# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/2c27e2c3-b938-4a1e-92bc-b0a7318bf48d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/2c27e2c3-b938-4a1e-92bc-b0a7318bf48d)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                            NOVEMBER 2018

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 4 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    Gebruik die ADDENDUM met BYLAE vir die volgende vrae:

       BYLAE A vir VRAAG 2.2
       BYLAE B vir VRAAG 3
       BYLAE C vir VRAAG 4.2

       ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 2.2.3

       Skryf jou NAAM in die spasie wat voorsien is op die ANTWOORDBLAD en handig
       die ANTWOORDBLAD met jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       word.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik word,
       tensy anders aangedui.

 6.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       aangedui.

 8.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

 9.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        3

 VRAAG 1

 1.1   Mev. Day het ŉ wassery-besigheid (laundry) in die dorp en vra:
         x R16 per kg vir was en droogmaak
         x R3 vir Staysoft (materiaal-versagmiddel) per 5 kg
         x R25 per kg vir handwas met Staysoft (materiaal-versagmiddel)
         x R20 per 5 kg vir stryk

       1.1.1    Hoeveel sal ŉ persoon met 18 kg wasgoed betaal as dit gewas en
                drooggemaak word met Staysoft (materiaal-versagmiddel) en stryk?                   (5)

       1.1.2    ŉ Familie het ŉ helper wat Maandae en Vrydae kom wasgoed doen vir die
                maand soos hieronder getoon. Hulle betaal die helper R150 per dag vir was
                en droogmaak sonder stryk.
                Gebruik die kalender van Maart 2018 om die vrae te beantwoord.

                (a)    Die familie beweer dat indien hulle hul wasgoed elke Vrydag na die
                       wassery neem vir was en droogmaak met Staysoft (materiaal-
                       versagmiddel) sonder om ŉ helper te huur, sal hulle R70 per maand
                       spaar. Verifieer, met die nodige berekeninge, of hulle bewering geldig
                       is indien hulle wasgoed gemiddeld 15 kg is vir was en droogmaak en
                       2 kg handwas vir Vrydae in Maart 2018.                                      (8)

                (b)    Bereken die waarskynlikheid om ŉ Vrydag in Maart te hê met ŉ datum
                       as ŉ ewe getal. Gee jou finale antwoord as ŉ persentasie tot een
                       desimale plek.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2   Om voorsiening te maak vir handwas en om water te bespaar, maak die wassery
       gebruik van water wat hulle van reën opvang en in silindriese berginghouers stoor,
       soos in die diagram hieronder aangedui. Hulle het 10 sulke houers.

                                             50 cm

                                                                        70 cm

       1.2.1    Toon, met berekeninge, of die 10 houers op die vloer van die stoorkamer
                wat 3 m by 2,5 m is, in sal pas.                                                    (5)

       1.2.2    Vir handwas, gebruik hulle 100 liter water vir elke 25 kg wasgoed. Die
                gemiddelde handwas is 30 kg per dag.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Volume van silindriese houer =
                π × radius × radius × hoogte;waar π = 3,142
                Gegewe dat 1 liter = 1 000 cm3

                (a)    Bereken die kapasiteit van die houer soos in die diagram aangedui.           (3)

                (b)    Die bestuurder beweer dat vyf houers water genoeg sal wees vir 5 dae.
                       Verifieer, met berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                (5)

       1.2.3    Verskaf EEN moontlike rede waarom sommige klere handgewas word.                    (2)
                                                                                                  [31]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        5

 VRAAG 2

 2.1   ŉ Drukkermaatskappy neem mense indiens om materiaal te tik en te redigeer wat vir
       werkswinkels gebruik gaan word. Hulle betaal redakteure R97 om een dokument te
       redigeer.
       Vir tiksters, gebruik hulle die volgende formule:
                                      ࢔࢕࢘࢓࢚࢟ࢊ
       Bedrag betaal vir tikster =               × tarief × aantal dokumente getik
                                          ૟૙

       LET WEL: Norm tyd is die tyd in minute gespandeer om te tik en is 28 minute
                per dokument. Die tarief is R195 per dokument.

       Die werkgewer beweer dat hy ŉ redakteur 5% meer as tikster betaal vir elke 100
       dokumente wat geredigeer word. Verifieer, met berekeninge, of die bewering geldig
       is of nie.                                                                                 (8)

 2.2   Gebruik BYLAE A wat die inligting van die hoeveelheid suiker in verskillende
       soorte drankies toon.

       2.2.1    Bepaal die omvang van die hoeveelheid gram suiker vir al die 330 mκ
                drankies.                                                                         (3)

       2.2.2    In ŉ hotel, word gaste twee drankies per persoon toegelaat. Een gas het ŉ
                Play energiedrankie en ŉ Powerade. ŉ Ander gas het ŉ Appletiser en ŉ
                Coca-Cola.
                Die gas wat die energiedrankies drink, beweer dat sy 2 teelepels suiker
                minder as die ander gas neem. Verifieer, met berekeninge, of die bewering
                geldig is of nie.                                                                 (6)

       2.2.3    Gebruik die ANTWOORDBLAD wat verskaf word, en teken ŉ
                kolomgrafiek wat die hoeveelheid in gram vir die volgende drankies toon:

                (a) Bonaqua gegeurde water
                (b) Glaceau vitamienwater
                (c) Sparletta Iron Brew
                (d) Fanta Orange
                (e) Coca-Cola                                                                     (5)
                                                                                                 [22]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1   Gebruik die afstand-tabel in BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.

