# Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2017-afr/6ca45311-9387-4f1c-99bb-7ca546ae4aee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2017-afr/6ca45311-9387-4f1c-99bb-7ca546ae4aee)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          MEGANIESE TEGNOLOGIE

                           FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.

2.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat daarvoor op
         die ANTWOORDEBOEK verskaf is.

3.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.       Beantwoord AL die vrae.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond ALLE antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

8.       Kandidate mag nieprogrammeerbare,           wetenskaplike    sakrekenaars        en
         tekeninstrumente gebruik.

9.       Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s-2.

10.      Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

11.      'n Formuleblad vir jou gebruik is by hierdie vraestel aangeheg.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

13.      Gebruik die riglyne hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.

                                                                                 TYD
           VRAAG                  INHOUD                   PUNTE
                                                                               (minute)
              1         Meervoudigekeuse-vrae                 20                  15
              2         Veiligheid                            10                  10
              3         Gereedskap en Toerusting              12                  10
              4         Materiaal                             13                  10
              5         Terminologie                          30                  20
              6         Hegtingsmetodes                       25                  25
              7         Kragte                                30                  30
              8         Instandhouding                        15                  15
              9         Stelsels en Beheer                    25                  25
              10        Turbines                              20                  20
                                           TOTAAL            200                 180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        3                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
die vraagnommer (1.1–1.20) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

VOORBEELD:

 1.21        A                B       C          D

1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is op 'n kragsaag van
         toepassing?

         A     Maak seker dat die snyspoed op die hoogste verstelling gestel is vir die
               beste werkverrigting.
         B     Lang stukke materiaal moet op die punte ondersteun word.
         C     Maak seker die lem is deeglik geolie.
         D     Draai die lem vas terwyl die masjien aangeskakel is.                            (1)

1.2      Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is op 'n trektoetser van
         toepassing?

         A     Pas oormatige druk op die toetser toe.
         B     Gebruik 'n hamer om 'n toetsstuk te verwyder.
         C     Verlaag die vloeistofvlak van die toetser.
         D     Dra oogbeskerming.                                                              (1)

1.3      'n Rockwell-toetser word gebruik om die … van 'n materiaal te toets.

         A     treksterkte
         B     elastisiteit
         C     hardheid
         D     brosheid                                                                        (1)

1.4      Watter EEN van die volgende is 'n rede vir 'n hoë koolstofmonoksiedlesing op
         'n binnebrandenjin?

         A     Hoë kompressie
         B     Warm kleppe
         C     'n Verstopte lugfilter
         D     Suierringe te styf gestel                                                       (1)

1.5      'n Oustenietstruktuur is …

         A     sterk en bros.
         B     sag en smeebaar.
         C     hard en smeebaar.
         D     sag en bros.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         4                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

1.6      Die tweede stuittemperatuur (AC 2) vir koolstofstaal is …

         A     1 000 °C.
         B     120 °C.
         C     320 °C.
         D     800 °C.                                                                         (1)

1.7      Die minimum diameter van 'n skroefdraad word by die … van die skroefdraad
         gemeet.

         A     wortel
         B     middellyn
         C     kruin
         D     styging                                                                         (1)

1.8      Wat is die ratverhouding van 'n Cincinnati-verdeelkop wat op 'n freesmasjien
         gebruik word?

         A     60 : 1
         B     40 : 1
         C     50 : 1
         D     30 : 1                                                                          (1)

1.9      Watter EEN van die volgende is 'n algemene oorsaak van onvoldoende
         indringing/penetrasie in 'n sweislas?

