# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2022-fitting-and-machining-afr/ce98b450-deb9-4356-9d80-507b5a63a10d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2022-fitting-and-machining-afr/ce98b450-deb9-4356-9d80-507b5a63a10d)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

                                        2022

                                                                        PUNTE: 200

                                                                          TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      2                                     DBE/2022
                                               SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare             wetenskaplike   sakrekenaars        en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

     VRAAG                          INHOUD                           PUNTE         TYD IN MINUTE
                                  GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                    6                  6
       2        Veiligheid                                              10                 10
       3        Materiaal                                               14                 14
                                  SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                   14                10
       5        Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)                18                20
       6        Terminologie (Indeksering)                              28                25
       7        Gereedskap en Toerusting                                13                10
       8        Kragte                                                  33                33
       9        Instandhouding                                          18                12
      10        Hegtingsmetodes                                         18                12
      11        Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels)                 28                28
                                                      TOTAAL            200               180

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      3                             DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures verwys na die werking
         van 'n hidrouliese pers?

         A     Die platform waarop die werkstuk rus, moet stewig en loodreg met die
               perssilinder wees.
         B     Maak seker dat alle gaskleppe in die silinders behoorlik gestel is.
         C     Stukkies metaal kan verwyder word terwyl die persmasjien in werking is.
         D     Maak seker dat die maksimum lugdruk in die silinders nie oorskry word
               nie.                                                                           (1)

1.2      Watter veiligheidsmaatreël is op boormasjiene van toepassing?

         A     Los die sleutel in die kloukop wanneer daar nie met die masjien gewerk
               word nie.
         B     Kies 'n boorpunt wat reg skerpgemaak is vir die tipe werk wat jy wil
               doen.
         C     Dit is nie nodig om 'n veiligheidsbril te dra nie.
         D     Terwyl dit etenstyd is, kan die masjien in werking wees.                       (1)

1.3      Watter EEN van die volgende tipes persoonlike beveiligingstoerusting ('PPE')
         word benodig wanneer boogsweis op 'n werkstuk uitgevoer word?

         A     Harde hoed
         B     Sweisbril
         C     Sweishelm
         D     Katoenhandskoene                                                               (1)

1.4      Watter EEN van die volgende tipes staal is die maklikste om te sny?

         A     Snelsnystaal
         B     Gietyster
         C     Gietstaal
         D     Sagte staal                                                                    (1)

1.5      Watter metode kan gebruik word om 'n klanktoets uit te voer?

         A     Laat val die werkstuk op 'n sementvloer
         B     Boor in die metaal in
         C     Gebruik 'n vlakslyper
         D     Sweis die metaal                                                               (1)

1.6      Nitridering word tydens die …-proses gedoen.

         A     verhardings
         B     uitgloeiings
         C     dopverhardings
         D     normaliserings                                                                 (1)
                                                                                              [6]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering         4                               DBE/2022
                                                  SS/NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Waarom mag die voorgeskrewe spoed van die slypwiel nooit die maksimum
         spoed van die slyper oorskry nie?                                                       (1)

2.2      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         terwyl die vertikale bandsaag in werking is.                                            (2)

2.3      Identifiseer die DRIE stadiums van noodhulptoepassing.                                  (3)

2.4      Noem die TWEE hoofkategorieë waarin die oorsake van ongelukke volgens
         die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid gedeel kan word.                             (2)

2.5      Noem TWEE voordele van die produkwerkswinkeluitleg.                                     (2)
                                                                                                 [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Definieer tempering van staal.                                                          (2)

3.2      Noem DRIE redes waarom die uitgloeiingsproses op staal uitgevoer word.                  (3)

3.3      Teen    ongeveer     watter           temperatuur   word   staal   tydens      die
         normaliseringsproses verhit?                                                            (2)

3.4      Identifiseer die tipe staal/yster na aanleiding van die vonkpatrone in
         FIGUUR 3.4.1–3.4.3 hieronder getoon.

         3.4.1

                                                   FIGUUR 3.4.1                                  (1)

         3.4.2

                                                   FIGUUR 3.4.2                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        5                   DBE/2022
                                                 SS/NSS

         3.4.3

                                                  FIGUUR 3.4.3                        (1)

3.5      FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n yster-koolstof-ewewigsdiagram. Benoem
         A tot D.

                                          B

                      A
                                      C

                                                    D
                                               FIGUUR 3.5                             (4)
                                                                                      [14]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        6                             DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1      Identifiseer die draaibankkomponent in FIGUUR 4.1 hieronder.

