# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-afr/987e3abe-3110-41a6-9177-d21231170f73
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-afr/987e3abe-3110-41a6-9177-d21231170f73)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

            MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                                        2021

                                                                         PUNTE: 200

                                                                           TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2                                      DBE/2021
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars        en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                          TYD IN
 VRAAG                                  INHOUD                           PUNTE
                                                                                          MINUTE
                                   GENERIES
      1        Meervoudigekeuse-vrae                                           6               6
      2        Veiligheid                                                      10             10
      3        Materiaal                                                       14             14
                                   SPESIFIEK
      4        Meervoudigekeuse-vrae                                        14                10
      5        Terminologie (Maatvorms)                                     23                20
      6        Gereedskap en Toerusting                                     18                15
      7        Kragte                                                       45                42
      8        Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislaste)                   23                20
      9        Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)                     18                15
      10       Instandhouding                                               8                  8
      11       Terminologie (Ontwikkeling)                                  21                20
                                                         TOTAAL            200               180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      3                               DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.

1.1      Watter Wet bevorder niediskriminasie in die werkplek?

         A     Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge
         B     Wet op Gelyke Indiensneming
         C     Wet op Diensbillikheid en Diensvoorwaardes
         D     Wet op Diensbillikheid, Beroepsgesondheid en Veiligheid                        (1)

1.2      Watter stelling hieronder is KORREK ten opsigte van die aanbevelings vir die
         toepassing van noodhulp? MOENIE ...

         A     enigiets verwyder wat aan die wond vassit NIE.
         B     die pols van die pasiënt nagaan NIE.
         C     die pasiënt se wond met koue water afkoel NIE.
         D     aandag aan bloedverlies en asemhalingsprobleme gee NIE.                        (1)

1.3      Werkwinkels met meer as vyf werkers moet met 'n noodhulpkissie toegerus
         wees. Watter Wet bepaal die inhoud van die noodhulpkissie?

         A     Wet op Diensbillikheid en Arbeidsverhoudinge, 1998 (Wet 56 van 1998)
         B     Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
         C     Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van
               1993)
         D     Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)                              (1)

1.4      Watter toets kan gedoen word om die rekbaarheid van 'n metaal te bepaal?

         A     Klanktoets
         B     Hardheidstoets
         C     Buigtoets
         D     Masjineringstoets                                                              (1)

1.5      Wat is die doel van dopverharding tydens die hittebehandelingsproses?
         Om 'n ... voort te bring

         A     taai dop oor 'n harde kern
         B     harde dop oor 'n dun kern
         C     harde dop oor 'n harde kern
         D     harde dop oor 'n taai kern                                                     (1)

1.6      Watter proses veroorsaak hewige skaalvorming van 'n werkstuk gedurende
         die hittebehandeling van ysterhoudende metale?

         A     Normalisering
         B     Uitgloeiing
         C     Tempering
         D     Verharding                                                                     (1)
                                                                                              [6]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      4                                DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noodhulp is 'n basiese behandeling om 'n beseerde persoon te help en vind
         gewoonlik in drie stadiums plaas. Noem die DRIE stadiums.                            (3)

2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer 'n staanboor gebruik word nadat
         dit reeds aangeskakel is.                                                            (2)

2.3      Waarom moet die elektrodehouer van 'n boogsweismasjien geïsoleer word?               (1)

2.4      Noem TWEE nadele van die proses-werkswinkeluitleg.                                   (2)

2.5      Noem TWEE voordele van die produk-werkswinkeluitleg.                                 (2)
                                                                                              [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Alle hittebehandelingsprosesse behels die verhitting en afkoeling van metale
         volgens 'n tyd-temperatuur-siklus. Beskryf hierdie siklus.                           (3)

3.2      Noem enige DRIE tipes blusmediums                wat   tydens     die     hitte-
         behandelingsprosesse gebruik word.                                                   (3)

3.3      Gee EEN rede waarom staal uitgegloei word.                                           (1)

3.4      Koolstofstaal word in drie groepe geklassifiseer. Noem die DRIE groepe.              (3)

3.5      In FIGUUR 3.5 hieronder word die yster-koolstof-ewewigsdiagram getoon.
         Benoem die diagram soos aangedui, van A tot D. Skryf slegs die antwoord
         langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                         C

                     B

                                     D

                                                  A
                                             FIGUUR 3.5                                       (4)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        5                            DBE/2021
                                               SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      'n Plaatlêer word as 'n kombinasie van … gedefinieer.

