# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept2023-welding-afrikaans/e159e6de-1424-4a40-a4a8-a4cc8119310c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept2023-welding-afrikaans/e159e6de-1424-4a40-a4a8-a4cc8119310c)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIORSERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2023

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                     SWEIS- EN METAALWERK

PUNTE: 200

TYD:     3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende ŉ 1-bladsy formuleblad.

### Page 2

2                    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)          (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Lees ALLE vrae noukeurig.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
      desimale plekke af.

7.    Jy mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
      tekeninstrumente gebruik.

8.    Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.    Alle afmetings is in millimeter tensy anders in die vraag aangedui.

10.   ŉ Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

12.   Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                          TYD in
        VRAAG                      INHOUD                  PUNTE
                                                                          minute
                                        GENERIES
           1         Meervoudigekeuse-vrae                    6              6
           2         Veiligheid                              10              10
           3         Materiaal                               14              14
                                        SPESIFIEK
           4         Meervoudigekeuse-vrae                   14              10
           5         Terminologie (Maatvorms)                23              20
           6         Gereedskap en Toerusting                18              15
           7         Kragte                                  45              40
           8         Hegtingsmetodes (Sweis-inspeksie)       23              20
                     Hegtingsmetodes (Spanning en
           9
                     Verwringing)                            18              20
           10        Instandhouding                           8              10
           11        Terminologie (Ontwikkeling)             21              15
                                                TOTAAL       200            180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)     MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                      3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 A.

1.1    Watter van die volgende opsies hieronder beskryf die Wet op
       Arbeidsverhoudinge (WAV No. 66 van 1995) in Suid-Afrika wat die mense met
       MIV/Vigs leef, beskerm?

       A     Alle werkgewers moet verseker dat die werkplek veilig is, en dat
             werknemers nie die risiko loop om met MIV by die werk besmet te
             word nie.
       B     Brei uit hoe almal die reg het op billike arbeidspraktyke.
       C     Werkgewer kan nie bloot ŉ werknemer ontslaan wat met MIV besmet
             is nie.
       D     Bevorder nie-diskriminasie in die werkplek.                                (1)

1.2    Eksamenprosedure is een van die prosesse wat onderneem word om die
       tipe noodhulpmaatreëls te bepaal wat toegepas moet word op ŉ werknemer
       wat in ŉ ongeluk in ŉ werkplek betrokke is.
       Identifiseer die opsie hieronder wat hierdie proses die beste beskryf.

       A     Omgewingswaarneming
       B     Sigbare tekens en simptome
       C     Diagnose-aanduidings
       D     Al die bogenoemde                                                          (1)

1.3    Die volgende veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer gasbottels
       hanteer word:

       A     Alle silinders moet in horisontale posisies gehou word
       B     Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers
       C     Moet nooit silinders bo-op mekaar stapel nie
       D     Die kleurkode van ŉ suurstofsilinder is groen                              (1)

1.4    Watter EEN van die hittebehandelingsprosesse word gebruik om interne
       spanning en brosheid, wat veroorsaak word deur verharding, te verwyder?

       A     Uitgloeiing
       B     Dopverharding
       C     Tempering
       D     Normalisering                                                              (1)

1.5    Watter van die volgende toets word gebruik om die koolstofinhoud van staal
       te bepaal?

       A     Klanktoets
       B     Buigtoets
       C     Vyltoets
       D     Al die bogenoemde                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)   (EC/SEPTEMBER 2023)

1.6   Hoekom is dit baie belangrik om ŉ klein werkstuk stewig vas te klem
      voordat boorwerk uitgevoer kan word?

      A     Om wrywing te verminder
      B     Om te verhoed dat die boorpunt breek asook om ongelukke te
            voorkom
      C     Om die snygereedskap en werkstuk koel te hou
      D     Al die bogenoemde                                                        (1)
                                                                                     [6]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                  5

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1 Gee DRIE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat jy in ag moet neem voordat
    boogsweiswerk kan begin.                                                             (3)

2.2 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan jy moet voldoen wanneer jy
    ŉ staanboormasjien gebruik om ŉ gat op ŉ soliede vierkantige staaf te boor.          (2)

2.3 Wat is die maksimum dikte van staalplaat wat ŉ handguillotine kan akkommodeer
    as daarmee gesny word?                                                               (1)

