# Mathematics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/56fbe6bb-9e14-4281-9d3d-3287c15879ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematics) › [Mathematics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/56fbe6bb-9e14-4281-9d3d-3287c15879ca)

## About this document

Mathematics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                              SEPTEMBER 2018

                                 WISKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, insluitend ŉ inligtingsblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       WISKUNDE V1                                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.     Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy in die bepaling
        van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.

 3.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
        tensy anders aangedui.

 4.     Volpunte sal nie noodwendig aan antwoorde alleen toegeken word nie.

 5.     Indien nodig, moet antwoorde tot TWEE desimale plekke afgerond word, tensy
        anders aangedui.

 6.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 7.     Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     ŉ Inligtingsblad met formules is aan die einde van die vraestel ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        WISKUNDE V1                                                    3

  VRAAG 1

  1.1      Los op vir 𝑥:
                      1
           1.1.1          𝑥2 − 𝑥 − 4 = 0
                      2                                                                             (3)

           1.1.2      −3(𝑥 2 + 3𝑥) + 7 = 0       (korrek tot twee desimale plekke)                  (4)

           1.1.3      2𝑥 2 − 3𝑥 < 0                                                                 (4)

  1.2      Los gelyktydig vir 𝑥 en 𝑦 op in die volgende vergelykings.

                                 𝑥 − 2𝑦 = 3 en     4𝑥 2 − 3 = −6𝑦 + 5𝑥𝑦                             (6)

  1.3      Bewys dat die wortels van 2𝑥 2 − (𝑘 − 1)𝑥 + 𝑘 − 3 = 0 reëel is vir alle reële
           waardes van 𝑘.                                                                           (5)

                               3p
  1.4      Gegee: 32 m            , waar 𝑝 ≠ 3.
                              3 p

           1.4.1      Bereken die waarde van 𝑚 as 𝑝 = 1,5                                           (2)

           1.4.2      Bereken die waarde van 𝑝 as 𝑚 = 0                                             (2)
                                                                                                   [26]

  VRAAG 2

  2.1      7𝑥 + 1 ; 2𝑥 + 2 ; 𝑥 − 1 is die eerste drie terme van ŉ meetkundige ry. Bepaal
           die waardes van 𝑥.                                                                       (5)

  2.2      ŉ Motor wat teen ŉ konstante spoed beweeg het, begin om spoed te verminder
           teen ŉ konstante tempo. Dit beweeg 25 m in die eerste sekonde, 20 m in die
           tweede sekonde, 16 m in die derde sekonde en so aan. Toon aan dat die totale
           afstand afgelê, voordat dit tot stilstand kom, nie 125 meter oorskry nie.                (4)

  2.3      In ŉ rekenkundige reeks is die eerste term 2, die laaste term is 29 en die som
           van al die terme is 155. Bereken die gemene verskil.                                     (5)
                                                                                                   [14]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       WISKUNDE V1                                  (EC/SEPTEMBER 2018)

    VRAAG 3

    ŉ Kwadratiese getalle patroon, 𝑇𝑛 = 𝑎𝑛2 + 𝑏𝑛 + 𝑐 , het die volgende inligting:
    𝑇1 = 𝑇5 = 24 en dit het ŉ konstante tweede verskil van 4.

    Bepaal die vergelyking van die algemene term van die kwadratiese patroon.                        (8)
                                                                                                     [8]

    VRAAG 4

    Sien gegewe diagram hieronder: 𝑔(𝑥) = 𝑘 𝑥 ; waar 𝑘 > 0 en (2 ; 36) is ŉ punt op 𝑔.

                                         𝑦
                                                   . (2; 36)

                                  𝑔

                                                               𝑥

    4.1     Bepaal die waarde van 𝑘.                                                                 (2)

    4.2     Bepaal die vergelyking van 𝑔−1 (𝑥) in die vorm 𝑦 = … ..                                  (2)

    4.3     Vir watter waardes van 𝑥 is 𝑔−1 (𝑥) ≤ 0?                                                 (2)

    4.4     Skryf die waardeversameling (terrein) van ℎ, as ℎ(𝑥) = 𝑔(𝑥 − 3) + 2, neer.               (2)
                                                                                                     [8]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     WISKUNDE V1                                                      5

  VRAAG 5

  Geteken hieronder is die grafieke van 𝑓(𝑥) = 𝑎𝑥 2 + 𝑏𝑥 + 𝑐 en 𝑔(𝑥) = −𝑥 + 5.
                                     3 49
  A en B is die 𝑥-afsnitte van 𝑓. 𝑇 (2 ; 4 ) is die draaipunt van 𝑓. B en S is die snypunte
  van 𝑓 en 𝑔.

