# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2022-afrikaans/627ff8ee-f502-41a2-b645-cc4a8837bf99
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2022-afrikaans/627ff8ee-f502-41a2-b645-cc4a8837bf99)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    JUNIE 2022

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ addendum met 2 bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

       BYLAE A vir VRAAG 1.1
       BYLAE B vir VRAAG 2.2

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

 6.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

 7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

 8.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 9.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
       aangedui.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      3

 VRAAG 1

 1.1    BYLAE A verteenwoordig die Krugerwildtuin met alle kampe en hekke.

        1.1.1 Noem die land langs die Krugerwildtuin soos op die bylae aangedui.                    (2)

        1.1.2 Hoeveel tentkampe word op die kaart gewys?                                            (2)

        1.1.3 Hoeveel hekke is op die kaart?                                                        (2)

        1.1.4 Watter soort kamp is Laer-Sabie?                                                      (2)

 1.2    Hieronder is ŉ tafeltennis-spaan met afmetings. Gebruik die inligting hieronder om
        die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.2.1 Skryf die hoogte van die spaan in sentimeter.                                         (2)

        1.2.2 Wat is die verskil in meter tussen die breedte van die handvatsel van die spaan,
              en die breedte van die spaan?                                                         (3)

        1.2.3 Skryf die hoogte van die spaan tot die breedte van die spaan as ŉ verhouding,
              in sy eenvoudigste vorm.                                                              (3)

 1.3    ŉ Spysenier het ligte versnaperinge vir ŉ tafeltenniswedstryd voorberei en spelers
        word toegelaat om te kies, en die keuses is soos volg: ŉ muffin of ŉ toebroodjie met
        ŉ Coke, sap of gebottelde water.

        1.3.1 Daar is 14 paartjies en sy moet nog 3 pakke ligte versnaperinge voorberei.
              Hoeveel ligte versnaperinge sal sy moet voorberei?                                    (2)

        1.3.2 Skryf die aantal kombinasie opsies neer waaruit hulle kan kies.                      (2)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                     (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 2
 2.1   Die afstandkaart hieronder wys (in km) die afstand tussen dorpe in Suid-Afrika.
       Beantwoord die vrae hieronder wat op die afstandkaart gebaseer is.

            [Bron: https://www.aroundaboutcars.com/more-info/south-african-road-distances. Toegang op 19
                                                                                   Oktober 2021 verkry.]

       2.1.1 Wat is die afstand in meter tussen Oos-Londen en Mafikeng?                                     (3)
       2.1.2 ŉ Gesin reis van Kaapstad na Johannesburg en gaan dan na Bloemfontein. Die
             gesin beweer die totale afstand wat afgelê is, is 40 km meer as die afstand tussen
             Kaapstad en Nelspruit. Bewys met berekeninge of hul eis geldig is of nie.                      (6)
       2.1.3 Bereken die tyd in ure en minute wat hulle sal neem om van Polokwane na Port
             Elizabeth te reis as hulle teen ŉ gemiddelde spoed van 105 km/uur ry en twee
             pouses van 1 uur 15 minute in totaal het.
               Jy mag die formule gebruik: Afstand = Spoed x Tyd                                            (6)

 2.2   BYLAE B verteenwoordig die Comrades-marathonroete wat ŉ afstand van 90 km
       tussen Durban en Pietermaritzburg is.

       2.2.1 Watter tipe skaal word op die kaart gewys?                                                     (2)
       2.2.2 Gebruik die gegewe skaal om die afstand in meter tussen Hillcrest en Pinetown
             te bereken. Rond jou finale antwoord tot die naaste meter af.                                  (4)
       2.2.3 Gee die algemene rigting vanaf Camperdown na Westville.                                        (2)
       2.2.4 Op die kaart word getoon dat 870 m = 2 850 voet. Bepaal, afgerond tot twee
             desimale syfers, dat die omskakelingsfaktor in die vorm van 1 voet = … cm is.                  (4)
       2.2.5 David Vazi het per motor na die Comrades-marathon gedurende 2019 gereis.
             Sy petrolverbruik is 10 km per liter. Hy besluit om per vliegtuig van Durban na
             Pietermaritzburg te reis. As die petrolprys R16,98 per liter is, bereken die koste
             van ŉ retoerreis tussen Polokwane en Durban.
             LET WEL: Verwys na die afstandskaart in VRAAG 2.1.                                             (5)
                                                                                                           [32]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       5

 VRAAG 3

 3.1    Tafeltennis is ŉ baie gewilde sport by die Olimpiese Spele. Hieronder is ŉ diagram van
        die afmetings van ŉ tafeltennis-tafel.

