# Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematics Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr12-qp-june2021-afrikaans/a4586908-6a60-4813-8985-8b8e6664784b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematics) › [Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr12-qp-june2021-afrikaans/a4586908-6a60-4813-8985-8b8e6664784b)

## About this document

Mathematics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                     JUNIE 2021

                                WISKUNDE V2
                               (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ŉ inligtingsblad.

### Page 2

2                                   WISKUNDE V2                                           (EC/JUNIE 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae.

 2.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.

 3.    Toon duidelik ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy gebruik het
       om jou antwoorde te bepaal.

 4.    Vir antwoorde alleen, sal NIE noodwendig volpunte toegeken word NIE.

 5.    Jy mag ŉ goedgekeurde wetenskaplike sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en
       niegrafies) gebruik, tensy anders vermeld word.

 6.    Indien nodig, rond antwoorde af tot TWEE desimale plekke, tensy anders vermeld.

 7.    Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 8.    ŉ Inligtingsblad met formules is aan die einde van die vraestel ingesluit.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                                   WISKUNDE V2                                            3

 VRAAG 1

 Die mond-en-snor diagram hieronder stel sokkerklubs se posisies vanaf 1 tot 14 voor, nadat
 hulle ’n gelyke aantal wedstryde gespeel het.

 Die volgende tabel is gedeeltelik voltooi, vanaf bo (posisie 1) tot onder (posisie 14):

 Posisie
                  1   2     3    4     5    6     7     8     9    10    11   12    13       14
 Punte
                  a   59   58    b    49    45    c    42    37    36    d    32    32        e

 1.1     Skryf die waardes van a, b, c, d en e neer.                                                  (5)

 1.2     Lewer kommentaar op die skeefheid van die data.                                              (1)

 1.3     Een kommentator sê dat die boonste vier spanne elkeen ten minste 50 punte gehad
         het. Stem jy saam met die kommentator of nie? Staaf jou antwoord.                            (2)
                                                                                                      [8]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                                                     WISKUNDE V2                                           (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 2

 ŉ Skool het ŉ naweekkamp vir 90 graad 12-leerders, wat Wiskunde doen, gereël. Leerders
 het ŉ Voor-toets (toets voordat klasse begin het) en ŉ Na-toets (toets nadat klasse voltooi is)
 uit 50 punte elk geskryf. Hieronder is die grafiek wat die data voorstel.

                                   WISKUNDE VOOR- EN NA- TOETS VERGELYKING
                                                      PRE-TEST    POST TEST

                      40
                      35
                      30                                         34

    Aantal Leerders
                                                                                      32
                      25                         28
                                                                      25
                      20
                      15         16
                                                      18

                      10                                                         12
                                                                                                     10
                       5
                                      5                                                          0
                       0
                               0 ≤ x < 10     10 ≤ x < 20     20 ≤ x < 30      30 ≤ x < 40    40 ≤ x < 50
                                                                 Punte

 2.1                       Gebruik die grafiek om vas te stel of die kamp ŉ positiewe impak (beter prestasie)
                           gehad het of nie. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                             (2)

 2.2                       Skryf die modale-klas van die voor-toets neer.                                             (1)

 2.3                       Is die gemiddelde punt van die voor-toets groter, kleiner of dieselfde as die na-
                           Toets?                                                                                     (1)

 2.4                       Voltooi die frekwensie en die kumulatiewe frekwensie tabelle in die
                           ANTWOORDEBOEK.

                                                     Frekwensie                Kumulatiewe frekwensie
                                Punte
                                                 Voor-toets Na-toets          Voor-toets    Na-toets
                                 0 ≤ x < 10
                                10 ≤ x < 20
                                20 ≤ x < 30
                                30 ≤ x < 40
                                40 ≤ x < 50
                                                                                                                      (4)

 2.5                       Teken die kumulatiewe frekwensie grafieke (ogiewe) deur die rooster te gebruik
                           wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is.                                                      (3)
 2.6                       Die onderwyser het ŉ doelwit gestel dat, in vergelyking met die Voor-toets, 50%
                           meer leerders 60% of meer in die Na-toets sal behaal. Bepaal, met die nodige
                           berekeninge of verduideliking, of die onderwyser die doelwit behaal het of nie.            (3)
                                                                                                                     [14]

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                                  WISKUNDE V2                                        5

 VRAAG 3

 ∆RPQ met hoekpunte, R(2; 6), P (– 5; 0) en Q(t; – 4) is hieronder gegee. RQ is loodreg op
 die x-as en sny die x-as by S. O is die oorsprong.

