# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-qp-sept2023-afrikaans/3c279395-7b50-4da1-8e64-f4ecbcf4e578
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-qp-sept2023-afrikaans/3c279395-7b50-4da1-8e64-f4ecbcf4e578)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2023

       MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend ŉ 1-bladsy formuleblad.

### Page 2

2                           MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.

2.   Lees AL die vrae noukeurig.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.   Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
     desimale plekke af.

7.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare               wetenskaplike     sakrekenaars        en
     tekeninstrumente gebruik.

8.   Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.   Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10. ŉ Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

11. Skryf netjies en leesbaar.

12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                            TYD in
      VRAAG                        INHOUD                    PUNTE
                                                                            minute
                                          GENERIES
          1          Meervoudigekeuse-vrae                     6             6
          2          Veiligheid                                10            10
          3          Materiaal                                 14            14
                                          SPESIFIEK
          4          Meervoudigekeuse-vrae                     14            10
          5          Gereedskap en Toerusting                  23            20
          6          Enjins                                    28            25
          7          Kragte                                    32            25
          8          Instandhouding                            23            20
          9          Stelsels en Beheer (Outomatiese
                     Ratkas)                                   18            20
                     Stelsels en Beheer (Asse,
         10                                                    32            30
                     Stuurgeometrie en Elektronika)
                                                    TOTAAL     200           180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)             MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                           3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 A.

1.1    Watter van die volgende opsies hieronder beskryf die Wet op
       Arbeidsverhoudinge (WAV Nr. 66 van 1995) in Suid-Afrika wat die mense met
       MIV/Vigs leef, beskerm?

       A     Alle werkgewers moet verseker dat die werkplek veilig is, en dat
             werknemers nie die risiko loop om met MIV by die werk besmet te word
             nie.
       B     Brei uit hoe almal die reg het op billike arbeidspraktyke.
       C     Werkgewer kan nie bloot ŉ werknemer ontslaan wat met MIV besmet is
             nie.
       D     Bevorder nie-diskriminasie in die werkplek.                                    (1)

1.2    Ondersoekprosedure is een van die prosesse wat onderneem word om die tipe
       noodhulpmaatreëls te bepaal wat toegepas moet word op ŉ werknemer wat in
       ŉ ongeluk in ŉ werkplek betrokke is.
       Identifiseer die opsie hieronder wat hierdie proses die beste beskryf.

       A     Omgewingswaarneming
       B     Sigbare tekens en simptome
       C     Diagnose-aanduidings
       D     Al die bogenoemde                                                              (1)

1.3    Die volgende veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer gasbottels
       hanteer word:

       A     Alle silinders moet in horisontale posisies gehou word
       B     Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers
       C     Moet nooit silinders bo-op mekaar stapel nie
       D     Die kleurkode van ŉ suurstofsilinder is groen                                  (1)

1.4    Watter EEN van die hittebehandelingsprosesse word gebruik om interne
       spanning en brosheid, wat veroorsaak word deur verharding, te verwyder?

       A     Uitgloeiing
       B     Dopverharding
       C     Tempering
       D     Normalisering                                                                  (1)

1.5    Watter van die volgende toets word gebruik om die koolstofinhoud van staal te
       bepaal?

       A     Klanktoets
       B     Buigtoets
       C     Vyltoets
       D     Al die bogenoemde.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                       MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)              (EC/SEPTEMBER 2023)

1.6   Hoekom is dit baie belangrik om ŉ klein werkstuk stewig vas te klem voordat
      boorwerk uitgevoer kan word?

      A     Om wrywing te verminder
      B     Om te verhoed dat die boorpunt breek asook om ongelukke te voorkom
      C     Om die snygereedskap en werkstuk koel te hou
      D     Al die bogenoemde                                                           (1)
                                                                                        [6]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)            MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                            5

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1    Gee DRIE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat jy in ag moet neem voordat
       boogsweiswerk kan begin.                                                            (3)

2.2    Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan jy moet voldoen wanneer
       jy ŉ staanboormasjien gebruik om ŉ gat op ŉ soliede vierkantige staaf te boor.      (2)

