# Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-automotive-afr/6ad35ea5-f7eb-488b-9074-0fda30e852b0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-automotive-afr/6ad35ea5-f7eb-488b-9074-0fda30e852b0)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              2                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
            ANTWOORDEBOEK verskaf word.

 2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
            desimale plekke af.

 7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
            tekeninstrumente gebruik.

 8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
            word.

 9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

 11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

 12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

      VRAAG                        INHOUD                          PUNTE         TYD IN MINUTE
                                 GENERIES
        1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                  6
        2        Veiligheid                                           10                10
        3        Materiale                                            14                14
                                 SPESIFIEK
        4        Meervoudigekeuse-vrae                                14                10
        5        Gereedskap en Toerusting                             23                20
        6        Enjins                                               28                25
        7        Kragte                                               32                25
        8        Instandhouding                                       23                20
        9        Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)              18                20
                 Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
       10                                                             32                30
                 Elektronika)
                                                    TOTAAL           200               180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Motorkunde           3                            DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.       Nov

 1.1      Watter stelling hieronder is KORREK met betrekking tot 'n aanbeveling vir
          die toepassing van noodhulp?

          Moet NIE … NIE.

          A     enigiets wat aan die wond vassit, verwyder
          B     die pasiënt se pols nagaan
          C     aandag gee aan bloedverlies of asemhalingsprobleme
          D     die omgewing vir gevaarlike voorwerpe nagaan                                   (1)

 1.2      Waar daar meer as … werknemers by 'n werksplek in diens is, moet die
          werkgewer 'n toeganklike noodhulpkas voorsien.

          A     2
          B     3
          C     4
          D     5                                                                              (1)

 1.3      Wat veroorsaak ongelukke wanneer daar met roterende masjinerie, soos 'n
          bankslyper, gewerk word?

          A     Te veel selfvertroue
          B     Korrekte wielgrootte
          C     Gaping tussen gereedskapsrus en slypwiel oorskry nie 3 mm nie
          D     Korrek gegradeerde slypwiel vir die bankslyper                                 (1)

 1.4      Watter toets beskadig NIE 'n werkstuk NIE?

          A     Vonktoets
          B     Klanktoets
          C     Buigtoets
          D     Masjineringstoets                                                              (1)

 1.5      Watter van die volgende produkte is dopverhard?

          A     Blikkies
          B     Masjienskerms
          C     Handvyle
          D     Ratte en nokke                                                                 (1)

 1.6      Watter proses is die eerste stap in die produksie van hoësterkte-staal?

          A     Normalisering
          B     Uitgloeiing
          C     Verharding
          D     Tempering                                                                      (1)
                                                                                               [6]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Motorkunde            4                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
          horisontale bandsaag aangeskakel word.                                               (2)

 2.2      Noem die DRIE stadia wanneer basiese noodhulpbehandeling toegepas
          word om 'n beseerde persoon te help.                                                 (3)

 2.3      Hoekom mag olie of ghries NIE met die suurstofpasstukke in aanraking kom
          wanneer suurstofsilinders hanteer word NIE?                                          (1)

 2.4      Noem TWEE nadele van die proseswerkswinkeluitleg.                                    (2)

 2.5      Noem TWEE voordele van die produkwerkswinkeluitleg.                                  (2)
                                                                                               [10]

 VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

 3.1      Noem of die volgende materiale gedurende die vyltoets maklik of moeilik vyl:

          3.1.1       Gietyster                                                                (1)

          3.1.2       Gietstaal                                                                (1)

          3.1.3       Sagte staal                                                              (1)

 3.2      Verduidelik wat hittebehandeling is.                                                 (3)

 3.3      Verduidelik wat die effekte sal wees indien metaal gedurende die
          hittebehandelingsproses te vinnig verhit word.                                       (4)

 3.4      Noem die TWEE tipes staal wat die geskikste vir dopverharding is.                    (2)

 3.5      Verduidelik die rede vir die tempering van staal gedurende die
          hittebehandelingsproses.                                                             (2)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Motorkunde            5                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

 4.1      'n ABD-skandeerder word op voertuie met … gebruik.

