# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/0cfcc671-f579-40ab-8e88-0a9c0b5ad9b1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/0cfcc671-f579-40ab-8e88-0a9c0b5ad9b1)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2021

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ŉ addendum met 2 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

          BYLAE A vir VRAAG 2.1
          BYLAE B vir VRAAG 4.1

3.     Beantwoord AL die vrae.

4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       is.

5.     Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
       vermeld.

6.     Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

7.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.     Toon AL die berekeninge duidelik.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                              3

VRAAG 1

1.1      Suid-Afrikaners benodig die volgende tablette om hul immuunstelsels gedurende die
         winter te versterk. Die onderstaande prente toon twee soorte voorskrifte wat gebruik
         moet word, naamlik vitamien C en sinkkapsules:

                              [Bron: www.dischem.co.za]                    [Bron: www.clicks.co.za]

         Die onderstaande tabel toon die soorte essensiële vitamiene wat volwassenes daagliks
         inneem om hul immuunstelsel sterk te hou.

         TABEL 1: ESSENSIËLE VITAMIENE – HOEVEELHEID EN PRYS
             BOTTEL      HOEVEELHEID      KAPSULE PER       PRYS
                         PER KAPSULE       VOORSKRIF/
                                             BOTTEL
            Vitamiene C     1 000 mg            60         R99,95
                Sink          25 mg            120         R131,00

         LET WEL: Volwassenes gebruik daagliks 2 kapsules per voorskrif.

         Bestudeer die tabel hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         1.1.1       Skryf die verhouding Sink mg per tablet tot Vitamien C mg per tablet in ŉ
                     vereenvoudigde vorm.                                                                    (2)

         1.1.2       Bereken hoeveel milligram sink ŉ volwassene per week neem.                              (3)

         1.1.3       Mnr. Smith het die vitamien C-tablette op 28 Februarie 2021 gekoop. Hy
                     besluit om die medisyne vanaf die volgende dag daagliks te gebruik soos
                     voorgeskryf.
                     Bepaal op watter datum hy ŉ aanvulling van die vitamien C-tablette sal
                     benodig.                                                                                (3)

         1.1.4       Bepaal die totale aantal gram sink wat ŉ hele bottel sink bevat.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            4

1.2      Die onderstaande diagram toon ŉ vloerplan en ŉ aansigplan van ŉ plaashuis.
         Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

            NOORD-AANSIG                        WES-AANSIG                  OOS-AANSIG

                                                                                            N

           SUID-AANSIG                                 VLOERPLAN
                                                         [Aangepas uit www.commons.wikimedia.org]

         1.2.1       Verduidelik die betekenis van ‘Noord-aansig’ op die diagram.                         (2)

         1.2.2       Verwys na die diagram hierbo. Definieer die volgende terme onderskeidelik:

                     (a)   ŉ Vloerplan                                                                    (2)

                     (b)   ŉ Aansigplan                                                                   (2)

         1.2.3       Gebruik die skaal van 1 : 100 om die werklike lengte in sentimeter op die
                     plan te bepaal as die gemete lengte 5 cm is.                                         (2)

1.3      Mnr. Dudley, ŉ boer, reis een keer per week van sy plaas na die stad. Die afstand van
         die stad na sy plaas is 90 km. Hy beplan om 4 bokse teëls te koop om ŉ paar gebreekte
         teëls in sy kombuis te vervang.

         1.3.1       Skakel 90 km na mm om.                                                               (2)

         1.3.2       Bereken hoeveel teëls in EEN boks verpak word, as die oppervlakte van
                     1 teël 0,36 m2 is en die teëls teen 1,44 m2 per boks verkoop word.                   (2)

         1.3.3       Mnr. Dudley neem 1,125 uur om na die stad te reis. Skakel hierdie tyd om
                     na ure, minute en sekondes.                                                       (3)
                                                                                                      [26]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          5

 VRAAG 2

 2.1     Die Fisher-familie, bestaande uit die vrou, man en seun, is van plan om die feestyd
         saam met vriende in Gqeberha (Port Elizabeth) deur te bring en dan na Johannesburg
         te gaan.