                                           y
                                                    R (2; 6)

                  P (– 5; 0)                                     x
                                       O           S

                                                    Q (t; – 4)

 3.1    Skryf die waarde van t neer.                                                             (1)

 3.2    Bepaal:

        3.2.1 die lengte van PR. Laat jou antwoord in eenvoudigste wortelvorm.                   (2)

        3.2.2 die gradiënt van PR.                                                               (2)

                                 
 3.3    Bepaal die grootte van PRQ .                                                             (5)

 3.4    Bepaal of ΔQPR reghoekig by P is of nie.                                                 (4)

 3.5    Bepaal die vergelyking van die lyn wat parallel met PQ is en deur die oorsprong gaan.    (3)

                                Oppervlakte van SPR
 3.6    Bepaal die waarde van
                                Oppervlakte van PRQ                                             (5)
                                                                                                 [22]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                                         WISKUNDE V2                                      (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 4

 In die diagram hieronder het ŉ kleiner sirkel, met middellyn KM wat deur middelpunt L
 gaan, ŉ raaklyn by M en ŉ y-afsnit by N. Die vergelyking van die kleiner sirkel is
    x2 + y 2 + 6 x − 6 y + 9 = 0 .
 Die groter sirkel gaan deur M. Die oorsprong, O en K (– 5 ; 5) is gegee.

                                               y

               K (– 5; 5)
                                                             B

                                     .L        N

                                          M                                         x
                                           O

                    A

 4.1      Bepaal:

          4.1.1 die koördinate van L en die lengte van die radius van die kleiner sirkel             (4)

          4.1.2 die koördinate van M                                                                 (3)

          4.1.3 die vergelyking van raaklyn AMB in die vorm y = ….                                   (4)

          4.1.4 die koördinate van N                                                                 (2)

 4.2      As die koördinate van die middelpunt van die groter sirkel die gevolg is daarvan dat
          die koördinate van L, 5 eenhede na regs en 7 eenhede afwaarts skuif.

          4.2.1 Skryf die koördinate van die middelpunt van die nuwe sirkel neer.                    (2)

          4.2.2 Bepaal of die middellyn van die groter sirkel vanaf ŉ gemeenskaplike
                kontakpunt, M, deur die oorsprong gaan of nie.                                       (4)
                                                                                                     [19]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                                   WISKUNDE V2                                       7

 VRAAG 5

 5.1                       5             3
        Gegee dat sin  = −  en tan  = − waar  ,   [90o ; 270o ] , bereken, sonder die
                          13             4
        gebruik van ŉ sakrekenaar, die waarde van:

        5.1.1     sin ( +  )                                                                   (5)

        5.1.2     cos 2                                                                         (3)

        5.1.3     tan (– α – 180⁰)                                                               (2)

                                   sin     cos    1
 5.2    Beskou die identiteit:            −       =
                                 1 − cos  sin  sin 

        5.2.1                                                   
                  Vir watter waarde(s) van  , vir   0 ;360 is die identiteit
                  ongedefinieerd?                                                                (2)

        5.2.2     Bewys die identiteit.                                                          (4)

 5.3    As tan x = 3k en tan y = 2k ,

                   sin ( x − y )
        bepaal                   in terme van k
                   cos x.cos y                                                                    (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

8                                     WISKUNDE V2                                            (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 6

 Gegee die funksies:

    f ( x) = cos( x − 60) en g( x) = sin3x vir x[ − 90;180]
 6.1     Skryf neer:

         6.1.1 die amplitude van f                                                                     (1)

         6.1.2 die periode van g                                                                       (1)

 6.2     Bepaal die waardes van x waarvoor f(x) = g(x) vir x  [– 90° ; 180°]                          (6)

 6.3     Op dieselfde assestelsel, skets die grafieke van f en g vir x  [–90° ; 180°] in die
         SPESIALE ANTWOORDEBOEK. Toon ALLE afsnitte met die asse sowel as die
         draaipunte en eindpunte.                                                                      (5)

                                         g ( x)
 6.4     Vir watter waarde(s) van x is          ongedefinieerd vir x  [–90°; 180°]?
                                         f ( x)                                                        (1)

 6.5     Skryf die vergelyking van h(x) neer, as h(x) die gevolg is deur f(x), 15⁰ na links te
         skuif.                                                                                        (1)
                                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                               WISKUNDE V2                             9

 VRAAG 7

 Die diagram hieronder toon Δ ABC met sy lengtes 5, 5 en 4 eenhede.