         A     'n dakkap en 'n fondasie
         B     'n dakkap en 'n knoopplaat
         C     plate wat aan mekaar vasgesweis is,
         D     plate en hoekyster wat aan mekaar vasgesweis is,                              (1)

4.2      Waarvoor staan die afkorting TSU?

         A     Templaat reguit op ('Template straight up')
         B     Bokant bo ('Top side up')
         C     Staalkap-gebruikers ('Truss steel users')
         D     Tapse kant bo ('Tapered side up')                                             (1)

4.3      Wat dui die aanvullende simbool in FIGUUR 4.3 aan?

                                             FIGUUR 4.3

         A     Konveks
         B     Konkaaf
         C     Beitel
         D     Ter plaatse sweis/Terreinsweiswerk                                            (1)

4.4      Die gebruik van 'n snymoer gedurende die sny van skroefdraad is om ...

         A     interne skroefdraad te sny.
         B     eksterne skroefdraad te sny.
         C     die toevoer van 'n tap te verstel.
         D     'n stok te verstel.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      6                               DBE/2021
                                             SS/NSS

4.5      Wat is die grootte van krag P in FIGUUR 4.5 om die stelsel in ewewig te hou?

                             P                                  30 N
                                   3m                 5m

                                             FIGUUR 4.5

         A     60 N
         B     40 N
         C     90 N
         D     50 N                                                                           (1)

4.6      Wat is die meeteenheid vir spanning?

         A     Meter (m)
         B     Pascal (Pa)
         C     Newton (N)
         D     Geen eenheid nie                                                               (1)

4.7      Watter EEN van die volgende stappe kan gedoen word om spatsels
         gedurende die sweisproses te verminder?

         A     Voorverhitting van die basismetaal
         B     Stadige afkoeling na sweising
         C     Die gebruik van verbruikersgoedere met 'n laer sterkte
         D     Deur die geskikte stroomverstelling te kies                                    (1)

4.8      Watter EEN van die volgende toetse is 'n voorbeeld van 'n vernietigende toets
         op 'n sweislas?

         A     Ultrasoniese toets
         B     X-straaltoets
         C     Keepbreektoets/Kerfbreektoets
         D     Klanktoets                                                                     (1)

4.9      'n Veilige afstand tussen die gereedskapsrus en die slypwiel van 'n
         bankslypmasjien is …

         A     2 mm.
         B     3 mm.
         C     4 mm.
         D     5 mm.                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk       7                              DBE/2021
                                              SS/NSS

4.10     Watter EEN van die volgende faktore beïnvloed die korrelgrootte van die staal
         wanneer dit koud bewerk word?

         A     Aanhoudende sweiswerk
         B     Die smeltpunt van staal
         C     Die temperatuur en tyd van die uitgloeiingsproses
         D     Die afkoelingstempo van die staal                                              (1)

4.11     Watter EEN van die volgende is 'n rede vir uitsluiting en merk gedurende
         instandhouding van masjiene? Om ander werkers in te lig dat ...

         A     instandhouding gedoen word
         B     'n ongeluk plaasgevind het
         C     instandhoudingswerk voltooi is
         D     daar 'n kragonderbreking is                                                    (1)

4.12     Watter EEN van die volgende faktore moet oorweeg word wanneer die
         snyspoed van 'n boorpunt gekies word?

         A     Oorbelasting
         B     Grootte van boorpunt
         C     Spilgrootte
         D     Snyhoek                                                                        (1)

4.13     Watter formule sal 'n mens gebruik om cosβ te bereken?

                                                            B

                                      ß
                             A                              C
                                             FIGUUR 4.13

                        AC
         A     cosβ 
                        AB

                        BC
         B     cosβ 
                        AB

                        AB
         C     cosβ 
                        AC

                        AB
         D     cosβ 
                        BC
                                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk       8             DBE/2021
                                              SS/NSS

4.14     Wat is die waarde van X in FIGUUR 4.14?

                                               500 mm
                                X

                                             400 mm
                                       FIGUUR 4.14

         A     700 mm
         B     600 mm
         C     300 mm
         D     200 mm                                                        (1)
                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      9                                   DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      Waarom het die maatvorm-galeryvloer permanente basis- en senterlyne?                   (1)

