# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/962501b9-448c-458a-9153-8e8fdcacc08b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/962501b9-448c-458a-9153-8e8fdcacc08b)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIORSERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                     JUNIE 2024

           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en ŉ addendum met 2 bylaes.

### Page 2

2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

       •    BYLAE A vir VRAAG 1.3
       •    BYLAE B vir VRAAG 2.2

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

6.     Toon AL die berekeninge duidelik aan.

7.     Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy
       anders aangedui.

8.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.     Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
       aangedui.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                           3

VRAAG 1

1.1     Oom James het ŉ huis gekoop en besluit om opknappingswerk aan die
        sitkamerarea te doen. Hy beplan om een van die mure in hierdie sitkamer te
        verander.

        Hieronder is die muur wat hy beplan om te verander.

                                                                                   Hoogte = 2,1 m

                                         Lengte = 370 cm

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

        1.1.1     Definieer die term omtrek.                                                           (2)

        1.1.2     Herlei die lengte van die muur na meter.                                             (2)

        1.1.3     Bereken die omtrek van die muur.

                  Jy mag die volgende formule gebruik:
                  O = lengte + lengte + hoogte + hoogte                                                (2)

1.2     Jameson sal ŉ klubfietsrytrofee wen as hy minstens 600 km se fietsryafstand in
        ŉ tydperk van sewe maande kan aflê. Hy ry soos volg:

        •    Die Wingerdwedren in Februarie (75 myl)
        •    Die Oseaan-tot-Oseaan-wedren in Maart (114,3 km)
        •    Die Karoo Pretwedren in April (271 km) en
        •    Die Charity Pret Sprint (148,1 km) was sy laaste deelname in Junie.

        LET WEL: 1 km = 0,6214 myl

        1.2.1     Bereken, in km, die afstand wat hy in die Wingerdwedren gery het.                    (2)

        1.2.2     Vervolgens, bepaal die totale afstand wat deur Jameson oor die tydperk
                  aangeteken is. Gee jou antwoord in kilometer (km).                                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/JUNIE 2024)

1.3    Die roetekaart van die Medihelp Stellenbosch-fietstoer word in BYLAE A getoon.

       Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

       1.3.1    Noem EEN dorp wat direk op die roete geleë is.                              (2)

       1.3.2    Hoeveel waterpunte is beskikbaar op die Medihelp Stellenbosch-
                fietstoer?                                                                  (2)

       1.3.3    Watter nasionale pad kruis die roete?                                       (2)

       1.3.4    In watter algemene rigting is Stellenbosch vanaf Pniel?                     (2)

       1.3.5    Identifiseer die bergpas wat op die roete geleë is.                        (2)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            5

VRAAG 2

2.1    Mnr. Salters het van Oos-Londen na Johannesburg, via Bloemfontein, gereis om
       bokse saad af te lewer.

       Die kaart hieronder toon die nasionale paaie van Suid-Afrika.

                                                       [Aangepas uit https://images.google.co.za]

       Gebruik die kaart hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.1.1      Identifiseer die tipe skaal wat op die kaart gebruik word.                          (2)

       2.1.2      Noem slegs TWEE nasionale paaie waarop mnr. Salters van Oos-
                  Londen na Johannesburg via Bloemfontein sal ry.                                     (2)

       2.1.3      Skryf die algemene rigtings neer wat ŉ persoon vanaf Kaapstad na
                  Garies, en van Garies na Upington sal reis.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/JUNIE 2024)

          2.1.4      Mnr. Salters se vrou wil gedurende die Desembervakansie Walvisbaai
                     in Namibië besoek. Mnr. Salters sê sy sal ŉ paspoort nodig hê om
                     Walvisbaai te besoek.

                     Gee ŉ rede waarom sy vrou ŉ paspoort sal benodig om Walvisbaai te
                     besoek.                                                                         (2)

          2.1.5      Die brandstoftenk van mnr. Salters se voertuig het ŉ kapasiteit van
                     75 liter. Hy beweer dit gaan hom 4% meer kos as hy sy motor in die
                     binneland volmaak, pleks van by die kus.

                     LET WEL: Brandstofkoste
                     ➢ Binneland: R22,49
                     ➢ Kus: R21,77                        [Bron: AA Petrolprys Januarie 2024]

                     Verifieer, met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig is of nie.         (5)

    2.2   Die Krugerwildtuin is ŉ gewilde toeristebestemming. Sommige inligting oor
          die park word hieronder gegee:

          Die spoedbeperking binne die park is:
          • 50 km/h op teerpaaie
          • 40 km/h op grondpaaie
          Hektye:
          • Toegangshekke open om 05:30
          • Kamphekke open om 04:30
          • Alle hekke sluit om 18:30
          BYLAE B toon ŉ uittreksel van ŉ kaart van die Krugerwildtuin en TABEL 2
          toon die afstande tussen kampe en hekke.