2.3    Wat is die maksimum dikte van staalplaat wat ŉ handguillotine kan
       akkommodeer as daarmee gesny word?                                                  (1)

2.4    Gee TWEE voordele van elk van die volgende werkswinkeluitlegte:

       2.4.1    Produkuitleg van masjiene                                                  (2)

       2.4.2    Prosesuitleg van masjiene                                                 (2)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                         MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)             (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1   Noem die TWEE hoofdoelwitte van dopverharding van sagte staal.                   (2)

3.2   Waarom kan hoëkoolstofstaal nie vir dopverharding gebruik word nie?              (1)

3.3   Noem DRIE faktore wat die hardheid van staal tydens die hittebehandeling van
      metale, bepaal.                                                                  (3)

3.4   Noem DRIE tipes afkoelmiddels.                                                   (3)

3.5   Wat is die doel van die kleurkodering wat op ingenieursmateriaal gemerk is?      (1)

3.6   Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
      metaal te verkry:

      3.6.1    Hardheid                                                                (1)

      3.6.2    Koolstof-inhoud                                                         (1)

      3.6.3    Rekbaarheid                                                             (1)

3.7   Noem die masjien wat vir vonktoets gebruik word.                                 (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)             MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                           7

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.15 E.

4.1    Wat veroorsaak, dat die instandhoudingsafdelings van ŉ motormaatskappy, ŉ
       kompressietoets op ŉ binnebrandenjin van ŉ voertuig moet uit voer?

       A     As die enjin vibreer.
       B     As die enjin krag verloor het.
       C     Om die enjinsilinder-kompressiedruk met die vervaardigingspesifikasie te
             vergelyk.
       D     Al die bogenoemde.                                                           (1)

4.2    Watter EEN van die volgende is ŉ moontlike teken dat daar ŉ lekkasie in die
       silinder van ŉ binnebrandenjin is, wanneer ŉ silinderlekkasietoets gedoen
       word?

       A     Die verkoeler koelmiddel word pienk van kleur.
       B     Enjinolie word swart.
       C     Borrels kom uit die verkoeler.
       D     Enjin olie lek uit die krukas seël.                                          (1)

4.3    Wat is die moontlike oorsaak van hoë koolstofmonoksied (CO) lesing van ŉ
       uitlaatgas van ŉ binnebrandenjin?

       A     Vuilis of beperkte lugfilter
       B     Vakuumlekkasies
       C     Swak lug-brandstofverhouding
       D     Al die bogenoemde                                                            (1)

4.4    Wanneer gasontleder gebruik word om die inhoud van ŉ enjinuitlaatgas na te
       gaan, watter moontlike kodes dui ‘skakel ontleder af en dan weer aan’?

       A     000
       B     E R8 en E R9
       C     E R1
       D     E R2                                                                         (1)

4.5    Watter komponent van ŉ KO-enjin kan moontlik oorverhitting veroorsaak?

       A     Oliepomp
       B     Termostaat
       C     Krukas olieseёl
       D     Hersirkulasie van uitlaatgas                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                        MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)             (EC/SEPTEMBER 2023)

4.6   Die lae oliedruk waarskuwingsliggie gaan aan wanneer die oliedruk in die
      enjingalerye te laag is. Die volgende faktore is die moontlike oorsake van
      hierdie probleem.

      Kies EEN wat NIE ŉ moontlike oorsaak is NIE.

      A     Verslete oliepomp
      B     Geblokkeerde oliepompskerm in die bak
      C     Te veel olie in die bak
      D     Geblokkeerde of beperkte oliefilter                                        (1)

4.7   Bereken die wringkrag wat toegepas word om ŉ bout op ŉ silinderkop, met ŉ
      wringsleutel met ŉ lengte van 600 mm wanneer ŉ krag van 120 N toegepas
      word, te sluit.

      A     480 Nm
      B     720 Nm
      C     72 Nm
      D     72 000 Nm                                                                  (1)

4.8   Identifiseer die tipe enjinsilinderkonfigurasie wat in FIGUUR 4.8 hieronder
      getoon word.

                                      FIGUUR 4.8

      A     Gelidenjin
      B     V-tipe enjin
      C     Horisontale teenoorstaande enjin
      D     W-enjin                                                                    (1)

4.9   ŉ Enjin het ŉ vryvolume van 59 cm3 en ŉ kompressieverhouding van 10 : 1.

