# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2014-afr/a9794992-7b7c-4821-9641-d2e133ee666f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2014-afr/a9794992-7b7c-4821-9641-d2e133ee666f)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          MEGANIESE TEGNOLOGIE

                                NOVEMBER 2014

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                          DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die
         ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

3.       Beantwoord AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare/wetenskaplike sakrekenaar en teken-/
         wiskundige instrumente gebruik.

8.       Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.

9.       Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

11.      'n Formuleblad verskyn aan die einde van die vraestel.

12.      Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.

         VRAAG                    INHOUD                 PUNTE              TYD
            1          Meervoudigekeuse-vrae               20             15 minute
            2          Veiligheid                          10             10 minute
            3          Gereedskap en Toerusting            12             10 minute
            4          Materiale                           13             10 minute
            5          Terminologie                        30             20 minute
            6          Hegtingsmetodes                     25             25 minute
            7          Kragte                              30             30 minute
            8          Instandhouding                      15             15 minute
            9          Stelsels en Beheer                  25             25 minute
           10          Turbines                            20             20minute
                                          TOTAAL          200            180 minute

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        3                          DBE/November 2014
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 A.

1.1      Watter veiligheidmaatreël is van toepassing op die freesmasjien in terme van
         die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)?

         A     Skerms kan verwyder word terwyl materiaal gesny word.
         B     Moenie moersleutels of sleutels op roterende dele van 'n masjien
               los nie.
         C     Maak seker dat die wyserplaat op die dwarsslee op '0' gestel is.
         D     Gebruik die tafel van die freesmasjien as 'n aambeeld.                         (1)

1.2      Watter EEN van die volgende veiligheidmaatreëls is van toepassing op die
         silinderlekkasietoetser?

         A     Gebruik water om stof om die vonkprop te verwyder.
         B     Verseker dat die hoogspanningsleiding na die vonkproppe gekoppel is.
         C     Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie.
         D     Oorskry die voorgeskrewe druk in die silinder.                                 (1)

1.3       Wat is die funksie van 'n gasanalisator?

         A     Analiseer inlaatgasse
         B     Analiseer oliegasse
         C     Analiseer brandstofgasse
         D     Analiseer uitlaatgasse                                                         (1)

1.4      Watter eienskap van materiaal word met 'n Brinell-toetser getoets?

         A     Treksterkte
         B     Elastisiteit
         C     Hardheid
         D     Brosheid                                                                       (1)

1.5      Hoe beïnvloed hoë koolstofinhoud die kwaliteit van koolstofstaal?

         A     Maak dit taai
         B     Maak slegs die oppervlak sag
         C     Maak dit maklik om te sweis
         D     Maak dit smeebaar                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         4                         DBE/November 2014
                                            NSS

1.6       Watter EEN van die volgende is 'n eienskap van perliet?

          A    Dit is rekbaar
          B    Dit is elasties
          C    Dit is smeebaar
          D    Dit raak bros                                                                  (1)

1.7       Identifiseer die tipe freesproses wat in FIGUUR 1.1 hieronder getoon word.

                                           SNYERS

                                       WERKSTUK

                                       FIGUUR 1.1

          A    Vlakfreeswerk
          B    Groepfreeswerk
          C    Syfreeswerk
          D    Koppelfreeswerk                                                                (1)

1.8      Watter EEN van die volgende stellings definieer die steek van 'n skroefdraad?

         A     Die afstand vanaf een kruinpunt van 'n skroefdraad na die volgende
               ooreenstemmende kruinpunt op die skroefdraad
         B     Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na 'n punt op
               die flank
         C     Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na die
               senterlyn
         D     Die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad na 'n punt met
               ooreenstemmende diepte                                                         (1)

1.9       Watter mengsel van trae afskermingsgasse word in die MIGS/MAGS-
          sweisproses gebruik?

         A     Argon en asetileen
         B     Argon en koolstofdioksied
         C     Argon en monoksied
         D     Argon en helium                                                                (1)

1.10     Watter EEN van die volgende sweislastoetsmetodes gebruik klankgolwe?

         A     X-straalinspeksie
         B     Vrybuigtoets
         C     Ultrasoniese toets
         D     Keepbreektoets                                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         5                        DBE/November 2014
                                            NSS