5.2      Beskryf die doel van kaplatte soos op dakkappe gebruik.                                (2)

5.3      FIGUUR 5.3 toon 'n dakkap.

                                                C

                                                                                    D
                                   B
                      A

                                                                                E

                                             FIGUUR 5.3

         Benoem onderdele A–E.                                                                  (5)

5.4      'n Sagtestaalring moet vervaardig word deur 'n 16 x 16 mm vierkantige sagte-
         staalstaaf te gebruik. Die binnediameter van die ring is 230 mm. Bereken die
         afmetings van die materiaal wat benodig word om die ring te vervaardig.                (6)

5.5      Identifiseer elemente A–F op die sweissimbool in FIGUUR 5.5 getoon.

                                                      C

                                  B
                                                50–100             D

                      A                                   F            E

                                             FIGUUR 5.5                                         (6)

5.6      Skets die sweissimbool vir die sweislas in FIGUUR 5.6.

                                                                                                (3)
                                             FIGUUR 5.6                                         [23]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     10                               DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      Beskryf die werkbeginsels van 'n plasmasnyer.                                        (4)

6.2      Noem TWEE gebruike van 'n hidrouliese pers.                                          (2)

6.3      Beskryf die interne skroefdraadsnyproses deur 'n draadsnytap te gebruik.             (3)

6.4      Beskryf die funksie van 'n kragsaag.                                                 (1)

6.5      FIGUUR 6.5 toon 'n komponent van gassweistoerusting. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                                                  A

                                                                 B
                                   D

                                                             C
                                             FIGUUR 6.5

         6.5.1        Identifiseer die komponent in FIGUUR 6.5 getoon.                        (1)

         6.5.2        Benoem dele A–D.                                                        (4)

6.6      Wat is die kleurkode van 'n asetileengassilinder?                                    (1)

6.7      Wat is die doel van die terugflitsweerders op gassweistoerusting?                    (2)
                                                                                              [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     11                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die volgende terme:

         7.1.1        Spanning                                                                     (2)

         7.1.2        Hooke se wet                                                                 (2)

7.2      FIGURE 7.2 is 'n diagram van 'n staalraamstruktuur. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                         200 N

                                                             B
                               A

                                                 D
                                   60°                           30°
                                                     C
                                                     6 000
                             150 N                                     50 N
                                             FIGUUR 7.2

         7.2.1        Konstrueer die ruimtediagram volgens die gegewe skaal van
                      10 mm = 1 m.                                                                 (4)

         7.2.2        Konstrueer die vektordiagram deur skaal 1 mm = 1 N te gebruik.               (5)

         7.2.3        Bepaal die grootte en die aard van die kragte in lede AD, BD en
                      CD vanaf die vektordiagram.                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk       12                                  DBE/2021
                                               SS/NSS

7.3      FIGUUR 7.3 toon 'n 10 meter lange balk, ondersteun deur twee vertikale
         stutte, RL en RR. Twee vertikale puntbelastings, 15 N en 25 N, word op die
         balk uitgeoefen. 'n Eenvormige verspreide belasting van 10 N/m word oor 'n
         lengte van 3 m uitgeoefen. Beantwoord die vrae wat volg.

                               15 N                          25 N
                                      10 N/m
                               A                    B           C

                          2m              3m            3m          2m
                     RL                                                  RR

                                               FIGUUR 7.3

         7.3.1        Bereken die grootte van die reaksies in stutte RL en RR.                     (6)

         7.3.2        Bereken die skuifkragte by punte A, B en C.                                  (6)

         7.3.3        Gebruik die skaal hieronder om die skuifkragdiagram te teken.

                      Skaal:       Ruimtediagram: 10 mm = 1 m
                                   Skuifkragdiagram: 1 N = 1 mm                                    (6)

7.4      'n Trekkrag van 80 kN word op 'n ronde staaf met 'n diameter van 30 mm
         uitgeoefen. Die oorspronklike lengte van die ronde staaf is 3 m.