          Gebruik die inligting hierbo en BYLAE B om die vrae wat volg te beantwoord.

          2.2.1      Gee EEN moontlike rede waarom daar spesifieke tye vir die oop- en
                     toemaak van hekke by die park is.                                               (2)

          2.2.2      Bepaal die verskil in die aantal hoofkampe en ander kampe op hierdie
                     deel van die kaart.                                                             (2)

          2.2.3      As Odwa Skukuza om 17:15 verlaat en die park verlaat deur die
                     Numbi-hek, bepaal die tyd wat hy die Numbi-hek sal bereik.

                     Die volgende formule mag gebruik word:

                     Afstand = spoed × tyd

                     LET WEL:      Die afstand op die grondpad is dieselfde as die afstand
                                   op die teerpad.                                                   (5)

          2.2.4      Gee ŉ moontlike rede waarom die meeste mense wat die park besoek,
                     verkies om op die grondpaaie, pleks van die teerpaaie te reis.                  (2)
                                                                                                    [24]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       7

VRAAG 3

3.1      In ŉ Wiskundige Geletterdheid-klaskamer hou ŉ onderwyser kleurpotlode in drie
         identiese silindriese houers. Hierdie potlode bly in die houers totdat dit gebruik
         word of verlore gaan. Hieronder is ŉ voorbeeld van ŉ afbeelding van die houer
         met die kleurpotlode en die diagram van die silindriese houer.
         (Diagram is NIE volgens skaal geteken NIE.)

           Voorbeeld van beeld van houer               Diagram van silindriese houer met
                 met kleurpotlode                                 afmetings
                                                             Deursnee = 83 mm

                                                                                      Hoogte = 22 cm

         3.1.1       Die deursnee van een van die kleurpotlode is 6 mm en die lengte is
                     16,7 cm. Verifieer, met die nodige berekeninge, dat 39 kleurpotlode in
                     DRIE van die silindriese houers kan pas.                                          (9)

         3.1.2       Die onderwyser pak van die kleurpotlode soos volg in elk van die houers:
                     3 pienk, 2 swart, 2 pers en 3 oranje potlode. Bereken die waarskynlikheid
                     dat indien ŉ kleurpotlood uit AL die houers geneem word, sal dit ŉ pers
                     potlood wees. Gee jou finale antwoord tot DRIE desimale plekke.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

8                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                       (EC/JUNIE 2024)

3.2      Uitnodigingskaartjies vir ŉ partytjie is in ŉ reghoekige vorm, met ŉ sirkelfoto van
         die verjaarsdagmeisie in die middel van die uitnodigingskaartjie. ŉ Voorbeeld van
         die uitnodigingskaartjie word hieronder gegee asook ŉ diagram met afmetings.

             Voorbeeld van prentjie van            Diagram van uitnodigingskaartjie met
              uitnodiging sonder foto                          afmetings

         3.2.1       (a)   Bereken die oppervlakte van die reghoekige uitnodigingskaartjie
                           tot die naaste mm2.

                           Jy mag die volgende formule gebruik:

                           Oppervlakte van ŉ reghoek = lengte × breedte                                (3)

                     (b)   Vervolgens, bereken die oppervlakte van die reghoekige
                           uitnodigingskaartjie sonder die foto tot die naaste mm2.

                           Jy mag die volgende formule gebruik:

                           Oppervlakte van sirkel = π × radius2. Gebruik π = 3,142                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2024)                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                   9

        3.2.2        Een van die gaste koop ŉ geskenk wat in ŉ reghoekige boks verpak is
                     soos hieronder getoon. Sy moet die geskenkboks met geskenkpapier
                     toedraai.

                     Afmetings van die boks is:
                     Lengte = 38,8 cm
                     Breedte = 27,5 cm
                     Hoogte = 30 cm

                     Bereken die totale oppervlakte in cm2 van die papier wat benodig word
                     om die geskenkboks mee toe te draai.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:

                     Totale oppervlakte van geskenkboks = 2 (lengte × breedte) +
                     2 (breedte × hoogte) + 2 (lengte × hoogte)                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

10                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/JUNIE 2024)

3.3      Elektrisiteit het ŉ skaars hulpbron in Suid-Afrika geword. Gevolglik ondersoek
         die land alternatiewe bronne om elektrisiteit op te wek. Een alternatiewe bron
         om elektrisiteit op te wek is ŉ windturbine wat roterende lemme gebruik soos in
         die prent en diagram hieronder getoon.