         A     Die sweisstroom was te laag
         B     Slak is nie van die eerste sweislopie verwyder voor 'n tweede sweislopie
               nie
         C     Daar is nie weer aan die bokant van die vorige sweislopie begin nie
         D     Vuil of nat elektrodes is tydens boogsweisproses gebruik                        (1)

1.10     Wat neem die X-straaltoets op 'n sweislas waar?

         A     Eksterne defekte
         B     Interne defekte
         C     Oppervlakdefekte
         D     Visuele defekte

1.11     Een (1) Pascal kan as … uitgedruk word.

         A     1 kg werk in op 1 m2
         B     1 N werk in op 1 m2
         C     1 kg werk in op 1 mm2
         D     1 N werk in op 1 mm2                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         5                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

1.12     Wat word onder Young se elastisiteitsmodulus verstaan?

         A     Die kragwaarde benodig om 'n eenheid-area in 'n trektoetsmonster
               te produseer
         B     Die verhouding tussen spanning en vormverandering in 'n metaal, mits
               die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie
         C     Die meting van die verlenging of inkrimping van materiaal as gevolg van
               die las
         D     Die verhouding van die vervorming as gevolg van die toepassing van
               'n eksterne krag                                                               (1)

1.13     Wat word deur punt D voorgestel op die spanning-vormverandering-grafiek
         in FIGUUR 1.1 getoon?

                                                    D
                                       BC
                                   A
                                                                   E

                        Spanning

                             O          Vormverandering
                                         FIGUUR 1.1

         A     Die eweredigheidsgrens
         B     Die elastisiteitsgrens
         C     Die minimum spanning
         D     Die maksimum spanning                                                     (1)

1.14     Waar word hoogdrukolie ('EP oil') gebruik?

         A     In die enjin
         B     In die kragstuur
         C     In die remme
         D     In die ewenaar                                                            (1)

1.15     Wat is die doel van die gebruik van snyvloeistof op 'n draaibank of
         freesmasjien?

         A     Verkoel die snygereedskap
         B     Laat snysels aan die snyer klou
         C     Verminder die kwaliteit van die afwerking
         D     Dien as 'n nie-smeermiddel                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

1.16     FIGUUR 1.2 hieronder toon drie ratte wat inkam. Wat is die doel van
         tussenrat B?

                                            Tussenrat
                                               B

                              Dryfrat                      Gedrewe rat
                                A                              C

                                           FIGUUR 1.2

         A     Verhoog die finale rotasiefrekwensie
         B     Verminder die finale rotasiefrekwensie
         C     Roteer die gedrewe rat in dieselfde rigting as die dryfrat
         D     Roteer die gedrewe rat in die teenoorgestelde rigting as die dryfrat              (1)

1.17     Wat sal die rotasiefrekwensie van dryfkatrol B wees indien katrol A teen
         2 000 r/min roteer, soos in FIGUUR 1.3 hieronder getoon?

                                                            Katrol B
                                                            (Drywer)
                                                            Ø 80 mm

                              Katrol A
                             (Gedrewe)
                             Ø 200 mm

                                           FIGUUR 1.3

         A     5 000 r/min
         B     2 500 r/min
         C     2 000 r/min
         D     1 000 r/min                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        7                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

1.18     Bepaal die spoedverhouding van die kettingaandrywing van die fiets, soos in
         FIGUUR 1.4 getoon.

                              18 tande

                                                           54 tande

                                          FIGUUR 1.4

         A     3:1
         B     1:3
         C     1 : 18
         D     1 : 54                                                                          (1)

1.19     Die funksie van 'n drukaanjaer wat aan 'n binnebrandenjin gemonteer is, is
         om lug saam te druk met behulp van 'n … aksie.

         A     elektroniese
         B     meganiese
         C     elektriese
         D     analoë                                                                          (1)

1.20     Wat verstaan jy onder die term aanjagingsdruk ten opsigte van turbo-
         aanjaers?

         A     Die druk wat die turbo-aanjaer in die inlaatspruitstuk ontwikkel
         B     Waar die blaser voor die vergasser geplaas word
         C     Die sentrifugale krag om dekompressie van die inlaatkrag te ontwikkel
         D     Waar die blaser na die vergasser geplaas word                                   (1)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            8                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID

