# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                        2023

                                                                        PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                                       DBE/2023
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars       en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                        TYD IN
  VRAAG                              INHOUD                            PUNTE
                                                                                        MINUTE
                                 GENERIES
      1         Meervoudigekeuse-vrae                                     6                  6
      2         Veiligheid                                               10                 10
      3         Materiaal                                                14                 14
                                 SPESIFIEK
      4         Meervoudigekeuse-vrae                                    14                 10
      5         Gereedskap en Toerusting                                 23                 20
      6         Enjins                                                   28                 25
      7         Kragte                                                   32                 25
      8         Instandhouding                                           23                 20
      9         Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                  18                 20
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                                 32                 30
                Elektronika)
                                                     TOTAAL              200               180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             3                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.
1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsvoorsorgmaatreëls is op die
         bankslypmasjien van toepassing?
         A     Olie die oppervlak van die masjien.
         B     Verwyder alle skerms wanneer geslyp word.
         C     Dra 'n veiligheidsbril wanneer geslyp word.
         D     Maak seker dat die masjien aan is.                                              (1)
1.2      Wat word in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid in verband met
         MIV/Vigs-bewusmaking genoem?
         A     Alle werkgewers moet seker maak dat die werkplek veilig is en dat
               werknemers nie aan die risiko blootgestel word om met MIV besmet te
               word nie.
         B     Dit vervat nie algemene riglyne vir hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde in die werkplek op persone met MIV moet reageer nie.
         C     Werkgewers mag 'n werknemer vanweë sy/haar MIV-status in rang
               verlaag of bevorder.
         D     Werkgewers kan 'n persoon met MIV eenvoudig afdank.                             (1)
1.3      Watter EEN van die volgende prosedures is toepaslik wanneer basiese
         mediese behandeling toegepas word?
         A     Ondersoek die beseerde persoon.
         B     Verwyder die voorwerp uit die wond.
         C     Gebruik olierige vloeistof of room op 'n brandwond.
         D     Bel die versekeringsmaatskappy.                                                 (1)
1.4      Waarom word staal gedurende hittebehandelings stadig tot 'n sekere
         temperatuur verhit? Om te verseker dat ...
         A     hoë hitte behaal word.
         B     die kamertemperatuur korrek is.
         C     dieselfde temperatuur gehandhaaf word.
         D     die veiligheidsprosedure korrek is.                                             (1)
1.5      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van dopverharding?
         A     Braaipanne
         B     Ratte
         C     Wielvellings
         D     Beitels                                                                         (1)
1.6      Wat word met die term blustempo gedurende hittebehandeling bedoel?
         A     Afkoeltempo
         B     Verhittingstempo
         C     Temperingstempo
         D     Verhardingstempo                                                                (1)
                                                                                               [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            4                                       DBE/2023
                                         SS/NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Aan watter veiligheidsvoorsorgmaatreël moet voldoen word nadat die werk op
         enige masjien voltooi is?                                                              (1)

2.2      Gee TWEE redes waarom die afstand tussen die gereedskapsrus en die
         slypwiel op 'n bankslypmasjien nie groter as 3 mm mag wees nie.                        (2)

2.3      Identifiseer die werkswinkeluitlegte in FIGUUR 2.3.1 en 2.3.2 hieronder.

         2.3.1

                                              FIGUUR 2.3.1                                      (1)

         2.3.2

                                              FIGUUR 2.3.2                                      (1)

2.4      Noem EEN tipe persoonlike beveiligingstoerusting wat gedra moet word
         wanneer met 'n hidrouliese pers gewerk word.                                           (1)

2.5      Noem EEN funksie van die veiligheidskerm op 'n draagbare hoekslyper.                   (1)

2.6      Noem EEN veiligheidsvoorsorgmaatreël, behalwe omgewingsveiligheid,
         waaraan voldoen moet word wanneer 'n knipmasjien/guillotine gebruik word.              (1)

2.7      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         wanneer gassilinders gestoor word.                                                     (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              5                                      DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Waarom word tempering van staal na verharding uitgevoer?                                  (2)

3.2      Gee EEN rede vir ELK van die volgende hittebehandelingsprosesse op staal:

         3.2.1       Dopverharding                                                                 (2)

         3.2.2       Uitgloeiing                                                                   (2)

3.3      Verduidelik hoe om 'n vonktoets uit te voer om die tipe staal te identifiseer.            (2)

3.4      Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer:

         3.4.1       Vyltoets                                                                      (2)

         3.4.2       Buigtoets                                                                     (2)

3.5      Watter geluid maak die volgende materiaal wanneer 'n klanktoets uitgevoer
         word?

         3.5.1       Laekoolstofstaal (LKS)                                                        (1)

         3.5.2       Hoëkoolstofstaal (HKS)                                                        (1)
                                                                                                   [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            6                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Gedurende watter toets moet die krukas gesluit word om te voorkom dat die
         enjin draai?

