# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mec-tech-gr12-qp-sept2023-fitting-afrikaans/da013d0f-40d0-4019-86bb-db6beb0f6bdd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/mec-tech-gr12-qp-sept2023-fitting-afrikaans/da013d0f-40d0-4019-86bb-db6beb0f6bdd)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                               SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2023

   MEGANIESE TEGNOLOGIE: PAS EN MASJINERING

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend ŉ 4-bladsy formuleblad.

### Page 2

2               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                 (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Lees ALLE vrae noukeurig.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
      desimale plekke af.

7.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en teken-
      instrumente gebruik.

8.    Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.    Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.   ŉ Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

12.   Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                             TYD
        VRAAG                      INHOUD                   PUNTE
                                                                          in minute
                                          GENERIES
           1         Meervoudigekeuse-vrae                    6                6
           2         Veiligheid                               10              10
           3         Materiaal                                14              14
                                          SPESIFIEK
           4         Meervoudigekeuse-vrae                    14              10
                     Terminologie (Draaibank en
           5                                                  18              20
                     Freesmasjien)
            6        Terminologie (Indeksering)              28               25
            7        Gereedskap en Toerusting                13               10
            8        Kragte                                  33               33
            9        Instandhouding                          18               12
           10        Hegtingmetodes                          18               12
           11        Stelsels en Beheer (Aandryfstelsels)    28               28
                                                TOTAAL       200             180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                    3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1
tot 1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 A.

1.1    Watter van die volgende opsies hieronder beskryf die Wet op
       Arbeidsverhoudinge (WAV Nr. 66 van 1995) in Suid-Afrika wat die mense
       met MIV/Vigs leef, beskerm?

       A     Alle werkgewers moet verseker dat die werkplek veilig is, en dat
             werknemers nie die risiko loop om met MIV by die werk besmet te word
             nie.
       B     Brei uit hoe almal die reg het op billike arbeidspraktyke.
       C     Werkgewer kan nie bloot ŉ werknemer ontslaan wat met MIV besmet is
             nie.
       D     Bevorder nie-diskriminasie in die werkplek.                              (1)

1.2    Ondersoekprosedure is een van die prosesse wat onderneem word om die
       tipe noodhulpmaatreëls te bepaal wat toegepas moet word op ŉ werknemer
       wat in ŉ ongeluk in ŉ werkplek betrokke is.
       Identifiseer die opsie hieronder wat hierdie proses die beste beskryf.

       A     Omgewingswaarneming
       B     Sigbare tekens en simptome
       C     Diagnose-aanduidings
       D     Al die bogenoemde                                                        (1)

1.3    Die volgende veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer gasbottels
       hanteer word:

       A     Alle silinders moet in horisontale posisies gehou word
       B     Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers
       C     Moet nooit silinders bo-op mekaar stapel nie
       D     Die kleurkode van ŉ suurstofsilinder is groen                            (1)

1.4    Watter EEN van die hittebehandelingsprosesse word gebruik om interne
       spanning en brosheid, wat veroorsaak word deur verharding, te verwyder?

       A     Uitgloeiing
       B     Dopverharding
       C     Tempering
       D     Normalisering                                                            (1)

1.5    Watter van die volgende toets word gebruik om die koolstofinhoud van staal
       te bepaal?

       A     Klanktoets
       B     Buigtoets
       C     Vyltoets
       D     Al die bogenoemde.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2023)

1.6   Hoekom is dit baie belangrik om ŉ klein werkstuk stewig vas te klem voordat
      boorwerk uitgevoer kan word?

      A     Om wrywing te verminder
      B     Om te verhoed dat die boorpunt breek asook om ongelukke te voorkom
      C     Om die snygereedskap en werkstuk koel te hou
      D     Al die bogenoemde                                                         (1)
                                                                                      [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)      MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                    5

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1    Gee DRIE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat jy in ag moet neem voordat
       boogsweiswerk kan begin.                                                      (3)

2.2    Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan jy moet voldoen
       wanneer jy ŉ staanboormasjien gebruik om ŉ gat op ŉ soliede vierkantige
       staaf te boor.                                                                (2)

2.3    Wat is die maksimum dikte van staalplaat wat ŉ handguillotine kan
       akkommodeer as daarmee gesny word?                                            (1)

2.4    Gee TWEE voordele van elk van die volgende werkswinkeluitlegte:

       2.4.1    Produkuitleg van masjiene                                            (2)

       2.4.2    Prosesuitleg van masjiene                                           (2)
                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

6               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1   Noem die TWEE hoofdoelwitte van dopverharding van sagte staal.                  (2)

