# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-automotive-afr/dcda28a7-de17-4c09-b6d4-1d8ee0b920af
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-automotive-afr/dcda28a7-de17-4c09-b6d4-1d8ee0b920af)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                       MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTOR

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                    2                           DBE/November 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars       en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is by die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                             TYD
     VRAAG                              INHOUD                           PUNTE
                                                                                          in minute
                                   GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                        6                   6
       2        Veiligheid                                                  10                  10
       3        Materiaal                                                   14                  14
                                   SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                       14                  10
       5        Gereedskap en Toerusting                                    23                  20
       6        Enjins                                                      28                  25
       7        Kragte                                                      32                  25
       8        Instandhouding                                              23                  20
       9        Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                     18                  20
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                                    32                  30
                Elektronika)
                                                        TOTAAL             200                180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                    3                     DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
         (Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?
         A     Die Wet oor veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet seker maak dat
               die werkplek veilig is en dat werknemers nie blootgestel word aan die
               risiko om by die werk met MIV besmet te word nie.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde moet reageer op MIV in die werkplek.
         C     Werkgewers mag nie werknemers in rang verlaag of bevorder op grond
               van sy/haar MIV-status nie.
         D     Werkgewers kan nie maar net 'n persoon wat MIV het, afdank nie.              (1)

1.2      Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerusting('PPE')-items
         is van toepassing wanneer boogsweising op 'n werkstuk uitgevoer word?
         A     Harde hoed
         B     Sweisbril
         C     Sweishelm
         D     Gesigskerm                                                                   (1)

1.3      Wie is vir die voorsiening van veiligheidstoerusting in die werkplek
         verantwoordelik?
         A     Werkgewer
         B     Werknemer
         C     Kliënt
         D     Voorman                                                                      (1)

1.4      Watter EEN van die volgende eienskappe van soliede staal sal verander
         indien die staal aan 'n hittebehandelingsproses onderwerp word?
         A     Lengte
         B     Hardheid
         C     Grootte
         D     Vorm                                                                         (1)

1.5      Die doel van die normalisering van staal is om ...
         A     dit te verhard.
         B     dit te temper.
         C     die kern te verhard.
         D     interne spannings te verlig.                                                 (1)

1.6      Indien 'n klanktoets op hoëkoolstofstaal toegepas word, watter EEN van die
         volgende klanke sal 'n mens help om die metaal te identifiseer?
         A     Harde en helder klank
         B     Dowwe klank
         C     Sagte klinkende klank
         D     Lae klinkende klank                                                          (1)
                                                                                            [6]
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                4                        DBE/November 2018
                                          NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      'n Hoekslyper word gebruik om 'n sweislas glad af te werk. Noem TWEE
         veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word voordat die hoekslyper gebruik
         word.                                                                              (2)

2.2      Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om 'n sweisbril gedurende
         oksiasetileen-gassweising te dra.                                                  (2)

2.3      Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerusting('PPE')-items wat 'n mens sal
         gebruik wanneer met 'n hidrouliese pers gewerk word.                               (2)

2.4      Noem TWEE tipes werkswinkeluitlegte.                                               (2)

2.5      Noem TWEE verantwoordelikhede van die werkgewer wanneer noodhulp in
         die werkplek toegepas word.                                                        (2)
                                                                                            [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Noem EEN eienskap van staal wat deur die uitvoer van 'n buigtoets op staal
         getoets word.                                                                      (2)

3.2      Gee TWEE redes vir die uitvoer van ELK van die volgende hittebehandelings-
         prosesse op staal:

         3.2.1        Uitgloeiing                                                           (2)

         3.2.2        Dopverharding                                                         (2)

3.3      Verduidelik waarom die tempering van staal na die verhardingproses gedoen
         word.                                                                              (2)

3.4      Noem die DRIE faktore wat gedurende alle hittebehandelingsprosesse in ag
         geneem moet word.                                                                  (3)

3.5      Verduidelik die verhardingsproses van staal.                                       (3)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                  5                           DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter EEN van die volgende toerustingitems word gebruik om die
         wielsporing van 'n motorvoertuig te stel?

         A     Druktoetser
         B     Wringtoetser
         C     Borrelvloeimeter
         D     Wielmeter                                                                            (1)

4.2      Wat is die doel van 'n wielbalanseerder?

         Om ... te balanseer.

