# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-qp-gr12-sept-2014-afr/6ecf924d-2cee-4083-8e08-ce27dd8ef022
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-qp-gr12-sept-2014-afr/6ecf924d-2cee-4083-8e08-ce27dd8ef022)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitende 2 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                 (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

 2.     Beantwoord AL die vrae.

 3.     Beantwoord VRAAG 1.3.4 op BYLAAG A en VRAAG 5.2.3 op BYLAAG B.
        Skryf jou sentrumnommer en jou NAAM en VAN in die spasies wat
        voorsien is op die BYLAE en handig die BYLAE in met jou
        ANTWOORDEBOEK.

 4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
        gebruik word.

 5.     Diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

 6.     Rond ALLE finale antwoorde af tot TWEE desimale plekke, indien anders
        aangedui.

 7.     Dui meeteenhede aan waar van toepassing.

 8.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 9.     Wys ALLE berekeninge duidelik.

 10     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 3

 VRAAG 1

 1.1    John begin ŉ permanente werk by Balloon-vulstasie op die tweede dag van
        Desember 2013. Hy werk 8 ure per dag en kan nie 40 ure per week
        oorskry nie, uitgesluit oortyd en publieke vakansiedae. Werkers word R35
        per uur betaal wanneer hulle op publieke vakansiedae en oortyd werk.
        Desember se kalender is in BYLAAG B beskikbaar.

        Balloon-vulstasie                     Naam van werknemer:     ID-nommer
        Posbus 3, Amaway, 4300                John Mate               7803152566083
        Werknemer se kode: 4356               Periode einddatum:      Belastingnr:
        Werksbeskrywing: Petroljoggie         31/12/2013              0144263983
                                              Datum begin:
                                              01/12/2013
        Koers/uur: R17,50                     Oortyd/Publieke vakansiedae koers: R35/uur
                                              (3 dae)

        Inkomste        Bedrag
        Basiese         R2 660,00             Weeklikse aftrekkings:            Bedrag
        salaris                               (i)   Werkloosheid-               R7,00
        Oortyd                                      versekeringsfonds (WVF)
        (3 dae)         R---------            (ii) Loonbetalingstelsel (LBS)    R0,00
                                              (iii) Pensioenfonds               R57,00
                                              (iv) Motorindustrie               R2,50
        Totale          VRAAG 1.1.2           Totaal                            R66,50
        Inkomste

        1.1.1      Hoe oud was John toe hy hierdie permanente werk begin het?                 (2)

        1.1.2      Hoeveel sal hy as bruto salaris aan die einde van die maand
                   verdien, insluitende publieke vakansiedae?                                 (3)

        1.1.3      Hy besluit om 5% van sy basiese salaris te spaar met ingang van
                   einde Desember 2013 tot Desember 2014. (Aanvaar sy salaris bly
                   dieselfde). Hoeveel sal hy as ŉ beginpaaiement in Desember 2013
                   spaar?                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (SEPTEMBER 2014)

 1.2    Blue Ribbon-meubelwinkel se eienaar, Barry, koop koningingrootte-beddens
        teen R2 500,00 elk en verkoop dit vir R5 000,00 elk.

        1.2.1   Hoeveel is die wins op elke koningingrootte-bed?                             (2)

        1.2.2   Miriam het 6 koningingrootte-beddens vir haar bed-en-
                ontbytonderneming gekoop. Barry vra sy klante R1 000 vir
                aflewering. Hoeveel sal Miriam spandeer op die aankope van die
                koningingrootte-beddens, insluitende die vervoer van die beddens?            (2)

 1.3    Die vaste maandelikse huurkoste vir hierdie winkel is R10 000. Bestudeer
        die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Barry se inkomste en uitgawes vir sy winkel.

        Aantal
                            0        1        2        3        4        5           6
        beddens (n)
        Uitgawes
                          10 000   12 500   15 000   17 500   20 000   22 500        B
        (Rand)
        Inkomste
                            0      5 000      A      15 000   20 000   25 000     30 000
        (Rand)

        1.3.1   Skryf ŉ formule neer vir sy totale koste deur gebruik te maak van C
                (koste) en n (aantal beddens) formule.

