# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
           word.

9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                TYD IN
  VRAAG                            INHOUD                         PUNTE
                                                                                MINUTE
                                GENERIES
      1         Meervoudigekeuse-vrae                               6              6
      2         Veiligheid                                          10             10
      3         Materiale                                           14             14
                                SPESIFIEK
      4         Meervoudigekeuse-vrae                               14             10
      5         Gereedskap en Toerusting                            23             20
      6         Enjins                                              28             25
      7         Kragte                                              32             25
      8         Instandhouding                                      23             20
      9         Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)             18             20
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                            32             30
                Elektronika)
                                                   TOTAAL           200           180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            3                           DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Wie is verantwoordelik vir veilige werkstoestande in die werkplek?

         A     Vakbond
         B     Werkgewer
         C     Werknemer
         D     Departement van Arbeid                                                              (1)

1.2      Identifiseer die Wet wat poog om die werker teen fisiese beserings in die
         werksplek te beskerm:

         A     Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV), 1993 (Wet 85 van
               1993)
         B     Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
         C     Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
         D     Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997)                      (1)

1.3      Watter veiligheidsmaatreël moet tydens boogsweis toegepas word?

         A     Maak die werkstuk nat voor sweiswerk om oorverhitting te voorkom.
         B     Moenie toelaat dat olie en ghries met suurstofpasstukke in aanraking
               kom nie.
         C     Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers.
         D     Maak seker dat jy die asetileenklep altyd stadig oopmaak.                           (1)

1.4      Identifiseer die toets in FIGUUR 1.4 hieronder.

                                          FIGUUR 1.4

         A     Klanktoets
         B     Ultrasoniese toets
         C     Vonktoets
         D     Snytoets                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           4                          DBE/November 2023
                                          NSS

1.5      Watter hittebehandelingsproses verlig die interne spanning wat deur
         masjinering, smeewerk en sweis veroorsaak word?

         A   Normalisering
         B   Dopverharding
         C   Tempering
         D   Verharding                                                                       (1)

1.6      FIGUUR 1.6 hieronder toon die veranderinge in metaalstrukture gedurende
         die uitgloeiingsproses. Watter verandering word by Y aangedui?

                                                  Y

                                        FIGUUR 1.6

         A     Herstel
         B     Korrelgroei
         C     Herkristallisering
         D     Korrelkristallisering                                                          (1)
                                                                                              [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem TWEE ondersoeke wat op beseerde persone gedoen moet word
         voordat hulle uit 'n gevaarsone verwyder word.                                       (2)

2.2      Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op krag-guillotines gemonteer is.                 (2)

2.3      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat op 'n slypwiel uitgevoer moet
         word voordat dit op 'n bankslyper gemonteer word.                                    (2)

2.4      Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op gassweistoerusting gemonteer is.               (2)

2.5      Noem TWEE voordele van 'n werkswinkel met 'n prosesuitleg.                           (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           5                          DBE/November 2023
                                          NSS

VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

3.1      Gee EEN rede waarom metaallengtes gewoonlik met kleurkodes op die punte
         gemerk word.                                                                         (1)

3.2      Noem EEN eienskap van metale wat deur ELK van die volgende toetse
         bepaal kan word:

         3.2.1       Klanktoets                                                               (1)

         3.2.2       Buigtoets                                                                (1)

         3.2.3       Masjineringstoets                                                        (1)

3.3      Waarom word metaal in hitte geweek wanneer hittebehandelingsprosesse
         uitgevoer word?                                                                      (2)

3.4      Noem TWEE metodes om dopverharding uit te voer.                                      (2)

3.5      Verduidelik hoe staal gedurende hittebehandelingsprosesse uitgegloei word.           (3)

3.6      Noem TWEE blusmediums wat metaal vinnig na hittebehandelingsprosesse
         afkoel.                                                                              (2)

3.7      Watter hittebehandelingsproses volg op die verhardingsproses van 'n metaal?          (1)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            6                           DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Identifiseer die toerusting wat in FIGUUR 4.1 hieronder getoon word.