                                         B

                                 5                5

                       C                                    A
                                        4

 Bepaal die numeriese waarde van cos A − cos B                                     (5)
                                                                                   [5]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 WISKUNDE V2                                     (EC/JUNIE 2021)

 Gee redes vir jou bewerings in VRAE 8, 9, 10 en 11.

 VRAAG 8

 In die diagram hieronder is O die middelpunt van die sirkel A, B, C en D.
 M is die middelpunt van koord CD. Lyn OM is getrek. AB is die middellyn.
 AB = 22 cm en OM = 7 cm.

                                         M
                         C                                D

                     A                   .
                                         O
                                                              B

 Bepaal, met redes, die lengte van CD.                                                       (5)
                                                                                             [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2021)                                                 WISKUNDE V2                         11

 VRAAG 9

 In die diagram hieronder sny ŉ groter sirkel PQRST ŉ kleiner sirkel by R en S. VW is ŉ
 raaklyn aan die kleiner sirkel by U. SUQ en TUR is reguitlyne.
                                                                         
 Koorde RQ, QP, PT, QT, TS en SR is ook getrek. RTQ = x .

                                                        V

                                                                    Q
                                        R                       3
                                                                    21
                                                1
                                            2

                                                    3 2
                                                    4 1U
                                                                              P
                                                    5 6

                                        2
                                         1
                                    S                       x
                                                             2
                                                            3 1
                                                                    1
                                                             T
                                                    W

 9.1     Bewys, met redes, dat ΔRUS ||| ΔQUT.                                                    (3)

 9.2     Bepaal, met redes, DRIE ander hoeke wat elk gelyk is aan x                              (4)

                  
 9.3     As RQT = 90 – x , bepaal:

         9.3.1        of QT ŉ middellyn is of nie.                                               (4)

                      
         9.3.2        P                                                                          (2)

 9.4     As dit verder gegee word dat UQ = UT, toon dat:

         9.4.1        RS || QT                                                                   (2)

         9.4.2        VW ook ŉ raaklyn is aan die sirkel, wat deur QUT gaan, by U.               (2)
                                                                                                [17]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

12                                    WISKUNDE V2                                      (EC/JUNIE 2021)

 VRAAG 10

 10.1   In die diagram hieronder is O die middelpunt van sirkel FGH met DG ’n raaklyn
        by G.

                              F

                                             .O                 H

                                             G                               D
                                                     
        Bewys die stelling wat meld dat DGH = F                                                (5)
 10.2   In die diagram hieronder is O die middelpunt van sirkel LMP met raaklyne KL en
                                             
        KP by L en P onderskeidelik. OLM = 67
                                                          L
                                                                         M

          K
                                                                  .O

                                                           P
        10.2.1       Watter tipe vierhoek is KLOP ?                                            (1)
                                                                    o
        10.2.2       Gee, met redes, 3 hoeke wat elk gelyk is aan 90 .                         (5)
        10.2.3       Bewys, meld redes, dat KLOP ŉ koordevierhoek is.                          (2)
                                         
        10.2.4       Bepaal, vervolgens, K .                                                    (5)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2021)                              WISKUNDE V2                               13

 VRAAG 11

 In die diagram hieronder is ∆ABC geteken met PQ || BC en RS || AC.
 AQ : QC = 3 : 5 en BR : RA = 1 : 3

 Bewys dat AP = PR.                                                                 (7)
                                                                                    [7]

                                                                      TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

14                                             WISKUNDE V2                                                         (EC/JUNIE 2021)