                                                       3 49
                                                     𝑇൬ ; ൰
                                            𝑦          2 4

                                  𝑔

                                            𝑆
                                                                  𝑓                 .
                                        𝐴                             𝐵
                                                𝑂                                   𝑥

  5.1      Bereken die koördinate van B.                                                           (2)

  5.2      Bepaal die vergelyking van 𝑓 in die vorm van 𝑦 = 𝑎𝑥 2 + 𝑏𝑥 + 𝑐                          (4)

  5.3      As 𝑓(𝑥) = −𝑥 2 + 3𝑥 + 10, bereken die koördinate van S.                                 (4)

  5.4      Gebruik die grafiek en los op vir 𝑥 waar:

           5.4.1 𝑓(𝑥) ≥ 𝑔(𝑥)                                                                       (2)

                                 1
           5.4.2 −𝑥 2 + 3𝑥 − 2     <0
                                 4                                                                 (3)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                         WISKUNDE V1                                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6

                         2
    Gegee:      𝑓(𝑥) =     −1
                         𝑥

 6.1         Teken ŉ netjiese skets van 𝑓 en toon alle afsnitte en asimptote.                         (4)

 6.2         Bepaal 𝑓 ′ (𝑥).                                                                          (2)

 6.3         Bepaal die vergelyking van ℎ , die simmetriese as van 𝑓 wat ŉ negatiewe
             gradiënt het.                                                                            (2)

 6.4         ŉ Konstante waarde 𝑘 word by ℎ bygevoeg sodat die reguit lyn ŉ raaklyn aan die
             grafiek van 𝑓 word, met 𝑥 > 0. Bepaal die waarde van 𝑘.                                 (5)
                                                                                                    [13]

 VRAAG 7

 7.1         Jack en Jill belê R2 000 elk by verskillende banke. Jack belê sy R2 000 teen 8%
             rente per jaar maandeliks saamgestel en Jill belê haar R 2 000 teen 𝑟 % rente per
             jaar, half-jaarliks saamgestel. Hulle belegging is dieselfde werd na 12 maande.
             Bereken Jill se beleggingskoers.                                                         (3)

 7.2         Anne koop ŉ ‘notebook’ skootrekenaar vir R9 500. Indien die jaarlikse
             verminderingskoers 7,7% per jaar was, hoeveel jaar sal dit neem vir die
             ‘notebook’ skootrekenaar se waarde om tot R4 500 te verminder?                           (5)

 7.3         Raeez koop ŉ motor van R170 500. Hy betaal ŉ deposito van 25% en neem ŉ
             lening uit vir die balans. Die bank vra rente van 13,2% per jaar maandeliks
             saamgestel.

             7.3.1   Bepaal die waarde van sy lening.                                                 (2)

             7.3.2   Bereken die maandelikse paaiement as die lening terugbetaalbaar is in
                     5 jaar en die eerste paaiement word na een maand gemaak nadat die
                     lening goedgekeur was.                                                          (5)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                          WISKUNDE V1                                                7

  VRAAG 8

  8.1     Gegee: 𝑓(𝑥) = 𝑥 − 2𝑥 2

          Bepaal 𝑓′(𝑥) vanaf eerste beginsels.                                                    (6)

  8.2                dy
          Bepaal        as:
                     dx

                           1 −3
           8.2.1      𝑦=     𝑥 + 9𝑥
                           9                                                                      (2)

                               1
           8.2.2      𝑦=−             + 𝑥3
                              2𝑥 √𝑥                                                               (4)
                                                                                                 [12]

  VRAAG 9

  Die onderstaande skets toon die grafiek van ℎ(𝑥) = 𝑥 3 − 9𝑥 2 + 23𝑥 − 15. C en E is
  die draaipunte van ℎ. B, D en F is die x-afsnitte van h en A is die y-afsnit.

                                         C
                                                                         ℎ

                                B              D                  F

                        A                             E

  9.1     Bepaal die x-koördinaat van die draaipunt C, korrek tot twee desimale plekke.           (4)

  9.2     Indien die x-koördinaat van B, 1 is, bepaal die koördinate van F.                       (4)

  9.3     Die grafiek van ℎ is konkaaf af vir 𝑥 < 𝑘. Bereken die waarde van 𝑘.                    (3)

  9.4     Bepaal die vergelyking van die raaklyn by D in die vorm 𝑦 = . . . . ..                  (3)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         WISKUNDE V1                                   (EC/SEPTEMBER 2018)

    VRAAG 10

    In ŉ tuisnywerheid is die totale koste (in rand) om 𝑥 aantal koeke te bak per dag
       1                                                                     1
    𝑅(4 𝑥 2 + 35𝑥 + 25). Die koste waarteen een verkoop word is 𝑅(50 − 2 𝑥).

    10.1   Toon aan dat die wins wat gemaak is deur die formule gegee word:
                  3
            𝑃 = − 4 𝑥 2 + 15𝑥 − 25.                                                                     (2)

    10.2   Bereken die daaglikse bakkery van koeke om maksimum wins te maak.                            (3)

    10.3   Toon aan dat die koste om te bak ŉ minimum is by 𝑥 = 10.                                    (5)
                                                                                                      [10]

 VRAAG 11

 11.1      In ŉ opname wat by ŉ plaaslike verkeersdepartement gedoen is, is die volgende
           inligting verkry.

                                        Druip       Slaag      Totaal
                           Manlik         A           B        1200
                           Vroulik        C           D         400
                           Totaal        200        1400       1600