                C = ...                                                                      (2)

        1.3.2   Bereken onderskeidelik die waardes van A en B in bostaande tabel.            (4)

        1.3.3   Gebruik die tabel om die gelykbreekpunt te bepaal.                           (2)

        1.3.4   Teken die grafieke van die Inkomste en Uitgawes vir Barry se winkel
                op dieselfde assestelsel in BYLAAG A. Merk die grafieke duidelik as
                Inkomste en Uitgawes.                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 5

 1.4   Die tabel hieronder toon die werklike impak van geprojekteerde
       tariefverhogings op die Dowel-familie se klein huishouding. Die
       maandelikse munisipale rekening vir hierdie klein huishouding word in die
       tabel hieronder aangetoon.

       Die volgende formule mag gebruik word.

                          nuwe waarde – oorspronklike waarde
       % toename =                                             x 100%
                                 oorspronklike waarde

       Belasbare tariewe en               Huidige
                                                           Begrotingsjaar   % toename
       dienste                              jaar
       Vullisverwydering                  R140,00                 A            12%
       Sanitasie                          R231,99               R262,61       13,2%
       Waterverbruik                      R170,86               R188,80         B
       Elektrisiteit (nie-
                                          R630,50               R699,86       11%
       voorafbetaald)
       Erfbelasting                       R380,98               R438,13       15%
       Subtotaal uitsluitende
                                              C                R1 746,20
       BTW
       BTW op dienste                     R217,61               R244,47
       Totaal                            R1 771,94             R1 990,67

       1.4.1       Gebruik die inligting in die tabel om die volgende waardes te
                   bereken: A, B en C.                                      (2 + 3 + 2)     (7)

 1.5   Luna leen R5 000,00 teen 7,5% enkelvoudige rente per jaar by sy ma om
       sy munisipale rekening te betaal. Hulle het ŉ ooreenkoms aangegaan dat
       hy die volle bedrag plus die rente in gelyke bedrae oor ŉ periode van drie
       jaar terug sal betaal.

       1.5.1       Hoeveel rente sal hy vir een jaar betaal?                                (2)

       1.5.2       Bereken die totale bedrag wat hy terug sal betaal.                       (2)

       1.5.3       Hoeveel sal sy maandelikse paaiement wees?                               (2)
                                                                                           [36]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                        (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 2

 2.1    Appel Distrik Munisipaliteit voorsien die honderd en agt huishoudings van
        die Quko-gemeenskap van ses watertenke vir die kollektering van skoon
        drinkwater omdat hulle nie toegang tot skoon drinkwater het nie. Die
        Quko-gemeenskap het ŉ spesiale vergadering gehad, waar besluit is dat
        die water tussen die huishoudings opverdeel sal word. Die munisipaliteit
        vul die watertenke met skoonwater en het onderneem om hulle gereeld
        met drinkwater te voorsien indien dit nodig is.

        Die deursnit van elke watertenk
                                                     Watertenk
         is 260 cm en die hoogte is 418
                       cm.

        2.1.1   Hoeveel huishoudings deel een tenk?                                         (2)

        2.1.2   Een watertenk kos R4 950,00 insluitende aflewering.
                Hoeveel het die munisipaliteit vir al die watertenks betaal?                (2)

        2.1.3   Bereken die oppervlakte van die basis van een tenk in cm2, indien
                die deursnit van die watertenk 260 cm is.

                Gebruik die formule:

                Oppervlakte van die basis van die tenk = 𝝅r2 , waar 𝝅 = 3,142               (2)

        2.1.4   Bepaal die volume van een watertenk in m3.

                Gebruik die formule:

                Volume = 𝝅r2h , waar 𝝅 = 3,142                                              (3)

        2.1.5   Indien 1 m3 = 1 000 ℓ, hoeveel liters water kan die tenk hou?               (2)

        2.1.6   Een huishouding word beperk tot die gebruik van slegs 2,1 kiloliter
                water per week. Hoe lank sal een tenk die huishoudings hou?
                Gee jou antwoord tot die naaste dag.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      7

 2.2   Layla hou daarvan om sjokolade muffins tuis te bak. Sy wil 24 muffins in
       een pan bak teen 180 °C vir 25 minute.