3.2   Waarom kan hoëkoolstofstaal nie vir dopverharding gebruik word nie?             (1)

3.3   Noem DRIE faktore wat die hardheid van staal tydens die hittebehandeling
      van metale, bepaal.                                                             (3)

3.4   Noem DRIE tipes afkoelmiddels.                                                  (3)

3.5   Wat is die doel van die kleurkodering wat op ingenieursmateriaal gemerk is?     (1)

3.6   Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
      metaal te verkry:

      3.6.1    Hardheid                                                               (1)

      3.6.2    Koolstof-inhoud                                                        (1)

      3.6.3    Rekbaarheid                                                            (1)

3.7   Noem die masjien wat vir vonktoets gebruik word.                               (1)
                                                                                    [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                       7

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(4.1 tot 4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 4.15 A.

4.1    FIGUUR 4.1 hieronder toon ŉ Brinell-hardheidstoetser om die hardheid van
       ŉ toetsstuk te bepaal.

                                     FIGUUR 4.1

       Identifiseer deel X:

       A     Laer
       B     Deursnee van inkeping/duik
       C     Beweging
       D     Brinell-bal                                                                 (1)

4.2    Identifiseer die tipe freesbewerking wat in FIGUUR 4.2 getoon word.

                                     FIGUUR 4.2

       A     Gewone reguittandfrees
       B     Reguittand-kantfreessnyer
       C     Klimfrees
       D     Bladsny                                                                     (1)

4.3    Watter EEN van die volgende is ŉ draaibankkomponent?

       A     Slypwiel
       B     Voeras
       C     Drukmeter
       D     Voerhefboom                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)              (EC/SEPTEMBER 2023)

4.4   Waarvoor staan die afkorting RNB?

      A     Rekenaar Numeriese Beheer
      B     Nuwe beheerkodering
      C     Maatskappynommersbeheer
      D     Geeneen van die bogenoemde nie.                                            (1)

4.5   In ŉ trektoets word ...

      A     ŉ toetsstuk tot vernietiging gelaai.
      B     balke gebruik om die struktuur van ŉ sweislas te bepaal.
      C     ŉ hamer gebruik om die toetsmateriaal te breek.
      D     vloeibare kleurstof gebruik om sweisdefekte op te spoor.                   (1)

4.6   Die hoofrede vir die uitvoering van ŉ hardheidstoets op ingenieursmateriaal
      is om die ... te bepaal.

      A     elastisiteit van die materiaal
      B     weerstand van die materiaal teen induiking
      C     korrosie van die materiaal
      D     vloeibaarheid van die metaal                                               (1)

4.7   Wat dui die punt E op die Spanning-/Vervormingsdiagram in FIGUUR 4.7
      aan?

                                        FIGUUR 4.7

      A     Verhoudingsperk
      B     Elastisiteitsgrens
      C     Maksimumspanning
      D     Breekspanning                                                              (1)

4.8   Tensy anders vermeld, watter vryloophoek word normaalweg gebruik om die
      voorsny- en nasny gereedskaphoeke van ŉ vierkantige snybeitel te
      bereken?

      A     90°
      B     3°
      C     60°
      D     45 °                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)      MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                      9

4.9    Wat is die boorgrootte van ŉ M12 x 1,5 skroefdraad?

       A     13,5 mm
       B     1,5 mm
       C     12 mm
       D     10,5 mm                                                                   (1)

4.10   ŉ Werkstuk moet 13 rattande op sy omtrek hê. Watter tipe indeksering sal
       op hierdie ru-rat uit gevoer word?

       A     Hoekinstelling
       B     Eenvoudige indeksering
       C     Snel-indeksering
       D     Nuwe indeksering                                                          (1)

4.11   As die module van ŉ reguit rat 2,5 is, wat sal die addendum wees?

       A     6 mm
       B     3 mm
       C     2,5 mm
       D     9 mm                                                                      (1)

4.12   Identifiseer die boorbewerking in FIGUUR 4.12.

                                      FIGUUR 4.12

       A     Versinking
       B     Moerdraadsnyding
       C     Draaiwerk
       D     Freeswerk                                                                 (1)

4.13   Daar is verskillende tipes masjienprosesse in vervaardiging. Watter proses
       sal jy gebruik om gate tot die presiese toleransie te vergroot?

