# Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-afr/5df7faf2-277f-4e96-b58e-b30ebda77666
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-afr/5df7faf2-277f-4e96-b58e-b30ebda77666)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           MEGANIESE TEGNOLOGIE

                           FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.

2.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

3.       Beantwoord AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond ALLE antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

7.       Kandidate mag nieprogrammeerbare,           wetenskaplike    sakrekenaars        en
         tekeninstrumente gebruik.

8.       Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s-2.

9.       Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.      'n Formuleblad vir jou gebruik is by hierdie vraestel aangeheg.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

12.      Gebruik die riglyne hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.

                                                                               TYD
           VRAAG                  INHOUD                   PUNTE
                                                                             (minute)
               1        Meervoudigekeuse-vrae                 20                15
               2        Veiligheid                            10                10
               3        Gereedskap en Toerusting              12                10
               4        Materiaal                             13                10
               5        Terminologie                          30                20
               6        Hegtingsmetodes                       25                25
               7        Kragte                                30                30
               8        Instandhouding                        15                15
               9        Stelsels en Beheer                    25                25
              10        Turbines                              20                20
                                           TOTAAL            200               180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        3                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.

1.1      FIGUUR 1.1 toon een van die stappe om laers te verwyder en te vervang.
         Watter veiligheidprosedure word in FIGUUR 1.1 getoon?

                                        FIGUUR 1.1

         A     Verwydering van die stamper ('dolly') deur dit met 'n hamer te tik.
         B     Verwyder die omkrullings/baard van die as om skade aan die stamper
               ('dolly') te voorkom.
         C     Plaas die stamper ('dolly') teen die laerbinnering en tik dit met 'n
               hamer.
         D     Maak die sluitmoer effens los deur dit liggies met 'n hamer te tik.              (1)

1.2      Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van toepassing op
         die instandhouding van 'n hidrouliese pers?

         A     Moenie 'n moersleutel op 'n roterende onderdeel gebruik nie.
         B     Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gepers word.
         C     Drukmeters moet gereeld getoets word en verstel of vervang word
               indien enige foutiewe werking voorkom.
         D     Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld.                                         (1)

1.3      Die funksie van 'n klepveertoetser is om die klepveer vir ... en haaksheid
         voor passing te toets.

         A     verdraaiing
         B     spanning
         C     afskuiwing
         D     defleksie                                                                        (1)

1.4      Wat is die funksie van 'n dieptemikrometer?

         A    Meet die buitediameter van 'n werkstuk akkuraat
         B    Meet die binnediameter van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat
         C    Meet die steekdiameter van 'n skroefdraad akkuraat
         D    Meet die diepte van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.5      Watter struktuur van staal word as geweldig hard en bros gekenmerk?

         A     Ferriet
         B     Perliet
         C     Sementiet
         D     Austeniet/Ousteniet                                                               (1)

1.6      Watter EEN van die volgende meganiese                eienskappe        van   staal
         verteenwoordig weerstand teen skokbelasting?

         A     Brosheid
         B     Taaiheid
         C     Hardheid
         D     Elastisiteit                                                                      (1)

1.7      Wat is die grootte          van   die   ingeslote   hoek   van    'n    metrieke
         V-skroefdraad?

         A     60°
         B     45°
         C     55°
         D     29°                                                                               (1)

1.8      Wat is 'n nadeel van klimfreeswerk?

         A     Die snyer raak vinnig stomp wanneer dit op materiaal met
               oppervlakskalie daarop gebruik word.
         B     Dit kan deur dun pype en buise sny.
         C     'n Beter afwerking word verkry
         D     Die verkoelmiddel word na die tande afgevoer waar dit nodig is.                   (1)

1.9      Watter EEN van die volgende toetse gebruik klankgolwe om die toetsstuk
         binne te dring?

         A     Ultrasoniese toets
         B     X-straaltoets
         C     Kleurstofdeurdringingstoets
         D     Kerfbreektoets                                                                    (1)

1.10     Watter EEN van die volgende is die oorsaak van insnyding gedurende die
         sweisproses?

         A     Vinnige afkoeling
         B     Stroom te hoog
         C     Slak van die vorige sweislopie is nie verwyder nie
         D     Vuil of nat sweiselektrode                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

1.11     Watter EEN van die volgende stellings definieer vormverandering in
         materiaal? Vormverandering is die verhouding tussen die ...

