# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2023 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIORSERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                      JUNIE 2023

              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNT:   100

TYD:    2 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ addendum met 2 bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                             (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

       BYLAE A vir VRAAG 2.2
       BYLAE B vir VRAAG 4.1

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

4.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

5.     Toon AL die berekeninge duidelik aan.

6.     Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
       aangedui.

7.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.     Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy
       anders aangedui.

9.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            3

VRAAG 1

1.1     Mavis reis vanaf Pretoria na Durban. Sy berei skons voor vir haar reis deur ŉ resep
        te gebruik met bestanddele en hoeveelhede om 8 skons soos hieronder getoon, te
        maak.

                                   BESTANDDELE VIR SKONS

        360 g meel
        90 g botter
         5 teelepels bakpoeier
        0,5 teelepels sout
        0,5 koppie wit suiker
        1 eier, geklits

        LET WEL: Bereidingstyd: 12 minute
                 Baktyd: 15 minute

                                                                [Aangepas uit www.allrecipes.com]

        1.1.1     Wat is die totale hoeveelheid meel en botter in kg?                                      (3)

        1.1.2     Druk die botter tot meel in verhouding tot die eenvoudigste vorm uit.                    (2)

        1.1.3     Skryf die totale aantal teelepels bakpoeier en sout tot die naaste heelgetal
                  neer.                                                                                    (2)

        1.1.4     Skryf die totale voorbereiding en baktyd in ure neer.                                    (3)

        1.1.5     Bepaal die hoeveelheid botter wat benodig word om 24 skons te maak.                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  (EC/JUNIE 2023)

1.2    Hieronder is ŉ kaart wat die roete tussen Pretoria en Durban toon. Beantwoord die vrae
       wat op die kaart hieronder gebaseer.

       1.2.1     Noem die dorpe tussen Harrismith en Pretoria op die N3-pad.                            (2)

       1.2.2     Hoeveel nasionale paaie is op die kaart?                                               (2)

       1.2.3     Wat is die hoofverskil tussen hierdie kaart en ander soorte kaarte?                    (2)

       1.2.4     Wat is die afstand tussen Villiers en Pietermaritzburg in kilometers (km)?             (2)
                                                                                                       [21]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          5

VRAAG 2

2.1     Die afstandskaart hieronder toon afstand (in km) tussen sommige dorpe en hekke by die
        Kruger Nasionale Park. Beantwoord die vrae wat op die afstandkaart hieronder
        gebaseer is.

        2.1.1     Wat is die afstand in meter tussen Tzaneen en Johannesburg?                             (3)

        2.1.2     Mnr. Smith beweer dat die verskil in die afstand tussen Malelane-hek en
                  Phalaborwa-hek en die afstand tussen Krokodilbrug-hek en Kruger-hek
                  180 km is. Bewys met berekeninge of sy stelling geldig is of nie.                       (5)

        2.1.3     Wat is die kortste afstand in km op hierdie kaart getoon?                               (2)

2.2     BYLAE A verteenwoordig die Twee Oseane-halfmarathonroete wat ŉ afstand van
        21,1 km is.

        Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.

        2.2.1     As Kenilworth suid van Claremont is, wat is die kompasrigting vanaf
                  Dieprivier na Claremont?                                                                (2)

        2.2.2     Een van die marathon-hardlopers beweer dat die verversingstasies twee keer
                  die aantal mediesestasies is. Bewys met berekeninge of die stelling geldig is
                  of nie.                                                                                 (4)

        2.2.3     Identifiseer op die hoogtekaart wat die hoogste punte in kilometers (km) is.            (2)

        2.2.4     Een marathon-hardloper het die marathon in 3 uur 45 minute voltooi. Bereken
                  sy hardlooptempo in kilometers per uur (kmh). Gee jou antwoord tot TWEE
                  desimale plekke afgerond.                                                               (4)
                                                                                                         [22]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                               (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 3

3.1     Netbal is ŉ gewilde sport in byna al die skole in die Oos-Kaap. Dit is ook ŉ
        internasionale sport en Suid-Afrika gaan die Netbalwêreldbeker-toernooi in Julie 2023
        aanbied. Hieronder is ŉ netbalbaan met afmetings.

        LET WEL: Die sentersirkel het ŉ deursnee van 0,9 m.

