# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2016-afr/2f376de6-22f9-4ba0-ae78-520d97f3ffae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2016-afr/2f376de6-22f9-4ba0-ae78-520d97f3ffae)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           MEGANIESE TEGNOLOGIE

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                             DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.

2.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat daarvoor op
         die ANTWOORDEBOEK verskaf is.

3.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.       Beantwoord AL die vrae.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond ALLE antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

8.       Kandidate mag nieprogrammeerbare,           wetenskaplike    sakrekenaars       en
         tekeninstrumente gebruik.

9.       Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s-2.

10.      Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

11.      'n Formuleblad vir jou gebruik is by hierdie vraestel aangeheg.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

13.      Gebruik die riglyne hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.

                                                                                TYD
           VRAAG                  INHOUD                   PUNTE
                                                                              (minute)
               1        Meervoudigekeuse-vrae                20                  15
               2        Veiligheid                           10                  10
               3        Gereedskap en Toerusting             12                  10
               4        Materiaal                            13                  10
               5        Terminologie                         30                  20
               6        Hegtingsmetodes                      25                  25
               7        Kragte                               30                  30
               8        Instandhouding                       15                  15
               9        Stelsels en Beheer                   25                  25
              10        Turbines                             20                  20
                                           TOTAAL            200                180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          3                           DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
die vraagnommer (1.1–1.20) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

VOORBEELD:

1.21         A            B           C            D

1.1      Aan watter veiligheidsmaatreël moet daar ten opsigte van die freesmasjien
         voldoen word, volgens die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
         (Wet 85 van 1993)?

         A       Moenie 'n moersleutel op roterende werk gebruik nie.
         B       Verwyder skerms terwyl materiaal gesny word.
         C       Maak seker die wiel is bygewerk.
         D       Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld.                                        (1)

1.2      Watter veiligheidsmaatreël is van toepassing op die hidrouliese pers volgens
         die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid?

         A       Moenie die veilige druklimiet oorskry nie.
         B       Werk teen 'n veilige spoed.
         C       Smeer die werkstuk voor dit op die pers gemonteer word.
         D       Gebruik die maksimum druk vir dikker materiaal.                                 (1)

1.3      'n Brinell-toetser word gebruik om 'n materiaal se … te toets.

         A       trekspanning
         B       elastisiteit
         C       hardheid
         D       brosheid                                                                        (1)

1.4      Watter EEN van die volgende stellings beskryf die funksie van die
         trektoetser?

         A       Bepaal die lengte van die materiaal
         B       Verander die lengte van die materiaal
         C       Bepaal die treksterkte van die materiaal
         D       Bepaal die trekverhouding van die materiaal                                     (1)

1.5      'n Ferrietstruktuur is …

         A       sterk en bros.
         B       sag en rekbaar.
         C       hard en bros.
         D       sag en bros.                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           4                     DBE/November 2016
                                              NSS

1.6      Die laer kritieke temperatuur vir koolstaal is …
         A     100 °C.
         B     950 °C.
         C     720 °C.
         D     610 °C.                                                                      (1)
1.7      Watter freesprosedure word in FIGUUR 1.1 getoon?

                                           FIGUUR 1.1
         A     Opfreeswerk
         B     Ratsnywerk
         C     Klimfreeswerk
         D     Sentrering van 'n freessnyer                                                 (1)
1.8      Wat is die ingeslote hoek van 'n metrieke V-skroefdraad?
         A     30°
         B     29°
         C     60°
         D     55°                                                                          (1)
1.9      Watter EEN van die volgende is 'n algemene oorsaak van poreusheid in
         'n sweislas?
         A     Vuil of nat elektrodes wat tydens boogsweising gebruik word
         B     Slak wat nie van die eerste sweisoppervlak verwyder word voor 'n
               tweede sweislopie nie
         C     Foutiewe heraansit deur nie weer aan die bokant van die vorige
               sweislopie te begin nie
         D     'n Sweisstroom wat te laag is                                                (1)
1.10     Wat is die definisie van slakinsluiting as 'n sweisdefek?
         A     Metaalagtige vaste stowwe wat in die sweismetaal vasgevang is
         B     Gasporieë wat in die gestolde sweiskraal voorkom
         C     Nie-metaalagtige vaste stowwe wat in die sweismetaal vasgevang is
         D     Gesmelte oppervlakonsuiwerhede wat in die sweisoppervlak
               vasgevang is                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             5                    DBE/November 2016
                                                NSS