                                               FIGUUR 4.1
         A     Dooiesenter
         B     Roterende senter
         C     Senterboor
         D     Tapse boorpunt                                                                   (1)
4.2      Wat is die doel van die skroefsnywyserplaat wat op 'n draaibank voorkom?
         A     Stel die operateur in staat om 'n leiskroefhalfmoer akkuraat te koppel
         B     Hou die leiskroef en halfmoer in plek
         C     Help om te tel hoeveel skroefdrade gesny is
         D     Om te kyk of die skroefdraad akkuraat gesny is                                   (1)
4.3      Hoeveel asse word op die draaibank se digitale uitlees(DUL)-stelsel vertoon?
         A     2
         B     3
         C     4
         D     6                                                                                (1)
4.4      Watter kodes word deur 'n RNB(rekenaar-numeriesbeheerde)-freesmasjien
         ('CNC milling machine') vir masjiengereedskapsbeweging gebruik?
         A     X-kodes
         B     Z-kodes
         C     G-kodes
         D     Y-kodes                                                                          (1)
4.5      Wat is die grootte van die karbiedbal in 'n Brinell-hardheidstoetser wanneer
         dit gebruik word om materiaal te toets?
         A     20 mm
         B     15 mm
         C     10 mm
         D     5 mm                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        7                            DBE/2022
                                                 SS/NSS

4.6      Identifiseer die tipe presisiemeetinstrument in FIGUUR 4.6 hieronder.

                                               FIGUUR 4.6

         A     Skroefdraadmikrometer
         B     Binnemikrometer
         C     Buitemikrometer
         D     Dieptemikrometer                                                               (1)

4.7      Watter tipe spanning word in 'n kabel van 'n hyskraan veroorsaak wanneer 'n
         vrag opgelig word?

         A     Vormspanning
         B     Trekspanning
         C     Drukspanning
         D     Skuifspanning                                                                  (1)

4.8      Watter EEN van die volgende faktore bepaal die waarde van die
         veiligheidsfaktor?

         A     Die gevolge van onklaarraking
         B     Die waarde van die minimum las
         C     Die lengte van die materiaal
         D     Die gewig van die materiaal                                                    (1)

4.9      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van PVC?

         A     Kleefvrybedekte braaipan
         B     Vinnige setgom
         C     Kleefplastiek
         D     Verdelerrotor                                                                  (1)

4.10     Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van nylon?

          A     Roes maklik
          B     Het 'n hoë wrywingskoëffisiënt
          C     Kan vinnig in vloeistof verander word
          D     Word nie deur fungus beïnvloed nie                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering           8                      DBE/2022
                                                    SS/NSS

4.11     Identifiseer A in FIGUUR 4.11 hieronder.

                                                A

                                               FIGUUR 4.11

         A     Wortel
         B     Steek
         C     Diepte
         D     Kruin                                                                        (1)

4.12     Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van 'n meervoudige skroefdraad?

         A     Draai stadiger namate dit vasdraai
         B     Word dikwels gebruik
         C     Veroorsaak vinniger beweging
         D     Verloor meer krag as gevolg van wrywing                                      (1)

4.13     'n Takelstel staan ook as 'n … bekend.

         A     katrolstelsel
         B     ratstelsel
         C     hidrouliese stelsel
         D     meganiese dryfstelsel                                                        (1)

4.14     Identifiseer die simbool van die hidrouliese komponent in FIGUUR 4.14
         hieronder.

                                               FIGUUR 4.14

          A     Drukmeter
          B     Smeerder
          C     Filter
          D     Pomp                                                                        (1)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        9                             DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

5.1      Noem TWEE nadele van die sny van 'n taps op 'n senterdraaibank deur die
         saamgestelde-beitelslee-metode te gebruik.                                             (2)

5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n taps met 'n ingeslote hoek van 12° wat tussen
         twee senters gemasjineer moet word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 40   72
                                                          12°

                                70                  l

                                               FIGUUR 5.2

         5.2.1        Bereken die lengte van die taps.                                          (5)

         5.2.2        Bereken die oorstelling van die loskop wat benodig word om die
                      taps in FIGUUR 5.2 hierbo te sny.                                         (3)

5.3      Bereken die volgende afmetings van 'n parallelspy wat vir 'n 102 mm diameter
         dryfas geskik is:

         5.3.1        Wydte                                                                     (2)

         5.3.2        Dikte                                                                     (2)

         5.3.3        Lengte                                                                    (2)

5.4      Noem TWEE nadele van groepfreeswerk.                                                   (2)
                                                                                                [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        10                                  DBE/2022
                                                  SS/NSS

VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)

6.1      'n Reguittandrat, met 'n steeksirkeldiameter van 168 mm en 42 tande, word
         vir 'n ratkas benodig. Bereken die volgende:

