# Mechanical Technology Grade 10 National November 2016 QP

> Grade 10 Mechanical Technology question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-gr-10-exemplar-2016-afr/17453fab-6223-4c47-89fd-37d86eb11651
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 10 National November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-gr-10-exemplar-2016-afr/17453fab-6223-4c47-89fd-37d86eb11651)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 10

                            MEGANIESE TEGNOLOGIE

                                    MODEL 2016

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                                       DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A is VERPLIGTEND.

         AFDELING B: PASWERK EN MASJINERING

         AFDELING C: MOTORKUNDE

         AFDELING D: SWEIS- EN METAALWERK

3.       Beantwoord AFDELING A (VERPLIGTEND) en dan AFDELING B of C of D,
         volgens jou keuse van spesialisering.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare                 wetenskaplike   sakrekenaar     en
         tekeninstrumente gebruik.

8.       Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m.s-2 aanvaar word.

9.       Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui word.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

11.      'n Formuleblad word aan die einde van die vraestel verskaf.

12.      Gebruik die kriteria hieronder en op die volgende bladsy om jou te help om
         jou tyd te bestuur.

                                    AFDELING A (GENERIES)
       VRAAG                        INHOUD                PUNTE                TYD
         1           Meervoudigekeuse-vrae (Generies)       20               15 minute
         2           Veiligheid (Generies)                  10               10 minute
         3           Gereedskap en Toerusting (Generies)    12               10 minute
         4           Materiale (Generies)                   12               10 minute
         5           Hegtingsmetodes (Generies)             24               20 minute
         6           Kragte (Generies)                      27               25 minute
         7           Instandhouding (Generies)              16               15 minute
         8           Enjins (Generies)                      19               20 minute
                                     TOTAAL AFDELING A:    140              125 minute
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                     3                               DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model

                                  PASWERK EN MASJINERING
                                    AFDELING B (SPESIFIEK)
         VRAAG                        INHOUD               PUNTE      TYD
            9          Terminologie (Spesifiek)              33     30 minute
           10          Stelsels en Beheer (Spesifiek)        27     25 minute
                                     TOTAAL AFDELING B:      60    55 minute
                                          GROOTTOTAAL:      200    180 minute

                                          MOTORKUNDE
                                    AFDELING C (SPESIFIEK)
         VRAAG                        INHOUD               PUNTE      TYD
           11          Terminologie (Spesifiek)              20     20 minute
           12          Instandhouding (Spesifiek)            10     10 minute
           13          Stelsels en Beheer (Spesifiek)        17     15 minute
           14          Enjins (Spesifiek)                    13     10 minute
                                     TOTAAL AFDELING C:      60    55 minute
                                           GROOTTOTAAL:     200    180 minute

                                   SWEIS- EN METAALWERK
                                    AFDELING D (SPESIFIEK)
       VRAAG                         INHOUD                PUNTE      TYD
         15          Sweisterminologie (Spesifiek)           10     10 minute
         16          Boogsweiswerk (Spesifiek)               10     10 minute
         17          Gassweiswerk (Spesifiek)                10     10 minute
         18          Sweissimbole en Lasse (Spesifiek)       15     10 minute
         19          Ontwikkeling (Spesifiek)                15     15 minute
                                      TOTAAL AFDELING D:     60    55 minute
                                           GROOTTOTAAL:     200    180 minute

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       4                                     DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

AFDELING A (GENERIES)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 A.

1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing
         wanneer handgereedskap gebruik word?

         A     Werk teen 'n baie stadige spoed.
         B     Werk met goed geoliede/gesmeerde gereedskap.
         C     Gebruik gereedskap slegs vir die doel waarvoor dit gemaak is.
         D     Bêre alle gereedskap na gebruik.                                             (1)

1.2      Wat is die maksimum veilige afstand wat 'n beitelslee vanaf 'n slypwiel op 'n
         bankslypmasjien moet wees?