                                         FIGUUR 4.1

         A     Silinderlekkasietoetser
         B     Kompressietoetser
         C     Brandstofdruktoetser
         D     Uitlaatgasanaliseerder                                                          (1)

4.2      Wanneer die silinderlekkasietoets uitgevoer word, moet die suier op die
         boonste dooiepunt aan die einde van die … wees.

         A     inlaatslag
         B     kompressieslag
         C     kragslag
         D     uitlaatslag                                                                     (1)

4.3      Om gelyke vuurperiodes te verseker, moet die kragimpulse in 'n
         agtsilinder-enjin elke … plaasvind.

         A     30°
         B     60°
         C     90°
         D     120°                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                         DBE/November 2023
                                             NSS

4.4      Wanneer die wederkerige massa van 'n enjin gebalanseer word, …

         A     word die massa van beide die krukpen en die grootkop van die
               suierstang in ag geneem.
         B     word die massa van die boonste derde van die suierstang in ag
               geneem.
         C     word die massa van die onderste derde van die suierstang in ag
               geneem.
         D     word die massa van die suierstang nie in ag geneem nie.                            (1)

4.5      Enjinkapasiteit is die meting van 'n enjin se …

         A     wringkrag.
         B     drywing.
         C     volume.
         D     gemiddelde effektiewe druk.                                                        (1)

4.6      Arbeid word gedefinieer as …

         A     die roterende frekwensie van 'n as.
         B     'n krag wat liniêre beweging veroorsaak.
         C     die tempo waarteen drywing gelewer word.
         D     die verwringingskrag wat op 'n roterende as uitgevoer word.                        (1)

4.7      Wat word deur die dinamometer op 'n enjin gemeet?

         A     Aangeduide drywing
         B     Remdrywing
         C     Gemiddelde effektiewe druk
         D     Wringkrag wat ontwikkel is                                                         (1)

4.8      Wat sal die oorsaak van 'n geslete oliepomp wees?

         A     Die pomp sal stadiger werk.
         B     Dit sal geen effek op die oliedruk hê nie.
         C     Die olie sal dikker word.
         D     Die oliedruk sal laer wees.                                                        (1)

4.9      Waarom moet jy versigtig wees wanneer 'n verkoelerdop van 'n warm enjin
         verwyder word?

         A     Die silinderkoppakstuk kan blaas.
         B     Die enjin sal oorverhit.
         C     Jy kan jouself brand.
         D     Die toetser sal nie 'n akkurate lesing hê nie.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              8                      DBE/November 2023
                                             NSS

4.10     Staakspoed in 'n koppelomsitter gebeur …
         A     wanneer die enjin staak.
         B     wanneer 'n voertuig teen die laagste spoed ry voordat dit staak.
         C     net voordat 'n voertuig begin beweeg.
         D     wanneer die turbine en pomp teen die hoogste spoed en teen dieselfde
               spoed roteer.                                                                 (1)
4.11     Die toestel wat die funksionering van die elektroniese outomatiese
         transmissie beheer, is die …
         A     kragbeheerstelsel.
         B     transmissiebeheereenheid.
         C     bakbeheereenheid.
         D     versnellerposisioneringsensor.                                                (1)
4.12     Wat is die oorsaak van die bandslytasiepatroon wat in FIGUUR 4.12
         hieronder getoon word?

                                            FIGUUR 4.12
         A     Oormatige wielvlug
         B     Oormatige toespoorhoeke
         C     Wangebalanseerde wiel
         D     Wiel wat te styf gepomp is                                                    (1)
4.13     Watter KORREKTE kombinasie van komponente vorm deel van die
         verdelerlose ontstekingstelsel (VOS)?
         A     Elektroniese beheereenheid, krukasposisioneringsensor en ontsteking-
               spoel
         B     Elektroniese beheereenheid, krukasposisioneringsensor en verdeler
         C     Elektroniese beheereenheid, ontstekingspoel en verdeler
         D     Elektroniese beheereenheid, nokasposisioneringsensor en verdeler              (1)
4.14     Waarom word die kalibrasiewaardes van die dieselinspuiter op die EBM
         gelaai?
         A     Om enjinvibrasies te verminder
         B     Om brandstofverbruik te verhoog
         C     Om enjinspoed te verminder
         D     Om die inspuitduur te verhoog                                                 (1)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               9                            DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      Beantwoord die volgende vrae oor ʹn kompressietoetser:

