# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

           MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                                NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     2                          DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
           word.

9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                  TYD IN
     VRAAG                         INHOUD                         PUNTE
                                                                                  MINUTE
                                GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                6               6
       2        Veiligheid                                           10              10
       3        Materiale                                            14              14
                                SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                14               10
       5        Terminologie (Maatvorms)                             23               20
       6        Gereedskap en Toerusting                             18               10
       7        Kragte                                               45               40
       8        Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislasse)           23               20
       9        Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)             18               20
      10        Instandhouding                                       8                10
      11        Terminologie (Ontwikkelings)                         21               20
                                                  TOTAAL            200              180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     3                       DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Wie is verantwoordelik vir veilige werkstoestande in die werkplek?

         A     Vakbond
         B     Werkgewer
         C     Werknemer
         D     Departement van Arbeid                                                              (1)

1.2      Identifiseer die Wet wat poog om die werker teen fisiese beserings in die
         werksplek te beskerm:

         A     Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV), 1993 (Wet 85 van
               1993)
         B     Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
         C     Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
         D     Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997)                      (1)

1.3      Watter veiligheidsmaatreël moet tydens boogsweis toegepas word?

         A     Maak die werkstuk nat voor sweiswerk om oorverhitting te voorkom.
         B     Moenie toelaat dat olie en ghries met suurstofpasstukke in aanraking
               kom nie.
         C     Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers.
         D     Maak seker dat jy die asetileenklep altyd stadig oopmaak.                           (1)

1.4      Identifiseer die toets in FIGUUR 1.4 hieronder.

                                             FIGUUR 1.4

         A     Klanktoets
         B     Ultrasoniese toets
         C     Vonktoets
         D     Snytoets                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     4                      DBE/November 2023
                                              NSS

1.5      Watter hittebehandelingsproses verlig die interne spanning wat deur
         masjinering, smeewerk en sweis veroorsaak word?

         A    Normalisering
         B    Dopverharding
         C    Tempering
         D    Verharding                                                                      (1)

1.6      FIGUUR 1.6 hieronder toon die veranderinge in metaalstrukture gedurende
         die uitgloeiingsproses. Watter verandering word by Y aangedui?

                                                     Y

                                             FIGUUR 1.6

         A     Herstel
         B     Korrelgroei
         C     Herkristallisering
         D     Korrelkristallisering                                                          (1)
                                                                                              [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem TWEE ondersoeke wat op beseerde persone gedoen moet word
         voordat hulle uit 'n gevaarsone verwyder word.                                       (2)

2.2      Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op krag-guillotines gemonteer is.                 (2)

2.3      Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat op 'n slypwiel uitgevoer moet
         word voordat dit op 'n bankslyper gemonteer word.                                    (2)

2.4      Noem TWEE veiligheidstoestelle wat op gassweistoerusting gemonteer is.               (2)

2.5      Noem TWEE voordele van 'n werkswinkel met 'n prosesuitleg.                           (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    5                      DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

3.1      Gee EEN rede waarom metaallengtes gewoonlik met kleurkodes op die punte
         gemerk word.                                                                         (1)

3.2      Noem EEN eienskap van metale wat deur ELK van die volgende toetse
         bepaal kan word:

         3.2.1       Klanktoets                                                               (1)

         3.2.2       Buigtoets                                                                (1)

         3.2.3       Masjineringstoets                                                        (1)

3.3      Waarom word metaal in hitte geweek wanneer hittebehandelingsprosesse
         uitgevoer word?                                                                      (2)

3.4      Noem TWEE metodes om dopverharding uit te voer.                                      (2)

3.5      Verduidelik hoe staal gedurende hittebehandelingsprosesse uitgegloei word.           (3)

3.6      Noem TWEE blusmediums wat metaal vinnig na hittebehandelingsprosesse
         afkoel.                                                                              (2)

3.7      Watter hittebehandelingsproses volg op die verhardingsproses van 'n metaal?          (1)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     6                     DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter EEN van die volgende komponente is deel van 'n draagbare elektriese
         hoekslyper?