2.4 Gee TWEE voordele van elk van die volgende werkswinkeluitlegte:

     2.4.1    Produkuitleg van masjiene                                                  (2)

     2.4.2    Prosesuitleg van masjiene                                                  (2)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

6                    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1   Noem die TWEE hoofdoelwitte van dopverharding van sagte staal.                   (2)

3.2   Waarom kan hoëkoolstofstaal nie vir dopverharding gebruik word nie?              (1)

3.3   Noem DRIE faktore wat die hardheid van staal tydens die hittebehandeling van
      metale, bepaal.                                                                  (3)

3.4   Noem DRIE tipes afkoelmiddels.                                                   (3)

3.5   Wat is die doel van die kleurkodering wat op ingenieursmateriaal gemerk is?      (1)

3.6   Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
      metaal te verkry:

      3.6.1    Hardheid                                                                (1)

      3.6.2    Koolstof-inhoud                                                         (1)

      3.6.3    Rekbaarheid                                                             (1)

3.7   Noem die masjien wat vir vonktoets gebruik word?                                 (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)     MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                       7

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(4.1 tot 4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.15 A.

4.1    Wat is die funksie van trae gas in die MIG-sweisproses?

       A      Stabiliseer die boog op die metaal wat gesweis word.
       B      Beskerm die boog en die gesmelte metaal wat gesweis word.
       C      Laat gladde oordrag van metaal van die sweislas na die gesmelte plas.
       D      Al die bogenoemde.                                                          (1)

4.2    Wat is die rede om ŉ buigtoets te doen?

       A      Om sweisers op te lei.
       B      Om die grootte van die sweislasse na te gaan.
       C      Om sweislasse volgens sekere standaarde goed te keur.
       D      Om die rekbaarheid van die gelaste materiaal te toets.                      (1)

4.3    Drukspanning is ŉ interne krag in ŉ materiaal wat weerstand teen ŉ … krag
       bied.

       A      trek
       B      skuif
       C      stoot
       D      Al die bogenoemde                                                           (1)

4.4    ŉ Suurstofsilinderreguleerder wat in vlamsny gebruik word, kan vries omdat
       die …

       A      gasonttrekkingtempo oorskry word.
       B      silinderinhoud te lag is.
       C      silinder op sy kant is.
       D      naaldklep op die reguleerder nie heeltemal oop is nie.                      (1)

4.5    Stadige afkoeling van verhitte/gesweisde staal sal lei tot die graanstruktuur
       wat ...

       A      vergroot.
       B      kleiner raak.
       C      skei.
       D      smelt.                                                                      (1)

4.6    Tydens die afsetting van metaalboogsweiswerk per hand gaan ŉ sekere
       persentasie van die kerndraad verlore, dit is as gevolg van …

       A      oormatige opbou.
       B      kort booglengte.
       C      blasies.
       D      spatsel.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)          (EC/SEPTEMBER 2023)

4.7    Die kleurkode wat gebruik word om veiligheidstoerusting aan te dui is …

       A     wit en groen.
       B     geel en wit.
       C     blou en wit.
       D     swart en geel.                                                                (1)

4.8    Dopverharding is ŉ hittebehandelingsproses wat uitgevoer word om …

       A     ŉ taaier materiaal te kry deur die brosheid daarvan te verminder.
       B     ŉ harde tas oor ŉ taai kern te produseer.
       C     spanning wat tydens die verhardingsproses veroorsaak word, te verlig.
       D     metaal moeilik te maak om slytasie te weerstaan en te sny.                    (1)

4.9    Wanneer ŉ vlakslyper gebruik word, moet die volgende veiligheidsmaatreëls
       in ag geneem word. Watter EEN pas nie in nie?

       A     Verstaan die gebruiksinstruksies van toepassing op jou masjien.
       B     MOENIE die vlakslyper gebruik tensy alle skerms en veiligheidstoestelle
             in plek is en korrek werk nie.
       C     Moet nooit teen die masjien leun of dit verstel terwyl dit in werking is nie.
       D     Wanneer die vlakslyper slyp, moet die slypwiel met ŉ koelmiddel
             afgekoel word.                                                                (1)

4.10   Wat is die beste manier om ŉ gevaar te hanteer om te verseker dat ander nie
       in gevaar gestel word nie?

       A     Verwyder dit onmiddelik.
       B     Los dit vir die toesighouer om uit te sorteer.
       C     Nie 'n versperringsband om dit plaas nie.                                     (1)
       D     Vertoon 'n kennisgewing en waarskuwingsteken.

