# Mathematics Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr10-qp-nov2019-afrikaans/24a68c15-bd2c-4ee2-9d92-aeb5de766799
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematics) › [Mathematics Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr10-qp-nov2019-afrikaans/24a68c15-bd2c-4ee2-9d92-aeb5de766799)

## About this document

Mathematics · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [MATHS P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/39dbc8fd-f1d1-418a-86e7-d500f002f90f) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                             NOVEMBER 2019

                 WISKUNDE V2 (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ antwoordeboek van 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         WISKUNDE V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae.

 2.    Beantwoord AL die vrae in die SPESIALE ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

 3.    Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy gebruik het om jou
       antwoord te bepaal, duidelik aan.

 4.    Slegs antwoorde sal NIE noodwendig volpunte verdien NIE.

 5.    Jy mag 'n goedgekeurde wetenskaplike sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en nie-
       grafies) gebruik, tensy anders vermeld.

 6.    Indien nodig, rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders vermeld.

 7.    Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            WISKUNDE V2                                               3

 VRAAG 1

 1.1   ŉ Snoepwinkel by ‘n spesifieke skool verkoop blikkies koeldrank. Die ekonomies
       vriendelike klub van die skool het koeldrank blikkies vir herwinning vir ‘n tydperk
       van 20 dae ingesamel. Die aantal blikkies wat ingesamel is, is aangeteken en die data
       word hieronder gegee:

        48       50     52       59      60      68       73         76   76      76
        78       79     80       81      82      82       84         91   92      98

       1.1.1 Bepaal die mediaan van die blikkies wat ingesamel is.                                    (1)

       1.1.2 Bepaal die waardes van die boonste en onderste kwartiele.                                (2)

       1.1.3 Bereken die interkwartiel-variasiewydte vir hierdie data.                                (2)

       1.1.4 Skryf die minimum en maksimum waarde van die data neer.                                  (1)

       1.1.5 Stel die 5-getal-opsomming op 'n mond-en-snordiagram voor.                               (3)

       1.1.6 Lewer kommentaar op die mond-en-snordiagram.                                             (1)

 1.2   Telkom het 'n opname gedoen met betrekking tot die tydsduur van telefoonoproepe
       wat deur mense in 'n sekere gemeenskap gemaak is. Die inligting word hieronder in
       tabelvorm aangetoon:

         Tydsduur (min)       Aantal oproepe          Middelpunt          (f1) × (x1)
                                   (f1)                  (x1)
        2 ≤ t < 5                   47                    3,5               164,5
        5 ≤ t < 8                  139                    6,5               903,5
        8 ≤ t < 11                 211                    9,5              2004,5
        11 ≤ t < 14                102                   12,5               1275
        14 ≤ t < 17                 58                   15,5                899
        17 ≤ t < 20                 19                     A                  B

       1.2.1 Bepaal die waardes van A en B.                                                           (2)

       1.2.2 Bepaal die geskatte gemiddelde vir die tydsduur van die oproepe.                         (3)

       1.2.3 In watter interval sal ons die 75ste persentiel vind?                                    (2)
                                                                                                     [17]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                                WISKUNDE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2

 In die diagram hieronder, is H en G die middelpunte van AB en BC onderskeidelik. Die
 koördinate van A(– 2; 6), B(6; 8), C(4; 0), D(– 8; – 6), E(– 5; 0) en F(– 2; – 3) word
 gegee. Die diagram is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

                                        y
                                                  H                  B(6 ; 8)
                     A(– 2 ; 6)

                                                               G

         E(– 5 ; 0)
                                    O
                                                                                x
                                                         C( 4 ; 0)

                                  F(– 2 ; – 3)

         D(– 8 ; – 6)

 2.1   Toon deur middel van berekeninge dat AB = BC.                                                (5)

 2.2   As dit verder gegee word dat AD = DC, watter tipe vierhoek is ABCD?
       Motiveer jou antwoord.                                                                       (2)

 2.3   Bepaal die koördinate van G en H.                                                            (5)

 2.4   As lyn BD getrek word en dit word ook gegee dat EH || BD, bewys dat
       ∆AEH ||| ∆CDB.                                                                               (4)
                                                                                                   [16]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                             WISKUNDE V2                                             5

 VRAAG 3

                                             28
 3.1   In die diagram hieronder is sin  =
                                             35

                                                      35
                                                               28
                                                  

       3.1.1    Sonder om die waarde van  te bepaal, bepaal die waarde van cos  .                  (3)

       3.1.2    Bewys vervolgens, of andersins, dat : sin 2  + cos 2  = 1                          (3)

 3.2   Indien 37 sin  + 35 = 0 en tan   0 , bepaal met behulp van ‘n diagram
       die waarde van 24 sec − 70 cot  .                                                           (6)

 3.3   Los op vir x, as x  [ 0 ; 90  ]. Gee jou antwoord korrek tot 1 desimale syfer.
       3.3.1    8 cos( x +10) = 5                                                                   (3)

       3.3.2    cosec 2x = 2                                                                         (3)

 3.4   Bewys die volgende sonder die gebruik van ŉ sakrekenaar:
        sin 30  tan 60
                          = 3
        tan 30  cos 60                                                                            (5)

 3.5   In die diagram hieronder, is AĈB = 90, AB = 15 cm, AD = 4,4 cm, B̂ = 55,
       AĈD = 21 en AD̂C = 90.
                                                           A

                                                                     4,4 cm

                                   15 cm                   x
                                                                              D

                                                               21    y
                             55
                    B                                          C
       Bepaal die waarde van:

       3.5.1    x                                                                                    (2)

