# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-afr/a54971eb-1473-4fcf-ba1e-995ff5410b61
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-afr/a54971eb-1473-4fcf-ba1e-995ff5410b61)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

            MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2-bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     2                      DBE/November 2021
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                        TYD
     VRAAG                          INHOUD                         PUNTE
                                                                                     IN MINUTE
                                   GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                 6                    6
       2        Veiligheid                                            10                  10
       3        Materiale                                             14                  14
                                SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                 14                 10
       5        Terminologie (Maatvorms)                              23                 20
       6        Gereedskap en Toerusting                              18                 15
       7        Kragte                                                45                 40
       8        Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislasse)            23                 20
       9        Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)              18                 20
      10        Instandhouding                                        8                  10
      11        Terminologie (Ontwikkeling)                           21                 15
                                                   TOTAAL            200                 180

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    3                       DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Wat is die kode vir goeie praktyk vir MIV/Vigs en indiensneming?

         A     Persone met MIV/Vigs moet aparte eetsale gebruik.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers en werknemers
               op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.
         C     Die Wet bevat riglyne oor hoeveel werk 'n werknemer veronderstel is
               om te doen.
         D     Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.                                (1)

1.2      Watter EEN van die volgende tipes persoonlike beveiligingstoerusting
         ('PPE') word benodig wanneer daar in 'n werkswinkel met Covid-19-
         regulasies gewerk word?

         A     Masker
         B     Sonbril
         C     Sweishelm
         D     Deursigtige veiligheidsbril                                                     (1)

1.3      Die ... is verantwoordelik vir die verskaffing van veiligheidstoerusting in die
         werkswinkel.

         A     werknemers
         B     skoonmaakpersoneel
         C     voorman
         D     werkgewer                                                                       (1)

1.4      Watter EEN van die volgende beskryf die reaksie van sagte staal wanneer
         dit op 'n masjien gesny word?

         A     Sny maklik; swart krummelagtige snysels
         B     Moeilik om te sny; snysels breek in skerp stukkies
         C     Sny maklik; krullerige snysels
         D     Moeilik om te sny                                                               (1)

1.5      Die doel van staalverharding is om …

         A     slytasie te voorkom.
         B     vormverandering te verminder.
         C     sagtheid te verhoog.
         D     die materiaal te blus.                                                          (1)

1.6      Watter proses volg op verharding?

         A     Normalisering
         B     Uitgloeiing
         C     Tempering
         D     Dopverharding                                                                   (1)
                                                                                               [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      4                     DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Verduidelik TWEE noodhulpmaatreëls om in gedagte te hou wanneer 'n
         oop wond behandel word.                                                               (2)

2.2      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         nadat die vlakslyper aangeskakel word.                                                (2)

2.3      Gee EEN rede waarom die drukmeter van 'n hidrouliese pers gereeld
         gekalibreer moet word.                                                                (1)

2.4      Watter TWEE gevare word deur die vingerbeskermers voorkom wat op
         kraggedrewe guillotines gemonteer is?                                                 (2)

2.5      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word voordat
         gassweis of vlamsnywerk gedoen word.                                                  (2)

2.6      Watter tipe werkswinkeluitleg word in FIGUUR 2.6 hieronder getoon?

                                                                              Inspeksie
      Produk 1        Masjien A          Masjien B        Masjien C              en
                                                                             versending

                                                                              Inspeksie
      Produk 2        Masjien D          Masjien E        Masjien F              en
                                                                             versending

                                             FIGUUR 2.6                                        (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      5                 DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Beskryf die vylproses as maklik of moeilik wanneer 'n vyltoets vir hardheid
         op die volgende materiaal uitgevoer word:

         3.1.1        Gietstaal                                                             (1)

         3.1.2        Sagte staal                                                           (1)

         3.1.3        Snelsnystaal (HSS)                                                    (1)

3.2      FIGUUR 3.2 hieronder toon die uitgloeiingsproses                gedurende
         hittebehandeling. Benoem komponente A–C.