         A     verandering in lengte en die oorspronklike lengte.
         B     verandering in diameter en die oorspronklike lengte.
         C     totale lengte en die oorspronklike lengte.
         D     verandering in spanning en die oorspronklike spanning.                         (1)

1.12     Verwys na FIGUUR 1.12 hieronder. Watter tipe spanning, deur krag F
         veroorsaak, sal in die bout van die koppeling voorkom?

                                                 F

                                              F
                                        FIGUUR 1.12

         A     Trekspanning
         B     Drukspanning
         C     Skuifspanning
         D     Kompressiespanning                                                             (1)

1.13     Wat is die eenheid vir momente?

         A     N/m
         B     N.m
         C     N.m2
         D     N.m-2                                                                          (1)

1.14     Wat word onder die term viskositeit ten opsigte van vloeistowwe verstaan?
         Dit is die weerstand teen ...

         A     vloei.
         B     kook.
         C     verkoeling.
         D     skuiming.                                                                      (1)

1.15     Waar sal jy EP 90-olie gebruik?

         A     Enjins
         B     Kragstuur
         C     Remme
         D     Ratkaste                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          6                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.16     FIGUUR 1.16 hieronder verteenwoordig 'n hidrouliese stelsel. Wat is die
         vergelyking tussen die vloeistofdruk by suier A en die vloeistofdruk by
         suier B?

                                    A                 B

                                         FIGUUR 1.16
         A     Die druk by suier A is dieselfde as die druk by suier B.
         B     Die druk by suier A is hoër as die druk by suier B.
         C     Die druk by suier A is laer as die druk by suier B.
         D     Die druk by suier A is dubbel die druk by suier B.                               (1)
1.17      Watter EEN van die volgende stellings definieer Boyle se wet?
          A    'n Ideale gaswet waar, teen konstante druk, die volume van 'n ideale
               gas omgekeerd eweredig aan sy absolute temperatuur is.
          B    'n Ideale gaswet waar, teen konstante volume, die temperatuur van 'n
               ideale gas omgekeerd eweredig aan sy absolute druk is.
          C    'n Ideale gaswet waar, teen konstante temperatuur, die volume van 'n
               ideale gas omgekeerd eweredig aan sy absolute druk is.
          D    'n Ideale gaswet waar, teen konstante temperatuur, die volume van 'n
               ideale gas direk eweredig aan sy absolute druk is.                               (1)
1.18     Wat sal die snelheidsverhouding van 'n bandaandrywingstelsel wees indien
         die gedrewe katrol teen 1 000 r/min en die dryfkatrol teen 100 r/min roteer?
         A     1 : 10
         B     10 : 1
         C     1 : 100
         D     100 : 1                                                                          (1)
1.19     'n Stoomturbine word gebruik om …
         A     die brandstofverbruik in verhouding tot die enjinlewering te verhoog.
         B     'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
         C     die volumetriese doeltreffendheid van 'n enjin te verhoog.
         D     die atmosferiese druk van 'n enjin te verhoog.                                   (1)
1.20     Die voordeel van 'n turbo-aanjaer in vergelyking met 'n superaanjaer is dat
         dit ... gebruik om dit aan te dryf.
         A     uitlaatgasse
         B     die krag van die enjin
         C     'n band
         D     'n brandstof/lugmengsel                                                          (1)
                                                                                                [20]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           7                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1      Wanneer 'n silinderkop van die enjin van 'n voertuig aanmekaargesit word,
         moet die klepvere eers voor montering getoets word. Noem TWEE
         veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met die veertoetser
         werk.                                                                                    (2)
2.2      Waarom is dit belangrik om 'n boogsweishelm tydens boogsweising te dra?                  (1)
2.3      Waarom is dit belangrik om die koperelektrodes van 'n puntsweiser tydens
         werking koel te hou?                                                                     (1)
2.4      Noem EEN spesifieke veiligheidsmaatreël wanneer ELK van die volgende
         toetstoerustingitems gebruik word:
         2.4.1         Brinell-hardheidstoetser                                                   (1)
         2.4.2         Trektoetser                                                                (1)
         2.4.3         Wringtoetser                                                               (1)
2.5      Teen watter hoek met die laer moet die laertrekker gebruik word?                         (1)
2.6      Die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing wanneer 'n
         silinderlekkasietoetser gebruik word. Gee EEN rede waarom jy die volgende
         veiligheidsmaatreëls moet nakom:
         2.6.1         Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie.                  (1)
         2.6.2         Die toetser moet behoorlik in die vonkpropgat of inspuitergat
                       gepas word.                                                                (1)
                                                                                                   [10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1      Gereedskap en toerusting is baie belangrik om verskillende take in die
         werkplek te voltooi. Verduidelik die funksie van ELK van die volgende
         toetstoerustings:
         3.1.1         Silinderkompressietoetser                                                  (2)
         3.1.2         Brandstofdruktoetser                                                       (2)
         3.1.3         Wringtoetser                                                               (2)
3.2      Die gas-analisator word gebruik om die CO- en CO2-lesings van die
         uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin te bepaal. Gee TWEE redes vir 'n hoë
         CO2-lesing.                                                                              (2)
3.3      Die meeste sweismaatskappye gebruik MIG/MAGS-sweistoerusting vir hul
         sweiswerk.
         3.3.1         Gee TWEE redes vir die gebruik van afskermingsgas tydens
                       MIG/MAGS-sweising.                                                         (2)
         3.3.2         Noem TWEE voordele van die gebruik van MIG/MAGS-sweising
                       eerder as boogsweising.                                                    (2)
                                                                                                  [12]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               8                   DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

