# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-qp-gr12-sept-fitting-afrikaans/3405e9cd-4a39-44bc-85c4-2efa5eec2676
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-qp-gr12-sept-fitting-afrikaans/3405e9cd-4a39-44bc-85c4-2efa5eec2676)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2024

MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en ŉ 4-bladsy formuleblad.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)              (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Lees AL die vrae noukeurig.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
      desimale plekke af.

7.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaar en teken-
      instrumente gebruik.

8.    Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s 2 geneem word.

9.    ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.   ŉ Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

12.   Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                             TYD in
       VRAAG                           INHOUD                     PUNTE
                                                                             minute
                                  GENERIES
           1         Meervoudigekeuse-vrae                          6            6
           2         Veiligheid                                    10           10
           3         Materiaal                                     14           14
                                      SPESIFIEK
           4         Meervoudigekeuse-vrae                         14           10
           5         Terminologie (Draaibank en Freemasjien)       18           20
           6         Terminologie (Indeksering)                    28           30
           7         Gereedskap en Toerusting                      13           15
           8         Kragte                                        33           40
           9         Instandhouding                                18           20
          10         Hegtingmetodes                                18           20
          11         Stelsels en Beheer (Dryfstelsels)             28           30
                                                         TOTAAL    200         180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)        MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                       3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in jou
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 A.

1.1    Watter veiligheidswet stel dit dat alle werkgewers seker moet maak dat die
       werksplek veilig is en dat werknemers nie die risiko loop om by die werk met
       MIV besmet te word nie?

       A     Die kode van goeie praktyk oor MIV/Vigs en indiensneming.
       B     Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV), 1993 (Wet 85 van
             1993).
       C     Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998).
       D     Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997).               (1)

1.2    Om asemhaling, hartklop, bewussyn, polsslag en bloedverlies van ŉ beseerde
       persoon na te gaan, word … genoem.

       A     belangrike lewensfunksies
       B     diagnose-aanduidings
       C     sigbare tekens en simptome
       D     omgewingswaarneming                                                           (1)

1.3    Die veilige werksdruk moet nooit oorskry word nie.

       By watter van die volgende toerusting is die veiligheidsvoorsorgmaatreël
       genoem in die bogenoemde stelling van toepassing?

       A     Boorpers/staanboor
       B     Bankslyper
       C     Hidrouliese pers
       D     Guillotine-masjien                                                            (1)

1.4    Dit is belangrik om net in droë omgewings te staan en werk. Hou altyd jou
       hande en klere droog.

       In watter las-toerusting is die stelling hierbo van toepassing?

       A     Handklinktoestel
       B     Gassweis
       C     Boogsweis
       D     Al die bogenoemde                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2024)

1.5   FIGUUR 1.5 toon die vonktoets wat op ŉ materiaal uitgevoer is. Identifiseer die
      materiaal wat tydens die vonktoets gebruik is.

                                       FIGUUR 1.5

      A     Hoëkoolstofstaal
      B     Laekoolstofstaal
      C     Gietyster
      D     Geeneen van die bogenoemde nie                                                (1)

1.6   FIGUUR 1.6 hieronder toon een van die hittebehandelingsprosesse. Watter
      hittebehandelingsproses word deur FIGUUR 1.6 voorgestel?

                                       FIGUUR 1.6

      A     Verhardingsproses
      B     Temperingproses
      C     Normaliseringproses
      D     Uitgloeiingsproses                                                            (1)
                                                                                          [6]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                    5

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1    Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wanneer gassilinders in ŉ
       werkswinkel hanteer word.                                                          (2)

2.2    Beskryf die werkgewer se verantwoordelikheid met betrekking tot veiligheid in
       die werkplek.                                                                      (2)

2.3    Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat waar geneem moet word voordat ŉ
       hoekslyper aangeskakel word.                                                       (2)

2.4    Gee enige TWEE redes waarom dit belangrik is om ŉ sweisbril tydens
       gassweiswerk te dra.                                                               (2)

2.5    Noem TWEE nadele van ŉ prosesuitleg van masjiene.                                 (2)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)           (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

3.1 Metale is gewoonlik gemerk of het kleurkodes op die punte. Hoekom is dit
    belangrik om van die ongemerkte punt van die metaal af te sny?                      (1)

3.2 Tabuleer die volgende hittebehandelingsprosesse en identifiseer EEN eienskap
    van elk.

                        PROSES                          EIENSKAP
     3.2.1   Verharding
     3.2.2   Tempering
     3.2.3   Uitgloeiing
     3.2.4   Normalisering                                                              (4)

3.3 Verduidelik DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer hittebehandeling
    van staal gedoen word.                                                              (3)

3.4 Noem DRIE tipes blusmiddels wat gebruik word om staal te verhard.                   (3)

3.5 Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
    metale te verkry:

     3.5.1   Hardheid                                                                   (1)

     3.5.2   Koolstofinhoud                                                             (1)

     3.5.3   Rekbaarheid                                                               (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                     7

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.15 A.