         7.4.1        Bereken die spanning in MPa wat in die materiaal veroorsaak
                      word.                                                                        (6)

         7.4.2        Bereken die vormverandering/vervorming veroorsaak as die
                      verandering in lengte van die staaf 0,06 mm is.                              (2)
                                                                                                   [45]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     13                               DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1      Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende boogsweisdefekte:

         8.1.1        Slakinsluiting                                                          (2)

         8.1.2        Onvolledige indringing                                                  (2)

8.2      Noem TWEE voorkomingsmaatreëls vir die volgende sweisdefekte tydens
         boogsweising:

         8.2.1        Poreusheid                                                              (2)

         8.2.2        Gebrek aan samesmelting                                                 (2)

8.3      Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende toetse op 'n sweislas:

         8.3.1        Vrybuigtoets                                                            (1)

         8.3.2        X-straaltoets                                                           (1)

8.4      Noem DRIE tipes sweiskrake.                                                          (3)

8.5      Noem TWEE faktore wat tydens die oksiasetileen-sweisproses waargeneem
         moet word.                                                                           (2)

8.6      Beskryf die stappe wat gevolg moet word wanneer 'n keepbreektoets/
         kerfbreektoets op 'n sweislas uitgevoer word.                                        (5)

8.7      Verduidelik waarom nie-vernietigende toetse bo vernietigende toetse verkies
         word.                                                                                (1)

8.8      Gee TWEE redes vir die uitvoer van 'n masjineerbaarheidstoets op 'n
         sweislas.                                                                            (2)
                                                                                              [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      14                               DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1      Noem VIER faktore wat die temperatuur beïnvloed waarteen koudbewerkte
         staal sal herkristalliseer wanneer dit verhit word.                                   (4)

9.2      Watter uitwerking sal die volgende op inkrimping in 'n sweislas hê?

         9.2.1        Elektrodetipe                                                            (1)

         9.2.2        Grootte van elektrode                                                    (1)

         9.2.3        Sweisstroom                                                              (1)

9.3      Noem TWEE faktore wat die verkoelingstempo van gesweiste metale bepaal.               (2)

9.4      Definieer die volgende sweisterme:

         9.4.1        Vervorming                                                               (2)

         9.4.2        Krimping                                                                 (2)

9.5      Noem DRIE faktore wat vervorming en naspanning in 'n sweislas beïnvloed.              (3)

9.6      Noem TWEE oorsake van naspanning in 'n sweislas.                                      (2)
                                                                                               [18]

VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1     Wat sal die effek van oorbelading op die volgende toerusting wees?

         10.1.1       Knipmasjien                                                              (1)

         10.1.2       Staanboormasjien                                                         (1)

10.2     Wat sal die negatiewe effek van wrywing op die volgende toerusting wees?

         10.2.1       Guillotine                                                               (1)

         10.2.2       Horisontale bandsaag                                                     (1)

10.3     Noem TWEE algemene instandhoudingsriglyne vir 'n kragsaag met verwysing
         na elektriese skakelaars en die toestand van die bedrading.                           (2)

10.4     Noem TWEE metodes wat gebruik word om wrywing te verminder wanneer
         gate geboor word.                                                                     (2)
                                                                                               [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     15                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)

11.1     FIGUUR 11.1 toon 'n vierkant-na-vierkant uitmiddelpuntige geutbak met 'n
         vertikale hoogte van 400 mm. Beantwoord die vrae wat volg.

                                       D

                                             FIGUUR 11.1
         Bereken die ware lengtes van die volgende sye:
         11.1.1       A–2                                                                     (5)
         11.1.2       C–3                                                                     (5)
11.2     FIGUUR 11.2 toon 'n afgeknotte keël. Die vertikale hoogte van die afgeknotte
         keël is 600 mm, en die basis- en boonste diameters is onderskeidelik 600 mm
         en 400 mm. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                  D
                                                           C

                                                               B

                                                                   A

                                               FIGUUR 11.2
         11.2.1       Bereken die ware lengte van A–B.                                        (5)
         11.2.2       Bereken die omtrek van die boonste sirkel.                              (4)
         11.2.3       Wat is die waarde van die ware vertikale hoogte van die afgeknotte
                      keël?                                                                   (2)
                                                                                              [21]

                                                                              TOTAAL:         200
Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      1                     DBE/2021
                                             SS/NSS

                     FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                            SWEIS- EN METAALWERK

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2     DBE/2021
                                             SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-automotive-afr/7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-eng/b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology May June 2021 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-fitting-machining-afr/8330d2db-753d-4250-9737-3bee5fd94d1b) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-mg-afr/89111cf1-63b4-4635-8eb8-da0044145421) — Mechanical Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-eng/6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-eng/55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