2.1      Watter TWEE veiligheidmaatreëls moet nagekom word wanneer met 'n
         kronkelveerkompressor gewerk word?                                                 (2)
2.2      Noem DRIE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word voordat 'n laer
         vanaf 'n as deur 'n hidrouliese pers gedruk word.                                  (3)
2.3      Thabo gebruik 'n balkbuigtoetser om die graad van defleksie van 'n werkstuk
         te bepaal. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word
         wanneer 'n balkbuigtoetser gebruik word.                                           (2)
2.4      Noem EEN spesifieke veiligheidsmaatreël wanneer ELK van die volgende
         items toetstoerusting gebruik word:
         2.4.1         Brinell-toetser                                                      (1)
         2.4.2         Rat- en laertrekker                                                  (1)
         2.4.3         Wringtoetser                                                         (1)
                                                                                            [10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1      Gee TWEE oorsake vir lae brandstofdruk.                                            (2)
3.2      Watter presisiemeetinstrument word gebruik om die volgende akkuraat
         te meet:
         3.2.1         Die diepte van 'n blinde gat                                         (1)
         3.2.2         Die steekdiameter van 'n V-skroefdraad                               (1)
3.3      'n Dieptemikrometerlesing word in FIGUUR 3.1 getoon. Die mikrometer word
         met 'n 50–75 mm omruilbare stafie verleng. Gee die volledige lesing met die
         eenheid.

                          50–75

                                                          45
                                      10       5

                                                          0

                                             FIGUUR 3.1                                     (2)
3.4      Noem TWEE afmetings wat met 'n multimeter geneem kan word.                         (2)
3.5      Verduidelik TWEE maniere waarop jy silinderlekkasies by 'n binnebrandenjin
         sal opspoor.                                                                       (2)
3.6      Noem TWEE gebruike van die verkoelingstelseldruktoetser.                           (2)
                                                                                            [12]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                             9                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                NSS

VRAAG 4: MATERIAAL

4.1                      Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende staalstrukture:

                         4.1.1         Sementiet                                                                 (2)

                         4.1.2         Perliet                                                                   (2)

4.2                      FIGUUR 4.1 toon 'n diagram. Beantwoord die vrae wat volg.

                 1000
                                                                                      AC3

                     900
                                         AC3
                                                                C

      TEMPERATUUR (°C)
                     800               B                                          D

                                 AC1                                                    AC1
                     720
                     700

                     600                     A                                    E

                          0            0,2       0,4      0,6         0,8   1,0   1,2         1,4
                                                       KOOLSTOFINHOUD (% )
                                                            FIGUUR 4.1

                         4.2.1         Wat word die diagram in FIGUUR 4.1 hierbo genoem?                         (1)

                         4.2.2         Benoem A–E op die diagram getoon.                                         (5)

                         4.2.3         Noem TWEE eienskappe van C op die diagram.                                (2)

4.3                      Wat is die laer kritieke temperatuur vir koolstofstaal met 'n koolstofinhoud
                         van 0,87%?                                                                              (1)
                                                                                                                 [13]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             10                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE

5.1      'n Reguittandrat met 118 tande moet op 'n universele freesmasjien gesny
         word. Bereken die indeksering nodig vir die sny van hierdie rat met behulp
         van 'n Cincinnati-verdeelkop.                                                      (3)

5.2      Gebruik eenvoudige lynsketse om die verskil tussen opfreeswerk en
         klimfreeswerk op 'n freesmasjien te verduidelik. Dui die werkstuktoevoer en
         die snyerrotasie aan.                                                              (4)

5.3      'n Tapse neusspy moet gemaak word om op 'n 102 mm diameter as te pas.
         Bereken die volgende spy-afmetings:

         5.3.1         Die wydte van die spy                                                (2)

         5.3.2         Die dikte van die spy                                                (2)

         5.3.3         Die lengte van die spy                                               (2)

         5.3.4         Die dikte van die spy by die kleiner ent                             (4)

5.4      'n Reguittandrat het 60 tande en 'n module van 3. Bereken die volgende ten
         opsigte van die reguittandrat:

         5.4.1         Addendum                                                             (1)

         5.4.2         Dedendum                                                             (2)

         5.4.3         Vry ruimte                                                           (2)

         5.4.4         Steeksirkeldiameter                                                  (2)

         5.4.5         Buitediameter                                                        (2)

         5.4.6         Snydiepte                                                            (2)

         5.4.7         Sirkelsteek                                                          (2)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      Watter sweisdefek word beskryf as nie-metaalagtige vaste stowwe wat in die
         sweismetaal vasgevang is?                                                                  (1)

