# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-nov2022-afrikaans/cd0c5dd4-3069-486d-86b3-b3b357661ceb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-nov2022-afrikaans/cd0c5dd4-3069-486d-86b3-b3b357661ceb)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT GR11 P2 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-gr11-p2-memo-nov2022-afrikaans/8c7033a8-caf2-4285-a7e0-5e3c22a2f68a) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 11

                         NOVEMBER 2022

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik word.

3.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik word,
      tensy anders aangedui.

4.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

5.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

6.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
      aangedui.

8.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        3

VRAAG 1

1.1      Die onderstaande tabel toon die verband tussen ure en die tarief wat per uur of deel
         daarvan gehef word. Tariewe sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) in.
         Verwys na die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

         TABEL 1: PARKEERTARIEWE VIR HIERDIE GEBIED

                             URE                         TARIEF GEHEF PER UUR OF
                                                           GEDEELTE DAARVAN
                             0–2                                  R5,00
                             2–3                                  R7,00
                             3–4                                  R10,00
                             4–5                                  R12,00
                             5–6                                  R15,00
                             6–8                                  R20,00
                         Meer as 8 uur                            R40,00

         LET WEL: Verlore kaartjieboete is R50,00 plus bykomende koste.

         1.1.1       Wat is die tarief wat gehef word as mnr. Sokutu sy motor vir 8 uur en
                     15 minute geparkeer het?                                                      (2)

         1.1.2       Skryf 8 uur en 15 minute in ure neer.                                         (2)

1.2     Mnr. Titi het sy kaartjie verloor. Wanneer hulle na die sekuriteitskameras kyk, sien
        hulle sien dat hy om 11:30 vm. by die winkelsentrum aangekom het en dat dit nou
        14:20 nm. is.

        1.2.1 Bepaal hoeveel tyd verloop het.                                                      (2)

        1.2.2 Bereken hoeveel mnr. Titi moet betaal.                                               (2)

1.3     Verwys na die reghoekige diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     210 cm

                                                             100 cm

                                  Skaal 1 : 100

        1.3.1 Definieer die term omtrek.                                                           (2)

        1.3.2 Bepaal die omtrek van die reghoekige diagram in sentimeter.                          (2)

        1.3.3 Gee die naam van die skaal wat op die diagram aangetref word.                        (2)

        1.3.4 Verduidelik wat skaal 1 : 100 beteken.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

1.4     1.4.1 Identifiseer uit die lys hieronder ŉ provinsiale pad in Suid-Afrika.

                Dit is soos volg:

                N10
                R44
                M75                                                                             (2)

        1.4.2 Definieer die term provinsiale pad in die konteks hierbo.                         (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                              5

VRAAG 2

2.1    Die tylosaurus proriger was ŉ ou seedier wat vermoedelik 85 miljoen jaar gelede geleef
       het. Die top snelheid van die tylosaurus is ongeveer 64 km/h. Hierdie dier het
       20 ton geweeg.

                                                       [Bron: https: // kids.national geographic.com]

       Verwys na die diagram hieronder. Gebruik die skaal om die lengte van die dier
       hieronder te bereken.

                                                                           1, 9 meter

       2.1.1 Skryf die naam van die skaal wat hierbo gebruik word, neer.                                (2)

       2.1.2 Gebruik die skaal om die werklike lengte van die dier, in meter, te bereken.               (5)

       2.1.3 Hierdie dier het 20 ton geweeg. Skakel 20 ton na kilogram om.                              (2)

2.2    As gevolg van die wêreldwye viskrisis mag daar jaarliks slegs 30 000 ton tuna gevang
       word. Die werklike hoeveelheid tuna wat gevang word, is nader aan 48 000 ton per
       jaar.