         5.1.1       Verduidelik die funksie van die kompressietoetser.                              (2)

         5.1.2       Gee EEN rede vir lae kompressie in ʹn silinder.                                 (1)

         5.1.3       Verduidelik die rede waarom 'n kaarttipe kompressietoetser verkies
                     word wanneer 'n kompressietoets uitgevoer word.                                 (2)

5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n silinderlekkasietoetser. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                                                            A
                 Drukmeter

                                                Beheerklep

                                             FIGUUR 5.2

         5.2.1       Verduidelik die funksie van die silinderlekkasietoetser.                        (2)

         5.2.2       Identifiseer meter A.                                                           (1)

         5.2.3       Noem die gebruik van die beheerklep.                                            (1)

5.3      Watter eenheid word tydens die uitvoer van die uitlaatgasanalise gebruik om
         ELK van die volgende gasse te meet?

         5.3.1       Koolstofdioksied (CO2)                                                          (1)

         5.3.2       Koolwaterstof (HC)                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               10                     DBE/November 2023
                                              NSS

5.4      Gee TWEE redes waarom die opnemerslang/inlaatpyp vanuit die uitlaat
         verwyder moet word voordat 'n uitlaatgasanaliseerder gekalibreer word.              (2)

5.5      Noem TWEE plekke in 'n motorkajuit waar die ABD-II-prop gewoonlik geleë
         is.                                                                                 (2)

5.6      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat in 'n ABD-II-skandeerder ingevoer
         moet word voordat 'n diagnostiese toets uitgevoer kan word.                         (3)

5.7      Watter tipe wielbalanseringsprosedure word beskryf wanneer die wiel met die
         swaar punt aan die onderkant gedurende wielbalansering stop?                        (1)

5.8      FIGUUR 5.8 hieronder toon 'n borrelvloeimeter. Wat word deur meter 1 tot 4
         gemeet?

                                   Meter 1            Meter 2
                                                                      Meter 3

                                                Meter 4
                                             FIGUUR 5.8                                      (4)
                                                                                             [23]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              11                          DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon die krukas van 'n viersilinderenjin. Beantwoord
         die vrae wat volg.

                                                      B

                            A

                                                               C
                                                 D

                                            FIGUUR 6.1

         6.1.1       Benoem dele A–D.                                                            (4)

         6.1.2       Verduidelik TWEE maniere om die wanbalans van 'n krukas te
                     korrigeer wanneer dinamiese balansering uitgevoer word.                     (2)

6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n gekombineerde rubber-en-wrywingskyf-
         trillingdemper wat op 'n binnebrandenjin gebruik word. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                                           C

                                                           D

                                   B

                                        A

                                            FIGUUR 6.2

         6.2.1       Benoem dele A–D.                                                            (4)

         6.2.2       Waar in die enjin is die trillingdemper gemonteer?                          (1)

         6.2.3       Wat is die funksie van die trillingdemper?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               12                     DBE/November 2023
                                              NSS

6.3      Noem TWEE enjinsilinder-rangskikkings.                                              (2)

6.4      Hoeveel kragslae per omwenteling is daar vir ELK van die volgende
         vierslagenjins?

         6.4.1       Vierslag-viersilinder-enjin                                             (1)

         6.4.2       Vierslag-sessilinder-enjin                                              (1)

6.5      FIGUUR 6.5 hieronder toon aansigte van die turbine van 'n turboaanjaer
         waarvan die wieke toe en oop is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                   Toe                     Oop

                                            FIGUUR 6.5

         6.5.1       Identifiseer die tipe turboaanjaer.                                     (1)

         6.5.2       Waarom is 'n turboaanjaer daartoe in staat om aanjaging in
                     enginkrag te verkry?                                                    (2)

         6.5.3       Noem TWEE faktore wat 'n invloed op die lewensduur en
                     betroubaarheid van 'n turboaanjaer het.                                 (2)

6.6      Noem DRIE nadele van 'n turboaanjaer in vergelyking met 'n superaanjaer.            (3)

6.7      Noem EEN nadeel van ELK van die volgende superaanjaers:

         6.7.1       Roots-superaanjaer                                                      (1)

         6.7.2       Dubbelskroef-superaanjaer                                               (1)

6.8      Gee TWEE redes waarom 'n voertuig met beide 'n superaanjaer en 'n
         turboaanjaer op sy enjin toegerus word.                                             (2)
                                                                                             [28]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             13                          DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Verduidelik EEN verskil tussen die aangeduide drywing en die remdrywing
         van 'n enjin.                                                                           (2)

7.2      Die boor van 'n silinder is 75 mm en die slaglengte van die suier is 80 mm.
         Die kompressieverhouding is 10 : 1.

