# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE SENIOR
                               SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2020

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN
                    MASJIENERING

PUNTE:     200

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend ŉ 4-bladsy formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2               MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Skryf jou volle naam op die ANTWOORDEBOEK.

 2.    Lees AL die vrae noukeurig.

 3.    Beantwoord AL die vrae.

 4     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word

 5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.    Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
       desimale plekke af.

 7.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
       teken-instrumente gebruik.

 8     Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m.s2 geneem word.

 9.    Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10. ŉ Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

 12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                       TYD in
     VRAAG                           INHOUD                           PUNTE
                                                                                       minute
                                 GENERIES
       1       Meervoudigekeuse-vrae                                      6               6
       2       Veiligheid                                                10               10
       3       Materiaal                                                 14               14
                                 SPESIFIEK
      4        Meervoudigekeuse-vrae                                     14               10
      5        Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)                  18               20
      6        Terminologie (Indeksering)                                28               25
      7        Gereedskap en Toerusting                                  13               10
      8        Kragte                                                    33               33
      9        Instandhouding                                            18               12
      10       Hegtingmetodes                                            18               12
      11       Stelsels en Beheer (Aandryfstelsels)                      28               28
                                                    TOTAAL              200              180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )     MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                     3

 AFDELING A: GENERIES

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.6) in
 die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 D.

 1.1     Watter van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op
         guillotines in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
         (WBV)?

         A     Klamp die werkstuk veilig op die tafel.
         B     Moenie die kloukopsleutel op die masjien los nie.
         C     Masjien moet toegerus wees met vaste skerms om te verhoed dat
               vingers deur die punt van die operasie bereik word.
         D     Gebruik die tafel van die masjien as ŉ aambeeld.                      (1)

 1.2     Wat is die doel daarvan om die lem van die bandsaag met snyvloeistof te
         verkoel?

         A     Om wrywing te veroorsaak
         B     Om skoon snitte te verseker en metaalafval te verwyder
         C     Om reguit snye te verseker
         D     Om die lem vorentoe en agtertoe te beweeg                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4               MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING            (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3     Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van toepassing op
         die werking van ŉ hidrouliese pers?

         A      Moenie moersleutels op roterende dele los nie.
         B      Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gedruk word.
         C      Drukmeters moet gereeld getoets word en aangepas of vervang
                word indien enige wanfunksionering voorkom.
         D      Gebruik die masjienblad as ŉ aambeeld.                                 (1)

 1.4     Watter EEN van die volgende toetse word gebruik om die smeebaarheid
         van ŉ metaal te meet?

         A      Buigtoetse
         B      Klanktoetse
         C      Hardheidstoetse
         D      Masjinering/Bewerkingstoetse                                           (1)

 1.5     Vyltoetse word as die eenvoudigste metode vir die nagaan van die ... van
         materiaal gebruik.

         A      taaiheid
         B      hardheid
         C      smeebaarheid
         D      sagtheid                                                               (1)

 1.6     Klanktoetse kan uitgevoer word om materiaal met ŉ ... te tik.

         A      ystersaag
         B      moersleutel
         C      hamer
         D      vyl                                                                    (1)
                                                                                       [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )    MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                    5

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1     Noem enige TWEE persoonlike veiligheidstoerusting wat jy met die
         gebruik van gassweistoerusting benodig.                                   (2)

 2.2     Gee TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word terwyl die
         oppervlakslyper in werking is.

                                                                                   (2)

 2.3     Watter aspek van veiligheid moet oorweeg word wanneer ŉ taak op enige
         masjien voltooi word, voordat jy die masjien verlaat?                     (1)

 2.4     Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat oorweeg moet word voordat jy die
         hoekslyper aanskakel.

                                                                                   (2)

 2.5     Waarom is dit belangrik om ŉ sweishelm te dra wanneer daar met
         sweistoerusting gewerk word?                                              (1)

 2.6     Noem TWEE tipes werkswinkel-uitlegte.                                    (2)
                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6               MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

 3.1    Die volgende tabel toon die verskillende tipes toetse en materiale.
        Kopieer en voltooi die tabel in jou ANTWOORDEBOEK deur aan te dui hoe
        hierdie materiaal onder die verskillende toetse sal reageer.

        MATERIAAL                    VERSKILLENDE TIPE TOETSE

                                 Klank                     Vyl               Buig
        Gietyster
        Sagte staal                                                                       (6)

 3.2    Verduidelik die doel van hittebehandeling.                                        (1)

 3.3    Die hardheid van ŉ spesifieke behandeling wat bereik kan word hang van
        DRIE faktore af. Noem enige TWEE faktore.                                         (2)

 3.4    Verduidelik die doel van die volgende hittebehandelingprosesse:

        3.4.1   Tempering                                                                 (2)

        3.4.2   Uitgloeiing                                                               (2)

 3.5    Waaraan hang die hardheid van staal af?                                          (1)
                                                                                        [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )      MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                   7

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1–4. 14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.17 A.