         A     Veiligheidskerm
         B     Staander
         C     Gereedskapsrus
         D     Slypwielbywerker                                                               (1)

4.2      Wat stel die sweissimbool in FIGUUR 4.2 voor?

                                             FIGUUR 4.2

         A     Projeksie
         B     Punt
         C     Foeliesoom
         D     Weerstandstuik                                                                 (1)

4.3      Watter EEN van die volgende tappe word tweede gebruik wanneer interne
         skroefdrade gesny word?

         A     Voorsnytap
         B     Beginsnytap
         C     Tussensnytap
         D     Boomsnytap                                                                     (1)

4.4      'n Staalraamwerk word hieronder in FIGUUR 4.4 getoon. Identifiseer deel A.

                                                    A

                                             FIGUUR 4.4

         A     Boflens
         B     Kaplat
         C     Nokdekking
         D     Knoopplaat                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk       7                  DBE/November 2023
                                                NSS

4.5      Waarna verwys M in aanvullende sweissimbole?

         A     Masjien
         B     Millimeter
         C     Mega
         D     Meter                                                                         (1)

4.6      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van dopverharde materiaal?

         A     Boorpunte
         B     Nokasse
         C     Houtwerksae
         D     Skroewedraaiers                                                               (1)

4.7      Watter metode kan gebruik word om vervorming tydens boogsweising te
         verminder?

         A     Terugstap-sweiswerk
         B     Rondslag-sweiswerk
         C     Verkoel in water
         D     Vorentoe-sweiswerk                                                            (1)

4.8      Wat is die nadeel daarvan om setmate tydens sweising te gebruik?

         A     Dit beperk die metaal se beweging.
         B     Dit stel die metaal in staat om te rek.
         C     Dit stel die metaal in staat om te beweeg.
         D     Dit stel die metaal in staat om te verhard.                                   (1)

4.9      Wat is die doel van uitgloeiing van staal?

         A     Om te verhard
         B     Om te temper
         C     Om die kern te verhard
         D     Om interne spanning te verminder                                              (1)

4.10     Definieer porositeit in 'n sweislas:

         A     Kom as 'n holte aan die einde van 'n sweislas voor
         B     Klein pengaatjies in sweismetaal as gevolg van atmosferiese
               kontaminasie
         C     Kom as 'n holte aan die begin van 'n sweislas voor
         D     Metaal gevind in sweismetaal as gevolg van oppervlakkontaminasie              (1)

4.11     Wat word die struktuur vir suiwer yster genoem met verwysing na die
         yster-koolstof-ekwilibriumdiagram?

         A    Ferriet
         B    Perliet
         C    Sementiet
         D    Ousteniet                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      8                      DBE/November 2023
                                               NSS

4.12     Identifiseer die tipe toets wat in FIGUUR 4.12 hieronder uitgevoer word.

                                              FIGUUR 4.12

         A    Kerfbreektoets
         B    Kerfbuigtoets
         C    Visuele inspeksie
         D    Ultrasoniese toets                                                                (1)

4.13     Identifiseer die tipe krag wat op die klinknael in FIGUUR 4.13 hieronder
         uitgevoer word wanneer die plate uit mekaar getrek word.

                                             FIGUUR 4.13

         A     Spanningskrag
         B     Vervormingskrag
         C     Drukkrag
         D     Skuifkrag                                                                        (1)

4.14     Watter stuk gereedskap word gebruik om 'n oneweredig geslete slypwiel op te
         knap?

         A     Skroewedraaier-bywerker
         B     Huntington-bywerker
         C     Vyl-bywerker
         D     Ystersaag-bywerker                                                               (1)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         9                  DBE/November 2023
                                                  NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      'n Geelkoperring moet met gebruik van 'n 30 x 30 mm-vierkantstaaf
         vervaardig word. Die ring het 'n binnediameter van 870 mm.

         Bereken die volgende:

         5.1.1       Die gemiddelde diameter van die ring                                      (2)

         5.1.2       Die gemiddelde omtrek van die ring (rond antwoord tot die naaste
                     heelgetal af)                                                             (3)

5.2      Teken die smeltsweissimbole vir die volgende:

         5.2.1       Vierkantstuik                                                             (2)

         5.2.2       V-groef                                                                   (2)

         5.2.3       U-stuik                                                                   (2)

         5.2.4       J-stuik                                                                   (2)

         5.2.5       Geronde V                                                                 (2)

5.3      FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n tekening met relevante sweisinligting wat nodig
         is om 'n komponent te vervaardig.