1.11     Bereken Young se elastisiteitsmodulus vir 'n metaal met 'n
         vormveranderingswaarde van 2 x 10-3 wat deur spanning van 6 MPa
         veroorsaak word:

         A      12 MPa
         B      3 MPa
         C      12 GPa
         D      3 GPa                                                                        (1)

1.12     Watter EEN van die volgende stellings beskryf Hooke se wet oor spanning in
         materiale?

         A     Vormverandering is omgekeerd eweredig aan die spanning wat dit
               veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie.
         B     Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit
               veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie.
         C     Vormverandering is omgekeerd eweredig aan die spanning wat dit
               veroorsaak, mits die elastisiteitsgrens oorskry word.
         D     Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak,
               mits die elastisiteitsgrens oorskry word.                                     (1)

1.13      Die balk in FIGUUR 1.2 hieronder verkeer in ewewig. Bereken die afstand
          tussen die steunpunt en die 9 kN-las.

             9 kN                                                            3 kN
                     ? mm                         600 mm

                                      FIGUUR 1.2

         A     300 mm
         B     200 mm
         C     150 mm
         D     600 mm                                                                        (1)

1.14      SAE 80-olie word vir … gebruik.

          A     ratkassmering
          B     enjinsmering
          C     outomatieseratkas-smering
          D     kragstuursmering                                                             (1)

1.15     Wat word onder die term viskositeit verstaan met verwysing na vloeistowwe?

         A     Meting van die weerstand teen kook
         B     Meting van die weerstand teen skuiming
         C     Meting van die weerstand teen stolling
         D     Meting van die weerstand teen vloei                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           6                        DBE/November 2014
                                              NSS

1.16     Watter EEN van volgende stellings beskryf Boyle se wet oor 'n gegewe
         massa gas?

         A     Die volume van die gas is omgekeerd eweredig aan die druk op die gas,
               indien die temperatuur konstant bly.
         B     Die volume van die gas is direk eweredig aan die druk op die gas, indien
               die temperatuur konstant bly.
         C     Die druk op die gas is direk eweredig aan die volume van die gas, indien
               die temperatuur konstant bly.
         D     Die volume van die gas is omgekeerd eweredig aan die druk op die gas,
               indien die temperatuur toeneem.                                                 (1)

1.17     'n Voordeel van 'n lugsakstelsel teenoor veiligheidsgordels in 'n motorvoertuig
         is dat lugsakke ...

         A     baie goedkoper is.
         B     nie deur passasiers geaktiveer hoef te word nie.
         C     ongelukke voorkom.
         D     die binnekant van die voertuig beskerm.                                         (1)

1.18      Traksiebeheer in 'n motorvoertuig dien die volgende doel:

          A    Brandstofverbruik neem toe
          B    Voorkom koppelaarglip
          C    Verminder enjinslytasie
          D    Verhoed wieltolling en -glip                                                    (1)

1.19     Watter metode word gebruik om 'n turbo-aanjaer aan te dryf?

          A    Kettingaandrywing
          B    Bandaandrywing
          C    Gasaandrywing
          D    Rataandrywing                                                                   (1)

1.20      Die DRIE fases van 'n gasturbine:

          A    Inlaatpoort, verkoeling, turbine
          B    Kompressie, ontbranding, stukrag
          C    Kompressie, inlaatpoort, turbine
          D    Verkoeling, inlaatpoort, kompressie                                             (1)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       7                          DBE/November 2014
                                          NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID

2.1       Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer
          gassilinders hanteer word.                                                         (3)

2.2       Waarom is dit noodsaaklik om 'n sweishelm/-skerm tydens boogsweising te
          gebruik?                                                                           (1)

2.3       Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word voordat jy op 'n
          senterdraaibank begin werk.                                                        (2)

2.4       Wanneer jy 'n gegewe taak op 'n freesmasjien voltooi het, watter
          veiligheidsaspekte moet jy in ag neem voordat jy die masjien verlaat?              (1)

2.5       Wat is die maksimum afstand wat die gereedskaprus vanaf die slypwiel van
          'n bankslypmasjien gestel behoort te word?                                         (1)