       Bereken die persentasie onwettige visvangs in een jaar.                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

2.3      Verwys na die onderstaande kaart en beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1       Noem die metropolitaanse paaie wat op die kaart gevind word.                    (2)

         2.3.2       Lys die belangrikste nasionale pad wat Bluewater Bay met Coega verbind.         (2)

         2.3.3       Identifiseer die provinsiale pad tussen Ibhayi en Despatch.                     (2)

         2.3.4       Hoeveel provinsiale paaie word op die kaart aangedui?                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            7

         2.3.5       Mnr. Thulani het aangedui dat die gemete afstand op die kaart van
                     Motherwell na Bluewaterbay 5 cm is en die werklike afstand is 13 km. Hy
                     het verder gesê dat die skaal van die kaart 1 : 260 000 is.

                     Verifieer, met die nodige berekeninge, of sy stellings geldig is.                    (6)

         2.3.6       Bepaal die tyd (in minute en sekondes) wat die Thulani-gesin neem om van
                     Motherwell na Bluewater Bay te reis, as hulle per motor teen ŉ gemiddelde
                     snelheid van 80 km/h reis vir ŉ totale afstand van 13 km.

                     Gebruik die formule:

                                  Afstand
                     Tyd =
                             Gemiddelde Spoed                                                            (4)
                                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3

3.1    Die diagram hieronder toon die vloerplan van die sitkamer van die Sokutu-
       gesinshuis.

                                        850 cm

                                                                      3,5 m
                                      Vloerplan
                                                                                    N

       Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                  Woonkamer-afmetings
                                  Lengte      = 850 cm
                                                    3,5 m
                                  Breedte     = 3,5 m
                                  Dikte       = 10 cm

       3.1.1    Bereken die omtrek van die sitkamer in mm. Gebruik die formule
                hieronder:

                             Omtrek van reghoek = 2 × (lengte + breedte)                            (3)

       3.1.2     Bereken die oppervlakte van die vloer in m2. Gebruik die formule
                 hieronder:

                             Oppervlakte van reghoek = Lengte × Breedte                             (3)

       3.1.3    Hoeveel kubieke meter beton is nodig as ŉ betonvloer van 10 cm dik, gelê
                word? Jy kan die formule gebruik:

                                 Volume = Lengte × Breedte × Hoogte                                 (2)

       3.1.4    In watter rigtings kyk die breedte van die sitkamermure?                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                              9

3.2    Hierdie diagram hieronder verteenwoordig ŉ prentjie van die suidelike muur van die
       sitkamer van die Sokutu-gesin. Hulle het sorgvuldig rooi stene vir die muur gekies.
       Hierdie diagram is nie op skaal geteken nie. Die volgende inligting wat op die
       diagram hieronder aangedui word, is nuttig vir berekening.

                                                                              Hoogte = 5 m

                                                   [Aangepas uit vectorstock.com/red-brick wall/]

       Suidelike muur afmetings:
       Lengte = 850 cm
       Hoogte = 5 m
       Afmetings van EEN baksteen: hoogte = 73 mm lengte = 222 mm breedte = 106 mm
       Oppervlakte van EEN Baksteen = lengte × hoogte
       LET WEL: Mortier is ŉ werkbare pasta wat verhard, wat gebruik word om
                    boublokke soos stene aanmekaar te bind.

       3.2.1   Bepaal die aantal stene wat vir die suidelike muur, wat in diagram hierbo
               getoon word, benodig word.
               LET WEL: Die afmetings van EEN baksteen sluit die mortier uit, wat
                             10 mm is.

               Jy mag die volgende formule gebruik:
                                          Oppervlakte van die muur in m2
                      Aantal stene =
                                        Oppervlakte van EEN baksteen in m2                           (9)

       3.2.2   Die bouer het voorgestel dat ŉ bykomende 10% stene bestel moet word om
               vermorsing te dek. Bereken die totale aantal stene wat vir die grensmuur
               benodig word.                                                                         (2)

       3.2.3   Die prys van een baksteen is R4,75, BTW ingesluit. Bereken die totale bedrag
               wat op die bakstene gespandeer gaan word. (Gebruik jou antwoord in
               VRAAG 3.2.2.)                                                                         (2)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 4

4.1      Jonah Mouwer koop ŉ klein vistenk by Bay Aquariums vir die prys van R47 200
         (BTW ingesluit). Hy wil die afmetings van sy vistenk op ŉ stuk papier voorstel. Sy
         pa, ŉ argitek van beroep, het hom aangesê om ŉ skaal van 1 : 30 te gebruik.