4.1    Watter eenheid word gebruik om             krag   te   meet    wat   deur    ŉ
       bandaandrywingstelsel oorgedra word?

       A     Pascal
       B     Watt
       C     Volt
       D     Joule                                                                          (1)

4.2    Identifiseer die tipe mikrometer in FIGUUR 4.2 hieronder:

                                       FIGUUR 4.2

       A     Skroefdraadmikrometer
       B     Binnemikrometer
       C     Buitemikrometer
       D     Dieptemikrometer                                                               (1)

4.3    Watter EEN van die volgende is ŉ voordeel daarvan om tappe op ŉ draaibank
       te sny deur die saamgestelde beitelslee-metode te gebruik?

       A     Taps met groot hoeke kan gesny word.
       B     Die outomatiese toevoer van die masjien kan gebruik word.
       C     Lang taps kan gesny word.
       D     Dit veroorsaak dat die operateur moeg word.                                    (1)

4.4    Noem die gereedskap wat gebruik word om die snygereedskap loodreg op die
       as van die werkstuk te stel wanneer ŉ skroefdraad op die draaibank gesny
       word.

       A     Skroefsteekmeter
       B     Skroefdraadringmeter
       C     Sentermaat
       D     Skroefmaat                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8               MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)           (EC/SEPTEMBER 2024)

4.5 Identifiseer die ingenieurstoerusting wat in FIGUUR 4.5 hieronder getoon word.

                                         FIGUUR 4.5

     A     Gasontleder
     B     Brinnell-toetser
     C     Freesmasjien
     D     Boormasjien                                                                  (1)

4.6 Wat is die eenheid van ŉ draaimoment?

     A     N.m-2
     B     N.m2
     C     N.m.
     D     N.mm                                                                         (1)

4.7 Identifiseer die tipe freesproses wat in FIGUUR 4.7 hieronder getoon word.

                                         FIGUUR 4.7

     A     Platblokfreeswerk
     B     Affreeswerk (klimfreeswerk)
     C     Syfreeswerk
     D     Koppelfreeswerk                                                              (1)

4.8 Opfreeswerk staan ook as ... bekend.

     A     groepfreeswerk
     B     groeffreeswerk
     C     klimfreeswerk
     D     konvensionele freeswerk                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                     9

4.9    Watter draaibankbewerking word in FIGUUR 4.9 hieronder getoon?

                                        FIGUUR 4.9

       A     Diameterdraaiwerk
       B     Draadsnywerk
       C     Voorwerk
       D     Boorwerk                                                                      (1)

4.10   Watter EEN van die volgende stellings beskryf Pascal se wet?

       A     Die oppervlakte is omgekeerd eweredig aan die druk daarop as die
             temperatuur konstant bly.
       B     Die druk wat op die oppervlak van die vloeistof in ŉ geslote hidrouliese
             stelsel uitgeoefen word, word eweredig in alle rigtings oorgedra.
       C     Die druk is eweredig aan die volume as die temperatuur konstant bly.
       D     Die volume is omgekeerd eweredig aan die druk daarop, as die
             temperatuur toeneem.                                                          (1)

4.11   Die balk in FIGUUR 4.11 hieronder is in ewewig. Bereken die afstand tussen
       die steunpunt en die 9 kN-las.

                                       FIGUUR 4.11

       A     300 mm
       B     200 mm
       C     150 mm
       D     600 mm                                                                        (1)

4.12   Spanning kan gedefinieer word as ŉ interne krag in ŉ materiaal wat weerstand
       teen ŉ ... krag bied.

       A     interne
       B     tol
       C     bewegende
       D     eksterne                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                (EC/SEPTEMBER 2024)

4.13   Die definisie van die viskositeit-indeks van olie is ŉ maatstaf van hoeveel die
       olie se viskositeit verander soos die ... verander.

       A    temperatuur
       B    druk
       C    vloei
       D    weerstand                                                                        (1)

4.14   Wat is die boorgrootte vir ŉ M14 x 1,5 skroefdraad?

       A    13,5 mm
       B    1,5 mm
       C    21 mm
       D    12,5 mm                                                                         (1)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                     11

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

5.1 ŉ Spitstuk met ŉ lengte van 60 mm en ŉ groot deursnee van 40 mm en ŉ klein
    deursnee van 31,6 mm moet op ŉ draaibank gesny word deur die
    saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik.