                                                     A

                                                     B

                                                     C

                                             FIGUUR 3.2                                     (3)

3.3      Beskryf hoe 'n buigtoets uitgevoer word om die eienskappe van 'n
         toetsmetaal te bepaal.                                                             (3)

3.4      Noem die doel van dopverharding van staal.                                         (2)

3.5      Noem DRIE tipes blusmediums wat gebruik kan word om staal te verhard.              (3)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        6               DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E

4.1      FIGUUR 4.1 hieronder toon 'n seksie van 'n dakkap. Identifiseer deel X.

                                             X

                                             FIGUUR 4.1

         A     Boonste flens
         B     Kaplat
         C     Nokdekking
         D     Binnestut                                                                    (1)

4.2      Watter EEN van die volgende tapse word gebruik om 'n volle draad in 'n
         blinde gat te sny?

         A     Voorsnytap
         B     Proptap
         C     Tussensnytap
         D     Begintap                                                                     (1)

4.3      Die tipe vervorming wanneer 'n las herstel nadat spanning verlig is, staan
         as … vervorming bekend.

         A     oorlangse
         B     dwars-
         C     krimp-
         D     elastiese                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        7               DBE/November 2021
                                                 NSS

4.4      Wat is die waarde van hoek β soos in FIGUUR 4.4 hieronder getoon?
                                                .

                                             β

                                     30                50

                                             FIGUUR 4.4

         A     58,13o
         B     62,56o
         C     53,13o
         D     38,87o                                                                      (1)

4.5      Die funksie van 'n bint/stang in raamwerke is om … bymekaar te hou.

         A     gereedskap
         B     gedeeltes wanneer gesweis word
         C     dakbedekking
         D     dele van 'n struktuur                                                       (1)

4.6      Watter EEN van die volgende komponente is deel van 'n bankslypmasjien?

         A     Gereedskapsrus
         B     Voetrus
         C     Intersluitmeganisme
         D     Slypwielbywerker (opknapper)                                                (1)

4.7      Die webtemplaat word gebruik om gate op … uit te merk.

         A     geutysters en I-balke
         B     pype
         C     langer seksies van 'n hoekyster
         D     plaatmetaal                                                                 (1)

4.8      Die knik-vasklemwalsmasjien word gebruik om … te rol.

         A     vierkantige stawe
         B     dun plaatmetaal
         C     ronde stawe
         D     hoekyster                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    8                     DBE/November 2021
                                             NSS

4.9      Die term vervorming in materiale is die verhouding tussen die …

         A     skuiflas en spanning.
         B     stootlas en oorspronklike lengte.
         C     verandering in lengte en die oorspronklike lengte.
         D     verandering in lengte en die druklas.                                         (1)

4.10     Watter EEN van die volgende stappe kan geneem word om die vorming
         van 'n dwarskraak te verhoed?

         A     Vinnige afkoel nadat gesweis is
         B     Voorverhit die basismetaal
         C     Gebruik 'n hoë sweisstroom
         D     Die wortelgaping moet korrek voorberei word                                   (1)

4.11     Watter EEN van die volgende toetse is 'n nie-vernietigende toets?

         A     Kerfbreektoets
         B     Leibuigtoets
         C     X-straal-toets
         D     Masjineerbaarheidstoets                                                       (1)

4.12     Watter EEN van die volgende faktore voorkom slakinsluiting gedurende die
         sweisproses?

         A     Sweismetaaldikte
         B     Behoorlike skoonmaak van las
         C     Tipe sweismasjien
         D     Elektrodedikte                                                                (1)

4.13     Wat is die oorsaak van hoekdistorsie gedurende die sweisproses?

         A     Sweisvlak is dikker as die wortelsweis wat meer afkoeling van die
               vlak veroorsaak
         B     Afgekoel in water
         C     Krultree-sweis wat lei tot geen afkoeling nie
         D     Verkeerde tipe elektrode                                                      (1)

4.14     Die doel daarvan om diensrekords van kragmasjiene te hou, is om die … in
         die werkswinkel te monitor.

         A     werking van die masjiene
         B     uitsluitingklousule van masjiene
         C     isolasieskakelaars
         D     toestand van masjiene                                                         (1)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    9                       DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      'n Staalring moet vervaardig word deur 'n 60 x 60 mm vierkantige staalstaaf
         te gebruik. Die buitediameter van die ring is 960 mm.

