# Mathematical Literacy Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP

> Grade 11 Mathematical Literacy question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-qp-grade-11-nov-2025-afr-watermark/41aa9000-0e37-4898-a324-8f51ff6296c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-qp-grade-11-nov-2025-afr-watermark/41aa9000-0e37-4898-a324-8f51ff6296c6)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 11

                                 NOVEMBER 2025

               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                                       *Iwgel2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ŉ addendum met 3 bylae.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                     (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die BYLAE in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

      x   BYLAE A vir VRAAG 2.1
      x   BYLAE B vir VRAAG 2.2
      x   BYLAE C vir VRAAG 4.3

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy
      anders aangedui.

6.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
      aangedui.

8.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                     WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                                         3

VRAAG 1

1.1    Andrea bak troukoeke. Die gewildste koek wat sy bak is ŉ wortelkoek met
       roomkaasversiersel. Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       BESTANDDELE
        350 g bruismeel
        325 g donker sagte bruinsuiker
        1½ teelepels fyn seesout
        2 teelepels kaneel
        200 ml olyfolie
        1 teelepel vanielje-ekstrak
        4 groot eiers
        250 g gerasperde, geskilde wortels
        75 g gekapte pekanneute
        4 eetlepels melk

       VIR ROOMKAASVERSIERSEL
        10 onse roomkaas
        1¼ koppies (140 g) gepoeierde suiker
        ¾ koppies (80 ml) koue dikroom
        ½ koppie gesoute botter

       METODE
       1. Voorverhit die oond tot 356 ℉.
       2. Smeer die bodem en kante van twee ronde koekpanne met ŉ dubbele laag vetvaste
          papier.
       3. Meng die meel, sout, suiker, kaneel, gekapte pekanneute en gerasperde wortels in ŉ
          groot bak.
       4. Klop die eiers, olyfolie, vanielje-ekstrak en melk in ŉ groot beker en voeg by
          meelmengsel. Meng goed.
       5. Deel die koekbeslag tussen die voorbereide koekpanne. Bak vir 35–45 minute totdat
          die toetspen skoon uitkom.
       6. Laat die koeklae in die panne afkoel vir 15 minute. Draai dan die koeklae versigtig om
          op die afkoelrakke.

       ROOMKAASVERSIERSEL
       1. Wanneer die koeklae heeltemal afgekoel het, meng die roomkaas en botter in ŉ
          voedselmenger vir 1 en ŉ half minute.
       2. Voeg gepoeierde suiker by totdat versiersel romerig is. Klop die koue dikroom in die
          mengsel vir 3 minute totdat die versiersel lig en donsig is.
       3. Bedek die koek met die versiersel – dit sal tot 15 minute neem.

       BAKOMSKAKELING
        1 koppie = 250 ml         1 eetlepel = 15 ml         1 teelepel = 5 ml
                                                          [Aangepas uit https://www.inspiredtaste.net]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                              WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                             (EC/NOVEMBER 2025)

       1.1.1 Bereken die tyd (in minute) om die koek met die roomkaasversiersel te bedek.          (2)

       1.1.2 Bepaal die hoeveelheid roomkaas wat benodig word vir hierdie resep in
             kilogram.

              LET WEL: 1 kg = 35,274 onse                                                          (2)

       1.1.3 Herlei die sout in hierdie resep na milliliter.                                       (2)

       1.1.4 Andrea se oond is nie in grade Fahrenheit gekalibreer nie. Bepaal die
             temperatuur, in ℃, waarna Andrea haar oond moet stel.

                                                               ૞
              Jy mag die volgende formule gebruik: ℃ = × (℉ - 32⁰)                                 (2)
                                                               ૢ

 1.2   Andrea gebruik die maatbeker hieronder om haar bestanddele te meet.

                                              [Aangepas uit www.googleimages.com/measuringcups]

       1.2.1 Definieer die term kapasiteit.                                                        (2)

       1.2.2 Vandaar, bepaal die kapasiteit van die maatbeker.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                     WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                                      5

 1.3    Andrea bak haar koeke in ronde panne, elk met ŉ deursnee soos hieronder in die
        diagram aangedui:

                                                        [Aangepas uit www.googleimages.com]

        1.3.1 Bereken die omtrek van pan Y in vierkante duim (dm2).

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Omtrek van ŉ sirkel = π × deursnee, waar π = 3,142                              (2)

        1.3.2 Skryf die deursnee van pan Z tot die deursnee van pan X as ŉ
              vereenvoudigde verhouding neer.                                                   (2)

 1.4    Die kaart hieronder toon die afstand tussen Andrea se huis in Humansdorp en
        Jeffreysbaai waar sy ŉ koek vir ŉ troue moet gaan aflewer.