        3.1.1    Bepaal die omtrek van die netbalbaan in meter (m).                                      (3)

        3.1.2    Bereken die radius van die sentersirkel in sentimeter (cm) as sy deursnee
                 0,9 m is.                                                                               (3)

        3.1.3    Bereken die oppervlakte van die hele baan uitgesluit die twee doelsirkels
                 (halfsirkels) en die sentersirkel in m2.

                 Jy mag die volgende formules gebruik:

                 Oppervlakte van reghoek = lengte x breedte
                 Oppervlakte van sirkel = πr2
                 Waar ( r) radius is en π = 3,142                                                        (7)

        3.1.4    In ŉ skool is daar twee netbalbane elk met ŉ oppervlak van 465,14 m2 wat
                 met waterbestande glyvaste verf geverf moet word. Twee lae verf word
                 benodig en 1 liter verf dek 8 m2. Bereken hoeveel blikke verf benodig word as
                 verf in 20 liter blikke verkoop word.                                                   (6)

        3.1.5    Verf kos R1 500 per 20 liter blik (BTW ingesluit). Arbeid vir verf is R150 per
                 uur en ŉ gedeelte daarvan. Die verwer voltooi die werk in 23,5 uur. Die
                 sportmeester van hierdie skool beweer dat R15 000 genoeg sal wees om al die
                 verfkoste te dek. Verifieer, met berekeninge, of sy bewering geldig is.                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        7

3.2     3.2.1     ŉ Professionele netbalwedstryd word in vier kwartale van 15 minute elk
                  verdeel. Daar is ŉ 4-minute interval tussen kwart 1 en 2 en nog 4-minute
                  interval tussen kwart 3 en 4. Daar is ŉ addisionele halftyd interval van
                  12 minute tussen kwart 2 en 3 As ŉ wedstryd om 8:30 begin, watter tyd sal
                  hierdie wedstryd eindig?                                                           (4)

        3.2.2     Wat is die waarskynlikheid dat ŉ netbalspeler op ŉ driehoekige kwart van
                  die netbalbaan sal speel?                                                       (2)
                                                                                                 [31]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4

4.1    BYLAE B verteenwoordig ŉ Suid-Afrikaanse kaart. Beantwoord die vrae hieronder
       wat op die bylae gebaseer is.

       4.1.1   Noem die twee oseane op die kaart.                                               (2)

       4.1.2   Watter tipe skaal word op die kaart gewys?                                       (2)

       4.1.3   Gebruik die skaal om die werklike afstand in kilometer (km) tussen
               Bloemfontein en Messina tot die naaste kilometer (km), te bereken.               (4)

       4.1.4   Wat is die waarskynlikheid, as ŉ persentasie, om in ŉ land wat nie Suid-
               Afrika of Lesotho is nie, van al die lande op die kaart te wees?                 (3)

4.2    ŉ Familie van Bloemfontein kuier in Messina. Hulle vertrek om 7:45 uit
       Bloemfontein en ry teen ŉ gemiddelde spoed van 110 km per uur. Oppad het hulle
       twee ruspouses van 35 minute elk. Bereken hoe laat hulle by hul bestemming sal
       aankom.
       Jy mag die formule gebruik: Afstand = Spoed x Tyd                                        (6)

4.3    Jojo-watertenks word gebruik om reënwater op te vang.

       Afmetings vir die watertenk: Hoogte = 1 200 mm
                                    Deursnee = 870 mm

       4.3.1   In die meeste gebiede gebruik mense watertenks om reënwater op te vang.
               Mnr. Smith het ŉ watertenk wat 1 200 mm hoog is, met ŉ volume van
               713 453 940 mm3. Wys hoe hierdie volume bereken is as hierdie tenk ŉ
               deursnee van 870 mm het.
               Jy mag die formule gebruik: Volume = 3,142 x radius2 x hoogte                    (3)

       4.3.2   Herlei die volume van die tenk na liters. Rond jou antwoorde tot die naaste
               liter af.
               Gegee: 1 liter = 1 000 000 mm3                                                   (3)

       4.3.3   Wat is die deursnee van die tenk in duim as 1 duim = 2,54 cm? Gee jou
               antwoord afgerond tot die naaste TWEE desimale getalle.                          (3)
                                                                                               [26]

                                                                               TOTAAL:         100
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