                                                                           Bestanddele
                                                                           (24 muffins)
                                                                           1 kg snowflake
                                                                           sjokolade
                                                                           muffinmengsel

                                                                           4 ekstra groot
                                                                           eiers
                                                                                     1
                                                                           310 mℓ (14)
                                                                           koppie
                                                                           kookolie

                                                                           400 mℓ water

                                                [Source: fotosearch.com]

       2.2.1       Hoeveel gram muffinmengsel sal sy nodig hê om 48 sjokolade
                   muffins te maak?                                                             (2)

       2.2.2       Herlei 180 °C na °F
                   Gebruik die formule:    °F = (1,8 x °C) + 32°                                (2)

       2.2.3       Indien sy om 05:30:56 vm. begin bak het, watter tyd sal haar
                   baksel gereed wees?                                                          (2)

       2.3.4       Sy was genader deur die Pet primêreskool om 1 117 leerders met
                   die sjokolade muffins vir die skool se verjaarsdag te bedien. Elke
                   leerder kry een muffin. Hoeveel panne muffins moet sy vir die
                   skool bak?                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                              (SEPTEMBER 2014)

 2.3   Die Minister van Gesondheid adviseer mense om na hul gesondheid om
       te sien. Doret het haar gesondheidstatus nagegaan deur die
       onderstaande Liggaamsmassaindeks-kaart (LMI-kaart) te gebruik. Sy wil
       graag ŉ normale en gesonde leefstyl leef.

       Bestudeer die LMI-kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               Liggaamsmassaindeks (LMI)-kaart vir volwassenes

                                      Vetsugtig
                                    LMI 30 en meer

                                                      Oorgewig

                                                                                                  Gewig [kg]
                                                      LMI 25-30

        Gewig [lbs]
                                                                   Normaal
                                                                  LMI 18,5-25

                                                                                Ondergewig
                                                                                 LMI < 18,5

                                            Hoogte (geen skoene)

       2.3.1          Wat is die normale gewig van ŉ persoon wie se hoogte (lengte)
                      1,83 m is?                                                                                (2)

       2.3.2          Doret weeg 110 kg en is 1,68 m lank.
                      Bereken haar Liggaamsmassaindeks (LMI) deur gebruik te maak
                      van die volgende formule:

                              massa in kilogram
                      LMI =                       2
                              (hoogte in meter)                                                                 (3)

       2.3.3          Hoe sal jy Doret se gesondheid volgens haar LMI kategoriseer?                             (2)
                                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                    9

 VRAAG 3

 3.1    Oos-Londen is in die Oos-Kaap aan die Suidooskus van Suid-Afrika
        geleë. Dit is ŉ pragtige plek om tydens somervakansies te besoek as
        gevolg van die weer, strande en ander toeriste-aantreklikhede. Dit het
        ongeveer 400 000 inwoners. Bestudeer die kaart hieronder en
        beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

                                                          [Bron: http://www.sa-venues.com]

        3.1.1      Wat word die plek, aangedui met ŉ vierkant en waar visse, plante
                   en ander waterdiere aangehou word, op die kaart genoem?                    (2)

        3.1.2      Watter nasionale pad sal jy gebruik om vanaf Haven Hills na
                   Mthatha te reis?                                                           (2)

        3.1.3      Die afstand tussen Milner Estate and Stirling is 8 cm op die kaart.
                   Gebruik die skaal 1 : 50 000 om die werklike afstand in kilometer
                   te bereken.                                                                (3)

        3.1.4      Watter voorstad is nader aan die R102-pad?                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                          (SEPTEMBER 2014)

 3.2    HOP-huise word gebou om mense van die lae-inkomste groep te help met
        bekostigbare behuising. Die huise het spitsdakke en ŉ leefoppervlakte
        van 51,8 m2.. Bestudeer die vloerplan van die HOP-huis en beantwoord
        die vrae wat volg.