      Bereken die slagvolume.

      A     767 cm3
      B     295 cm3
      C     495 cm3
      D     531 cm3                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)             MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                        9

4.10 Watter EEN van die volgende opsies is ŉ funksie van ŉ optiese spoorder?

       A     Dit word gebruik om krinkspilhelling te lees.
       B     Dit word gebruik om die korrekte nasporing te bepaal.
       C     Dit word gebruik om die toesporing en uitsporing van ŉ voertuig na te
             gaan.
       D     Dit word gebruik om dinamiese wielbalansering uit te voer.                 (1)

4.11 Watter term beskryf die toestand waar die bestuurder van ŉ turbo-aangejaagde
     voertuig ŉ vertraging, tussen die druk van die versnellerpedaal en die inskop
     voel?

       A      Wringkrag spoed
       B      Sloerwerking
       C      Aanjaging
       D      Staakspoed                                                                (1)

4.12 Watter tipe sporing word in FIGUUR 4.12 hieronder vertoon?

                                      FIGUUR 4.12

       A     Positiewe nasporing
       B     Negatiewe nasporing
       C     Positiewe wielvlug
       D     Negatiewe wielvlug                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                       MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)              (EC/SEPTEMBER 2023)

4.13 Hoe beïnvloed die wielsporing in FIGUUR 4.13 hieronder die slytasie van die
     band?

                                     FIGUUR 4.13

      A     Oormatige slytasie van buite
      B     Egalige slytasie
      C     Oormatige slytasie van binne
      D     Al die bogenoemde                                                           (1)

4.14 Watter EEN van die volgende is die doel van ŉ oliepomp in ŉ driespoed
     outomatiese ratkas?

      A     Om die plate van beide koppelaars aan te dryf om saam met die turbine
            te draai.
      B     Om die spoed van die sonrat te reguleer.
      C     Om die egalige oordrag van krag te aktiveer.
      D     Om die rembande en die multiskyfkoppelaars te beheer.                      (1)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)            MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                         11

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1     Gee TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy ŉ
        emissiegasontleder gebruik.                                                      (2)

5.2     Wat is die doel van ŉ diagnostiese skandeerder?                                  (2)

5.3     Verduidelik kortliks die opstelprosedure van ŉ diagnostiese skandeerder op
        ŉ enjin.                                                                         (3)

5.4     Wat is die hoofdoel van die volgende wielsporingstoerusting?

        5.4.1    Borrelvloeimeter                                                        (2)

        5.4.2    Draaiskyf                                                               (2)

5.5     Beskryf kortliks in puntvorm, die prosedure om krinkspilhelling (KSH) in
        grade aan die regterkant te lees.                                                (9)

5.6     Verduidelik kortliks die doel van ŉ wielbalanseerder.                            (2)

5.7     Wat is die voordeel van die gebruik van kaarttipe kompressietoetser?            (1)
                                                                                       [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                        MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)              (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1   Noem TWEE hooffunksies van ŉ krukas in ŉ enjin wat dit in staat stel om die
      enjin aan die gang te sit?                                                          (2)

6.2   ŉ Krukas is onderhewig aan vibrasies as die enjin loop of luier. Gee TWEE redes
      wat vir hierdie vibrasies verantwoordelik is.                                       (2)

6.3   Gee VIER ingeboude kenmerke wat van toepassing is om enjinbalans te
      verbeter.                                                                           (4)

6.4   Noem TWEE faktore wat die ontstekingsorde van ŉ enjin bepaal.                       (2)

6.5   Verduidelik kortliks in puntvorm die prosedure wat gevolg moet word om die
      ontstekingsorde van ŉ enjin te bepaal indien geen spesifikasies gegee word nie.     (5)

6.6   Die diagram in FIGUUR 6.6 hieronder toon ŉ bykomende enjinkomponent wat
      enjinverbranding onderhou. Beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 6.6