       A     Moerdraadsnyding
       B     Boring
       C     Gleufwerk
       D     Ruimwerk                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)        (EC/SEPTEMBER 2023)

4.14   Identifiseer die simbool, getoon in FIGUUR 4.14 hieronder, wat met ŉ
       pneumatiese stelsel verband hou.

                                   FIGUUR 4.14

       A    Klep
       B    Filter
       C    Kompressor
       D    Motor                                                               (1)
                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                11

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

5.1    Bereken die snydiepte van ŉ metrieke V-skroefdraad met ŉ spoed van
       2,5 mm deur die saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik.                   (3)

5.2    Noem TWEE metodes wat gebruik word om skroefdrade met ŉ draaibank
       te sny.                                                                     (2)

5.3    ŉ Sirkelvormige as met ŉ buitedeursnee van 100 mm moet met ŉ tweevoud-
       vierkantige skroefdraad van 12 mm steek bewerk word.

       Bereken die volgende:

       5.3.1    Die styging van die skroefdraad                                    (2)

       5.3.2    Die gemiddelde diameter van die skroefdraad                        (2)

       5.3.3    Die helikshoek van die skroefdraad                                 (2)

5.4    FIGUUR 5.4 hieronder toon die komponente rondom die snyarea van ŉ
       freesmasjien. Beantwoord die vrae wat volg.

                                       FIGUUR 5.4

       5.4.1    Identifiseer die tipe freeswerk in FIGUUR 5.4.                     (1)

       5.4.2    Benoem dele A–F.                                                  (6)
                                                                                 [18]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)               (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 6: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)

6.1   Noem TWEE voordele van groepfreeswerk.                                               (2)

6.2   Noem EEN gebruik van die volgende freessnyers.

      6.2.1    T-gleuffreessnyer                                                           (1)

      6.2.2    Skagfrese                                                                   (1)

      6.2.3    Saagfrese                                                                   (1)

6.3   Definieer die term module soos dit op ratte toegepas word.                           (1)

6.4   Verduidelik, deur gebruik te maak van ŉ netjiese benoemde skets, hoe
      opfreeswerk gedoen moet word.                                                        (2)

6.5   Sizwe is ŉ masjinis en hy word vereis om 163 tande op ŉ reguit tandwiel te
      frees. Die verdeelkopverhouding is 40 : 1.
      (WENK: Gebruik N = 160 verdelings vir die eenvoudige indeksering.)

      6.5.1    Bereken die indeksering wat benodig word.                                   (3)

      6.5.2    Bereken die wisselratte wat vir die verdeelkop benodig word.                (4)

      6.5.3    Wat is die betekenis van die positiewe (+) teken en die negatiewe (-)
               teken vir die verandering van ratte?                                        (2)

6.6   FIGUUR 6.6 toon twee presisierollers wat in ŉ eksterne swaelstert geplaas
      is. Gebruik die gegewe inligting om die volgende vraag te beantwoord.

                                       FIGUUR 6.6

      6.6.1    Bereken die afstand Y en X.                                                (11)
                                                                                          [28]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)      MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                      13

VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

7.1    Verduidelik die prosedure/stappe om die Brinell-hardheidstoetser op te stel
       en die toets te doen.                                                            (5)

7.2    Noem die DRIE maniere waarop hardheid gemeet word.                               (3)

7.3    Bestudeer die diagram wat in FIGUUR 7.3 hieronder getoon word en
       beantwoord die vrae wat volg.

                                       FIGUUR 7.3

       7.3.1    Wat is die naam van die ingenieursapparaat in FIGUUR 7.3?               (1)

       7.3.2    Benoem die dele A–D.                                                   (4)
                                                                                      [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

8.1   FIGUUR 8.1 hieronder toon ŉ stelsel van kragte met vier mededingende/
      saamvlakkige toegepaste kragte.

                                      FIGUUR 8.1

      Bereken die:

      8.1.1    Som van die horisontale komponente in grootte en rigting                     (3)

      8.1.2    Som van die vertikale komponente in grootte en rigting                       (3)

      8.1.3    Grootte en rigting van die resulterende krag en sy ekwilibrant               (4)

8.2   FIGUUR 8.2 hieronder toon ŉ balk met twee vertikale toegepaste
      puntbelastings van 1 400 N en nog 1 600 N en ook ŉ 350 N/m eenvormig
      verspreide las vir ŉ totale spanwydte van 6,7 m.

                                      FIGUUR 8.2

      Bereken die grootte van reaksies RA en RB.                                            (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                  15

8.3    Sakhi is opdrag gegee om ŉ sagte staalpen te gebruik om ŉ bus met ŉ
       hidrouliese pers uit die juk te verwyder. Die tekening van die pen, in
       FIGUUR 8.3 getoon, dui ŉ las van 100 kN aan wat ŉ spanning van 204 MPa
       veroorsaak.