           11.1.1    Bereken die waarskynlikheid dat ŉ persoon, wat ewekansig gekies word,
                     manlik sal wees.                                                                   (1)

           11.1.2    Bereken die waarskynlikheid dat ŉ persoon, wat ewekansig gekies word,
                     die toets gedruip het.                                                             (1)

           11.1.3    Indien die gebeure ‘manlik’ en ‘toets druip’ onafhanklike gebeure is,
                     toon aan dat die waarde van A = 150 is.                                            (3)

           11.1.4    Gebruik die waarde van A om die waardes van B, C en D te bepaal.                   (3)

           11.1.5    Bereken die waarskynlikheid om ŉ vrou te kies wat gedruip het.                     (2)

 11.2      9 motors van verskillende vervaardigers, waarvan 4 swart is, moet in ŉ reguit lyn
           geparkeer word.

           11.2.1    Op hoeveel verskillende maniere kan al die motors geparkeer word?                  (2)

           11.2.2    Indien die 4 swart motors langs mekaar geparkeer moet word, bepaal op
                     hoeveel verskillende maniere die motors geparkeer kan word.                       (3)
                                                                                                      [15]

                                                                                  TOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                              WISKUNDE V1                                                                  9

                                       INLIGTINGSBLAD: WISKUNDE

        b  b 2  4ac
    x
             2a
    A  P(1  ni)            A  P(1  ni)               A  P(1  i) n                         A  P(1  i) n

    Tn  a  (n  1)d        Sn 
                                    n
                                      2a  (n  1)d 
                                    2
                                             ar n  1 ;             r 1              S 
                                                                                                a
                                                                                                    ; 1  r  1
    Tn  ar n 1                      Sn 
                                               r 1                                            1 r

    F
           
          x 1  i   1
                     n
                                              P
                                                    x[1  (1  i)n ]
                 i                                          i
                    f ( x  h)  f ( x )
    f ' ( x)  lim
               h 0          h
                                                             x  x2 y1  y 2 
     d  ( x 2  x1 ) 2  ( y 2  y1 ) 2                 M  1     ;         
                                                             2         2 

                                                                             y 2  y1
     y  mx  c              y  y1  m( x  x1 )                     m                        m  tan
                                                                             x 2  x1

     x  a 2   y  b2  r 2
                     a     b     c                                                                     1
    In ABC:                       a 2  b 2  c 2  2bc. cos A                       area ABC       ab. sin C
                   sin A sin B sin C                                                                   2
    sin     sin  . cos   cos  .sin            sin     sin  . cos   cos  .sin 

    cos     cos  . cos   sin  . sin                     cos     cos  . cos   sin  . sin 

             cos 2   sin 2 
             
    cos 2  1  2 sin 2                                         sin 2  2 sin  . cos 
             2 cos 2   1
             
                                                                  n              2

   x                                                            x  x 
                                                                        i
x                                                         i 1
                                                           2

      n                                                                 n
          n( A)
P( A)                                                   P(A of B) = P(A) + P(B) – P(A en B)
          nS 

yˆ  a  bx                                              b
                                                                x  x ( y  y )
                                                                 (x  x)        2

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS P1 QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-1/48ef1811-7641-496b-9091-7e47b50d9aae) — Mathematics · QP · 2018 · Afr
- [MATHS P1 QP GR12 SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr12-sept-2021-afrikaans/ecc6ca73-048f-4257-8f9a-db12f35059e1) — Mathematics · QP · 2021 · Afr
- [MATHS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b7b5f8fb-f791-4893-b24f-2cabdd8f677e) — Mathematics · QP · 2017 · Afr
- [MATHS P1 ANSWER BOOK GR12 SEPT 2025 English Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-answer-book-gr12-sept-2025-english-afrikaans-watermark/d78c3fd3-dcd5-4f3f-911b-e5635b4686cc) — Mathematics · Addendum · 2025 · Afr
- [Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/141815e5-df0c-4d8f-a354-4ef5b9b2a2e2) — Mathematics · QP · 2024 · Afr
- [MATHS P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/3f49dc17-3d6a-4adb-aab5-4d32cf7d95c0) — Mathematics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematics

- [MATHS P2 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/838d50ea-fdac-4e70-8d62-e365a012252f) — Memo · 2025
- [MATHS P1 GR 12 MEMO SEPT 2024 English+Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr-12-memo-sept-2024-english-afrikaans/f0eedb8f-ec6f-4f46-9885-3933cd274781) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/b8d5ec37-18cd-443c-976d-f6ddeb339d23) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Maths Grade 12 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-12-march-2024-qp-and-memo/49c516f7-1294-466c-8f55-9d573aae2c13) — QP + Memo · 2024
- [Mathematics Maths NSC Prac P1 QP May June 2024 KZN](https://www.hlayiso.com/library/mathematics-maths-nsc-prac-p1-qp-may-june-2024-kzn/f4a136af-f532-49fe-878e-dea9f5333405) — QP · 2024
- [KZN GR 12 MATHS P2 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/kzn-gr-12-maths-p2-sept-2024/6db62b2f-3c0b-4c51-8d6b-e875f4b5d67a) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
