# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                                NOVEMBER 2022

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    2                             DBE/November 2022
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars         en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                     TYD
     VRAAG                         INHOUD                          PUNTE
                                                                                  IN MINUTE
                                GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                   6                6
       2        Veiligheid                                             10               10
       3        Materiaal                                              14               14
                                SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                 14               10
       5        Terminologie (Maatvorms)                              23               20
       6        Gereedskap en Toerusting                              18               10
       7        Kragte                                                45               40
       8        Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislasse)            23               20
       9        Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)              18               20
      10        Instandhouding                                         8               10
      11        Terminologie (Ontwikkeling)                           21               20
                                                 TOTAAL              200               180

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    3                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Watter EEN van die volgende is die laaste stadium wanneer noodhulp
         toegepas word?

         A     Ondersoek
         B     Behandeling
         C     Diagnose
         D     Vervoer                                                                          (1)

1.2      Wat is die maksimum dikte plaatmetaal wat 'n handguillotine kan sny?

         A     0,2 mm
         B     1,2 mm
         C     2,2 mm
         D     3,2 mm                                                                           (1)

1.3      Watter deel van die hidrouliese pers word gebruik om die platform veilig op 'n
         gewenste hoogte te hou?

         A     Terugtrekveer
         B     Plunjer
         C     Steunpen
         D     Voetstuk                                                                         (1)

1.4      Watter EEN van die volgende toetse word gebruik om weerstand teen
         penetrasie te bepaal?

         A     Vyltoets
         B     Masjineringstoets
         C     Hardheidstoets
         D     Klanktoets                                                                       (1)

1.5      Watter masjien word gebruik om 'n vonktoets op koolstaal uit te voer?

         A     Bankslypmasjien
         B     Boormasjien
         C     Draaibankmasjien
         D     Freesmasjien                                                                     (1)

1.6      Watter EEN van die volgende materiale sal 'n hoë luitoon hê wanneer dit
         tydens 'n klanktoets met 'n hamer getik word?

         A     Gietyster
         B     Gietstaal
         C     Sagte staal
         D     Aluminium                                                                        (1)
                                                                                                [6]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    4                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem TWEE lewensfunksies van 'n beseerde persoon wat nagegaan moet
         wanneer noodhulp toegepas wod.                                                         (2)

2.2      Gee 'n rede waarom 'n veiligheidsbril gedra moet word wanneer met 'n
         hoekslyper gewerk word.                                                                (1)

2.3      Noem TWEE tipes veiligheidskerms wat gebruik word wanneer die opening
         by die guillotinelemme groter as 10 mm is.                                             (2)

2.4      Noem DRIE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan voldoen moet word
         voordat met gassweising begin word.                                                    (3)

2.5      Noem TWEE nadele van die produkuitleg van masjiene.                                    (2)
                                                                                                [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Noem DRIE eienskappe wat deur middel van hittebehandelingsprosesse
         verkry kan word.                                                                       (3)

3.2      Beskryf die volgende hittebehandelingsprosesse:

         3.2.1        Tempering                                                                 (4)

         3.2.2        Verharding                                                                (3)

3.3      Gee TWEE voorbeelde van dopverharde produkte wat in die nywerheid
         gebruik word.                                                                          (2)

3.4      Waarom word staal tydens die normaliseringproses in stil lug, weg van 'n trek,
         afgekoel?                                                                              (2)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         5                    DBE/November 2022
                                                  NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter EEN van die volgende toerustingitems word by gassweising gebruik?

         A     Sweisbril
         B     Aardklamp
         C     Kabels
         D     WS-sweismasjien                                                                 (1)

4.2      Watter EEN van die volgende stukke gereedskap word gebruik om eksterne
         skroefdrade te sny?

         A     Voorsnytap
         B     Ovaal snymoer
         C     Ronde gesplete snymoer
         D     Tweede tap                                                                      (1)

4.3      Wat is die doel van permanente merke op die vloer in 'n templaatgalery?

         A     Hou die vloer skoon
         B     Bespaar tyd wanneer afgemerk word
         C     Voorkom ongelukke
         D     Help wanneer gate geboor word                                                   (1)

4.4      Identifiseer S in die spanning-vormverandering-diagram in FIGUUR 4.4
         hieronder.

                                                          S
                                                 Q R
                                             P

                                 Spanning
                                                              T

                                            Vormverandering
                                                 FIGUUR 4.4

          A    Breekspanning
          B    Maksimum spanning
          C    Breekpunt
          D    Eweredigheidsgrens                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    6                           DBE/November 2022
                                             NSS