                                                         [Aangepas uit www.googlemaps.com]

        Gebruik die kaart hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        1.4.1 Identifiseer die kliniek op die kaart.                                            (2)

        1.4.2 In watter algemene rigting sal Andrea na Jeffreysbaai reis?                       (2)

        1.4.3 Herlei Andrea se reisafstand na meter.                                            (2)

        1.4.4 Bepaal die tyd wat Andrea in Jeffreysbaai gaan aankom, indien sy haar huis
              om 10:15 verlaat.                                                                 (2)
                                                                                               [24]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                             WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                          (EC/NOVEMBER 2025)

 VRAAG 2

 2.1    Pelgrimsrus is ŉ klein museumdorpie in die Ehlanzeni distrik in Mpumalanga, Suid-
        Afrika.
        Dit het ongeveer 1 721 inwoners en beset ŉ oppervlakte van 25,40 km2. Die kaart
        van Pelgrimsrus en omliggende gebiede word in BYLAE A getoon.

        Gebruik BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.

        2.1.1 Identifiseer die toeriste-aantreklikheid wat in blok D5 gevind word.                (2)

        2.1.2 Bereken die waarskynlikheid om ŉ spoorweg op hierdie gedeelte van die
              kaart te vind.                                                                      (2)

        2.1.3 Meet die afstand tussen die Store Museum en die Stadsaal in sentimeter.             (2)

        2.1.4 Vandaar, bereken die werklike afstand (in kilometer) tussen die Store
              Museum en die Stadsaal deur van die lynskaal gebruik te maak.                       (5)

        2.1.5 Bepaal die aantal mense per vierkante kilometer (km2) wat in Pelgrimsrus
              woonagtig is.                                                                       (2)

 2.2    Siphokazi, wie in Lydenburg woon, het die kaart van Mpumalanga en omliggende
        gebiede gevind soos in BYLAE B getoon.

        Gebruik BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.

        2.2.1 Noem EEN buurland wat aan Mpumalanga grens.                                         (2)

        2.2.2 Identifiseer die aantal nasionale paaie wat op die kaart gevind word.               (2)

        2.2.3 Die werklike afstand tussen Lydenburg en Standerton is 276 km en meet
              8,3 cm op die kaart. Vandaar, bepaal die skaal van hierdie kaart.                   (3)

        2.2.4 Siphokazi beweer dat indien sy ŉ gemiddelde spoed van 80 km/h reis en haar
              huis om 12:45 verlaat, sal sy in Standerton teen 16:05 aankom, sonder enige
              stilhouplekke. Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering
              GELDIG is.

                                                               ‫܌ܖ܉ܜܛ܎ۯ‬
                Jy mag die volgende formule gebruik: Spoed =    ‫܌ܡ܂‬                                (7)
                                                                                                  [27]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                     WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                                       7

 VRAAG 3

 3.1    Wilmien besluit om ingevoerde koffiebone in herseëlbare houers te verkoop om
        fondse in te samel vir haar broer wat fisies gestremd is en ŉ rolstoel nodig het.

        Die diagram hieronder toon twee soorte houers waarvan Wilmien kan kies. Die
        houers sal met petroleum-gebaseerde plastiek oorgetrek word.

               REGHOEKIGE HOUER                           SILINDRIESE HOUER

        die volgende formules mag gebruik word:
        Volume van ŉ silindriese prisma: π × radius2 × hoogte, waar π = 3,142
        Volume van ŉ reghoekige prisma = lengte × breedte × hoogte
        Totale buite-oppervlakte van ŉ reghoekige prisma: 2 (l × w) + 2 (l × h) + 2 (w × h)

        3.1.1 Bereken die volume van die silindriese houer in kubieke sentimeter (cm3).          (3)

        3.1.2 Bereken die totale buite-oppervlakte van die reghoekige houer wat met die
              petroleum-gebaseerde plastiek oorgetrek moet word. Gee jou antwoord
              afgerond tot die naaste duisend vierkante millimeter (mm2).                        (6)

        3.1.3 Die petroleum-gebaseerde plastiek wat Wilmien wil gebruik om die houers
              oor te trek, word teen R27,55/m2 verkoop. Bereken die koste om 50 van die
              reghoekige houers met hierdie plastiek oor te trek.

                LET WEL: Die petroleum-gebaseerde plastiek kan slegs in volle
                         vierkante meter (m2) gekoop word.                                       (4)

        3.1.4 Wilmien besef dat sy nie die houers tot die maksimum kapasiteit kan vul nie.
              In plaas daarvan, vul sy die houers met koffiebone tot ŉ hoogte wat 7%
              minder as die hoogte van die houer is.

