# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-auto-afrikaans/dedc7237-4b5a-4e06-98a0-d31b56dec445
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-auto-afrikaans/dedc7237-4b5a-4e06-98a0-d31b56dec445)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2020

            MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTOR

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend ŉ 1 bladsy-formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Skryf jou volle naam op die ANTWOORDEBOEK.

 2.     Beantwoord AL die vrae noukeurig.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.     Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
        desimale plekke af.

 7.     Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
        teken-instrumente gebruik.

 8.     Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m.s2 geneem word.

 9.     Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.    ŉ Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 12.    Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

      VRAAG                      INHOUD                            PUNTE             TYD
                                GENERIES
        1       Meervoudigekeuse-vrae                                 6           6 minute
        2       Veiligheid                                           10           10 minute
        3       Materiaal                                            14           14 minute
                                SPESIFIEK
        4       Meervoudigekeuse-vrae                                14           10 minute
        5       Gereedskap en toerusting                             23           20 minute
        6       Enjins                                               28           25 minute
        7       Kragte                                               32           25 minute
        8       Instandhouding                                       23           20 minute
        9       Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)              18           20 minute
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
       10                                                            32           30 minute
                Elektronika)
                                                  TOTAAL             200         180 minute

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                          3

 AFDELING A: GENERIES

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
 (1.1–1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 D.

 1.1     Watter van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op
         guillotines in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
         (WBV)?

         A            Klamp die werkstuk veilig op die tafel.
         B            Moenie die kloukopsleutel op die masjien los nie.
         C            Masjien moet toegerus wees met vaste skerms om te verhoed
                      dat vingers deur die punt van die operasie bereik word.
         D            Gebruik die tafel van die masjien as 'n aambeeld.                       (1)

 1.2     Wat is die doel daarvan om die lem van die bandsaag met snyvloeistof te
         verkoel?

         A            Om wrywing te veroorsaak
         B            Om skoon snitte te verseker en metaalafval te verwyder
         C            Om reguit snye te verseker
         D            Om die lem vorentoe en agtertoe te beweeg                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)               (EC/SEPTEMBER 2020)

         1.3    Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van
                toepassing op die werking van ŉ hidrouliese pers?

                A    Moenie moersleutels op roterende dele los nie.
                B    Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gedruk
                     word.
                C    Drukmeters moet gereeld getoets word en aangepas of
                     vervang word indien enige wanfunksionering voorkom.
                D    Gebruik die masjienblad as ŉ aambeeld.                                 (1)

         1.4    Watter EEN van die volgende toetse word gebruik om die
                smeebaarheid van ŉ metaal te meet?

                A    Buigtoetse
                B    Klanktoetse
                C    Hardheidstoetse
                D    Masjinering/Bewerkingstoetse                                           (1)

         1.5    Vyltoetse word gebruik as die eenvoudigste metode vir die nagaan
                van die ... van materiaal.

                A    taaiheid
                B    hardheid
                C    smeebaarheid
                D    sagtheid                                                               (1)

         1.6    Klanktoetse kan uitgevoer word deur materiaal met ŉ ... te tik.

                A    ystersaag
                B    moersleutel
                C    hamer
                D    vyl                                                                    (1)
                                                                                            [6]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                        5

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1     Noem enige TWEE persoonlike veiligheidstoerusting wat jy benodig met
         die gebruik van gassweistoerusting.                                       (2)

 2.2     Gee TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word terwyl die
         oppervlakslyper in werking is.

                                                                                   (2)

 2.3    Watter aspek van veiligheid moet oorweeg word wanneer 'n taak op enige
        masjien voltooi word, voordat jy die masjien verlaat?                      (1)

 2.4    Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat oorweeg moet word voordat jy die
        hoekslyper aanskakel.

                                                                                   (2)

 2.5    Waarom is dit belangrik om 'n sweishelm te dra wanneer daar met
        sweistoerusting gewerk word?                                               (1)

 2.6    Noem TWEE tipes werkswinkel-uitlegte.                                      (2)
                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

 3.1    Die volgende tabel toon die verskillende tipes toetse en materiale.
        Kopieer en voltooi die tabel in jou ANTWOORDEBOEK deur aan te dui hoe
        hierdie materiaal onder die verskillende toetse sal reageer.