         A      8 mm
         B      10 mm
         C      3 mm
         D      6 mm                                                                        (1)

1.3      Watter EEN van die volgende gereedskapstukke word vir afmerkwerk
         gebruik?

         A      Kombinasiesleutel
         B      Borgringtang
         C      Allensleutel
         D      Kraspen                                                                     (1)

1.4      Wat is die ingeslote hoek van 'n senterpons?

         A     45°
         B     60°
         C     90°
         D     0°                                                                           (1)

1.5      'n Soetvyl word verkies om … af te werk.

         A     sagte materiaal
         B     harde materiaal
         C     hout
         D     plastiek                                                                     (1)

1.6      Lood is 'n…

         A     harde, gryskleurige metaal.
         B     sagte, blougrys metaal.
         C     medium sagte, ligte grys metaal.
         D     baie sagte, witgrys metaal.                                                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       5                                      DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

1.7      Watter EEN van die volgende is 'n gebruik van duralumin?

         A     Dakkappe
         B     Skoolbanke
         C     Vliegtuigonderdele
         D     Tuinmeubels                                                                   (1)

1.8      Hoekom is wolfram een van die hooflegeerelemente vir gereedskapstaal?

         A     Dit vermeerder die sterkte en taaiheid van die staal.
         B     Dit verhoog die smeebaarheid van die staal.
         C     Dit maak die staal ligter.
         D     Dit verkort die lewensduur van die staal.                                     (1)

1.9      Watter EEN van die volgende stellings beskryf die toepassing van 'n
         splitpen?

         A     'n Metaalring wat in 'n groef op 'n metaalstaaf of in die gat van 'n bus
               gepas word om 'n komponent of voorwerp in posisie te hou
         B     'n Metaalpen wat deur 'n gat gesteek word en deur sy omgebuigde
               punte in posisie gehou word
         C     'n Metaalmoer met gleuwe aan een kant wat dit 'n kasteelagtige
               voorkoms gee
         D     'n Metaalstrook om in 'n spasie te pas                                        (1)

1.10     Identifiseer die item in FIGUUR 1.10 hieronder.

                                         FIGUUR 1.10

         A     Tapbout
         B     Heksagonale bout (Seskantige bout)
         C     Tapse bout
         D     Neusspybout                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                     6                                       DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model

1.11     Identifiseer die tipe spy in FIGUUR 1.11 hieronder.

                                        FIGUUR 1.11

         A     Woodruff-spy
         B     Neusspy
         C     Tapse spy
         D     Parallel spy                                                                 (1)

1.12     Watter tipe krag word in FIGUUR 1.12 hieronder getoon?

                           F                                        F

                                        FIGUUR1.12

         A     Trekkrag
         B     Drukkrag
         C     Rolkrag
         D     Skuifkrag                                                                  (1)

1.13     Watter klas hefboom word in FIGUUR 1.13 hieronder getoon?

                           Krag

                                            Las

                                                               Draaipunt

                                        FIGUUR 1.13

         A     1ste klas
         B     2de klas
         C     3de klas
         D     4de klas                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      7                                      DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

1.14     Wat verstaan jy onder die term spanning in materiale?

         A     Die interne krag in 'n materiaal wat weerstand bied teen 'n skuiflas
         B     Die interne krag in 'n materiaal wat weerstand bied teen 'n treklas
         C     Die interne krag in 'n materiaal wat weerstand bied teen 'n druklas
         D     Die interne krag in 'n materiaal wat weerstand bied teen 'n eksterne
               las                                                                        (1)

1.15     Watter EEN van die volgende is die hoofdoel van die instandhouding van
         masjiene?

         A     Om te verseker dat masjiene altyd teen optimale vlakke werk
         B     Om te verseker dat geringe herstelwerk aan masjiene van ernstige
               herstelwerk geskei word
         C     Om seker te maak dat daar altyd na die welstand van werkers
               omgesien word
         D     Om stelselmatige inspeksie en die gevolglike faling van werkwinkel-
               toerusting te verskaf                                                      (1)

1.16     Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van die gebruik van
         snyvloeistof op 'n masjien?