VRAAG 4: MATERIAAL

4.1      Temperatuur beïnvloed die struktuur van staal met betrekking tot die yster-
         koolstofinhoud. Noem TWEE kenmerke van ELK van die volgende:
         4.1.1         Austeniet/Ousteniet                                                   (2)
         4.1.2         Ferriet                                                               (2)

4.2      Verduidelik wat by die volgende kritieke punte in die yster-koolstof-
         ewewigsdiagram gebeur:
         4.2.1         Laer kritieke punt (AC1)                                              (2)
         4.2.2         Hoër kritieke punt (AC3)                                              (2)

4.3      Gee TWEE redes vir die verbetering van die eienskappe van die materiaal
         wat vir 'n krukas gebruik word.                                                     (2)

4.4      Gee TWEE redes vir die tempering van 'n nokas.                                      (2)

4.5      Watter hittebehandelingproses word op suierringe gebruik?                           (1)
                                                                                             [13]
VRAAG 5: TERMINOLOGIE
5.1      'n Parallellspy moet gemasjineer word om op 'n as van 120 mm diameter te
         pas. Bereken die volgende:
         5.1.1         Die wydte/breedte van die spy                                         (2)
         5.1.2         Die dikte van die spy                                                 (2)
         5.1.3         Die lengte van die spy                                                (2)
5.2      'n Reguittandrat met 124 tande moet op 'n universele freesmasjien gesny
         word. Bereken die eenvoudige indeksering nodig om hierdie rat met behulp
         van 'n Cincinnati-verdeelkop te sny.                                                (3)
5.3      Die steek van 'n metrieke V-skroefdraad is 3 mm. Bereken die hoogte van
         die draad.                                                                          (2)
5.4      'n Reguittandrat het 48 tande en 'n module van 3. Bereken die volgende:
         5.4.1         Addendum                                                              (1)
         5.4.2         Dedendum                                                              (2)
         5.4.3         Vry ruimte                                                            (2)
         5.4.4         Steeksirkeldiameter                                                   (2)
         5.4.5         Buitediameter                                                         (2)
         5.4.6         Snydiepte                                                             (2)
         5.4.7         Sirkelsteek                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             9                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

5.5      'n Metrieke V-skroefdraad moet op 'n senterdraaibank gesny word deur die
         saamgestelde beitelslee teen die helfte van die ingeslote hoek van die draad
         te stel. Die werkstuk is volgens die vereiste diameter gesny en volgens die
         nodige vereistes voorberei. Noem die vereiste verstellings aan die draaibank
         en snybeitel om die skroefdraad te kan sny.                                              (6)
                                                                                                  [30]

