# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2020-afrikaans/6d825d33-14e6-49b2-bae1-b51b4cbf58ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2020-afrikaans/6d825d33-14e6-49b2-bae1-b51b4cbf58ff)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2020

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende 1 antwoordblad en ŉ
                                 addendum met 3 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

    2.    Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

          BYLAE A vir VRAAG 1.2,
          BYLAE B vir VRAAG 2.4 en
          BYLAE C vir VRAAG 3.1

          Gebruik ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 4.3.4. en handig dit met jou
          ANTWOORDEBOEK in.

    3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik word.

    4.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik
          word, tensy anders aangedui.

    5.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

    6.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
          aangedui.

    7.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

    8.    Rond AL jou finale antwoorde af volgens die gegewe konteks wat gebruik word,
          tensy anders aangedui.

    9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                                 3

 VRAAG 1

 1.1     Zulegha het ŉ spysenieringsdiens (catering service) en het ŉ bestelling om éclairs
         te maak. Hieronder is die resep wat sy gaan gebruik om die éclairs te maak.

                                  Resep vir Eclairs (1 Beslag maak 25)

                          Bestanddele                     Metode vir voorbereiding (25 minute)

          250 mℓ water                                    1.    Kook water en olie in ŉ pot.
          125 mℓ olie                                     2.    Verwyder pot van hitte, voeg
          250 mℓ koekmeel                                       koekmeel by en meng.
          3 eiers                                         3.    Hou aan meng oor lae hitte totdat
                                                                die mengsel balvormig is en die
                                                                kante van die pot skoon is.
                                                          4.    Plaas die balvorm in ŉ mengbak
                                                                en laat afkoel.
                                                          5.    Wanneer afgekoel, klits eiers een
                                                                op ŉ tyd in. (meng goed na elke
                                                                byvoeging)
                                                          6.    Skep lepelsvol van die mengsel
                                                                op ŉ bakplaat.

          Bak in verhitte oond teen 180 °C vir 45 minute.

          You may use the following:

          250 mℓ = 1 koppie
          Koekmeel: 5 mℓ → 3 g
                                [Bron: Boeka treats: A Compilation of Breads, Biscuits, Cakes and Pastries]

         1.1.1       Bepaal hoeveel koppies olie gebruik sal word indien Zulegha 3 baksels
                     éclairs wil maak.                                                                         (3)

         1.1.2       Bepaal die totale koste vir die eiers vir 1 beslag éclairs indien Zulegha ŉ
                     dosyn eiers teen R14,99 gekoop het.                                                       (4)

         1.1.3       Zulegha se vriendin, Najmie, in Qatar het haar vertel dat sy haar
                     oondtemperatuur op 330 °Fahrenheit gestel het om die éclairs te bak.
                     Gebruik die volgende formule om te wys dat haar oondtemperatuur 26°F
                     laer as die vereiste temperatuur is.

                     °Fahrenheit = 1,8 × °Celsius + 32°                                                        (2)

         1.1.4       Zulegha het ŉ groot bestelling vir 9 baksels éclairs wat teen 7:30 nm gereed
                     moet wees. Sy beweer dat, indien sy teen 09:15 begin, sal die bestelling
                     gereed wees. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig
                     is of nie.                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

        1.1.5 TABEL 1: HOEVEELHEDE BESTANDDELE EN BESKIKBAARHEID
                       IN WINKELS
                Bestand-   Aantal  Beskikbaar- Prys in  Koste per
                  deel     benodig heid in     winkels bestanddeel
                                   winkels             wat benodig
                                                       word vir die
                                                          resep
               Koekmeel    250 mℓ     2,5 kg   R21,99       A
                  Olie     125 mℓ      2 liter R35,99       B
                 Eiers        3       Dosyn    R14,99       C

                Gebruik TABEL 1 hierbo om die ontbrekende waardes A, B en C te bereken
                en verifieer, met die nodige berekeninge, dat die werklike koste vir die
                bestanddele om 9 baksels te maak, meer as R76,00 is.                          (9)