        Vensterskedule                                     Buitemure = 150 mm
        W1 = 1 511 x 949        LEEFOPPERVLAKTE            Binnemure = 100 mm
        W2 = 1 022 x 949             51,8 vk m             Muurhoogte = 2 700 mm
                                                           Dakhelling = 18 Grade Gewel

                                   [Bron: moladi.com/Lightweight-Construction-Method.htm]

        3.2.1   Hoeveel vensters word op die plan gewys?                                      (2)

        3.2.2   Hoeveel deure word op die plan gewys?                                         (2)

        3.2.3   Bereken die vloeroppervlakte van die slaapkamer oorkant die
                sitkamer in m2.                                                               (3)

        3.2.4   Hoeveel bokse teëls sal jy vir die slaapkamer oorkant die sitkamer
                koop, indien elke boks ŉ oppervlakte van 1,1 m2 bedek?                        (2)

        3.2.5   Hoeveel sal jy in totaal spandeer om die kamer genoem in
                VRAAG 3.2.4 te teël indien een boks teëls R94,99 kos en die
                arbeid R60 per m2?                                                            (3)

        3.2.6   Definieer ŉ aansigplan.                                                      (2)
                                                                                            [23]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                   11

 VRAAG 4

 4.1 Patty Hoërskool het 22 graad 11B-leerders. Leerders was gevra om hulle
     hoogtes (lengtes) en massas (gewig) vir hulle Wiskundige Geletterdheidstaak
     te bepaal. Hulle het die data soos geïllustreer in die tabelle hieronder
     opgeneem:

       TABEL A: Seuns

       Massa
                    56     72      65         73      54     56    51     55      63         56      58     71
       (kg)
       Hoogte
                    1,5    1,5     1,2        1,4     1,5    1,5   1,6    1,6     1,4        1,5     1,54 1,6
       (m)

       TABEL B: Meisies

       Massa
                     62      63          64         63      52     59       46          66         58       52
       (kg)
       Hoogte
                    1,43    1,55     1,56           1,51    1,62   1,54    1,48        1,6         1,63    1,6
       (m)

       4.1.1       Rangskik die data in TABEL A vanaf die laagste massawaarde na die
                   hoogste massawaarde.                                                                            (2)

       4.1.2       Bereken die gemiddelde massawaarde in TABEL A.                                                  (3)

       4.1.3       Bepaal die mediaanmassa vir die meisies.                                                        (2)

       4.1.4       Watter massawaarde in TABEL A is die derde kwartiel?                                            (2)

       4.1.5       Druk die waarskynlikheid van ŉ seun met ŉ massa van 56 kg uit as ŉ
                   persentasie.                                                                                    (3)

       4.1.6       Bepaal die modale gewig van die hele klas.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     (SEPTEMBER 2014)

 4.2    Die tabel hieronder toon die persentasie verspreiding van werkende vroue
        en mans aan in die ouderdomsgroep 15–64 jaar binne die breë
        beroepskategorieë vanaf 2007–2010 (indien daar 13,1 miljoen mense was).
        JAAR    GESLAG    TEGNIKUS/        VAKMAN/      KLERK/     ELEMENTÊR
                          BESTUURDER/      OPERATEUR    VERKOPE
                          PROFESSIONEEL
                VROULIK        27,7            11,5       34,9            25,9
        2007
                 MANLIK        21,4            36,3       18,7            23,7
                VROULIK        29,1             9,5       36,4            25,0
        2008
                 MANLIK        23,3            35,6       18,0            23,2
                VROULIK        29,4             8,3       38,2            24,1
        2009
                 MANLIK        24,3            34,4       18,5            22,8
                VROULIK        30,0             7,6       38,1            24,4
        2010
                 MANLIK        24,4            33,1       20,1            22,4
                                                                   [Bron: Statistiek SA]

        4.2.1   Gedurende watter jaar was daar 36,3% mans wat beroepe as
                vakmanne/operateurs gehad het?                                             (2)

        4.2.2   Watter persentasie vroue se beroep was elementêr in 2010?                  (2)

        4.2.3   Hoeveel mense het aan die opname deelgeneem?                               (2)

        4.2.4   Hoeveel mans het professionele beroepe in 2009 beklee?                     (3)

 4.3    Die grafiek hieronder toon die tipiese weer van die weerstasie by die Port
        Elizabethse lughawe (Port Elizabeth, Suid-Afrika) oor ŉ tydperk van ŉ
        gemiddelde jaar. Dit is gebaseer op die historiese opnames vanaf 1994 tot
        2012.