 4.1      Watter draaibank-bewerking word in FIGUUR 4.1 getoon?

                                                FIGUUR 4.1

          A     Reguit-draaiwerk
          B     Interne parallel-boorwerk
          C     Skroefdraadsnywerk
          D     Ruimwerk                                                                  (1)

 4.2      Identifiseer die soort freessnymetode wat in FIGUUR 4.2 hieronder getoon
          word.

                                              FIGUUR 4.2

          A     Gewone reguittandsnyer
          B     Reguittand-kantfreessnyer
          C     Saagfrese
          D     Afsnyfrees                                                                (1)

 4.3      Wat is die doel van snyvloeistof?

          A     Dien as ŉ nie-smeermiddel.
          B     Laat snysels aan die snyer kleef
          C     Verminder die gehalte van die afwerking
          D     Verkoel die snybeitel en werkstuk                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8               MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING             (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.4     Drukspanning is spanning wat werk …

         A    teen die verlenging van ŉ voorwerp
         B    loodreg op die oppervlak
         C    parallel aan die oppervlak
         D    teen die verkorting van ŉ voorwerp                                           (1)

 4.5     Wat sal die geïnduseerde spanning wees as ŉ krag van 50 N op ŉ vierkantige
         staaf, met 'n deursnee area van 144 × 10−6 m² toegepas word?

         A    347,22 kPa
         B    3,47 kPa
         C    0,347 kPa
         D    34,7 kPA                                                                     (1)

 4.6     Die hoofrede om ŉ hardheidstoets op ingenieursmateriaal te doen is om ... te
         bepaal.

         A    elastisiteit van die materiaal
         B    weerstand van die materiaal teen induiking/indentasie
         C    wegvreting van die materiaal
         D    vloeibaarheid van die metaal                                                 (1)

 4.7     Wat dui die ‘X’ simbool in die Brinell-hardheidstoets in FIGUUR 4.7 hieronder
         aan?

                                            FIGUUR 4.7

         A    Baldiameter
         B    Hardheidsnommer
         C    Toetsstuk
         D    Krag toegepas                                                                (1)

 4.8     Watter EEN van die volgende ingenieursmateriaal is ŉ termoverharde
         samestelling?

         A    Teflon
         B    Bakeliet
         C    Brons
         D    Witmetaal                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )        MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                      9

 4.9      Wat sal die spilspoed wees wanneer jy ŉ stuk metaal met ŉ snyspoed van
          35 m/min met ŉ snyer van 50 mm in diameter frees?

          A     233 r/min
          B     223 r/min
          C     322 r/s
          D     232 r/min                                                                      (1)

 4.10     Watter EEN van die volgende indekseringmetodes kan gebruik word om ŉ hoek
          van 41° 28’ te frees?

          A     Hoekindeksering
          B     Eenvoudige indeksering
          C     Snelindeksering
          D     Nie een van die bogenoemde nie                                                 (1)

 4.11     Watter EEN van die volgende is die definisie van druk?

          A     Druk is die krag wat op ŉ voorwerp in 'n afwaartse rigting toegepas
                word.
          B     Druk is die krag per eenheidsarea wat in ŉ rigting parallel met die
                oppervlak toegepas word.
          C     Druk is die krag per eenheidsarea wat in 'n rigting loodreg op die
                oppervlak toegepas word.
          D     Druk is die krag per eenheid volume wat in 'n rigting parallel met die
                oppervlak toegepas word.                                                       (1)

 4.12     Die hidrouliese sisteem soos aangedui in FIGUUR 4.12 hieronder word
          gebruik om ŉ las op te hef. Bereken die druk wat op suier A toegepas word.
          Gegee die area op suier A 1 cm² is.

                                                 FIGUUR 4.12

          A     50 Pa
          B     500 Pa
          C     5 000 Pa
          D     500 000 Pa                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10              MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING            (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.13    Bepaal die wydte van ŉ parallel spy as die diameter 36 mm is.

         A    8 mm
         B    10 mm
         C    9 mm
         D    36 mm                                                                    (1)

 4.14    Identifiseer die simbool wat verband hou met ŉ pneumatiese stelsel, soos
         in FIGUUR 4.14 hieronder getoon.