         A     Kompressietoets
         B     Uitlaatgasanalise
         C     Silinderlekkasietoets
         D     Gerekenariseerde diagnostiese skandering                                       (1)

4.2      Watter wielsporingshoeke word gemeet deur 'n borrelvloeimeter te gebruik?

         A     Nasporing, wielvlug en sporing
         B     Nasporing, wielvlug en krinkspilhelling
         C     Toesporing, uitsporing en Ackermann-hoek
         D     Wielvlug, Ackermann-hoek en krinkspilhelling                                   (1)

4.3      FIGUUR 4.3 hieronder toon die posisie van die krukaspenne in 'n vierslag-
         inlynenjin. Identifiseer die aantal silinders vir die krukasposisies getoon.

                                         FIGUUR 4.3

         A     Tweesilinder-inlynenjin
         B     Driesilinder-inlynenjin
         C     Agtsilinder-inlynenjin
         D     Vyfsilinder-inlynenjin                                                         (1)

4.4      'n Tussenverkoeler word gebruik om …

         A     te voorkom dat die turboaanjaer oorverhit.
         B     te voorkom dat die superaanjaer oorverhit.
         C     lug wat deur die superaanjaer en turboaanjaer saamgepers is, te
               verkoel.                                                                       (1)
         D     die verskillende onderdele van 'n enjin te verkoel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                                 DBE/2023
                                           SS/NSS

4.5      Die ontbrandingskamer se volume staan ook as die … bekend.

         A     slagvolume
         B     vry volume
         C     totale volume
         D     vuurvolume                                                                     (1)

4.6      Die enjinkapasiteit van 'n viersilinder-1 600 cm3-enjin is …

         A     400 ml.
         B     1,6 ml.
         C     1 600 ml.
         D     40 ml.                                                                         (1)

4.7      Watter EEN van die volgende bepaal remdrywing deur 'n klamptoestel met
         die remarm te gebruik?

         A     Elektriese dinamometer
         B     Pröny-rem
         C     Ondersteldinamometer
         D     Handrem                                                                        (1)

4.8      Watter EEN van die volgende is 'n oorsaak van hoë koolstofdioksiedlesings in
         die uitlaatgas?

         A     Vakuumlekkasies
         B     Uitlaatgaslekkasies
         C     'n Amper ideale lug-brandstofverhouding
         D     Oorverhitting van enjin                                                        (1)

4.9      Die verkoelingsmiddel van 'n enjin se verkoelingstelsel is 'n mengsel
         van …

         A     antivriesmiddel en water.
         B     oplosbare olie en water.
         C     seep en water.
         D     hidrouliese vloeistof en water.                                                (1)

4.10     Watter EEN van die volgende komponente is deel van 'n outomatiese ratkas?

         A     Waterpomp
         B     Oliepomp
         C     Gaspomp
         D     Brandstofpomp                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            8                                    DBE/2023
                                         SS/NSS

4.11     Die hidrouliese suiers in 'n outomatiese ratkas beheer die …

         A     oliepomp.
         B     klephulsel.
         C     rathefboommeganisme.
         D     multi-skyfkoppelaars.                                                           (1)

4.12     Vinrandslytasie word deur … veroorsaak.

         A     verkeerde sporingsverstelling
         B     verkeerde wielvlugverstelling
         C     wielhop
         D     verslete skokbrekers                                                            (1)

4.13     Watter komponent van die alternator beheer die laaivlak van die battery?

         A     Stator
         B     Gelykrigter
         C     Reguleerder
         D     Sleepring                                                                       (1)