          A    Dit hou die snygereedskap en werkstuk koel gedurende die
               snyproses.
          B    Dit verhoog vibrasie op die masjienonderdele.
          C    Dit veroorsaak dat die werkstuk roes.
          D    Dit verkort die lewensduur van die snygereedskap.                           (1)

1.17     Wat word verstaan onder die term vloeipunt?

         A     Die laagste temperatuur waarteen 'n vloeistof sal vloei
         B     Die hoogste temperatuur waarteen 'n vloeistof sal vloei
         C     Die laagste druk waarteen 'n vloeistof sal vloei
         D     Die hoogste druk waarteen 'n vloeistof sal vloei                           (1)

1.18     Watter tipe brandstof word in 'n vonkontstekingsenjin gebruik?

         A     Diesel
         B     Olie
         C     Gas
         D     Petrol                                                                     (1)

1.19     Die korrekte slagvolgorde van 'n vierslag-vonkontstekingsenjin is soos volg:

         A     Kompressieslag; kragslag; inlaatslag; uitlaatslag
         B     Inlaatslag; kompressieslag; kragslag; uitlaatslag
         C     Kragslag; uitlaatslag; kompressieslag; inlaatslag
         D     Inlaatslag; kompressieslag; uitlaatslag; kragslag                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       8                                      DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

1.20      Die krukas van 'n vierslagenjin roteer teen 3 000 omwentelinge per minuut.
          Teen hoeveel omwentelinge per minuut sal die nokas roteer?

          A      6 000 r/min
          B      4 500 r/min
          C      1 500 r/min
          D      3 000 r/min                                                               (1)
                                                                                           [20]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem DRIE persoonlike beskermingsitems wat gedra moet word wanneer
         daar met masjiene in 'n werkwinkel gewerk word.                                   (3)

2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word voordat
         'n staanboor gebruik kan word.                                                    (2)

2.3      Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word terwyl 'n
         freesmasjien in werking is.                                                       (3)

2.4      Watter belangrike veiligheidsprosedure moet uitgevoer word nadat die
         snyproses op 'n draaibank voltooi is?                                             (1)

2.5      Noem die tipe brandblusser wat gebruik word om vlambare vloeistowwe
         te blus.                                                                          (1)
                                                                                           [10]

VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (GENERIES)

3.1      Noem TWEE vylprofiele.                                                            (2)

3.2      Beskryf die voordeel van die gebruik van 'n oopbeksleutel bo 'n ringsleutel?      (1)

3.3      Noem TWEE verskillende tipes tange.                                               (2)

3.4      Hoekom word Phillipsskroewedraaiers bo plat skroewedraaiers verkies?              (2)

3.5      Noem DRIE gebruike van 'n kombinasiestel.                                         (3)

3.6      Noem EEN gebruik van elk van die volgende ponse:

         3.6.1         Prikpons                                                            (1)

         3.6.2         Senterpons                                                          (1)
                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        9                                   DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 4: MATERIALE (GENERIES)

4.1      Noem die DRIE groepe koolstofstaal.                                             (3)

4.2      Gietyster word in wit en grys gietyster ingedeel. Wat bepaal die hardheid
         van hierdie twee tipes gietyster?                                               (2)

4.3      Noem EEN gebruik van elk van die volgende nie-ysterhoudende elemente:

         4.3.1         Koper                                                             (1)

         4.3.2         Tin                                                               (1)

         4.3.3         Aluminium                                                         (1)

4.4      Noem VIER nie-ysterhoudende legerings.                                          (4)
                                                                                         [12]

VRAAG 5: HEGTINGSMETODES (GENERIES)

5.1      Noem die volgorde van die DRIE snytappe wat gebruik word om interne
         skroefdrade te sny.                                                             (3)