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:

         6.1.1         Slakinsluiting                                                             (2)

         6.1.2         Onvolledige indringing                                                     (2)

6.2      Noem   TWEE     oorsake           van    atmosferiese   besoedeling      tydens
         MIG/MAGS-sweising.                                                                       (2)

6.3      Verduidelik die prosedure om 'n kerfbreektoets op 'n sweislas uit te voer.               (5)

6.4      Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende destruktiewe toetse:

         6.4.1         Vrybuigtoets                                                               (2)

         6.4.2         Masjineerbaarheidstoets                                                    (2)

6.5      Gee EEN rede vir die uitvoer van 'n X-straaltoets op 'n sweislas.                        (2)

6.6      Definieer die term sweiskrater.                                                          (2)

6.7      Bestudeer FIGUUR 6.7 hieronder.

                                            FIGUUR 6.7

         6.7.1         Identifiseer die sweisproses in FIGUUR 6.7.                                (1)

         6.7.2         Benoem onderdeel A–E in FIGUUR 6.7.                                        (5)
                                                                                                  [25]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            10                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 7: KRAGTE

7.1      Vier kragte werk op dieselfde punt in. Bepaal, deur middel van berekeninge,
         die grootte en rigting van die resultante krag vir die stelsel van kragte in
         FIGUUR 7.1 hieronder.

                                            FIGUUR 7.1                                          (13)

7.2      'n Drukkrag van 20 kN word op 'n sagtestaalbus toegepas. Die
         buitediameter is 56 mm en die binnediameter is 38 mm. Die oorspronklike
         lengte van die bus was 50 mm.

         Bereken:

         7.2.1         Die weerstandsoppervlakte van die bus                                    (2)

         7.2.2         Die spanning in die materiaal                                            (3)

         7.2.3         Die vormverandering indien die finale lengte van die bus
                       49,975 mm is                                                             (3)

         7.2.4         Young se elastisiteitsmodulus vir die materiaal.                         (3)

7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n eenvormige balk, wat 6 m lank is, wat deur
         twee vertikale stutte, A en B, ondersteun word. 'n Eenvormig verspreide
         krag van 100 N/m word op die linkerhelfte van die balk tussen twee
         puntbelastings van 600 N en 850 N uitgeoefen. Bepaal, deur middel van
         berekeninge, die groottes van die reaksies in stut A en B.

             600 N                               850 N
                         100 N/m

                                  3m                              3m
                 A                                                               B
                                            FIGUUR 7.3                                          (6)
                                                                                                [30]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1      Wat is die rede vir die gebruik van SAE20W50-viskositeitsolie of ander
         multigraadolie in 'n binnebrandenjin?                                                   (2)

8.2      Noem TWEE prosedures om V-bandaandrywingstelsels in stand te hou.                       (2)

8.3      Definieer die term flitspunt van 'n smeermiddel.                                        (3)

8.4      Noem TWEE aspekte om in gedagte te hou wanneer snyvloeistof vir gebruik
         op 'n draaibank hanteer word.                                                           (2)

8.5      Noem TWEE funksies van die koppelaarplaat.                                              (2)

8.6      Gee TWEE redes vir die vlakslyp ('skim') van die vliegwiel voordat 'n nuwe
         koppelaar geïnstalleer word.                                                            (2)

8.7      Gee TWEE eienskappe van ghries.                                                         (2)
                                                                                                 [15]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as van
         'n elektriese motor het 20 tande wat inkam met rat B met 36 tande op
         'n tussenas. Op die tussenas is nog 'n dryfrat, C, met 18 tande wat met rat D
         met 46 tande inkam. Die tweede tussenas het dryfrat E met 42 tande, wat
         rat F met 80 tande op die uitsetas aandryf.