4.5      Watter EEN van die volgende masjiene word deur templaatvervaardigers
         gebruik?

         A     Skuurmasjien
         B     Stok en snymoere
         C     Kettingsaag
         D     Naaimasjien                                                                       (1)

4.6      Waarvoor staan F met betrekking tot aanvullende sweissimbole?

         A     Afwerking
         B     Vyl
         C     Vlam
         D     Vlak                                                                              (1)

4.7      Watter EEN van die volgende komponente is 'n onderdeel van 'n bandsaag?

         A     Magnetiese kloukop
         B     Aktiveringspedaal
         C     Geveerde pedaal
         D     Wielskerm                                                                         (1)

4.8      FIGUUR 4.8 hieronder toon 'n sweisdefek. Identifiseer defek A.

                                                          A

                                             FIGUUR 4.8

         A     Insnyding
         B     Kraak
         C     Blaasholte
         D     Wurmholte                                                                         (1)

4.9      Watter EEN van die volgende nie-vernietigende toetse gebruik klankgolwe
         om defekte in 'n sweislas op te spoor?

         A     X-straaltoets
         B     Vloeistofdeurdringingstoets
         C     Visuele inspeksie
         D     Ultrasoniese toets                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    7                         DBE/November 2022
                                             NSS

4.10     Spanning kan gedefinieer word as 'n interne krag in 'n materiaal wat 'n … las
         weerstaan.

         A     eksterne
         B     spin-
         C     bewegende
         D     interne                                                                         (1)

4.11     Watter EEN van die volgende verbruikbare onderdele kom in die MIG/MAGS-
         sweispistool voor?

         A     Positiewe kabel
         B     Aardkabel
         C     Spuitstuk
         D     Meter                                                                           (1)

4.12     Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n vernietigende toets?

         A     Visuele inspeksie
         B     Vloeistofdeurdringingstoets
         C     Kerfbreektoets
         D     Ultrasoniese toets                                                              (1)

4.13     Uitsluiting en merk lig werkers in dat …

         A     die masjien gereed is om te werk.
         B     daar besoekers by die aanleg is.
         C     herstelwerk voltooi is.
         D     herstelwerk op die masjien uitgevoer word.                                      (1)

4.14     Die vermoë van 'n materiaal om sy oorspronklike grootte na deformasie te
         herwin, staan as ... bekend.

         A     hardheid
         B     elastisiteit
         C     rekbaarheid
         D     plastisiteit                                                                    (1)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    8                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      'n Staalring met 'n buitediameter van 920 mm moet van 'n 45 x 45-
         vierkantstaalstaaf vervaardig word.

         5.1.1        Bereken die gemiddelde diameter van die ring.                              (2)

         5.1.2        Bereken die gemiddelde omtrek van die ring en rond dan die
                      antwoord tot die naaste heelgetal af.                                      (3)

         5.1.3        Teken en benoem die staalring en dui die gemiddelde diameter,
                      buitediameter en die dikte van die materiaal aan.                          (4)

5.2      Identifiseer die aanvullende sweissimbole in FIGUUR 5.2.1 tot 5.2.4 hieronder.

         5.2.1

                                               FIGUUR 5.2.1                                      (1)

         5.2.2

                                               FIGUUR 5.2.2                                      (1)

         5.2.3

                                               FIGUUR 5.2.3                                      (1)

         5.2.4
                                                   G
                                               FIGUUR 5.2.4                                      (1)

5.3      Noem TWEE stukke handgereedskap wat deur templaatvervaardigers
         gebruik word.                                                                           (2)

5.4      Maak 'n netjiese skets van 'n sweissimbool en dui die volgende inligting aan:

             T-las
             Boogsweis
             Die hoeksweislas aan albei kante is 10 mm in grootte.
             Die lengte van die sweiskrale moet 40 mm elk wees
             Die steek van die sweislas is 90 mm                                                (8)
                                                                                                 [23]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    9                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      Beskryf TWEE funksies van 'n pons-en-knipmasjien.                                      (2)

6.2      Gee TWEE redes vir die gebruik van inerte/trae gas terwyl MIGS/MAGS-
         sweiswerk gedoen word.                                                                 (2)

6.3      Noem TWEE voordele van die gebruik van MIGS/MAGS-sweiswerk in
         vergelyking met boog-/kleefsweiswerk (GMAW).                                           (2)

6.4      Gee TWEE redes waarom 'n buigtoets op 'n balk uitgevoer word.                          (2)

6.5       Beskryf hoe 'n kragaangedrewe guillotine werk.                                        (4)

6.6       FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n hidrouliese pers. Benoem dele A–F.

                                                             B

                                                                 C

                            A                                        D

                                                                     E

                                                                     F

                                             FIGUUR 6.6                                           (6)
                                                                                                 [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     10                             DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n eenvoudige raam. Bestudeer die diagram en
         beantwoord die vrae wat volg.