5.2      Gee DRIE redes vir onvoldoende resultate gedurende handdraadsnyding,
         deur na akkuraatheid en die afwerking van die skroefdraad te verwys.            (3)

5.3      Wat is die doel van 'n snymoer tydens handdraadsnyding?                         (2)

5.4      'n Katrol moet op 'n 42 mm diameter as gemonteer word. Bereken die
         volgende afmetings van die parallelspy wat vir hierdie samestelling benodig
         word:

         5.4.1         Die wydte/breedte van die parallelspy                             (3)

         5.4.2         Die dikte van die parallelspy                                     (3)

         5.4.3         Die lengte van die parallelspy                                    (3)

5.5      'n M16 x 2 V-skroefdraad moet in 'n werkstuk getap word. Bereken die
         diameter van die boor wat benodig word.                                         (3)

5.6      Teken netjiese sketse van die volgende klinknaelkoppe:

         5.6.1         Pankop                                                            (2)

         5.6.2         Versinkkop                                                        (2)
                                                                                         [24]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                     10                                     DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

VRAAG 6: KRAGTE (GENERIES)

6.1      Gebruik 'n kragteparallelogram en bepaal grafies die grootte en rigting van
         die resultante krag vir die stelsel van kragte in FIGUUR 6.1 hieronder.
         (Gebruik skaal 1 mm = 5 N.)

                                              400 N

                                       60°
                                                              450 N

                                             FIGUUR 6.1                                  (4)

6.2      Die stelsel van kragte in FIGUUR 6.2 hieronder is in ewewig. Gebruik
         Bow-notasie en bepaal grafies die groottes en rigtings van die onbekende
         krag P en Q. (Gebruik skaal 1 mm = 20 N.)

                                         P            C
                                                  120°                Q
                                         B
                                                          A

                                             200 kg

                                             FIGUUR 6.2                                  (5)

6.3       Definieer 'n krag.                                                             (5)

6.4      FIGUUR 6.4 hieronder toon 'n enkele krag van 150 N wat in 'n rigting
         35° noord van wes inwerk. Bereken die groottes en rigtings van die
         horisontale en vertikale komponente van hierdie krag.

                               150 N

                                                                35°

                                             FIGUUR 6.4                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         11                                  DBE/2016
                                       KABV – Graad 10 Model

6.5      'n Drukkrag van 30 kN word op 'n rondyster met 'n diameter van 15 mm
         uitgeoefen. Bereken die spanning in die materiaal.                              (5)

6.6      FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n eenvormige balk waarop twee loodregte
         kragte uitgeoefen word. Bereken die totale moment om punt A wat deur die
         kragte veroorsaak word.

                                             190 N                       170 N
                                  350 mm                       650 mm

                     A

                                             FIGUUR 6.6                                  (4)
                                                                                         [27]

VRAAG 7: INSTANDHOUDING (GENERIES)

7.1      Noem VIER gevolge van 'n gebrek aan instandhouding op toerusting.               (4)

7.2      Verduidelik kortliks wat die volgende tipes instandhouding behels en gee 'n
         voorbeeld van elk:

         7.2.1           Voorkomende ('roetine-') instandhouding                         (2)

         7.2.2           Voorspelbare ('indiens-') instandhouding                        (2)

7.3      Verskillende smeermiddels word gebruik om masjiene se betroubaarheid
         en instandhouding te verleng. Verduidelik die doel van 'n smeermiddel op
         masjienonderdele.                                                               (3)

7.4      Definieer viskositeit met verwysing na smeermiddels.                            (1)

7.5      Dui die viskositeit (hoog, medium of laag) van elk van die volgende tipes
         smeermiddels aan en motiveer elke antwoord:

         7.5.1           Masjienolie                                                     (2)

         7.5.2           Ghries                                                          (2)
                                                                                         [16]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          12                               DBE/2016
                                        KABV – Graad 10 Model

VRAAG 8: ENJINS(GENERIES)