                                       FIGUUR 8.3

       8.3.1    Bereken die deursnee van die pen in millimeter.                      (6)

       8.3.2    Bereken die spanning wat in die pen geïnduseer word as Young se
                elastisiteitsmodulus 210 GPa is.                                     (3)

       8.3.3    Bereken die verandering in die lengte van die pen as die
                oorspronklike lengte 110 mm is.                                      (3)

       8.3.4    Watter tipe spanning word in die pen geïnduseer?                     (1)

8.4    FIGUUR 8.4 hieronder toon ŉ spanning-vervorming-diagram.

                                       FIGUUR 8.4

       Benoem dele A, B en C.                                                       (3)
                                                                                   [33]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

16              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

Soliede nylon word vir ingenieursdoeleindes gebruik. FIGUUR 9.1 toon ratwiele van
soliede nylon gemaak.

                                     FIGUUR 9.1

9.1   Noem DRIE eienskappe wat nylon besonder vir die vervaardiging van ratte
      geskik maak.                                                                    (3)

9.2   Hoekom is dit noodsaaklik om snyvloeistof op ŉ freesmasjien of draaibank
      te gebruik. Noem TWEE redes.                                                    (2)

9.3   Wat is die moontlike gevolge van versuim om instandhouding te doen?             (2)

9.4   Gee TWEE redes vir die gebruik van koolstofvesel in die vervaardiging van
      fietsrame.                                                                      (4)

9.5   Vergelyk in tabelvorm TWEE kenmerke en TWEE gebruike van PVC.                   (4)

9.6   Noem DRIE roetine-aspekte wanneer voorkomende instandhouding
      uitgevoer word.                                                                (3)
                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)          MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)               17

VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

10.1    ’n Reguittandwiel het 48 tande en ’n module van 3.
        Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:

        10.1.1        Die steeksirkeldeursnee                                        (2)

        10.1.2        Die addendum                                                   (1)

        10.1.3        Die tussenruimte                                               (2)

        10.1.4        Die dedendum                                                   (2)

        10.1.5        Die buitedeursnee van die rat                                  (2)

        10.1.6        Die sirkulêresteek                                             (1)

Bestudeer FIGUUR 10.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           FIGUUR 10.2

10.2    Benoem dele A–D.                                                             (4)

10.3    Waarom sal ŉ meervoudige skroefdraad meestal bo ŉ enkelskroefdraad
        verkies word?                                                                (2)

10.4    Waarvoor staan die afkorting ISO?                                           (2)
                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

18              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (SPESIFIEK)

11.1   Definieer die term druk.                                                       (1)

11.2   ŉ Hidrouliese stelsel word gebruik om ŉ draaibank op te lig. Die
       spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 11.2
       voorgestel.

                                    FIGUUR 11.2

       Bereken die volgende:

       11.2.1   Die deursnee van suier A. (WENK: VA = VB)                             (9)

       11.2.2   Die druk wat op suier A uitgeoefen word                               (2)

       11.2.3   Die krag wat op suier B uitgeoefen word                               (4)

11.3   Definieer wat met hidroulika bedoel word.                                      (1)

11.4   ŉ Kragsaag se motor het ŉ katrol, 130 mm in deursnee, wat teen 1 205 rpm
       draai. Die spoed waarteen die aangedrewe katrol die saaglemme aandryf
       is 385 rpm.

       Bereken die deursnee van die aangedrewe katrol.                                (2)

11.5   Maak netjiese, vryhandsketse van die ISO-simbole wat die volgende
       pneumatiese komponente verteenwoordig:

       11.5.1   Silinder                                                              (1)

       11.5.2   Akkumulator                                                           (1)

       11.5.3   Elektriese motor                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                      19

11.6   FIGUUR 11.6 hieronder toon ŉ rat-aandrywingstelsel. ŉ Dryfrat op die as
       van ŉ elektriese motor het 20 tande en is ingekam met ŉ rat op ŉ teenas
       met 36 tande. Op hierdie teen-as is nog ŉ dryfrat met 18 tande wat inkam
       met ŉ rat met 46 tande op ŉ tweede teen-as. Die tweede teen-as het ŉ
       dryfrat met 42 tande wat ŉ rat met 80 tande op die uitset-as aandryf.