                                         200 N

                                                               B
                               A
                                              D

                              60o                                   30o

                                                    C
                                                  10 m

                      150 N                                                       50 N

                                               FIGUUR 7.1

         7.1.1       Teken die ruimtediagram volgens skaal 10 mm = 1 m.                                (3)

         7.1.2       Teken die kragtediagram volgens skaal 1 mm = 2 N.                                 (4)

         7.1.3       Bepaal die grootte van die krag van lede/dele AD, BD en
                     CD.                                                                               (3)

         7.1.4       Identifiseer lede/dele AD, BD en CD as 'n stut of 'n bint.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     11                           DBE/November 2022
                                              NSS

7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale stutte,
         RL en RR, ondersteun word. Die balk is onderhewig aan twee puntlaste en 'n
         eenvormig verspreide las (EVL).

                        20 N                                       40 N

                                                    EVL 6 N/m

                           A                                           B

                   1m          2m                     5m                   2m

              RL                                                                   RR

                                             FIGUUR 7.2

         Bereken die volgende:

         7.2.1        Die grootte van die puntlas wat die EVL verteenwoordig                         (1)

         7.2.2        Die grootte van die reaksie by stut RL                                         (5)

         7.2.3        Die grootte van die reaksie by stut RR                                         (5)

         7.2.4        Die skuifkragte by punte A, EVL en B                                           (6)

         7.2.5        Teken 'n skuifkragdiagram van die balk.
                      Skaal:     Skuifkragdiagram: 2 mm = 1 N
                                 Ruimtediagram:    1 : 100                                           (7)

7.3      'n Ronde staalstaaf met 'n deursnee-area van 0,8 x 10-5 m2 word aan 'n
         maksimum treklas van 45 kN onderwerp.

         Bereken die volgende:

         7.3.1        Die maksimum spanning in MPa                                                   (2)

         7.3.2        Die veilige werkspanning in MPa as die veiligheidsfaktor 4 is                  (3)

         7.3.3        Die diameter van die staalstaaf in mm                                          (3)
                                                                                                     [45]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    12                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1      Noem DRIE faktore wat waargeneem moet                  word    gedurende     die
         boogsweisproses om 'n goeie sweislas te verseker.                                        (3)

8.2      Noem TWEE faktore wat tydens oksiasetileensweiswerk in ag geneem moet
         word om 'n goeie sweislas te verseker.                                                   (2)

8.3      Identifiseer die boogsweisdefekte wat in die stuiklas in FIGUUR 8.3.1 en 8.3.2
         hieronder getoon word.

         8.3.1

                                               FIGUUR 8.3.1                                       (1)

         8.3.2

                                               FIGUUR 8.3.2                                       (1)

8.4      Noem TWEE voorsorgmaatreëls om elk van die volgende defekte gedurende
         MIG/MAGS- of kleefsweiswerk (GMAW) te voorkom:

         8.4.1         Sweisspatsels                                                              (2)

         8.4.2         Poreusheid                                                                 (2)

8.5     Noem TWEE sweisdefekte wat aan die lig kom wanneer die volgende toetse
        op 'n sweislas uitgevoer word:

        8.5.1        Kerfbreektoets                                                               (2)

        8.5.2        Buigtoets                                                                    (2)

8.6     Verduidelik hoe om 'n vloeistof-kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas uit te
        voer.                                                                                     (6)

8.7     Noem TWEE sweisdefekte wat waargeneem kan word wanneer 'n ultrasoniese
        toets op 'n sweislas gebruik word.                                                        (2)
                                                                                                  [23]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk                   13                              DBE/November 2022
                                                            NSS

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1      Hoe sal die grootte van die elektrode inkrimping in 'n sweislas affekteer?                                 (3)

9.2      Noem TWEE metodes wat gebruik word om vervorming in 'n sweislas te
         verminder.                                                                                                 (2)

