humansdorp is 368,6 km.
       • Die koste van petrol was op daardie tyd R19,89 per liter.

       Die toeris het ŉ Toyota Corolla 1.6 gekies wat gemiddeld 7 liter/100 km gebruik.

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       4.3.1 Bereken die totale Japanese Jen wat hy vir die 5 dae gebruik, verruil het. As die
             wisselkoerse tussen RSA Rand en Japannese Jen op die dag gegee word soos in
             tabel hieronder:

               SUID-AFRIKAANSE RAND (ZAR)                         JAPANSE JEN (¥)
                           5                                         37,51715
                                                         [Aangepas uit Currency Data API/26/03/2022]    (4)

       4.3.2 Bereken die huurgeld vir die retoerrit tussen Oos-Londen en Humansdorp, petrol
             wat gebruik word uitgesluit.                                                               (3)

       4.3.3 Bereken die koste van brandstof/petrol vir die retoerrit hierbo.                           (4)
                                                                                                       [32]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                     13

 VRAAG 5

 5.1   TABEL 9 hieronder toon die koste van fliekkaartjies by Gompo winkelsentrum in 2021
       en 2022.

       TABEL 9: KOSTE VAN FLIEKKAARTJIES BY GOMPO WINKEL–
                SENTRUM IN OOS-LONDEN
                                      STANDAARDPRYSE (2-D)
            KATEGORIE (OUDERDOM VAN                    2021                     2022
            FLIEK-KYKERS))                         Kaartjiekoste             Kaartjiekoste
            Kinders onder 18                           R40                       R60
            Volwassenes (bo 18 minder as 65)           R45                       R65
            Pensioenarisse (65 en ouer)                R40                       R60

        •     In Mei 2021 was kaartjieverkope 60% van Mei 2022 se verkope.
        •     930 fliekkaartjies is in Mei 2022 verkoop.
        •     Die gemiddelde aantal kaartjies wat in Mei 2021 en Mei 2022 verkoop is, was in
              die verhouding: Volwassenes : Kinders : Pensioenarisse = 2 : 3 : 1

                                                                  [Aangepas uit hemingways.co.za]

       Gebruik TABEL 9 en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       5.1.1 Bepaal die aantal kaartjies wat kinders onder 18 in Mei 2022 gekoop het.                (2)

       5.1.2 Bepaal die bedrag wat ontvang word van kaartjies wat in Mei 2021 deur
             volwassenes gekoop is.                                                                  (3)

 5.2   BYLAE C toon sirkeldiagramme oor toeriste van ander lande na Suid-Afrika in die jare
       2019 en 2020.

       Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.

       5.2.1 Noem ŉ ander tipe grafiek wat jy kan gebruik om die inligting in BYLAE C te
             vertoon.                                                                                (2)

       5.2.2 Identifiseer die land wat die minste aantal besoekers in 2020 gehad het.                (2)

       5.2.3 Inako het gesê dat 435 582 toeriste in 2019 uit die VK gekom het.
             Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of sy stelling KORREK is.                     (6)

       5.2.4 Bepaal die waarskynlikheid (as ŉ desimaal) om ŉ toeris uit ŉ land wat nie ŉ
             afname of ŉ toename in die aantal besoekers getoon het nie, ewekansig te kies.          (3)

       5.2.5 Gee EEN moontlike rede waarom daar ŉ afname was in die aantal toeriste van
             ander lande na Suid-Afrika in 2020 in vergelyking met 2019.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 (EC/SEPTEMBER 2022)

 5.3   Mnr. Jabu woon in Komani, in die Enoch Mgijima munisipaliteit en gebruik
       voorafbetaalde elektrisiteit wat teen ŉ BTW inklusiewe koers aan kliënte verkoop word.

       TABEL 10 hieronder toon die koste van voorafbetaalde eenhede elektrisiteit.

        TABEL 10: KOSTE VAN VOORAFBETAALDE EENHEDE ELEKTRISITEIT
                                             KOERS s/kWh
         BLOK       EENHEDE (kWh)
                                           (BTW INGESLUIT)
           1              0 – 50                144,72
           2             51 – 350               186,06
           3            351 – 600               261,87
           4             > 600                  308,37
                                   [Bron: https:/www.enochmgijima.org.za/electricity tariffs2021/2022]

        * Voorafbetaalde elektrisiteit: Betaal vir elektrisiteit voordat dit gebruik word.
        * BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) = 15%
        * Die munisipaliteit koop elektrisiteit by Eskom teen ŉ gemiddelde BTW-prys van
          R1,33 per kWh.

       Gebruik TABEL 10 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       5.3.1   Noem enige TWEE redes waarom dit ŉ voordeel vir die munisipaliteit is om
               voorafbetaalde elektrisiteit te verkoop.                                                    (2)

       5.3.2   Bepaal die aantal eenhede wat mnr. Jabu ontvang het toe hy voorafbetaalde
               elektrisiteit vir R68,02 gekoop het.                                                        (3)

       5.3.3   Mnr. Jabu het gesê dat die persentasie wins wat die munisipaliteit maak wanneer
               ŉ klant 290 kWh elektrisiteit koop, meer as 34% is.
               Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of sy eis GELDIG is.
               Jy kan die formule gebruik:

                          verkoopprys vir die eenhede ‒ kosprys vir die eenhede
               % Wins =                                                         × 100%
                                         kosprys vir die eenhede
                                                                                                           (6)
                                                                                                          [31]

                                                                                         TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2022)          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     15

ANTWOORDBLAD

NAAM VAN LEERDER: ……………………………………                         GRAAD: ……

VRAAG 3.1.5

  Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