     Bereken die ingeslote hoek.                                                             (4)

5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon ŉ tekening van ŉ spygleuf wat met ŉ 12 mm wye
    snyer op ŉ 48 mm deursnee as gesny word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 5.2

     Bepaal deur middel van berekeninge die:

     5.2.1    Breedte van die spy                                                            (2)

     5.2.2    Dikte van die spy                                                              (2)

     5.2.3    Lengte van die spy                                                             (2)

     5.2.4    Afstand tussen die vierkant en die kant van die snyer wat na die vierkant
              kyk                                                                            (3)

5.3 Benoem dele A–E.                                                                         (5)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)             (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)

6.1   Verduidelik die funksie van ŉ indeksplaat soos tydens differensiële indeksering
      gebruik.                                                                            (2)

6.2   ŉ Reguittandrat het ŉ steeksirkeldeursnee van 108 mm en 36 tande.

      Bereken die volgende:

      6.2.1    Module                                                                     (2)

      6.2.2    Buitediameter                                                              (2)

6.3   ŉ Reguittandrat met 129 tande moet op ŉ freesmasjien gesny word. Die
      verdeelkop het ŉ verhouding van 40 : 1.

      Bepaal deur middel van berekeninge:

      6.3.1    Die indeksering wat nodig is (Kies 120 afdelings)                          (3)

      6.3.2    Die wisselratte wat nodig is                                               (5)

      6.3.3    Rotasierigting van die indeksplaat                                         (1)

6.4   FIGUUR 6.4 hieronder toon ŉ swaelstertgroef. Bereken afstand X tussen die
      rollers in FIGUUR 6.4.

                                        FIGUUR 6.4                                        (9)

6.5   Noem TWEE tipes balanseringsmetodes.                                                (2)

6.6   Noem TWEE voordele van die balansering van die roterende komponente van
      ŉ masjien.                                                                         (2)
                                                                                        [28]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                   13

VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

7.1    Verduidelik die verskil tussen Brinell en Rockwell-hardheidtoetsers wat gebruik
       word om die hardheid van ŉ staal te bepaal.                                         (4)

7.2    Noem EEN van die funksies van ŉ momenttoetser.                                      (1)

7.3    ŉ Noniuspasser word gebruik om presisiemeting van ŉ buitedeursnee, ŉ
       binnedeursnee en die diepte van ŉ gat te doen.
       Noem DRIE ander presisie-meetinstrumente wat gebruik kan word vir
       presisiemeting van hierdie afmetings.                                               (3)

7.4    Wat is die lesing op die meetinstrument, soos in FIGUUR 7.4 hieronder getoon?

                                        FIGUUR 7.4                                         (5)
                                                                                          [13]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)           (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

8.1 FIGUUR 8.1 toon ŉ stelsel van vier kragte wat op dieselfde punt inwerk.
    Beantwoord die vrae wat volg.

                                         FIGUUR 8.1

     Bereken die volgende:

     8.1.1   Som van die horisontale komponente                                         (5)

     8.1.2   Som van die vertikale komponente                                           (4)

     8.1.3   Grootte van die resultant                                                  (2)

     8.1.4   Hoek en die rigting van die resultant                                      (3)

8.2 FIGUUR 8.2 hieronder toon ŉ eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte, A
    en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings word op die balk
    uitgeoefen, sowel as ŉ eenvormig verspreide las van 100 N/m, oor ŉ lengte van
    6 meter van die balk.

                                         FIGUUR 8.2

     Bereken die:

     8.2.1   Eenvormig verspreide las op die balk                                       (2)

     8.2.2   Grootte van die reaksiekrag by A                                           (3)

     8.2.3   Grootte van die reaksiekrag by B                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)        MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)              15

8.3    ŉ Staaf is 600 mm lank en word tot 605 mm gerek wanneer ŉ krag van 50 kN
       op die staaf uitgeoefen word. Die deursnee van die staaf is 20 mm.