         MATERIAAL                    VERSKILLENDE TIPE TOETSE

                              Klank                  Vyl              Buig
         Gietyster
         Sagte staal
                                                                                         (6)

 3.2    Verduidelik die doel van hittebehandeling.                                       (1)

 3.3    Die hardheid van 'n spesifieke behandeling wat bereik kan word hang van
        DRIE faktore af. Noem enige TWEE faktore.                                        (2)

 3.4    Verduidelik die doel van die volgende hittebehandelingprosesse:

        3.4.1   Tempering                                                                (2)

        3.4.2   Uitgloeiing                                                              (2)

 3.5    Waarvan hang die hardheid van staal af?                                           (1)
                                                                                         [14]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                           7

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1–4. 14)
 in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.15 A.

 4.1   FIGUUR 4.1 hieronder is ŉ OBDII motordiagnose masjien.

                                           FIGUUR 4.1

       Watter EEN van die volgende toepassings vereis NIE die gebruik van
       hierdie instrument NIE?

       A      Bepaal die nasporingshoek van ŉ wiel
       B      Ondersoek ŉ motor se elektroniese beheermodule (EBM)
       C      Spoor foute in die vorm van kodes op
       D      Klaar foute op wat deur ŉ motor se elektroniese beheermodule
              ontsyfer word                                                                 (1)

 4.2   Gedurende die proses van die opstel van die emissie gasontleder aan ŉ
       motor se uitlaatstelsel, watter van die volgende opstel prosedures is NIE
       van toepassing NIE?

       A      Koppel die ontleder aan die 12-volt voertuigbattery terminale
       B      Moet nie die gepantserde slang vanaf die kondensator klankafnemer
              aan die agterkant van die masjien heg nie, tensy die skerm 0,00 is
       C      Laat die druk uit wat in die stelsel met die drukontlasklep opgebou het
       D      Steek die silikonslangpypie en klem dit aan die uitlaatpyp vas                (1)

 4.3   Watter EEN van die volgende tipe toerusting word gebruik om die
       persentasie lekkasie van ŉ silinder in ŉ binnebrandenjin te bepaal?

       A      Borrelvloeimeter
       B      Emissie-gasontleder
       C      Kompressietoetser
       D      Silinderlekkasietoetser                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.4   Identifiseer die toerusting in FIGUUR 4.4 hieronder getoon.

                                       FIGUUR 4.4

       A     Pomp
       B     Remband
       C     Stator
       D     Stuwer                                                                          (1)

 4.5   Wat is die naam van die totale volume wat verplaas word, wanneer ŉ suier
       vanaf die onderste dooie punt na die boonste dooie punt van ŉ interne
       verbranding beweeg?

       A     Vry volume
       B     Slagvolume
       C     Kompressievolume
       D     Silindervolume                                                                  (1)

 4.6    Wat is die doel van die afvoersluis van ŉ turbo-aanjaer van ŉ interne
        verbrandingenjin?

        A    Verskaf meer aanjagingsdruk na die enjin
        B    Verkoel die lug wat na die inlaatspruitstuk kom
        C    Afvoer van oortollige suurstof wat na die verbrandingskamer kom
        D    Afvoer van oortollige uitlaatgasse deur te verseker dat dit die turbo-
             aanjaer turbine verbysteek                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                            9

 4.7    FIGUUR 4.7 hieronder toon is ŉ superaanjaer.

                                        FIGUUR 4.7

        Identifiseer die tipe superaanjaer:

        A     Roots superaanjaer
        B     Sentrifugale superaanjaer
        C     Dubbelskroef superaanjaer
        D     Skuif-wiek superaanjaer                                                         (1)

 4.8    Wat is die doel van ŉ katalitiese omsetter in die uitlaatstelsel van ŉ
        vonkontstekingsenjin?

        A     Reguleer die hoeveelheid suurstof in die uitlaatspruit
        B     Laat die uitlaatgasse slegs in een rigting vloei
        C     Voorkom die vloei van uitlaatgasse
        D     Omskep/herlei die besoedelingstowwe in uitlaatgasse van ŉ enjin na
              ŉ nie-toksiese stof                                                             (1)

 4.9    Lambda-suurstofsensors is in die uitlaat van die turbine van turbo-
        aanjaers geïnstalleer om die suurstofinhoud van die uitlaatgasse na te
        gaan (‘sense’). Waarom is hulle in turbogelaaide voertuie geïnstalleer?