            Die gesin sal per motor van Kaapstad na Gqeberha reis.
            Die gesin is van plan om ŉ ruskans van 60 minute in Mosselbaai te neem.
            Hulle vertrek op Vrydag om 08:00 vanaf Kaapstad en beplan om teen 17:30 in
             Gqeberha (Port Elizabeth) aan te kom.

         ŉ Kaart van Suid-Afrika en al die nasionale roetes word in BYLAE A getoon.

         Bestudeer die kaart op BYLAE A om die vrae wat volg te beantwoord.

         2.1.1       Skryf die name van TWEE dorpe op hul roete neer wat hulle tydens hul reis
                     na Port Elizabeth sal deur gaan.                                                   (2)

         2.1.2       Gee TWEE algemene rigtings wat gebruik word as jy van Kaapstad na
                     Johannesburg via Gqeberha (Port Elizabeth) reis.                                   (4)

         2.1.3       Noem TWEE voordele van die gebruik van nasionale paaie.                            (4)

         2.1.4       Gebruik die staafskaal op BYLAE A om die werklike afstand tussen
                     Kaapstad en Port Elizabeth te bereken. Toon AL die berekeninge. Gee jou
                     antwoord tot die naaste km.                                                        (4)

         2.1.5       Die Fisher-gesin ry teen ŉ gemiddelde snelheid van 100 km/h. Bewys aan
                     die hand van berekeninge of hulle Gqeberha op die beplande tyd sal kan
                     bereik.
                     Die volgende formule kan gebruik word:

                     Afstand = Gemiddelde Spoed x Tyd                                                   (7)

 2.2     Die prys van petrol is 1 642 sent per liter. Mnr. Fisher bestuur ŉ Jeep Wrangler met
         ŉ brandstofinhoud van 75 liter. Die Jeep het ŉ brandstofverbruik van 7,6 liter per
         100 km.

         2.2.1       Bereken die hoeveelheid petrol wat vir ŉ retoerreis na Gqeberha gebruik
                     gaan word.                                                                         (4)

         2.2.2       Bepaal die petrolkoste vir die retoerreis in rand (R) van Kaapstad na
                     Gqeberha (Port Elizabeth).                                                      (3)
                                                                                                    [28]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          6

VRAAG 3

3.1      Mnr. Johnathan en sy vrou het besluit om ŉ verjaarsdagpartytjie vir hul enigste dogter
         te hou. Hulle het ŉ twee-laag ronde sjokoladekoek gekoop by ŉ bakkery gekoop. Die
         deursnee van die onderste laag is 250 mm en die deursnee van die boonste laag is
         18 cm.

         Hieronder is die foto’s van ŉ twee-laag koek en ŉ reghoekige kartonboks:
            A

                                                                                               H

                           deursnee

         LET WEL:          Deursnee van koek (boonste laag) : 18 cm
                           Deursnee van koek (onderste laag) : 250 mm
                           Oppervlakte van sirkel = π × (radius)2

         Volume van ŉ reghoekige boks = ℓ x w x h
                               waar ℓ = lengte
                                    w = wydte
                                    h = hoogte

         LET WEL: 1 duim = 25,4 mm
                                                              [Uit www:corepack.co.za/store/cake]

         Verwys na die diagram hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         3.1.1       Bepaal A, die area (oppervlakte) wat op die boonste laag van die
                     sjokoladekoek in vierkante millimeter (mm2) aangedui word. Gee jou
                     antwoord tot die naaste hele millimeter.                                             (5)

         3.1.2       ŉ Lint sal om die omtrek van die onderste laagkoek gedraai word en moet
                     met 50 mm oorvleuel. Bereken die lengte van die lint in mm.

                     Gebruik die formule:

                     Omtrek = 2 ×  × radius waar  = 3,142                                               (4)

         3.1.3       Die volume van die reghoekige koekkartonboks is 42 000 cm3. Bepaal die
                     hoogte van die houer in cm.                                                          (4)

         3.1.4       Mnr. Johnathan se neef in Engeland beweer dat die deursnee van die onderste
                     laagkoek meer as 10 duim is. Verifieer met die nodige berekening of sy
                     bewering geldig is of nie.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          7

         3.1.5       Volgens die bakker is die hoogte van die onderste laag van die koek 64% van
                     die radius. Bereken die hoogte van die onderste laag in mm.                         (3)

         3.1.6       Die resep vir die sjokoladekoek benodig meel tot suiker in ŉ verhouding van
                     7 : 3. Bepaal die hoeveelheid koppies meel wat benodig word as 6 koppies
                     suiker gebruik word.                                                                (3)

         3.1.7       Die vrou van mnr. Johnathan beplan om ŉ soortgelyke sjokoladekoek met
                     een laag vir ŉ teepartytjie te bak. Sy het die resep van ŉ vriendin in die
                     Verenigde Koninkryk ontvang. Volgens die resep moet die oondtemperatuur
                     wanneer jy bak 365 °F (Fahrenheit) wees.