         Hierdie tabel hieronder toon die afmetings van ŉ klein vistenk. Bestudeer die tabel
         en beantwoord die vrae wat volg.

         TABEL 2: AFMETINGS VAN DIE VISTENK
         AFMETINGS VAN DIE KLEIN VISTENK    AFMETINGS OP ’N STUK
                       IN METER                PAPIER IN CM
         Hoogte = 0,45 m                             A
         Lengte = 1,05 m                             B
         Wydte = 0,3 m                          Wydte = 1 cm

         LET WEL: Volume = lengte × wydte × hoogte

         4.1.1   Verwys na die tabel hierbo. Gebruik die skaal om die ontbrekende waarde A
                 en B te bereken.                                                                 (5)

         4.1.2   Bepaal die volume van die klein vistenk in cm3.                                  (3)

         4.1.3   Hoeveel liter water sal die tenk hou as dit 90% vol is?

                 Jy mag gebruik: 1 cm3 = 1 mℓ                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          11

4.2     Die wenner is lukraak gekies. Mnr. Sokutu het die groot prys van R150 000 gewen. Hy
        het 1 000 inskrywings uit ŉ totaal van 10 000 inskrywings vir die kompetisie ingedien.
        Hy het verder besluit om R90 000 van die R150 000 te gebruik om sy enkelmotorhuis
        na ŉ dubbelmotorhuis uit te brei. Hy het ŉ tekenaar gebruik om die plan op te stel. Die
        plan word hieronder geteken.

                                            Skaal 1 : 150

        LET WEL: Verwys na die diagram hierbo en gebruik die skaal.

         4.2.1   Bereken die werklike lengte en breedte van die bestaande en beplande nuwe
                 motorhuis in meters volgens die gegewe skaal.                                          (6)

                 Gegee:    Gemete Lengte = 50,4 mm
                           Gemete Breedte = 25,6 mm

         4.2.2   Bereken die vloeroppervlakte wat hy nou beskikbaar sal hê in sy nuwe
                 dubbelmotorhuis. Gee jou antwoord tot die naaste vierkante meter.
                 Jy kan die formule gebruik:

                 Oppervlakte van reghoek = Lengte × Breedte                                             (3)

4.3     Bepaal die waarskynlikheid dat mnr. Sokutu nie die kompetisie sal wen nie, met
        inagneming van die aantal inskrywings wat hy ingedien het. Gee jou antwoord in
        persentasie formaat.                                                                            (3)

        4.3.1 Wat is die waarskynlikheid dat mnr. Sokutu die kompetisie sal wen? Kies uit
              die onderstaande tabel.

                 Onmoontlik Onwaarskynlik Gelyke kans Hoogs waarskynlik              Vir seker          (2)

        4.3.2 Skryf 10% tot 90% in vereenvoudige verhoudingsformaat.                                    (2)
                                                                                                       [27]

                                                                                   TOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATS LIT P1 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mats-lit-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/82c1eccc-bd69-4888-8907-cade8df40621) — Mathematical Literacy · Memo · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 MEMO NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-memo-nov-2018-afrikaans/85a2df79-1a1f-492f-96c6-73ffff9a3796) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV 2017 QP Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov-2017-qp-afrikaans/12f6ac24-04aa-4f24-81ac-698d1f94bc56) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/b71c0e93-964d-44b6-a1ae-cd1c706373e7) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-afrikaans/0015cc1c-578e-4965-a95e-722a98dd2d1a) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/913740d3-d3f7-470f-ad0e-289f4f74f68b) — QP + Memo · 2025
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-nov2023-afrikaans/6625a6ef-c67f-4a65-aa1a-f050841f0f48) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