      6.6.1    Identifiseer die enjinkomponent in FIGUUR 6.6 hierbo.                      (1)

      6.6.2    Benoem die dele A–F.                                                       (6)

      6.6.3    Wat is die funksie van deel C?                                             (1)

      6.6.4    Wat is die funksie van deel F?                                             (1)

      6.6.5    Wat is die doel om die komponent in FIGUUR 6.6 hierbo in ŉ enjin te
               installeer.                                                                (2)

      6.6.6    Wat verstaan jy onder die term aanjaging in verband met FIGUUR 6.6
               hierbo tot ŉ enjin?                                                        (2)
                                                                                         [28]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)             MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                           13

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1    Verduidelik kortliks die volgende terme in die silinder van ŉ binnebrandenjin.

       7.1.1    Slagvolume                                                                  (2)

       7.1.2    Vry volume                                                                  (2)

       7.1.3    Kompressieverhouding                                                        (2)

       7.1.4    Meganiese doeltreffendheid                                                  (2)

7.2    Verduidelik kortliks enige VIER metodes wat gebruik word om die
       kompressieverhouding van ŉ enjin te verhoog.                                         (4)

7.3    Bereken die kompressieverhouding van ŉ enjin met ŉ boor van 86 mm en ŉ
       slag van 82 mm as die verbrandingskamervolume 56 cm3 is.                             (6)

7.4    Die volgende data is aangeteken tydens ŉ toets wat op 'n vierslag-viersilinder-
       petrolenjin uitgevoer is:

       Gemiddelde effektiewe druk op die suier: 1 200 kPa
       Slaglengte:                              80 mm
       Silinderboor:                             96
       Omwentelings per minuut:                 4 800 rpm
       Wringkrag:                               260 Nm @ 3 600 rpm
       Getal silinders:                         4

       Bereken die volgende:

       7.4.1    Aangegewe vermoeё in kW                                                     (8)

       7.4.2    Remkrag in kW                                                               (4)

       7.4.3    Meganiese doeltreffendheid                                                 (2)
                                                                                          [32]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                        MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                 (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1   Noem DRIE verskillende soorte gasse wat uit ŉ uitlaatstelsel kom, wat ontleed
      word.                                                                                 (3)

8.2   Verduidelik kortliks TWEE regstellende maatreëls wat uitgevoer moet word
      wanneer daar hoë suurstoflesings vanaf ŉ uitlaatstelsel is.                           (2)

8.3   Nadat ŉ silinderlekkasietoets op ŉ binnebrandenjin uitgevoer is, het die
      resultate hoë persentasie lekkasie in die silinders aangedui. Drie moontlike
      foute is opgespoor.

      Noem die foute in elk van die volgende gevalle:

      8.3.1    Sisgeluid van die uitlaatspruitstuk                                          (1)

      8.3.2    Sisgeluid van die oliepen of olievuldop                                      (1)

8.4   Noem die VIER vervaardiger se spesifikasies wat benodig word wanneer ŉ
      brandstofdruktoets gedoen word.                                                       (4)

8.5   Noem DRIE moontlike oorsake van lae brandstofdruklesings.                             (3)

8.6   Toe ŉ oliedruktoets op twee verskillende motors wat soortgelyke enjinkapasiteit
      van 1.2 L TSi (turbovonkinspuiting) het, gedoen is, is die volgende foute ontdek:

       •   Oliedruk was te laag in die eerste motorenjin
       •   Oliedruk was baie hoër as die spesifikasie in die tweede motorenjin

      8.6.1    Gee TWEE moontlike oorsake van die probleem in die eerste
               motorenjin.                                                                  (2)

      8.6.2    Gee TWEE moontlike oplossings benodig is om die probleem in die
               tweede motorenjin op te los.                                                 (2)

8.7   Waarom moet verkoelingstelseldruktoetsing gedoen word?                                (1)

8.8   Verduidelik kortliks in puntvorm, die prosedure wat gevolg moet word wanneer
      'n verkoelerdopdruktoets gedoen word.                                                (4)
                                                                                          [23]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)             MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                              15