        A     Turbo-aangejaagde voertuie het ŉ hoё koolstofuitlaat-inhoud
        B     Turbo-aangejaagde voertuie het ŉ hoё lugversterking in die
              inlaatspruit
        C     Turbo-aangejaagde voertuie het ŉ hoё brandstofverbruik
        D     Daar is geen lugvloeimeter nie                                                  (1)

 4.10   Hoe beïnvloed die luierspoedbeheerklep die spoed van ŉ enjin by koue
        aansitting?

        A     Verhoog die spoed van ŉ enjin by koue-aansit
        B     Verminder die spoed by koue-aansit
        C     Verhoed dat die enjin oorverhit deur die luierspoed by die koue-
              aansit te reguleer
        D     Veroorsaak dat die enjin ophou loop soos die temperatuur styg                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)               (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.11   Watter EEN van die volgende is die korrekte funksie van die versnelklep
        posisie sensor in ŉ luginduksie-stelsel?

        A    Beheer die suurstofinhoud in die uitlaatgasse
        B    Verstel die smoorklep vir maksimum werkverrigting
        C    Verkry (‘detect’) die posisie van die smoorklep
        D    Verkry (‘detect’) die posisie van die nokas                               (1)

 4.12   Identifiseer die tipe ratstelsel-samestelling wat in FIGUUR 4.12 hieronder
        getoon word.

                                         FIGUUR 4.12

        A    Dubbelrat samestelling
        B    Enkelrat samestelling
        C    Dubbel-episikliese ratstelsel
        D    Enkel-episikliese ratstelsel                                              (1)

 4.13   Watter EEN van die volgende is ŉ moontlike oorsaak van enjin-
        oorverhitting?

        A    Foutiewe alternator
        B    Foutiewe waterpomp
        C    Te veel olie in die opgaarbak
        D    Lekkasie in die brandstoflyn                                              (1)

 4.14   Hoe beïnvloed wielvlug bandslytasie?

        A    Een kant van die band slyt oormatig
        B    Dun buitenste of binneste randslytasie
        C    Eenvormige bandslytasie
        D    Voorkom bandslytasie                                                      (1)
                                                                                       [14]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                        11

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1    Die onderstaande figuur toon die sporingtoerusting wat in ŉ
       motorwerkswinkel gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                              A

                                                                         B

                                                                         C

                                                                         D

                                                                         E

                                       FIGUUR 5.1
       5.1.1    Identifiseer die toerusting in FIGUUR 5.1.                            (1)

       5.1.2    Benoem dele A–E.                                                      (5)

       5.1.3    Lys DRIE sporingshoeke wat met die toerusting in FIGUUR 5.1
                hierbo getoets kan word.                                              (3)

5.2    In puntvorm,beskryf die opstelprosedure wat gevolg moet word wanneer
       die lesing van die wielvlug in die sporingsverstellings van ŉ
       motorsuspensie-stelsel met behulp van ŉ borrelvloeimeter gedoen moet
       word.                                                                          (5)

5.3    Noem DRIE foute wat vasgestel kan word wanneer dinamiese
       wielbalansering uitgevoer word.                                                (3)

5.4    Wat is die hoofdoel van die volgende gereedskap in ŉ motorwerkswinkel?

       5.4.1    Draaiskyf                                                             (2)

       5.4.2    Wielballanseerder                                                     (2)

       5.4.3    Optiese wielsporingstoerusting                                        (2)
                                                                                     [23]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)           (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 6:      ENJINS (SPESIFIEK)
 6.1 ŉ Krukas is onderhewig aan vibrasies terwyl die enjin loop. Gee TWEE
     faktore wat vir hierdie vibrasie verantwoordelik is.                            (2)
 6.2 Noem TWEE tipe vibrasie-dempers wat in ŉ enjin gebruik word.                    (2)
 6.3 Hoe verbeter die volgende ingeboude eienskappe die enjinbalans?