         6.1.1         Module                                                                        (2)

         6.1.2         Sirkelsteek                                                                   (2)

         6.1.3         Buitediameter                                                                 (2)

6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n eksterne swaelstert wat vir 'n saamgestelde
         beitelslee van 'n draaibank vervaardig moet word.

                       y                        135                   y

                                                                          60°
                                                                                       h = 35
                 60°
                                     12
                                     .2.
                                     4
                                     12                     12

                       x   12                    m               12   x
                                                 W

                                               FIGUUR 6.2

         Bereken die volgende:

         6.2.1         Maksimum wydte (W) van die swaelstert                                         (6)

         6.2.2         Afstand (m) tussen die presisierollers                                        (6)

6.3      'n Reguittandrat met 113 tande moet vir 'n ratkas vervaardig word. Die
         verdeelkop wat gebruik word, het 'n verhouding van 40 : 1.

         WENK: A = 110 verdelings vir die eenvoudige indeksering

         6.3.1         Bereken die indeksering wat benodig word.                                     (4)

         6.3.2         Bereken die wisselratte wat benodig word.                                     (4)

6.4      Noem TWEE gevolge van 'n ongebalanseerde werkstuk wat op 'n
         senterdraaibank gemonteer is.                                                               (2)
                                                                                                     [28]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering          11                                 DBE/2022
                                                    SS/NSS

VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

7.1      Noem DRIE verskillende toetsresultate wat van 'n trektoetser verkry kan
         word.                                                                                         (3)

7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n diagram van 'n Brinell-hardheidstoetser.
         Benoem A–C.

                                                     Las

                                                                  B
                                    A
                                                                      Induiking

                                                      C

                                               FIGUUR 7.2                                              (3)

7.3      Bereken die snydiepte van 'n skroefdraad met 'n steek van 1,75 mm.                            (2)

7.4      Bepaal die diepte-mikrometerlesing wat in FIGUUR 7.4 hieronder getoon
         word.

                                                             30
                             25                20
                                                             35

                                                             40

                                               FIGUUR 7.4                                              (2)

7.5      Beskryf die funksie van 'n momenttoetser.                                                     (3)
                                                                                                       [13]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        12                                   DBE/2022
                                                  SS/NSS

VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

8.1      FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van vier kragte wat op dieselfde punt
         inwerk. Bereken die grootte en rigting van die resultant vir hierdie stelsel van
         kragte.

         WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1. Toon AL die horisontale
               en vertikale komponente voordat die berekeninge gedoen word.

                                                      60º                 50 N

                         85 N
                                                           70º

                                                                 75 N
                                                  25 N

                                                FIGUUR 8.1                                            (15)

8.2      FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n balk wat deur twee vertikale stutte, A en B,
         ondersteun word. Twee vertikale puntlaste en 'n eenvormig verspreide las
         van 6 kN/m word op die balk uitgeoefen.

           75 kN                                                        12 kN
                                         8,5 m

                                                6 kN/m

                                                  11 m

             A                                                                       B

                                               FIGUUR 8.2

         Bereken die volgende:

         8.2.1        Die puntlas wat die eenvormig verspreide las verteenwoordig                     (1)

         8.2.2        Die grootte van die reaksiekrag by A                                            (3)

         8.2.3        Die grootte van die reaksiekrag by B                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering             13                      DBE/2022
                                                       SS/NSS

8.3      'n Trekkrag van 50 kN word op 'n ronde staaf met 'n diameter van 50 mm en
         'n oorspronklike lengte van 3 m uitgeoefen. Bereken die volgende:

         8.3.1        Weerstandsoppervlakte                                                    (2)

         8.3.2        Spanning in die materiaal in MPa                                         (3)
         8.3.3        Vormverandering/Vervorming indien die finale lengte van die staaf
                      3,005 m is                                                               (2)
8.4      FIGUUR 8.4 hieronder toon 'n spanning-vervorming-diagram. Benoem A–D.

                                                                  D
                                                 B    C

                                  Spanning
                                             A

                                                     Vervorming
                                                     FIGUUR 8.4                                (4)
                                                                                               [33]

VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
9.1      Wat is die hoofdoel van instandhouding?                                               (1)
9.2      Verduidelik kortliks hoe basiese voorkomende instandhouding op die
         volgende stelsels uitgevoer moet word:
         9.2.1        Kettingaandrywingstelsels                                                (2)

         9.2.2        Bandaandrywingstelsels                                                   (2)
9.3      Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende nylonprodukte:
         9.3.1        Poliëtileen (PET)                                                        (2)

         9.3.2        Polipropileen (PP)                                                       (2)

         9.3.3        Polistireen (PS)                                                         (2)
9.4      Noem DRIE faktore wat die wrywingskoëffisiënt beïnvloed.                              (3)
9.5      Verduidelik waarom termoverhardende samestellings nie weer verhit kan
         word om dit te versag, te hervorm of te giet nie.                                     (1)
9.6      Noem DRIE verskillende bande wat in bandaandrywingstelsels gebruik word.              (3)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering       14                       DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

10.1     'n Drievoudige vierkantige skroefdraadstaaf moet vervaardig word.
         Die styging van die vierkantige skroefdraad is 36 mm en die kruindiameter
         is 70 mm. Die vryloophoek moet 3° wees.

