# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-afr/6d04c3dd-8cd1-4803-8d90-366b8172e461
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-afr/6d04c3dd-8cd1-4803-8d90-366b8172e461)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2-bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/November 2021
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                           TYD IN
VRAAG                                   INHOUD                             PUNTE
                                                                                           MINUTE
                                   GENERIES
      1      Meervoudigekeuse-vrae                                               6             6
      2      Veiligheid                                                         10            10
      3      Materiale                                                          14            14
                                   SPESIFIEK
       4     Meervoudigekeuse-vrae                                               14            10
       5     Gereedskap en Toerusting                                            23            20
       6     Enjins                                                              28            25
       7     Kragte                                                              32            25
       8     Instandhouding                                                      23            20
       9     Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                             18            20
      10     Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en Elektronika)            32            30
                                                               TOTAAL           200           180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              3                           DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E

1.1      Wat is die kode vir goeie praktyk vir MIV/Vigs en indiensneming?

         A     Persone met MIV/Vigs moet aparte eetsale gebruik.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers en werknemers
               op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.
         C     Die Wet bevat riglyne oor hoeveel werk 'n werknemer veronderstel is
               om te doen.
         D     Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.                              (1)

1.2      Watter EEN van die volgende tipes persoonlike beveiligingstoerusting
         ('PPE') word benodig wanneer daar in 'n werkswinkel met Covid-19-
         regulasies gewerk word?

         A     Masker
         B     Sonbril
         C     Sweishelm
         D     Deursigtige veiligheidsbril                                                   (1)

1.3      Die ... is verantwoordelik vir die verskaffing van veiligheidstoerusting in die
         werkswinkel.

         A     werknemers
         B     skoonmaakpersoneel
         C     voorman
         D     werkgewer                                                                     (1)

1.4      Watter EEN van die volgende beskryf die reaksie van sagte staal wanneer
         dit op 'n masjien gesny word?

         A     Sny maklik; swart krummelagtige snysels
         B     Moeilik om te sny; snysels breek in skerp stukkies
         C     Sny maklik; krullerige snysels
         D     Moeilik om te sny                                                             (1)

1.5      Die doel van staalverharding is om …

         A     slytasie te voorkom.
         B     vormverandering te verminder.
         C     sagtheid te verhoog.
         D     die materiaal te blus.                                                        (1)

1.6      Watter proses volg op verharding?

         A     Normalisering
         B     Uitgloeiing
         C     Tempering
         D     Dopverharding                                                                 (1)
                                                                                             [6]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde          4                         DBE/November 2021
                                         NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Verduidelik TWEE noodhulpmaatreëls om in gedagte te hou wanneer 'n
         oop wond behandel word.                                                       (2)

2.2      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         nadat die vlakslyper aangeskakel word.                                        (2)

2.3      Gee EEN rede waarom die drukmeter van 'n hidrouliese pers gereeld
         gekalibreer moet word.                                                        (1)

2.4      Watter TWEE gevare word deur die vingerbeskermers voorkom wat op
         kraggedrewe guillotines gemonteer is?                                         (2)

2.5      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word voordat
         gassweis of vlamsnywerk gedoen word.                                          (2)

2.6      Watter tipe werkswinkeluitleg word in FIGUUR 2.6 hieronder getoon?

                                                                        Inspeksie
      Produk 1        Masjien A     Masjien B       Masjien C              en
                                                                       versending

                                                                        Inspeksie
      Produk 2        Masjien D     Masjien E       Masjien F              en
                                                                       versending

                                       FIGUUR 2.6                                      (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              5                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Beskryf die vylproses as maklik of moeilik wanneer 'n vyltoets vir hardheid
         op die volgende materiaal uitgevoer word:

         3.1.1        Gietstaal                                                           (1)

         3.1.2        Sagte staal                                                         (1)

         3.1.3        Snelsnystaal (HSS)                                                  (1)

3.2      FIGUUR 3.2 hieronder toon die uitgloeiingsproses                gedurende
         hittebehandeling. Benoem komponente A–C.