2.6       'n Gasanalisator word gebruik om die uitlaatgasse van 'n motorvoertuig te
          ontleed. Waarom is dit belangrik om seker te maak dat daar geen lekplekke
          in die uitlaatpyp of inlaatspruitstuk is nie?                                      (2)
                                                                                             [10]

VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING

3.1       Wanneer 'n droë kompressietoets op die eerste silinder van 'n vierslag-
          vonkontstekingenjin uitgevoer word, is die uitslag baie laag in vergelyking
          met die enjinspesifikasie. Noem TWEE moontlike oorsake van die lae
          kompressie in die eerste silinder.                                                 (2)

3.2      Die    meeste      sweismaatskappye     gebruik    meestal    MIGS/MAGS-
         sweistoerusting vir hulle sweiswerk.

         3.2.1         Gee TWEE redes waarom trae gas tydens MIGS/MAGS-sweising
                       gebruik word.                                                         (2)

         3.2.2         Noem TWEE voordele van MIGS/MAGS-sweising.                            (2)

3.3      Wanneer 'n silinderkop gemonteer word, moet die klepveer voor installering
         getoets word. Noem TWEE redes waarom die klepveer getoets moet word.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      8                         DBE/November 2014
                                         NSS

3.4       FIGUUR 3.1 toon 'n multimeter wat gebruik word om verskillende elektriese
          komponente en elektriese kringbane te toets. Benoem deel A–D.

                                                         A

                                                          B

                                                          C

                                                          D

                                        FIGUUR 3.1                                         (4)
                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                        9                          DBE/November 2014
                                                           NSS

VRAAG 4: MATERIALE

4.1       FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n yster-koolstof-ewewigsdiagram. Beantwoord
          die vrae wat volg.

                              1000
                                                                                             AC3

                               900        AC3
                                                                       E

           Temperatuur (°C)
                               800          C                                               D

                               720   AC1                                                          AC1
                               700

                               600               A                                      B

                                 0         0,2       0,4         0,6       0,8   1,0        1,2         1,4
                                                            % koolstofinhoud
                                                     FIGUUR 4.1

         4.1.1                  Benoem deel A–E.                                                              (5)

         4.1.2                  Wat stel die kritieke punt AC 1 voor?                                         (2)

4.2       Noem TWEE kenmerke van elk van die volgende mikroskopiese strukture:

         4.2.1                  Sementiet                                                                     (2)

         4.2.2                  Ferriet                                                                       (2)

4.3       Verduidelik die samestelling van ousteniet.                                                         (2)
                                                                                                              [13]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         10                       DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n skets van 'n metrieke V-skroefdraad.
         Benoem deel A–G.

                                               E

                                    D

          A     B      C                                     SENTERLYN

                                        G                F
                                            FIGUUR 5.1                                       (7)

  5.2    Identifiseer die freesproses wat in FIGUUR 5.2 hieronder getoon word.

                                            FIGUUR 5.2                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             11                        DBE/November 2014
                                                NSS

5.3      FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n skets van 'n spygleuf wat met 'n 12 mm wye
         freessnyer op 'n 48 mm diameter as gesny word. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                                                      D

                       C
                                                                      E

                       B

                       A

                                          FIGUUR 5.3

         5.3.1         Identifiseer die snyer wat gebruik word om die spygleuf te sny.             (1)

         5.3.2         Benoem deel A–E.                                                            (5)

         Bepaal met behulp van berekeninge:

         5.3.3         Die wydte van die spy                                                       (2)

         5.3.4         Die dikte van die spy                                                       (2)

         5.3.5         Die lengte van die spy                                                      (2)

         5.3.6         Die afstand tussen die winkelhaak en die kant van die freessnyer
                       wat na die winkelhaak toe wys                                               (3)

  5.4    Bereken die indeksering wat nodig is om 'n rat met 14 tande te sny.                       (4)

  5.5    Noem TWEE metodes               wat    gebruik   word   om   skroefdraad    op    'n
         senterdraaibank te sny.                                                                   (2)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       12                        DBE/November 2014
                                          NSS

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      Gee DRIE redes vir van elk van die volgende sweisdefekte:

         6.1.1         Poreusheid                                                            (3)

         6.1.2         Slakinsluiting                                                        (3)

6.2      Verduidelik die prosedure wat gevolg word tydens 'n keepbreektoets op 'n
         sweislas.                                                                           (5)