1.2     Bestudeer die vloerplan van Zulegha se kombuis, BYLAE A en beantwoord die
        vrae wat volg.

        Jy mag die volgende gebruik:
        1 voet = 0,3048 m
        1 duim = 2,54 cm

        1.2.1 Bereken die lengte van die kombuisvloer in meter.                               (6)

        1.2.2 Identifiseer die tipe aansig wat deur die beeld langsaan die vloerplan
              voorgestel word en gee ŉ rede vir jou antwoord.                                 (3)

        1.2.3 Behalwe die woonkamer in ŉ huis, word die kombuis as die mees
              toeganklikste kamer in ŉ huis gesien. Verskaf TWEE redes waarom ŉ
              kombuis as die mees toeganklikste kamer gesien word.                            (4)
                                                                                             [37]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        5

VRAAG 2

2.1    Mev. Lingham het ŉ fabriek waar koffiebekers gemaak word en as gevolg van die groot
       aanvraag, het sy besluit om ŉ tweede fabriek oop te maak.
       Mev. Lingham het nie genoeg geld om die tweede fabriek te begin nie en het besluit
       om ŉ lening van R280 000 vanaf ŉ finansiële instelling te kry.

       Sy is die volgende twee opsies aangebied wat oor ŉ periode van 35 maande afbetaal
       moet word.
       Opsie 1: Enkelvoudige Rente teen 9,75% per jaar en gebruik die volgende formule:
       Rente = Bedrag geleen × Rentekoers × Aantal jare

       Opsie 2: Saamgestelde Rente teen 8,25% per jaar wat jaarliks saamgestel word.

       2.1.1 Bereken die rente wat sy op die Enkelvoudige Rente Opsie sal betaal.                   (3)

       2.1.2 Gee raad aan mev. Lingham oor watter opsie sy moet kies indien sy minder
             rente wil betaal. Toon alle berekeninge.                                               (7)

2.2    Na die tweede fabriek aan die gang was, het sy die produksie van die twee fabrieke
       vir die jaar vergelyk. Sy het snor-en-baarddiagramme gebruik.

       Gebruik die snor-en-baarddiagramme om die onderstaande vrae te beantwoord.

                                       Produksie in duisende

               Fabriek 1

               Fabriek 2

           0      10       20   30       40    50      60      70      80     90        100

       2.2.1    Verduidelik watter fabriek het die swakste gevaar in terme van produksie,
                indien die mediaan en interkwartiele vergelyk word.                                 (8)

       2.2.2    Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 2.2.1, dink jy dit was ŉ goeie idee
                van mev. Lingham om die produksie van die twee fabrieke te vergelyk?                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.3     Me. Lingham het haar werkers beveel om die koffiebekers in bokse te pak. Die
         afmetings van die koffiebekers en bokse word hieronder gegee.

                   Afmetings van boks:                    Afmetings van koffiebeker:
          Lengte = 310 mm                              Radius = 39 mm
          Breedte = 220 mm                             Hoogte = 94 mm
          Hoogte= 150 mm

         2.3.1       Toon aan dat die hoogte van die koffiebeker 62,7% van die hoogte van die
                     boks is.                                                                        (2)

         2.3.2       Mev. Lingham beweer dat 66 koffiebekers in 10 bokse sal pas. Verifieer,
                     met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie.                  (8)

 2.4     BYLAE B toon een van die roetes wat mev. Lingham vir haar aflewerings gebruik.
         Gebruik BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.

         2.4.1       Verskaf die TWEE algemene rigtings wat die trokbestuurder vanaf Port
                     Elizabeth via Kokstad na die Sani-gastehuis (lodge) sal volg.                   (4)

         2.4.2       Toon aan dat die waarskynlikheid om ŉ nasionale pad te gebruik vir die
                     roete vanaf Port Elizabeth via Kokstad na die Sani-pas vir die vervoer van
                     ŉ vrag, 25% is.                                                                 (2)

