# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-fitting-machining-afr/13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-fitting-machining-afr/13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

                                        2023

                                                                        PUNTE: 200

                                                                          TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 6 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     2                                     DBE/2023
                                               SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare             wetenskaplike   sakrekenaars       en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                           TYD
  VRAAG                              INHOUD                             PUNT
                                                                                        IN MINUTE
                                  GENERIES
      1         Meervoudigekeuse-vrae                                     6                    6
      2         Veiligheid                                               10                   10
      3         Materiaal                                                14                   14
                                  SPESIFIEK
      4         Meervoudigekeuse-vrae                                    14                   10
      5         Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)                 18                   20
      6         Terminologie (Indeksering)                               28                   25
      7         Gereedskap en Toerusting                                 13                   10
      8         Kragte                                                   33                   33
      9         Instandhouding                                           18                   12
      10        Hegtingsmetodes                                          18                   12
      11        Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels)                  28                   28
                                                      TOTAAL             200                 180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      3                              DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.
1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsvoorsorgmaatreëls is op die
         bankslypmasjien van toepassing?
         A     Olie die oppervlak van die masjien.
         B     Verwyder alle skerms wanneer geslyp word.
         C     Dra 'n veiligheidsbril wanneer geslyp word.
         D     Maak seker dat die masjien aan is.                                              (1)
1.2      Wat word in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid in verband met
         MIV/Vigs-bewusmaking genoem?
         A     Alle werkgewers moet seker maak dat die werkplek veilig is en dat
               werknemers nie aan die risiko blootgestel word om met MIV besmet te
               word nie.
         B     Dit vervat nie algemene riglyne vir hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde in die werkplek op persone met MIV moet reageer nie.
         C     Werkgewers mag 'n werknemer vanweë sy/haar MIV-status in rang
               verlaag of bevorder.
         D     Werkgewers kan 'n persoon met MIV eenvoudig afdank.                             (1)
1.3      Watter EEN van die volgende prosedures is toepaslik wanneer basiese
         mediese behandeling toegepas word?
         A     Ondersoek die beseerde persoon.
         B     Verwyder die voorwerp uit die wond.
         C     Gebruik 'n olierige vloeistof of room op 'n brandwond.
         D     Bel die versekeringsmaatskappy.                                                 (1)
1.4      Waarom word staal gedurende hittebehandelings stadig tot 'n sekere
         temperatuur verhit? Om te verseker dat ...
         A     hoë hitte behaal word.
         B     die kamertemperatuur korrek is.
         C     dieselfde temperatuur gehandhaaf word.
         D     die veiligheidsprosedure korrek is.                                             (1)
1.5      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van dopverharding?
         A     Braaipanne
         B     Ratte
         C     Wielvellings
         D     Beitels                                                                         (1)
1.6      Wat word met die term blustempo gedurende hittebehandeling bedoel?
         A     Afkoeltempo
         B     Verhittingstempo
         C     Temperingstempo
         D     Verhardingstempo                                                                (1)
                                                                                               [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      4                                 DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Aan watter veiligheidsvoorsorgmaatreël moet voldoen word nadat die werk op
         enige masjien voltooi is?                                                              (1)

2.2      Gee TWEE redes waarom die afstand tussen die gereedskapsrus en die
         slypwiel op 'n bankslypmasjien nie groter as 3 mm mag wees nie.                        (2)

2.3      Identifiseer die werkswinkeluitlegte in FIGUUR 2.3.1 en 2.3.2 hieronder.

         2.3.1

                                                   FIGUUR 2.3.1                                 (1)

         2.3.2

                                                   FIGUUR 2.3.2                                 (1)

2.4      Noem EEN tipe persoonlike beveiligingstoerusting wat gedra moet word
         wanneer met 'n hidrouliese pers gewerk word.                                           (1)

2.5      Noem EEN funksie van die veiligheidskerm op 'n draagbare hoekslyper.                   (1)

2.6      Noem EEN veiligheidsvoorsorgmaatreël, behalwe omgewingsveiligheid,
         waaraan voldoen moet word wanneer 'n knipmasjien/guillotine gebruik word.              (1)

2.7      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         wanneer gassilinders gestoor word.                                                     (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      5                                  DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Waarom word tempering van staal na verharding uitgevoer?                                  (2)