          Elektriese
                                                D                 E
          motor              A
                             20                46                 42
                                                     Tussenas

                             B
                             36                C
                                               18                 F
                                  Tussenas

                                                                  80   Uitsetas

                                            FIGUUR 9.1

         Bereken die:

         9.1.1         Rotasiefrekwensie van die insetas op die elektriese motor indien
                       die uitsetas teen 160 r/min roteer                                        (3)

         9.1.2         Snelheidsverhouding tussen die inset- en uitsetas                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             12                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

9.2      FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n bandaandrywingstelsel. Die katrol, met 'n
         diameter van 0,24 m, dryf 'n gedrewe katrol met 'n diameter van 0,36 m aan.
         Die gedrewe katrol roteer teen 733,33 r/min. T1 = 360 N en T2 = 90 N.

          NGD= 733,33 r/min                                        NDR= ? r/min
          DGD = 0,36 m                             T2              DDR = 0,24 m

                                                          T1
                                             FIGUUR 9.2

         Bereken die:

         9.2.1         Rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/min (revolusies per
                       minuut)                                                                        (3)

         9.2.2         Drywing oorgedra                                                               (2)

         9.2.3         Bandspoed van die stelsel in m.s-1 (meter per sekonde)                         (2)

9.3      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om 'n masjien op te hys. Die
         spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.3 hieronder
         voorgestel.

                 Ø 40 mm
                                                                    Ø ? mm
                  275 N

                                                                   Las= 5,56 kN

                 Suier A

                                                                      Suier B

                                             FIGUUR 9.3
         Bereken die:
         9.3.1         Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is              (5)
         9.3.2         Diameter van suier B om 'n las van 5,56 kN te lig                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         13                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

9.4      Wat is die doel van die sluitweerremstelsel ('ABS') in 'n motorvoertuig?                (2)

9.5      Waarvoor staan die afkorting EBE ('ECU') ten opsigte van motorvoertuie?                 (1)

9.6      Noem EEN voordeel van 'n traksiebeheerstelsel in 'n motorvoertuig.                      (1)
                                                                                                 [25]

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Noem TWEE tipes reaksieturbines.                                                        (2)

10.2     Verduidelik die term aanjaagdruk ('boost') ten opsigte van superaanjaers.               (2)

10.3     Noem TWEE tipes blasers wat as superaanjaers op 'n motorvoertuig se enjin
         gebruik word.                                                                           (2)

10.4     'n Gasturbine wat as 'n stralerenjin ('jet engine') gebruik word, word in
         FIGUUR 10.4 hieronder getoon. Benoem A–F.

                       A           B                    C               D

                                                    F
                                                            E
                                          FIGUUR 10.4                                            (6)

10.5     Noem TWEE toepassings van 'n gasturbine.                                                (2)

10.6     Noem TWEE voordele van 'n gasturbine.                                                   (2)

10.7     Wat is die doel van die morssluis ('waste gate') in 'n turbo-aanjaer?                   (2)

10.8     Waarom word 'n enjin met 'n turbo-aanjaer met 'n oliekoeler toegerus?                   (2)
                                                                                                 [20]

                                                                                 TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              1                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

                                           FORMULEBLAD

1.      BANDAANDRYWING

         1.1   N dr  D dr  N gd  D gd

                               DN
         1.2   Bandspoed                   waar N in r/min is
                                60

                               π ( D  t ) N
         1.3   Bandspoed                     (t  banddikte)
                                     60

         1.4   Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid          (A = dikte × breedte/wydte)

                                      diameter van gedrewe katrol
         1.5   Spoedverhouding 
                                         diameter van dryfkatrol

         1.6   Bandlengte plat band   D  d   1,57  2  senterafstand

                                    π( D  d ) 2 ( D  d ) 2
         1.7   Oopbandlengte                                2c
                                        2            4c

                                     π( D  d ) 2 ( D  d ) 2
         1.8   Gekruistebandlengte                           2c
                                         2            4c

                                                                 T1
         1.9   Verhouding tussen stywekant en slap kant 
                                                                 T2

                                 (T1  T2 ) π D N
       1.10    Drywing (P)                       waar N in r/min is
                                        60
                                                      T1  krag in die stywe kant
                                                        T2  krag in die slap kant
                                                        T1  T2  effektiewe krag (Te )

        1.11   Drywing (P) = (T1 – T2) × V         waar V = bandspoed in m/s

                                 2πNT
        1.12   Drywing (P)                       waar N in r/min is
                                  60