                                                   A

                                                   B

                                                   C

                                           FIGUUR 3.2                                     (3)

3.3      Beskryf hoe 'n buigtoets uitgevoer word om die eienskappe van 'n
         toetsmetaal te bepaal.                                                           (3)

3.4      Noem die doel van dopverharding van staal.                                       (2)

3.5      Noem DRIE tipes blusmediums wat gebruik kan word om staal te verhard.            (3)
                                                                                          [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             6                          DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter tipe balansering word teen hoë spoed uitgevoer?

         A     Normale balansering
         B     Statiese balansering
         C     Dinamiese balansering
         D     Vibrerende balansering                                                       (1)

4.2      Wat is die funksie van die draaiskyf terwyl wielsporing nagegaan word?

         A     Om die wiel staties te balanseer
         B     Laat die wiele toe om met minimale weerstand in en uit te draai
         C     Om die hoeveelheid wrywing tussen die wiel en die wiellaer te bepaal
         D     Om die wiel dinamies te balanseer                                            (1)

4.3      Die nokasomwenteling vir die ontbranding van die brandstof- en
         lugmengsel in 'n vierslag-viersilinder-enjin vind elke … grade plaas.

         A     180
         B     120
         C     90
         D     60                                                                           (1)

4.4      Watter geforseerde induksiestelsel het die meeste vertraging/sloering?

         A     Niereëlbare-tipe turboaanjaer
         B     Reëlbare geometrieturboaanjaer
         C     Superaanjaer
         D     Dubbelaanjaging                                                              (1)

4.5      Die kompressieverhouding (KV) van 'n enjin is die verhouding tussen
         die …

         A     totale volume van die enjin en die volume van een silinder.
         B     totale volume van 'n silinder en die vry volume.
         C     kompressiedruk en die atmosferiese druk.
         D     slagvolume en die vry volume.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             7                           DBE/November 2021
                                            NSS

4.6      Aangeduide drywing kan gedefinieer word as die …

         A     drywing by die wiele wat deur 'n dinamometer gemeet word.
         B     drywing by die vliegwiel wat deur 'n Prönyrem gemeet word.
         C     maatstaf om die drywing wat by die vliegwiel ontwikkel word, te
               bepaal.
         D     maatstaf om die drywing wat deur die brandende brandstof in die
               silinder van die enjin ontwikkel word, te bepaal.                           (1)

4.7      'n Dinamometer meet die …

         A     teoretiese drywing wat deur die enjin ontwikkel word.
         B     remdrywing van die enjin.
         C     elektriese drywing wat deur die enjin ontwikkel word.
         D     teoretiese wringkrag wat deur die enjin ontwikkel word.                     (1)

4.8      Watter van die volgende is die oorsaak van hoë koolwaterstof (HC)-vlakke
         in die uitlaatgasse van 'n binnebrandenjin?

         A     Te arm mengsel
         B     Oormatige aangejaagde druk
         C     Lekkasie by die versneller-eenheid
         D     Vuil of geblokte lugfilter                                                  (1)

4.9      Wat sal 'n hoë oliedruklesing in 'n binnebrandenjin veroorsaak?

         A     Defektiewe oliedrukontlasklep
         B     Onvoldoende olie in die stelsel
         C     Olielekkasies
         D     Viskositeit van olie is te dun                                              (1)

4.10      Watter komponent in 'n outomatiese ratkas reguleer die oliedruk om die
          verlangde ratverhouding te selekteer?

          A    Rembande
          B    Koppelomsitter
          C    Beheerklepbuis
          D    Oliepomp                                                                    (1)

4.11     Hoe word die sluitkoppelaar in 'n koppelomsetter geaktiveer?

         A     Deur oliedruk
         B     Deur die koppelaarpedaal te gebruik
         C     Deur die aktiveringskakelaar te druk
         D     Outomaties, deur die stator                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            8                          DBE/November 2021
                                           NSS

4.12     Wat is die oorsaak van die bandslytasie wat in FIGUUR 4.12 hieronder
         getoon word?

                                       Vaanrand

                                        FIGUUR 4.12

         A     Oormatige wielvlug
         B     Verkeerde nasporing
         C     Ongebalanseerde wiel
         D     Oormatige toesporing of uitsporing                                          (1)