          A     vergassers
          B     geen elektroniese beheermodule (EBM) nie
          C     'n elektroniese beheereenheid (EBE)
          D     kontakbreker-ontstekingstelsels                                                 (1)

 4.2      Watter wielsporingsgereedskap word gebruik om uitsporing te meet?

          A     Draaitafel
          B     Dunlop-meter
          C     Borrelvloeimeter
          D     Wielbalanseerder                                                                (1)

 4.3      Watter EEN van die volgende is deel van die wederkerige massa in 'n enjin?

          A     Nokas
          B     Kleppe
          C     Suiers
          D     Krukas                                                                          (1)

 4.4      Watter EEN van die volgende is die oorsaak van krukasvibrasies?

          A     Noukeurig gebalanseerde krukaswebbe
          B     Ovaal krukastappe
          C     Gebalanseerde roterende massa
          D     Gebalanseerde wederkerige massa                                                 (1)

 4.5      Wringkrag word gedefinieer as …

          A     die roterende frekwensie van 'n as.
          B     'n krag wat lineêre beweging veroorsaak.
          C     die tempo waarteen werkverrigting plaasvind.
          D     die verwringingskrag wat op 'n roterende as toegepas word.                      (1)

 4.6      Watter metode hieronder word gebruik om die kompressieverhouding van 'n
          enjin te verhoog?

          A     Pas 'n dunner pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop
          B     Pas die suiers met geskikte laer krone
          C     Pas 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop
          D     Pas 'n krukas met 'n korter slag                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Motorkunde           6                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 4.7      Identifiseer die diagram wat in FIGUUR 4.7 hieronder getoon word.

                                         FIGUUR 4.7

          A     Planimeter
          B     Indikatordiagram
          C     Koolstofinhoud-ekwilibriumdiagram
          D     Spanning-vormveranderingsdiagram                                             (1)

 4.8      Watter EEN van die volgende is 'n rede vir 'n hoë koolwaterstof(HC)-lesing
          op 'n binnebrandenjin?

          A     Ideale lug-brandstofverhouding
          B     Warm kleppe
          C     'n Verstopte lugfilter
          D     Arm lug-brandstofverhouding                                                  (1)

 4.9      'n Nat kompressietoets kan gebruik word om vas te stel of die silinder by
          die … 'n lekkasie het.

          A     inlaatklep
          B     uitlaatklep
          C     suierringe
          D     koppasstuk                                                                   (1)

 4.10     Watter van die volgende bepaal die korrekte ratverhouding volgens las en
          spoed in 'n outomatiese ratkas?

          A     Rembande
          B     Hidrouliese suiers
          C     Klephuis
          D     Oliepomp                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             7                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 4.11     Watter rat is geselekteer wanneer die planeetdraer op 'n episikliese ratstelsel
          gesluit is?

          A     Eerste of lae rat
          B     Tweede of intermediêre rat
          C     Derde of hoogste rat
          D     Trurat                                                                            (1)

 4.12     Watter van die volgende sal 'n groot positiewe wielvlughoek op die wiele van
          'n voertuig veroorsaak?

          A     Verhoog die negatiewe effekte van KSH
          B     'n Negatiewe draai-effek van die voertuig
          C     Die wiele sal ophou roteer
          D     Die bande sal eweredig slyt                                                       (1)

 4.13     Identifiseer die simbool wat in FIGUUR 4.13 hieronder getoon word.

                                          FIGUUR 4.13

          A     Reguleerder
          B     Kapasitor
          C     Diode
          D     Verdeler                                                                          (1)

 4.14     Wat is die funksie van 'n diesel-partikulêre filter (DPF)?

          A     Om die inlaatlug skoon te maak
          B     Om die partikels (deeltjies) vanaf die brandstof skoon te maak
          C     Om die brandstof te atomiseer
          D     Om roet in as te verander                                                         (1)
                                                                                                  [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              8                      DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 5.1      Hoekom word die volgende prosedures gedurende 'n kompressietoets
          uitgevoer?