6.3      Verduidelik hoe 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas uitgevoer word
         om te bepaal of daar eksterne sweisdefekte is.                                      (5)

6.4      Noem TWEE voordele van nievernietigende toetse bo vernietigende toetse
         soos van toepassing op die toetsing van sweislasse.                                 (2)

6.5      FIGUUR 6.1 hieronder toon die MIG/MAGS-sweisproses. Benoem deel A–G.

                             D                             E

                             C                             F
                             B
                                                           G
                             A

                                        FIGUUR 6.1                                           (7)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            13                     DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 7: KRAGTE

7.1       Vier kragte van onderskeidelik 3 kN, 2,1 kN, 2,5 kN en 3,6 kN het dieselfde
          aangrypingspunt, soos in FIGUUR 7.1 hieronder getoon.

                                                   2,5 kN

                         2,1 kN

                                         90°
                                                  60°
                                                              3,6 kN

                                          3 kN
                                               FIGUUR 7.1

         Bepaal deur middel van berekeninge:

         (WENK: Teken die kragtediagram oor om die horisontale en vertikale
         komponent van elke krag aan te toon.)

         7.1.1         Die som van die horisontale komponente                                 (6)

         7.1.2         Die som van die vertikale komponente                                   (6)

7.2       'n Trekkrag van 50 kN word op 'n ronde staaf met 'n diameter van
          50 mm en 'n oorspronklike lengte van 3 m uitgeoefen.

         Bepaal met behulp van berekeninge:

         7.2.1         Die spanning in die materiaal                                          (4)

         7.2.2         Die vormverandering indien die finale lengte van die staaf
                       3,005 m is                                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 14                      DBE/November 2014
                                                    NSS

7.3       Wat stel punt A–E in FIGUUR 7.2 hieronder voor?

                                                          D

                                             AB C
                                                                   E

                                 SPANNING

                                            VORMVERANDERING
                                                FIGUUR 7.2                                          (5)

7.4       FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
          stutte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings word op die
          balk uitgeoefen, asook 'n eenvormig verspreide belasting van 100 N/m oor 'n
          lengte van 6 meter van die balk.

                       1 400 N                                2 500 N
                                             100 N/m

                     2m                       6m                        4m

                 A                                                                B
                                               FIGUUR 7.3

         Bepaal, deur berekeninge en die draaimoment-metode te gebruik, die grootte
         van die reaksies in stut A en B.                                                           (6)
                                                                                                    [30]

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1       Waar gebruik ons HD-olie (hoogdrukolie) ('EP oil')?                                       (1)

8.2       Waarvoor staan die volgende afkortings met verwysing na olie?

         8.2.1         SAE                                                                          (1)

         8.2.2         ATF                                                                          (1)

8.3       Noem TWEE eienskappe van ghries.                                                          (2)

8.4       Noem TWEE maniere om 'n V-bandaandrywing in stand te hou.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        15                           DBE/November 2014
                                           NSS

8.5       Gee DRIE redes vir koppelaarglip.                                                     (3)

8.6       Die eienaar van 'n ligte motorvoertuig ondervind 'n probleem met die
          koppelaar wat gly. Noem die komponente van die koppelaar wat vervang
          moet word om die probleem op te los.                                                  (3)

8.7      Noem die gevolg indien die viskositeit van enjinolie wat in 'n vierslagenjin
         gebruik word, te laag is.                                                              (2)
                                                                                                [15]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel op die as van 'n elektriese
         motor. Dryfrat A het 40 tande en kam in met rat B (56 tande) op 'n tussenas.
         Op hierdie tussenas is nog 'n dryfrat, C (28 tande), wat met 'n rat D (76 tande)
         op die uitsetas inkam.

                                                           D = 76T
                                    A = 40T

                                                                      Uitsetas
                 Elektriese motor
                                               Tussenas

                                                            C = 28T
                                    B = 56T
                                           FIGUUR 9.1

         Bepaal, deur middel van berekeninge, die rotasiefrekwensie van die elektriese
         motor indien die uitsetas teen 800 r/min moet roteer.                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            16                       DBE/November 2014
                                               NSS

9.2      'n Waterpomp moet teen 3 840 r/min vanaf 'n katrol met 'n diameter van
         160 mm, wat teen 'n spoed van 1 440 r/min roteer, aangedryf word. Die
         trekkrag in die stywe kant van die band is 320 N. Die verhouding tussen die
         trekkrag in die stywe kant tot die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1.