6.2      Noem VIER defekte wat tydens visuele inspeksies waargeneem kan word.                       (4)

6.3      Noem TWEE oorsake van onvoldoende penetrasie in 'n sweislas.                               (2)

6.4      Noem TWEE maatreëls om gebrekkige saamsmelting in 'n sweislas te
         voorkom.                                                                                   (2)

6.5      Identifiseer die destruktiewe toetse wat op 'n sweislas uitgevoer word wat
         hieronder beskryf word:

         6.5.1         Om die hardheid en sterkte van die sweislas te bepaal                        (1)

         6.5.2         Om interne defekte bloot te stel                                             (1)

         6.5.3         Om die smeebaarheid van die neerslag en die area langs die las,
                       wat deur hitte geaffekteer is, te bepaal                                     (1)

6.6      Verduidelik hoe jy 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas sal uitvoer.              (7)

6.7      Noem EEN funksie van ELK van die volgende komponente op die
         MIG/MAGS-sweistoerusting:

         6.7.1         Draadvoerbeheer                                                              (2)

         6.7.2         Sweispistool                                                                 (2)

6.8      Wat is die funksie van die trae gas wat tydens die MIG/MAGS-sweisproses
         gebruik word?                                                                              (2)
                                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 7: KRAGTE

7.1      Vier trekkragte van 1,2 kN, 2 kN, 3,4 kN en 1,8 kN werk op dieselfde punt in,
         soos in FIGUUR 7.1 hieronder getoon. Bepaal, met behulp van berekeninge,
         die grootte en rigting van die resultant van die stelsel van kragte.

                                                      2 kN
                                1,2 kN

                                                50°
                                                              3,4 kN
                                                70°

                                                1,8 kN
                                               FIGUUR 7.1                                          (13)

7.2      'n Las van 40 kN word uitgeoefen op 'n geelkoperbus wat in 'n hidrouliese
         pers gebruik word. Die buite- en binnediameters van die bus is 98 mm en
         67 mm onderskeidelik. Die oorspronklike lengte van die bus is 80 mm en
         Young se modulus vir geelkoper is 90 GPa.

         Bereken die:

         7.2.1         Spanning in die busmateriaal                                                (5)

         7.2.2         Vormverandering                                                             (3)

         7.2.3         Verandering in lengte                                                       (3)

7.3      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte,
         A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings van 200 N en 600 N,
         saam met 'n eenvormig verspreide belasting van 80 N/m oor die hele lengte
         van die balk, word op die balk uitgeoefen. Bepaal, deur middel van
         berekeninge, die groottes van die reaksies in stut A en B.

                                                  200 N           600 N
                          80 N/m

                                 5,8 m                       3m           2,8 m
                 A                                                                  B

                                               FIGUUR 7.2                                          (6)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           13                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1      Definieer voorkomende instandhouding.                                                     (2)

8.2      Waarom is dit belangrik om seker te maak dat 'n masjien afgeskakel en
         gesluit is wanneer instandhouding op bandaandrywings gedoen word?                         (2)

8.3      Wat is koppelaarpedaalspeling?                                                            (2)

8.4      Wat word met die term viskositeitsindeks bedoel?                                          (1)

8.5      Gee TWEE redes waarom die koppelaarplaat in 'n motorvoertuig se
         koppelaarsamestel vervang word.                                                           (2)

8.6      Waarom het ghries 'n baie hoë viskositeit?                                                (2)

8.7      Wat is snyvloeistof?                                                                      (2)

8.8      Gee 'n rede waarom die viskositeit van 'n snyvloeistof laag moet wees.                    (2)
                                                                                                   [15]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as van
         die elektriese motor het 18 tande wat met rat B, met 36 tande, op 'n tussenas
         inkam. Daar is 'n tweede dryfrat, C, met 16 tande, op hierdie tussenas, wat
         met rat D, met 46 tande, op die leweringsas inkam.