3.2      Gee EEN rede vir ELK van die volgende hittebehandelingsprosesse op staal:

         3.2.1       Dopverharding                                                                 (2)

         3.2.2       Uitgloeiing                                                                   (2)

3.3      Verduidelik hoe om 'n vonktoets uit te voer om die tipe staal te identifiseer.            (2)

3.4      Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer:

         3.4.1       Vyltoets                                                                      (2)

         3.4.2       Buigtoets                                                                     (2)

3.5      Watter geluid maak die volgende materiaal wanneer 'n klanktoets uitgevoer
         word?

         3.5.1       Laekoolstofstaal (LKS)                                                        (1)

         3.5.2       Hoëkoolstofstaal (HKS)                                                        (1)
                                                                                                   [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      6                              DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Waarvoor word die senterdraaibankkomponent in FIGUUR 4.1 hieronder
         gebruik? Dit ondersteun ...

                                               FIGUUR 4.1

         A     senterboorwerk.
         B     die werkstuk op die draaibank.
         C     die opstel van die sentermaat.
         D     die dooie/vaste senter.                                                         (1)

4.2      Watter EEN van die volgende freessnyers kan gebruik word om 'n spygleuf
         'n sekere afstand vanaf die as-eindpunt af te sny?

         A     Heliese snyer
         B     Groefsnyer
         C     Skulpfreessnyer
         D     Roterende freessnyer                                                            (1)

4.3      Die grootte van die sentrifugale krag hang af van die ....

         A     massa van die roterende element.
         B     mate waartoe die massa hart op hart is.
         C     hoeveelheid remkrag wat op die werkstuk toegepas word.
         D     spesifieke masjien wat gebruik word.                                            (1)

4.4      Waarvoor staan die afkorting RNB ('CNC')?

         A     Rekenaar-naambeheerde
         B     Rekenaar-negatiefbeheerde
         C     Rekenaar-neutraalbeheerde
         D     Rekenaar-numeriesbeheerde                                                       (1)

4.5      Identifiseer die presisiegereedskapstuk wat gebruik word om die lengte van 'n
         silinder te meet:

         A     Buitemikrometer
         B     Binnemikrometer
         C     Dieptemikrometer
         D     Skroefdraadmikrometer                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      7                               DBE/2023
                                               SS/NSS

4.6      Identifiseer die tipe hardheidstoetser in FIGUUR 4.6 hieronder.

                                               FIGUUR 4.6

         A     Pascal-hardheidstoetser
         B     Trekhardheidstoetser
         C     Brinell-hardheidstoetser
         D     Momenthardheidstoetser                                                           (1)

4.7      Wat is die definisie van ekwilibrant/ewewigskrag?

         A     'n Ekwilibrant het dieselfde omvang as 'n resultant en werk op dieselfde
               aksielyn, maar in die teenoorgestelde rigting.
         B     'n Ekwilibrant het 'n ander omvang as 'n resultant en werk op 'n ander
               aksielyn, maar in die teenoorgestelde rigting.
         C     'n Ekwilibrant het dieselfde omvang as 'n resultant en werk op 'n ander
               aksielyn, maar in dieselfde rigting.
         D     'n Ekwilibrant het 'n ander omvang as 'n resultant en werk op dieselfde
               aksielyn, maar in die teenoorgestelde rigting.                                   (1)

4.8      Hoe word Young se modulus gedefinieer?

         A     Dit is die verhouding tussen die hardheid en die vervorming op die
               oppervlak van 'n metaal, mits die elastisiteitsperk nie oorskry word nie.
         B     Dit is die verhouding tussen die spanning en die vervorming in 'n metaal,
               mits die elastisiteitsperk nie oorskry word nie.
         C     Dit is die verhouding tussen die spanning en die las op 'n metaal, mits
               die elastisiteitsperk nie oorskry word nie.
         D     Dit is die verhouding tussen die krag en die vervorming buite 'n metaal,
               mits die elastisiteitsperk nie oorskry word nie.                                 (1)

4.9      Watter EEN van die volgende is 'n toepassing van Vesconite?

         A     Kunsmatige leer
         B     Laers en busse
         C     Vensterpanele
         D     Dakpanele                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      8                                 DBE/2023
                                               SS/NSS

4.10     Hoe word polivinielchloried (PVC) gelas?

         A     Boogsweising
         B     Lugblaser
         C     Sweissoldeer
         D     Hegmiddel

4.11     Hoekom word die kruin en die wortel van metrieke V-skroefdrade gerond?

         A     Vir veiligheidsredes
         B     Om die skroefdraad te versterk
         C     Om gladde beweging toe te laat
         D     Om oordraaddraai ('strip') te voorkom                                              (1)

