# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-welding-afrikaans/3e1e05a0-e445-4851-b813-57dd16cabeee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-welding-afrikaans/3e1e05a0-e445-4851-b813-57dd16cabeee)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2020

         MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN
                  METAALWERK

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende ŉ1-bladsy formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2             MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK             (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Skryf jou volle naam op die ANTWOORDEBOEK.

 2      Beantwoord AL die vrae.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
        desimale plekke af.

 6.     Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
        teken-instrumente gebruik.

 7.     Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

 8.     Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 9.     ŉ Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

 11.    Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                        TYD
      VRAAG                          INHOUD                        PUNTE
                                                                                     in minute
                                GENERIES
        1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                   10
        2        Veiligheid                                          10                   15
        3        Materiaal                                           14                   15
                                SPESIFIEK
       4         Meervoudigekeuse-vrae                                14                 13
       5         Terminologie (Maatvorms)                             23                 18
       6         Gereedskap en Toerusting                             18                 15
       7         Kragte                                               45                 30
       8         Hegtingsmetodes (Sweis-inspeksie)                    23                 18
       9         Hegtingsmetodes (Spanning en Verwringing)            18                 18
       10        Instandhouding                                        8                 10
       11        Terminologie (Ontwikkeling)                          21                 18
                                                   TOTAAL            200                 180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)     MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                         3

 AFDELING A: GENERIES

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
 (1.1–1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 D.

 1.1     Watter van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op
         guillotines in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
         (WBV)?

         A     Klamp die werkstuk veilig op die tafel.
         B     Moenie die kloukopsleutel op die masjien los nie.
         C     Masjien moet toegerus wees met vaste skerms om te verhoed dat
               vingers deur die punt van die operasie bereik word.
         D     Gebruik die tafel van die masjien as ŉ aambeeld.                      (1)

 1.2     Wat is die doel daarvan om die lem van die bandsaag met snyvloeistof te
         verkoel?

         A     Om wrywing te veroorsaak
         B     Om skoon snitte te verseker en metaalafval te verwyder
         C     Reguit sny te verseker
         D     Om die lem vorentoe en agtertoe te beweeg                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4           MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK              (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3    Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van toepassing op
        die werking van ŉ hidrouliese pers?

        A    Moenie moersleutels op roterende dele los nie.
        B    Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gedruk word.
        C    Drukmeters moet gereeld getoets word en aangepas of vervang
             word indien enige wanfunksionering voorkom.
        D    Gebruik die masjienblad as ŉ aambeeld.                                   (1)

 1.4    Watter EEN van die volgende toetse word gebruik om die smeebaarheid
        van ŉ metaal te meet?

        A    Buigtoetse
        B    Klanktoetse
        C    Hardheidstoetse
        D    Masjinering/Bewerkingstoetse                                             (1)

 1.5    Vyltoetse word gebruik as die eenvoudigste metode vir die nagaan van
        die ... van materiaal.

        A    taaiheid
        B    hardheid
        C    smeebaarheid
        D    sagtheid                                                                 (1)

 1.6    Klanktoetse kan uitgevoer word om materiaal met ŉ ... te tik.

        A    ystersaag
        B    moersleutel
        C    hamer
        D    vyl                                                                      (1)
                                                                                      [6]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)     MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                       5

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1    Noem enige TWEE persoonlike veiligheidstoerusting wat jy benodig met die
        gebruik van gassweistoerusting.                                                      (2)

 2.2    Gee TWEE veiligheidsmaatreëls      wat   gevolg   moet   word   terwyl    die
        oppervlakslyper in werking is.

                                                                                             (2)

 2.3    Watter aspek van veiligheid moet oorweeg word wanneer ŉ taak op enige
        masjien voltooi word, voordat jy die masjien verlaat?                                (1)

 2.4    Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat oorweeg moet word voordat jy die
        hoekslyper aanskakel.

                                                                                             (2)

 2.5    Waarom is dit belangrik om ŉ sweishelm te dra wanneer daar met
        sweistoerusting gewerk word?                                                         (1)

 2.6    Noem TWEE tipes werkswinkel-uitlegte.                                             (2)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6           MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK            (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

 3.1    Die volgende tabel toon die verskillende tipes toetse en materiale.
        Kopieer en voltooi die tabel in jou ANTWOORDEBOEK deur aan te dui hoe
        hierdie materiaal onder die verskillende toetse sal reageer.