                                            T1
        1.13   Wydte/Breedte =
                                   toelaatbare trekkrag

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 2                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                    NSS

2.      SPANNING EN VORMVERANDERING

                                 krag                     F
         2.1   Spanning                      of   (σ      )
                              oppervlakte                 A

                                            veranderin g in lengte (L)
         2.2   Vormverandering (ɛ) =
                                             oorspronklike lengte (L)

                                                spanning         
         2.3   Young se modulus (E) =                        of ( )
                                             vormverandering     

                                                    πd 2
         2.4   Oppervlakte van 'n ronde staaf  A 
                                                     4

                                                   πD 2  d 2 
         2.5   Oppervlakte van 'n pyp = A 
                                                        4

         2.6   Oppervlakte van 'n vierkantstaaf = A  L2 of A  L  B

3.      HIDROULIKA

                                 krag ( F )
         3.1   Druk ( P ) 
                              oppervlakte ( A )

         3.2   Volume = (dwarsdeursnee-oppervlakte) × slaglengte

         3.3   Arbeid verrig = krag × afstand

4.      SPYE EN SPYGLEUWE

                                              diameter van as
         4.1   Wydte/Breedte van spy =
                                                     4

                                  diameter van as
         4.2   Dikte van spy =
                                         6

         4.3   Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         4.4   Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               3                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

5.      HEFBOME

                                                las (W)
         5.1   Meganiese voordeel (MA)
                                                mag (F)

                                           insetbeweging
         5.2   Snelheidsverhouding =
                                           uitsetbeweging

         5.3   Insetbeweging (IB) = mag × afstand deur mag beweeg

         5.4   Uitsetbeweging (UB) = las × afstand deur las beweeg

6.      RATAANDRYWING

         6.1   N dr  D dr  N gd  D gd

                               2NT
         6.2   Drywing (P) 
                                60

                                 produk van die getal tande op gedrewe ratte
         6.3   Ratverhouding =
                                   produk van die getal tande op dryfratte

               N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
         6.4            
               N uitset   produk van die getal tande op dryfratte

         6.5   Wringkrag = krag × radius

         6.6   Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

                               steeksirkeldiameter (SSD)
         6.7   Module (m) 
                                     getal tande (T)

         6.8   N1T1  N 2 T2

                                                steeksirkel (SS)  getal tande (T)
         6.9   Steeksirke ldiameter (SSD) 
                                                                

        6.10   Steeksirkeldiameter (SSD) = m × T

        6.11   Buitediameter (BD) = m(T + 2)

        6.12   Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module

        6.13   Addendum = module (m)

        6.14   Dedendum = 1,157 m          of   Dedendum = 1,25 m

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                   4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                      NSS

        6.15     Snydiepte = 2,157 m       of    Snydiepte = 2,25 m

        6.16     Vry ruimte = 0,157 m       of Vry ruimte = 0,25 m

        6.17     Sirkelsteek (SS) = m × 

                                                            (SSD) A (SSD) B
        6.18     Senterafstand tussen rat A en rat B              
                                                               2       2

7.      SKROEFDRADE

        7.1      Steekdiameter = buitediameter – ½steek

        7.2      Steekomtrek =  × steekdiameter

        7.3      Styging = steek × getal beginpunte

        7.4      Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek

        7.5      Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek

8.      INDEKSERING

        8.1      Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien

                                                Cincinnati Indeksplate
              Sy 1     24     25      28         30     34      37    38      39    41     42     43
              Sy 2     46     47      49         51     53      54    57      58    59     62     66

                                 40
        8.2      Indeksering       (waar n = getal indelings)
                                 n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-eng/4240af0f-86fd-4c37-bd71-a5c4c769b35e) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-memo-afr/ff38a98a-516d-4d26-b5de-3f8554214a35) — Mechanical Technology · Memo · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-eng-d/83d208e4-1aa5-489e-a101-c36d34d667bf) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afr-d/afa4bb7e-c1c0-43a2-b25a-d37b36790118) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Fitting) GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-fitting-gr12-qp-sept2018-afr-d/96fd3005-cc60-42f8-b858-b415738175ed) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
