# Mathematical Literacy Grade 10 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/6927c0d6-4dd7-49f3-825c-bbecbff0ea98
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/6927c0d6-4dd7-49f3-825c-bbecbff0ea98)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/9bdb43e7-3462-4d32-8a60-d200a73cc98a) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                    NOVEMBER 2018

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   75

TYD      1½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae in die vraestel beantwoord
word.

1.     Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       word.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik word,
       tensy anders aangedui.

5.     ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

6.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       aangedui.

7.     Toon meeteenhede, waar van toepassing.

8.     Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    3

 VRAAG 1

 1.1   Duanita werk as ŉ redaktrise vir die ‘The Correct Language Company’. Sy ontvang ŉ
       basiese salaris elke maand. Die getal op die salarisstrokie dui die aantal maande aan wat
       sy vir die maatskappy werk. Hieronder is ŉ afskrif van Duanita se salarisstrokie vir
       Februarie 2018.

                                     SALARISSTROKIE
       Werknemer se naam: Duanita Verwey
       Identiteitsnommer: 8903305432083
       Huwelikstatus: Ongetroud

       Belasting verwysingsnommer: 987234560
       Bankrekeningnommer: 24681XXXX
       Salarisstrokienommer: 75
       Betaaldatum: 25 Februarie 2018

                       Verdienste                                Aftrekkings

       Basiese Salaris              __(B)___ Belasting                      R2 923,25
                                             WVF                            R224,00
                                             Mediese Fonds                  R1 182,00
                                             Pensioen                       R1 875,00
       Bruto Salaris                __(B)___
                                             Totale aftrekkings              __(A)___

                                                Netto salaris                      R18 795,75

       Gebruik die salarisstrokie hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.

       1.1.1 Bepaal die ontbrekende waardes van A en B onderskeidelik.                                    (4)

       1.1.2 Toon met die nodige berekeninge dat die aftrekking vir Pensioen 7,5% is.                     (2)

       1.1.3 Bepaal die aantal jare en maande wat Duanita vir hierdie maatskappy werk.                    (4)

       1.1.4 Hoekom dink jy is daar sekere van die syfers van die rekeningnommer weggelaat?               (2)

       1.1.5 Duanita word ŉ verhoging van 6,4% aangebied. Sy beweer dat haar netto salaris
             van Maart R1 000 meer sal wees as haar netto salaris van Februarie. Verifieer, met
             die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie.

               LET WEL: Haar belasting verhoog met R175,00, die pensioen met R120,00
                        verhoog en die mediese fonds en WVF bly onveranderd.                              (7)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2   Duanita wil ŉ tuinboks agter haar huis hê om kruie in te plant. Sy besluit om die tuinboks
       hieronder te koop.

                70 cm

                                         100 cm

       Verwys na die bostaande tuinboks om die vrae te beantwoord.

       1.2.1    Bereken die oppervlakte van die basis van die tuinboks. Gee jou finale antwoord
                in vierkante meter (m2).
                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Oppervlakte = lengte x breedte                                                        (3)

       1.2.2    Die tuinboks kan nie tot heelbo met sand gevul word nie. Die tuinboks kan slegs
                tot 75% van sy hoogte gevul word. Bereken die hoogte van die sand in die
                tuinboks tot die naaste sentimeter.                                                   (3)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    5

 VRAAG 2

 2.1   Water het ŉ kritiese kwessie in Suid-Afrika geraak, veral in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap,
       waar damvlakke oor die afgelope paar jaar geweldig gedaal het.
       Hieronder is ŉ tabel wat die hoof toevoerdamme in die Wes-Kaap aantoon.

       TABEL 1:
       Waterberging in hoofdamme waaruit die Wes-Kaapse watertoevoerstelsel bestaan:
                                                    Berging
            Hoofdame      Kapasiteit    %         %          %        %            %
                             (M𝓵)    25 Junie 25 Junie 25 Junie 25 Junie 25 Junie
                           Megaliter  2018       2017       2016     2015        2014
        Bergrivier         130 010     67,8      36,5       38,7     60,0        100,2
        Steenbras Laer      33 517     46,5      30,2       37,1     55,4         72,6
        Steenbras Boonste   31767      96,5      60,6       65,8     57,4        101,3
        Theewaterskloof    480 188     30,4      18,6       33,9     54,9         98,5
        Voëlvlei           164 095     37,6      18,4       27,4     39,2         81,6
        Wemmershoek         58 644     71,2      37,5       50,1     53,2         89,8
        Totale berging     898 221   383 263 218 433 320 741 474 301 846 413
        % Berging                       A        24,3       35,7     52,8         94,2

       *Die laaste 10% van ŉ dam se water is moeilik om te gebruik, so die bruikbare water
       in die dam is ongeveer 10% minder as die damvlak.

       Gebruik TABEL 1 hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.