         MATERIAAL                    VERSKILLENDE TIPE TOETSE

                              Klank               Vyl              Buig
         Gietyster
         Sagte staal                                                                  (6)

 3.2    Verduidelik die doel van hittebehandeling.                                    (1)

 3.3    Die hardheid van ŉ spesifieke behandeling wat bereik kan word hang van
        DRIE faktore af. Noem enige TWEE faktore.                                     (2)

 3.4    Verduidelik die doel van die volgende hittebehandelingprosesse:

        3.4.1   Tempering                                                             (2)

        3.4.2   Uitgloeiing                                                           (2)

 3.5    Waaraan hang die hardheid van staal af?                                       (1)
                                                                                     [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)     MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                       7

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1–4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 4.15 A.

 4.1   Watter van die volgende beskryf ŉ maatsolder die beste?

       A     Dit is die hart van die strukturele werkswinkel.
       B     Dit is die sweiswerkswinkel vir dakkappe.
       C     Dit is die tekenwerkswinkel vir dakkappe.
       D     Dis waar ingewikkelde staalstrukture gehou word.                          (1)

 4.2   Wat is die doel van ŉ supplementêre simbool?

       A     Om te wys waar gesweis moet word
       B     Om aan te dui waar gesweis moet word
       C     Om die kantsweis in ŉ sweislas aan te dui
       D     Om addisionele informasie van die sweislas aan te dui                     (1)

 4.3   Wat is die maksimum dikte van plaatmetaal wat met ŉ handguillotine gesny
       kan word?

       A     3,2 mm
       B     1,6 mm
       C     1,2 mm
       D     2,1 mm                                                                    (1)

 4.4   Identifiseer die volgende sweissimbool.

       A     Stuiksweislas
       B     Oorslaglas
       C     Hoeksweislas
       D     Haakstuiksimbool                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8           MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK              (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.5   Watter eienskap van materiaal word met ŉ Brinell-toetser getoets?

       A     Treksterkte
       B     Elastisiteit
       C     Hardheid
       D     Brosheid                                                                 (1)

 4.6   Watter EEN van die volgende veiligheidsregulasies is van toepassing op
       die MIG/MAGS sweiswerkproses?

       A     Gaan die kleurkodering op die silinders na.
       B     Hou die werkstuk in jou hand tydens die sweisproses.
       C     Draai die ontlasklep/verligklep baie stadig.
       D     Verseker dat die sweisarea goed geventileerd is.                         (1)

 4.7   Wat is die doel daarvan om ŉ kragsaag met snyvloeistof te verkoel?

       A     Om wrywing te veroorsaak
       B     Om klein snye sonder vermorsing te verseker
       C     Om reguit sny te verseker
       D     Om te verhoed dat die lem oorverhit en bind of breek                     (1)

 4.8   Bereken Young se modulus van elastisiteit van metaal met ŉ
       verspanningswaarde van 2 𝑋 10−3 ,wat deur ŉ spanning van 6 MPa
       veroorsaak word.

       A     12 MPa
       B     3 MPa
       C     12 GPa
       D     3 GPa                                                                    (1)

 4.9   Spanning kan gedefinieer word as ŉ interne krag in ŉ materiaal wat …
       weerstaan.

       A     interne las
       B     spinlas
       C     bewegende las
       D     eksterne las                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)     MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                         9

 4.10    Wanneer kan oorlading in ŉ voetstukstaanboor voorkom?

         A      Wanneer die boorpunt in die materiaal geforseer/gedwing word.
         B      Wanneer die kloukop in die materiaal geforseer word.
         C      Wanneer oormatige krag op die masjien toegepas word.
         D      Wanneer die masjien vinnig beweeg.                                       (1)

 4.11    Watter EEN van die volgende is ŉ inspeksie gedurende boogsweising?

         A      Tempo waarteen die staaf brand en die sweis vorder
         B      Korrekte vlam vir die werk ophande
         C      Korrekte hoek van die spuitstuk
         D      Diepte van samesmelting                                                  (1)

 4.12    Watter EEN van die volgende is ŉ oorsaak van insnyding gedurende
         boogsweiswerk?

         A      Skoon kraalsweislas
         B      Die beweegsnelheid is te hoog
         C      Slakinsluiting
         D      Kromtrekking                                                             (1)

 4.13    ŉ Vernietigende toets is ŉ metode om ŉ sweislas te toets ...

         A      sonder om die finale produk te vernietig.
         B      deur die finale produk te vernietig.
         C      met sweisdefekte.
         D      sonder sweisdefekte.                                                     (1)

 4.14    Watter EEN van die volgende faktore beïnvloed die tempo van verkoeling
         van die sweismetaal tydens die sweisproses?