                                                  B          C
                                      A

                                                        10

                                                        G    F   E            D

                                             FIGUUR 5.3

         5.3.1       Identifiseer die tipe las.                                                (1)

         5.3.2       Identifiseer byskrifte A–G.                                               (7)
                                                                                               [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      10                   DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      Noem DRIE tipes metaal wat met 'n plasmasnyer gesny kan word.                        (3)

6.2      Noem DRIE gebruike van 'n bankslyper.                                                (3)

6.3      FIGUUR 6.3 hieronder toon 'n boogsweisopset.

                             A                                   C

                                                     B

                                    E
                                                          D

                                             FIGUUR 6.3

         6.3.1       Benoem dele A–E.                                                         (5)

         6.3.2       Noem EEN voordeel van MIG/MAGS-sweiswerk bo boogsweiswerk.               (1)

6.4      Bepaal die boorgrootte wat benodig word om 'n M10 x 1,5 interne skroefdraad
         te tap.                                                                              (3)

6.5      Noem DRIE tipes walsmasjiene.                                                        (3)
                                                                                              [18]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    11                         DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n balk wat aan drie puntladings onderwerp word.

                      4N                          5N                3N
                            A                          B                   C

                 1,5 m                 2m                     2m               1,5 m

            RL                                                                          RR
                                                 FIGUUR 7.1

         7.1.1       Bereken die grootte van die reaksies by RL en RR.                           (8)

         7.1.2       Bereken die buigmomente by punte A, B en C.                                 (6)

         7.1.3       Teken 'n buigmomentdiagram.

                     Skaal: Buigmomente: 1 m = 10 mm en 1 Nm = 10 mm                             (6)

7.2      'n Las van 65 kN veroorsaak 'n trekspanning van 5 MPa in 'n ronde
         aluminiumstaaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 250 mm. Young se
         modulus vir aluminium is 75 GPa.

         Bereken die volgende:

         7.2.1       Die oppervlakte van die staaf                                               (3)

         7.2.2       Die diameter van die staaf                                                  (3)

         7.2.3       Die vervorming                                                              (2)

         7.2.4       Die verandering in lengte                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     12                       DBE/November 2023
                                              NSS

7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n dakkap. Bestudeer die diagram en beantwoord
         die vrae wat volg.

                                                220 N

                                    A                         B

                                                    D

                            30°                                   30°
                                                  C
                                                 10 m
                  110 N                                                    110 N

                                             FIGUUR 7.3

         7.3.1       Teken die ruimtediagram volgens skaal 10 mm = 1 m.                         (3)

         7.3.2       Teken die vektordiagram volgens skaal 1 mm = 2 N.                          (5)

         7.3.3       Bepaal die grootte van die kragte in dele AD, BD en CD.
                     Identifiseer die dele as stutte of binte.                                  (6)
                                                                                                [45]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk    13                        DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1      Identifiseer die sweisdefekte in FIGUUR 8.1.1 en 8.1.2 hieronder.

         8.1.1

                                 FIGUUR 8.1.1                                                      (1)

         8.1.2

                                 FIGUUR 8.1.2                                                      (1)

8.2      Wat is die hoofredes vir die inspeksie van sweislasse?                                    (2)

8.3      Noem TWEE sweisdefekte wat onthul kan word wanneer die volgende toetse
         uitgevoer word:

         8.3.1       Kerfbreektoets                                                                (2)

         8.3.2       Geleidebuig-toets                                                             (2)

8.4      Definieer 'n nie-vernietigende toets soos op sweislasse uitgevoer.                        (2)

8.5      Noem DRIE metodes wat gebruik word om dwarskrake te verminder.                            (3)

8.6      Wat veroorsaak 'n kraterkraak in 'n sweislas?                                             (1)

8.7      Noem DRIE voordele van die gebruik van 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n
         sweislas.                                                                                 (3)

8.8      Beskryf die prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n ultrasoniese toets op
         'n sweislas uitgevoer word.                                                               (6)
                                                                                                   [23]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     14                      DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1      Noem DRIE faktore wat 'n invloed op krimping in 'n sweislas het.                        (3)

