# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2023-afrikaans/b22dffcb-7383-4fa5-b1e6-9880667ea49c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2023-afrikaans/b22dffcb-7383-4fa5-b1e6-9880667ea49c)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-nov2023-afrikaans/6625a6ef-c67f-4a65-aa1a-f050841f0f48) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                     GRAAD 11

                              NOVEMBER 2023

           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:     100

TYD:       2 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, insluitend ŉ addendum met 2 bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.     Gebruik die BYLAE in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord.

       •   BYLAE A vir VRAAG 2.1
       •   BYLAE B vir VRAAG 4.1

3.     Beantwoord AL die vrae.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

5.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

6.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
       aangedui.

7.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.     Toon ALLE berekeninge duidelik.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      3

VRAAG 1

1.1    ŉ Jong entrepreneur hou velrolle aan om produkte op palette vas te maak. Hierdie rolle
       is geskik om goedere toe te draai. Hulle word in 200 m en 300 m rolle verkoop.

                                                                          D = 450 mm
        Opsie A:
        300 m velrol prys R 390,00

        Opsie B:
        200 m velrol prys R 290,00

        Deursnee van rol (D) = 450 mm

                                                                   [Bron: www.supplywise.co.za]

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       1.1.1 Die omtrek is 3,142 keer meer as die deursnee. Bereken die omtrek van die rol
             in mm.                                                                                (2)

       1.1.2 Bereken die koste van die pallet velrol per meter vir Opsie B.                        (2)

       1.1.3 Skryf die koste vir Opsie B tot Opsie A in vereenvoudigde verhoudingsformaat
             neer.                                                                                 (2)

       1.1.4 Bepaal die radius in cm.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

1.2     David en sy gesin het vir die skoolvakansie van Port-Elizabeth (nou Gqeberha) na
        Durban gereis. Die kaart hieronder toon die reis wat die gesin onderneem het.

                                       Roete

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

        1.2.1        Noem TWEE nasionale paaie wat op die kaart aangedui word.                      (2)

        1.2.2        Identifiseer die tipe kaart wat getoon word.                                   (2)

        1.2.3        Bepaal die werklike afstand tussen Port-Elizabeth en Durban in meter.          (3)

        1.2.4        David het vinnig by sy neef in Margate gaan kuier. Net na Umtata het hy
                     die R61 na Margate betree.

                     (a)   Skryf die naam van EEN dorp wat hy tussen Umtata en Margate
                           verby gery het neer.                                                     (2)

                     (b)   Bereken die totale afstand, in km wat hy van Port St. Johns na
                           Margate gereis het.                                                      (3)

        1.2.5        Noem TWEE provinsiale paaie op die kaart.                                      (2)
                                                                                                   [23]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      5

VRAAG 2

2.1    ŉ Groep van vier universiteit vriende beplan om die rugbywedstryd tussen die
       Springbokke en die All Blacks in Durban by te woon. Hulle beplan om per motor te
       reis en die koste van die reis te deel.

       Op BYLAE A is ŉ kaart van Suid-Afrika.

       Gebruik BYLAE A van die addendum om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.1.1    Identifiseer die tipe skaal op die kaart.                                           (2)

       2.1.2    Wat is die algemene rigting van Umtata na Kaapstad?                                 (2)

       2.1.3    Durban en Upington is 9,6 cm uitmekaar op die kaart. Mnr. Antonie beweer
                dat die afstand tussen Durban en Upington 972 km is.

                Verifieer of sy stelling korrek is deur die staafskaalmetode te gebruik.            (4)

2.2    Amos en sy vriende het presies 17,25 uur geneem om 1635 km van Kaapstad na
       Durban te ry vir die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks.