8.1      Beskryf die volgende terme met verwysing na binnebrandenjins:

         8.1.1         Slag                                                             (1)

         8.1.2         Boonste dooiepunt (BDP)                                          (1)

         8.1.3         Siklus                                                           (1)

8.2       FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n slag van 'n tweeslag-petrolenjin.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                                    B
                                                                C

                                A

                                                                D

                                              FIGUUR 8.2

         8.2.1         Benoem deel A–D.                                                  (4)

         8.2.2         Identifiseer en verduidelik die werking van die slag in
                       FIGUUR 8.2hierbo.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      13                                        DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

8.3       FIGUUR 8.3 hieronder toon 'n slag van 'n vierslag-petrolenjin. Beantwoord
          die vrae wat volg.

                                A
                                                              B

                                                              C

                                           FIGUUR 8.3

         8.3.1         Identifiseer die slag in FIGUUR 8.3 hierbo.                          (1)

         8.3.2         Benoem deel A–C.                                                     (3)

         8.3.3         Verduidelik die werking van die slag in FIGUUR 8.3 hierbo.          (4)
                                                                                           [19]

                                                              TOTAAL AFDELING A:           140

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        14                                      DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model

AFDELING B: PASWERK EN MASJINERING (SPESIFIEK)

VRAAG 9: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)

9.1       'n Skuifpasser word in FIGUUR 9.1 hieronder getoon. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                 A
                                     B

                                                                                C

                                                      D
                                         E

                     F
                                             FIGUUR 9.1

         9.1.1           Benoem deel B, D en E.                                             (3)

         9.1.2           Watter afmetings word deur A, C en F aangedui?                     (3)

         9.1.3           Teken 'n netjiese, diagrammatiese voorstelling van die lesing
                         op die skuifpasser vir 107,42 mm. (Die akkuraatheid van die
                         skuifpasser is 0,02 mm.)                                           (5)

9.2       FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n lesing op 'n buitemikrometer. Wat is die
          waarde van die lesing?

                                             FIGUUR 9.2                                     (4)

9.3       Noem TWEE tipes senterdraaibankbeddens.                                           (2)

9.4      Wat is die doel van die vierklou-kloukop op 'n senterdraaibank?                    (2)

9.5      Beskryf die funksie van die volgende senterdraaibankonderdele:

         9.5.1           Leiskroef                                                          (2)

         9.5.2           Loskop                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      15                                    DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model

9.6       FIGUUR 9.6 hieronder toon die hoeke op 'n senterdraaibank-snybeitel.
          Benoem deel A–D.

                                                                D

                  A

                        B                                   C

                                          FIGUUR 9.6                                     (4)

9.7      Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n koelmiddel wanneer masjinering op
         'n senterdraaibank gedoen word.                                                 (2)

9.8      Noem TWEE voordele van die saamgesteldebeitelslee-metode om
         tapsdraaiwerk op 'n senterdraaibank te doen.                                    (2)

9.9      Noem TWEE nadele van die saamgesteldebeitelslee-metode                 om
         tapsdraaiwerk op 'n senterdraaibank te doen.                                    (2)
                                                                                         [33]

VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (SPESIFIEK)

10.1     Teken netjiese, benoemde sketse van die volgende skroefdrade om die
         profiel, steek en ingeslote hoek van elk aan te dui.

         10.1.1        Metrieke V-skroefdraad (fyn)                                      (3)

         10.1.2        Vierkantige skroefdraad                                           (3)

         10.1.3        Acme-skroefdraad                                                  (3)

10.2     Noem EEN gebruik van elk van die volgende skroefdrade:

         10.2.1        Metrieke V-skroefdraad (fyn)                                      (1)

         10.2.2        Vierkantige skroefdraad                                           (1)

10.3     'n Ratstelsel wat gebruik word om 'n sentrifugale pomp aan te dryf, bestaan
         uit 'n dryfrat met 60 tande wat teen 120 r/min roteer en 'n gedrewe rat wat
         teen 60 r/min roteer. Bereken die getal tande op die gedrewe rat.               (4)