       Bereken die volgende:

       8.3.1    Spanning in die staaf                                                 (5)

       8.3.2    Vervorming wat die staaf ervaar                                       (3)

       8.3.3    Young se elastisiteitsmodulus                                        (3)
                                                                                    [33]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)           (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

9.1   Noem die DRIE moontlike gevolge van versuim, om instandhouding te doen.            (3)

9.2   Noem die DRIE faktore wat die wrywingskoëffisiënt beïnvloed.                       (3)

9.3   Waarom is dit noodsaaklik om ŉ snyvloeistof op ŉ frees- of senterdraaibank te
      gebruik?                                                                           (1)

9.4   Noem TWEE maniere om voorkomende instandhouding in elk van die volgende
      aandryfstelsels uit te voer:

      9.4.1    V-bandaandrywing                                                          (2)

      9.4.2    Rataandrywing                                                             (2)

9.5   Gee TWEE redes waarom glasvesel gebruik word om motorvoertuigbakke te
      vervaardig.                                                                        (2)

9.6   Noem die element wat gebruik word om die sterkte van glasvesel te verbeter.        (1)

9.7   Noem of ELK van die volgende materiale ŉ termo-verharde of ŉ termoplastiese
      samestelling is:

      9.7.1    Nylon                                                                     (1)

      9.7.2    Bakeliet                                                                  (1)

      9.7.3    Koolstofvesel                                                             (1)

      9.7.4    Polivinielchloried (PVC)                                                 (1)
                                                                                       [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)             17

VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

10.1    Wat is die algemeenste skroefdraad wat in Suid-Afrika gebruik word?             (1)

10.2    Noem die ingeslote hoek van die volgende skroefdrade:

        10.2.1        V-skroefdraad                                                     (1)

        10.2.2        Vierkantskroefdraad                                               (1)

10.3    Die afmeting van ŉ skroefdraad word as M24 x 2,5 gegee. Wat beteken 2,5?        (1)

10.4    ŉ Tweevoudige vierkantige met ŉ spoed van 5 mm moet op ŉ draaibank gesny
        word. Die kruindeursnee van die draad is 82 mm en die vryloophoek 3°.

        Bereken die volgende:

        10.4.1        Styging van die draad                                             (2)

        10.4.2        Steekdiameter                                                     (2)

        10.4.3        Helikshoek van die skroefdraad                                    (4)

        10.4.4        Voorsnyhoek/Ingryphoek                                            (2)

        10.4.5        Nasnyhoek/Sleephoek                                               (2)

10.5    Waarom sal ŉ meervoudigeskroefdraad meestal bo ŉ enkelvoudige-
        skroefdraad verkies word?                                                      (2)
                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)              (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 11: STELSEL EN BEHEER (SPESIFIEK)

11.1   Noem die TWEE faktore wat die gebruik van rat-aandrywings in die bedryf bepaal.. (2)

11.2   FIGUUR 11.2 toon ŉ rat-aandrywingstelsel. ŉ Dryfrat op die as van ŉ elektriese
       motor het 24 tande en is ingepas met ŉ rat op ŉ teen-as met 40 tande. Op hierdie
       teen-as is nog ŉ dryfrat met 20 tande wat inskakel met ŉ rat met 48 tande op ŉ
       tweede teen-as. Die tweede teen-as het ŉ dryfrat met 42 tande wat ŉ rat met 90
       tande op die uitset-as aandryf.

                                         FIGUUR 11.2

       Bereken die volgende:

       11.2.1   Die rotasiefrekwensie van die uitset-as as die elektriese motor teen
                1 440 r/min roteer                                                          (4)

       11.2.2   Die snelheidsverhouding tussen die inset- en uitset-as                      (2)

11.3   FIGUUR 11.3 toon ŉ bandaandrywingstelsel. ŉ Katrol met ŉ deursnee van
       0,25 m dryf ŉ aangedrewe katrol met ŉ deursnee van 0,35 m aan. Die dryfkatrol
       draai teen 1 000 r/min. T1 = 200 N en T2 = 90 N.

                                         FIGUUR 11.3

       Bereken die volgende:

       11.3.1   Die rotasiefrekwensie van die aangedrewe katrol in revolusies per
                minuut                                                                      (3)

       11.3.2   Die bandspoed van die stelsel in meter per sekonde                          (3)

       11.3.3   Die drywing oorgebring                                                      (3)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)       MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                   19

11.4   ŉ Hidrouliese stelsel word gebruik om ŉ masjienonderdeel in posisie te lig. Die
       spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 11.3 hieronder
       voorgestel.

