# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2019-afrikaans/01c2a16c-bd8b-419f-9b49-9568bc165df4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2019-afrikaans/01c2a16c-bd8b-419f-9b49-9568bc165df4)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                                SEPTEMBER 2019

              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye; insluitend ŉ 6-bladsy addendum en ŉ 1 bladsy
                                            antwoordblad.

### Page 2

2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.    Gebruik die ADDENDUM met BYLAE vir die volgende vrae:

       BYLAE A vir VRAAG 1.1
       BYLAE B vir VRAAG 1.3
       BYLAE C vir VRAAG 2.1
       BYLAE D vir VRAAG 4.1
       BYLAE E vir VRAAG 4.2

       Skryf jou NAAM en GRAAD in die voorsiende spasie op die ANTWOORDBLAD vir
       VRAAG 3.2.5. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK
       in.

 3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       word.

 4.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

 5.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 6.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 7.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 8.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslike volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

 9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            3

 VRAAG 1

 1.1   Ayryn het in 2018 ŉ huis gekoop. Sy het besluit om ŉ leningsmodel vir die duur van die
       leningsperiode op te trek soos in BYLAE A getoon (sommige inligting is weggelaat).
       Gebruik die inligting in BYLAE A (TABEL 1) om die onderstaande vrae te beantwoord.

       1.1.1 Toon, met berekeninge, hoe die rente bedrag van R6 088,06 vir maand 3 bereken
             was.                                                                                        (3)

       1.1.2 Die bank gebruik die volgende Huislening Faktortabel om die maandelikse
             terugbetalings op huislenings te bereken:

                                  TABEL 2: Huislening Faktortabel 2018

                                                           Jare
                                      5       10      15          20     25        30
                        Rente %                         Faktor
                          9,00%     20,76    12,67 10,14      9,00      8,39      8,05
                          9,25%     20,88    12,80 10,29      9,16      8,56      8,23
                          9,50%     21,00    12,94 10,44      9,32      8,74      8,41
                          9,75%     21,12    13,08 10,59      9,49      8,91      8,59
                         10,00%     21,25    13,22 10,75      9,65      9,09      8,78
                         10,25%     21,37    13,35 10,90      9,82      9,26      8,96
                                              [Aangepas vanaf http://capetownproperty.blaauwberg.net]

               Gebruik TABEL 2 hierbo saam met TABEL 1 in BYLAE A en toon hoe die
               maandelikse terugbetaling bereken was.

               LET WEL:
                 Maandelikse terugbetalings word bereken deur die huisleningsbedrag
                 deur 1 000 te deel en met die faktor te vermenigvuldig.
                 Die faktor wat gebruik word hang af van die aantal jare en die
                 rentekoers.                                                                             (3)

       1.1.3 Bereken die eindsaldo vir maand 3.                                                          (2)

       1.1.4 Ayryn beweer dat as sy ŉ korter leningsperiode gekies het, sou haar maandelikse
             terugbetaling minder gewees het. Verwys na die leningsfaktortabel en verduidelik
             kortliks, sonder berekeninge, of Ayrun se bewering geldig is of nie.             (3)

       1.1.5 ŉ Vriend vertel vir Ayryn dat na 119 maande se terugbetalings, dan sal sy alreeds
             R15 000 meer as die oorspronklike huislening afbetaal het. Verifieer, met die
             nodige berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                                       (5)

       1.1.6 Watter effek sal ŉ verhoogde maandelikse terugbetaling op die totale rente wat sy
             aan haar huislening moet betaal, hê?                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.2   Ayryn wil een van haar kamers uitbrei (groter maak). Die uitbreiding sal 2 meter by
       2 meter wees. Die bouer moet die betonvloer lê voordat die bouery kan begin. Die
       bouer sal die aanwysings hieronder as ŉ riglyn gebruik.

                                                                      [Bron: http://pinterest.com]
       Die hoogte van die betonvloer is 300 mm.