4.12     Wat is die ingeslote hoek van 'n metrieke V-skroefdraad?

         A     60°
         B     30°
         C     55°
         D     29°                                                                                (1)

4.13     Hoe kan wringkrag beskryf word? Dit is die ...-effek van 'n krag.

         A     draai
         B     kompressie
         C     trek
         D     druk                                                                               (1)

4.14     Identifiseer die hidrouliese simbool in FIGUUR 4.14 hieronder.

                                               FIGUUR 4.14

         A     Hidrouliese pomp
         B     Hidrouliese filter
         C     Hidrouliese motor
         D     Hidrouliese reservoir                                                              (1)
                                                                                                  [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      9                                DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n skroefdraadsnywyserplaat wat op 'n draaibank
         voorkom. Benoem dele A–C.

                               B

                        A

                                                                     C

                                                   FIGUUR 5.1                                    (3)

5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n diagram van 'n taps met 'n ingeslote hoek van
         11° wat tussen twee senters gemasjineer moet word.

                                                    11°         45
                                                                65

                                               L

                                                   FIGUUR 5.2

         Bereken die volgende:

         5.2.1       Die lengte van die taps                                                     (4)

         5.2.2       Die oorstelling van die loskop wat vereis word om die taps te sny           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     10                         DBE/2023
                                               SS/NSS

5.3      'n Parallelspy wat vir 'n 70 mm diameter as geskik is, word in 'n
         vurkhyser-ratkas benodig.

         Bereken die volgende spy-afmetings:

         5.3.1       Wydte                                                                (2)

         5.3.2       Dikte                                                                (2)

         5.3.3       Lengte                                                               (2)

5.4      Bereken die gemiddelde diameter van 'n tweevoudige vierkant-skroefdraad
         wat 'n buitediameter van 38 mm en 'n styging van 4 mm het.                       (2)
                                                                                          [18]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     11                                    DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)
6.1      Willy is 'n masjienoperateur en is versoek om 'n regguittandrat met 'n
         steeksirkeldiameter van 120 mm en 'n module van 3 te sny.
         Bereken die volgende:
         6.1.1       Aantal tande                                                                  (3)
         6.1.2       Dedendum                                                                      (2)
         6.1.3       Buitediameter                                                                 (2)
         6.1.4       Sirkelsteek                                                                   (2)
6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n eksterne swaelstert wat vir 'n saamgestelde
         beitelslee van 'n draaibank vervaardig moet word.

                     y                           w                    y

                 D       E

                                                                                    h = 32
                 θ       B
                                                                          θ
                                   10
                                   .2.
                                   4
                                   12                       10
                 A       C
                     x   10                    112,32            10   x
                                               166,96

                                               FIGUUR 6.2
         Bereken die volgende:
         6.2.1       Die hoek θ                                                                    (6)

         6.2.2       Minimum wydte (w) afstand van die swaelstert                                  (6)
6.3      Dinnesh moet 'n regguittandrat met 137 tande vir 'n ingenieurskliënt frees. Die
         verdeelkop wat hy gebruik, het 'n verhouding van 40 : 1.
         WENK: Gebruik A = 140 verdelings vir die eenvoudige indeksering.
         Bereken die volgende:
         6.3.1       Die indeksering wat benodig word                                              (3)
         6.3.2       Die wisselratte wat vereis word                                               (4)
                                                                                                   [28]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     12                            DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
7.1      Noem die verskillende tipes induikers wat by die volgende hardheidstoetsers
         gebruik word:
         7.1.1       Rockwell-hardheidstoetser                                               (1)

         7.1.2       Brinell-hardheidstoetser                                                (1)
7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n Rockwell-hardheidstoetser. Benoem A–D.

                                 A

                                 B

                                                             D
                                 C

                                               FIGUUR 7.2                                    (4)
7.3      Wat word deur die volgende in 'n M10 x 1,25-skroefdraad verteenwoordig?
         7.3.1       M                                                                       (1)
         7.3.2       10                                                                      (1)
         7.3.3       1,25                                                                    (1)
7.4      FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n skroefdraadmikrometer. Benoem A–D.

                                 A

                                       B

                                                        C                 D

                                               FIGUUUR 7.4                                   (4)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     13                             DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

8.1      FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van kragte met drie trekkragte en een
         drukkrag wat op dieselfde punt inwerk.