       3.1.1    ŉ Paartjie reis vanaf Durban na Nelspruit teen ŉ spoed van 110 km per uur.
                Hoe lank sal hierdie rit hulle neem? Gee jou finale antwoord tot die naaste
                uur en minuut.

                Jy mag die volgende formule gebruik:
                          ࡭ࢌ࢙࢚ࢇ࢔ࢊ
                ࡿ࢖࢕ࢋࢊ ൌ ࢀ࢟ࢊ                                                                         (6)

       3.1.2    Bepaal die mediaan afstand tussen Pretoria en al die ander dorpe en stede.          (4)

       3.1.3    Bereken die verskil tussen die gemiddelde afstand vir alle dorpe na Pretoria
                en die gemiddelde afstand vir alle dorpe na Port Elizabeth.                         (7)

       3.1.4    Om per bus te reis, kos 70c per km. Bereken hoeveel ŉ persoon sal betaal vir
                vervoer vanaf Bloemfontein na Kaapstad. Gee jou finale antwoord afgerond
                tot die naaste rand.                                                               (3)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         7

 VRAAG 4

 4.1   ŉ Netbalbaan met afmetings van die middelsirkel en semi-sirkels aan die uiterste einde
       word in die diagram hieronder aangedui.

       Die netbalbaan het die volgende afmetings:
       Lengte van die baan = 30,5 m
       Breedte van die baan = 15,25 m
       Deursnee van middelsirkel = 0,9 m
       Radius of semi-sirkel = 4,9 m

       Bereken die verskil tussen die oppervlakte van die middelsirkel en die oppervlakte van
       een semi-sirkel aan die uiterste einde van die netbalbaan.

       Jy mag die volgende formules gebruik:
       Oppervlakte van sirkel = ࣊ ൈ ‫ ܛܝܑ܌܉ܚ‬ൈ ‫ܛܝܑ܌܉ܚ‬
                                      ࣊ൈ࢘ࢇࢊ࢏࢛࢙ൈ࢘ࢇࢊ࢏࢛࢙
       Oppervlakte van semi-sirkel =                     ; waar ߨ = 3,142.                          (5)
                                               ૛

 4.2   BYLAE C toon die sitplekplan van ŉ skoolsaal. Gebruik die sitplekplan om die volgende
       vrae te beantwoord.

       4.2.1    Na die wedstryd, het die skool vermaaklikhede vir die gaste in die skoolsaal.
                Hoeveel sitplekke is aan die linkerkant van die verhoog?                            (3)

       4.2.2    Bereken die waarskynlikheid om ŉ ry aan die regterkant van die verhoog met
                15 sitplekke te hê.                                                                 (2)

       4.2.3    Die saal word somtyds verhuur. Die koste van sitplekke in die middel van die
                saal is 8% meer as die sitplekke aan die linker- en regterkant van die saal. Vir
                ŉ sekere funksie, is kaartjies R150 vir ŉ sitplek aan die kante van die saal.

                Die raad beweer dat, indien alle sitplekke beset is, hulle instaat sal wees om
                meer as R100 000 in te samel. Verifieer, met berekeninge, of die bewering
                geldig is of nie.                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/NOVEMBER 2018)

 4.3   TABEL 1 hieronder toon die aantal leerders by Komga hoërskool in graad 10, 11 en
       12.

                                             TABEL 1
                         Graad          Seuns     Meisies          Totaal
                          10              73         85             158
                          11              A          73             137
                          12              54         45              99
                         Totaal          191        203              B

       4.3.1    Bereken die aantal seuns in Graad 11 as ŉ persentasie van die totale aantal
                leerders.                                                                             (5)

       4.3.2    Beskryf die tendens en gee ŉ moontlike rede vir die tendens wat waargeneem
                kan word in die aantal leerders vanaf Graad 10 tot Graad 12.                         (4)
                                                                                                    [27]

                                                                                 TOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        9

ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.2.3

Naam en Van: ………………………………………………………………………….

Graad 11: …..

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com



### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/bb16bfe9-5dfa-4ef9-b38e-a007dbee753d) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng
- [MATHS LIT P2 GR11 ADDENDUM NOV 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-addendum-nov-2018-eng-d/ac3d38ac-dc77-4ac8-b1b1-80c4440df65b) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Eng
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-nov-2018-afrikaans/85a2df79-1a1f-492f-96c6-73ffff9a3796) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO NOV 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-nov-2018-english/5020ea72-3c78-478c-827a-d722ddc68e8e) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2018-afr-d/5deb5458-c834-4949-a6b6-70518b1e7d01) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2018-eng-d/8505a55d-7cd0-4d9b-a67a-4de6a0eef5b2) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P1 MEMO GR 11 NOV2024 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr-11-nov2024-english-watermark/be2f24a4-badd-4549-82b6-bfea47869b3a) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