                                      FIGUUR 4.14

         A    Klep
         B    Filter
         C    Kompressor
         D    Motor                                                                    (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )     MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                11

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIENE) (SPESIFIEK)

5.1 Beskryf die funksie van die volgende draaibank-komponente:

     5.1.1     Kloukop                                                                (1)

     5.1.2     Beitelhouer                                                            (1)

     5.1.3     Saamgestelde beitelsnee                                                (1)

5.2 Noem die TWEE klasse freessnyers en gee EEN voorbeeld van elk.                    (4)

5.3 ŉ Diameterstaaf van 55 mm, 450 mm lank, moet met ŉ ingeslote hoek van 8,5°
    en ŉ lengte van 250 mm getaps word. Bereken die klein deursnee van die
    tapstuk.                                                                          (4)

5.4 FIGUUR 5.4 toon ŉ tekening van ŉ verdeelkop van 'n freesmasjien.

                                         FIGUUR 5.4
                                                                                      (5)
     5.4.1     Benoem dele A–E.

5.5 Bereken die styging van ŉ drievoudige draad met ŉ steek van 1,75 mm.             (2)
                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12              MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING            (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 6: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)
 6.1   Verduidelik die funksie van die volgende freesmasjien-komponente:
       6.1.1    Verdeelkop                                                              (1)
       6.1.2    Indeksplaat                                                             (1)
       6.1.3    Sektor arms                                                             (1)
 6.2   Verduidelik stap vir stap, die prosedure om ŉ buite metriese V-skroefdraad
       met ŉ steek van 2 mm op 'n draaibank met die gebruik van ŉ saamgestelde
       beitelslee te draai.                                                             (5)
 6.3   Definieer die term ‘indeksering’ soos in freeswerk toegepas.                     (1)
 6.4   Noem die TWEE freesmetodes.                                                      (2)
 6.5   Bereken die differensiële indeksering van ŉ rat met 113 tande en bepaal:

       6.5.1    Die indeksering benodig (Wenk: Kies 120 indelings)                      (3)

       6.5.2    Die wisselratte benodig vir die verdeelkop                              (5)

       6.5.3    Wat is die betekenis van die positiewe (+) teken en die negatiewe
                (-) teken vir die wisselratte?                                          (1)

 6.6   Die tekening in FIGUUR 6.7 toon twee presisierollers wat in ŉ eksterne
       swaelstert geplaas is.

                                       FIGUUR 6.7

       Bereken die hoek θ met gebruik van die gegewe waardes in die tekening te
       gebruik.                                                                         (6)

 6.7   Noem TWEE nadele/beperkings wanneer balansering prakties toegepas
       word.                                                                            (2)
                                                                                       [28]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )      MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                      13

 VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 7.1     Met behulp van netjiese sketse, beklemtoon die verskil tussen die volgende
         toetsers:

         7.1.1    Brinell-hardheidstoetser                                             (3)

         7.1.2    Rockwell-hardheidstoetser                                            (3)

 7.2     Noem die DRIE maniere hoe materiaal se hardheid gemeet word.                  (3)

 7.3     Bepaal die steek van die skroefdraadmikrometer, soos in FIGUUR 7.3
         hieronder getoon.

                                        FIGUUR 7.3                                     (2)

 7.4     Teken die diepte-mikrometer lesing van 41,25 mm.                              (2)
                                                                                      [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                 MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

 8.1   FIGUUR 8.1 hieronder toon ŉ stelsel van kragte met vier gelyktydige
       toegepaste kragte aan. Bereken die grootte en rigting van die ewewigskrag
       van hierdie kragstelsel.

                                        FIGUUR 8.1                                  (12)

 8.2   Die diagram in FIGUUR 8.2 hieronder toon ŉ balk met twee vertikale
       puntladings van 10 kN en 20 Kn aan, asook ŉ 1 kN/m uniforme verspreide
       las daarop.

              𝑅𝐴                                           𝑅𝐷

                                        FIGUUR 8.2

       Bereken die grootte van die reaksies R A en R D .                             (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )      MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                    15

 8.3    ŉ Trekkrag van 10 kN word op ŉ ronde staaf met ŉ diameter van 20 mm en ŉ
        lengte van 2m toegepas. Young se modulus van elastisiteit vir hierdie staal is
        200 GPa.