4.14     Die hoeveelheid brandstof wat ingespuit word, verminder wanneer die …

         A     enjinspoed vermeerder.
         B     brandstofdrukreguleerder nie oopmaak nie.
         C     brandstoffilter verstop is.
         D     enjin koud is.                                                                  (1)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               9                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      Met verwysing na die enjinsilinderkompressietoets, beantwoord die volgende
         vrae:

         5.1.1       Gee 'n rede vir die uitvoer van die toets.                                     (2)

         5.1.2       Noem TWEE tipes kompressietoetse.                                              (2)

         5.1.3       Gee TWEE redes vir lae kompressie in 'n silinder.                              (2)

5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n silinderlekkasietoetser. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                                            C

                                   B

                                       A                      D

                                            FIGUUR 5.2

         5.2.1       Benoem komponente AD.                                                         (4)

         5.2.2       Waarom word saamgeperste lug gedurende                   die   silinder-
                     lekkasietoets in die silinder ingeblaas?                                       (2)

5.3      Noem DRIE voorsorgmaatreëls wanneer 'n uitlaatgas-analise uitgevoer word.                  (3)

5.4      Noem DRIE voertuigstelsels wat              deur   die   aanboord-   diagnostiese
         skandeerder geskandeer kan word.                                                           (3)

5.5      Noem TWEE foute wat gedurende die uitvoer van dinamiese wielbalansering
         geïdentifiseer kan word.                                                                   (2)

5.6      Verduidelik in DRIE stappe hoe om dinamiese wielbalansering uit te voer
         nadat 'n wiel nagegaan is en op die wielbalanseerder opgestel is.                          (3)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             10                                  DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n onderdeel van 'n viersilinder-inlynenjin.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                                           FIGUUR 6.1

         6.1.1       Identifiseer die onderdeel.                                               (1)

         6.1.2       Wat is die hooffunksie van die onderdeel?                                 (2)

         6.1.3       Watter gedeelte van die onderdeel word geboor om dit te
                     balanseer?                                                                (1)

         6.1.4       Verduidelik statiese balans van hierdie onderdeel.                        (2)

6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n trillingdemper wat op 'n binnebrandenjin
         gemonteer is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                           FIGUUR 6.2

         6.2.1       Waar op 'n enjin word 'n trillingdemper normaalweg gemonteer?             (1)

         6.2.2       Wat is die funksie van 'n trillingdemper?                                 (1)

6.3      Noem DRIE verskillende tipes enjinsilinderuitlegte.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            11                                 DBE/2023
                                          SS/NSS

6.4      Gee TWEE redes waarom die kragslae van 'n enjin gewoonlik met gelyke
         intervalle uitmekaar geplaas word.                                                  (2)

6.5      Noem DRIE metodes om die ontstekingsorde van 'n enjin vas te stel.                  (3)

6.6      Beantwoord die volgende vrae oor turboaanjaers:

         6.6.1       Verduidelik die term aanjaging.                                         (2)

         6.6.2       Noem die TWEE tipes turboaanjaers.                                      (2)

6.7      Beantwoord die volgende vrae oor superaanjaers:

         6.7.1       Gee TWEE redes waarom superaanjaers op enjins gemonteer
                     word.                                                                   (2)

         6.7.2       Noem TWEE meganiese aandrywingstelsels wat gebruik word om
                     superaanjaers te laat draai.                                            (2)

6.8      Waaruit bestaan 'n dubbel-aangejaagde geforseerde induksiestelsel?                  (2)

6.9      Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n dubbel-aangejaagde
         geforseerde induksiestelsel op 'n enjin.                                            (2)
                                                                                             [28]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             12                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer slagvolume van 'n binnebrandenjin.                                            (2)

7.2      Noem DRIE metodes wat gebruik kan word om die kompressieverhouding
         van 'n binnebrandenjin te verhoog.                                                      (3)

7.3      In 'n binnebrandenjin is die boordiameter 90 mm en die slaglengte
         100 mm. Die kompressieverhouding is 10,5 : 1.