          2.4.3      Op pad vanaf Port Elizabeth na die Sani-gastehuis (lodge), naby Oos-
                     Londen, ontvang die bestuurder ŉ oproep dat daar ŉ protesaksie op die N2
                     in Mthatha is. Adviseer die bestuurder oor watter roete(s) hy moet volg om
                     Mthatha te vermy.                                                              (3)
                                                                                                   [39]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        7

 VRAAG 3

 3.1     Yamkela, ŉ werker, wat 64-jaar oud is, ontvang ŉ bruto salaris van R37 537,75 per
         maand.

         LET WEL:
                           Hy dra 7,5% per maand tot die Staatsdiens pensioenfonds (GEPF)
                            by wat nie-belasbaar is nie.
                           Hy dra ook R575 per maand by tot ŉ liefdadigheidsorganisasie wat
                            nie-belasbaar is nie.

         BYLAE C toon die 2019/2020 Belastingtabel. Gebruik BYLAE C om die
         onderstaande vrae te beantwoord.

         3.1.1       Toon hoe die aanvanklike belasting van R35 253 in Belastingkategorie
                     No. 2 bereken is.                                                               (2)

         3.1.2       Bereken die totale bedrag wat Yamkela per jaar aan pensioen en donasies
                     betaal.                                                                         (5)

         3.1.3       Daarna, bereken Yamkela se jaarlikse belasbare inkomste.                        (3)

         3.1.4       Verifieer, met die nodige berekeninge, dat Yamkela se belasting wat hy per
                     maand betaal meer as R6 850 is.                                                 (7)

         3.1.5       Verduidelik waarom mense 75 jaar en ouer minder belasting betaal as mense
                     jonger as 75 jaar.                                                              (2)

         3.1.6       Die maandelikse bruto salaris van Yamkela het met 6,4% in 2019 verhoog.
                     Bereken wat sy bruto salaris in 2018 was.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.2     Yamkela is ook ŉ rugbyafrigter in sy gemeenskap. Hy is opsoek na ŉ onder-19
         rugbyspan. Hy gebruik die volgende inligting wat hy vanaf die skole se databasis in
         sy omgewing gekry het vir rugbyspelers volgens hul ouderdomme.

         TABEL 2: OUDERDOMME EN AANTAL SEUNS
                   Ouderdomme                Aantal seuns
                       13 jaar                    8
                       14 jaar                    A
                       15 jaar                   13
                       16 jaar                   30
                       17 jaar                   15
                       18 jaar                    A
                   19 jaar en ouer               10

         3.2.1   Bepaal die waarde van A (aantal seuns), indien die inligting wat Yamkela
                 gekry het vir ŉ totaal van 90 seuns was.                                         (3)

         3.2.2   Bepaal die modale ouderdom van die data wat verkry was.                          (2)

         3.2.3   Yamkela se hulpafrigter beweer dat as daar na die data gekyk word, lyk dit
                 asof die gemiddelde ouderdom presies 16 jaar is. Verifieer, met die nodige
                 berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                                   (4)

         3.2.4   Om vir die onder-19 span te kwalifiseer, moet die seuns ouer as 14 jaar en
                 jonger as 19 jaar oud wees. Bepaal die waarskynlikheid dat ŉ seun wat
                 lukraak gekies word, die span sal haal. Skryf jou finale antwoord as ŉ
                 desimale breuk tot 3 desimale plekke.                                            (3)

         3.2.5   Yamkela se hulpafrigter beweer dat ouderdom nie die enigste kwalifiserende
                 faktor moet wees om nie vir die onder-19 rugbyspan gekies te word nie.
                 Ondersteun hierdie bewering met ŉ rede.                                          (2)
                                                                                                 [36]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            9

 VRAAG 4

 4.1     Bestudeer die volgende grafiek wat die wisselkoers tussen die Amerikaanse Dollar
         ($) en die Suid-Afrikaanse Rand (R) vanaf 11 Januarie 2020 tot 10 Februarie 2020
         voorstel.

                                                                    [Bron: https://www.x-rates.com/]
         LET WEL: Die vertikale as verteenwoordig die Randwaarde.