1.11     Wat word deur reguitlyn OA in die spanning-vormverandering-grafiek in
         FIGUUR 1.2 voorgestel?

                                                       D
                                          BC
                                      A
                                                                  E

                           Spanning

                             O             Vormverandering
                                               FIGUUR 1.2

         A     Die verskil tussen die spanning en vormverandering
         B     Die indirekte eweredigheid tussen die spanning en vormverandering
         C     Die eweredigheid tussen die spanning en vormverandering
         D     Die ooreenkoms tussen die spanning en vormverandering                         (1)

1.12     Wat is die klas van die hefboom wat in FIGUUR 1.3 getoon word?

                                                      LAS

                       MAG

                                                             DRAAIPUNT

                                               FIGUUR 1.3

         A     1ste klas
         B     2de klas
         C     3de klas
         D     4de klas                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         6                           DBE/November 2016
                                            NSS

1.13     Die wet van momente word gedefinieer as 'n stelsel van kragte wat in ewewig
         is indien die ...

         A     koëffisiënt van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die
               koëffisiënt van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
         B     verskil van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die verskil
               van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
         C     som van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die som van
               die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.
         D     produk van die kloksgewyse momente om 'n punt gelyk is aan die
               produk van die antikloksgewyse momente om dieselfde punt.                           (1)

1.14     Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van 'n kettingaandrywingstelsel?

         A     Lae koste
         B     Geen smering nodig nie
         C     Gladde werking
         D     Glipvrye aandrywing                                                                 (1)

1.15     Watter stap om die spanning in 'n ketting van 'n kettingaandrywing te verstel,
         word by punt A in FIGUUR 1.4 getoon?

                                             A

                                           FIGUUR 1.4

         A     Kontroleer die afstand tussen die middelpunte (senters).
         B     Maak die klampboute los en skroef die verstelbout in of uit.
         C     Kontroleer die hoeveelheid speling in die ketting.
         D     Draai die klampboute stywer vas.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                       7                         DBE/November 2016
                                          NSS

1.16     FIGUUR 1.5 toon 'n ratstel met drie ratte wat inkam. Wat word rat B genoem?

                              RAT A                        RAT C

                             (DRYWER)                   (GEDREWE)

                                            RAT B
                                         FIGUUR 1.5

         A     Heliese rat
         B     Tandstang
         C     Tussenrat
         D     Kleinrat                                                                      (1)

1.17     Wat sal katrol A se rotasiefrekwensie wees indien katrol B teen 1 000 r/min
         roteer, soos in FIGUUR 1.6 getoon?

                                                        Katrol B
                                                        (Drywer)
                                                        Ø 25 mm

                              Katrol A
                             (Gedrewe)
                              Ø 50 mm

                                         FIGUUR 1.6

         A     1 000 r/min
         B     2 000 r/min
         C     500 r/min
         D     100 r/min                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         8                           DBE/November 2016
                                            NSS

1.18     Bepaal die spoedverhouding van die kettingaandrywing van die resiesfiets
         wat in FIGUUR 1.7 getoon word.

                         16 tande

                                                                40 tande

                                           FIGUUR 1.7

         A     40 : 1
         B     1 : 40
         C     2,5 : 1
         D     1 : 2,5                                                                           (1)

1.19     Wat is die funksie van die morssluis ('waste gate') in 'n turbo-aanjaer? Dit stel
         oormatige ... vry.

         A     druk
         B     vog
         C     hitte
         D     olie                                                                              (1)

1.20     'n Stoomturbine word gebruik om …

         A     die brandstofverbruik in verhouding met die enjinlewering te verhoog.
         B     die volumetriese rendement van 'n vierslag-dieselenjin te verhoog.
         C     'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
         D     die atmosferiese druk van 'n enjin te verlaag.                                    (1)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        9                        DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID

2.1      Alle persoonlike en omgewingsveiligheidsreëls is gevolg toe 'n operateur
         'n vlakslyper gebruik het. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet
         word terwyl die vlakslyper in werking is.                                           (2)

2.2      Gee TWEE voorbeelde van persoonlike veiligheidstoerusting wat tydens
         boogsweising gebruik moet word.                                                     (2)

2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word voordat krag
         op 'n laertrekker toegepas word.                                                    (2)

2.4      Wat is die maksimum veilige afstand tussen die slypwiel en die beitelslee op
         'n bankslypmasjien?                                                                 (1)

2.5      Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
         Rockwell-hardheidstoetser gebruik word.                                             (3)
                                                                                             [10]

VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING

3.1      Gee TWEE redes waarom 'n buigtoets op 'n dakbalk uitgevoer word.                    (2)

3.2      Gee TWEE redes vir 'n hoë CO-lesing wanneer 'n gasanalisetoets op
         'n motorvoertuig se enjin uitgevoer word.                                           (2)

3.3      Noem TWEE voordele van die MIG/MAGS-sweisproses.                                    (2)

3.4      Noem TWEE toetse wat met 'n multimeter gedoen kan word.                             (2)

3.5      As gevolg van enjinkragverlies in 'n voertuig voer die werktuigkundige 'n
         kompressietoets volgens sekere prosedures uit. Waarom word die
         prosedures hieronder gevolg?

         3.5.1   Verwyder die hoogspanningsdraad.                                            (1)

         3.5.2   Ontkoppel die brandstofinspuitingstelsel.                                   (1)

         3.5.3   Maak die versnellerklep heeltemal oop.                                      (1)

         3.5.4   Teken die lesings aan.                                                      (1)
                                                                                             [12]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          10                    DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 4: MATERIAAL

4.1      Noem TWEE eienskappe van die sementietstruktuur van koolstaal.                    (2)

4.2      Wat is die doel van dopverharding op 'n nokas?                                    (2)

4.3      Wat is die doel van die tempering van verharde staal?                             (2)

4.4      Toon, met behulp van 'n netjiese tekening, die volgende elemente op
         'n yster-koolstof-ewewigsdiagram:

         4.4.1   Koolstofinhoud van 0% tot 1,4%                                            (1)
         4.4.2   Temperatuur van 0 °C tot 1 000 °C                                         (1)
         4.4.3   AC 1 -lyn                                                                 (1)
         4.4.4   AC 3 -lyn                                                                 (1)
         4.4.5   Oustenietstruktuur                                                        (1)
         4.4.6   Ferrietstruktuur                                                          (1)
         4.4.7   Perlietstruktuur                                                          (1)
                                                                                           [13]

VRAAG 5: TERMINOLOGIE

5.1      FIGUUR 5.1 toon twee reguittandratte wat inkam.

                        Rat A                                   Rat B
                       90 tande                                30 tande
                                                             SSD = 90 mm

                                                Y

                                            FIGUUR 5.1

         Gebruik die inligting hierbo en bereken die:

         5.1.1   Module van die klein rat                                                  (2)
         5.1.2   Buitediameter van die groot rat                                           (2)
         5.1.3   SSD van die groot rat                                                     (2)
         5.1.4   Dedendum van die groot rat                                                (2)
         5.1.5   Senterafstand tussen die twee ratte (afstand Y)                           (3)
         5.1.6   Verlangde indeksering vir 'n rat met 33 tande                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         11                         DBE/November 2016
                                            NSS

5.2      'n Tapse spy moet gemaak word om op 'n as van 92 mm diameter te pas.
         Bereken die volgende:

         5.2.1   Die wydte/breedte van die spy                                                  (2)

         5.2.2   Die lengte van die spy                                                         (2)

         5.2.3   Die dikte van die spy by die groter punt                                       (2)

         5.2.4   Die dikte van die spy by die kleiner punt                                      (4)

5.3      Verduidelik die funksies van die volgende komponente op die verdeelkop wat
         op 'n freesmasjien gebruik word:

         5.3.1   Indeksplaat                                                                    (2)

         5.3.2   Sektorarms                                                                     (2)

5.4      Noem TWEE metodes wat op 'n senterdraaibank gebruik kan word om
         eksterne V-skroefdrade met 'n eenpunt-skroefdraadsnybeitel te sny.                     (2)
                                                                                                [30]