9.3      Noem TWEE nadele van die gebruik van setapparate, hegstukke en klampe
         tydens sweiswerk.                                                                                          (2)

9.4      Definieer elastiese vervorming.                                                                            (2)

9.5      Noem DRIE faktore wat naspanning veroorsaak.                                                               (3)

9.6      FIGUUR 9.6 hieronder toon 'n yster-koolstof-ewewigsdiagram. Benoem
         dele A–F.

                                1 000

                                                                                     AC3
                                 900

             TEMPERATUUR (°C)
                                                AC3
                                                                     F
                                 800
                                        AC1            E                                   AC1
                                 720
                                 700

                                          A                                C           D
                                                           B
                                 600

                                    0     0,2     0,4          0,6   0,8       1,0     1,2       1,4
                                                      KOOLSTOFINHOUD (%)
                                                           FIGUUR 9.6                                                 (6)
                                                                                                                     [18]

VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1     Gee TWEE redes vir die foutiewe werking van walsmasjiene as gevolg van
         onvoldoende smering.                                                                                       (2)

10.2     Noem TWEE algemene instandhoudingsprosedures vir 'n staanboor.                                             (2)

10.3     Gee TWEE redes vir die hou van diensrekords van masjiene in 'n
         sweiswerkswinkel.                                                                                          (2)

10.4     Onderskei tussen 'n groot en 'n klein diens.                                                               (2)
                                                                                                                    [8]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        14                         DBE/November 2022
                                                 NSS

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELINGS) (SPESIFIEK)

11.1     Gee TWEE voorbeelde van waar geutbakke gebruik word.                                       (2)

11.2     FIGUUR 11.2 hieronder toon die boaansig van 'n geutbak. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                                                       800
                                  D                                      C

                            200

                                            4                    3

                            400   Y         X

                                            1                    2

                            200

                                  A                                      B
                                      200
                                                              VH = 600

                                                FIGUUR 11.2

         11.2.1       Identifiseer die geutbak in FIGUUR 11.2.                                      (2)

         11.2.2       Bereken die ware lengtes van die volgende:

                      (a)   A–2                                                                     (4)

                      (b)   A–X                                                                     (4)

                      (c)   X–Y                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     15                     DBE/November 2022
                                              NSS

11.3     FIGUUR 11.3 hieronder toon die boaansig van 'n afgeknotte keël.

                             600                                300
                                                            2
                                                        1
                                                    0

                                                            B
                                                  A
                                             FIGUUR 11.3

         Bereken die ware lengtes van die volgende:

         11.3.1       1–2                                                                 (3)

         11.3.2       A–B                                                                 (3)
                                                                                          [21]

                                                                           TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk                   1                            DBE/November 2022
                                                            NSS

                           FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                                  SWEIS- EN METAALWERK

1.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                 πd2
1.1      Aas 
                  4

1.2      Apyp 
                       
                   π D2  d 2         
                       4

1.3                                           Maksimum spanning/Breekspanning
       Veiligheidsfaktor =
                                                    Veilige werkspanning

                           Krag                                                      F
1.4    Spanning =                                                      OF       σ
                           Area                                                      A

                             Verandering in lengte                                   ΔL
1.5    Vervorming =                                                    OF       ε
                             Oorspronklike lengte                                    oL

                                               Spanning                              σ
1.6    Young se modulus =                                              OF       E
                                              Vervorming                             ε

2.     PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                                          r
          y

                                                    𝜽
                                  x

                   y
2.1      Sin θ 
                   r
                    x
2.2      Cos θ 
                    r
                    y
2.3      Tan θ 
                    x

2.4      r2 = x2 + y2
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2    DBE/November 2022
                                               NSS

3.     MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

3.1      Gemiddelde Ø = Buite-Ø – Plaatdikte
                        OF
         Gemiddelde Ø = Binne-Ø + Plaatdikte

3.2      Gemiddelde omtrek = π × Gemiddelde Ø

            (waar Ø = diameter)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2022 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-automotive-afr/3183c777-5d0e-4bec-8dd1-26ff78427229) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-fitting-machining-afr/8aa11e82-686b-4bf7-ba42-5f1f71cc3b16) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology May June 2022 (Fitting and Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2022-fitting-and-machining-eng/e18a2848-0d5e-4e59-9231-992833d13696) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Mechanical Technology May June 2021 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2021-welding-metalwork-afr-1/ffb541c5-7f45-43f5-82cf-5c58353301d3) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
