# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-automotive-afr/7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-automotive-afr/7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                         2021

                                                                         PUNTE: 200

                                                                           TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars       en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                        TYD IN
     VRAAG                              INHOUD                          PUNTE
                                                                                        MINUTE
                                  GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                     6                  6
       2        Veiligheid                                                10                10
       3        Materiaal                                                 14                14
                                  SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                     14                10
       5        Gereedskap en Toerusting                                  23                20
       6        Enjins                                                    28                25
       7        Kragte                                                    32                25
       8        Instandhouding                                            23                20
       9        Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                   18                20
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                                  32                30
                Elektronika)
                                                       TOTAAL            200               180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            3                                   DBE/2021
                                         SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.

1.1      Watter Wet bevorder niediskriminasie in die werkplek?

         A     Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge
         B     Wet op Gelyke Indiensneming
         C     Wet op Diensbillikheid en Diensvoorwaardes
         D     Wet op Diensbillikheid, Beroepsgesondheid en Veiligheid                        (1)

1.2      Watter stelling hieronder is KORREK ten opsigte van die aanbevelings vir die
         toepassing van noodhulp? MOENIE ...

         A     enigiets verwyder wat aan die wond vassit NIE.
         B     die pols van die pasiënt nagaan NIE.
         C     die pasiënt se wond met koue water afkoel NIE.
         D     aandag aan bloedverlies en asemhalingsprobleme gee NIE.                        (1)

1.3      Werkwinkels met meer as vyf werkers moet met 'n noodhulpkissie toegerus
         wees. Watter Wet bepaal die inhoud van die noodhulpkissie?

         A     Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge, 1998 (Wet 56 van 1998)
         B     Wet op Gelyke Indiensneming, 1998, (Wet 55 van 1998)
         C     Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van
               1993)
         D     Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)                              (1)

1.4      Watter toets kan gedoen word om die rekbaarheid van 'n metaal te bepaal?

         A     Klanktoets
         B     Hardheidstoets
         C     Buigtoets
         D     Masjineringstoets                                                              (1)

1.5      Wat is die doel van dopverharding tydens die hittebehandelingsproses?
         Om 'n ... voort te bring

         A     taai dop oor 'n harde kern
         B     harde dop oor 'n dun kern
         C     harde dop oor 'n harde kern
         D     harde dop oor 'n taai kern                                                     (1)

1.6      Watter proses veroorsaak hewige skaalvorming van 'n werkstuk gedurende
         die hittebehandeling van ysterhoudende metale?

         A     Normalisering
         B     Uitgloeiing
         C     Tempering
         D     Verharding                                                                     (1)
                                                                                              [6]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              4                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noodhulp is 'n basiese behandeling om 'n beseerde persoon te help en vind
         gewoonlik in drie stadiums plaas. Noem die DRIE stadiums.                            (3)

2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer 'n staanboor gebruik word nadat
         dit reeds aangeskakel is.                                                            (2)

2.3      Waarom moet die elektrodehouer van 'n boogsweismasjien geïsoleer word?               (1)

2.4      Noem TWEE nadele van die proses-werkswinkeluitleg.                                   (2)

2.5      Noem TWEE voordele van die produk-werkswinkeluitleg.                                 (2)
                                                                                              [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Alle hittebehandelingsprosesse behels die verhitting en afkoeling van metale
         volgens 'n tyd-temperatuur-siklus. Beskryf hierdie siklus.                           (3)

3.2      Noem enige DRIE tipes blusmediums                wat   tydens     die     hitte-
         behandelingsprosesse gebruik word.                                                   (3)

3.3      Gee EEN rede waarom staal uitgegloei word.                                           (1)

3.4      Koolstofstaal word in drie groepe geklassifiseer. Noem die DRIE groepe.              (3)

3.5      In FIGUUR 3.5 hieronder word die yster-koolstof-ewewigsdiagram getoon.
         Benoem die diagram soos aangedui, van A tot D. Skryf slegs die antwoord
         langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                       C

                     B

                                   D

                                                A
                                            FIGUUR 3.5                                        (4)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                5                               DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter van die volgende prosedures is deel van die silinderlekkasietoets?
         A     Koppeling van 'n kompressietoetser aan 'n vonkpropgat
         B     Draai van die enjin
         C     Koppeling van saamgeperste lug aan 'n silinderlekkasietoetser
         D     Skoonmaak rondom die silinderlekkasietoetser                                   (1)

4.2      'n Kompressietoets word uitgevoer wanneer die enjin …
         A     by ODP is.
         B     by BDP is.
         C     draai.
         D     deur die ratkas gesluit is.                                                    (1)

4.3      Wat is die funksie van 'n superaanjaer? Om die ...
         A     inlaatgas effektief te verhit
         B     uitlaatgas effektief te verkoel
         C     aanjaer effektief aan te dryf
         D     silinder effektief met lug te vul                                              (1)