        LET WEL: Die net het ŉ oorhang van 15,25 cm aan beide kante.

        3.1.1 Bepaal die lengte van die net in cm.                                                   (3)

        3.1.2 Bereken die verskil tussen die lengte en breedte van die tafel in mm.                  (3)

        3.1.3 Tafeltennis-spelers soos alle sportspelers is ernstig oor hul fiksheidvlakke.
              ŉ Wedstryd het om 10:08 begin en vir 1 uur 58 minute geduur. Hoe laat het die
              wedstryd geëindig?                                                                     (3)

        3.1.4 Een van die spelers voer aan dat die hoogte van die tafel vanaf die bodem
              (grond) tot by die bokant van die net 60 cm minder is as die breedte van die
              tafel. Bewys met berekeninge of sy argument geldig is of nie.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/JUNIE 2022)

 3.2   ŉ Wiskundige geletterdheid onderwyseres maak in haar klas onderrighulpmiddels
       vir die les-onderwerp oor meting. Sy teken die figure, verf dit en plak dit op die
       klaskamermure vas. Die figuur hieronder met afmetings is een van haar
       onderrighulpmiddels.

                                 20 cm
                                         120 cm

          100 cm                                                       60 cm

                                             20 cm
                                             cm
                                                        60 cm
                       40 cm

       3.2.1 ŉ Leerder gebruik ŉ tou om die omtrek van die gekleurde figuur te meet.
             Wat is die lengte van die tou wat gebruik word?                                   (3)

       3.2.2 Bereken die totale oppervlakte van die figuur in m2.

                   Jy mag die formule gebruik:
                   Oppervlakte van ŉ reghoek is = Lengte x Wydte                                (5)

       3.2.3 Sy verf hierdie figuur met twee lae verf en het twee figure vir haar klas
             voorberei. As een liter verf 6,2 m2 bedek, bepaal (afgerond tot TWEE
             desimale plekke) die aantal liter verf wat benodig word om twee figure te
             verf.                                                                              (5)

       3.2.4 Die verkoopsman by die hardewarewinkel het gesê dat een 500 mℓ-blik verf
             nie voldoende is om die twee figure heeltemal te verf nie. Verifieer, met die
             nodige berekeninge, of sy stelling geldig is.                                     (3)
                                                                                              [29]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  7

 VRAAG 4

 Hieronder is ŉ sitplekplan vir ŉ teater.

 4.1

        4.1.1 Wat is die waarskynlikheid om ŉ sitplek H uit sitplekke in die middelblok te
              kies? Gee jou antwoord as ŉ persentasie.                                          (3)

        4.1.2 Wat is die sitpleknommer vir ŉ persoon wat aan die regterkant van die verhoog
              sit, vierde ry vanaf die verhoog, eerste sitplek vanaf die gang tussen die
              middelblok en syblok?                                                             (2)

        4.1.3 Wat is die totale aantal sitplekke in rye D, E, en H?                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                             (EC/JUNIE 2022)

 4.2   LMI (Liggaamsmassa-indeks) is ŉ getal wat uit ŉ persoon se gewig en lengte
       bereken word. Hoe hoër die LMI, hoe hoër is ŉ persoon se risiko om
       gesondheidsprobleme te hê. Vir die berekeninge van LMI kan jy gebruik:

       (Hoogte in m)2 x LMI = Gewig in kg

       Hieronder is ŉ tabel wat LMI en gesondheidsrisiko’s wat daarmee verband hou toon:

                 LMI                 KLASSIFIKASIE            GESONDHEIDSRISIKO
                 <18,5                  Ondergewig                 Minimaal
               18,5‒24,9                 Normaal                   Minimaal
                25‒29,9                  Oorgewig                  Verhoog
                30‒34,9                  Vetsugtig                   Hoog
                35‒39,9               Uiters vetsugtig             Baie hoog
                  >40                Sieklike vetsugtig           Uiters hoog

       4.2.1 Wat is die maksimum LMI vir ŉ oorgewig persoon?                                  (2)

       4.2.2 Mary het ŉ gewig van 95 kg en ŉ hoogte van 1,7 m. Sy noem dat haar
             gesondheidsrisiko minimaal is. Gebruik ŉ berekening om te verifieer of haar
             stelling geldig is.                                                              (4)

       4.2.3 Wat kan Mary doen om haar gesondheidsrisiko te verbeter? Noem TWEE
             lewenstylveranderinge.                                                          (4)
                                                                                            [19]

                                                                            TOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