                        NDR = 1 440 r/min
                        DDR = 160 mm                        NDN = 3 840 r/min
                                                            DDN = ? mm
                                                       T2

                               DRYF-                            GEDREWE
                              KATROL                             KATROL

                                              T1 = 320 N

                                              FIGUUR 9.2

         Bepaal deur middel van berekeninge:

         9.2.1         Die diameter van die katrol wat op die waterpomp benodig word            (3)

         9.2.2         Die drywing oorgedra                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           17                          DBE/November 2014
                                              NSS

9.3      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om goedere op te lig wanneer dit in trokke
         gelaai word. Die spesifikasies van die stelsel word in FIGUUR 9.3 hieronder
         voorgestel.

                     Ø 30 mm
                                                                  Ø 130 mm
                        ?N

                                                                Las = 2 000 kg

                     Suier A

                                                                      Suier B

                                             FIGUUR 9.3

         Bepaal die volgende deur middel van berekeninge:

         9.3.1         Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer die stelsel in
                       ewewig is                                                                     (3)

         9.3.2         Die krag wat op suier A uitgeoefen moet word                                  (4)

9.4      Beskryf die werking van die enjinbeheerstelsel van 'n motorvoertuig.                        (4)

9.5      'n Sluitweerremstelsel ('ABS') werk doeltreffend onder sekere omstandighede.
         Noem hierdie omstandighede wanneer gerem word.                                              (2)
                                                                                                     [25]

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Wat is die funksie van 'n stoomturbine?                                                     (2)

10.2     Verduidelik die volgende drukaanjaer-terme:

         10.2.1        Aanjaagdruk                                                                   (2)

         10.2.2        Digtheidsverhouding                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              18                       DBE/November 2014
                                                 NSS

10.3     FIGUUR 10.1 hieronder toon 'n waterturbine wat 'n generator aandryf.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                        C

                        B

                                                                           D

                                                                           E

                        A

                                             F
                                          FIGUUR 10.1

         10.3.1        Identifiseer die tipe turbine wat in FIGUUR 10.1 getoon word.           (1)

         10.3.2        Benoem deel A–F.                                                        (6)

         10.3.3        Noem DRIE voordele van die turbine in FIGUUR 10.1 hierbo.               (3)

10.4     Wat is die doel van die morssluis ('waste gate') wat in 'n turbo-aanjaer gebruik
         word?                                                                                 (2)

10.5     Waarom word 'n turbo-aangejaagde enjin met 'n olieverkoeler toegerus?                 (2)
                                                                                               [20]

                                                                                TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                   1                              DBE/November 2014
                                                      NSS

            FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12

1.       BANDAANDRYWINGS

                                  πDN
         1.1    Bandspoed =
                                   60

                                  π ( D + t )× N
         1.2    Bandspoed =                      (t = banddikte)
                                        60

         1.3    Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid            (A = dikte × wydte)

                                         diameter van gedrewe katrol
         1.4    Spoedverhouding =
                                           diameter van dryfkatrol

         1.5    N 1 D1 = N 2 D2

                                     π( D + d ) ( D − d )2
         1.6    Oopbandlengte =                +           + 2c
                                         2          4c

                                            π( D + d ) ( D + d ) 2
         1.7    Gekruisteband lengte =                +            + 2c
                                                2          4c

                                    2π NT
         1.8    Drywing ( P ) =
                                     60

                                                                      T1
         1.9    Verhouding tussen die stywe kant en slap kant =
                                                                      T2

                                   (T1 − T2 ) π D N
         1.10   Drywing (P) =                               waar T1 = krag in die stywe kant
                                          60
                                                                 T2 = krag in die slap kant
                                                                 T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

                                    T1
         1.11 Wydte =
                           toelaatbare trekkrag

2.       WRYWINGKOPPELAARS
         2.1    Wringkrag ( T ) = µWnR
                      waar µ = wrywingskoëffisiënt
                             W = totale druk
                             n = getal wrywingsoppervlakke
                              R = effektiewe radius