4.13     Wielsporing word op 'n motorvoertuig gedoen om … te bereik.

         A     wieltolling tydens motorwedrenne
         B     oorstuur
         C     swak wieltraksie
         D     eweredige bandslytasie                                                     (1)

4.14      Die funksie van 'n sensor in 'n enjinbeheerstelsel is om die …

          A    enjinstelsel te aktiveer.
          B    enjin se bedryfstoestande waar te neem.
          C    lugbrandstofmengsel te bepaal.
          D    brandstofdruk te reguleer.                                                 (1)
                                                                                          [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              9                            DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      Die stappe om 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin uit te voer word in
         'n lys hieronder gegee. Voltooi STAP 5 tot 8.

         LET WEL: Nommer jou antwoorde 5.1.1 tot 5.1.4 soos getoon.

         STAP 1       Verseker dat die enjin op werkstemperatuur is.

         STAP 2       Ontkoppel die brandstoftoevoer en ontstekingstelsel.

         STAP 3       Maak die area om die vonkproppe skoon en verwyder al die
                      vonkproppe.

         STAP 4       Koppel 'n kompressietoetser aan die vonkpropgat.

         STAP 5       5.1.1                                                                  (1)

         STAP 6       5.1.2                                                                  (1)

         STAP 7       5.1.3                                                                  (1)

         STAP 8       5.1.4                                                                  (1)

5.2      Beantwoord die vrae oor die silinderlekkasietoetser wat in FIGUUR 5.2
         hieronder getoon word.

                                                                   Saamgeperstelug-
                        A                                          koppelstuk

                                                                       B

                                                                       C

                                                                       D

                                          FIGUUR 5.2

         5.2.1        Benoem onderdele A–D in FIGUUR 5.2 hierbo.                             (4)

         5.2.2        Wat is die meeteenheid op komponent A?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              10                            DBE/November 2021
                                             NSS

5.3      Noem TWEE komponente wat die uitlaatgas-analiseerder teen roet en vog
         beskerm wanneer die uitlaatgas-analisetoets uitgevoer word.                          (2)

5.4      Beskryf die opstelprosedure van 'n aan-boord-diagnostiese (ABD)-
         skandeerder om foute na te gaan.                                                     (3)

5.5      FIGUUR 5.5 hieronder toon ’n masjien wat in 'n motorwerkswinkel gebruik
         word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 5.5

         5.5.1        Identifiseer die masjien wat in FIGUUR 5.5 hierbo getoon word.          (1)

         5.5.2        Wat is die funksie van die masjien wat in FIGUUR 5.5 hierbo
                      getoon word?                                                            (1)

         5.5.3        Watter veiligheidskenmerk     ontbreek    op    die   masjien    in
                      FIGUUR 5.5 hierbo?                                                      (1)

5.6      Watter DRIE wielsporingshoeke          kan    deur    die   gebruik   van    die
         borrelvloeimeter gemeet word?                                                        (3)

5.7      Noem DRIE voorsorgmaatreëls wat geneem moet word voor die optiese
         wielsporingstoestel op die wiel gemonteer word.                                      (3)
                                                                                              [23]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             11                         DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      Met verwysing na die krukas, gee DRIE redes vir die gebruik van die
         korrekte ontstekingsorde op 'n binnebrandenjin.                                  (3)

6.2      Noem TWEE maniere waarop dinamiese wanbalans op die krukas
         reggestel kan word.                                                              (2)

6.3      Noem VIER oorsake van enjintrilling.                                             (4)

6.4      Gee die graad van krukasrotasie tussen kragimpulse vir elk van die
         volgende vierslagenjins:

         6.4.1        4-silinder                                                          (1)

         6.4.2        5-silinder                                                          (1)

         6.4.3        6-silinder                                                          (1)

         6.4.4        8-silinder                                                          (1)

6.5      FIGUUR 6.5 hieronder toon 'n Roots-superaanjaer. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                                B

                            A

                                                               C

                                          FIGUUR 6.5

         6.5.1        Benoem komponente A–C in FIGUUR 6.5 hierbo.                         (3)

         6.5.2        Beskryf die werking van die Roots-superaanjaer.                     (5)

6.6      Wat is die funksie van die volgende komponente op 'n binnebrandenjin wat
         met 'n wisselbare geometrieturboaanjaer toegerus is?