       2.2.1 Bepaal Amos se gemiddelde spoed vir die rit in km/h.

               Jy mag die volgende formule gebruik: Spoed= Afstand ÷ Tyd                            (3)

       2.2.2 Die petrolverbruik van die motor is 1 liter per 12,5 km.

               (a)   Amos beweer dat as die petrolverbruik 0,80 liter per 10 km was, die
                     motor minder petrol sou gebruik. Verifieer met die nodige berekening
                     of sy verklaring geldig is.                                                    (5)

               (b)   Bereken die koste van petrol om van Kaapstad na Durban te ry. Die
                     petrolprys is R24,75 per liter.                                               (2)
                                                                                                  [18]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                   (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 3

3.1    Uyathanda Tuisnywerheid spesialiseer in die bak en verkoop van koeke van alle
       soorte. Die resep van die koek word hieronder getoon. Bestudeer die resep en
       beantwoord die vrae wat volg.

                      BESTANDDELE                SUURROOM-SJOKOLADEKOEK
             3
        •         koppie (250 g) meel            • Voorbereidingstyd: 20 minute
             4
              3                                  • Baktyd: 55 minute
        • 14 koppies (360 g) suiker
                                                 • Totale tyd: 75 minute
            3
        •     koppie (90 g) onversoete kakao-
            4
              poeier
        •   2 teelepels bakpoeier
        •   1 teelepel kosjer-sout
        •   2 groot eiers
        •   1 koppie suurroom
            3
        •     koppie kanola-olie
            4
        • 2 teelepels vanielje-ekstrak
        • 1 koppie sterk vuurwarm koffie
                        1
        • 1 mengsel (12 koppies) sjokolade- of
          ryp roomkaas-versiersel

        Ander inligting:
        • Voorverhit die oond tot 320 ℉

        LET WEL:
        • ŉ Bestelling is ontvang vir 90 mense wat ŉ geleentheid gaan bywoon.
        •  Elke persoon moet een sny koek kry.
        • 12 snye kan uit een koek gesny word.
        • Een koek weeg 900 g.
        • Die hoeveelheid energie in 100 g koek is 400 kalorieë.

        3.1.1 Skryf die massa van een koek in kilogram neer.                                      (2)

        3.1.2 Bepaal die massa van een sny koek in gram.                                          (2)

        3.1.3 Bereken die aantal kalorieë in een sny koek.                                        (3)

        3.1.4 Skakel totale tyd in minute om na ure.                                              (2)

        3.1.5 Bepaal die aantal koeke wat vir die aantal gaste by die geleentheid gebak
              moet word.                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    7

3.2    3.2.1 Hoeveel koppies alledaagse meel word benodig as agt koeke gebak moet
             word?                                                                              (2)

       3.2.2 Die koste van 240 g onversoete kakaopoeier is R62,75. Bepaal hoeveel geld
             benodig word vir die onversoete kakaopoeier vir 8 koeke.                           (4)

       3.2.3 Bereken die temperatuur van 320 °F in grade Celsius.

               Gebruik die formule: ℃ = (℉ − 32) ÷ 1,8                                          (3)

       3.2.4 As ŉ suurroom-sjokoladekoek om 09h03 in die oond geplaas word, hoe laat
             sal die koek gereed wees?                                                          (2)

3.3    Mnr. Sihle besit ŉ maatskappy wat hoofsaaklik fokus op die vervaardiging van
       silindriese metaalblikke vir die onversoete kakaopoeier. Die volume van die blik is
       546,10 cm3. Die hoogte van die blik se etiket is 80% van die hoogte van die blik.

       Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                       Hoogte van die blik

                              Deursnee = 86 mm

           LET WEL:
           Jy mag die formule hieronder gebruik.
           Volume = 3,142 × r2 × hoogte

       3.3.1 Bepaal die hoogte van die blik in cm.                                              (4)

       3.3.2 Mnr. Sihle het gesê dat die hoogte van die blik is 1,5 cm meer as die hoogte
             van die etiket is. Verifieer deur ŉ berekening of sy verklaring geldig is.        (4)
                                                                                              [32]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4

4.1     Mev. Aretha Smith het ŉ vloerplan vir die nuwe huis wat sy wil bou. Verwys na
        BYLAE B wat ŉ beeld van die vloerplan van hierdie huis toon.