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:

         6.1.1   Insnyding                                                                      (2)

         6.1.2   Samesmeltingsgebrek                                                            (2)

6.2      Verduidelik hoe die ultrasoniese toets op 'n sweislas uitgevoer word.                  (6)

6.3      Noem EEN voordeel van die uitvoer van 'n ultrasoniese toets eerder as 'n
         X-straaltoets op 'n sweislas.                                                          (1)

6.4      'n X-straaltoets word op 'n sweislas uitgevoer. Hoe word die resultate
         waargeneem en aangeteken?                                                              (2)

6.5      Verduidelik die doel van die kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas.               (2)

6.6      Gee TWEE voorbeelde van beskadigde (destruktiewe) toetse wat op
         sweislasse uitgevoer word.                                                             (2)

6.7      Noem TWEE gasse wat met MIG/MAGS-sweising gebruik word.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         12                               DBE/November 2016
                                            NSS

6.8      FIGUUR 6.1 toon die MIG/MAGS-sweisproses. Benoem A–F.

                                                         D

                                     C
                                                              E
                                 B                                        F

                             A

                                           FIGUUR 6.1                                                (6)
                                                                                                     [25]

VRAAG 7: KRAGTE

7.1      Vier trekkragte van 100 N, 200 N, 300 N en 185 N trek vanaf dieselfde
         aangrypingspunt, soos in FIGUUR 7.1 getoon. Bepaal, deur middel van
         berekeninge, die grootte en rigting van die resultant van die stelsel van kragte
         in FIGUUR 7.1.

                             200 N                    300 N

                                         110°
                                                45°
                                                                  185 N

                                         100 N
                                           FIGUUR 7.1                                                (13)

7.2      'n Las van 40 kN veroorsaak 'n trekspanning van 20 MPa in 'n ronde
         geelkoperstaaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 300 mm. Young se
         modulus vir geelkoper is 90 GPa.

         Bereken die:

         7.2.1   Diameter van die staaf                                                              (5)

         7.2.2   Vormverandering                                                                     (3)

         7.2.3   Verandering in lengte                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        13                      DBE/November 2016
                                           NSS

7.3      FIGUUR 7.2 toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte, A en B,
         ondersteun word. 'n Eenvormig verspreide krag van 80 N/m word oor die hele
         lengte van die balk uitgeoefen. Bepaal, deur middel van berekeninge, die
         groottes van die reaksies in stut A en B.

                             550 N                                      300 N
                                                 80 N/m

                         2m
                                     5m                 3m       2m

                 A                                           B
                                          FIGUUR 7.2                                        (6)
                                                                                            [30]

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1      Noem DRIE gevolge van 'n gebrek aan roetine-instandhouding.                        (3)

8.2      Noem TWEE subgroepe van voorkomende instandhouding.                                (2)

8.3      Definieer die volgende eienskappe van olies:

         8.3.1       Vloeipunt                                                              (2)

         8.3.2       Flitspunt                                                              (2)

8.4      Waarom word bande op bandaandrywings gereeld verstel of vervang?                   (2)

8.5      Waarom word snyvloeistof op die snybeitel gebruik gedurende die
         masjineringsprosesse op 'n senterdraaibank?                                        (2)

8.6      Hoe word kettingaandrywings in stand gehou?                                        (2)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        14                           DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      FIGUUR 9.1 toon 'n bandaandrywingstelsel met 'n 230 mm-dryfkatrol.
         Die bandspoed in hierdie stelsel is 36 m.s-1. Die trekkrag in die slap kant
         is 140 N en die verhouding tussen die krag in die stywe kant en die krag in
         die slap kant is 2,5.

         NDR = ? r/min
         DDR = 230 mm                            T2

                                                  T1
                                          FIGUUR 9.1
         Bereken die:
         9.1.1   Rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/min                                  (4)
         9.1.2   Drywing wat in hierdie stelsel oorgedra word                                   (4)
9.2      FIGUUR 9.2 toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as van die
         elektriese motor het 18 tande wat met rat B met 36 tande op 'n tussenas
         inkam. Daar is 'n tweede dryfrat, C, op die tussenas met 16 tande wat met
         rat D met 46 tande op 'n tweede tussenas inkam. Die tweede tussenas het
         'n derde dryfrat, E, met 40 tande wat rat F met 60 tande op die leweringsas
         aandryf.

