# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                            NOVEMBER 2017

           WISKUNDIGE GELETTERHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                                       *Iwgel2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye insluitende ŉ addendum van 4 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    Gebruik die ADDENDUM met BYLAES vir die volgende vrae:

       BYLAE A vir VRAAG 4.1
       BYLAE B vir VRAAG 4.2
       BYLAE C vir VRAAG 4.3

 3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       word.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) mag gebruik word,
       tensy anders aangedui.

 6.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       aangedui.

 8.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

 9.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                                         3

 VRAAG 1

 Sipho het ŉ motorwasbesigheid in die Ziphunzana omgewing. Die koste om ŉ motor te was,
 is R30 per motor en R40 per minibus. Vanaf Maandag tot Vrydag was hulle gemiddeld 10
 motors en 5 minibusse. Saterdae en Sondae was hulle 60% meer motors en 30% meer
 minibusse.

 1.1    Indien hulle beide motors en minibusse vanaf Maandag tot Vrydag was, bereken die
        waarskynlikheid dat hulle ŉ motor sal was.                                                  (3)

 1.2    Sipho beweer dat indien hulle beide motors en minibusse vanaf Maandag tot Sondag
        was, sal hulle meer as R4 000 ontvang. Toon met die nodige berekeninge, of sy
        bewering geldig is of nie.                                                                 (10)

 1.3    Sipho en sy werkers gebruik drie 25-liter water houers vir ŉ motor en vier 25-liter
        water houers vir ŉ minibus. Hoeveel liter water gebruik hulle in 7 dae?                     (6)

 1.4    Gebruik die tabel hieronder om die vraag te beantwoord.

        TABEL 1: Watertariefkoste per maand vir Ziphunzana in 2014–2015

                 Tariefopsomming                           Tarief R/kl 2014/15
                                                             (sonder BTW)
                        0 – 6 kℓ                                  R8,66
                       7 – 15 kℓ                                 R10,02
                      16 – 30 kℓ                                 R12,28
                      31 – 45 kℓ                                 R15,25
                      46 – 60 kℓ                                 R16,70

        LET WEL:
        1 000 liter = 1 kiloliter
        BTW = 14%

        Bereken hoeveel Sipho vir water per maand sal betaal insluitende BTW.

        LET WEL: Aanvaar daar is 4 weke in ŉ maand.                                                 (8)

 1.5    Gee ŉ moontlike rede waarom hulle meer motors op Saterdae en Sondae was.                    (2)
                                                                                                   [29]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
      4                            WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                           (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 2

2.1       Gebruik TABEL 2 hieronder wat die verskillende opsies toon vir premies wat betaal moet
          word en die voordele van ŉ versekeringsmaatskappy.

          TABEL 2

             Opsies met premies wat betaal moet word en voordele van ŉ versekeringsmaatskappy

                            Opsie 1               Opsie 2              Opsie 3         Opsie 4
                       Voordeel Premie       Voordeel Premie       Voordeel Premie Voordeel Premie
          Hooflid      R10 000       R45      R15 000      R65      R20 000      R82     R30 000        R110
          Hooflid en
                       R10 000       R63      R15 000      R91      R20 000     R113     R30 000        R140
          kinders
          Hooflid en
                       R10 000       R76      R15 000     R107      R20 000     R135     R30 000        R188
          eggenoot
          Hooflid,
          eggenoot     R10 000       R91      R15 000     R125      R20 000     R163     R30 000        R212
          en kinders

          LET WEL:
             Voordele in die tabel verteenwoordig die geld wat uitbetaal word in die geval
               van sterfte vir ŉ persoon 15 jaar en ouer
             Voordele vir diegene jonger as 15 jaar is 75% van die bedrae soos aangedui in
               die tabel
             Premie is die bedrag wat maandeliks betaal moet word om voordeel te trek uit
               die doodsvoordele

          2.1.1   Hoeveel moet ŉ lid met eggenoot en kinders as ŉ premie betaal om die voordeel
                  van R30 000 te kry?                                                                         (2)

          2.1.2   Mary beweer dat die persentasie verhoging vir die premie in Opsie 1 tot Opsie 4 vir
                  ŉ lid en eggenoot meer as 100% is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of Mary
                  se bewering geldig is of nie.                                                               (4)

          2.1.3   Gee ŉ rede waarom daar minder geld vir ŉ 5-jarige as vir ŉ 15-jarige uitbetaal
                  word.                                                                                       (2)

      Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                      WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                                           5

 2.2   Mnr. May sny glas in vorms vanuit ŉ sirkelvormige stuk glas soos hieronder aangedui.

                                                                     30 cm
                                30                 A
                                cm
                                                     C
                                                     C
               B                                     C                              B
                                                     C
                                                     C
                                                     C

               100 cm
                                                     C
       \
                                                                         30 cm

                                                                      30 cm

                                             100 cm

       Deursnee van die sirkelvormige stuk glas = 150 cm

       2.2.1       Skryf die afstand van B tot die afstand van A as ŉ verhouding.                            (6)

       2.2.2       Glas word verkoop teen R15 per vierkante meter BTW uitgesluit. Met die
                   nodige berekeninge, toon dat die koste van die ongebruikte glas (BTW
                   ingesluit) wat vanuit die sirkelvormige stuk glas gesny word vir die
                   kruisvormige stuk glas, minder as R20 is.