         6.6.1        Tussenverkoeler                                                     (2)

         6.6.2        Wieke                                                               (2)

6.7      Noem DRIE voordele van 'n superaanjaer wanneer dit met 'n turboaanjaer
         vergelyk word.                                                                   (3)
                                                                                          [28]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              12                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die volgende terme in verband met 'n binnebrandenjin:

         7.1.1        Remdrywing                                                              (2)

         7.1.2        Wringkrag                                                               (2)

7.2      Die aangeduide drywingsdiagram verteenwoordig die kragslag en
         kompressieslag. Hoe beïnvloed die kompressieslag en die kragslag die
         druk?                                                                                (2)

7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n silinder met 'n suier op BDP en dieselfde
         silinder met die suier op ODP. Die volgende inligting is van toepassing:

         Volume (V1) van die ruimte wanneer die suier by BDP = 39 cm3 is
         Ruimte tussen BDP en ODP (V2) = 330 ml
         Afstand tussen BDP en ODP is 65 mm
         Beantwoord die vrae wat volg.

                           V1                             V1                   BDP

                                                                  V2

                                                                           ODP

                                          FIGUUR 7.3

         7.3.1        Watter term word gebruik om die volume V1 te beskryf?                   (1)

         7.3.2        Watter term word gebruik om die volume V2 te beskryf?                   (1)

         7.3.3        Bereken die totale silindervolume in cm3.                               (3)

         7.3.4        Bereken die boordiameter in mm.                                         (5)

         7.3.5        Bereken die kompressieverhouding van hierdie silinder.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            13                          DBE/November 2021
                                           NSS

7.4      Noem TWEE metodes om die kompressieverhouding in 'n binnebrandenjin
         te verlaag.                                                                        (2)

7.5      Die volgende data verwys na 'n tweesilinder-tweeslag-petrolenjin:

         Enjinspoed tydens toets:                 6 500 r/min
         Silinderverplasing (volume):             580,7 cm3
         Gemiddelde effektiewe druk:              450 kPa
         Remdrywing:                              48 kW @ 6 500 r/min

         Bepaal die volgende deur middel van berekeninge:

         7.5.1       Wringkrag                                                               (4)

         7.5.2       Aangeduide drywing in kW                                                (6)

         7.5.3       Meganiese doeltreffendheid                                              (2)
                                                                                             [32]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               14                           DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Beantwoord die volgende vrae in verband met 'n uitlaatgasanalise.

         8.1.1        Noem TWEE oorsake van 'n lae CO2-uitlaatgaslesing.                       (2)

         8.1.2        Noem TWEE regstellende maatreëls vir die oorsake wat in
                      VRAAG 8.1.1 genoem is.                                                   (2)

8.2      Noem TWEE uitlaatgaslesings, soos deur 'n gasanaliseerder opgespoor,
         wat deur 'n arm lug/brandstofmengsel veroorsaak word.                                 (2)

8.3      Noem EEN oorsaak en EEN regstellende maatreël vir die volgende
         silinderlekkasie-toetsresultate:

         8.3.1        Sisgeluid by die uitlaatpyp                                              (2)

         8.3.2        Borrels in die verkoelerwater                                            (2)

8.4      Verduidelik waarom 'n binnebrandenjin teen normale werkstemperatuur
         moet wees wanneer diagnostiese toetse gedoen word.                                    (2)

8.5      Die tabel hieronder toon moontlike oorsake en regstellende maatreëls vir
         lae brandstofdruk in 'n motorvoertuig. Voltooi die tabel hieronder deur slegs
         die vraagnommers (8.5.1 tot 8.5.4) en die antwoord in die
         ANTWOORDEBOEK te skryf.

