# Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-afr/eff83ebc-dc4e-488a-972e-7fe87b961681
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-afr/eff83ebc-dc4e-488a-972e-7fe87b961681)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          MEGANIESE TEGNOLOGIE

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die
         ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

3.       Beantwoord AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare/wetenskaplike sakrekenaar en teken-/
         wiskundige instrumente gebruik.

8.       Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.

9.       Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

11.      'n Formuleblad verskyn aan die einde van die vraestel.

12.      Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.

         VRAAG                    INHOUD                 PUNTE              TYD
            1          Meervoudigekeuse-vrae               20             15 minute
            2          Veiligheid                          10             10 minute
            3          Gereedskap en Toerusting            12             10 minute
            4          Materiale                           13             10 minute
            5          Terminologie                        30             20 minute
            6          Hegtingsmetodes                     25             25 minute
            7          Kragte                              30             30 minute
            8          Instandhouding                      15             15 minute
            9          Stelsels en Beheer                  25             25 minute
           10          Turbines                            20             20 minute
                                          TOTAAL          200            180 minute

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          3                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 A.

1.1      Watter veiligheidsmaatreël     is   op    die   MIG/MAGS-sweisproses    van
         toepassing?

         A     Gebruik altyd 'n vonkaansteker om die brander aan die brand te steek
               en nie 'n vuurhoutjie of 'n sigaretaansteker nie.
         B     Die sweiser is ten volle geïsoleer met stewels en handskoene.
         C     Maak die silinderkleppe vinnig oop.
         D     Maak voorsiening vir suurstof- en asetileenlekke.                             (1)

1.2      Watter hardheidstoetser gebruik 'n staalbal om die hardheid van staal te
         bepaal?

         A      Vickers-toetser
         B      Rockwell-toetser
         C      Victor-toetser
         D      Brinell-toetser                                                              (1)

1.3      'n Gasanaliseerder word tydens die brandstofmengsel-instelling van 'n
         motorenjin gebruik. Watter EEN van die volgende is die KORREKTE
         oorsaak van 'n hoë koolstofmonoksiedlesing?

         A     Lae kompressie
         B     Geslyte kleppe
         C     'n Verstopte lugfilter
         D     Geslyte suierringe                                                            (1)

1.4      Die funksie van die trektoetser:

         A     Om die drukspanning en breekstootspanning op 'n stuk materiaal te
               bepaal
         B     Om 'n trekspanning op 'n ondersteunde balk te demonstreer
         C     Om die defleksie van 'n eenvoudig ondersteunde balk te demonstreer
         D     Om die trekspanning, breektrekspanning en persentasie verlenging op
               'n stuk materiaal te bepaal                                                   (1)

1.5      Wanneer koolstofstaal teen 'n eenvormige tempo verhit word, styg die
         temperatuur eweredig tot 700 °C. Die temperatuur bly dan vir 'n rukkie
         konstant. Hierdie punt staan as die … bekend

         A     afkoelingspunt
         B     smeltpunt
         C     laer kritieke punt
         D     verhittingspunt                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                      4                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                         NSS

1.6      Staal kan verhard en teen 'n temperatuur tussen 885 °C en 925 °C
         uitgegloei word. Watter persentasie koolstofinhoud sal hierdie verharding en
         uitgloeiing toelaat? Gebruik die yster-koolstof-ewewigsdiagram in
         FIGUUR 1.1 hieronder.

                                  1 000
                                                                                              AC3

                                   900     AC3

               Temperatuur – °C
                                   800

                                   720    AC1                                                     AC1
                                   700

                                   600

                                     0          0,2     0,4      0,6       0,8   1,0        1,2         1,4
                                                      % – Koolstofinhoud
                                                           FIGUUR 1.1

         A     0,60%
         B     0,20%
         C     0,80%
         D     0,40%                                                                                        (1)

1.7      Noem die gereedskapstuk wat gebruik word om die snybeitel haaks met die
         as van die werkstuk op te stel wanneer 'n skroefdraad in die draaibank
         gesny word:

         A     Skroefsteekmeter
         B     Skroefdraad-ringmaat
         C     Skroefdraadsetmaat
         D     Skroefmaat                                                                                   (1)

1.8      Wat is die standaardverhouding van 'n tapse spy?

         A     1 in 50
         B     1 in 100
         C     1 in 150
         D     1 in 75                                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          5                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.9      Watter defek kom as 'n groef direk langs die rande van 'n sweislas in die
         moeder-/basismetaal voor?