                     Bepaal die temperatuur in grade Celsius. Gee jou antwoord tot die naaste
                     10 grade Celsius.

                     Jy kan die volgende formule gebruik:

                     °C = (°F – 32°)  1,8                                                               (3)

 3.2     Mnr. Jonathan en sy vrou beplan om nog twee kinders te hê. Kyk na die onderstaande
         diagram:

                                                  Dogter      DDD
                                 Dogter           Seun        DDS
              Dogter
                                 P                Dogter      DSD
                                                  Seun        Z
                                                  Dogter      SDD
                                 Dogter           Seun        SDS
              Seun
                                 Seun             Dogter      SSD
                                                  Seun        SSS

         3.2.1       Identifiseer die tipe diagram hierbo.                                               (2)

         3.2.2       Skryf die toepaslike items vir P en Z neer.                                         (2)

         3.2.3       Bepaal die waarskynlikheid dat mnr. Johnathan en sy vrou:

                     (a)   Ten minste twee meisies kry (as ŉ breuk in vereenvoudigde vorm)               (3)

                     (b) Kry ŉ seun, dan ŉ meisie, dan ŉ seun (in persentasie)                        (2)
                                                                                                     [34]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                           8

 VRAAG 4

 4.1     BYLAE B toon die tekening van die vloerplan van ŉ goedkoop huis. Bestudeer die
         vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.

         4.1.1       Identifiseer die item wat jy sal vind wanneer jy die badkamer binnegaan.             (2)

         4.1.2       Skryf die aantal vensters wat suidwaarts kyk, neer.                                  (2)

         4.1.3       Bepaal die lengte van die binnekant van die badkamermuur (uitgesluit die
                     deur) wat nie gegee word nie, indien die deur 'n ruimte van 860 mm inneem.           (6)

 4.2     Die kombuis en badkamer moet geteël wees. Die vloerteël afmeting is
         500 mm x 500 mm. As jy teëls koop, moet jy 5% meer koop om voorsiening vir
         breekskade te maak. ŉ Teëlonderneming vra arbeidskostes van R8 186,09 en kan die
         teëls teen R249,90 per boks kry.

         Jy kan die volgende inligting gebruik:
          Oppervlakte = Lengte x Breedte
          Let daarop dat alle items soos die bad, stowe, kaste, ens. beweegbare artikels is
            en dat die teëlwerk op die plek waar dit geplaas word, gedoen word.

         Verwys na die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

         4.2.1       Bereken die totale oppervlakte in m2 wat geteël moet word.                           (9)

         4.2.2       Die boubestuurder het die stelling dat 150 teëls nodig is om die kombuis en
                     badkamer te teël, gemaak. Verifieer deur middel van ŉ berekening of sy
                     verklaring geldig is of nie.                                                         (7)

         4.2.3       ŉ Teëlonderneming het R24 795,00 vir die koste van teëls en arbeid gehef.
                     Die bestuurder van die goedkoop behuising beweer dat die prys van die
                     teëlmaatskappy buitengewoon hoog is.
                     Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bestuurder se bewering geldig
                     is of nie.

                     LET WEL: Elke boks het 4 teëls.                                                   (6)
                                                                                                      [32]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          9

 VRAAG 5

 5.1     ŉ Jong rugbyspeler is bekommerd oor sy gewig. Hy weeg homself voordat hy by ŉ
         gimnasium aansluit en bereken dat sy LMI (Liggaamsmassa Indeks) 25,1 kg / m2 is.
         Hy het ŉ hoogte/lengte van 175 cm. Die tabel hieronder toon die gewigstatus teenoor
         die LMI-reekse.