                                                                   Leweringsas
                     Elektriese
                                                       D
                     motor           A
                                     18                46

                                     B
                                     36                C
                                                       16
                                          Tussenas

                                            FIGUUR 9.1

         Bereken die:

         9.1.1         Rotasiefrekwensie van die leweringsas indien die elektriese motor
                       teen 1 660 r/min roteer                                                     (3)

         9.1.2         Snelheidsverhouding tussen die inset- en leweringsas                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            14                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

9.2      FIGUUR 9.2 toon 'n bandaandrywingstelsel met 'n 230 mm-dryfkatrol.
         Die bandspoed van die 12 mm dik V-band is 36 m.s-1. Die trekkrag in die slap
         kant is 110 N en die verhouding tussen die krag in die stywe kant en die krag
         in die slap kant is 2,5.

              NDR = ? r/min
              DDR = 230 mm                         T2
              t = 12 mm

                                                  T1

                                             FIGUUR 9.2
         Bereken die:
         9.2.1         Rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/min (revolusies per
                       minuut)                                                                           (4)
         9.2.2         Drywing oorgedra                                                                  (4)
9.3      'n Hidrouliese stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.3 voorgestel.

                 Ø 40 mm
                                                                      Ø 75 mm
                     ?N

                                                                    Las = 700 kg

                  Suier A

                                                                       Suier B

                                             FIGUUR 9.3
         Bereken die:
         9.3.1         Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is                 (4)
         9.3.2         Toegepaste krag wat op suier A nodig is om die las van 700 kg
                       met suier B te lig                                                                (4)
9.4      Wat is die doel van die sluitweerremstelsel ('ABS') in 'n voertuig?                             (2)
9.5      Verduidelik waarom 'n sitplekgordel            in   'n   voertuig   as     'n 'aktiewe'
         veiligheidseienskap beskryf word.                                                               (2)
                                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          15                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Noem TWEE tipes impulsturbines.                                                        (2)

10.2     FIGUUR 10.1 toon 'n waterturbine wat 'n generator aandryf. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                     C
                     B

                                                                   D

                                                                       E

                     A

                                       F

                                           FIGUUR 10.1

         10.2.1        Identifiseer die tipe turbine wat in FIGUUR 10.1 hierbo getoon
                       word.                                                                    (1)

         10.2.2        Benoem A–F.                                                              (6)

         10.2.3        Noem TWEE voordele van die turbine wat in FIGUUR 10.1 hierbo
                       getoon word.                                                             (2)

10.3     Noem TWEE voordele van ELK van die volgende:

         10.3.1        Drukaanjaer                                                              (2)

         10.3.2        Stoomturbine                                                             (2)

         10.3.3        Gasturbine                                                               (2)

10.6     Verduidelik die term turbosloering ten opsigte van 'n turbo-aanjaer.                   (3)
                                                                                                [20]

                                                                                TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               1                                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

                                           FORMULEBLAD

1.       BANDAANDRYWING

        1.1    N dr × D dr = N gd × D gd

                                πDN
        1.2    Bandspoed =                  waar N in r/min is
                                 60

                               π ( D + t )× N
        1.3    Bandspoed =                    (t = banddikte)
                                     60

        1.4    Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid         (A = dikte × breedte/wydte)

                                       diameter van gedrewe katrol
        1.5    Spoedverhouding =
                                         diameter van dryfkatrol

        1.6    Bandlengte (plat band ) = [(D + d ) × 1,57] + 2 × senterafstand

                               π( D + d ) 2 ( D − d ) 2
        1.7    Oopbandlengte =             +            + 2c
                                    2           4c

                                     π( D + d ) 2 ( D + d ) 2
        1.8    Gekruistebandlengte =             +            + 2c
                                          2           4c

                                                                 T1
        1.9    Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                                 T2

                                 (T1 − T2 ) π D N
       1.10    Drywing (P) =                      waar N in r/min is
                                        60
                                                       T1 = krag in die stywe kant
                                                          T2 = krag in die slap kant
                                                          T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

        1.11   Drywing (P) = (T1 – T2 ) × V        waar V = bandspoed in m/s

                                 2πNT
        1.12   Drywing (P) =                      waar N in r/min is
                                  60

                                            T1
        1.13   Wydte/Breedte =
                                   toelaatbare trekkrag