         A     Insnyding
         B     Slakinsluiting
         C     Poreusheid
         D     Onvolledige indringing                                                         (1)

1.10     Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n destruktiewe toets?

         A     X-straaltoets
         B     Kleurstofdeurdringingstoets
         C     Ultrasoniese toets
         D     Buigtoets                                                                      (1)

1.11     Drukspanning kan as 'n interne krag in materiaal, wat weerstand bied teen
         'n …, gedefinieer word.

         A     skuiflas
         B     treklas
         C     druklas
         D     lineêre las                                                                    (1)

1.12     Watter EEN van die volgende stellings omskryf Pascal se wet?

         A     Die oppervlakte is omgekeerd eweredig aan die druk daarop
               uitgeoefen, indien die temperatuur konstant bly.
         B     Die druk uitgeoefen op die oppervlak van 'n vloeistof in 'n geslote
               hidrouliese stelsel word in gelyke mate in alle rigtings oorgedra.
         C     Die druk is eweredig aan die volume, indien die temperatuur konstant
               bly.
         D     Die volume is omgekeerd eweredig aan die druk daarop uitgeoefen,
               indien die temperatuur verhoog.                                                (1)

1.13      Die volgende stelling beskryf 'n voordeel van 'n bandaandrywingstelsel in
          vergelyking met 'n rataandrywingstelsel:

         A     Sterker
         B     Het geen smering nodig nie
         C     Verander rigting
         D     Meer duursaam                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

1.14     Bereken die vormverandering wanneer 'n trekkrag 'n spanning van 6 MPa in
         'n werkstuk veroorsaak. Die materiaal het 'n elastisiteitsmodule van 3 GPa:

         A     2 x 103
         B     500
         C     1,8 x 109
         D     2 x 10-3                                                                      (1)

1.15     Wat is die samestelling van snyvloeistof?

         A     Oplosbare olie en water
         B     Ghries en water
         C     Enjinolie en water
         D     Masjienolie en water                                                          (1)

1.16     Waarvoor staan die afkorting EBE ('ECU') by voertuigbeheerstelsels?

         A     Ekonomiese beheereenheid
         B     Elektroniese beheereenheid
         C     Elektriese beheereenheid
         D     Enjinbeheereenheid                                                            (1)

1.17     Hoe word die superaanjaer aangedryf?

         A     Hidrouliese aandrywing
         B     Gasaandrywing
         C     Pneumatiese aandrywing
         D     Meganiese aandrywing                                                          (1)

1.18      Tydens 'n gasturbinetoepassing word die hulpkrageenheid beskryf as 'n …
          gasturbine ontwerp vir hulpkrag.

          A    groot
          B    mediumgrootte
          C    groter
          D    klein                                                                         (1)

1.19     Krag is 'n vektoreenheid wat deur … gekenmerk word.

         A     slegs grootte
         B     slegs rigting
         C     grootte en rigting
         D     volume en rigting                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       7             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