                           Daaglikse Hoë- en Lae Temperature

        4.3.1   Watter dag en maand het die hoogste gemiddelde maksimum
                temperatuur ondervind?                                                     (2)

        4.3.2   Watter maand het die laagste gemiddelde minimum temperatuur
                ondervind?                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                             13

 4.4    Mandy ontvang ŉ Voorsorgfondspaaiement van R850 000,00 van Daimler
        Chrysler. Mandy wil graag Londen besoek en bereken haar koste vir die
        reis soos volg:

        Vlug – R9 387,00 retoerkaartjie, Paspoort – R400,00 en ander goed wat
        haar R2 200,00 kos insluitende ŉ visum-aansoek.

        4.4.1        Bereken die totale koste vir haar reis.                              (2)

        4.4.2        Indien 1 pond (£) = R10,69 ZAR (Suid-Afrikaanse Rand), hoeveel
                     pond van haar Voorsorgfonds het sy?                                  (2)

        4.4.3        Sy ontvang ŉ geskenk van 200€ (Euro) van een van die toeriste in
                     die Verenigde State. Hoeveel sal sy in rand ontvang indien
                     1€ = R11,217?                                                        (2)

 4.5    Die snor-en-baarddiagramme hieronder toon die leerders se polsslae van
        twee klasse. Die gemiddelde van beide klasse is dieselfde.

        Klas B

                71                  83             87–89          95

        Klas A

             73                82             86         90            101

        Gebruik die snor-en-baarddiagramme en bepaal:

        4.5.1        Die maksimumwaarde van Klas A                                        (2)

        4.5.2        Die interkwartiel-omvang van Klas A                                  (2)

        4.5.3        Die klas wat die hoogste polsslag het                               (2)
                                                                                        [39]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                        (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 5

 5.1    30 lede van die Christelike Studenteorganisasie van Lithembe Hoërskool
        het ŉ uitstappie na Jeffreysbaai met me. Paya onderneem. Hulle
        bestuurder, Leon het 355 km in 4,5 ure afgelê. Hulle word by ŉ oord
        gehuisves wat R410,00 vir 5 mense in een houthuisie vir die twee dae
        wat hulle daar gaan bly, vra. Die buskoste vir die rit is R8 550. Die
        leerders was gevra om R75 vir kos saam te bring.

        5.1.1   Hoeveel het elke leerder vir die uitstappie in totaal betaal?                (2)

        5.1.2   Hulle het stilgehou in Grahamstad vir ontbyt by die plaaslike
                kitskoswinkel. Me Paya betaal R25,00 vir elke leerder, haarself
                en vir Leon. Hoeveel het sy betaal insluitende ŉ fooi van
                R23,00?                                                                      (3)

 5.2    Die Oos-Kaapse LUR vir Onderwys het die Graad 12 se 2013 uitslae
        aangekondig en gesê, alhoewel die provinsie onder lê in vergelyking met
        die ander provinsies in die land, is die uitslae van hoë gehalte. “In terme
        van provinsiale rangorde is die Oos-Kaap vyfde in terme van Baccalareus
        universiteitstoelating, vierde in terme van Diplomas en derde in terme van
        ŉ Hoërsertifikaat slaagsyfer van alle provinsies.”
                                            [Bron: Daily Dispatch:08/01/2014 (Aangepas)]

        Hy het die 2013 en 2012 uitslae soos volg met mekaar vergelyk:

        JAAR                              2012                         2013
        Onderskeidings                    9 264                       11 038
        Baccalareus
                                         11 246                       13 686
        universiteitstoelatings
        Diplomas                         16 148                       19 179
        Hoërsertifikate                  11 998                       13 950