         Bereken die volgende:

         7.2.1       Die slagvolume                                                              (3)

         7.2.2       Die vry volume                                                              (3)

         7.2.3       Die nuwe slaglengte as die kompressieverhouding na 11 : 1
                     verhoog word. Die vry volume en die boor bly onveranderd. Die
                     antwoord moet in mm wees.                                                   (6)

7.3      Beskryf TWEE metodes om die kompressieverhouding van 'n enjin te verlaag.               (2)

7.4      Die volgende data is tydens 'n Prönyrem-toets op 'n vierslag-viersilinder-enjin
         aangeteken:

         Gemiddelde effektiewe druk:     950 kPa
         Boordiameter:                   90 mm
         Slaglengte:                     85 mm
         Remarmlengte:                   400 mm
         Skaallesing:                    30 kg
         Enjinspoed gedurende toets:     2 000 r/min

         Bereken die volgende:

         7.4.1       Die wringkrag wat ontwikkel is                                              (4)

         7.4.2       Remdrywing in kW                                                            (3)

         7.4.3       Aangeduide drywing in kW                                                    (7)

         7.4.4       Meganiese doeltreffendheid                                                  (2)
                                                                                                 [32]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               14                            DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Beantwoord die volgende vrae oor die uitlaatgasanalise:

         8.1.1       Hoe sal 'n lek op die uitlaatstelsel, inlaatspruitstuk of vakuumstelsel
                     die lesings beïnvloed?                                                         (2)

         8.1.2       Noem TWEE ideale uitlaatgaslesings.                                            (2)

8.2      Noem TWEE voorafkontroles wat op 'n kompressietoetser gedoen moet word
         voordat 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word.                           (2)

8.3      Tabuleer DRIE foute en hulle moontlike oorsake wanneer 'n lek gedurende 'n
         silinderlekkasietoets bespeur word.                                                        (6)

8.4      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat vereis               word    wanneer     'n
         oliedruktoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word.                                        (3)

8.5      Noem VIER moontlike oorsake van 'n lae brandstofdruklesing.                                (4)

8.6      Verduidelik stap vir stap hoe om 'n druktoets op 'n verkoelerdop uit te voer.              (4)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             15                            DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Verduidelik VIER redes waarom 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas
         toegerus is, verkies word bo 'n voertuig wat met 'n handratkas toegerus is.              (4)

9.2      Beskryf hoe 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas toegerus is oor 'n lang
         afstand gesleep moet word.                                                               (2)

9.3      FIGUUR 9.3 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n koppelomsitter.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                                                  Turbine

                                              Stator
                     Omhulsel Drukplaat
                                                         Stuwer

                                          FIGUUR 9.3

         9.3.1       Beskryf DRIE funksies van 'n koppelomsitter.                                       (3)

         9.3.2       Watter onderdeel voorkom glip in 'n koppelomsitter?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              16                       DBE/November 2023
                                             NSS

9.4      FIGUUR 9.4 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n remband in 'n outomatiese
         ratkas. Beantwoord die vrae wat volg.