         A     die hoeke van 'n motorvoertuig
         B     die wiele vir statiese en dinamiese balans
         C     die stuurbeheer vir beter padklouvermoë
         D     enjinwringkrag aan die wiele gelewer,                                                (1)

4.3      Identifiseer die tipe drukaanjaer wat in FIGUUR 4.3 hieronder getoon word.

                                          FIGUUR 4.3

         A     Dubbelskroefdrukaanjaer
         B     Roots-drukaanjaer
         C     Sentrifugale drukaanjaer
         D     Wiektipe drukaanjaer                                                                 (1)

4.4      Wat is die doel van 'n trillingdemper op 'n motorvoertuig se enjin?

         A     Om na te gaan of die klepligter op die nok rus
         B     Om statiese balans van die krukas te verkry
         C     Om die krukarms en suiers te balanseer
         D     Om die wringtrillings van die krukas teen te werk                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                 6                         DBE/November 2018
                                           NSS

4.5      Die drywing van 'n enjin kan gedefinieer word as ...

         A     die tempo waarteen arbeid binne 'n sekere tydgleuf verrig word.
         B     'n krag wat weerstand oorkom en beweging veroorsaak.
         C     die wringeffek wat deur 'n roterende as oorgedra word.
         D     die meting om die krag te bepaal wat deur die verbranding van brandstof
               in 'n silinder ontwikkel word.                                                 (1)

4.6      Wat sal die remdrywing van 'n enjin wees indien die enjin wringkrag van
         180 N.m teen 3 000 r/min ontwikkel?

         A     0,56 kW
         B     5,65 kW
         C     56,55 kW
         D     6,67 kW                                                                        (1)

4.7      Die verhouding tussen die totale volume van 'n silinder wanneer die suier by
         onderste dooiepunt is tot die verbrandingskamervolume in die silinder, staan
         as die … bekend.

         A     kompressieverhouding
         B     vry volume
         C     slagvolume
         D     vryruimteverhouding                                                            (1)

4.8      Watter toestel beheer die moderne elektroniese outomatiese transmissie van
         'n voertuig?

         A     Elektroniese beheereenheid
         B     Outomatiese transmissie beheereenheid
         C     Elektroniese outomatiese transmissie
         D     Transmissiebeheereenheid                                                       (1)

4.9      Wat is die uitwerking van die ratverhouding op die padspoed van 'n
         voertuig?

         A     'n Laer ratverhouding verlaag op die padspoed.
         B     'n Hoër ratverhouding verlaag die padspoed.
         C     'n Hoër ratverhouding vermeerder die padspoed.
         D     'n Laer ratverhouding vermeerder die padspoed.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                   7                         DBE/November 2018
                                             NSS

4.10     Watter tipe ratstel word in FIGUUR 4.10 hieronder getoon?

                                           FIGUUR 4.10

         A     Episikliese ratstel
         B     Ringratstel
         C     Sirkelratstel
         D     Heliese ratstel                                                                  (1)

4.11     Wat is die uitwerking van 'n groot positiewe naspoorhoek op 'n voertuig se
         wiele?

         A     Die druk verhoog.
         B     Die druk verlaag.
         C     Die wiele sal ophou roteer.
         D     Die wiele sal waggel.                                                            (1)

4.12     Wat is die definisie van statiese balans van 'n wiel- en bandsamestelling?

         ... om die rotasie-as in die rotasievlak.

         A     Eweredige verspreiding van minder gewig
         B     Oneweredige verspreiding van 'n bietjie gewig
         C     Oneweredige verspreiding van alle gewig
         D     Eweredige verspreiding van alle gewig                                            (1)

4.13     Watter uitlaatgasbeheertoestel word gebruik om toksiese gasse en
         besoedelende stowwe van die uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin na minder
         toksiese gasse om te skakel?

         A     Katalitiese omsetter
         B     Toksiese omsetter
         C     Uitlaatomsetter
         D     Besoedelingsomsetter                                                             (1)

4.14     Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls moet in ag geneem word
         wanneer 'n alternator getoets of herstel word?

          A    Verbind altyd die toetser se positiewe en negatiewe kabels aan die
               betrokke pole van die battery.
          B    Laat die alternator in 'n oop kring draai.
          C    Maak seker dat al die batterykabels aan die alternator verbind is.
          D    Verbind die battery en alternator voordat boogsweiswerk aan die
               motorvoertuig gedoen word.                                                       (1)
                                                                                                [14]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                   8                         DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon toerusting wat in die motorwerkswinkel gebruik
         word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                            FIGUUR 5.1

         5.1.1        Identifiseer die toerusting in FIGUUR 5.1.                                   (1)

         5.1.2        Benoem dele A–D.                                                             (4)

         5.1.3        Beskryf die doel van die toerusting.                                         (2)

5.2      Wat is die funksie van die silinderlekkasietoetser?                                       (2)

5.3      'n Gasanalisator word gebruik om die uitlaatgasse van 'n motorvoertuig te
         analiseer. Gee EEN rede waarom dit belangrik is om seker te maak dat daar
         geen lekkasies in die uitlaatpyp is nie.                                                  (2)