      6.3.1    Krukas                                                                (2)

      6.3.2    Dryfstange en suiers                                                  (2)

      6.3.3    Vliegwiele                                                            (2)

 6.4 Noem DRIE faktore wat die konfigurasies van ŉ enjin bepaal.                     (3)
 6.5 Lys enige TWEE tipes enjin-silinder-konfigurasies.                              (2)

 6.6 Watter tipe enjinopset word in FIGUUR 6.6 hieronder getoon?

                                                                                     (1)
                                      FIGUUR 6.6
 6.7 Gee TWEE faktore wat die ontstekingsorde van ŉ enjin bepaal.                    (2)
 6.8 Wat is die ontstekingsorde van ŉ vyf-silinder in-lyn-enjin?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                        13

 6.9    Die figuur hieronder toon die interne komponente van ŉ turbo-aanjaer.
        Benoem dele A–F.

                                                                                    (6)
                                      FIGUUR 6.9

 6.10   Noem enige DRIE nadele van die gebruik van ŉ turbo-aanjaer in ŉ interne
        verbrandingsenjin.                                                           (3)
                                                                                    [28]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

 7.1 Wat verstaan jy onder die term kompressieverhouding?                             (2)

 7.2 ŉ Kompressieontsteking-enjin (KO) het n silinder deursnee van 90 mm, ŉ
     slaglengte van 110 mm en ŉ vry volume van 70 cm3.

      Bereken die kompressieverhouding van die enjin.                                 (6)

 7.3 Wat is die nuwe kompressie-verhouding van die enjin INDIEN die enjin
     in VRAAG 7.2 opgeknap word en die boor in die proses tot 96,1 mm
     verhoog word om in ŉ groter, nuwe suier te pas?                                  (4)

 7.4 Gee enige VIER metodes wat gebruik kan word om die                               (4)
     kompressieverhouding van ŉ binnebrandenjin te verhoog.

 7.5 Wat verstaan jy onder die term indikateur-drywing van ŉ enjin?                   (2)

 7.6 Die volgende data is aangeteken tydens ŉ toets wat op n vierslag
     viersilinder-petrolenjin-uitgevoer is:

      Gemiddelde effektiewe druk op die suier:      1 200 kPa
      Slaglengte:                                   86 mm
      Silinderbooring:                              90 mm
      Revolusies per minuut:                        4 200 rpm
      Wringkrag:                                    80 Nm @ 4200 rpm
      Aantal silinders:                             4

      Bereken die volgende:

      7.6.1   Aangeduide krag in kW                                                   (7)

      7.6.2   Die remkrag in kW                                                       (3)

      7.6.3   Meganiese doeltreffendheid                                              (2)

 7.7 Wat verstaan jy onder die term meganiese doeltreffendheid van ŉ
     binnebrandenjin?                                                                 (2)
                                                                                     [32]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                         15

 VRAAG 8:       INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 8.1 ŉ Motoruitlaatgas is ontleed en toe is vasgestel dat daar ŉ hoё
     koolstofmonoksiedlesing was.

       8.1.1    Noem DRIE moontlike oorsake wat vir die hoё
                koolstofmonoksied-lesing verantwoordelik kon wees.                    (3)

       8.1.2    Gee DRIE noodsaaklike maatreëls wat uitgevoer moet word om
                die foute reg te stel.                                                (3)

       8.1.3    Noem DRIE ander gasse wat tydens die ontgassingsproses
                ontleed kan word.                                                     (3)

 8.2 Tydens die proses van kompressietoetsing op ŉ 6-silinder SI-enjin, is
     daar ontdek dat twee van die silinders ŉ ongewoon lae lesing het. Wat
     sal die volgende stap wees om die toestand van hierdie twee silinders te
     verifieer?                                                                       (1)

 8.3 Tydens ŉ silinderlekkasietoetsprosedure is ontdek dat daar ŉ paar
     tekens van mislukking in die silinder is. Wat is die moontlike oorsake van
     die volgende mislukkings:

       8.3.1   Sisgeluid vanaf die inlaatspruit                                       (1)

       8.3.2   Borrels vanaf die verkoeler                                            (1)

       8.3.3   Sisgeluid vanaf die peilstok                                           (1)

 8.4 Gee VIER vervaardigingsspesifikasies wat in ag geneem moet word met
     die uitvoer van die oliedruktoetsing.                                            (4)

 8.5 Lys DRIE moontlike oorsake van lae brandstofdruklesings tydens
     brandstof druktoetsing.                                                          (3)