       1.2.1 Bereken die volume van die betonvloer in kubieke meter (m3) wat met
             betonmengsel gevul moet word.

               Jy mag die formule gebruik:
               Volume = Lengte × Breedte × Hoogte                                                     (3)

       1.2.2 Bepaal hoeveel sakke sement gebruik moet word vir die volume wat in
             VRAAG 1.2.1 bereken is.                                                                  (4)

       1.2.3 Nadat die bouery van die kamer klaar was, moet Ayryn die binnemure laat
             verf. Die verwer het aangedui dat twee lae verf benodig sal word.
                Die buite-oppervlakte van die kamer wat geverf moet word, is 15 m2.
                8% meer verf word benodig.
                Die spreidingskoers is 5 m2 per liter.
             Bereken hoeveel 5-liter blikke verf gekoop moet word.                                    (4)

 1.3   Die grafiek in BYLAE B toon die voorspelling van die Suid-Afrikaanse gemiddelde
       huispryse se vooruitskatting tot 2020.
       Gebruik die grafiek (BYLAE B) om die volgende vrae te beantwoord.

       1.3.1 Dit word voorspel dat die prys van ŉ gemiddelde huis in Suid-Afrika met 5%
             in 2015 en met 4% daarna tot 2020 gestyg het.
             Gebaseer op die bogenoemde voorspelling, bereken die prys van ŉ gemiddelde
             huis vir 2016.                                                                           (4)

       1.3.2 Bereken die persentasie verandering in die prys van ŉ gemiddelde huis in Suid-
             Afrika vir die periode soos aangedui in die grafiek. Gee jou finale antwoord tot
             die naaste persentasie.                                                                  (4)
                                                                                                     [37]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                           5

 VRAAG 2

 2.1   Gustav, ŉ 52-jaar oue werknemer, getroud met 2 kinders, ouderdomme 10 en 16 jaar
       onderskeidelik verdien ŉ bruto jaarlikse salaris van R401 137,75. Hy dra 7,5% (nie-
       belasbaar) van sy jaarlikse salaris aan ŉ pensioenfonds by. Hy dra ook by tot ŉ
       mediese fonds skema vir die hele familie.
       Gebruik die Belastingtabel vir die 2018–2019 finansiële jaar in BYLAE C om die vrae
       wat volg te beantwoord.

       2.1.1 Bereken Gustav se belasbare inkomste vir die 2018–2019 finansiële jaar.                     (3)

       2.1.2 Vir 11 maande betaal Gustav R2 500 per maand vir sy 10-jarige en R3 200 per
             maand vir sy 16-jarige aan skoolfooie.

               Hy beweer dat met die belasting wat hy vir die jaar betaal, kon hy sy kinders se
               skoolfooie betaal het. Toon, met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig
               is of nie.                                                                                (9)

 2.2   Sipho onderrig Sosiale Wetenskappe aan graad 9 leerders by sy skool. Hy gebruik die
       onderstaande sirkeldiagramme om te wys hoe die bevolkingspersentasies in
       Suid-Afrika volgens die verskillende rassegroepe verander het. Die sirkeldiagramme
       stel 1911 en 2004 onderskeidelik voor. Bestudeer die sirkeldiagramme hieronder om
       die onderstaande vrae te beantwoord.

                                                                          [Bron: http://reddit.com]

       2.2.1 Bepaal die waarskynlikheid dat ŉ persoon, ander as Swart, willekeurig vanaf
             die 2004 bevolking gekies word.                                                             (2)

       2.2.2 Bereken die verskil in die totale Swart bevolking tussen 1911 en 2004 in
             Suid-Afrika.                                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

         2.2.3 Die persentasie Kleurling bevolking is dieselfde in 1911 en 2004. Toon, met
               die nodige berekeninge, of die aantal Kleurling bevolking dieselfde in die
               twee jare is.                                                                         (3)

         2.2.4 Lewer kommentaar oor die tendens tussen die Swart- en Indiër-
               bevolkingsgroepe oor hierdie periode.                                                 (2)

    2.3 Die graad 12 klas van 2019 het ŉ afskeidsfunksie om te reël. Elke leerder moet R300
        bydra. Daar is 25 paartjies en 17 enkellopers.
        Die organiseerders het twee kwotasies soos volg gekry:
        Opsie 1: R1 500 vir die saal en R250 per persoon vir die maaltyd
        Opsie 2: R270 per persoon vir die enkeles en 4% minder vir paartjies per persoon