4.4      Watter EEN van die volgende kan slytasie op 'n krukastap vasstel?
         A     Gaan na of die krukas dinamies gebalanseerd is.
         B     Meet die krukastap vir ovaliteit.
         C     Meet die krukas se slaglengte.
         D     Gaan na of die krukas staties gebalanseerd is.                                 (1)

4.5      Watter EEN van die volgende sal die kompressieverhouding van 'n enjin
         verhoog?
         A     Monteer 'n dikker koppakstuk.
         B     Monteer 'n suier met 'n laer kruin.
         C     Verhoog die boorgrootte van die silinders.
         D     Monteer 'n krukas met 'n korter slaglengte.                                    (1)

4.6      Die totale volume wat deur die suier verplaas word wanneer dit van die
         onderste dooiepunt na die boonste dooiepunt beweeg, word die ... genoem.
         A     kompressievolume
         B     vry volume
         C     slagvolume
         D     suiervolume                                                                    (1)

4.7      Remdrywing word gedefinieer as die …
         A     teoretiese drywing wat deur die enjin gelewer word.
         B     bruikbare drywing wat by die vliegwiel gemeet word.
         C     meganiese drywing wat deur 'n roterende as oorgedra word.
         D     drywing wat bereken word deur die enjindruk te gebruik.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               6                                 DBE/2021
                                            SS/NSS

4.8      Wat is die oorsaak van oormatige oliedruk in die enjin-smeerstelsel?
         A     Viskositeit van die olie is te hoog
         B     Geslete oliepomp
         C     Te min olie in die enjin
         D     Te groot krukaslaer vry hoogtes                                                 (1)
4.9      Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van die montering van 'n
         elektriese dompelbrandstofpomp in 'n brandstofstelsel?
         A     Hoë vlak van werksgeraas
         B     'n Brandstof-teruglooppyp word benodig
         C     Voorkom dampslot
         D     Pomp het nie nodig om teen hoë revolusies te draai nie                          (1)
4.10     Tru-reduksie word met 'n enkel episikliese ratstelsel verkry deur die volgende
         kombinasie te gebruik:
         A     Die planeetrathouer is gesluit, die sonrat is die dryfonderdeel en die
               annulus is die gedrewe komponent.
         B     Die annulus is met die sonrat gesluit en die planeetrathouer is die
               gedrewe komponent.
         C     Die planeetrathouer is gesluit en die sonrat is die drywer.
         D     Die annulus is gesluit en die sonrat is die gedrewe komponent.                  (1)
4.11     Die stator in die koppelomsitter is vir die … verantwoordelik.
         A     toename in wringkrag
         B     oordrag van drywing
         C     toename in drywing
         D     werwelvloei van die olie                                                        (1)
4.12     Watter EEN van die volgende stellings definieer krinkspilhelling die beste?
         A     Die afstand tussen die voorste en agterste wiele
         B     Die hoek gevorm tussen die loodregte lyn en die senterlyn van die
               krinkspil soos vanaf die kant gesien
         C     Die hoek gevorm tussen die loodregte lyn en die senterlyn van die wiel
               soos van voor gesien
         D     Die hoek gevorm tussen die loodregte lyn en die senterlyn van die
               krinkspil soos van voor gesien                                                  (1)
4.13     Watter komponent beheer die werking van die inspuiters in elektroniese
         brandstofinspuitingstelsels?
         A     Brandstofpomp
         B     Enjin-sensors
         C     Elektroniese beheereenheid
         D     Versnellerklep                                                                  (1)
4.14     Watter EEN van die volgende metodes kan gebruik word om die
         afvoerfrekwensie van die alternator te verhoog?
         A     Verlaag die rotasiefrekwensie waarteen die magneet roteer.
         B     Verlaag die magnetiese veld.
         C     Verhoog die toevoerspanning na die rotor.
         D     Verhoog die getal draadwindings op die stator.                                  (1)
                                                                                               [14]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             7                               DBE/2021
                                          SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 toon 'n kompressietoetser. Benoem dele A–D soos in
         FIGUUR 5.1 aangedui word.