5.4      Noem EEN funksie van 'n gerekenariseerde diagnostiese aftaster ('scanner').               (1)

5.5      Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer die wielvlug met
         gebruik van 'n borrelvloeimeter nagegaan word.                                            (4)

5.6      Noem DRIE foute wat vasgestel                kan    word   wanneer     dinamiese
         wielbalansering uitgevoer word.                                                           (3)

5.7      Wat is die doel van die draaiskywe wat gebruik word om die wielsporing op
         'n motorvoertuig te verstel?                                                              (4)
                                                                                                   [23]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                      9                      DBE/November 2018
                                                NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      Wat verstaan jy onder statiese balansering van 'n krukas?                              (2)

6.2      Identifiseer die silinderuitlegte soos in FIGUUR 6.2.1 en 6.2.2 hieronder
         geïllustreer.

         6.2.1

                                                                                                (1)
                                                 FIGUUR 6.2.1

         6.2.2

                                                                                                (1)
                                                  FIGUUR 6.2.2

6.3      Verduidelik hoe jy die ontstekingsorde van 'n viersilinder-petrolenjin sal
         bepaal indien dit nie op die krukas-katrol gemerk is nie en die handleiding nie
         beskikbaar is nie.                                                                     (5)

6.4      Noem die ontstekingsorde van die volgende tipes enjins:

         6.4.1        Viersilinder-inlynenjin                                                   (1)

         6.4.2        V6-silinderenjin                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                  10                          DBE/November 2018
                                            NSS

6.5      'n Turboaanjaer word in FIGUUR 6.5 hieronder getoon. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                           FIGUUR 6.5

         6.5.1        Benoem dele A–G.                                                          (7)

         6.5.2        Noem TWEE voordele van die turboaanjaer.                                  (2)

6.6      Verduidelik die volgende terme:

         6.6.1        Aanjaagdruk                                                               (2)

         6.6.2        Turbosloering                                                             (2)

6.7      Wat is die doel van die morssluis ('waste gate') in die turboaanjaer?                  (2)

6.8      Wat is die doel van 'n oliekoeler wat op 'n turboaangejaagde enjin
         gemonteer is?                                                                          (2)
                                                                                                [28]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                    11                   DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die term wringkrag.                                                      (2)

7.2      Wat word met die term vry volume van 'n enjin bedoel?                              (2)

7.3      Noem TWEE metodes om die kompressieverhouding van 'n binnebrandenjin
         te verhoog.                                                                        (2)

7.4      Die boor en slag van 'n enjin is onderskeidelik 75 mm en 80 mm. Dit het 'n
         kompressieverhouding van 8,5 : 1.

         Bereken:

         7.4.1        Die slagvolume in cm3                                                 (3)

         7.4.2        Die oorspronklike vry volume in cm3                                   (3)

         7.4.3        Die enjin is tot 78 mm herboor. Wat sal die nuwe kompressie-
                      verhouding wees indien die vry volume onveranderd bly?                (6)

7.5      Die volgende data is aangeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
         viersilinder-petrolenjin uitgevoer is:

         Gemiddelde effektiewe druk:          1 400 kPa
         Slaglengte:                          110 mm
         Boordiameter:                        100 mm
         Enjinomwentelings:                   3 600 r/min
         Remarmlengte:                        450 mm
         Skaallesing:                         75 kg

         Bereken:

         7.5.1        Aangeduide drywing in kW                                              (8)

         7.5.2        Remdrywing in kW                                                      (4)

         7.5.3        Meganiese doeltreffendheid                                            (2)
                                                                                            [32]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                 12                           DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Watter gasse word met 'n gasanalisator ontleed?                                        (1)

8.2      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat vir 'n spesifieke enjin verkry moet
         word wanneer 'n gasanalise uitgevoer word.                                             (3)

8.3      Noem TWEE moontlike gevolge wat waargeneem kan word wanneer
         'n silinderlekkasietoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word.                         (2)

8.4      Noem TWEE oorsake van silinderlekkasies wat tydens die uitvoering van 'n
         silinderlekkasietoets op 'n binnebrandenjin bepaal kan word.                           (2)

8.5      Verduidelik die prosedures wat gevolg moet               word     wanneer     'n
         kompressietoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word.                                  (6)

8.6      Gee TWEE redes vir lae oliedruk in 'n binnebrandenjin.                                 (2)

8.7      Verduidelik puntsgewys hoe jy 'n verkoelingstelseldruktoets uitvoer.                   (7)
                                                                                                [23]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Noem TWEE hoofverskille tussen 'n outomatiese ratkas en 'n handratkas.                 (2)