                                      FIGUUR 11.6

       Bereken die:

       11.6.1    Rotasiefrekwensie van die uitset-as op die elektriese motor as die
                 elektriese motoras teen 160 r/min roteer                                (3)

       11.6.2    Snelheidsverhouding tussen die inset- en uitset-as                      (2)

       11.6.3    Rigting waarin die aangedrewe as sal draai as die dryfrat
                 antikloksgewys roteer                                                  (1)
                                                                                       [28]

                                                                        TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

20                MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                          (EC/SEPTEMBER 2023)

                        FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                              (PASWERK EN MASJINERING)

1.     BANDAANDRYWINGS
                        πDN                                           πDN
       Bandspoed =                                 of          v=
                         60                                            60

                                    Diameter van dryfkatrol
       Spoedverho uding =
                                  Diameter van gedrewe katrol

       N 1 D1 = N 2 D 2

                           2 π NT
       Drywing ( P ) =
                              60

                                                               T1
       Verhouding van stywe kant tot slap kant =
                                                               T2

                       (T1 − T2 ) π D N
       Drywing =                             waar T1 = krag in die stywe kant
                             60
                                                        T2 = Krag in die slap kant
                                               T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                       Krag                  F
       Spanning =                of   (σ =     )
                       Area                  A

                                      verandering in lengte ( ΔL )
       Vormverandering ( ε ) =
                                       oorspronklike lengte (L )

                                          spanning                        σ
       Young se modulus (E ) =                                   of   (     )
                                       vormverandering                    ε

                πd 2
       A as =
                 4

                 π(D 2 − d 2 )
       A pyp =
                      4

                                    Breekspanning
       Veiligheidsfaktor =
                                 Veilige werkspanning

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)           MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)               21

3.     HIDROULIKA

                      Krag ( F )
       Druk ( P ) =
                      Area ( A )

       Volume = Deursnee - oppervlakt e  slaglengte

4.     SPYE EN SPYGLEUWE
                       Diameter van as
       Wydte van spy =
                              4

                             Diameter van as
       Dikte van spy =
                                    6

       Lengte van spy = 1,5  Diameter van as

       Standaardt aps van tap se spy : 1 in 100 of 1 : 100

5.     RATAANDRYWINGS

                      2NT
       Krag ( P ) =
                       60

       N1T1 = N 2 T2

                             Produk va n die aantal tande op dryfratte
       Ratverhoud ing =
                           Produk van die aantal tande op gedrewe ratte

        N
         inset = Produk va n die aantal tande op dryfratte
       N        Produk van die aantal tande op gedrewe ratte
         uitset

       Wringkrag = krag  radius

       Wringkrag oorgebring = ratverhoud ing  insetwring krag

                         Steeksirke ldiameter (SSD )
       Module ( m ) =
                              Aantal tande (T)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

22              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                            (EC/SEPTEMBER 2023)

                                          sirkelstee k ( CP )  aantal tande ( T )
       Steeksirke ldiameter ( SSD ) =
                                                             π

       Buitediame ter ( OD ) = SSD + 2 module

       Addendum ( a ) = module ( m )

       Dedendum ( b ) = 1,157 m                   of      Dedendum ( b ) = 1,25 m

       Snydiepte ( h ) = 2,157 m                  of      Snydiepte ( h ) = 2,25 m

       Vryruimte ( c ) = 0,157 m                  of      Vryruimte ( c ) = 0,25 m

       Sirkelstee k ( CP ) = m  π

                      Tm        90  
       Add c = m +       1− cos      
                       2         T 

                     90                                               90 
       t c = Tmsin                              of      t c = SSDsin
                      T                                                 T

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)            MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING)                                      23

6.     SKROEFDRADE

       Steekdiame ter = buitediame ter − ½ steek

       Steekomtre k = π  steekdiame ter

       Styging = steek  aantal beginpunte

       Hoogte van skroefdraa d = 0,866  p                 waar p = steek van die skroefdraa d

       Diepte van die skroefdraa d = 0,613  p                  waar p = steek van die skroefdraa d

                             lengte
       Aantal draaie =
                            styging

                                    styging
       Helikshoek : tan θ =
                                 steekdiame ter

       Ingrypbeit elhoek = 90  − (helikshoek + vryloophoe k )

       Sleepbeite lhoek = 90  + (helikshoek − vryloophoe k )

7.     CINCINNATI-VERDEELKOP-TABEL VIR DIE FREESMASJIEN

                                                      Gatsirkels
         Kant 1        24      25          28    30        34        37    38     39    41        42     43
         Kant 2        46      47          49    51        53        54    57     58    59        62     66

                                                      Wisselratte
         24 x 2        28        32         40        44        48        56    64     72         86    100

                                           40
       Eenvoudige indekserin g =                 ( waar n = aantal verdelings )
                                           n

                                      n
       Hoekige indekserin g =
                                      9

                    Dr               40                          Dr ( A − n ) 40
       Wisselratt e:    = (A − n )                   of            =           
                    Gd               A                           Gd       A       1
       (waar A = gekose verdelings )                            (waar n = werklike verdelings )

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