1.20     Wat stel punt D in FIGUUR 1.2 voor?

                                               D
                                  AB C

                       SPANNING
                                                     E

                                   VORMVERANDERING
                                       FIGUUR 1.2

         A     Eweredigheidsgrens
         B     Maksimum vormverandering
         C     Maksimum spanning
         D     Elastisiteitsgrens                                              (1)
                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              8                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1       Alle persoonlike- en omgewingsveiligheidsmaatreëls is reeds nagekom
          wanneer 'n vlakslyper gebruik word. Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat
          slegs van toepassing is terwyl die vlakslyper gebruik word.                               (3)
2.2       Gee TWEE redes waarom die drukmeter van 'n hidrouliese pers gereeld
          getoets moet word.                                                                        (2)
2.3       Hoekom is dit belangrik dat die koperpunte van die puntsweiser tydens
          gebruik konstant koel gehou moet word?                                                    (1)
2.4       Beskryf die posisie         van      die   volgende   met   betrekking   tot   die
          silinderlekkasietoets:
         2.4.1         Slag                                                                         (1)
         2.4.2         Suier                                                                        (1)
         2.4.3         Kleppe                                                                       (1)
2.5       Teen watter hoek tot die laer moet 'n laertrekker gebruik word?                           (1)
                                                                                                    [10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1       Verduidelik hoe 'n voltmeter en 'n ammeter aan 'n stroombaan gekoppel
          word.                                                                                     (2)
3.2      Beskryf die doel van die volgende toetse:
         3.2.1         Balkbuigtoets                                                                (2)
         3.2.2         Silinderlekkasietoets                                                        (2)
3.3      Toe Johnny 'n droë kompressietoets uitgevoer het, het die toets getoon dat
         die eerste silinder 'n baie lae lesing het. Nadat 'n nat toets uitgevoer is, was
         die lesing hoër. Watter afleiding kan Johnny uit die toets maak?                           (2)
3.4       FIGUUR 3.1 hieronder toon 'n kompressietoetser wat gebruik word om die
          druk van 'n silinder te toets. Benoem onderdeel A–D.

                                                     A

                                                                       B

                                                                       C

                                                                       D

                                               FIGUUR 3.1                                             (4)
                                                                                                      [12]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             9                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

VRAAG 4: MATERIALE

4.1      Noem TWEE eienskappe van elk van die volgende mikroskopiese strukture
         van staal:

         4.1.1         Ferriet                                                                  (2)
         4.1.2         Perliet                                                                  (2)

4.2      Bepaal die mikroskopiese struktuur wat die samestelling van yster en
         koolstof (ysterkarbied) deur die analise van staal en gietyster die beste
         beskryf.                                                                               (2)

4.3      Die tabel hieronder dui die koolstofinhoud, tipiese gebruike, hitte-
         behandeling en eienskappe van staal aan. Skryf die antwoord op
         VRAAG 4.3.1, 4.3.2 en 4.3.3 in die ANTWOORDEBOEK neer.

            KOOLSTOF-               TIPIESE              HITTE-
                                                                     EIENSKAPPE
              INHOUD               GEBRUIKE           BEHANDELING
                Laag
                                       4.3.1           Uitgloeiing   Sterk; duursaam
             0,1–0,25%
               Medium             Krukas; tange;                       Taai; harde
                                                         4.3.2
            0,25–0,55%           skroewedraaiers                        oppervlak
                Hoog             Snygereedskap;
                                                       Verharding         4.3.3
            0,55–1,00%             vere; hamers                                                 (3)

4.4      Definieer die volgende terme met verwysing na die yster-koolstof-
         ewewigsdiagram:

         4.4.1         Laer kritieke punt (AC 1 )                                               (2)
         4.4.2         Kritieke temperatuur                                                     (2)
                                                                                                [13]

VRAAG 5: TERMINOLOGIE

5.1      Verduidelik stapsgewys hoe 'n metrieke V-skroefdraad met 'n steek van
         1,5 mm op 'n senterdraaibank gesny word.                                           (11)

5.2      Bereken die snydiepte van 'n metrieke V-skroefdraad met 'n steek van
         2,5 mm wanneer die saamgestelde-beitelslee-metode gebruik word.                        (3)

5.3      Bereken die eenvoudige indeksering wat nodig is om 'n rat met 82 tande
         te sny.                                                                                (3)

5.4      Die lengte van 'n parallelspy is 102 mm. Bereken:

         5.4.1         Die diameter van die as                                                  (3)

         5.4.2         Die wydte van die spy                                                    (3)

         5.4.3         Die dikte van die spy                                                    (3)

5.5      Toon, met behulp van netjiese benoemde sketse, die verskil tussen
         opfreeswerk en klimfreeswerk aan.                                                      (4)
                                                                                                [30]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             10                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      FIGUUR 6.1 toon 'n sweismasjien met verskillende toebehore.