         A      Die dikte van die sweismetaal
         B      Die hoeveelheid suurstof wat in die proses gebruik word
         C      Die stroomstelling van die sweismasjien
         D      Die dikte van die elektrode                                              (1)
                                                                                        [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

 5.1     Definieer ŉ maatsolder.                                                          (2)

 5.2     Beskryf DRIE eienskappe van ŉ goeie maatsolder.                                  (3)

 5.3     Meld die funksie van ŉ ribmaatvorm.                                              (2)

 5.4     ŉ Staalring met ŉ buite diameter van 500 mm moet met ŉ 30 x 30 mm
         vierkantstaaf vervaardig word.

         5.4.1       Bereken die mate van die materiaal wat benodig word.                 (6)

         5.4.2       Maak ŉ netjiese skets van die staalring en dui al die mate van
                     die materiaal aan.                                                   (4)

 5.5     Maak ŉ netjiese skets van ŉ sweissimbool en dui die volgende
         informasie van sweising op die perseel van ŉ T-las met boogsweising
         aan.

          Die onderbroke vierkantige stuiklas op beide kante is 10 mm in
           grootte
          Die lengte van die kraalsweislas is 60 mm elk
          Die steek van die sweising is 10 mm                                           (6)
                                                                                        [23]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)         MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                      11

 VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 6.1     Meld TWEE gebruike van elk van die volgende masjiene:

         6.1.1       Guillotine                                                              (2)

         6.1.2       Bankslyper                                                              (2)

         6.1.3       Druk/Persmasjien                                                        (2)

 6.2     FIGUUR 6.2 hieronder toon sweistoerusting.

                                          FIGUUR 6.2

         6.2.1       Benoem A–D.                                                             (4)

         6.2.2       Identifiseer die hegtingsgereedskap soos hierbo in FIGUUR 6.2
                     vertoon.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK             (EC/SEPTEMBER 2020)

 6.3     Wat is die funksie van stok en snymoere?

                                                                                      (1)

 6.4     Wat is die funksie van die reguleerder wat aan die gassilinder van die
         oksi-asetileentoerusting geheg is?                                           (2)

 6.5     Verduidelik die werksbeginsel van die plasmasnyer, soos wat dit in ŉ
         sweiswerkswinkel gebruik word.                                               (4)
                                                                                     [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)         MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                       13

 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

 7.1     Definieer die volgende terme:

         7.1.1       Krag                                                                 (2)

         7.1.2       Hooke se Wet                                                         (2)

 7.2     ŉ Masjinis voer ŉ trekkragtoets uit en gebruik sagte staal met ŉ diameter
         van 24 mm. ŉ Toegepaste krag van 60 kN veroorsaak ŉ verlenging van
         0,22 mm en die oorspronklike lengte was 212 mm.

         Bereken die volgende:

         7.2.1       Spanning in die sagtestaalstaaf                                      (2)

         7.2.2       Vervorming in die sagtestaalstaaf                                    (2)

         7.2.3       Young se modulus van elastisiteit                                    (4)

 7.3     FIGUUR 7.3 hieronder is ŉ diagram van ŉ balk met ŉ UVL, wat op ŉ
         balk rus. Die balk word aan al twee kante ondersteun.

                                          FIGUUR 7.3

         Bereken die volgende vir FIGUUR 7.3:

         7.3.1       Die grootte van RL en RR                                          (6)

         7.3.2       Die buigmomente by punte A, B en C                                (3)

         7.3.3       Die skuifkragte by punte A, B en C                                (3)

         7.3.4       Teken ŉ skuifkragdiagram                                          (5)

         7.3.5       Die buigmomentdiagram                                      .

                     LET WEL:     Ruimtediagram skaal 1 : 100
                                  Skuifkragdiagram skaal 2 mm = 1 N
                                  Buigmomentediagram skaal 2 mm = 1 N                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK              (EC/SEPTEMBER 2020)

 7.4     Konstrueer die ruimte- en kragtediameter van die volgende staalraamstruktuur
         om die grootte en aard van die kragte in elk van die raamdele van die raamwerk
         te bepaal.
         Ruimtediagram 1 : 100
         Kragtediagram 1 mm = 1 kN

                                                         100 kN

                                 A                                       B

                                     60 ̊                         30 ̊
                     25                                                             75 kN
                                                   C
                     kN
                                                 7 000

                             Raamdeel       Grootte (kN)          Aard
                             AD
                             BD
                             CD
                                                                                                   (11)
                                                                                                  [45]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)     MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                           15