9.2      Verduidelik wat klopwerk is.                                                            (2)

9.3      Noem TWEE tipes rugsteune wat gebruik word om vervorming gedurende
         stuiksweiswerk van plate te beheer.                                                     (2)

9.4      Beskryf die effek van warmbewerking op staal.                                           (3)

9.5      Noem DRIE faktore wat naspanning in sweislasse veroorsaak.                              (3)

9.6      Identifiseer die tipes vervormings wat in FIGUUR 9.6.1 en 9.6.2 hieronder
         getoon word.

         9.6.1

                               FIGUUR 9.6.1                                                      (1)

         9.6.2

                               FIGUUR 9.6.2                                                      (1)

9.7      Noem DRIE effekte van die tempo van afkoeling op 'n sweislas.                           (3)
                                                                                                 [18]

VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1     Definieer die term smering.                                                             (2)

10.2     Noem EEN negatiewe impak van oorbelading op die volgende:

         10.2.1      Pons-en-knipmasjiene                                                        (1)

         10.2.2      Guillotines                                                                 (1)

10.3     Hoekom het merkplaatjies veelvuldige gate?                                              (2)

10.4     Gee EEN rede waarom instandhouding gedoen word.                                         (1)

10.5     Noem EEN metode om wrywing te verminder wanneer gate geboor word.                       (1)
                                                                                                 [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        15            DBE/November 2023
                                                 NSS

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELINGS) (SPESIFIEK)

11.1     FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n vierkant-na-vierkant-geutbak (van die
         middelpunt af).

                                                    500
                                              350
                                    120
                                D                                 C

                                                                      Vertikale hoogte = 400
                           90

                                          4                 3
                     320

                                          1
             500                                            2

                                A                                 B

                                              FIGUUR 11.1

         Bereken die ware lengte van die volgende:

         11.1.1        A–2                                                                     (4)

         11.1.2        B–3                                                                     (4)

         11.1.3        C–4                                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      16                                          DBE/November 2023
                                               NSS

11.2     FIGUUR 11.2 hieronder toon 'n boaansig van 'n vierkant-na-rond-
         oorgangstuk.

                           D                                   C

                                                                   Vertikale hoogte = 400
                     600
                                                           6   Y

                                                       5       X
                                                   4
                                               3

                           A                                   B

                                             FIGUUR 11.2

         Bereken die ware lengtes van die volgende:

         11.2.1      5–6                                                                                        (2)

         11.2.2      3–6                                                                                        (3)

         11.2.3      B–6                                                                                        (4)
                                                                                                                [21]

                                                                                                 TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk            1                           DBE/November 2023
                                                     NSS

                           FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                                  SWEIS- EN METAALWERK

1.     SPANNING EN VERVORMING

                 πd2
1.1      Aas 
                  4

1.2      Apyp 
                       
                π D2  d 2         
                    4
                                       Maksimum spanning/Breekspanning
1.3      Veiligheidsfaktor =
                                             Veilige werkspanning

                           Krag                                               F
1.4     Spanning =                                            OF         σ
                           Area                                               A
                                  Verandering in lengte                   ΔL
1.5       Vervorming =
                                  Oorspronklike lengte          OF   ε
                                                                          OL

                                        Spanning                σ
1.6      Young se modulus =                           OF   E
                                       Vervorming               ε

2.     PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                                   r
          y

                                             𝜽
                              x
                   y
2.1      Sin θ 
                   r
                     x
2.2      Cos θ 
                     r
                     y
2.3      Tan θ 
                     x
2.4      r 2  x2  y2

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2    DBE/November 2023
                                               NSS

3.     MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

3.1      Gemiddelde Ø = Buite-Ø – Plaatdikte
                       OF
        Gemiddelde Ø = Binne-Ø + Plaatdikte

3.2      Gemiddelde omtrek = π x Gemiddelde Ø

           (waar Ø = diameter)

4.     SKROEFDRADE

      Boorgrootte = Buite Ø – Steek

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Fitting & Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-fitting-machining-afr/13f8ed56-a4ef-4858-8d10-2d07c992e826) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