       3.5.2    y                                                                                    (2)
                                                                                                    [27]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          WISKUNDE V2                                 (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4

 In die diagram hieronder, is die grafiek van f ( x ) = cos x vir x[0; 360 ] getrek.

            y

                       f
                                                                                               x

 4.1   Skets op dieselfde assestelsel, die grafiek vir g(x) = 2sin x vir x[0; 360 ] .                 (3)

 4.2   Skryf die periode van g neer.                                                                     (1)

 4.3   Skryf neer wat die waardeversameling is van m( x) indien m( x) = − 3 f ( x) +1.                   (3)

 4.4   Vir watter waarde(s) van x is g dalend?                                                           (2)

 4.5   Vir watter waarde(s) van x is f ( x)  g ( x)  0?                                                (3)
                                                                                                        [12]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          WISKUNDE V2                                            7

 Gee redes vir alle stellings en berekeninge in VRAAG 5 en 6.

 VRAAG 5

 5.1   Die sye van vierhoek ABCD word verleng soos in die skets hieronder aangedui.
       AB word verleng na E, BC word verleng na F en CD word verleng tot G.

                        G
                                     D                F
                              127
                                            64
                                                  C

                                                79
                                 A         B              E

       Indien EB̂C = 79, FĈD = 64 en GD̂A = 127, bereken die waarde van BÂD .               (4)

 5.2   In ∆ABC, is D, E en F punte op AB, BC en CA onderskeidelik, sodat
       BD = BE en CE = CF.

                                            A
                                            x

                                D                             F

                        B                   E                     C

       Indien Â = x , wys alle berekeninge en bereken die grootte van DÊF in terme van x.      (4)
                                                                                                 [8]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        WISKUNDE V2                             (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 6

 6.1   In die diagram hieronder is ∆ABC ||| ∆DEF.
       (Aˆ =D  ˆ = x, B             ˆ = Fˆ = t ).
                      ˆ = Eˆ = y en C

                             A

                             x

                                                                 D

                     P               Q                           x

               y                     t                   y               t
           B                             C       E                           F

       6.1.1    As dit verder gegee word dat AP = DE en AQ = DF, bewys dat                     (3)
                ∆APQ  ∆DEF.

       6.1.2    Bewys vervolgens, of andersins, dat PQ || BC.                                  (3)

       6.1.3    As dit verder gegee word dat AP = 3,5 cm, PB = 4 cm en                         (4)
                AC = 8cm, bereken die lengte van DF.

 6.2   In die diagram hieronder, is D die middelpunt van AB en DE || BC.

                                 A                   F               G

                             D               E

                         B                                   C

       6.2.1    Verskaf ‘n rede waarom E die middelpunt van AC is.                             (1)

       6.2.2    Indien dit verder gegee word dat F die middelpunt is van AG, ADEF ‘n
                parallelogram is en dat BD = 32 , bepaal vervolgens die lengte van CG.         (5)
                                                                                               [16]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                             WISKUNDE V2                                           9

 VRAAG 7

 ŉ Hoenderkampie is in die vorm van ‘n keël ontwerp. ŉ Hemisferiese bak met water word
 naby die hoenderkampie geplaas vir die hoenders om uit te drink.
 Die keël en die hemisferiese bak word hieronder aangetoon.

                      h        s
                                                                   radius = x

                          radius = x

       Totale buite-oppervlakte van ‘n keël =  r 2 +  r s, waar s die skuinshoogte is van
       die keël. Die totale buite-oppervlakte van ‘n hemisfeer = 3 r 2 .

       Die radius van die keël en die hemisfeer is gelyk aan x eenhede en die totale
       buite-oppervlakte van die keël = die totale buite-oppervlakte van die hemisfeer.
       Bepaal ‘n uitdrukking vir h, die hoogte van die keël, in terme van x.                       (4)
                                                                                                   [4]

                                                                                  TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS P1 GR10 QP NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr10-qp-nov2019-afrikaans/e820bb12-6cf8-44df-8806-2af34a69ac0e) — Mathematics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Math P2 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-math-p2-afrikaans-june-2019-question-paper/263631af-e143-4e33-ac4f-f9901208b72e) — Mathematics · QP · 2019 · Afr
- [MATHS P2 GR10 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr10-qp-november-2020-afrikaans/65c235b5-0803-4469-9ee1-4751c1a97e43) — Mathematics · QP · 2020 · Afr
- [MATHS P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/69ffc6f5-2910-4e27-ae44-2b5710a1f059) — Mathematics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Math P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-math-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/8543eb3f-55cd-49e8-9a46-31a2262278ea) — Mathematics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Math P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-math-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/8eca90bd-adf7-477d-8f55-fbd705a35b52) — Mathematics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Mathematics

- [Gr 10 Maths ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-atp-2023-24/80c1c337-e011-4b8b-a37b-d2e0df9daaf6) — ATP
- [KZN Maths Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-10-june-2025-p1-and-memo/dc5ae33f-46ec-4eae-b577-25a82956eaec) — QP + Memo · 2025
- [KZN Maths Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bc27cbbf-ec6d-4c60-bf7e-25a154d363e4) — QP + Memo · 2025
- [KZN Maths Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-10-november-2025-p1-and-memo/ece9abee-2009-4e22-8de3-34ccb229e5cb) — QP + Memo · 2025
- [KZN Maths Grade 10 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-10-november-2025-p2-and-memo/417e9b18-c39d-4fb2-9e32-c089e8fbfd22) — QP + Memo · 2025
- [FS Maths Grade 10 June 2024 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-grade-10-june-2024-p1-and-memo/1ddce2ea-fd25-43c9-b543-3eaa0394b126) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