10.4     'n Platbandkatrol met 'n diameter van 460 mm roteer teen
         180 omwentelinge per minuut. Bereken die bandspoed van hierdie stelsel
         in meter per sekonde.                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                 16                                 DBE/2016
                               KABV – Graad 10 Model

10.5     Noem TWEE voordele van V-bande.                                         (2)

10.6     Noem TWEE nadele van platbande.                                         (2)

10.7     Noem TWEE voordele van rataandrywings.                                  (2)

10.8     Noem TWEE nadele van kettingaandrywings.                                (2)
                                                                                 [27]

                                                       TOTAAL AFDELING B:        60

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       17                                    DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

AFDELING C: MOTORKUNDE (SPESIFIEK)

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)

11.1     Die koppelaar is 'n eenheid wat die ratkas aan die enjin koppel en
         ontkoppel. Noem TWEE tipes wrywingskoppelaars wat gewoonlik in die
         aandryfstelsel van 'n motorvoertuig gebruik word.                                (2)

11.2     Noem TWEE belangrike verstellings wat aan 'n hidrouliese koppelaar
         gemaak kan word om goeie koppeling te verseker.                                  (2)

11.3     Noem die TWEE tipes drukplate wat gebruik word.                                  (2)

11.4     Waarom moet daar speling tussen die drukplaat en die ontkoppellaer
         (druklaer) wees?                                                                 (1)

11.5     FIGUUR 11.5 hieronder toon 'n enkelplaat-koppelaarsamestelling.
         Benoem deel A–C.

                                                         C
                                               B

                                 A

                                           FIGUUR11.5                                      (3)

11.6     Noem EEN moontlike oorsaak van elk van die volgende koppelaarfoute:

         11.6.1        Koppelaarglip                                                       (1)

         11.6.2        Koppelaarvibrasie                                                   (1)

11.7     Beskryf die funksie van die volgende koppelings:

         11.7.1        Glykoppeling (Skuifkoppeling)                                       (1)

         11.7.2        Kruiskoppeling                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       18                                      DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

11.8     Noem TWEE tipes ratte wat in 'n motorvoertuig se ratkas gebruik word.              (2)

11.9     Verduidelik die funksie van die volgende komponente in 'n konstant
         inkammende ratkas:

         11.9.1        Sinchroniseereenheid                                                  (2)

         11.9.2        Kiesmeganisme                                                        (2)
                                                                                            [20]

VRAAG 12: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

12.1     Wat is die belangrikste verskil tussen 'n druktoevoerstelsel en 'n
         voldruktoevoerstelsel met verwysing na die smering in 'n enjin?                    (2)

12.2     Wat is 'n krukkasventilasiestelsel?                                                (1)

12.3     Noem EEN oorsaak van oormatige olieverbruik deur 'n enjin.                         (1)

12.4     Waarom sal 'n enjin oorverhit selfs al is daar genoeg water in die
         verkoelingstelsel?                                                                 (1)

12.5     Hoe ontstaan skadelike gasse in 'n krukkasventilasiestelsel?                       (1)

12.6     Beskryf die hoofverskil tussen 'n direkte lugverkoelingstelsel en 'n
         indirekte lugverkoelingstelsel vir enjins.                                         (2)

12.7     Wat is die funksie van die termostaat in die verkoelingstelsel van 'n enjin?       (1)

12.8     Wat verstaan jy onder olieverdunning?                                              (1)
                                                                                            [10]

VRAAG 13: STELSELS EN BEHEER (SPESIFIEK)

13.1     Noem EEN funksie van die vergasser van 'n vonkontstekingsenjin.                    (1)

13.2     Wat is die funksie van die smoorklep op 'n vonkontstekingsenjin.                   (2)

13.3     Noem TWEE tipes lugfiltreerstelsels wat in binnebrandenjins gebruik word.          (2)

13.4     Hoekom word remvloeistof in 'n hidrouliese remstelsel gebruik? Gee TWEE
         redes.                                                                             (2)