                                          INLIGTINGSBLAD: WISKUNDE

         − b  b 2 − 4ac
     x=
                2a
     A = P(1 + ni)     A = P(1 − ni)                         A = P(1 − i) n                         A = P(1 + i) n
                                                n
     Tn = a + (n − 1)d                    Sn =    2a + (n − 1)d 
                                                2
     Tn = ar n −1
                                                a (r n − 1) ; r  1                      S =
                                                                                                  a
                                                                                                      ; −1  r  1
                                           Sn =
                                                   r −1                                          1− r

     F=
            
        x (1 + i ) − 1
                      n
                                                  P=
                                                        x[1 − (1 + i)−n ]
               i                                                i

                     f ( x + h) − f ( x )
     f ' ( x) = lim
                h→ 0          h

                                                               x + x y + y2 
      d = ( x 2 − x1 ) 2 + ( y 2 − y1 ) 2                 M  1 2 ; 1       
                                                               2       2 
                                                                             y − y1
      y = mx + c                           y − y1 = m( x − x1 )         m= 2                            m = tan 
                                                                             x 2 − x1

      ( x − a )2 + ( y − b ) 2 = r 2

                                     a        b        c
      InABC:                            =         =
                                  sin A sin B sin C
                                   a 2 = b 2 + c 2 − 2bc. cos A
                                                    1
                                   area ΔABC = ab. sin C
                                                    2

     sin ( +  ) = sin . cos  + cos .sin                         sin ( −  ) = sin . cos  − cos .sin 

     cos( +  ) = cos . cos  − sin  . sin                        cos( −  ) = cos . cos  + sin  . sin 
              cos  − sin 
                          2           2

              
     cos 2 = 1 − 2 sin 2                                           sin 2 = 2 sin  . cos 
              2 cos 2  − 1
              
                                                                                n            2

         x                                                                      (x − x )
                                                                                    i
      x=                                                               = i =1
                                                                            2

            n                                                                       n
                n( A )
     P(A) =                                                           P(A of B) = P(A) + P(B) – P(A en B)
                n(S)

 yˆ = a + bx                                                                            b=
                                                                                              (x − x )( y − y )
                                                                                               (x − x)    2

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS P2 QP GR12 JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-qp-gr12-june-2022-afrikaans/49feb536-3d0c-4e63-b857-c88def50a8c1) — Mathematics · QP · 2022 · Afr
- [MATHS P1 QP GR12 SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr12-sept-2021-afrikaans/ecc6ca73-048f-4257-8f9a-db12f35059e1) — Mathematics · QP · 2021 · Afr
- [Mathematics P2 Nov 2020 ANSBK Afr Eng (2) final](https://www.hlayiso.com/library/mathematics-p2-nov-2020-ansbk-afr-eng-2-final/199754f9-9f9b-4bd9-8890-beebee25863f) — Mathematics · QP · 2021 · Eng
- [MATHS P1 GR12 MEMO JUNE 2022 English Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr12-memo-june-2022-english-afrikaans/9b15b6bd-06b3-48e5-b6d7-c1e74e052ebf) — Mathematics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/141815e5-df0c-4d8f-a354-4ef5b9b2a2e2) — Mathematics · QP · 2024 · Afr
- [MATHS P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/3f49dc17-3d6a-4adb-aab5-4d32cf7d95c0) — Mathematics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mathematics

- [MATHS P1 ANSWER BOOK GR12 SEPT 2025 English Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-answer-book-gr12-sept-2025-english-afrikaans-watermark/d78c3fd3-dcd5-4f3f-911b-e5635b4686cc) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS P2 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/838d50ea-fdac-4e70-8d62-e365a012252f) — Memo · 2025
- [MATHS P1 GR 12 MEMO SEPT 2024 English+Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-gr-12-memo-sept-2024-english-afrikaans/f0eedb8f-ec6f-4f46-9885-3933cd274781) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/b8d5ec37-18cd-443c-976d-f6ddeb339d23) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Maths Grade 12 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-12-march-2024-qp-and-memo/49c516f7-1294-466c-8f55-9d573aae2c13) — QP + Memo · 2024
- [Mathematics Maths NSC Prac P1 QP May June 2024 KZN](https://www.hlayiso.com/library/mathematics-maths-nsc-prac-p1-qp-may-june-2024-kzn/f4a136af-f532-49fe-878e-dea9f5333405) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