                Toon dat die hoogte van die koffiebone in die silindriese houer 11,2 cm is.      (3)

        3.1.5 ŉ Verkoopsverteenwoordiger adviseer Wilmien dat die volume van die mees
              ekonomiese houer nie meer as 1 200 cm3 moet wees nie. Wilmien beweer
              dus dat die reghoekige houer die mees ekonomiese houer sal wees.

                Verifieer, met die nodige berekeninge, of Wilmien se bewering GELDIG is.         (5)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                          WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                    (EC/NOVEMBER 2025)

        3.1.6 Verskaf EEN rede waarom Wilmien die houers met petroleum-gebaseerde
              plastiek wil oortrek.                                                    (2)
                                                                                      [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                    WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                                            9

VRAAG 4

4.1    Die uitlegplan van die winkelsentrum waar Wilmien haar ingevoerde koffiebone gaan
       verkoop word hieronder getoon. Wilmien sal slegs aan die winkels wat genommer is,
       verkoop.

                              [Aangepas uit https://www.za.pinterest.com/pin/400257485606100702/]

       Gebruik die uitlegplan hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

       4.1.1 Bepaal die waarskynlikheid, as ŉ persentasie, dat Wilmien haar koffiebone
             aan ŉ winkel met ŉ onewe nommer sal verkoop.                                            (3)

       4.1.2 Wilmien het om 08:30 by die sentrum aangekom om haar aflewerings te doen
             en het om 10:15 klaargemaak. Wilmien beweer dat sy teen ŉ gemiddelde
             spoed van 1,4 myl per uur geloop het en dat sy dus ŉ reisafstand binne die
             winkelsentrum van meer as 4 km afgelê het. Verifieer, met die nodige
             berekeninge, of Wilmien se bewering GELDIG is.

               LET WEL: 1 myl = 1,60934 km

               Jy mag die volgende formule gebruik: Afstand = Spoed × Tyd                            (7)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                           WISKUNDIGE GETTERDHEID V2                             (EC/NOVEMBER 2025)

 4.2    Die Pizza Den is ŉ nuwe onderneming binne die winkelsentrum wat heerlike pizzas
        maak. ŉ Prent van die gesnyde pizza en die verpakkingsboks word in die diagram
        hieronder getoon.

        Die pizza het ŉ deursnee van 42 cm.

                                         [Aangepas uit www.googleimages.com/pizzaboxdimensions]

        4.2.1 Bepaal die oppervlakte van die pizzaboks, afgerond tot die naaste tien
              vierkante sentimeter (cm2).

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Oppervlakte van ŉ vierkant = sy × sy                                               (3)

        4.2.2 Bepaal die waarde van D.                                                             (3)

        4.2.3 Bereken die oppervlakte van een sny pizza indien dit in agt gelyke snye gesny
              word, soos aangedui in die prent hierbo.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                Oppervlakte van ŉ sirkel = π × radius2, waar π = 3,142                             (4)

 4.3    Die tafel wat binne Die Pizza Den gebruik word en waar kliënte hulle kos kan geniet,
        word in BYLAE C getoon. Die tafels het PVC tafellappe op met ŉ oorhang van
        35 cm rondom die tafel.

        Gebruik BYLAE C om die volgende vrae te beantwoord.

        4.3.1 Bereken die radius van die PVC tafellap wat gebruik word om die tafels te
              bedek.                                                                               (3)

        4.3.2 Bereken die hoogte van die steunpaal (in cm) indien die totale hoogte van die
              tafel 78 cm is.                                                                      (3)
                                                                                                  [26]

                                                                                  TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Mathematical Literacy · Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Mathematical Literacy · Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Mathematical Literacy · Memo · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr11-nov-2023-english/84506bee-de17-47de-8b37-7901b6b5c5e8) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — Mathematical Literacy · QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P1 MEMO GR 11 NOV2024 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr-11-nov2024-english-watermark/be2f24a4-badd-4549-82b6-bfea47869b3a) — Mathematical Literacy · Memo · 2024 · Eng

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT P1 MEMO GR11 NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr11-nov2023-english/96ab8acd-7e2b-492f-be89-dc29c2556bc4) — Memo · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-nov2023-afrikaans/6625a6ef-c67f-4a65-aa1a-f050841f0f48) — Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR11 NOVEMBER 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr11-november-2023-english/fce5f79a-3343-4740-8a09-67aaec04b05b) — Memo · 2023 · Eng
- [MATS LIT P1 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mats-lit-p1-gr11-memo-nov2022-afrikaans/82c1eccc-bd69-4888-8907-cade8df40621) — Memo · 2022 · Afr
- [MATS LIT P1 GR11 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/mats-lit-p1-gr11-memo-nov2022-english/cfc9d5d5-d9d8-402b-b492-f4546d1204ee) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