                                    2π NT
         2.2    Drywing ( P ) =
                                     60

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 2                                   DBE/November 2014
                                                    NSS

3.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                                 krag                      F
         3.1   Spanning =                      of   (σ=      )
                              oppervlakte                  A

                                              verandering in lengte ( ΔL )
         3.2   Vormverandering ( ε ) =
                                               oorspronklike lengte ( L )

                                                 spanning                       σ
         3.3   Young se modulus ( E ) =                               of    (     )
                                              vormverandering                   ε

         3.4   Oppervlakteronde staaf =
                                          πD 2
                                               en Oppervlakteronde pyp =
                                                                                  (
                                                                         π D2 − d 2        )
                                           4                                 4

               Oppervlaktevierkantige staaf = L2    en   Oppervlaktevierkantige pyp = L2 − l 2

4.       HIDROULIKA

                                  krag ( F )
         4.1   Druk ( P ) =
                               oppervlakte ( A )

         4.2   Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s )

         4.3   Arbeid verrig = krag × afstand

                             πD 2
         4.4   Oppervlakte =
                              4

               F1 F2
         4.5     =
               A1 A2

5.       RATAANDRYWINGS

                                   2π NT
         5.1   Drywing ( P ) =
                                    60

                                     produk van die getal tande op gedrewe ratte
         5.2   Ratverhouding =
                                       produk van die getal tande op dryfratte

               N inset    produk van die getal tande op gedrewe ratte
         5.3            =
               N uitset     produk van die getal tande op dryfratte

         5.4   Wringkrag = krag × radius

         5.5   Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              3                               DBE/November 2014
                                                 NSS

                                  Steeksirkeldiameter ( SSD )
         5.6    Module ( m ) =
                                       Getal tande ( T )

         5.7    N 1T1 = N 2T2

                                                sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T )
         5.8    Steeksirkeldiameter ( SSD ) =
                                                                  π

         5.9    Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module

         5.10   Addendum ( a ) = module ( m )

         5.11   Dedendum ( b ) = 1,157 m                of      Dedendum ( b ) = 1,25 m

         5.12   Snydiepte ( h ) = 2,157 m               of      Snydiepte ( h ) = 2,25 m

         5.13 Vry ruimte ( c ) = 0,157 m                of      Vry ruimte ( c ) = 0,25 m

         5.14   Sirkelsteek ( SS ) = m × π

6.       KATROLAANDRYWINGS

         6.1    N 1 D1 = N 2 D2

                                   2π NT
         6.2    Drywing ( P ) =
                                    60

                                       diameter van gedrewe katrol
         6.3    Spoedverhouding =
                                         diameter van dryfkatrol

7.       SPYE

                                    diameter van as
         7.1    Wydte van spy =
                                           4

                                   diameter van as
         7.2    Dikte van spy =
                                          6

         7.3    Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         7.4    Tapsheid van spy = 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                4                           DBE/November 2014
                                                   NSS

8.       HEFBOME

                                                   las ( W )
         8.1     Meganiese voordeel ( MA ) =
                                                 hyskrag ( F )

         8.2     Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag

         8.3     Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las

                                                 insetbeweging
         8.4     Snelheidsverhouding ( VR ) =
                                                 uitsetbeweging

9.       SKROEFDRAAD

         9.1     Steekdiameter = buitediameter − ½ steek

         9.2     Steekomtrek = π × steekdiameter

         9.3     Styging = steek × getal beginne

         9.4     Hoogte van skroefdraad = 0,866 × steek (P)

         9.5     Diepte van skroefdraad = 0,613 × steek (P)

                                  hoogte
         9.6     Getal draaie =
                                  styging

10.      INDEKSERING

         CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR GATSIRKELS IN PLAAT

                                                   Gatsirkels
        Kant 1       24     25         28   30      34      37    38     39   41     42    43
        Kant 2       46     47         49   51      53      54    57     58   59     62    66

                                  40
         10.1    Indeksering =
                                   n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2014-eng/6fd6bda3-f27b-4f85-87a4-425a51c736bc) — Mechanical Technology · QP · 2014 · Eng
- [MECHANICAL TECH GR12 2014 QP EA](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-gr12-2014-qp-ea/2b966afa-cce9-4891-b211-c45cae6af742) — Mechanical Technology · QP · 2014
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
