# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/adc3a34b-7e32-4e9e-b9c2-5bc9477a1848
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/adc3a34b-7e32-4e9e-b9c2-5bc9477a1848)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIORSERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                              SEPTEMBER 2023

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en ŉ addendum met 4 bylaes.

### Page 2

2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

       •   BYLAE A vir VRAAG 1.3
       •   BYLAE B vir VRAAG 3.1
       •   BYLAE C vir VRAAG 4.1
       •   BYLAE D vir VRAAG 5.1

3.     Beantwoord AL die vrae.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

5.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

6.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

7.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.     Toon ALLE berekeninge duidelik.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    3

VRAAG 1

1.1      In die Krugerwildtuin is leeus te sien in ŉ gebied vanaf die Orpen-hek, tot by die
         Satara-kamp en die Olifantskamp. Die direkte afstand tussen Olifantskamp en
         Satara-kamp is 45 km, en die direkte afstand tussen Olifantskamp en die Orpen-hek
         is 60 km. Die totale omtrek van die gebied is 144,69 km.

                                     OLIFANTSKAMP

                                                         Gebied waarin die
                                                         leeus gesien kan
                                                         word.

                                                   Satara-kamp

                             Orpen-hek

         Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

         1.1.1 Definieer die term omtrek in die bogenoemde konteks.                              (2)

         1.1.2 Bereken die direkte afstand tussen Satara-kamp en die Orpen-hek.                  (2)

         1.1.3 Skryf in vereenvoudigde verhoudingsvorm, 60 km tot 45 km.                         (2)

         1.1.4 Herlei 144,69 km na mm.                                                           (2)

         1.1.5 Skryf SLEGS die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.5) van die
               korrekte formule neer om die grootte van die gebied waar leeus gesien kan
               word, te bereken.

                A     Oppervlakte = lengte × wydte
                B     Oppervlakte = π × (radius)2
                C     Oppervlakte = ½ × basis × hoogte                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2     Aphiwe het gesien dat die Omo-outomatiese waspoeierwasmiddel by twee winkels
        op promosie is.

                 PROMOSIE WINKEL A                            PROMOSIE WINKEL B
                   3 KG WASPOEIER                               2 KG WASPOEIER

                           Prys = R129,99                           Prys = R84,99

                                                                            [Bron: www.clicks.com]
        LET WEL:
        • Promosie beskikbaar vanaf 28 Februarie 2023 tot 30 April 2023.
        • 3 kg waspoeier sal 30 vragte in ŉ wasmasjien was.

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.2.1        Bepaal die totale aantal dae wat hierdie promosie beskikbaar is.                    (2)

        1.2.2        (a)     Bereken die koste per vrag vir die 3 kg waspoeier.                          (2)

                     (b)     Skryf die prys per kg vir die 2 kg sak neer.                                (2)

        1.2.3        Bepaal hoeveel vragte met 4 kg waspoeier gewas kan word as dit in
                     dieselfde verhouding as die 3 kg sak is.                                            (2)

                                  3
        1.2.4        Aphiwe het       van ŉ 2 kg sak by die huis oor. Skryf neer hoeveel gram in
                                  4
                     die sak oorbly.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                   5

1.3      Eldrid en sy seun besluit om van hul tuisdorp Vanrhynsdorp in Suid-Afrika na
         Keetmanshoop in Namibië vir ŉ jag-ekspedisie te reis.

         Op BYLAE A is ŉ strookkaart wat hul roete aandui.

         Gebruik BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.