13.5     Verduidelik die werking van 'n hidroulieserem-wielsilinder.                        (4)

13.6     Definieer Ohm se wet.                                                              (1)

13.7     Wat is elektriese stroom?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                     19                                      DBE/2016
                                   KABV – Graad 10 Model

13.8     Wat word deur die volgende eenhede gemeet?

         13.8.1        Volt                                                                (1)

         13.8.2        Ampère                                                              (1)

         13.8.3        Ohm                                                                 (1)

13.9     Wat is die funksie van die battery in die vonkontstekingstelsel van 'n
         voertuigenjin?                                                                   (1)
                                                                                          [17]

VRAAG14: ENJINS (SPESIFIEK)

14.1      Identifiseer die enjinonderdeel wat in FIGUUR 14.1 hieronder getoon word.

                                        FIGUUR14.1                                         (1)

14.2      Beskryf die funksie van 'n krukas met verwysing na die suierstang en suier.      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                    20                                        DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model

14.3      FIGUUR 14.3 hieronder toon 'n suiersamestelling. Benoem deel A–D.

                            A                                 B

                                              C

                                                  D

                                        FIGUUR14.3                                          (4)

14.4      Noem EEN voordeel van elk van die volgende enjinplasing-uitlegte:

         14.4.1        Enjin voor met voorwielaandrywing                                   (1)

         14.4.2        Enjin voor met agterwielaandrywing                                  (1)

         14.4.3        Enjin agter met agterwielaandrywing                                 (1)

14.5      Noem EEN nadeel van elk van die volgende enjinplasing-uitlegte:

         14.5.1        Enjin voor met voorwielaandrywing                                   (1)

         14.5.2        Enjin voor met agterwielaandrywing                                  (1)

         14.5.3        Enjin agter met agterwielaandrywing                                 (1)
                                                                                           [13]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       21                                   DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

AFDELING D: SWEIS- EN METAALWERK (SPESIFIEK)

VRAAG 15: SWEISTERMINOLOGIE (SPESIFIEK)

15.1     Teken 'n netjiese, benoemde skets van 'n sweislas en toon die wortel,
         wortelgaping en die ingeslote hoek.                                             (4)

15.2     Noem TWEE materiale wat vir die vervaardiging van maatvorms
         gebruik word.                                                                   (2)

15.3     FIGUUR 15.3 hieronder toon driehoek ABC.

         Bereken die waarde van sy R deur die stelling van Pythagoras toe te pas.

                             A

                             30 mm
                                                   R

                             C                                    B
                                              40 mm

                                          FIGUUR 15.3                                    (4)
                                                                                         [10]

VRAAG 16: BOOGSWEISWERK (SPESIFIEK)

16.1     Verduidelik die boogsweisproses.                                                (3)

16.2     Noem die funksie van elk van die volgende sweistoebehore:

         16.2.1        Elektrodehouer                                                     (1)

         16.2.2        Aardklamp                                                          (1)

         16.2.3        Transformator                                                      (1)

16.3     Beskryf kortliks die werking van die volgende sweismasjiene:

         16.3.1        Gelykstroom (GS)                                                   (2)

         16.3.2        Wisselstroom (WS)                                                  (2)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       22                                   DBE/2016
                                     KABV – Graad 10 Model

VRAAG 17: GASSWEISWERK (SPESIFIEK)

17.1     Noem die TWEE verskillende branders ('torches') wat saam met die
         oksiasetileenstelsel gebruik word.                                              (2)