                                                40 N

                                      25 N

                                       70º
                                                               55 N

                                         60º
                            120 N

                                               FIGURE 8.1

         WENK:       Om jou te help, teken en voltooi die kragtediagram wat in FIGUUR
                     8.1 getoon word. Toon AL die horisontale (HK) en vertikale
                     komponente (VK) voordat jy die berekeninge doen.

         Bereken die volgende:

         8.1.1       Die som van die horisontale komponente                                   (4)

         8.1.2       Die som van die vertikale komponente                                     (4)

         8.1.3       Die grootte van die resultant                                            (2)

         8.1.4       Die hoek van die resultant                                               (2)

         8.1.5       Die rigting van die resultant                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     14                            DBE/2023
                                               SS/NSS

8.2      FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
         steunpunte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntlaste en een
         eenvormig verspreide las (EVL) word op die balk uitgeoefen.

            75 N                                                                   60 N
                                                              10 N/m (EVL)

                           3m                               9m

                                          A                                          B

                                               FIGUUR 8.2

         Bereken die volgende:

         8.2.1       Die puntbelasting wat die eenvormig verspreide las (EVL)
                     verteenwoordig                                                          (1)

         8.2.2       Die grootte van die reaksiekrag by A                                    (4)

         8.2.3       Die grootte van die reaksiekrag by B                                    (5)

8.3      'n Las van 45 kN veroorsaak 'n drukspanning van 9 MPa in 'n vierkantige
         geelkoperstaaf. Die verandering in lengte wat deur die krag in die
         vierkantstaaf veroorsaak word, is 0,15 mm en Young se modulus vir
         geelkoper is 90 GPa.

         Bereken die volgende:

         8.3.1       Die sylengte van die weerstandsoppervlakte in mm                        (4)

         8.3.2       Die vervorming                                                          (3)

         8.3.3       Die oorspronklike lengte in mm                                          (3)
                                                                                             [33]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     15                               DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

9.1      Hoekom is dit nodig om instandhouding op 'n bedryfstelsel uit te voer?                (2)

9.2      Noem DRIE verskillende tipes bande wat in bandaandrywingstelsels gebruik
         word.                                                                                 (3)

9.3      Noem DRIE voorkomende instandhoudingsprosedures om te verseker dat
         kettingaandrywings behoorlik werk.                                                    (3)

9.4      Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende samestellings:

         9.4.1       Nylon                                                                     (2)

         9.4.2       Veselglas                                                                 (2)

         9.4.3       PVC                                                                       (2)

9.5      Noem EEN gebruik van ELK van die volgende samestellings:

         9.5.1       Bakeliet                                                                  (1)

         9.5.2       Koolstofvesel                                                             (1)

         9.5.3       Nylon                                                                     (1)

9.6      Is Vesconite betroubaar wanneer dit as 'n bus in 'n aandrywingstelsel gebruik
         word?                                                                                 (1)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     16                             DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

10.1     Bianca moet 'n tweevoudige vierkantige skroefdraadstaaf vervaardig.
         Die styging van die vierkantige skroefdraad is 46 mm en die kruindiameter is
         85 mm. Die vryloophoek op die snybeitel moet 3° wees.

         Bereken die volgende:

         10.1.1      Steekdiameter                                                            (5)

         10.1.2      Helikshoek                                                               (3)

         10.1.3      Ingryphoek                                                               (2)

         10.1.4      Sleephoek                                                                (2)

10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n vierkantige skroefdraad. Benoem A–D.

                                                         C

                       A B

                                                         Snybeitel
                                                    D
                                               FIGUUR 10.2                                    (4)

10.3     Verduidelik hoe die sye van snybeitels geslyp moet word om 'n vierkantige
         skroefdraad te sny.                                                                  (2)
                                                                                              [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     17                                 DBE/2023
                                               SS/NSS

VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)

11.1     FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese pers. 'n Krag van 85 N werk op die
         plunjer wat 90 mm beweeg. Die oppervlakte van die plunjer is 0,25 m² en die
         oppervlakte van die ram is 2,1 m².