                        A

                                                B                C

                                                                D

                                         FIGUUR 5.1                                        (4)

5.2      Wat is die funksie van die silinderlekkasietoetser?                               (2)

5.3      Verduidelik kortliks hoe om die silinderlekkasietoetser op te stel om vir
         lekkasies in die ontbrandingskamer te toets.                                      (6)

5.4      Koolstofmonoksied (CO), stikstofoksied (NOx) en suurstof (O2) is gasse wat
         ontleed word wanneer 'n uitlaatgasontleding gedoen word. Noem TWEE
         ander gasse wat ook deur 'n uitlaatgasanalisator ontleed kan word.                (2)

5.5      Noem DRIE voorsorgmaatreëls wanneer 'n uitlaatgasanaliseringstoets
         gedoen word.                                                                      (3)

5.6      Verduidelik die funksie van die draaiskywe wanneer die wielsporingshoeke
         nagegaan word.                                                                    (2)

5.7      Waarvoor word die optiese sporingsmeter gebruik?                                  (1)

5.8      Beskryf DRIE basiese funksies van die aanboord- diagnostiese skandeerder.         (3)
                                                                                           [23]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              8                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      Noem TWEE metodes om die statiese wanbalans van 'n krukas te korrigeer.               (2)

6.2      Definieer die volgende terme met betrekking tot krukasbalansering:

         6.2.1        Dinamiese balansering                                                    (2)

         6.2.2        Wederkerige massa                                                        (2)

6.3      Beskryf VIER kenmerke wat in 'n enjin ingebou word om enjinbalansering te
         verbeter.                                                                             (4)

6.4      Noem TWEE tipes trillingdempers.                                                      (2)

6.5      Identifiseer die verskillende tipes silinderrangskikkings, A, B en C, in
         FIGUUR 6.5.

            A                          B                              C
                                           FIGUUR 6.5                                          (3)

6.6      Teken 'n netjiese benoemde skets om die posisie van die krukpenne in 'n
         driesilinder-gelidenjin te illustreer.                                                (3)

6.7      Noem DRIE tipes superaanjaers wat op 'n binnebrandenjin gebruik word.                 (3)

6.8      Noem DRIE voordele van die gebruik van 'n turboaanjaer op 'n enjin in
         vergelyking met 'n normale induksie-enjin.                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              9                              DBE/2021
                                           SS/NSS

6.9      FIGUUR 6.9 toon hoe 'n turboaanjaer aan 'n binnebrandenjin gekoppel word.
         Benoem dele A–D, soos in FIGUUR 6.9 aangedui word.

                                            A           B

                                                                         C
                                   Enjin

                                     D
                                           FIGUUR 6.9                                     (4)
                                                                                          [28]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             10                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die volgende terme:

         7.1.1        Drywing                                                                  (2)

         7.1.2        Kompressieverhouding                                                     (2)

7.2      Die boring van 'n enjin is 70 mm en die slaglengte is 75 mm. Die kompressie-
         verhouding is 9,5 : 1.

         Bepaal die volgende deur berekeninge:

         7.2.1        Die slagvolume in cm3                                                    (3)

         7.2.2        Die oorspronklike vry volume in cm3                                      (3)

         7.2.3        Die kompressieverhouding van hierdie enjin is verhoog na 10 : 1
                      deur die silinder te boor. Die vry volume en die slaglengte het
                      onveranderd gebly.

                      Wat is die nuwe diameter van die silinder? Gee antwoord in mm.           (6)

7.3      Die volgende data is gedurende 'n toets op 'n viersilinder-vierslagpetrolenjin
         aangeteken.

         Remarmlengte:                        420 mm
         Skaallesing:                         25 kg
         Krukas-omwentelinge:                 2 000 r/min
         Gemiddelde effektiewe druk:          900 kPa
         Silinderboring:                      84 mm
         Slaglengte:                          86 mm

         Bepaal die volgende deur berekeninge:

         7.3.1        Wringkrag                                                                (3)

         7.3.2        Aangeduide drywing in kW                                                 (8)

         7.3.3        Remdrywing in kW                                                         (3)

         7.3.4        Meganiese doeltreffendheid                                               (2)
                                                                                               [32]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                11                                   DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      'n Verlaging in druk het tydens 'n verkoelingstelseldruktoets voorgekom. Die
         tabel hieronder toon moontlike oorsake en regstellende maatreëls. Voltooi die
         tabel hieronder deur slegs die vraagnommers (8.1.1 tot 8.1.4) en die
         antwoord in die ANTWOORDEBOEK te skryf.

               MOONTLIKE OORSAKE                        REGSTELLENDE MAATREËLS
          Lekkende waterpyp                                             8.1.1
                                                       Vlakslyp die silinderkop en vervang
                            8.1.2
                                                       die silinderkoppakstuk
          Geroeste uitdyprop of kernprop                                8.1.3
          Druk vrygelaat teen laer druk as vir
                                                                      8.1.4
          die verkoelerdop gespesifiseer                                                           (4)

8.2      Noem TWEE funksies van die verkoelerdop.                                                  (2)

8.3      'n Uitlaatgasanalisering is op 'n ligte afleweringsvoertuig uitgevoer. Noem
         TWEE moontlike oorsake vir ELK van die volgende lesings:

         8.3.1        Hoë koolstofmonoksied(CO)-lesing                                             (2)

         8.3.2        Hoë stikstofoksied(NOx)-lesing                                               (2)

         8.3.3        Hoë suurstof(O2)-lesing                                                      (2)

8.4      Noem DRIE veiligheidsvereistes wanneer die oliedruktoetser op 'n voertuig
         opgestel word.                                                                            (3)