          5.1.1        Die lugfilter word verwyder                                           (1)

          5.1.2        Vuilheid rondom die vonkproppe word verwyder voordat die
                       vonkproppe verwyder word                                              (1)

          5.1.3        Ontkoppel die ontstekingstelsel                                       (1)

          5.1.4        Teken die lesings aan                                                 (1)

 5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n silinderlekkasietoetser. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                     Drukmeter

                                                              C

                      A

                                                             B

                                            FIGUUR 5.2

          5.2.1        Benoem A–C.                                                           (3)

          5.2.2        Wat is die meeteenheid op die drukmeter?                              (1)

          5.2.3        Wat is die meeteenheid van meter C?                                   (1)

 5.3      Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer die
          uitlaatgasanalise uitgevoer word.                                                  (4)

 5.4      Beskryf TWEE funksies van die aanboord- diagnostiese skandeerder.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             9                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 5.5      FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n masjien wat in 'n motorwerkswinkel gebruik
          word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                           FIGUUR 5.5

          5.5.1       Identifiseer die masjien.                                              (1)

          5.5.2       Noem TWEE funksies van hierdie masjien.                                (2)

          5.5.3       Watter veiligheidstoestel is NIE aan hierdie masjien gekoppel
                      NIE?                                                                   (1)

          5.5.4       Hoekom moet hierdie masjien gekalibreer word?                          (1)

 5.6      Verduidelik, in DRIE stappe, hoe om die wielvlughoek te meet nadat die
          borrelvloeimeter op die wiel gepas is.                                             (3)
                                                                                             [23]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               10                      DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

 6.1      Wat is die primêre funksie van die krukas?                                            (2)

 6.2      Noem die onderdeel wat gewoonlik op die neus van die krukas aangebring
          word om trillings te verminder.                                                       (1)

 6.3      Hoekom word die wederkerige massa so lig as moontlik gehou?                           (1)

 6.4      Verduidelik hoe om die ontstekingsorde van 'n enjin se klepgang te verkry
          nadat die klepdeksel verwyder is.                                                     (3)

 6.5      FIGUUR 6.5 hieronder toon die uitleg van 'n viersilinder-vierslagenjin.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       B

                          A

                                                 C

                                             FIGUUR 6.5

          6.5.1       Identifiseer die tipe enjinuitleg.                                        (1)

          6.5.2       Benoem A–C.                                                               (3)

 6.6      Teken 'n netjiese, benoemde skets om die posisie van die krukpenne in
          'n sessilinder-gelidenjin te illustreer.                                              (3)

 6.7      Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot turboaanjaers:

          6.7.1       Beskryf DRIE voordele van die gebruik van 'n turboaanjaer op 'n
                      enjin.                                                                    (3)

          6.7.2       Gee TWEE redes hoekom sintetiese olie gebruik word om
                      turboaanjaers te smeer.                                                   (2)

          6.7.3       Watter tipe turboaanjaer het nie wieke nie?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             11                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 6.8      Verduidelik die volgende terme met betrekking tot turboaanjaers:

          6.8.1       Aanjaging                                                                (2)

          6.8.2       Turbo-sloerwerking                                                       (2)

 6.9      FIGUUR 6.9 hieronder toon 'n superaanjaer. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   B

                        A
                                                                    C

                                           FIGUUR 6.9

          6.9.1       Identifiseer die tipe superaanjaer.                                      (1)

          6.9.2       Benoem A–C.                                                              (3)
                                                                                               [28]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             12                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

 7.1      Definieer die volgende terme:

          7.1.1       Vry volume                                                                (2)

          7.1.2       Kompressieverhouding                                                      (2)

 7.2      Bereken die arbeid verrig indien 'n hyser 'n voertuig wat 690 kg weeg, tot op
          'n hoogte van 2 m moet hys.                                                           (3)

 7.3      Noem TWEE metodes om die vry volume van 'n binnebrandenjin te verlaag.                (2)

 7.4      FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n silinder. Beantwoord die vrae wat volg.

               A = 79 mm
               B = 83 mm                                                      BDP
               KV = 9 : 1