                 Beeld van windturbine                    Diagram van windturbine

         Die windturbine is bo-op ŉ 50 m hoë toring gemonteer.
         Die lengte van elke lem is 31 m.

         3.3.1       Bepaal die lengte van die deursnee van die sirkel wat die lemme skep
                     soos hulle draai.                                                               (2)

         3.3.2       Bereken die maksimum hoogte vanaf die grond tot by die punt van ŉ lem
                     as die turbine draai.                                                           (2)

         3.3.3       Bereken die omtrek van die sirkel wat deur die lemme gemaak word
                     wanneer dit twee keer draai.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:

                     Omtrek = 2 × π × radius, gebruik π = 3,142                                      (2)

         3.3.4       Gestel elke huishouding benodig daagliks 25 kWh elektrisiteit.

                     As een windturbine daagliks 1 750 kWh elektrisiteit produseer, bereken
                     hoeveel huishoudings daagliks van elektrisiteit van een so ŉ turbine
                     voorsien kan word.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2024)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  11

3.4     Sandra was haar skottelgoed drie keer daagliks met die hand in TWEE identiese
        silindriese wasbakke. Sy gebruik een wasbak om skottelgoed te was en die ander
        om dit af te spoel. Elke wasbak het ŉ radius van 30 cm en ŉ diepte van 45 cm,
        soos in die diagram hieronder getoon.

                              Silindriese wasbak met afmetings

        Afmetings:
        Radius = 30 cm
        Hoogte = 45 cm

                                                          30 cm

                                                                                45 cm

        Sandra vul elke wasbak tot driekwart (¾) van sy kapasiteit wanneer sy die
        skottelgoed was of uitspoel.

        Bereken hoeveel water (in liter) sy daagliks sal gebruik om skottelgoed met die
        hand te was en af te spoel. (LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter)

        Jy mag die volgende formule gebruik:
        Volume = π × r2 × h, gebruik π = 3,142                                                (5)
                                                                                             [36]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

12                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 4

4.1     Mnr. en mev. Thana het Vrydag in Phuket, Thailand gaan inkopies doen en daarna
        om 15:30 by ŉ hotel aangemeld. Hulle het die volgende Dinsdag om 10:00 van
        die hotel vertrek. Hulle het ŉ klein silindriese geskenkboks vir hul dogter gekoop
        om haar oorbelle en hare-bykomstighede in te hou, soos hieronder getoon.

                                                          d

        Afmetings:
        Deursnee = 10 cm
        Hoogte = 20 cm

        LET WEL:
        Oppervlakte van ŉ sirkel = 3,142 × radius2
        Volume van ŉ silinder = 3,142 × radius2 × hoogte

                                                                       [Bron: www.google.com]

        4.1.1        Verifieer, met die nodige berekeninge dat die aantal ure wat mnr en mev.
                     Thana in die hotel gebly het, minder as 90 uur was.                           (5)

        4.1.2        Die volume van hul dogter se silindriese geskenkboks is 1 571 cm3 met
                     ŉ deursnee van 10 cm. Bereken die hoogte van die silindriese
                     geskenkboks.                                                                  (4)

        4.1.3        Die bo- en onderkant van die silindriese geskenkboks is gemaak van ŉ
                     spesiale soort hout wat R144,65/m2 kos. Bereken die totale koste van die
                     hout om die bo- en onderkant van die silindriese geskenkboks te maak,
                     as die oppervlakte van die bokant 78,55 cm2 is.                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2024)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                   13

4.2     Me. Harker het ŉ bouer gevra om ŉ skaaltekening van ŉ voorgestelde
        opknapping aan haar huis te teken. Die vloerplan van die voorgestelde
        opknapping word hieronder getoon.

          N

        4.2.1        Die gemete lengte van die hoofslaapkamer is 3,4 cm. Gebruik die
                     gegewe skaal om die werklike lengte van die hoofslaapkamer te
                     bereken.                                                                     (2)

        4.2.2        Wat is die waarskynlikheid om ŉ deur te kies wat na die oostelike kant
                     oopmaak?                                                                     (2)

        4.2.3        Aangesien die huis in Suid-Afrika geleë is, verduidelik watter kamer
                     jy dink die meeste son sal kry.                                              (2)
                                                                                                 [20]

                                                                               TOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Mathematical Literacy · Errata · 2024
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2024 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2024-addendum-afr/80522728-ad7d-4d9a-b9f3-59b47556287b) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