         1.3.1       Wat dui die afstande regs van die N7 aan teenoor die afstande aan die
                     linkerkant?                                                                  (2)

         1.3.2       Skryf die afstand van Kaapstad na Keetmanshoop in meter.                     (2)

         1.3.3       Bereken die afstand wat Eldrid en sy seun moet aflê om Keetmanshoop te
                     bereik as dit 2 km van hul huis na die hoofpad is.                           (3)

         1.3.4       Skryf die padnommer neer waarop hulle gaan ry wanneer hulle in Namibië
                     is.                                                                          (2)

         1.3.5       Hoeveel dorpe sal Eldrid en sy seun verbygaan terwyl hulle deur Suid-
                     Afrika reis?                                                                (2)
                                                                                                [31]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2

2.1     Terrence bou modelle van meubels. Hy het ŉ stoel op die internet opgemerk wat hy
        graag wil bou. Hy het besluit om ŉ skaal van 1 : 15 te gebruik. Hieronder is ŉ foto
        van die stoel met ŉ paar van die werklike afmetings wat getoon word.

         LET WEL: Afmetings van stoel
              Hoogte = (H)            Wydte = (W)                       Diepte = (D)
                 1,2 m                  0,6 m

                                                                 H = 1,2 m

                                                          D=
                               W = 0,6 m
                                                                                 Skaal 1 : 15
                                                     [Aangepas deur https://www.xoticbrands.net]

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        2.1.1 Definieer die betekenis van die skaal 1 : 15.                                         (2)

        2.1.2 Bereken die diepte van die stoel as dit 37,5 % van die hoogte van die stoel
              is.                                                                                   (2)

        2.1.3 Gebruik die skaal om te bepaal hoe groot Terrence die hoogte en die breedte
              van die stoel op die plan in cm moet teken.                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  7

2.2    Geurige koekies seep (‘soapbars’) word in bokse verpak om na winkels te stuur.
       Hieronder is ŉ foto van die seepkissie en die diagram met afmetings van ŉ koekie
       seep.

               Prentjie van ŉ seepkissie            Diagram van ŉ koekie seep (90 g)

                      Wydte = 56 mm

                                                       koekie seep
                                                         Bokant              W = 5,5 cm

                                                        L = 8,35 cm

                      Hoogte = 84 mm
                      mmm                               koekie seep
                                                                            H = 1,4 cm
                                                          Sykant
                                                                            cmCCMcm

       Bepaal die maksimum hoeveelheid koekies seep wat in die seepkissie sal pas.             (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3    Hieronder is 'n kaart van Nieu-Seeland. Die Jones-egpaar van Auckland beplan ŉ reis
       deur Nieu-Seeland.

                                                         0    150   300    450

                                                              kilometers

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       2.3.1 Gee EEN voordeel vir die gebruik van ŉ staafskaal.                                   (2)

       2.3.2 Die afstand op die kaart tussen Auckland en Queenstown gemeet is 79 mm.

               Bereken (tot die naaste km) die werklike afstand tussen Queenstown en
               Auckland.                                                                          (5)

       2.3.3 Skryf neer in watter algemene rigting Queenstown van Auckland is.                    (2)

       2.3.4 Gee EEN moontlike rede waarom daar gesê word dat as jy per motor van
             Queenstown na Auckland wil reis, die roete ŉ veerboot of ŉ boot sal insluit.         (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      9

VRAAG 3

3.1      Juffrou J. Nolan bak brownies met die bestanddele en inligting wat op BYLAE B
         gegee word. Sy wil 16:45 klaar met die gebak wees. Sy kan slegs een baksel
         brownies op ŉ slag bak. Terwyl ŉ baksel in die oond is, berei sy die volgende baksel
         voor en plaas dit in die oond sodra die vorige baksel uitgehaal word.

         Gebruik die inligting op BYLAE B om die vrae hieronder te beantwoord.

         3.1.1 Juffrou Nolan wil graag 80 brownies bak. Bepaal die aantal baksels wat sy
               moet bak.                                                                           (2)

         3.1.2 Bereken hoe laat sy moet begin om die eerste baksel brownies voor te berei
               om betyds met die gebak klaar te wees.                                              (6)

         3.1.3 Herlei die baktemperatuur na grade Celsius (°C), afgerond tot die naaste 10
               grade.

                Jy mag die formule gebruik: ℃ = (℉−32) ÷ 1,8                                       (3)

         3.1.4 Juffrou Nolan het net 21 blokke botter. Verifieer of die botter wat sy het vir
                                      2
               80 brownies voldoende is.                                                           (8)

3.2      Juffrou Nolan gebruik ŉ vierkantige bakpan met afmetings van 8 duim by 8 duim.
         Sy sny die brownies in die bakpan in 16 ewe groot blokke.