VRAAG 8: HEGTINGMETODES (INSPEKSIE VAN SWEIS) (SPESIFIEK)

8.1     Noem TWEE dinge wat in gedagte gehou moet word tydens oksi-asetileen of
        boogsweiswerk om te verseker dat sweisdefekte nie gevorm word nie.                        (2)

8.2     Beskryf TWEE tipe krake in sweislaste.                                                    (4)

8.3     Benoem die diagram in FIGUUR 8.3.

                                         FIGUUR 8.3                                               (5)

8.4     Noem TWEE elemente wat tydens die visuele inspeksieproses geïnspekteer
        moet word.                                                                                (2)

8.5     Noem TWEE oorsake van elk van die volgende boogsweisdefekte:

        8.5.1   Spatsel / sweisspatsel                                                            (2)

        8.5.2   Onvoldoende penetrasie                                                            (2)

8.6     Noem TWEE faktore wat in gedagte gehou moet word om ŉ goeie sweislas
        tydens die boogsweisproses te verseker.                                                   (2)

8.7     Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende vernietigingstoetse:

        8.7.1   Kerfbreektoets

                                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK           (EC/SEPTEMBER 2020)

         8.7.2       Masjineerbaarheidstoets

                                                                                       (2)
                                                                                      [23]

 VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING) (SPESIFIEK)

 9.1     Definieer die volgende terme:

         9.1.1       Sweisvervorming/ kromtrekking                                      (2)

         9.1.2       Naspanning                                                         (2)

 9.2     Gee enige TWEE hooffaktore wat die greingrootte van staal raak
         wanneer dit koud bewerk word.                                                  (2)

 9.3     Noem enige TWEE soorte staalgroepe en noem die koolstof
         persentasie-inhoud in elk.                                                     (4)

 9.4     Noem TWEE tipes blusmediums.                                                   (2)

 9.5     Bespreek enige TWEE faktore wat krimping in sweiswerk beïnvloed.               (2)

 9.6     Beskryf met behulp van ŉ skets/diagram die volgende terme:

         9.6.1       Dwarskrimping                                                      (2)

         9.6.2       Oorlangse / Longitudinale krimping                                (2)
                                                                                      [18]

 VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 10.1    Wat is die doel om diensrekords van instandhouding van masjiene in die
         werkswinkel te hou?                                                            (1)

 10.2    Gee TWEE redes om groot masjiene voor instandhouding uit te sluit.             (2)

 10.3    Hoe kan wrywing verminder word wanneer gate geboor word?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)         MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                   17

10.4    Verduidelik hoe die volgende masjiene oorlaai kan word:

        10.4.1       Guillotine                                                         (2)

        10.4.2       Horisontale bandsaag                                               (2)
                                                                                        [8]

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)

11.1    FIGUUR 11.1 hieronder toon ŉ koniese geutbak.

                                            FIGUUR 11.1
        Bereken die volgende:

        11.1.1       Die ware lengte DC                                                 (5)

        11.1.2       Die ware lengte AD                                                 (4)

        11.1.3       Die basis-omtrek van die geutbak                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK          (EC/SEPTEMBER 2020)

 11.2    FIGUUR 11.2 hieronder toon ŉ vierkantige-na -ronde oorgangstuk. Om die
         oorgang te ontwikkel, moet die ware lengtes bereken word:

                                            FIGUUR 11.2

         Bepaal die volgende ware lengtes met behulp van berekeninge:

         11.2.1      Ware lengte FG                                                           (5)

         11.2.2      Ware lengte CI                                                           (4)
                                                                                             [21]

                                                                  GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK                                 19

                 FORMULABLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                        (SWEIS- EN METAALWERK)

 1.    SPANNING EN VORMVERANDERING

                                 Krag                            F
       1.1     Spanning                       of          σ
                                 Area                            A

                                           Spanning                                 σ
       1.2     Young se modulus                                     of        E
                                        Vormverand ering                            ε

                                        Veranderin g in lengte                          Δl
       1.3     Vormverand ering                                          of    ε
                                        Oorspronklike lengte                            ol

 2.    STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIE

                                 r
         y

                                         ϴ
                             x

                         y
       2.1     sin  
                         r

                         x
       2.2     cos  
                         r

                         y
       2.3     tan  
                         x

       2.4     r 2  x 2  y 2 or a 2  b 2  c 2

 3.    MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

               Gemiddelde φ  Buite φ  Plaatdikte         of
       3.1
               Gemiddelde φ  Binneφ  Plaatdikte

       3.2     Gemiddelde omtrek  π x Gem φ

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