4.11   Aanvullende simbole aan … inligting oor die sweislas dui.

       A     maklike
       B     berekende
       C     moeilike                                                                      (1)
       D     bykomende

4.12   Wie is verantwoordelik vir die verskaffing van veiligheidstoerusting in die
       werkplek?

       A     Werknemer.
       B     Werkgewer
       C     Kliënt
       D     Voorman                                                                       (1)

4.13   Watter struktuur van staal word as sag en rekbaar gekenmerk?

       A     Ferriet.
       B     Perliet.
       C     Sementiet.
       D     Austeniet.                                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)     MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                    9

4.14   Watter EEN van die volgende toetse is ŉ voorbeeld van ŉ destruktiewe toets?

       A      Kleurstofpenetrasie-toets
       B      Ultrasoniese toets
       C      X-straal toets
       D      Masjineerbaarheidstoets                                                  (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)       (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (TEMPLAAT) (SPESIFIEK)

5.1   Wat dui ‘OSU’ op template aan?                                                         (1)

5.2   Maak ŉ netjiese skets van ŉ dakkap met byskrifte, wat die volgende uitbeeld:

      •   Kaplat                                                                             (1)
      •   Koppeldele tussenin                                                                (1)
      •   Nokdekking/Bakbalk                                                                 (1)
      •   Dakplate                                                                           (1)
      •   Dakbalk                                                                            (1)
      •   Hoofbind                                                                           (1)

5.3   ŉ Staalring met ŉ buitedeursnee van 520 mm moet van ŉ 42 mm ronde buis
      vervaardig word.

      5.3.1    Bereken die afmetings van die materiaal wat benodig word om hierdie
               ring te maak.                                                                 (4)

      5.3.2    Maak ŉ netjiese skets van die staalring wat die buitedeursnee,
               binnedeursnee, die dikte en die gemiddelde deursnee aandui.                   (4)

5.4   Identifiseer die byskrifte van die elemente van die sweissimbole hieronder.

                                                                                         (8)
                                                                                        [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                  11

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

FIGUUR 6.1 hieronder beeld die basiese bedryfsbeginsels van ŉ sweisstroombaan
uit.

                                  FIGUUR 6.1
6.1    Benoem dele A–H.                                                                 (8)

6.2    Waarvoor staan die afkorting MIG?                                                (1)
6.3    Noem TWEE gasse wat in MIG-sweiswerk gebruik kan word.                           (2)
6.4    Wat is die verskil tussen ŉ kragsaag en ŉ bandsaag?                              (4)
6.5    FIGUUR 6.5 hieronder toon die prent ŉ blaasbrander/blaasvlam.

                                     FIGUUR 6.5

       Noem die DRIE hoofdele wat in die bostaande prent uitgebeeld word.            (3)
                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1   ŉ Las van 80 kN veroorsaak ŉ trekspanning van 30 MPa in ŉ ronde staaf.
      Die oorspronklike lengte van die ronde staaf is 4 m en Young se
      elastisiteitsmodulus is 90 GPa.

      Bereken:

      7.1.1    Die deursnee van die staaf                                          (5)

      7.1.2    Die verspanning                                                     (3)

      7.1.3    Die verandering in lengte                                           (3)

7.2   ŉ Balk word aan twee puntbelastings en een EVL onderwerp en word aan
      weerskante deur RL en RR ondersteun.