        Bereken:
        8.3.1 Die spanning                                                                   (4)

        8.3.2     Die verlenging weens die trekkrag                                          (4)

 8.4    Teken en benoem die spanning/verspanningdiagram.                                     (6)

 8.5    Waarvoor staan die afkorting VF met betrekking tot spanningberekeninge?              (1)

 8.6    Definieer die term Young se modulus.                                                 (1)
                                                                                            [33]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16              MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING           (EC/SEPTEMBER 2020)

  VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

  9.1 Wat is die doel van die volgende termo-verharde samestellings?

       9.1.1         Bakeliet                                                             (2)

       9.1.2         Veselglas                                                            (2)

       9.1.3         Koolstofvesel                                                        (2)

  9.2 Waarom is dit nootsaaklik om snyvloeistof op 'n freesmasjien of draaibank te
      gebruik?                                                                            (1)

  9.3 Lys DRIE meganiese aandrywings wat in ingenieusrswese gebruik word.                 (3)

  9.4 Gee TWEE redes vir die gebruik van koolstofvesel by die vervaardiging van
      fietsrame.                                                                          (2)

  9.5 In tabelvorm, vergelyk EEN eienskap en EEN gebruik van die volgende
      termoplastiese materiaal:

       9.5.1         PVC                                                                  (2)

       9.5.2         Veskoniet                                                            (2)

       9.5.3         Nylon                                                                (2)
                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )     MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                      17

  VRAAG 10: HEGTINGMETODES (SPESIFIEK)

  10.1    ŉ Produksieinspekteur ondersoek ratte wat vervaardig is. Hy vind dat daar
          sekere onsekerhede oor die ratspesifikasies is. Jy word versoek om die
          volgende ratvoorwaardes van ŉ reguittandrat met 60 tande en ŉ module 4 te
          bereken.
          Bepaal die volgende deur middel van berekeninge:

          10.1.1 Die steeksirkeldiameter van die rat                                          (2)

          10.1.2 Die addendum                                                                 (2)

          10.1.3 Die vry ruimte                                                               (2)

          10.1.4 Die dedendum                                                                 (2)

          10.1.5 Die buitediameter van die rat                                                (2)

  10.2    FIGUUR 10.2 hieronder toon ŉ snybeitel in posisie wat geskik is vir die sny
          van linkse-vierkantige skroefdraad.

                                         FIGUUR 10.2
          Benoem dele A–D.                                                                    (4)

  10.3    Waarom sou ŉ meervoudigedraad meestal bo ŉ enkeldraad verkies word?                 (2)

  10.4    Beskryf wat met skroefdraad pas bedoel word?                                        (2)
                                                                                             [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING               (EC/SEPTEMBER 2020)

  VRAAG 11: STELSEL EN BEHEER (SPESIFIEK)

  11.1    Beskryf die werksbeginsel van rataandrywing.                                               (2)

  11.2    ŉ Hidrouliese stelsel word gebruik om goedere op trokke te laai. Die
         spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 11.2 getoon.

                          ?N

                                                                       130 mm
                     30 mm

                                                                     Krag – 2 000 kg

                                             FIGUUR 11.2

         Bereken die volgende:

         11.2.1      Herlei die 2 000 kg massa na gewig in Newtons                                   (2)

         11.2.2      Die vloeistofdruk van die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is          (4)
         11.2.3      Die krag benodig wat op suier A uitgeoefen moet word.                           (4)
         11.2.4      Noem EEN aanwending van die stelsel hierbo                                      (1)

  11.3   Definieer wat met snelheidverhouding bedoel word.                                           (2)
  11.4   ŉ Kragsaag se motor het ŉ katrol, 135 mm in deursnee, wat teen
         1 200 opm(rpm) draai. Die spoed waarteen die gedrewe katrol die saaglemme
         dryf, is 395 rpm.
         Bereken die deursnee van die gedrewe katrol.                                                (3)

  11.5   Gee DRIE aanwendings waar pneumatiese stelsels gebruik word.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )         MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                         19

  11.6    Die ratstelsel in FIGUUR 11.6 hieronder word gebruik om 'n hystoestel te
          beheer. Die dryfrat het 56 tande en roteer teen 700 r/min. Die tussenrat wat
          gebruik word om die rigting te verander, roteer teen 980 r/min. Die gedrewe
          rat het 64 tande.