         Bereken die volgende:

         7.3.1       Die slagvolume van 'n enkelsilinder in cm3                                  (3)

         7.3.2       Die oorspronklike vry volume van 'n enkelsilinder in cm3                    (3)

         7.3.3       Die nuwe boordiameter in mm indien die kompressieverhouding na
                     11 : 1 verhoog word. Die vry volume en slaglengte bly
                     onveranderd.                                                                (7)

7.4      Die volgende data verwys na 'n tweesilinder-tweeslagenjin wat deur 'n
         Pröny-rem getoets is:

         Enjinspoed gedurende die toets:     2 000 r/min
         Gemiddelde effektiewe druk:         900 kPa
         Boordiameter:                       84 mm
         Slaglengte:                         86 mm
         Remarmlengte:                       0,4 m
         Skaallesing:                        25 kg

         Bereken die volgende:

         7.4.1       Aangeduide drywing in kW                                                    (7)

         7.4.2       Remdrywing in kW                                                            (5)

         7.4.3       Meganiese doeltreffendheid                                                  (2)
                                                                                                 [32]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             13                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      TABEL 8.1 hieronder toon die resultate van die gasanalise van 'n
         binnebrandenjin. Voltooi TABEL 8.1 deur EEN oorsaak en EEN toepaslike
         regstellende maatreël vir ELKE gegewe oorsaak te gee.

         LET WEL:      Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
                       (8.1.1 tot 8.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 FOUTE (DEFEKTE)               MOONTLIKE            REGSTELLENDE
                                                OORSAKE              MAATREËLS
         Hoë suurstoflesing (O2)                   8.1.1                8.1.2
         Hoë koolwaterstoflesing (HC)              8.1.3                8.1.4
                                            TABEL 8.1                                           (4)

8.2      Verduidelik waarom die volgende prosedures tydens 'n kompressietoets op
         'n binnebrandenjin uitgevoer word:

         8.2.1       Verwyder die hoëspanningsleiding.                                          (1)

         8.2.2       Ontkoppel die brandstofinspuitingstelsel.                                  (1)

         8.2.3       Maak die luginlaatklep ten volle oop.                                      (1)

         8.2.4       Teken die lesings aan.                                                     (1)

8.3      Noem die oorsaak en regstellende maatreël vir die volgende resultate van 'n
         silinderlekkasietoets:

         8.3.1       Sisgeluid by die luginlaat                                                 (2)

         8.3.2       Sisgeluid by die oliepen/peilstok                                          (2)

8.4      Noem DRIE oorsake van 'n hoë oliedruklesing op 'n binnebrandenjin.                     (3)

8.5      'n Brandstofdruktoets word op 'n enjin uitgevoer.

         8.5.1       Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat vereis word voordat die
                     brandstofdruktoets uitgevoer kan word.                                     (2)

         8.5.2       Waar op die voertuig word die brandstofdruktoetser ingesit?                (1)

         8.5.3       Waarom mag die brandstofdruktoetser se rubberslang nie verweer
                     wees nie?                                                                  (1)

8.6      Noem VIER oorsake van drukverlies tydens 'n verkoelingstelseldruktoets.                (4)
                                                                                                [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              14                                         DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      'n Voertuig word met 'n outomatiese ratkas toegerus. Verduidelik hoe die
         volgende probleme opgelos word:

         9.1.1       Die voertuig moet vir 'n lang afstand gesleep word                             (1)

         9.1.2       Glip kom in die koppelomsitter voor                                            (1)

         9.1.3       Die outomatieseratkasolie oorverhit                                            (1)

         9.1.4       Rathefboomposisie      word     geselekteer   voordat    die      voertuig
                     aangeskakel word                                                               (1)

         9.1.5       Identifiseer die korrekte tipe olie om in die ratkas te gebruik                (1)

9.2      FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n koppelomsitter.

                                            FIGUUR 9.2

         Watter onderdele van die koppelomsitter word in VRAAG 9.2.1 tot 9.2.3
         hieronder beskryf?