         5.1.1        Bereken die gemiddelde diameter van die ring.                            (2)

         5.1.2        Bereken die gemiddelde omtrek van die ring (rond antwoord na
                      die naaste heelgetal af).                                                (3)

5.2      Teken die sweissimbole vir die volgende tipes weerstandsweislasse:

         5.2.1        Puntsweislas                                                             (2)

         5.2.2        Projeksiesweislas                                                        (2)

         5.2.3        Naatsweislas                                                             (2)

         5.2.4        Foelienaatsweislas                                                       (2)

         5.2.5        Flits- of weerstandstuiksweislas                                         (2)

5.3      Identifiseer die maatvorms wat in FIGUUR 5.3.1–5.3.3 hieronder getoon
         word.

         5.3.1

                                               FIGUUR 5.3.1                                    (1)

         5.3.2

                                               FIGUUR 5.3.2                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     10               DBE/November 2021
                                              NSS

         5.3.3

                                               FIGUUR 5.3.3                              (1)

5.4      Noem DRIE tipes handgereedskap wat 'n templaat-/maatvormmaker
         gebruik.                                                                        (3)

5.5      Noem TWEE masjiene wat in die maatvormgalery gebruik word.                      (2)
                                                                                         [23]

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      Verduidelik die werksbeginsels van 'n weerstandsweismasjien.                    (5)

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon boogsweistoerusting. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                                                                B

                                                                            C

                       A

                                                                        D
                                             FIGUUR 6.2

         6.2.1       Benoem komponente A–D.                                              (4)

         6.2.2       Wat is die funksie van komponent D?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    11                     DBE/November 2021
                                             NSS

6.3      Beskryf die proses om eksterne draad op 'n ronde staaf met die gebruik
         van ronde splitdraadsnymoere te sny.                                                 (6)

6.4      Noem EEN voordeel daarvan om 'n ponsmasjien bo 'n staanboor te
         gebruik.                                                                             (1)

6.5      Waarvoor word piramiede-rollers gebruik?                                             (1)
                                                                                              [18]

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

  7.1    FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n balk wat op beide punte deur RL en RR
         ondersteun word. Drie vertikale puntbelastings word op die balk uitgeoefen.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                               80 N            60 N          100 N

             A                      B              C             D                 E

                      3m                2m              2m              3m

           RL                                                                          RR

                                             FIGUUR 7.1

         7.1.1        Bereken die reaksies by RL en RR.                                       (8)

         7.1.2        Bereken die buigmomente by punt B, C en D.                              (3)

         7.1.3        Konstrueer die buigmomentdiagram vir punt B, C en D deur
                      skaal 1 m = 1 cm en 10 Nm = 1 cm te gebruik.                            (7)

7.2       'n Las van 40 kN in 'n ronde geelkoperstaaf veroorsaak 'n trekspanning
          van 20 MPa. Die oorspronklike lengte van die staaf is 2 m en Young se
          modulus vir geelkoper is 90 GPa.

         Bereken:

         7.2.1        Die diameter van die staaf                                              (6)

         7.2.2        Die vervorming                                                          (2)

         7.2.3        Die verandering in lengte in mm                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk               12                      DBE/November 2021
                                                        NSS

7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n spanning-en-vervormingsdiagram. Benoem
         deel A–E.

                                                                    D

                          Spanning
                                                   B                         E

                                           A           C

                                                       Vervorming
                                                   FIGUUR 7.3                                             (5)

7.4       FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n staalraamwerk. Beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                                    500 kN

                                               A                                 B

                                                              D

                                     30°                                     60°
                                                              C
                                                    10 000
                125 kN                                                            375 kN
                                                   FIGUUR 7.4

       7.4.1 Konstrueer die vektor/kragdiagram deur skaal 1 mm = 1 kN te
             gebruik.                                                                                     (5)

       7.4.2 Bepaal grafies die grootte en aard van die krag in AD, BD en CD in
             die staalraamstruktuur deur die ruimtediagram in FIGUUR 7.4 te
             gebruik.                                                                                     (6)
                                                                                                          [45]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    13                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1     Noem DRIE sweisaspekte waarop daar tydens die boogsweisprosedure
        gefokus moet word.                                                                          (3)