VRAAG 9: STELSEL EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1    Wat is die doel om ŉ outomatiese transmissie/ratkas op moderne voertuie te
       installeer?                                                                             (2)

9.2    Gee TWEE voordele van outomatiese transmissie/ratkas.                                   (2)

9.3    Verduidelik in puntvorm die werking van die dubbele episikliese rattrein in lae
       rat.                                                                                    (5)

9.4    FIGUUR 9.4 hieronder toon 'n dubbele episikliese dryftrein in lae rat.

                                        FIGUUR 9.4

       Benoem dele A–E.                                                                       (5)

9.5    Gee TWEE metodes om die olie in ŉ outomatiese transmissie/ratkas te
       verkoel.                                                                               (2)

9.6    Wat is die funksie van hidrouliese suiers in outomatiese transmissie/ratkas?           (2)
                                                                                             [18]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

16                           MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)             (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 10:        STELSEL EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
                 ELETRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1    Wat is die funksie van ŉ stuurmeganisme?                                           (2)

10.2    Noem TWEE eienskappe wat ŉ goeie stuurmeganisme moet hê.                           (2)

10.3    Gebruik ŉ netjiese skets om die verskil tussen toesporing en uitsporing te
        verduidelik.                                                                       (4)

10.4    Gee DRIE voordele van positiewe wielvlug.                                          (3)

10.5    Verduidelik kortliks die doel van die volgende sporingsinkorporering:

        10.5.1       Krinkspilhelling                                                      (2)

        10.5.2       Ackermann-beginsel                                                    (2)

10.6    Voorafkontrole op ŉ wiel moet uitgevoer word voordat balansering gedoen
        kan word. Gee enige DRIE moontlike toestande wat na verwagting
        nagegaan moet word.                                                                (3)

10.7    Wat is die doel van ŉ katalitiese omsetter?                                        (2)

10.8    Gee TWEE vereistes vir ŉ katalitiese omsetter om effektief te funksioneer.         (2)

10.9    Verduidelik kortliks die funksie van die volgende komponente van ŉ
        voertuigenjin alternator:

        10.9.1       Diode                                                                 (2)

        10.9.2       Hittedissipeerder                                                     (2)

        10.9.3       Spanningsreguleerder                                                  (2)

10.10   Wat is die funksie van ŉ brandstofpomp in ŉ 4-slag KO-enjin?                       (2)

10.11   Gee TWEE voordele van ŉ elektroniese brandstofpomp bo ŉ meganies
        aangedrewe brandstofpomp.                                                         (2)
                                                                                         [32]

                                                                          TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                   MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)                              17

           FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)

 Krag = m x a waar m = massa
                   a = versnelling

 Arbeid = krag x afstand (F x d)

              Krag x afstand
 Drywing =
                      tyd

 Wringkrag = krag x radius

 Indikateursdrywing = P x L x A x N x n
 waar             P = gemiddelde effektiewe druk
                  L = slaglengte
                  A = area van suierkroon
                  N = aantal kragslae per sekonde
                   n = aantal silinders

 Remdrywing = 2𝜋 N x T
 waar     N = omwentelinge per sekonde
          T = wringkrag

 Remdrywing (Prony-rem) = F x 2 x 𝜋 x R x N
 waar                 F = krag
                      R = remarmlengte
                      N = revolusies/omwentelinge per sekonde

                                           remdrywing
 Meganiese doeltreffendheid =                               x 100
                                      indikateursdrywing

                                  slagvolume + vry volume
 Kompressieverhouding =
                                          vry volume

                            𝜋 x D2                                          𝜋 x D2
 Waar slagvolume =                   xL                      vry volume =            xI
                              4                                               4

 waar L = slaglengte                                         waar D = boordiameter
     D = boordiameter                                             I = vry lengte

                      produk van die aaantal tande op die gedrewe ratte
 Ratverhouding =
                            produk van die aantal tande op die dryfratte

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Mechanical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR 12 MEMO SEPT 2020 Auto Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr-12-memo-sept-2020-auto-afrikaans/4a3289ca-f4a9-44a3-896e-c216c19a5874) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afrikaans/f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Welding) GR12 QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-welding-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