               MOONTLIKE OORSAKE                       REGSTELLENDE MAATREËLS
         Foutiewe brandstofpomp                       Toets en vervang brandstofpomp
         Verstopte of vernoude brandstoffilter                       8.5.1
                                                      Vervang of ontkoppel en blaas
                            8.5.2
                                                      brandstoflyne skoon
         Verstopte pompinlaatsif                                     8.5.3
                                                      Kontroleer en herstel die spanning
                            8.5.4
                                                      na die pomp                              (4)

8.6      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat benodig word voordat 'n
         oliedruktoets uitgevoer kan word.                                                     (3)

8.7      Verduidelik VIER stappe om 'n verkoelerdopdruktoets uit te voer.                      (4)
                                                                                               [23]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             15                           DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n koppelomsetter wat in outomatiese
         transmissies gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.

                          V1                             V1 C
                 B

                                                                V2

                                                                      D

                          A
                                                                  E

                                         FIGUUR 9.1

         9.1.1        Benoem onderdele A–E in FIGUUR 9.1 hierbo.                            (5)

         9.1.2        Noem DRIE funksies van 'n koppelomsetter                              (3)

         9.1.3        Wanneer word maksimum wringkragvermenigvuldiging in 'n
                      koppelomsetter bereik?                                                (2)

9.2      Verduidelik hoe voorwaartse snelrat in 'n episikliese ratstelsel verkry word.      (3)

9.3      Waarna verwys die volgende rathefboomposisies op 'n outomatiese
         transmissie?

         9.3.1        P
                                                                                            (1)

         9.3.2        R
                                                                                            (1)

         9.3.3        D
                                                                                            (1)

9.4      In watter TWEE rathefboomposisies, P, R, N, D, 1 of 2, is dit moontlik om
         die enjin wat met outomatiese transmissie toegerus is, aan te skakel?              (2)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              16                      DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN ELEKTRONIKA
          (SPESIFIEK)

10.1     Gee DRIE redes waarom wielsporing op 'n voertuig uitgevoer moet word.           (3)

10.2     FIGUUR 10.2 toon wielvlugslytasie op 'n buiteband. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                      Een kant van loopvlak
                                      oormatig verslyt

                                         Wielvlugslytasie
                                         e
                                          FIGUUR 10.2

         10.2.1       Noem VIER oorsake van oormatige wielvlugslytasie.                  (4)

         10.2.2       Definieer positiewe wielvlughoek.                                  (2)

         10.2.3       Hoe word wielvlug op 'n onderstel verstel?                         (2)

10.3     Teken 'n netjiese, benoemde skets om toesporing op 'n voertuig se
         voorwiele te toon.                                                              (3)

10.4     Noem TWEE negatiewe effekte wat deur dinamiese wanbalanse op 'n wiel
         veroorsaak word.                                                                (2)

10.5     Noem TWEE tipes elektroniese inspuiters.                                        (2)

10.6     Beskryf die doel van 'n diesel-partikulêre filter (DPF).                        (2)

10.7     Verduidelik hoe die uitkyk-sensor in 'n aanpasbare spoedbeheerstelsel
         werk.                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             17                           DBE/November 2021
                                            NSS

10.8     FIGUUR 10.8 hieronder toon 'n komponent van 'n alternator. Beantwoord
         die vrae wat volg.

                                         FIGUUR 10.8

         10.8.1       Identifiseer die komponent in FIGUUR 10.8 hierbo.                   (1)

         10.8.2       Wat is die funksie van die komponent wat in FIGUUR 10.8
                      hierbo getoon word?                                                 (2)

         10.8.3       Teken TWEE benoemde sketse om die twee tipes windings vir
                      die komponent in FIGUUR 10.8 te toon.                               (4)

10.9     Noem DRIE voordele van 'n elektriese brandstofpomp wat op 'n
         binnebrandenjin gemonteer is.                                                    (3)
                                                                                          [32]

                                                                            TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde    1               DBE/November 2021
                                   NSS

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde    2         DBE/November 2021
                                   NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-eng/6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-eng/55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Fitting Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-fitting-machining-mg-afr/545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6) — Mechanical Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-automotive-afr/7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-eng/b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology May June 2021 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-fitting-machining-afr/8330d2db-753d-4250-9737-3bee5fd94d1b) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