                                           FIGUUR 6.1

         6.1.1         Identifiseer die sweismasjien in FIGUUR 6.1.                            (1)

         6.1.2         Benoem onderdeel A–G in FIGUUR 6.1.                                     (7)

6.2      Verduidelik die werkbeginsel van die X-straaltoetstoerusting soos van
         toepassing op 'n sweislas.                                                            (6)

6.3      Noem   DRIE          voordele    van     afgeskermde    metaalboogsweiswerk
         (MIGS/MAGS).                                                                          (3)

6.4      Wat is die doel van 'n buigtoets?                                                     (2)

6.5      Noem TWEE oorsake van die volgende sweisdefekte:

         6.5.1         Onvolledige indringing                                                  (2)

         6.5.2         Sweiskraters                                                            (2)

6.6      Watter TWEE aspekte met betrekking tot sweistegnieke moet tydens
         boogsweis in gedagte gehou word?                                                      (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 7: KRAGTE

7.1       Vier kragte van 150 N, 210 N, 250 N en 360 N onderskeidelik, soos getoon
          in FIGUUR 7.1 hieronder, werk op dieselfde punt in. Bereken die grootte en
          die rigting van die ewewigskrag vir hierdie stelsel van kragte.

                                                          250 N
                              210 N
                                             110°
                                                    45°
                                                                  360 N

                                            150 N

                                            FIGUUR 7.1                                            (15)

7.2       'n Vierkantige staalstaaf, met 100 mm x 100 mm-sye, word aan 'n drukkrag
          van 80 kN onderwerp. Bepaal, deur middel van berekeninge, die spanning
          in die materiaal.                                                                       (5)

7.3       Definieer Hooke se wet.                                                                 (3)

7.4       FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
          stutte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings word op die
          balk uitgeoefen, asook 'n eenvormige verspreide belasting van 50 N/m, oor
          die hele linkerhelfte van die balk.

          Bepaal, deur middel van berekeninge, die groottes van die reaksies in
          stut A en B.

                      50 N/m eenvormige         400 N       600 N
                     verspreide belasting

                     1,5 m            5m              2m             4,5 m
                          A                                                        B

                                            FIGUUR 7.2                                            (7)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           12                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1      Noem TWEE voordele van 'n snyvloeistof.                                                 (2)

8.2       Definieer voorkomende instandhouding.                                                  (1)

8.3       Motorvervaardigers beveel aan dat die tydreëlketting van 'n voertuigenjin
          elke 90 000 km vervang moet word. Beantwoord die vrae wat volg.

         8.3.1         Gee TWEE redes waarom 'n kettingaandrywing bo 'n band-
                       aandrywing verkies word.                                                  (2)

         8.3.2         Gee TWEE redes waarom 'n gerekte ketting vervang moet word.               (2)

         8.3.3         Verduidelik puntsgewys hoe jy die tydreëlketting van 'n enjin sal
                       verwyder en vervang.                                                      (6)

8.4       Waarom is dit wenslik dat enjinolie 'n hoë flitspunt moet hê?                          (2)
                                                                                                 [15]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n ratstelsel wat gebruik word om 'n hysmasjien
         te beheer. Die dryfrat het 50 tande en roteer teen 660 r/min. Die tussenrat
         wat gebruik word om die draairigting te verander, draai teen 1 000 r/min.
         Die gedrewe rat het 60 tande.