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 2                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                    NSS

2.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                                 krag                     F
         2.1   Spanning =                     of   (σ =     )
                              oppervlakte                 A

                                            verandering in lengte (∆L)
         2.2   Vormverandering (ɛ) =
                                             oorspronklike lengte (L)

                                                spanning         σ
         2.3   Young se modulus (E) =                        of ( )
                                             vormverandering     ε

                                                           πd 2
         2.4   Oppervlakte van 'n ronde staaf = A =
                                                            4

         2.5   Oppervlakte van 'n pyp = A =
                                                    (
                                                   π D2 − d 2   )
                                                       4

         2.6   Oppervlakte van 'n vierkantstaaf = A = L2 of A = L × B

3.       HIDROULIKA

                                 krag ( F )
         3.1   Druk ( P ) =
                              oppervlakte ( A )

         3.2   Volume = (dwarsdeursnee-oppervlakte) × slaglengte

         3.3   Arbeid verrig = krag × afstand

4.       SPYE EN SPYGLEUWE

                                              diameter van as
         4.1   Wydte/Breedte van spy =
                                                    4

                                  diameter van as
         4.2   Dikte van spy =
                                        6

         4.3   Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         4.4   Standaardtaps vir tapse spy = 1 in 100 of 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

5.       HEFBOME

                                             las (W)
         5.1    Meganiese voordeel (MA) =
                                             mag (F)

                                         insetbeweging
         5.2    Snelheidsverhouding =
                                         uitsetbeweging

         5.3    Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag

         5.4    Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las

6.       RATAANDRYWING

          6.1    N dr × D dr = N gd × D gd

                                  2πNT
          6.2    Drywing (P) =
                                   60

                                    produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.3    Ratverhouding =
                                      produk van die getal tande op dryfratte

                  N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.4              =
                  N uitset   produk van die getal tande op dryfratte

          6.5    Wringkrag = krag × radius

          6.6    Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

                                  steeksirkeldiameter (SSD)
          6.7    Module (m) =
                                        getal tande (T )

          6.8    N 1T1 = N 2 T2

                                               steeksirkel (SS) × getal tande (T)
          6.9    Steeksirkeldiameter (SSD) =
                                                               π

         6.10    Steeksirkeldiameter (SSD) = m × T

         6.11    Buitediameter (BD) = m(T + 2)

         6.12    Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                    NSS

          6.13    Addendum = module (m)

          6.14    Dedendum = 1,157 m           of     Dedendum = 1,25 m

          6.15    Snydiepte = 2,157 m          of     Snydiepte = 2,25 m

          6.16    Vry ruimte = 0,157 m         of     Vry ruimte = 0,25 m

          6.17     Sirkelsteek (SS) = m × π

                                                           (SSD) A (SSD) B
          6.18    Senterafstand tussen rat A en rat B =           +
                                                              2       2

7.       SKROEFDRADE

          7.1    Steekdiameter = buitediameter – ½steek

          7.2    Steekomtrek = π × steekdiameter

          7.3    Styging = steek × getal beginpunte

          7.4    Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek

          7.5    Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek

8.       INDEKSERING

         8.1     Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien

                                              Cincinnati-indeksplaat
           Sy 1        24     25     28        30     34       37   38       39   41    42     43
           Sy 2        46     47     49        51     53       54   57       58   59    62     66

                               40
         8.2 Indeksering =        (waar n = getal indelings)
                               n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2017-eng/f01a63d0-f7b8-415a-972a-047ae1abde1e) — Mechanical Technology · QP · 2017 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2017-afr/18b70e6e-c339-413e-a965-ea976e4ab963) — Mechanical Technology · QP · 2017 · Afr
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-eng/4240af0f-86fd-4c37-bd71-a5c4c769b35e) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-afr/5df7faf2-277f-4e96-b58e-b30ebda77666) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MT Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-feb-march-2016-afr/c6045d95-1e69-45d4-b04b-8316e67a8172) — Mechanical Technology · QP · 2016 · Afr
- [Mechanical Technology Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-afr/eff83ebc-dc4e-488a-972e-7fe87b961681) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