         VSA Dollar ($) = Verenigde State van Amerika
         ZAR (R) = Suid-Afrikaanse Rand

         4.1.1   Identifiseer, met ŉ rede, die waarde van die Suid-Afrikaanse Rand wat die
                 sterkste teenoor die Amerikaanse Dollar was.                                           (2)

         4.1.2   Zama beweer dat hy presies $100 meer sou gekry het toe die wisselkoers
                 14,983385 was as wanneer dit 14,398064 teenoor die dollar was.

                 LET WEL:        Zama se wisselwaarde is R40 830 en hy moet ŉ wisselfooi
                                 van 4,5% van die wisselwaarde betaal.

                 Verifieer, met die nodige berekeninge, of die stelling geldig is of nie.               (7)

         4.1.3 Verskaf TWEE moontlike redes waarom die wisselkoers van tyd tot tyd
               fluktueer.                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.2     Die volgende kaart toon ŉ kaart van die Verenigde State van Amerika sowel as ŉ
         uittreksel van Noord-Carolina. Die geskakeerde gebied op die kaart sowel as die
         vergrote gedeelte verwys na Noord-Carolina.

                                                              [Bron: https://www.istockphoto.com/]

         4.2.1 Verifieer, met die nodige berekeninge, dat die noordelike lyn van Noord-
               Carolina, gemerk A, op beide die kaart en die vergroting verskillende
               afstande in kilometer het.                                                             (7)

         4.2.2 ŉ Familie van vier gaan op ŉ 15-dag bootrit vanaf Noord-Carolina na Los
               Angeles.
                 ŉ Pakket soos volg is gegee:
                    Reisiger 1 en 2 betaal $670,36 per persoon.
                    Reisiger 3 en 4 betaal elk 23,9% van die bedrag van reisigers 1 en 2.
                    ŉ Addisionele koste van $188,64 per persoon word vir belasting en
                     hawediens gehef.
                 Bereken die totale bedrag wat die familie op die bootrit sal spandeer.               (6)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        11

4.3    Die volgende gemiddelde minimum- en maksimum temperature in °Fahrenheit was in
       Noord-Carolina gedurende 2018 opgeteken.

       TABEL 3: GEMIDDELDE MINIMUM- EN MAKSIMUM TEMPERATURE
                VAN NOORD-CAROLINA IN 2018
            Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sept Okt Nov Des
         Maks.    54    57     64    72     79     85    A    87     83     74     66      58

         Min.     34    36     42    50     59     67   71    70     65     53     44      36

       °Celsius = (°F – 32) ÷ 1,8

       4.3.1     Bepaal die waarde van A, die hoogste maksimum temperatuur, indien die
                 omvang van die maksimum data 34 °F is.                                                 (2)

       4.3.2     Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ŉ maand te kies waar die minimum
                 temperatuur tussen 36 °F en 60 °F is. Skryf jou finale antwoord tot die naaste
                 persentasie.                                                                           (3)

       4.3.3     ŉ Suid-Afrikaner beweer dat die minimum temperatuur in Noord-Carolina vir
                 Januarie laer as 0 °Celsius is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die
                 bewering geldig is of nie.                                                             (4)

       4.3.4     ŉ Lyngrafiek met die minimum temperature is alreeds op ANTWOORDBLAD
                 1 geteken. Gebruik dieselfde assestelsel om ŉ lyngrafiek vir die maksimum
                 temperature te teken.                                                                  (3)
                                                                                                       [38]

                                                                                   TOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2            (EC/SEPTEMBER 2020)

ANTWOORDBLAD 1

VRAAG 4.3.4

NAAM: ____________________________________________

GRAAD 12: ______

                                                    Gemiddelde Minimum- en Maksimum
                                                    temperature in Noord-Carolina in 2018
                                  100

                                  90

                                  80

                                  70

     Temperatuur in °Fahrenheit
                                  60

                                  50

                                  40

                                  30

                                  20

                                  10

                                   0
                                        Jan   Feb     Mar     Apr   Mei   Jun   Jul   Aug   Sep   Okt     Nov      Des
                                                                           Maande

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