                                       FIGUUR 11.4

       Bereken die volgende:

       11.4.1    Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig/
                 ekwilibrium is                                                            (5)

       11.4.2    Die las wat deur suier B opgelig kan word wanneer ŉ krag van 300 N
                 op suier A toegepas word                                                  (6)
                                                                                          [28]

                                                                            TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                      (EC/SEPTEMBER 2024)

                       FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                             (PASWERK EN MASJINERING)

1.     BANDAANDRYWINGS
                        πDN                                           πDN
       Bandspoed =                                 of          v=
                         60                                            60

                                    Diameter van dryfkatrol
       Spoedverho uding =
                                  Diameter van gedrewe katrol

       N 1 D1 = N 2 D 2

                           2 π NT
       Drywing ( P ) =
                              60

                                                               T1
       Verhouding van stywe kant tot slap kant =
                                                               T2

                       (T1 − T2 ) π D N
       Drywing =                             waar T1 = krag in die stywe kant
                             60
                                                        T2 = Krag in die slap kant
                                               T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                       Krag                  F
       Spanning =                of   (σ =     )
                       Area                  A

                                      verandering in lengte ( ΔL )
       Vormverandering ( ε ) =
                                       oorspronklike lengte (L )

                                          spanning                        σ
       Young se modulus (E ) =                                   of   (     )
                                       vormverandering                    ε

                πd 2
       A as =
                 4

                 π(D 2 − d 2 )
       A pyp =
                      4

                                    Breekspanning
       Veiligheidsfaktor =
                                 Veilige werkspanning

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)             21

3.     HIDROULIKA

                      Krag ( F )
       Druk ( P ) =
                      Area ( A )

       Volume = Deursnee - oppervlakt e  slaglengte

4.     SPYE EN SPYGLEUWE
                       Diameter van as
       Wydte van spy =
                              4

                             Diameter van as
        Dikte van spy =
                                    6

        Lengte van spy = 1,5  Diameter van as

       Standaardt aps van tap se spy : 1 in 100 of 1 : 100

5.     RATAANDRYWINGS

                      2NT
       Krag ( P ) =
                       60

       N1T1 = N 2 T2

                             Produk va n die aantal tande op dryfratte
       Ratverhoud ing =
                           Produk van die aantal tande op gedrewe ratte

        N
          inset = Produk va n die aantal tande op dryfratte
        N        Produk van die aantal tande op gedrewe ratte
          uitset

       Wringkrag = krag  radius

       Wringkrag oorgebring = ratverhoud ing  insetwring krag

                         Steeksirke ldiameter (SSD )
       Module ( m ) =
                              Aantal tande (T)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                        (EC/SEPTEMBER 2024)

                                          sirkelstee k ( CP )  aantal tande ( T )
       Steeksirke ldiameter ( SSD ) =
                                                             π

       Buitediame ter ( OD ) = SSD + 2 module

       Addendum ( a ) = module ( m )

       Dedendum ( b ) = 1,157 m                   of      Dedendum ( b ) = 1,25 m

       Snydiepte ( h ) = 2,157 m                  of      Snydiepte ( h ) = 2,25 m

       Vryruimte ( c ) = 0,157 m                  of      Vryruimte ( c ) = 0,25 m

       Sirkelstee k ( CP ) = m  π

                      Tm        90  
       Add c = m +       1− cos      
                       2         T 

                     90                                               90 
       t c = Tmsin                              of      t c = SSDsin
                      T                                                 T

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              MEGANIESE TEGNOLOGIE (PASWERK EN MASJINERING)                                    23

6.     SKROEFDRADE

       Steekdiame ter = buitediame ter − ½ steek

       Steekomtre k = π  steekdiame ter

       Styging = steek  aantal beginpunte

       Hoogte van skroefdraa d = 0,866  p                  waar p = steek van die skroefdraa d

       Diepte van die skroefdraa d = 0,613  p                   waar p = steek van die skroefdraa d

                             lengte
       Aantal draaie =
                            styging

                                    styging
       Helikshoek : tan θ =
                                 steekdiame ter

       Ingrypbeit elhoek = 90  − (helikshoek + vryloophoe k )

       Sleepbeite lhoek = 90  + (helikshoek − vryloophoe k )

7.     CINCINNATI-VERDEELKOP-TABEL VIR DIE FREESMASJIEN

                                                        Gatsirkels
         Kant 1        24      25          28     30        34        37        38    39   41      42     43
         Kant 2        46      47          49     51        53        54        57    58   59      62     66

                                                       Wisselratte
         24 x 2        28        32         40         44        48        56        64    72      86     100

                                           40
       Eenvoudige indekserin g =                 ( waar n = aantal verdelings )
                                           n

                                      n
       Hoekige indekserin g =
                                      9

                    Dr               40                           Dr ( A − n ) 40
       Wisselratt e:    = (A − n )                    of            =           
                    Gd               A                            Gd       A       1
       (waar A = gekose verdelings )                             (waar n = werklike verdelings )

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Memo · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-welding-metalwork-eng/c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f) — QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