                  Jy mag die volgende formules gebruik:
                   Oppervlakte van die kruisvormige deel = Oppervlakte van die groot
                     reghoek + 2 × Oppervlakte van die kleiner reghoeke
                   Oppervlakte van ŉ reghoek = lengte × breedte
                   Oppervlakte van ŉ sirkel = π × r2; waar π = 3,142                                    (10)
                                                                                                         [24]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                             WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3

 ŉ Saamgestelde kolomgrafiek hieronder toon die salarisse van ses werkers in R100’e vir
 twee maatskappye. Gebruik die grafiek om die vrae hieronder te beantwoord.

    Salarisse in R100’e

                                                            WERKERS

 3.1                      Moesha beweer dat die gemiddelde salaris van Maatskappy A, R1 000 meer is as die
                          gemiddelde salaris van Maatskappy B. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar
                          bewering geldig is of nie.                                                                       (6)

 3.2                      Wat is die modale salaris van Maatskappy B?                                                      (2)

 3.3                      Thato, ŉ werker by Maatskappy A ontvang die modale salaris. Hy leen 15% van een
                          maand se salaris aan ŉ vriend wat die geld oor twee jaar terug moet betaal. Die vriend
                          moet die geld terugbetaal met rente teen ŉ rentekoers van 5% wat jaarliks saamgestel
                          word. Hoeveel sal hy terug kry na twee jaar?                                                     (6)

 3.4                      Wat is die waarskynlikheid om ŉ werker lukraak te kies wat ŉ salaris van minder as
                          R8 000 verdien by Maatskappy A?                                                                  (2)
                                                                                                                          [16]

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    WISKUNDIGE GELETTERHEID V2                                          7

 VRAAG 4

 4.1   Die tabel in BYLAE A toon die beraamde halfjaar bevolking vir Suid-Afrika met
       verwysing na bevolkingsgroep en geslag in 2014. Beantwoord die onderstaande vrae
       wat op die tabel in BYLAE A gebaseer is.

       4.1.1    Bereken die ontbrekende waardes van A en B onderskeidelik in die tabel.                   (4)

       4.1.2    Watter bevolkingsgroep het minder vroue as mans?                                          (2)

       4.1.3    Skryf die totale getal van wit mans in woorde.                                            (2)

 4.2   ŉ Sitplekplan van die Canyon-teater word in BYLAE B gegee. Beantwoord die vrae
       hieronder wat op die sitplekplan gebaseer is.

       4.2.1    Wat is die verskil tussen die aantal sitplekke aan die linkerkant en aan die
                regterkant van die teater?                                                                (4)

       4.2.2    Bepaal die sitplekke vir gestremdes as ŉ persentasie van die aantal sitplekke
                aan die regterkant van die teater. Jou antwoord moet tot twee desimale
                plekke afgerond word.                                                                     (3)

 4.3   ŉ Uittreksel van ŉ kaart van die WILDEKUS word gegee in BYLAE C. Beantwoord
       die onderstaande vrae wat op die kaart gebaseer is.

       4.3.1    Anda reis op die N2-roete tussen Butterworth en Mount Frere. Sy beweer dat
                indien sy teen ŉ gemiddelde spoed van 105 kilometer per uur ry en
                Butterworth om 7:00 vm verlaat, sal sy betyds in Mount Frere aankom vir ŉ
                vergadering wat om 9:30 vm begin. Met die nodige berekeninge, wys of haar
                bewering geldig is of nie. Gee jou antwoord in ure en minute.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                          𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅
                Spoed =                                                                                   (8)
                           𝑻𝒚𝒅

       4.3.2    Anda werk vir ŉ maatskappy wat haar ŉ tarief van R2,82 per kilometer betaal
                vir reiskoste. Hierdie is ŉ koers na ŉ verhoging van 6,8%. Hoeveel het sy
                gekry vir ŉ retoerrit tussen Butterworth en Mount Frere voor die verhoging?
                Gee jou antwoord tot die naaste rand.                                                     (6)

       4.3.3    Watter ander paaie behalwe die N2 op die kaart kan gebruik word om te reis?           (2)
                                                                                                     [31]

                                                                                    TOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV 2017 QP Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov-2017-qp-afrikaans/12f6ac24-04aa-4f24-81ac-698d1f94bc56) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P1 MEMO GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr11-nov2017-afrikaans/c07d53a7-cd93-4ace-bc4b-13c35e32a4d2) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [MATHS LIT GR11 P2 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-gr11-p2-memo-nov2022-afrikaans/8c7033a8-caf2-4285-a7e0-5e3c22a2f68a) — Mathematical Literacy · Memo · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-nov-2018-afrikaans/85a2df79-1a1f-492f-96c6-73ffff9a3796) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO AFR NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-afr-nov2017/ab6011a9-0799-45d7-bd58-c3f6a239d903) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/b71c0e93-964d-44b6-a1ae-cd1c706373e7) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/913740d3-d3f7-470f-ad0e-289f4f74f68b) — QP + Memo · 2025
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-nov2023-afrikaans/6625a6ef-c67f-4a65-aa1a-f050841f0f48) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