        5.2.1   Bepaal die verskil in die aantal Baccalaureus-
                universiteitstoelatings tussen 2012 en 2013.                                 (2)

        5.2.2   Wat is die tendens van die Oos-Kaapse uitslae?                               (2)

        5.2.3   Gebruik die inligting in die tabel hierbo om ŉ saamgestelde
                staafgrafiek in BYLAAG B te teken.                                           (5)

 5.3    Leerders wie uitstekende uitslae gehad het, het skryfbehoeftes ontvang.
        Die totale koste van die skryfbehoeftes was R399,00. Die
        Onderwysdepartement ontvang 5% afslag met die aankope van die
        items. Hoeveel het die Onderwysdepartement vir die skryfbehoeftes
        betaal?                                                                              (2)

 5.4    Bereken die koste van ŉ skryfbehoeftes-geskenkpak met ŉ massa van
        3,2 kg wat R7,99/kg kos, wat die leerders ontvang.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                15

 5.5    Leerders was gevra om volgende muntstukke skool toe te bring as deel
        van fondsinsameling. Die muntstukke wat een klas ontvang het, was
        soos volg aangeteken:

        Waarde van die muntstuk             10c        20c        50c       R1,00
        Aantal muntstukke                   50         25         15          5

        5.5.1      Bereken die waarskynlikheid as ŉ persentasie dat die muntstuk
                   van hierdie klas ŉ 10c-muntstuk sal wees.                             (2)

        5.5.2      Wat is die waarskynlikheid dat die muntstuk nie ŉ 20c-muntstuk
                   sal wees nie?                                                         (2)
                                                                                        [22]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                        (SEPTEMBER 2014)

 SENTRUMNOMMER:

 NAAM en VAN:
 GRAAD 12:

 BYLAAG A

 VRAAG 1.3.4

 Aantal beddens (n)                      0        1        2         3         4         5        6
 Uitgawes (R)                         10 000   12 500   15 000    17 500    20 000    25 000     B
 Inkomste (R)                            0     5 000      A       15 000    20 000    22 500   30 000

                         40000
                                      Inkomste en uitgawes vir Barry se Koningingbeddens

                         35000

                         30000

                         25000

     Bedrag (in Rands)
                         20000

                         15000

                         10000

                         5000

                             0
                                 0      1        2         3           4          5        6            7       8
                                                                 Aantal beddens

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                   17

 SENTRUMNOMMER:

 NAAM en VAN:

 GRAAD12:

 BYLAAG B

 VRAAG 5.2.3

                                 Oos-Kaapse Uitslae 2012 – 2013
                      25 000

                      20 000

    Aantal leerders
                      15 000

                      10 000

                       5 000

                          0
                               Onderskeidings      Baccalareus          Diploma   Hoër Sertifikaat
                                                        Matriekslaagkategorieë

 VRAAG 1

 Desember 2013

  M                      D      W         D        V          S         S
                                                                         1
   2                    3        4       5          6         7          8
   9                    10      11       12        13        14         15
  16                    17      18       19        20        21         22
  23                    24      25       26        27        28         29
  30                    31

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 MEMO GR12 SEPT 2014 ENG FINAL](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr12-sept-2014-eng-final/49c413fc-9980-40ce-b322-6fda197d17c9) — Mathematical Literacy · Memo · 2014 · Eng
- [MATHS LIT P1 JUNE 2014 GRADE 12 .doc 03 04 2014](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-june-2014-grade-12-doc-03-04-2014/6c619894-6427-4867-96ed-5e604081f2b9) — Mathematical Literacy · QP · 2014
- [Mathematical Literacy P1 Feb-March 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-feb-march-2014-eng/53a7d593-c7f0-4db6-b25d-3ad7ae3ef9dc) — Mathematical Literacy · QP · 2014 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August 2020)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2020-english-printready-18-august-2020/f1819888-26f6-4ed6-8382-6909354c4789) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 SEPT2016 QP Engl](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-sept2016-qp-engl/1a6cfa62-dc1e-4bb1-85eb-4c6c64a35eac) — Mathematical Literacy · QP · 2016

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