17.2     Noem die doel van die volgende gassweiskomponente:

         17.2.1        Reëlaar                                                           (1)

         17.2.2        Terugflitsweerder                                                 (1)

         17.2.3        Brander ('torch')                                                 (1)

17.3     Wat is die kleurkode vir die volgende gassilinders?

         17.3.1        Asetileen                                                         (1)

         17.3.2        Suurstof                                                          (1)

17.4     Verduidelik kortliks die toepassing van elk van die volgende oksiasetileen-
         vlamme:

         17.4.1        Oksiderende vlam                                                  (1)

         17.4.2        Aankoolvlam (Inkoolvlam)                                          (1)

         17.4.3        Neutrale vlam                                                     (1)
                                                                                         [10]

VRAAG 18: SWEISSIMBOLE EN LASSE (SPESIFIEK)

18.1      Teken 'n netjiese, benoemde skets om die VIER elemente van 'n
          sweissimbool te toon.                                                           (4)

18.2     Teken netjiese sketse van die volgende sweissimbole:

         18.2.1        Dubbele U-stuiklas                                                 (1)

         18.2.2        J-stuiklas                                                        (1)

         18.2.3        V-stuiklas                                                        (1)

18.3     Teken netjiese sketse van die volgende sweislasse:

         18.3.1        Oorslaglas                                                        (2)

         18.3.2        Stuiklas                                                          (2)

         18.3.3        Kantlas                                                           (2)

         18.3.4        Hoeklas                                                           (2)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                    23                                   DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model

VRAAG 19: ONTWIKKELING (SPESIFIEK)

FIGUUR 19.1 hieronder toon 'n pypelmboog met een las. Ontwikkel die patroon van
pyp A OF pyp B. Gebruik volskaal (skaal 1 : 1). Begin aan die regterkant
(kortste kant).

                                                 45
                            55

                                                          A

                                          135°
                       30

                                                      B

                                 45

                                      FIGUUR 19.1                                   [15]

                                                              TOTAAL AFDELING D:    60
                                                                  GROOTTOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                                                        DBE/2016
                                                 KABV – Graad 10 Model

              FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 10

1.     BANDAANDRYWING

        1.1          N1D1 = N 2 D 2                 waar    N = rotasiefrekwensie
                                                            D = diameter van katrol

                                       πDN
        1.2          Bandspoed =
                                        60

                                                 diameter van gedrewe katrol
        1.3          Spoedverhouding =
                                                   diameter van dryfkatrol

                                        2πD
        1.4          Drywing (P) =
                                         60        waar T = wringkrag

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                                        krag                       F
        2.1          Spanning =                        of   (σ =     )
                                     oppervlakte                   A

                              πd 2
        2.2          A as =
                               4

                             π(D2 − d 2 )
        2.3          A pyp =
                                 4

        2.4          A vierkantstaaf = sy × sy

3.     SPYE

                                            diameter van as
        3.1          Wydte van spy =
                                                  4

                                          diameter van as
        3.2          Dikte van spy =
                                                6

        3.3      Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

        3.4      Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                                             DBE/2016
                                        KABV – Graad 10 Model

4.     RATAANDRYWING

        4.1          N1T1 = N 2T2           waar   N = rotasiefrekwensie
                                                   T = getal tande op rat

                                     2πNT
        4.2          Drywing (P) =
                                      60

                                       produk van getal tande op gedrewe ratte
        4.3          Ratverhouding =
                                          produk van getal tande op dryfratte

                     N inset produk van getal tande op gedrewe ratte
        4.4                   =
                     N uitset   produk van getal tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology GR 10 Exemplar 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-gr-10-exemplar-2016-memo-afr/77625c10-8a86-45f1-b97e-2e5e67958675) — Mechanical Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Mechanical Technology PAT GRADE 10 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-pat-grade-10-2016-afr/6182c655-1802-46c7-9211-5a81b9859e04) — Mechanical Technology · PAT · 2016 · Afr
- [Mechanical Technology PAT GRADE 10 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-pat-grade-10-2016-eng/abda23a8-d85a-4439-b01a-ed4d7d280e34) — Mechanical Technology · PAT · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