                              Rat A            Rat B            Rat C

                                               Tussen rat
                              Dryfrat
                                                                   Gedrewe rat
                                               FIGUUR 11.6

          Bereken:

          11.6.1       Die getal tande op die tussenrat                                              (3)

          11.6.2       Die rotasie frekwensie van die gedrewe rat                                    (3)

          11.6.3       In watter rigting sal die gedrewe rat roteer indien die dryfrat
                       antikloksgewys roteer?                                                        (1)
                                                                                                    [28]

                                                                                     TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                  (EC/SEPTEMBER 2020)

                         FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                               (PASWERK EN MASJINERING)

1.     BANDAANDRYWINGS
                          πDN                                            πDN
       Bandspoed                                   of            v
                           60                                             60

                                        Diameter van dryfkatrol
       Spoedverhouding 
                                      Diameter van gedrewe katrol

       N 1 D1  N 2 D 2

                               2 π NT
       Drywing ( P ) 
                                  60

                                                                  T1
       Verhouding van stywekant tot slap kant 
                                                                  T2

                         (T1  T2 ) π D N
       Drywing                           waar T1  krag in die stywekant
                               60
                                               T2  Krag in die slap kant
                                                    T1  T2  effektiewe krag (Te )

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                        Krag                  F
       Spanning                 of    (σ      )
                        Area                  A

                                       veranderin g in lengte ( ΔL )
       Vormverand ering ( ε ) 
                                        oorspronklike lengte ( L )

                                           spanning                     σ
       Young se modulus ( E )                               of        ( )
                                        vormverandering                 ε

                πd 2
       A as 
                 4

                 π(D 2  d 2 )
       A pyp 
                      4

                                     Breekspanning
       Veiligheid sfaktor 
                                 Veilige werkspanning

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )          MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING               21

3.     HIDROULIKA

                       Krag ( F )
        Druk ( P ) 
                       Area ( A )

        Volume  Deursnee - oppervlakte  slaglengte

4.     SPYE EN SPYGLEUWE
                       Diameter van as
       Wydte van spy 
                             4

                              Diameter van as
        Dikte van spy 
                                    6

        Lengte van spy = 1,5  Diameter van as

        Standaardt aps van tapse spy : 1 in 100 of 1 : 100

5.     RATAANDRYWINGS

                       2NT
       Krag ( P ) 
                        60

        N1T1  N 2 T2

                              Produk van die aantal tande op dryfratte
       Ratverhouding 
                            Produk van die aantal tande op gedrewe ratte

        N               Produk van die aantal tande op dryfratte
            inset 
        N             Produk van die aantal tande op gedrewe ratte
            uitset

       Wringkrag  krag  radius

       Wringkrag oorgebring  ratverhouding  insetwringkrag

                          Steeksirke ldiameter (SSD )
       M odule ( m ) 
                               Aantal tande (T)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22               MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                     (EC/SEPTEMBER 2020)

                                        sirkelsteek ( CP )  aantal tande ( T )
       Steeksirke ldiameter ( SSD ) 
                                                          π

       Buitediame ter ( OD )  SSD  2 module

       Addendum ( a )  module ( m )

       Dedendum ( b )  1,157 m                of       Dedendum ( b )  1,25 m

       Snydiepte ( h )  2,157 m               of       Snydiepte ( h )  2,25 m

       Vryruimte ( c )  0,157 m               of       Vryruimte ( c )  0,25 m

       Sirkelstee k ( CP )  m  π

                     Tm        90 
       Addc  m        1 cos     
                      2         T 

                     90                                              90
       t c  Tmsin                             of      t c  SSDsin
                      T                                                T

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020 )           MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJIENERING                                     23

6.     SKROEFDRADE
       Steekdiame ter  buitediame ter  ½ steek

        Steekomtrek  π  steekdiameter

        Styging  steek  aantal beginpunte

        Hoogte van skroefdraad  0,866  p                 waar p  steek van die skroefdraad

        Diepte van die skroefdraad  0,613  p                  waar p  steek van die skroefdraad

                             lengte
        Aantal draaie 
                            styging

                                    styging
        Helikshoek : tan θ 
                                 steekdiameter

        Ingrypbeitelhoek  90  helikshoek  vryloophoek 

        Sleepbeite lhoek  90  helikshoek  vryloophoek 

7.     CINCINNATI-VERDEELKOP-TABEL VIR DIE FREESMASJIEN

                                                       Gatsirkels
         Kant 1        24      25          28    30        34        37        38    39   41      42     43
         Kant 2        46      47          49    51        53        54        57    58   59      62     66

                                                      Wisselratte
          24 x 2       28       32          40        44        48        56        64    72      86     100

                                           40
       Eenvoudige indekserin g                  ( waar n  aantal verdelings )
                                           n

                                      n
       Hoekige indekserin g 
                                      9

                    Dr               40                          Dr ( A  n ) 40
       Wisselratte:      (A  n )                   of                       
                    Gd               A                           Gd       A       1
       waar A  gekose verdelings                             waar n  werklike verdelings 

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MT Nov 2020 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-eng/489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