          Elektriese
                                            D                    E
          motor          A
                         18                 46                   40
                                                      Tussenas

                         B
                         36                 C
                                            16                   F
                              Tussenas
                                                                 60
                                                                      Leweringsas

                                          FIGUUR 9.2
         Bereken die:
         9.2.1   Rotasiefrekwensie van die inset-as op die elektriese motor indien die
                 leweringsas teen 160 r/min moet roteer                                         (3)
         9.2.2   Snelheidsverhouding tussen die inset-as en leweringsas                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          15                             DBE/November 2016
                                             NSS

9.3      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om 'n draaibank op te hys. Die
         spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.3 voorgestel.

                 Ø 40 mm                                          Ø 75 mm
                   275 N
                                                                 Las = ? kg

                  Suier A

                                                                   Suier B

                                           FIGUUR 9.3

         Bereken die:

         9.3.1    Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is                 (4)

         9.3.2    Las in kilogram wat deur suier B gelig kan word indien 'n krag van
                  275 N op suier A uitgeoefen word                                                  (4)

9.4      Wat is die doel van traksiebeheer in 'n voertuig?                                          (2)

9.5      Lugsakke in 'n voertuig word as 'n passiewe veiligheidseienskap beskryf.
         Verduidelik die betekenis van die term passiewe veiligheidseienskap.                       (2)
                                                                                                    [25]

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Noem TWEE tipes blasers wat as superaanjaers in 'n motorvoertuig se enjin
         gebruik word.                                                                              (2)

10.2     Noem die hooffunksie van superaanjaers.                                                    (2)

10.3     Noem TWEE voordele van 'n superaanjaer wanneer dit met 'n turbo-aanjaer                    (2)
         vergelyk word.

10.4     Hoe word 'n turbo-aanjaer aangedryf?                                                       (1)

10.5     Definieer die wegholspoed van 'n waterturbine.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      16                        DBE/November 2016
                                         NSS

10.6     Noem die werkbeginsels van ELK van die drie waterturbines wat in
         FIGUUR 10.1, 10.2 en 10.3 getoon word.

         10.6.1

                                     FIGUUR 10.1                                        (2)

         10.6.2

                                     FIGUUR 10.2                                        (2)

         10.6.3

                                     FIGUUR 10.3                                        (2)

10.7     'n Gasturbine wat as 'n straler-enjin ('jet engine') gebruik word, word in
         FIGUUR 10.4. getoon. Benoem fase A tot D en onderdeel E.

                           A            B         C                D

                                                        E
                                       FIGUUR 10.4                                      (5)
                                                                                        [20]

                                                                         TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               1                                   DBE/November 2016
                                                  NSS

                                           FORMULEBLAD

1.       BANDAANDRYWING

        1.1    N dr × D dr = N gd × D gd

                                πDN
         1.2   Bandspoed =                  waar N in r/min is
                                 60

                               π ( D + t )× N
         1.3   Bandspoed =                    (t = banddikte)
                                     60

         1.4   Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid         (A = dikte × breedte/wydte)

                                       diameter van gedrewe katrol
         1.5   Spoedverhouding =
                                         diameter van dryfkatrol

        1.6    Bandlengte (plat band ) = [(D + d ) × 1,57] + 2 × senterafstand

                                   π( D + d ) 2 ( D − d ) 2
         1.7   Oopbandlengte =                 +            + 2c
                                        2           4c

                                     π( D + d ) 2 ( D + d ) 2
         1.8   Gekruistebandlengte =             +            + 2c
                                          2           4c

                                                                 T1
         1.9   Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                                 T2

                                 (T1 − T2 ) π D N
        1.10   Drywing (P) =                      waar N in r/min is
                                        60
                                                       T1 = krag in die stywe kant
                                                          T2 = krag in die slap kant
                                                          T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