         LET WEL: 1 duim = 2,54 cm

         Jy mag die formule gebruik: Oppervlak van vierkant = sy × sy

         3.2.1 Bereken die boonste oppervlakte van een van die vierkantige blokkies
               brownies in cm2.                                                                    (6)

         3.2.2 Slegs 80% van die 80 brownies is verkoop. Skryf die getal wat oorgebly het        ((4)(
               neer.                                                                              ((4)

         3.2.3 Skryf, in vereenvoudigde verhoudingsvorm, die verhouding aantal brownies
               verkoop tot aantal brownies wat oorbly.                                            (3)
                                                                                                 [32]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4

4.1     Benjamin en Jody se gunsteling motorsport is Formule Een-wedrenne. Die volgende
        Formule Een Grand Prix wat hulle wil bywoon, vind in Italië plaas.
        BYLAE C wys die renbaan vir Autodrom Nazionale Monza-baan in Italië waar die
        Formule Een-wedren sal plaasvind.

        Gebruik BYLAE C om die vrae wat hieronder volg, te beantwoord.

        4.1.1 Bereken die afstand wat na 35 voltooide rondtes afgelê is.                          (3)

        4.1.2 Die kaartjieverskaffer het aangedui dat hoofpawiljoen sitpleknommers
              18, 21 en 4 beskikbaar is. Benjamin en Jody besluit om kaartjies vir die hoof-
              pawiljoen 4 te koop.
              Verskaf EEN moontlike rede vir hul keuse.                                           (2)

        4.1.3 Skryf neer watter hoofpawiljoen noordoos van die beginlyn geleë is.                 (2)

4.2     Lewis Hamilton, ŉ Formule Een-renjaer, het gedurende 2020 ŉ nuwe rondterekord
        in die Autodrom Nazionale Monza-baan in Italië opgestel. Sy rekordtyd rondtetyd
        (in minute en sekondes) was 1 min : 18, 887 sek.
        In die 2022 Grand Prix was Max Verstappen se gemiddelde rondtetyd 1 min:27 sek.

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        4.2.1 Bepaal die verskil in tyd tussen Lewis Hamilton en Max Verstappen. Rond
              jou antwoord tot die naaste sekonde af.                                             (3)

        4.2.2 Bereken tot die naaste meter per sekonde die gemiddelde spoed wat Lewis
              Hamilton behaal het in die een rondte waar hy die rekord opgestel het.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Afstand = Spoed × Tyd                                                             (5)

4.3     Die volgende riglyne hou verband met die reëls rakende die gewig van die Formule
        Een-renmotor:
        • Die renmotor weeg 2002,14 pond, insluitend die bestuurder en brandstof.
        • Lewis Hamilton, die bestuurder van die Mercedes-renmotor, weeg 73 kg
        • Sy lengte is 1 740 mm
        • Die brandstof in ŉ renmotor weeg 110 kg
        LET WEL: 1 kg = 2,205 pond
                                Gewig in kg
                     LMI =
                              ( Hoogte in m)2

        4.3.1 Bepaal Lewis Hamilton se liggaamsmassa-indeks (LMI). Rond jou antwoord
              af na TWEE desimale plekke.                                                         (4)

        4.3.2 Jody sê die gemiddelde gewig van die Mercedes-renmotor is 790 kg terwyl
              Benjamin sê dat die gemiddelde gewig 750 kg is. Verifieer, deur alle
              berekeninge aan te toon of die stellings geldig is.                                 (6)
                                                                                                 [25]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                           11