         2.3.1 Bepaal die aantal persone wat die afskeid sal bywoon.                                 (2)

         2.3.2 Die organiseerders beweer dat indien hulle Opsie 1 in plaas van Opsie 2 kies,
               sal hulle meer geld oor het om op foto’s te spandeer. Verifieer, met die nodige
               berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                                       (8)
                                                                                                   [36]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         7

 VRAAG 3

 3.1   Hieronder is ŉ uittreksel van ŉ kaart wat die ligging van twee lughawens in
       Duitsland, Frankfurt-Hahn en Frankfurt lughawens aandui. Bestudeer die kaart en
       beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                  [Aangepas]

       3.1.1 In watter algemene rigting is Neuwied vanaf Mainz?                                      (2)

       3.1.2 Bereken die werklike afstand in myl tussen die twee lughawens. Gee jou finale
             antwoord tot DRIE desimale plekke.                                                      (4)

       3.1.3 Skryf die skaal van die kaart as ŉ eenheidsverhouding (1: …) tot die naaste
             miljoen.

               Jy mag die volgende omskakeling gebruik:
               1 myl = 1,609 kilometer                                                               (4)

       3.1.4 Gee EEN moontlike rede waarom lughawens oor die algemene weg van
             residensiële gebiede geleë is.                                                          (2)

       3.1.5 Op watter pad, aan die westelike kant, sal jy reis vanaf Worms na Koblenz?              (2)

       3.1.6 Die reisafstand vanaf Worms na Koblenz is 78 myl.
             Judith beweer dat indien sy Koblenz om 7:20 verlaat en teen ŉ gemiddelde
             spoed van 40 myl per uur reis, sal sy betyds vir haar onderhoud om 09:15 in
             Worms wees. Toon, met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of
             nie

               Jy mag die volgende formule gebruik:
               Afstand = Spoed × Tyd                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                               (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.2   Kenneth beplan om Judith in Frankfurt te besoek. Judith stuur hom die gemiddelde
       jaarlikse minimum en maksimum temperature vir Frankfurt soos hieronder getoon.
         Maand  Jan Feb Mar Apr Mei Jun                         Jul Aug Sep Okt Nov Des
        Minimum
         in °C   A   -1  2   4   9   12                         13   13     10      6     2      -1

       Maksimum            3    6         10   14   19     22   24   24     19     13     7      4
         in °C
                                                                [Aangepas vanaf http://lh-travelguide.com]

       Bestudeer die inligting hierbo en beantwoord die vrae hieronder.

       3.2.1     Die omvang van die data vir die minimum temperature is 15 °C. Bepaal die
                 laagste waarde wat deur A aangedui word.                                                     (3)

       3.2.2     Judith het twee foute gemaak om die mediaan van die maksimum
                 temperature te bereken. Die volgende is haar berekening:

                                22 + 24
                 Mediaan =
                                      2
                               = 34

                     (a)   Identifiseer Judith se foute.                                                      (2)
                     (b)   Bereken die mediaan.                                                               (2)

       3.2.3     Kenneth noem dat hy koue haat. Adviseer hom met ŉ rede watter maande
                 hy Judith moet besoek.                                                                       (3)

       3.2.4     Bepaal die waarskynlikheid dat die minimum temperatuur groter as minus
                 1 °C, maar kleiner en gelyk aan 9 °C sal wees. Gee jou finale antwoord as ŉ
                 desimale breuk tot DRIE desimale plekke.                                                     (3)

       3.2.5     Die lyngrafiek vir die maksimum temperature is op ANTWOORDBLAD 1
                 geteken. Gebruik dieselfde assestelsel om die lyngrafiek vir die minimum
                 temperature te teken.                                                                        (5)
                                                                                                             [39]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                           9

 VRAAG 4

 4.1   Jona wil sy eie warmlugballon bou. Hy volg die illustrasies soos in BYLAE D
       aangedui.

       4.1.1 Diagram R is slegs ŉ gedeelte van Diagram Q. Bepaal die totale oppervlakte
             van die materiaal waarvan die warmlugballon gemaak is.