        Gebruik BYLAE B om die vrae wat volg te beantwoord.

        4.1.1 Verduidelik die term ‘vloerplan’.                                                        (2)

        4.1.2 Hoeveel vensters is daar op die oostelike muur van die huis?                             (2)

        4.1.3 Gebruik die getalskaal wat gegee word en bepaal die werklike totale lengte van
              al die buitemure van die huis aan die noordelike en oostelike kante. Gee jou
              finale antwoord in meter.                                                                (7)

        4.1.4 Die oppervlakte van die stoep is 19,38 m2 en die lengte is 10,2 m. Mev. Smith
              het gesê dat die breedte ses keer minder as die lengte is.
              Verifieer met die nodige berekeninge of haar verklaring geldig is.                       (4)

                Jy mag die formule gebruik : Oppervlakte = lengte × breedte

4.2     Mnr. Smith verras sy vrou en gee vir haar ŉ buitengewone gelukbringende muntstuk
        op haar verjaardag. Die muntstuk het ŉ vierkantige snit uit die middel soos op die foto
        hieronder getoon.

        LET WEL:
        Lengte van een kant van die vierkant = 0,9 cm
        Deursnee van sirkel = 3,3 cm
        Volume van munt = 1,47 cm3

        FORMULES:
        Oppervlakte van die sirkel = 𝜋 × r2 ; waar 𝜋 =
        3,142
        Oppervlakte van vierkant = sy × sy
                      Massa
        Digtheid =                                                   [Bron: www.walmart.com]
                      Volume

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

        4.2.1 Bereken die oppervlakte van die muntstuk in cm2. Rond jou antwoord na EEN
              desimale plek af.                                                                        (5)

        4.2.2 Die digtheid van goud is 19,30 g/cm3. Bereken die massa van die muntstuk in
              gram.
              Rond jou antwoord na EEN desimale plek af.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                   9

4.3    ŉ Boks bevat 12 goue muntstukke, 2 silwer muntstukke en 2 bronsmuntstukke.

       4.3.1 Bepaal die waarskynlikheid om ŉ goue muntstuk in desimale formaat te kies.      (3)

       4.3.2 Verwys na jou antwoord in VRAAG 4.3.1. Verduidelik die waarskynlikheid
             van die gebeurtenis in woorde.                                                 (2)
                                                                                           [27]

                                                                            TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                 (EC/NOVEMBER 2023)

BYLAE A

VRAAG 2.1

Hieronder is ŉ kaart van Suid-Afrika.

                          [Bron: http://www.lonelyplanet.com/maps/Africa/south-africa/map of south-africa.jpg]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                             11

BYLAE B

VRAAG 4.1

Vloerplan van mev. Smith se huis:

                                                            Skaal 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/b71c0e93-964d-44b6-a1ae-cd1c706373e7) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-afrikaans/0015cc1c-578e-4965-a95e-722a98dd2d1a) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Mathematical Literacy · Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT GR11 P2 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-gr11-p2-memo-nov2022-afrikaans/8c7033a8-caf2-4285-a7e0-5e3c22a2f68a) — Mathematical Literacy · Memo · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-nov-2018-afrikaans/85a2df79-1a1f-492f-96c6-73ffff9a3796) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATS LIT P1 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mats-lit-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/82c1eccc-bd69-4888-8907-cade8df40621) — Memo · 2022 · Afr
- [Maths-Lit-April-2021-QP & Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-april-2021-qp-memo/f1f4e9b5-ddb0-441c-b259-366799b179f3) — QP + Memo · 2021
- [MATHS LIT P2 QP ADDEN MEMO GR11 NOV 2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-adden-memo-gr11-nov-2020-afr-d/eddd299c-29d8-47bc-983a-8e51a4bcba86) — Addendum · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