         TABEL 2: GEWIGSTATUS VOLGENS LMI
                LMI Reeks (Kg/m2)                               GEWIGSTATUS
                   Minder as 18,5                                 Ondergewig
                  Vanaf 18,5–24,9                                Normale gewig
                   Vanaf 25–30                                     Oorgewig
                    Meer as 30                                      Vetsug

         Verwys na die tabel hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         5.1.1       Gebruik die inligting hierbo om sy huidige gewig te bereken.

                     Jy kan die onderstaande formule gebruik:

                                    Massa in kg
                     LMI =
                             (Hoogte × Hoogte) in meter                                                  (4)

         5.1.2       Skryf die jong speler se huidige gewigstatus neer.                                  (2)

         5.1.3       Gee advies aan hom oor hoe hy sy LMI-status kan verbeter.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            10

5.2      Die kaart van Southwark-parkwedloop (‘park run’) renbaan word hieronder getoon.
         Hardlopers moet 3 rondtes voltooi om die wedloop te voltooi. ŉ Parkwedloop is ŉ
         afstand van 5 000 m. Op ŉ sekere Saterdag was Douglas Cameron die eerste wenner
         van die mans-afdeling met ŉ tyd van 15 minute en 45 sekondes. Sarah Caroll, ŉ mede-
         toeris in die park in Southwark-park, was die eerste vroue-wenner met ŉ tyd van 19
         minute en 30 sekondes vir die dames-afdeling.

         15 min 45 sek
         Wenner mans-afdeling

         19 min 30 sek
         Wenner vroue-
         afdeling

                                                                             Bron: parkrun.org.uk
         LET WEL: ŉ Rondte is EEN afstand rondom ŉ renbaan.

         Bestudeer die inligting en die kaart hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         5.2.1       As die totale afstand 5 000 m is, bepaal die lengte van 1 rondte in kilometer.         (3)

         5.2.2       Douglas Cameron was baie onfiks toe hy aan parkwedlope begin deelneem
                     het en het nie al sy rondtes aanvanklik voltooi nie. Hy beweer dat hy ŉ totale
                     afstand van 23,33 km afgelê het vir sy eerste vyf parkwedlope. Bewys deur
                     berekening of sy verklaring geldig is. Verwys na die tabel hieronder.
                     TABEL 3: OPSOMMING VAN DOUGLAS CAMERON SE
                              PARKWEDLOPE
                         Datum van     Afstand in meter Aantal rondtes
                        parkwedloop                        voltooi
                         07/09/2019          …                2
                         14/09/2019          …                2
                         21/09/2019         5 000             3
                         28/09/2019         5 000             3
                         05/10/2019         5 000             3

         5.2.3       Sarah Caroll het die stelling gemaak dat die verskil in minute tussen haar
                     gemiddelde tyd per rondte van 6,5 minute (6 min 30 sek) en Douglas se
                     gemiddelde tyd per rondte minder as 2 minute is. Verifieer met die nodige
                     berekeninge of haar stelling geldig is.                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          11

5.3      James het besluit om kerse onder plaaslike kerke uit te deel. Hy wil silindriese kerse
         in ŉ reghoekige houer vir verspreiding pak. Elke kers is 11 cm hoog en meet 8 cm in
         deursnee.

                Prent van kers (met afmetings)        Diagram van boks gebruik vir kerse
                                                         Support

                  11 cm
                                                     24 cm

                                                                   24 cm

                             8 cm

                                                                           [Bron: www.amazon.in]

         Bestudeer die prentjie en diagramme hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         5.3.1 James besef dat hy die kerse op mekaar kan pak as hy ŉ stut (‘support’) wat
               10 mm dik is tussen die lae plaas. Die houer wat hy gebruik, is 24 cm hoog,
               16 cm breed en 24 cm lank.

                  Bereken hoeveel kerse hy in hierdie houer kan pak.                                     (5)

        5.3.2     James druk ŉ etiket af wat die sykante van die houer bedek. Bereken die
                  oppervlakte van die etiket in m2.

                  Jy kan die volgende formule gebruik:

                  Oppervlakte van alle sykante = 2 (lengte x hoogte) + 2 (breedte x hoogte)          (4)
                                                                                                    [30]

                                                                                    TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