        1.11   Drywing (P) = (T 1 – T 2 ) × V      waar V = bandspoed in m/s

                                 2πNT
        1.12   Drywing (P) =                      waar N in r/min is
                                  60

                                            T1
        1.13   Wydte/Breedte =
                                   toelaatbare trekkrag

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                2                    DBE/November 2016
                                                   NSS

2.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                                 krag                     F
         2.1   Spanning =                     of   (σ =     )
                              oppervlakte                 A

                                            verandering in lengte (∆L)
         2.2   Vormverandering (ɛ) =
                                             oorspronklike lengte (L)

                                                spanning         σ
         2.3   Young se modulus (E) =                        of ( )
                                             vormverandering     ε

                                                  πd 2
         2.4 Oppervlakte van 'n ronde staaf = A =
                                                   4

         2.5 Oppervlakte van 'n pyp = A =
                                                   (
                                          π D2 − d 2            )
                                              4

         2.6   Oppervlakte van 'n vierkantstaaf = A = L2 of A = L × B

3.       HIDROULIKA

                                 krag ( F )
         3.1   Druk ( P ) =
                              oppervlakte ( A )

         3.2   Volume = (dwarsdeursnee-oppervlakte) × slaglengte

         3.3   Arbeid verrig = krag × afstand

4.       SPYE EN SPYGLEUWE

                                              diameter van as
         4.1   Wydte/Breedte van spy =
                                                    4

                                  diameter van as
         4.2   Dikte van spy =
                                        6

         4.3   Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         4.4   Standaardtaps vir tapse spy = 1 in 100 of 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             3                                  DBE/November 2016
                                                NSS

5.       HEFBOME

                                             las (W)
         5.1    Meganiese voordeel (MA) =
                                             mag (F)

                                         insetbeweging
         5.2    Snelheidsverhouding =
                                         uitsetbeweging

         5.3    Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag

         5.4    Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las

6.       RATAANDRYWING

          6.1    N dr × D dr = N gd × D gd

                                  2πNT
          6.2    Drywing (P) =
                                   60

                                    produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.3    Ratverhouding =
                                      produk van die getal tande op dryfratte

                  N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.4              =
                  N uitset   produk van die getal tande op dryfratte

          6.5    Wringkrag = krag × radius

          6.6    Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

                                  steeksirkeldiameter (SSD)
          6.7    Module (m) =
                                        getal tande (T )

          6.8    N 1T1 = N 2 T2

                                               steeksirkel (SS) × getal tande (T)
          6.9    Steeksirkeldiameter (SSD) =
                                                               π

         6.10    Steeksirkeldiameter (SSD) = m × T

         6.11    Buitediameter (BD) = m(T + 2)

         6.12    Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                4                               DBE/November 2016
                                                   NSS

         6.13     Addendum = module (m)

         6.14     Dedendum = 1,157 m               of        Dedendum = 1,25 m

         6.15     Snydiepte = 2,157 m              of        Snydiepte = 2,25 m

         6.16     Vry ruimte = 0,157 m             of        Vry ruimte = 0,25 m

         6.17     Sirkelsteek (SS) = m × π

                                                             (SSD) A (SSD) B
         6.18     Senterafstand tussen rat A en rat B =             +
                                                                2       2

7.       SKROEFDRADE

         7.1    Steekdiameter = buitediameter – ½steek

         7.2    Steekomtrek = π × steekdiameter

         7.3    Styging = steek × getal beginpunte

         7.4    Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek

         7.5    Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek

8.       INDEKSERING

         8.1    Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien

                                             Cincinnati-indeksplaat
           Sy 1        24    25      28       30        34      37     38      39   41    42    43
           Sy 2        46    47      49       51        53      54     57      58   59    62    66

                              40
         8.2 Indeksering =       (waar n = getal indelings)
                              n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2016-memo-eng/5e2bea9e-f108-440c-a98e-4984091bb5af) — Mechanical Technology · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 MCHT S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mcht-s16-qp-afr/9c20cbdb-35c9-416e-9d01-387a3ba92333) — Mechanical Technology · QP · 2016 · Afr
- [MT Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-feb-march-2016-afr/c6045d95-1e69-45d4-b04b-8316e67a8172) — Mechanical Technology · QP · 2016 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