                                                  B                       A

                                                                              ODP

                                           FIGUUR 7.4

          7.4.1       Benoem afstande A en B.                                                   (2)

          7.4.2       Bereken die slagvolume in die silinder in cm3 wanneer A = 79 mm
                      en B = 83 mm.                                                             (3)

          7.4.3       Bereken die vry volume van die silinder.                                  (3)

 7.5      Die volgende data is aangeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
          viersilinderpetrolenjin uitgevoer is:
          Gemiddelde effektiewe druk:     1 400 kPa
          Slag:                           110 mm
          Boordiameter:                   100 mm
          Enjinrewolusies:                3 600 r/min
          Bereken die aangeduide drywing in kW.                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Motorkunde           13                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 7.6      Die aangeduide drywing van 'n tweeslagenjin is 50 kW teen 2 000 r/min. Dit
          het 'n silinderboordiameter van 35 mm met 'n slaglengte van 40 mm. Die
          krag wat benodig word om die vliegwiel te stop, is 50 N met 'n remarmlengte
          van 350 mm.

          Bereken die volgende:

          7.6.1       Wringkrag                                                               (3)

          7.6.2       Remdrywing in kW                                                        (3)

          7.6.3       Meganiese doeltreffendheid                                              (2)
                                                                                              [32]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             14                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 8.1      TABEL 8.1 hieronder toon inligting oor die uitslae van die uitlaatgasanalise
          van 'n binnebrandenjin.

          Voltooi TABEL 8.1 deur EEN oorsaak en EEN toepaslike regstellende
          maatreël vir ELKE fout te gee. Skryf slegs die antwoord langs die
          vraagnommers (8.1.1 tot 8.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                             MOONTLIKE            REGSTELLENDE
                  FOUTE (LESING)
                                              OORSAKE              MAATREËLS
           Hoë koolstofmonoksied-
                                                 8.1.1                  8.1.2
           lesing (CO)
           Lae koolstofdioksied-
                                                 8.1.3                  8.1.4
           lesing (CO2)
                                             TABEL 8.1                                           (4)

 8.2      Die lesings hieronder is gedurende 'n kompressietoets op 'n viersilinder-
          binnebrandenjin geneem. Beantwoord die vrae wat volg.

          Silinder 1:        9 bar
          Silinder 2:        7,1 bar
          Silinder 3:        8,7 bar
          Silinder 4:        8,9 bar

          8.2.1         Wat is die maksimum variasie, in persentasie (%), tussen die
                        kompressielesings toegelaat?                                           (1)

          8.2.2         Noem EEN moontlike oorsaak en die regstellende maatreël vir
                        die lae lesing in silinder 2.                                          (2)

 8.3      Identifiseer VIER plekke waar lekkasies gedurende 'n silinderlekkasietoets
          waargeneem kan word.                                                                 (4)

 8.4      Noem VIER oorsake van 'n lae oliedruklesing op 'n binnebrandenjin.                   (4)

 8.5      Noem TWEE moontlike oorsake en die regstellende maatreëls vir 'n hoë
          brandstofdruklesing gedurende 'n brandstofdruktoets.                                 (4)

 8.6      Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat benodig word voordat 'n
          verkoelingstelseldruktoets uitgevoer word.                                           (2)

 8.7      Noem TWEE funksies van die verkoelerdop.                                             (2)
                                                                                               [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                15                  DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

 9.1      Noem TWEE nadele van 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas toegerus
          is, in vergelyking met 'n handratkas.                                            (2)

 9.2      Verduidelik die werking van 'n koppelomsitter.                                   (5)

 9.3      Teken 'n enkel episikliese ratstelsel en benoem die VIER basiese
          komponente.                                                                      (5)

 9.4      Noem EEN voordeel van die gebruik van ELK van die volgende
          ratverhoudings in die ratkas van 'n motorvoertuig:

          9.4.1       Vorentoe reduksie (1ste rat)                                         (1)

          9.4.2       Trurat                                                               (1)

          9.4.3       Vorentoe snelrat (5de rat)                                           (1)

 9.5      Noem EEN gebruik van ELK van die volgende komponente met betrekking
          tot 'n outomatiese ratkas:

          9.5.1       Hidrouliese suiers                                                   (1)

          9.5.2       Rembande                                                             (1)

          9.5.3       Transmissiebeheereenheid                                             (1)
                                                                                           [18]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              16                       DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER                   (ASSE,   STUURGEOMETRIE         EN
                ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