                           85 N                                     F=?

                                  PLUNJER
                90 mm                                                         L=?
                                                               RAM

                           'A'                                        'B'

                                            VLOEISTOF
                                            F

                                               FIGUUR 11.1

         Bereken die volgende:

         11.1.1         Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel in Pa                        (2)

         11.1.2         Die ram se verplasing in mm (L)                                           (3)

         11.1.3         Die krag wat deur die ram uitgeoefen word                                 (3)

11.2     Noem TWEE tipes hidrouliese pompe.                                                       (2)

11.3     Identifiseer die tipe hidrouliese klep in FIGUUR 11.3 hieronder.

                                               FIGUUR 11.3                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     18                               DBE/2023
                                               SS/NSS

11.4     FIGUUR 11.4 hieronder toon 'n V-bandaandryfstelsel vir 'n kompressor. Die
         dryfkatrol van die bandaandryfstelsel roteer teen 2 700 r/min en het 'n
         diameter van 210 mm. Die kompressor-as moet teen 1 000 r/min roteer.

            NDN = 1 000 r/min
            DDN = ? mm

                                                               NDR = 2 700 r/min
                                                               DDR = 210 mm

                Kompressor

                                                                     Motor

                                               FIGUUR 11.4

         Bereken die volgende:

         11.4.1      Die diameter van die gedrewe/kompressorkatrol in mm                        (3)

         11.4.2      Die drywing oorgedra, in kW, as die effektiewe krag in die band
                     400 N is                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     19                                DBE/2023
                                                SS/NSS

11.5     FIGUUR 11.5 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel op die as van 'n
         elektriese motor.

                  NA =? r/min

                     TA = 40

                                                   TC = 18        ND = 800 r/min
                                                                   Uitsetas
                   Elektriese
                   motor

                      Tussenas                 TB = 22

                                                             TD = 40

                                               FIGUUR 11.5

         Bereken die volgende:

         11.5.1        Die rotasiefrekwensie van die elektriese motor in r/s indien die
                       uitsetas teen 800 r/min roteer                                         (4)

         11.5.2        Die spoedverhouding                                                    (3)

11.6     Die uitsetas van 'n kettingaandrywing roteer teen 5 r/s. Bereken die wringkrag
         indien die aandrywing 11 kW drywing oordra.                                          (3)
                                                                                              [28]

                                                                             TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering            1                          DBE/2023
                                                     SS/NSS

                      FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                             PASWERK EN MASJINERING

1.     BANDAANDRYWINGS

                       πDN
1.1    Bandspoed =
                        60

                      π D  t  N
1.2    Bandspoed =                          (t = banddikte)
                           60

1.3    Bandmassa = Area ×Lengte × Digtheid            (A = dikte × wydte)

                                   Diameter van gedrewe katrol
1.4     Spoedverhouding =
                                     Diameter van dryfkatrol

1.5    Bandlengte (plat) = [(D + d) × 1,57] + (2 × senterafstand)

                       π D  d  D  d 
                                                 2
1.6    Oopbandlengte =                     2c
                           2         4c

                                   π D  d  D  d 
                                                         2

1.7    Gekruiste-bandlengte =                          2c
                                       2         4c

1.8    Drywing (P) =
                        T1  T2  π D N
                              60
       Waar:
               T1 = krag in die stywe kant
               T2 = krag in die slap kant
               T1 – T2 = effektiewe trekkrag (Te)

                                                       T1
1.9    Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                       T2

                              T1
1.10   Wydte =
                     Toelaatbare trekkrag

1.11   NDR × DDR = NGD × DGD

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering            2                                  DBE/2023
                                                     SS/NSS

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

             πd2
2.1    Aas 
              4

2.2    Apyp 
                  
              π D2  d 2      
                  4

                                    Maksimum spanning/Breekspanning
2.3    Veiligheidsfaktor =
                                          Veilige werkspanning

                      Krag                                                    F
2.4    Spanning =                                                  OF    σ
                      Area                                                    A

                             Verandering in lengte                            ΔL
2.5    Vervorming =
                             Oorspronklike lengte
                                                                    OF   ε
                                                                              oL

                                    Spanning                                  σ
2.6   Young se modulus =                                            OF   E
                                   Vervorming                                 ε

3.     HIDROULIKA

                 Krag                                          F
3.1    Druk                                     OF       P
                 Area                                          A

3.2    Volume = Area × Slaglengte             (l of s)

3.3    Arbeid verrig = Krag × Afstand

3.4    PA = PB

       FA  F
3.5        B
       AA  AB

4.     RATAANDRYWING

                        2π N T
4.1    Drywing (P) =
                          60

4.2                               Produk van tande op gedrewe rat                                Ninset
       Ratverhouding =                                                   OF Spoedverhouding =
                                    Produk van tande op dryfrat                                  Nuitset