      Bereken die volgende:

      7.2.1    Die groottes van RL en RR                                           (6)

      7.2.2    Die buigmomente by punte A, B en C                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)         MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                  13

7.3     Bepaal grafies (Bow se notasie) die grootte en aard van die kragte van die dele
        in die raamwerk in FIGUUR 7.3 hieronder.
        Skaal: Ruimtediagram 1 : 100
                Kragdiagram 10 mm = 10 N

                                                                     10 N

                                                              B

                                              8N

                                                          G
                              A                                             C

                                  E           F                      H

                      30֯             60֯           60֯       60֯           60֯

                      2 000                 2 000                   4 000

             7,5 N                                        D                     10,5 N

                                                  FIGUUR 7.3                                  (23)
                                                                                              [45]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 8:     HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE)
             (SPESIFIEK)

8.1    Beskryf hoe die kleurstofpenetranttoets op ŉ sweislas gedoen word.             (8)

8.2    Definieer porositeit in ŉ sweislas.                                            (3)

8.3    Noem DRIE visuele vereistes vir ŉ aanvaarbare sweislas.                        (3)

8.4    Noem VIER tipes sweisdefekte wat waargeneem word wanneer die
       kerfbuigtoets op ŉ sweislas uitgevoer word.                                    (4)

8.5    Noem TWEE faktore wat tydens oksi-asetileensweising in ag geneem
       moet word om kwaliteit sweiswerk te verseker.                                  (2)

8.6    Gee DRIE voordele van ŉ fisiese sweistoetsmetode.                             (3)
                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)    MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                   15

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERWRINGING) (SPESIFIEK)

9.1    Hoe sal jy te werke gaan met jou sweisprosedure om vervorming te voorkom?       (4)

9.2    Noem VYF faktore wat in ag geneem moet word om krimping te minimaliseer.        (5)

9.3    Noem die DRIE hoofstaalgroepe van materiale en gee gevolglik hul koolstof-
       inhoudpersentasies.                                                             (6)

9.4    Definieer spatsel tydens die sweisproses.                                       (3)
                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

16                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)     (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 10: INSTANDHOUDING

10.1    Hoekom moet sluitplate veelvuldige gate hê soos hieronder uitgebeeld?

                                                                                   (2)

10.2    Verduidelik hoe ŉ bankslyper oorlaai kan word.                             (2)

10.3    Hoe kan wrywing tydens die rolproses verminder word?                       (2)

10.4    Wat is die doel daarvan om diensrekords van masjiene en toerusting te
        hou?                                                                       (2)
                                                                                   [8]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)        MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                  17

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)

11.1    FIGUUR 11.1 toon ŉ reghoek-na-reghoek van middle- af geutbak met ŉ
        vertikale hoogte van 260 mm.

                                  45          45

                                                                60
                                                       D

                                                               40
                                                   K       H
                                                                     80   200

                              A           B        C

            E                             F                    G
                                       380

                                       FIGUUR 11.1

        Bereken die ware lengtes van die volgende:

        11.1.1        Lengte CG                                                       (2)

        11.1.2        Lengte BG                                                       (2)

        11.1.3        Lengte AE                                                       (2)

        11.1.4        Lengte GD                                                       (2)

        11.1.5        Lengte HC                                                       (2)

        11.1.6        Lengte HK                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)   (EC/SEPTEMBER 2023)

11.2    FIGUUR 11.2 toon ŉ afgeknotte keël. Die vertikale hoogte van die
        afgeknotte keël is 450 mm en die basis- en boonste diameters is
        onderskeidelik 800 mm en 350 mm. Beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 11.2

        11.2.1       Bereken die ware lengte van AB.                             (3)

        11.2.2       Bereken die omtrek van die boonste sirkel.                  (3)

        11.2.3       Bereken 0–2.                                                (3)
                                                                                [21]

                                                                   TOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)          MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK)                           19

                       FORMULABLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                              (SWEIS- EN METAALWERK)

1.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                      Krag                                 F
 1.1    Spanning =                      of            σ=
                      Area                                 A

                                     Spanning                                 σ
 1.2    Young se modulus =                                     of        E=
                                  Vormverand ering                            ε

                                  Veranderin g in lengte                          Δl
 1.3    Vormverand ering =                                          of    ε=
                                  Oorspronklike lengte                            ol

2.     STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIE

                                  r
          y

                                             ϴ
                             x

                y
2.1     sin  =
                r
                x
2.2     cos  =
                r
                y
2.3     tan  =
                x
2.4     r 2 = x2 + y 2       of       a2 = b2 + c 2

3.     MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

        Gemiddelde φ = Buite φ − Plaatdikte           of
3.1
        Gemiddelde φ = Binne φ + Plaatdikte

3.2     Gemiddeldeomtrek = π x Gemφ

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