       2.1.1 Bepaal die waarde van A (die persentasie berging vir 25 Junie 2018).                        (2)

       2.1.2 Beskryf ŉ moontlike tendens vir die periode in terme van die totale water gestoor.          (3)

       2.1.3 Gee EEN moontlike rede vir die lae damvlakke vanaf 2015 na 2017.                            (2)

       2.1.4 Bereken die gemiddelde persentasie van die damme in 2016.                                   (3)

       2.1.5 Bereken die waarskynlikheid dat ŉ dam 45% of meer water op 25 Junie 2018 gestoor
             het. Skryf jou finale antwoord tot 3 desimale plekke.                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 2.2   Mervyn het ŉ watertenk gekoop om water te stoor. Bestudeer die diagram van die
       watertenk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Die watertenk het die volgende afmetings:
       Deursnee = 1 500 mm
       Hoogte = 1 820 mm

       Jy mag die volgende formule en omskakeling gebruik:

       Volume = 𝜋 × radius × radius × hoogte; waar 𝜋 = 3,142

       Omskakeling: 1cm3 = 1 000 liter

       Die kapasiteit van die watertenk word as 3 000 liter geadverteer. Vervolgens, bereken die
       kapasiteit deur gebruik te maak van die afmetings en verklaar die verskil tussen die
       geadverteerde kapasiteit en die kapasiteit wat jy bereken het.                                 (6)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                     7

 VRAAG 3

 3.1   Jona koop ŉ sandput vir sy 4-jaar-oue dogter, Jaimee, en sit dit in sy agterplaas. Hieronder
       is ŉ diagram van die sandput met afmetings.

       Verwys na die diagram van die sandput om die onderstaande vrae te beantwoord.

       3.1.1 Jona vind ŉ spasie vir die sandput, maar neem slegs die omtrek van die basis van
             die sandput in ag. Bereken die omtrek van die basis van die sandput. Gee jou finale
             antwoord in meter.

               Jy mag die volgende formule gebruik:
               Omtrek = 2 × lengte + 2 × breedte                                                            (3)

       3.1.2 Die sand wat Jona in die sandput wil sit, kan slegs 80,5% van die hoogte van die
             sandput dek. Bepaal die hoogte van die sand in die sandput tot die naaste
             sentimeter.                                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 3.2   Jona se dogter Jaimee woon ŉ kleuterskool by. Die volgende is ŉ vloerplan van die
       kleuterskool.

       Bestudeer die vloerplan en antwoord die vrae wat volg.

       3.2.1 Jona se bure wil ook hul 6-jaar-oue seun by Jaimee se kleuterskool inskryf. Gee
             bewyse vanaf die vloerplan wat wys of die kleuterskool hul seun sal aanvaar.                 (2)

       3.2.2 Maak die kleuterskool voorsiening vir gestremde kinders? Staaf jou antwoord met
             bewyse vanaf die vloerplan.                                                                  (2)

       3.2.3 Gee EEN moontlike rede waarom die 3 maande tot 1-jaar oud en 1-jaar tot 2-jaar
             oud kinders se klaskamers ver weg van die 2-jaar tot 5-jaar oud klaskamers geleë is.         (2)

 3.3                      Die kleuterskool se fooie is soos volg gestruktureer:
                          OUDERDOM                                    FOOI PER MAAND
       3 maande tot 1 jaar en 6 maande                                       R1 050
       1 jaar en 7 maande tot 3 jaar en 6 maande                              R820
       3 jaar en 7 maande tot 5 jaar                                          R550

       3.3.1 Gee EEN moontlike rede waarom die fooie vir 3 maande tot 1 jaar en 6 maande veel
             hoër as die ander ouderdomsgroepe is.                                                        (2)

       3.3.2 Die kleuterskool het 35 kinders waarvan nege in die ouderdomsgroep 3 maande tot
             1 jaar en 6 maande is, tien in ouderdomsgroep 1 jaar en 7 maande tot 3 jaar 6 maande
             en die res in die ouderdomsgroep 3 jaar en 7 maande tot 5 jaar.

               Bereken die kleuterskool se inkomste vir een jaar indien geen kinders onttrek het
               nie.                                                                                       (5)
                                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                 9

 VRAAG 4

 4.1   Hieronder is ŉ uittreksel van ŉ kaart van Soweto. Bestudeer die kaart en beantwoord die
       vrae wat volg.

       4.1.1 Beskryf die roete wat jy sal neem, met geografiese rigtings, indien jy vanaf
             Johannesburg se SSK (CBD) na Carltonville moet reis.                                      (4)

       4.1.2 Skryf die grafiese skaal (lynskaal) as ŉ eenheidskaal.                                    (3)

 4.2   4.2.1 In Desember 2017 was die aantal toeriste wat Soweto besoek het, 1,5 miljoen.
             Hierdie was ŉ toename van 6,25% vanaf Desember 2016. Bereken die aantal toeriste
             wat Soweto in 2016 besoek het.                                                            (3)

       4.2.2 Gee EEN moontlike rede waarom meer mense Soweto in Desember as in enige
             ander maand besoek.                                                                       (2)
                                                                                                      [12]

                                                                                   TOTAAL:             75

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/09530ac1-b740-4c9e-916e-06b0dfc01b25) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2018-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a63e2728-60e2-4f4e-862e-a6453d28eaaa) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/b9c2357f-ce6f-4853-b054-a802f19d1ff6) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2018-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5af86dda-5286-4b6d-8017-1213178acaf4) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/0bebec1b-e938-4af6-bfdf-abe5c914b49a) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 Nov2018 ERRATA](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-nov2018-errata/fa03f0ec-fc67-479d-a477-c9e4755c91de) — Mathematical Literacy · Errata · 2018

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/4571ed98-7174-46df-9c42-d7f868eaf408) — Memo · 2023
- [Maths Literacy Grade 10 June 2022 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-literacy-grade-10-june-2022-qp-and-memo/4f85eb02-4cf2-422e-9d22-6b0ee1c1aa60) — QP + Memo · 2022

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