8.5      Noem VIER vervaardigerspesifikasies wat verkry moet word voor 'n
         brandstofdruktoets uitgevoer kan word.                                                    (4)

8.6      Verduidelik waarom ELK van die volgende prosedures uitgevoer moet word
         wanneer 'n kompressietoets op 'n viersilinder-vierslagenjin gedoen word:

         8.6.1        Verwyder die hoëspanningskabels                                              (1)

         8.6.2        Maak die versnelklep heeltemal oop                                           (1)

         8.6.3        Teken die lesings aan                                                        (1)

8.7      Die resultaat van 'n nat kompressietoets dui 'n verhoging in silinder-
         kompressiedruk aan. Watter komponent in die enjin is foutief?                             (1)
                                                                                                   [23]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             12                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Noem EEN verskil tussen die bestuur van 'n voertuig toegerus met 'n
         outomatiese ratkas en die bestuur van 'n voertuig toegerus met 'n handratkas.         (2)

9.2      Noem TWEE funksies van die koppelomsitter in 'n outomatiese ratkas.                   (2)

9.3      Waarom word 'n sluitkoppelaar in koppelomsitters gebruik?                             (2)

9.4      Beskryf die term staakspoed in 'n koppelomsitter.                                     (2)

9.5      FIGUUR 9.5 toon 'n enkel episikliese ratstelsel. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                           B
                                                                     C

                           A
                                                                     D

                                          FIGUUR 9.5

         9.5.1        Benoem dele A–D in FIGUUR 9.5.                                           (4)

         9.5.2        Noem TWEE voordele van 'n episikliese ratstelsel.                        (2)

9.6      Wat is die funksie van die klepbuis in die outomatiese ratkas?                        (2)

9.7      Verduidelik hoe die transmissie-olie in 'n outomatiese transmissievoertuig
         verkoel word.                                                                         (2)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              13                                  DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER                  (ASSE,    STUURGEOMETRIE           EN
               ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Beskryf DRIE vereistes vir 'n goed beplande stuurmeganisme.                            (3)

10.2     Noem EEN funksie van ELK van die volgende wielsporingshoeke:

         10.2.1       Positiewe wielvlug                                                        (1)

         10.2.2       Ackermann-hoek                                                            (1)

10.3     FIGUUR 10.3 toon 'n wielsporingshoek. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                     C

                        B                                              D

                                                               Voorkant van voertuig
                        A

                                               Wielkontak met padoppervlak

                                           FIGUUR 10.3

         10.3.1       Identifiseer die wielsporingshoek wat deur C in FIGUUR 10.3
                      aangedui word.                                                            (2)

         10.3.2       Verduidelik die doel van wielsporingshoek C.                              (2)

         10.3.3       Benoem A, B en D.                                                         (3)

10.4     Sensors en aandrywers is aan die elektroniese beheereenheid (EBE/'ECU') in
         'n enjinbeheerstelsel gekoppel. Beantwoord die vrae wat volg.

         10.4.1       Verduidelik die basiese funksie van 'n sensor.                            (2)

         10.4.2       Verduidelik die basiese funksie van 'n aandrywer.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             14                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

10.5     Noem TWEE vereistes vir 'n katalitiese omsetter om effektief te funksioneer.      (2)

10.6     Waar word die lambda-suurstofsensor op 'n enjin gemonteer?                        (1)

10.7     Noem DRIE voordele van 'n aanpasbare spoedbeheerstelsel wat op 'n
         voertuig geïnstalleer is, vir die bestuurder?                                     (3)

10.8     Bestudeer die simbool in FIGUUR 10.8. Beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 10.8

         10.8.1       Identifiseer die simbool in FIGUUR 10.8.                             (1)

         10.8.2       Noem die funksie van die komponent wat in VRAAG 10.8.1
                      geïdentifiseer is.                                                   (2)

10.9     Noem EEN funksie van die volgende komponente in die alternator:

         10.9.1       Gelykrigter                                                          (1)

         10.9.2       Stator                                                               (2)

         10.9.3       Rotor                                                                (2)

10.10    Noem TWEE funksies van die keerklep in die elektriese brandstofpomp.              (2)
                                                                                           [32]

                                                                             TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde      1                      DBE/2021
                                   SS/NSS

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

Kopiereg voorbehou                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde      2            DBE/2021
                                   SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-eng/b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology May June 2021 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-fitting-machining-afr/8330d2db-753d-4250-9737-3bee5fd94d1b) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-mg-afr/89111cf1-63b4-4635-8eb8-da0044145421) — Mechanical Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-eng/6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-eng/55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-afr/6d04c3dd-8cd1-4803-8d90-366b8172e461) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