                                                                 Rat C
                            Rat A
                                              Rat B

                                                                 Rat-C
                            Rat-A
                                              Rat-B

                                           Tussenrat
                          Dryfrat
                                                              Gedrewe rat
                                            FIGUUR 9.1

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.1.1         Die getal tande van die tussenrat                                         (3)

         9.1.2         Die rotasiefrekwensie van die gedrewe rat in omwentelinge per
                       sekonde                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           13                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

9.2      Die dryfkatrol van 'n bandaandrywingstelsel roteer teen 1 640 r/min. Die
         dryfkatrol het 'n diameter van 175 mm en die gedrewe katrol se diameter is
         80 mm. Die banddikte is 12 mm.

         Neem die banddikte in aanmerking en bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.2.1         Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol in revolusies per
                       sekonde                                                                    (3)

         9.2.2         Die bandspoed van die stelsel                                              (3)

9.3      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om skrootmetaal vir herwinning saam te
         pers. Die spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.2
         hieronder voorgestel.

                 Ø 38 mm                                         Ø 150 mm
                   240 N

                                                                 Las = ? N

                     Suier A

                                                                  Suier B

                                            FIGUUR 9.2

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.3.1         Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in
                       ewewig is                                                                  (3)

         9.3.2         Die krag uitgeoefen deur suier B                                           (4)

9.4      Beskryf die doel van die voertuigenjin-beheerstelsel.                                    (4)

9.5      Beskryf die doel van die sluitweerremstelsel (ABS).                                      (2)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        14                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Noem TWEE positiewe invloede wat 'n waterturbine op die omgewing en die
         samelewing sal hê.                                                                  (2)

10.2     Definieer die volgende terme rakende 'n waterturbine:

         10.2.1        Soortlike spoed                                                       (2)

         10.2.2        Vryloopspoed                                                          (2)

10.3     Noem die funksie van 'n stoomturbine.                                               (2)

10.4     Noem DRIE tipes stoomturbines.                                                      (3)

10.5     Wat is die voordeel van die gebruik van gasturbines op vlootvaartuie?               (2)

10.6     Definieer aanjagingsdruk.                                                           (2)

10.7     Verduidelik puntsgewys die werking van 'n dubbelskroef-drukaanjaer
         ('supercharger')                                                                    (5)
                                                                                             [20]

                                                                           TOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                   1                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                      NSS

            FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12

1.       BANDAANDRYWINGS

                                  πDN
         1.1    Bandspoed =
                                   60

                                  π ( D + t )× N
         1.2    Bandspoed =                      (t = banddikte)
                                        60

         1.3    Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid            (A = dikte × wydte)

                                         diameter van gedrewe katrol
         1.4    Spoedverhouding =
                                           diameter van dryfkatrol

         1.5    N 1 D1 = N 2 D2

                                     π( D + d ) ( D − d )2
         1.6    Oopbandlengte =                +           + 2c
                                         2          4c

                                            π( D + d ) ( D + d ) 2
         1.7    Gekruisteband lengte =                +            + 2c
                                                2          4c

                                    2π NT
         1.8    Drywing ( P ) =
                                     60

                                                                      T1
         1.9    Verhouding tussen die stywe kant en slap kant =
                                                                      T2

                                   (T1 − T2 ) π D N
         1.10   Drywing (P) =                               waar T1 = krag in die stywe kant
                                          60
                                                                 T2 = krag in die slap kant
                                                                 T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

                                    T1
         1.11 Wydte =
                           toelaatbare trekkrag

2.       WRYWINGKOPPELAARS
         2.1    Wringkrag ( T ) = µWnR
                      waar µ = wrywingskoëffisiënt
                             W = totale druk
                             n = getal wrywingsoppervlakke
                                  R = effektiewe radius

                                    2π NT
         2.2    Drywing ( P ) =
                                     60

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 2                                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                    NSS

3.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                                  krag                      F
         3.1    Spanning =                     of   (σ=       )
                               oppervlakte                  A

                                              verandering in lengte ( ΔL )
         3.2   Vormverandering ( ε ) =
                                               oorspronklike lengte ( L )

                                                 spanning                        σ
         3.3   Young se modulus ( E ) =                                of    (     )
                                              vormverandering                    ε