               Jy mag die volgende formules gebruik:
               Oppervlakte van ŉ reghoek = Lengte × Breedte
                                              𝟏
               Oppervlakte van ŉ driehoek = × basis × hoogte                                            (8)
                                               𝟐

       4.1.2 Gee ŉ rede waarom daar ŉ oorvleueling van 3 mm aan die kante soos
             geïllustreer in Diagram T moet wees.                                                       (2)

       4.1.3 Verduidelik kortliks wat Jona met die warmlugballon in Diagram T en
             Diagram U moet doen.                                                                       (2)

       4.1.4 Skryf die funksie van die haardroër in Diagram V neer.                                     (2)

 4.2   Jona wil ŉ rit in ŉ warmlugballon hê. Hy het navorsing gedoen en op ŉ illustrasie soos
       aangetoon in BYLAE E afgekom. Dit toon hoe warmlugballonne afhangende van die
       temperatuur styg.

       4.2.1 Gebruik BYLAAG E om die verwantskap tussen temperatuur van ŉ
             warmlugballon en die styging van die warmlugballon te beskryf.                             (4)

       4.2.2 Die tabel hieronder toon die digtheid van lug by seevlak vir verskillende
             temperature van die warmlugballon.

                                        Lugdigtheidstabel
                       Temperatuur in ℃                     Lugdigtheid kg/m3
                               0                                  1,293
                              10                                  1,247
                              20                                  1,204
                              30                                  1,165
                              40                                  1,128
                              80                                  1,000
                              90                                  0,972
                             100                                  0,946
                                                                      [Bron: http://buoyancy.png]

               Met verwysing na die tabel hierbo en BYLAAG E om die volgende vraag te
               beantwoord.
               Bepaal die styging van warmlugballon B.

               Jy mag die volgende formule gebruik:
               Styging = (Lugdigtheid buite die warmlugballon – Lugdigtheid binne die
               warmlugballon) × Volume van die warmlugballon                                            (7)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/SEPTEMBER 2019)

       4.2.3 Die instrukteur het warmlugballonne met verskillende kleure. Drie-en-dertig
             groen, agt oranje, negentien pienk, een-en-twintig rooi en twaalf blou. Bepaal
             die waarskynlikheid dat Jona willekeurig ŉ warmlugballon sal kies wat óf
             groen óf blou vir sy rit sal wees. Gee jou finale antwoord as ŉ gewone breuk in
             die eenvoudigste vorm.                                                                  (3)

 4.3   Jona en drie vriende wil Cappadocia, ŉ historiese gebied in Sentraal-Anatolia in
       Turkye, besoek waar hulle ook in warmlugballonne sal reis. Hulle het die koste vir
       hulle akkommodasie en die koste vir die warmlugballonritte ondersoek, om ŉ idee van
       die koste te kry.
       Hulle ontvang die volgende inligting:
       Akkommodasie: R1 030 per persoon per nag
       Warmlugballonritte: R750 per persoon per rit

       LET WEL:
       Hulle teken in op Maandag (15 April 2019) en teken uit op Vrydag (19 April 2019).
       Groepbesprekings vir die warmlugballonritte vir 4 persone sal teen ŉ afslag van 15%
       per persoon gevra word.

       Gebruik die inligting hierbo om te bereken hoeveel Jona en sy vriende in totaal vir
       akkommodasie en een warmlugballonrit sal betaal, indien hulle as ŉ groep bespreek.
       Gee jou finale antwoord in Turkse Lira.

       Wisselkoerse soos op 08 Februarie 2019:

          1$ (Amerikaanse Dollar) = 5,25 Turkse Lira
                1$ (Amerikaanse Dollar) = 13,63 ZAR (Suid-Afrikaanse Rand)
                                                                       [Bron: http://ferates.com]   (10)
                                                                                                    [38]

                                                                                   TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                 11

ANTWOORDBLAD 1: VRAAG 3.2.5

NAAM en VAN: ………………………………………………………………….

Graad 12: …………..

                      Gemiddelde Minimum en Maksimum temperature in Frankfurt
                 30

                 25

                 20

                 15

   Temperatuur
                 10

                  5

                  0
                      Jan   Feb   Mrt   Apr   Mei   Jun   Jul   Aug   Sept   Okt   Nov      Des

                 -5
                                                    Maande

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