 8.6 Noem enige DRIE moontlike komponente waar die afkoelmiddel tydens
     verkoelingsdruktoetsing kan lek.                                                 (3)
                                                                                     [23]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)               (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

 9.1     Wat was die hoofdoel agter die ontwerp van die outomatiese ratkas in
         plaas van ŉ handgedrewe ratkas?                                                     (2)

 9.2     Gee DRIE voordele van die gebruik van ŉ outomatiese ratkas.                         (3)

 9.3     Die diagram in FIGUUR 9.3 hieronder toon een van die komponente van
         ŉ outomatiese transmissiestelsel.

                                     FIGUUR 9.3

 Gebruik die diagram om die vrae te beantwoord.

         9.3.1    Identifiseer die toerusting in FIGUUR 9.3 hierbo.                         (1)

         9.3.2    Benoem dele A–F in FIGUUR 9.3 hierbo.                                     (5)

         9.3.3    Noem DRIE funksies van die toerusting in FIGUUR 9.3 hierbo.               (3)

         9.3.4    Wat is die funksie van die deel gemerk C?                                 (2)

 9.4    Wanneer die spoed in ŉ wringkragomsetter verhoog, hoe sal dit die
        wringkrag vermenigvuldiging beïnvloed?                                               (2)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)                           17

 VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
           ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

 10.1    Noem VIER eienskappe van ŉ goeie stuurmeganisme.                                     (4)

 10.2    Toon die binnesporing van die voorwiel van ŉ motorvoertuig deur
         gebruik te maak van ŉ netjiese skets met goeie byskrifte.                            (4)
 10.3    Noem die doel van elk van die volgende hoeke:

         10.3.1       Askanteling                                                             (2)

         10.3.2       Ackermann-beginsel                                                      (2)

         10.3.3       Krinkspilhelling                                                        (2)
 10.4    Die diagram in FIGUUR 10.4 hieronder toon ŉ sporingshoek van ŉ
         motor se voorwiel. Beantwoord die vrae wat volg.

                                               B                         C
                                                                         D

                                                                     E

                                         A
                                                                                 F

                                             FIGUUR 10.4

         10.4.1       Identifiseer die tipe sporingshoek in FIGUUR 10.4 hierbo.               (1)

         10.4.2       Benoem die dele A–F in FIGUUR 10.4 hierbo.                              (6)

         10.4.3       Verduidelik kortliks die tipe sporingshoek in FIGUUR 10.4
                      hierbo vertoon.                                                         (2)

 10.5    Lys VYF faktore wat in ag geneem moet word voordat wielsporing
         nagegaan of aangepas kan word.                                                       (5)

 10.6    Wat is die doel van wielbalansering?                                                 (2)

 10.7    Noem die TWEE tipes wielbalansering wat gebruik word in
         bandpassentrums.                                                                    (2)
                                                                                            [32]

                                                                               TOTAAL : 200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                          MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)            (EC/SEPTEMBER 2020)

           FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTOR)

Krag  m  a          waar m  massa
                             a  versnelli ng

Arbeid  krag  afstand (F  d)

              krag  afstand
Dry wing 
                   ty d

Wringkrag  krag  radius

Indikateursdry wing  P  L  A  N  n
waar            P  gemiddelde effektiewe druk
                      L  slaglengte
                     A  area van suierkroon
                     N  aantal kragslae p er sekonde
                     n  aantal silinders

Remdry wing  2 π N  T
waar        N  omwentelin ge p er sekonde
              T  wringkrag

Remdry wing (Prony - rem)  F  2  π  R  N
waar                         F  krag
                              R  remarmleng te
                             N  revolusies /omwenteli nge p er sekonde

                                        remdry wing
M eganiese doeltreffendheid                              100
                                    indikateur sdry wing

                               slagvolume  vry volume
Komp ressie verhouding 
                                      vry volume

                        π  D2                                 π  D2
waar slagvolume               L                 vry volume           l
                           4                                      4
waar L  slaglengte                             waar D  boordiamet er
       D  boordiamet er                                 l  vry lengte

                      p roduk van die aantal tande op die gedrewe ratte
Ratverhouding 
                         p roduk van die aantal tande op die dry fratte

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