               Oppervlakteronde staaf =
                                          πD 2
                                               en Oppervlakteronde pyp =
                                                                         π D2 − d 2(        )
         3.4                               4                                 4

               Oppervlaktevierkantige staaf = L2    en    Oppervlaktevierkantige pyp = L2 − l 2

4.       HIDROULIKA

                                  krag ( F )
         4.1    Druk ( P ) =
                               oppervlakte ( A )

         4.2   Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s )

         4.3   Arbeid verrig = krag × afstand

                                 πD 2
         4.4   Oppervlakte =
                                  4

                F1 F2
         4.5      =
                A1 A2

5.       RATAANDRYWINGS

                                  2π NT
         5.1   Drywing ( P ) =
                                   60

                                    produk van die getal tande op gedrewe ratte
         5.2   Ratverhouding =
                                      produk van die getal tande op dryfratte

               N inset    produk van die getal tande op gedrewe ratte
         5.3            =
               N uitset     produk van die getal tande op dryfratte

         5.4   Wringkrag = krag × radius

         5.5   Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               3                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                  NSS

                                   Steeksirkeldiameter ( SSD )
         5.6    Module ( m ) =
                                        Getal tande ( T )

         5.7    N 1T1 = N 2T2

                                                 sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T )
         5.8    Steeksirkeldiameter ( SSD ) =
                                                                   π

         5.9    Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module

         5.10   Addendum ( a ) = module ( m )

         5.11   Dedendum ( b ) = 1,157 m                 of      Dedendum ( b ) = 1,25 m

         5.12   Snydiepte ( h ) = 2,157 m                of      Snydiepte ( h ) = 2,25 m

         5.13 Vry ruimte ( c ) = 0,157 m                 of      Vry ruimte ( c ) = 0,25 m

         5.14   Sirkelsteek ( SS ) = m × π

6.       KATROLAANDRYWINGS

         6.1     N 1 D1 = N 2 D2

                                     2π NT
         6.2     Drywing ( P ) =
                                      60

                                          diameter van gedrewe katrol
         6.3     Spoedverhouding =
                                            diameter van dryfkatrol

7.       SPYE

                                      diameter van as
         7.1     Wydte van spy =
                                             4

                                     diameter van as
         7.2     Dikte van spy =
                                            6

         7.3     Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         7.4     Tapsheid van spy = 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS

8.       HEFBOME

                                                     las ( W )
         8.1     Meganiese voordeel ( MA ) =
                                                   hyskrag ( F )

         8.2     Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag

         8.3     Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las

                                                   insetbeweging
         8.4     Snelheidsverhouding ( VR ) =
                                                   uitsetbeweging

9.       SKROEFDRAAD

         9.1     Steekdiameter = buitediameter − ½ steek

         9.2     Steekomtrek = π × steekdiameter

         9.3     Styging = steek × getal beginne

         9.4     Hoogte van skroefdraad = 0,866 × steek (P)

         9.5     Diepte van skroefdraad = 0,613 × steek (P)

                                    hoogte
         9.6     Getal draaie =
                                    styging

10.      INDEKSERING

         CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR GATSIRKELS IN PLAAT

                                                   Gatsirkels
        Kant 1       24        25    28       30    34      37      38   39   41    42     43
        Kant 2       46        47    49       51    53      54      57   58   59    62     66

                          40
          Indeksering =
                           n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-eng/8f9df8a8-30fa-4d90-acce-9c3eb5fcf6d5) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Eng
- [MECHANICAL TECH GR12 2015 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-gr12-2015-qp-afr/89f43255-e6e6-4f9b-82e9-9bee1a06490c) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Afr
- [MECHANICAL TECH GR12 2015 QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-gr12-2015-qp-eng/1a37fc65-be11-4d0c-8b4b-497c8e79071f) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2015-afr/5d6f97d0-9359-4b6e-81b2-a2b96c872bf6) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2015-eng/dade1b2e-be3d-4625-954c-c8356a9deb3a) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Eng
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-eng/4240af0f-86fd-4c37-bd71-a5c4c769b35e) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