9.2      Noem TWEE voordele van 'n outomatiese ratkas.                                          (2)

9.3      FIGUUR 9.3 hieronder toon 'n koppelomsitter wat in 'n outomatiese ratkas
         gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                         FIGUUR 9.3

         9.3.1        Noem TWEE funksies van 'n koppelomsitter.                                 (2)

         9.3.2        Benoem onderdele A–E van die koppelomsitter.                              (5)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                   13                         DBE/November 2018
                                             NSS

9.4      Noem VYF verskillende rataandrywings wat met behulp van 'n enkele
         episikliese rattestel verkry kan word.                                                    (5)

9.5      Wat is die doel van ratverhoudings in 'n motorvoertuig se ratkas?                         (2)
                                                                                                   [18]

VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER                  (ASSE,    STUURGEOMETRIE              EN
               ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Noem VYF faktore wat in ag geneem moet word voordat enige
         wielsporingverstellings gedoen kan word.                                                  (5)

10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n wielsporingshoek. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                          FIGUUR 10.2

         10.2.1       Identifiseer die wielsporingstekening in FIGUUR 10.2.                        (2)

         10.2.2       Benoem A–G.                                                                  (7)

         10.2.3       Definieer die wielsporingshoek, soos in FIGUUR 10.2 aangedui.                (3)

10.3     Gebruik 'n benoemde skets om uitsporing van die voorwiele van 'n
         motorvoertuig te toon.                                                                    (3)

10.4     Noem die doel van krinkspilhelling.                                                       (2)

10.5     Noem TWEE chemiese prosesse waarop die werksbeginsel van die
         katalitiese omsetter gebaseer is.                                                         (1)

10.6     Beskryf die doel van die spoedbeheerstelsel wat op 'n motorvoertuig
         gemonteer is.                                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                  14                         DBE/November 2018
                                            NSS

10.7     Noem TWEE voordele van die spoedbeheerstelsel wat op 'n motorvoertuig
         gemonteer is.                                                                      (2)

10.8     Wat is die doel van die drukreëlaar in 'n motorvoertuig se brandstofstelsel?       (1)

10.9     Noem TWEE metodes om die uitsetfrekwensie van 'n alternator te verhoog
         om die stroomuitset te verhoog.                                                    (2)

10.10    Noem EEN funksie van die stator en statorwikkelings in 'n alternator.              (1)

10.11    Noem die funksie van die rotorsamestelling in 'n alternator.                       (1)
                                                                                            [32]

                                                                              TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motor                                              DBE/November 2018
                                                       NSS

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)

Krag = m × a      waar m = massa
                       a = versnelling

Arbeid = krag × afstand (F × d)

            krag × afstand
Drywing =
                 tyd

Wringkrag = krag × radius

Aangeduide drywing = P × L × A × N × n
waar           P = gemiddelde effektiewe druk
               L = slaglengte
               A = area van suierkroon
               N = aantal kragslae per sekonde
                n = aantal silinders

Remdrywing = 2 π N × T
waar    N = omwentelinge per sekonde
        T = wringkrag

Remdrywing (Pronyrem) = F × 2 × π × R × N
waar                F = krag
                    R = remarmlengte
                    N = revolusies/omwentelinge per sekonde

                                     remdrywing
Meganiese doeltreffendheid =                         × 100
                                  aangeduide drywing

                             slagvolume + vry volume
Kompressie verhouding =
                                    vry volume

                   π × D2                                   π × D2
waar slagvolume =         ×L                  vry volume =         × l
                      4                                        4
waar L = slaglengte                        waar D = boordiameter
    D = boordiameter                            l = vry lengte

                  produk van die aantal tande op die gedrewe ratte
Ratverhouding =
                    produk van die aantal tande op die dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2018 (Fitting Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-fitting-machining-eng/ed9ad8c2-0759-4c20-a789-0e5dd65fb5fc) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-welding-metalwork-afr/a3b6bb12-7bae-437f-9fd5-c43dec461d29) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2018 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-fitting-machining-afr/578c96a1-0a1e-4ea4-9237-a60a84bd962e) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-welding-metalwork-eng/fc2b0fa0-5712-4851-83cc-fa82384f3cfd) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2018 (Welding Metalwork) FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-welding-metalwork-final-memo-afr/f10b5a6d-e8cc-4439-b3a7-3af568e5497b) — Mechanical Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2018 (Fitting Machining) FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2018-fitting-machining-final-memo-afr/8fd509f9-c09f-4420-ab1a-3185bd4f5b41) — Mechanical Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