                          B                                       C
                  A

                                                             D

                                           FIGUUR 9.4

         9.4.1        Benoem dele A–D.                                                         (4)

         9.4.2        Wat is die funksie van deel D?                                           (1)

         9.4.3        Watter onderdeel van die outomatiese ratkas beheer die remband?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            17                          DBE/November 2023
                                           NSS

9.5      FIGUUR 9.5 hieronder toon 'n dubbele episikliese ratstelsel. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                                                 Remband
                 Annulus A2                                 Annulus A1

                                                              Planeetdraer

                     Inset-as

                                                               Uitset-as

                 Sonrat S2                                  Sonrat S1

                                                       Planeetrat P1
                 Planeetrat P2

                                          FIGUUR 9.5

         9.5.1        Watter rat word gekies wanneer sonrat S1 en S2 deur die enjin
                      aangedryf word terwyl annulus A1 stil gehou word?                         (1)

         9.5.2        Watter rat word gekies wanneer sonrat S1 en S2 deur die enjin
                      aangedryf word terwyl annulus A2 stil gehou word?                         (1)
                                                                                                [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           18                            DBE/November 2023
                                          NSS

VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER               (ASSE,     STUURGEOMETRIE           EN
               ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Verduidelik die funksie van ʹn stuurmeganisme.                                         (2)

10.2     Noem TWEE tekens van 'n wangebalanseerde wiel op 'n voertuig.                          (2)

10.3     Beskryf hoe statiese wielbalansering gedoen            word     en   hoe     'n
         wangebalanseerde wiel gekorrigeer kan word.                                            (4)

10.4     FIGUUR 10.4 hieronder toon 'n skets van 'n wielsporingshoek. Benoem
         A–D.

                                           C
                         B                                      D

                                                          Voorkant van
                                                          voertuig

                        A

                                                   Padoppervlak

                                        FIGUUR 10.4                                             (4)

10.5     Verduidelik TWEE voordele van 'n elektriese brandstofpomp wat op 'n
         voertuig gemonteer is.                                                                 (2)

10.6     Noem die doel van ELK van die volgende komponente wat op ʹn
         brandstofleweringstelsel gemonteer is:

         10.6.1      Drukreguleerder                                                            (1)

         10.6.2      Brandstoffilter                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             19                               DBE/November 2023
                                            NSS

10.7     FIGUUR 10.7 hieronder toon 'n luginduksiestelsel. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                             Luginlaatkamer
                                      C                                        D

                B

                            A

                                          FIGUUR 10.7

         10.7.1      Benoem A–D.                                                                  (4)

         10.7.2      Wat is die doel van die           luginduksiestelsel      wat   op   'n
                     binnebrandenjin gemonteer is?                                                (2)

10.8     Wat is die doel van die lambda-sensor in 'n uitlaatstelsel?                              (2)

10.9     Teken TWEE netjies benoemde sketse om                  die    twee     verskillende
         statorwikkeling-konneksies in 'n alternator te toon.                                     (4)

10.10    Noem TWEE metodes om die uitset van 'n alternator te verhoog.                            (2)

10.11    Verduidelik TWEE hoofdoelwitte van 'n aanpasbare spoedbeheerkontrole wat
         op 'n voertuig gemonteer is.                                                             (2)
                                                                                                  [32]

                                                                                   TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               1                  DBE/November 2023
                                              NSS

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

   1.         F=m×a

              Waar:
                      m = Massa
                      a = Versnelling

   2.         Arbeid verrig = Krag × Verplasing         OF   W=F×s

                          Krag  Verplasing                       Fs
   3.         Drywing =                                 OF   P
                                Tyd                                t

   4.         Wringkrag = Krag × Radius                 OF   T=F×r

   5.         AD = P × L × A × N × n

              Waar:
                     AD = Aangeduide drywing
                      P = Gemiddelde effektiewe druk
                      L = Slaglengte
                      A = Area van suierkroon
                      N = Aantal kragslae per sekonde
                      n = Aantal silinders

   6.         RD = 2πNT

              Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag

   7.          Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R

              Waar:

                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      F = Krag
                      R = Remarmlengte

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                2                      DBE/November 2023
                                               NSS

                                               RD
   8.         Meganiese doeltreffendheid =         100%
                                               AD

   9.         Kompressieverhouding = SV  VV
                                          VV
              Waar:
                      SV = Slagvolume
                      VV = Vry volume

                       πD 2
   10.        SV =          L
                        4
              Waar:
                      D = Boordiameter
                      L = Slaglengte

                       SV
   11.        VV =
                      KV-1

                                   Produk van tande op gedrewe ratte
   12.        Ratverhouding =
                                     Produk van tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Fitting & Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-fitting-machining-afr/13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