         9.2.1       Die aandryflid wat deur die krukas aangedryf word                              (1)

         9.2.2       Dit is aan die ratkas se insetas gerib                                         (1)

         9.2.3       Dit verhoog die wringkrag onder lading                                         (1)

9.3      Watter onderdeel van die klepbuis is direk aan die rathefboom in 'n
         outomatiese transmissie gekoppel?                                                          (1)

9.4      Noem TWEE voordele van die episikliese ratstelsel in die transmissie van 'n
         voertuig.                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               15                                       DBE/2023
                                             SS/NSS

9.5      FIGUUR 9.5 hieronder toon die ratstelsel van 'n outomatiese ratkas.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                        Remband 2               Remband 1
                                                                  Annulus 1
                 Annulus 2

                                                                       Planeetdraer

                 Inset-as

                                                                           Uitset-as
                     Sonrat 2                                      Sonrat 1

                 Planeetrat 2                                    Planeetrat 1

                                             FIGUUR 9.5

         9.5.1         Identifiseer die ratstelsel in FIGUUR 9.5 hierbo.                              (1)

         9.5.2         Verduidelik, in die KORREKTE volgorde, hoe trurat in hierdie
                       ratstelsel verkry word. Gebruik die byskrifte in FIGUUR 9.5 om jou
                       met jou verduideliking te help.                                                (5)

9.6      Watter onderdeel sirkuleer die olie deur 'n outomatiese ratkas?                              (1)
                                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                  16                                DBE/2023
                                                SS/NSS

VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER                         (ASSE,   STUURGEOMETRIE           EN
          ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Noem TWEE eienskappe wat vir 'n goed ontwerpte stuurstelsel vereis word.                 (2)

10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n wielsporingshoek. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                                  VOOR

                                   C

                                                     D

                                            B            A
                                            FIGUUR 10.2

         10.2.1      Benoem A–C.                                                                  (3)

         10.2.2      Identifiseer hoek D.                                                         (1)

         10.2.3      Wat is die doel van wielsporingshoek D?                                      (2)

10.3     Wielhop en wielwaggel is simptome van ongebalanseerde wiele.

         Beantwoord die vrae hieronder.

         10.3.1      Teken 'n netjiese benoemde skets om wielhop te toon.                         (2)

         10.3.2      Teken 'n netjiese benoemde skets om wielwaggel te toon.                      (2)

         10.3.3      Verduidelik die verskil tussen wielwaggel en wielhop.                        (2)

10.4     Noem TWEE materiale wat gebruik word om die monoliet in 'n katalitiese
         omsetter te bedek.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           17                                    DBE/2023
                                         SS/NSS

10.5     Noem TWEE funksies van ELK van die volgende sensors:

         10.5.1      Lambda                                                                 (2)

         10.5.2      TPS                                                                    (2)

         10.5.3      MAF                                                                    (2)

10.6     Verduidelik kortliks die werking van die direkte inspuiting met gemeenskaplike
         brandstofleidingstelsel (IGBL).                                                    (3)

10.7     Verduidelik hoe stroom in 'n alternator opgewek word.                              (3)

10.8     Noem TWEE toetse wat op 'n alternatorstator uitgevoer word deur 'n
         multimeter te gebruik.                                                             (2)

10.9     Noem TWEE posisies waar 'n elektriese brandstofpomp in 'n moderne
         motorvoertuig geplaas word.                                                        (2)
                                                                                            [32]

                                                                             TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               1                          DBE/2023
                                            SS/NSS

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

   1.         F=m×a

              Waar:
                      m = Massa
                      a = Versnelling

   2.         Arbeid verrig = Krag × Verplasing         OF   W=F×s

                          Krag  Verplasing                       Fs
   3.         Drywing =                                 OF   P
                                Tyd                                t

   4.         Wringkrag = Krag × Radius                 OF   T=F×r

   5.         AD = P × L × A × N × n

              Waar:
                     AD = Aangeduide drywing
                      P = Gemiddelde effektiewe druk
                      L = Slaglengte
                      A = Area van suier
                      N = Aantal kragslae per sekonde
                      n = Aantal silinders

   6.         RD = 2πNT

              Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag

   7.          Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R

              Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag
                      R = Remarmlengte

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                2                      DBE/2023
                                             SS/NSS

                                             RD
   8.         Meganiese doeltreffendheid =       100%
                                             AD

                                         SV  VV
   9.         Kompressieverhouding =
                                           VV

              Waar:
                      SV = Slagvolume
                      VV = Vry volume

                       πD 2
   10.        SV =          L
                        4

              Waar:
                      D = Boordiameter
                      L = Slaglengte

                       SV
   11.        VV =
                      KV - 1

                                   Produk van tande op gedrewe ratte
   12.        Ratverhouding =
                                     Produk van tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May-June 2023 (Fitting & Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-fitting-machining-afr/13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-welding-metalwork-eng/c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