 10.1     FIGUUR 10.1 hieronder toon 'n bandslytasiepatroon. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                                          Een kant van
                                          bandloopvlak
                                         uitermate geslyt

                                           FIGUUR 10.1

          10.1.1      Watter wielsporingshoek sal die bandslytasiepatroon wat getoon
                      word, veroorsaak?                                                       (1)

          10.1.2      Noem TWEE foute op die voertuigonderstel wat hierdie
                      bandslytasie veroorsaak.                                                (2)

          10.1.3      Beskryf TWEE maniere om die oorsaak van hierdie bandslytasie
                      reg te stel.                                                            (2)

 10.2     Definieer die volgende wielsporingshoeke:

          10.2.1      Positiewe nasporing                                                     (2)

          10.2.2      Krinkspilhelling                                                        (2)

 10.3     Noem DRIE sensors wat op die luginlaatstelsel van 'n binnebrandenjin
          gevind word.                                                                        (3)

 10.4     Wat is die funksie van die klopsensor wat op die enjin gemonteer is?                (2)

 10.5     Noem TWEE onderdele van 'n verdelerlose ontstekingstelsel (VOS).                    (2)

 10.6     Noem TWEE chemiese reaksies wat in die katalisator plaasvind.                       (2)

 10.7     Noem TWEE funksies van die spoedbeheerstelsel.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             17                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 10.8     FIGUUR 10.8 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n alternator. Beantwoord
          die vrae wat volg.

                                                                 Reguleerder

               A                   C            Rotor              Gelykrigter
                                       D
                           B
                                           FIGUUR 10.8

          10.8.1      Benoem A–D.                                                           (4)

          10.8.2      Wat is die funksie van die rotor?                                     (2)

          10.8.3      Wat word deur die reguleerder in die alternator beheer?               (1)

          10.8.4      Wat is die funksie van die gelykrigter?                               (2)

 10.9     Noem DRIE faktore wat die hoeveelheid brandstof wat deur die inspuiter
          gespuit word, beïnvloed.                                                      (3)
                                                                                        [32]

                                                                            TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              1                     DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

   1.         F=m×a

              Waar:
                      m = Massa
                      a = Versnelling

   2.         Arbeid verrig = Krag × Verplasing           OF   W=F×s

                          Krag  Verplasing                         Fs
   3.         Drywing =                                   OF   P
                                Tyd                                  t

   4.         Wringkrag = Krag × Radius                   OF   T=F×r

   5.         AD = P × L × A × N × n

              Waar:
                     AD = Aangeduide drywing
                      P = Gemiddelde effektiewe druk
                      L = Slaglengte
                      A = Area van suierkroon
                      N = Aantal kragslae per sekonde
                      n = Aantal silinders

   6.         RD = 2πNT

              Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag

   7.          Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R

              Waar:

                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      F = Krag
                      R = Remarmlengte

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             2                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

                                                RD
   8.         Meganiese doeltreffendheid =          100%
                                                AD

   9.         Kompressieverhouding = SV  VV
                                           VV
              Waar:
                      SV = Slagvolume
                      VV = Vry volume

                       πD 2
   10.        SV =          L
                        4
              Waar:
                      D = Boordiameter
                      L = Slaglengte

                       SV
   11.        VV =
                      KV-1

                                     Produk van tande op gedrewe ratte
   12.         Ratverhouding =
                                       Produk van tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Memo · 2023 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-english/b7ba3c6c-9153-4d83-8be0-0df7c4a69ab1) — Memo · 2023 · Eng
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2023-english/dfc975c1-e179-4741-8d4f-e3b20c744c7e) — Memo · 2023 · Eng
- [MEC TECH GR12 MEMO SEPT2023 Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mec-tech-gr12-memo-sept2023-fitting-english/48945e78-f50a-4241-bab7-b94b61c60f49) — Memo · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-automotive-afr/8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