         Bereken die volgende:

         10.1.1       Steek                                                               (3)

         10.1.2       Steekdiameter                                                       (2)

         10.1.3       Helikshoek van die skroefdraad                                      (3)

         10.1.4       Ingryphoek                                                          (2)

         10.1.5       Sleephoek                                                           (2)

10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n snybeitel om skroefdraad mee te sny.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                                   B                         C

                                                             D

                                   A

                                               FIGUUR 10.2

         10.2.1       Identifiseer die tipe skroefdraad.                                  (1)

         10.2.2       Benoem A–D.                                                         (4)

10.3     Noem die ingeslote hoek vir 'n metrieke V-skroefdraad.                           (1)
                                                                                          [18]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering       15                               DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)

11.1     FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese hyser. Die hyser moet
         'n maksimum las van 4 500 kg by die ram, met 'n diameter van 120 mm, kan
         oplig. Die diameter van die plunjer is 32 mm. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                  4 500 kg

             F=?

                                                RAM
                        PLUNJER

                                     HIDROULIESE VLOEISTOF

                                               FIGUUR 11.1

         Bereken die volgende:
         11.1.1       Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel in MPa                         (4)

         11.1.2       Die krag wat op die plunjer uitgeoefen moet word                            (5)

11.2     Noem EEN funksie van 'n hidrouliese terugslagklep.                                       (1)

11.3     Gee TWEE redes waarom 'n veerbelaste dubbelaksiebeheerklep in 'n
         waterlyn gebruik word.                                                                   (2)
11.4     Noem die TWEE verskillende tipes drukmeters.                                             (2)

11.5     'n Katrol met 'n diameter van 375 mm word op 'n as van 'n sementmenger
         gemonteer. Die sementmenger word deur 'n katrol, met 'n diameter van
         85 mm, op 'n motor wat teen 'n spoed van 1 320 r/min roteer, aangedryf. Die
         trekkrag aan die stywe kant van die band is 275 N en aan die slap kant is die
         trekkrag 120 N.

         WENK: Die banddikte kan geïgnoreer word.

         Bereken die volgende:

         11.5.1       Die rotasiefrekwensie in r/s van die katrol op die sementmenger             (4)

         11.5.2       Die drywing wat in watt oorgedra kan word                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering       16                              DBE/2022
                                                 SS/NSS

11.6     FIGUUR 11.6 toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A kam in met rat B met
         20 tande op die tussenas. Op die tussenas is nog 'n dryfrat, C, met
         45 tande wat met rat D met 25 tande op 'n tweede tussenas inkam. Op die
         tweede tussenas is nog 'n dryfrat, E, met 50 tande wat met 'n finale rat F
         inkam. Die rotasiefrekwensie van die insetas is 320 r/min en die
         rotasiefrekwensie van die uitsetas is 720 r/min. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                             TF = 20
                                                                       NF = 720 r/min

                                                TD = 25

                           TB = 20

                                                             TE = 50

           NA = 320 r/min

                                                TC = 45

                             TA = ?

                                               FIGUUR 11.6

         Bereken die volgende:

         11.6.1       Die getal tande op die dryfrat TA                                       (4)

         11.6.2       Die ratverhouding van die stelsel                                       (3)
                                                                                              [28]

                                                                                TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      1                DBE/2022
                                               SS/NSS

                     FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                            PASWERK EN MASJINERING

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      2            DBE/2022
                                               SS/NSS

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      3            DBE/2022
                                               SS/NSS

4.     RATAANDRYWING

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      4            DBE/2022
                                               SS/NSS

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      5         DBE/2022
                                               SS/NSS

                                    (   )
                                               (        )

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May June 2022 (Fitting and Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2022-fitting-and-machining-eng/e18a2848-0d5e-4e59-9231-992833d13696) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-afr-1/ffb541c5-7f45-43f5-82cf-5c58353301d3) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-automotive-afr/3183c777-5d0e-4bec-8dd1-26ff78427229) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-fitting-machining-afr/8aa11e82-686b-4bf7-ba42-5f1f71cc3b16) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