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering        3                                       DBE/2023
                                                 SS/NSS

        Ninset            Produk van tande op gedrewe rat
4.3               =
        Nuitset             Produk van tande op dryfrat

4.4    NA × TA = NB × TB

4.5    Wringkrag = Krag × Radius

4.6    Wringkrag oorgedra = Ratverhouding × Insetwringkrag

                       Steeksirkeldiameter                         SSD
4.7    Module =                                         OF m =
                          Aantal tande                              T

                                   Sirkelsteek × Aantal tande
4.8    Steeksirkeldiameter =
                                                π

                                                OF
                                                     SS  T
                                             SSD =
                                                        π

4.9    Buitediameter (BD) = SSD + 2(m)

4.10    Addendum = Module               OF                a=m

4.11   Dedendum (b) = 1,157 × m         OF                Dedendum (b) = 1,25 × m

4.12   Snydiepte (h) = 2,157 × m        OF                Snydiepte (h) = 2,25 × m

4.13   Vryruimte (c) = 0,157 × m        OF                Vryruimte (c) = 0,25 × m

4.14   Sirkelsteek (SS) = m × π

4.15   Werkdiepte (WD) = 2 × m          OF              Werkdiepte (WD) = 2 × a

5.     KATROLLE

5.1    NDR × DDR = NGD × DGD

                       2π N T
5.2    Drywing (P) =
                         60

5.3                                 Diameter van gedrewe katrol
       Snelheidsverhouding =
                                      Diameter van dryfkatrol

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering             4                                          DBE/2023
                                                      SS/NSS

6.     SPYGLEUWE

                         D
6.1    Wydte (W) =
                         4

                     D
6.2    Dikte (T)=
                     6

6.3    Lengte (L) = 1,5 × D
       Waar:
            D = Diameter van as

6.4    Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

7.     CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN

                                                      Gatsirkels
       Kant 1         24      25       28        30       34        37   38    39     41       42      43
       Kant 2         46      47       49        51       53        54   57    58     59       62      66
                                                      Wisselratte
      Ratte         24 × 2    28       32        40       44        48   56    64     72       86     100

                         40
7.1    Indeksering =                 (n = aantal indelings)
                         n

        Dr A  n 40
                                                                    A  n 
                                                               Dr              40
7.2                                       OF
        Gd   A    1                                            Gd              A
       Waar:
          A = gekose aantal indelings
          n = werklike aantal indelings

8.     SWAELSTERTE
         Waar:
                R = Radius van presisieroller
                y = Afstand vanaf boonste rand van swaelstert in verhouding met onderste hoek
                    van swaelstert
                x = Afstand vanaf middel van presisieroller tot onderste hoek van swaelstert
                θ = Ingeslote hoek van swaelstert (gewoonlik 60°)
                h = Hoogte van swaelstert
                w = Minimum wydte van swaelstert
                W = Maksimum wydte van swaelstert
                m = Afstand tussen rollers
                M = Afstand oor rollers

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering         5                                           DBE/2023
                                                  SS/NSS

9.     TAPSE

             θ D-d
9.1    tan    =                (l = Tapslengte)
             2 2l

                               L D - d 
9.2    Loskopoorstelling =                        (L = Afstand tussen senters)
                                  2l

10.    SKROEFDRADE

                                                                                             P
10.1   Gemiddelde diameter = Buitediameter – (½ × Steek)           OF            Dm  BD 
                                                                                             2

10.2   Effektiewe diameter (Deff) = Steekdiameter (Dp) = Gemiddelde diameter (Dm)

10.3   Styging = Steek × Aantal beginne

10.4   Hoogte van skroefdraad = 0,866 × Steek (P)

10.5   Diepte van skroefdraad = 0,613 × Steek (P)

                               Styging
10.6   Helikshoek: Tan θ =
                               π  Dm

10.7   Ingryphoek/Voorsnyhoek = 90° ‒ (Helikshoek + Vryloophoek)

10.8   Sleephoek/Nasnyhoek = 90° + (Helikshoek – Vryloophoek)

10.9   DP = DN – (0,866 × P)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      6     DBE/2023
                                               SS/NSS

11.    PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                               r
          y

                           x

                 y
11.1   Sin θ 
                 r

                 x
11.2   Cos θ 
                 r

                     y
11.3   Tan θ 
                     x

11.4   r 2  x2  y2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May-June 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-welding-metalwork-eng/c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