VRAAG 5

5.1      Die Lewenswetenskap-onderwyser doen navorsing oor bye. Hy fokus hoofsaaklik op
         die drie soorte heuningbye, naamlik die werkerheuningby, koninginheuningby en die
         hommelheuningby. As deel van sy navorsing bou hy skaalmodelle van die
         heuningbye.
         Op BYLAE D is ŉ prentjie van die modelle wat hy bou.
                                                          [Bron: https://www.pinterest.com.honeybees]

         Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

         5.1.1 ŉ Koninginby is ongeveer 2 cm in lengte. Die lengte van die onderwyser se
               model is 23 duim.

                (a)    Toon aan dat die model wat die onderwyser gebou het 29 keer groter
                       as die werklike by is.

                       LET WEL: 0,5 duim = 12,7 mm                                                       (5)

                (b)    Skryf die verhoudingskaal vir hierdie vergroting neer.                            (2)

         5.1.2 ŉ Heuningby vlieg teen ŉ gemiddelde spoed van 24 km/h en sy vlerke klap
               200 keer per sekonde wat hul kenmerkende gons veroorsaak. Wys deur middel
               van berekeninge dat die by se vlerke 300 000 keer sal klap as die by
               10-kilometer vlieg.                                                                       (5)

5.2      Landskapsghoeroes wys die boonste aansig van ŉ botaniese tuin in die vorm van ŉ
         trapesium. Daar is ŉ sirkelvormige watertenk met ŉ deursnee van 1,5 m in die tuin.

                                                 12 m

                                                                 4m
                                                  1,5 m

                                                 6m

                                                                  [Aangepas uit New Era Exam guide]
         Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

         5.2.1 Bereken die omtrek van die botaniese tuin.                                                (2)
         5.2.2 Bepaal die oppervlakte wat deur die groentetuin opgeneem word, uitgesonderd
               die watertenk oppervlakte. Jy mag die volgende formules gebruik:
                                             𝟏
                Oppervlak van driehoek = 𝟐 × basis × hoogte;
                Oppervlak van reghoek = lengte × wydte
                Oppervlak van sirkel   = 𝝅 × (radius )2 ; waar 𝝅 = 3,142                                 (8)
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

12                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

       5.2.3 Die volume van die watertenk is 8,84 cm3. Bereken die hoogte van die
             sirkelvormige watertenk afgerond tot die naaste m.                                   (5)

               Jy mag die volgende formule gebruik:
               Volume van watertenk = 𝝅 × (radius )2 × hoogte; waar 𝝅 = 3,142

5.3    By ŉ funksie is ŉ heliumballon met die nommer van die sitplek aan elke stoel geheg.
       Daar was 60 rooi ballonne, 240 wit ballonne en 360 pienk ballonne.

       Binne 10% van die pienk ballonne was ŉ stuk papier in die vorm van ŉ hart. Elke
       leerder aan wie se stoel ŉ pienk ballon geheg was, het ŉ gratis roos ontvang.

       LET WEL:      ŉ Heliumballon is ŉ ballon wat met helium gevul is en in die lug opstyg
                     as dit nie gehou word nie.

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

       5.3.1 Die volgende boomdiagram is geteken om die inligting te vereenvoudig.

                                             Rooi (60)

                            (A)
                          ballonne           Wit (240)
                                                                      (B)
                                                                      hart

                                           Pienk
                                              (360)                  (C)
                                                                    Geen hart

               (a)   Bepaal die aantal ballonne by elk van die volgende letters; A, B en C.       (5)

               (b)   Skryf die waarskynlikheid neer om lukraak ŉ ballon te kies en wat ŉ
                     hartvormpapier in het.                                                       (2)

       5.3.2 Bepaal in vereenvoudigde breukformaat, die waarskynlikheid om ŉ gratis roos
             te ontvang.                                                                          (3)
                                                                                                 [37]

                                                                                TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