8.2     Hoe kan hartlynkrake in sweislasse verminder word?                                          (2)

8.3     Noem TWEE oorsake van ELK van die volgende boogsweisdefekte:

       8.3.1 Gebrek aan samesmelting                                                               (2)

       8.3.2 Poreusheid                                                                            (2)

       8.3.3 Onvolledige penetrasie                                                                (2)

8.4     Beskryf die proses om 'n oksiasetileen-brandervlam na 'n neutrale vlam te
        verstel.                                                                                   (3)

8.5     Verduidelik hoe om 'n leibuigtoets op 'n sweislas uit te voer.                             (3)

8.6     Noem TWEE aspekte wat getoets word wanneer 'n vrybuigtoets op 'n
        sweislas uitgevoer word.                                                                   (2)

8.7     Noem TWEE verskillende tipes kleurstof              wat   vir    'n    vloeiststof-
        kleurdeurdringingstoets gebruik word.                                                      (2)

8.8     Verduidelik waarom 'n kerfbreektoets op 'n sweislas uitgevoer word.                        (2)
                                                                                                   [23]

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1     Noem TWEE faktore wat naspanning in sweislasse veroorsaak.                                 (2)

9.2     Noem DRIE faktore wat die verkoelingstempo in 'n sweislas beïnvloed.                       (3)

9.3     Beskryf VIER uitwerkinge van koudbewerking op staal.                                       (4)

9.4     Noem DRIE uitwerkinge wat sweisspoed op vervorming het.                                    (3)

9.5     Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik
        word.                                                                                      (3)

9.6     Noem DRIE metodes om vervorming te verminder.                                              (3)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      14              DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1    Noem TWEE faktore wat oorweeg moet word wanneer uitsluiting en merk
        van masjiene tydens instandhouding uitgevoer word.                               (2)

10.2    Waarom het merkplate meervoudige gate?                                           (1)

10.3    Gee die rede waarom 'n klein diens op 'n kragaangedrewe guillotine
        uitgevoer word.                                                                  (2)

10.4    Gee TWEE redes waarom snyvloeistof op 'n kragsaag gebruik word.                  (2)

10.5    Noem EEN effek van oorbelasting op 'n walsmasjien.                               (1)
                                                                                         [8]

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)

11.1    Bestudeer FIGUUR 11.1 hieronder en bereken die ware lengte van AC.
        Rond die antwoord tot die naaste heelgetal af.

                                        Ø 50
                                                   A

                                                           50

                                               B       C
                                        Ø 90

                                         FIGUUR 11.1                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    15                    DBE/November 2021
                                              NSS

11.2    Identifiseer die ontwikkeling wat in FIGUUR 11.2 hieronder getoon word.

                                          FIGUUR 11.2                                         (3)

11.3    FIGUUR 11.3 hieronder toon 'n vierkant-na-reghoek uitmiddelpuntige
        geutbak met 'n vertikale hoogte (VH) van 500 mm.

                                    600
                        200         200
                  A                                 B

                                1         2

                                                         340
                                                               600   VH=500
                                                               0

                                4         3

                                                        130
                 D                                  C

                                          FIGUUR 11.3

        Bereken die volgende ware lengtes:

        11.3.1 A–1                                                                            (4)

        11.3.2 C–2                                                                            (4)

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      16           DBE/November 2021
                                                NSS

11.4    Identifiseer die geutbakke wat in FIGUUR 11.4.1 en 11.4.2 hieronder
        getoon word

        11.4.1

                                              FIGUUR 11.4.1                       (2)

        11.4.2

                                              FIGUUR 11.4.2                       (2)
                                                                                  [21]

                                                                  TOTAAL:         200

 Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    1        DBE/November 2021
                                             NSS

                     FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                            SWEIS- EN METAALWERK

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    2    DBE/November 2021
                                             NSS

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-welding-metalwork-eng/6f85aea2-f500-4eae-8618-ea68e8f9f49d) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-eng/55aa4683-5aa0-4b7f-8207-11eb851141fb) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-automotive-afr/6d04c3dd-8cd1-4803-8d90-366b8172e461) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2021 (Fitting Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2021-fitting-machining-mg-afr/545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6) — Mechanical Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-automotive-afr/7ea8d8a2-0458-4669-b7d5-90a3c68e9529) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-eng/b845a3a8-310e-4e8c-b965-8a774cb6e06c) — Mechanical Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
