# Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-afr/1e7205e4-aef1-4cc4-afdf-aac93562ae67
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-afr/1e7205e4-aef1-4cc4-afdf-aac93562ae67)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

         MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

                                NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 6 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     2                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
            ANTWOORDEBOEK verskaf word.

 2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
            desimale plekke af.

 7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
            tekeninstrumente gebruik.

 8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
            word.

 9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

 11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

 12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

      VRAAG                        INHOUD                          PUNTE         TYD IN MINUTE
                                  GENERIES
        1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                 6
        2        Veiligheid                                           10               10
        3        Materiale                                            14               14
                                  SPESIFIEK
        4        Meervoudigekeuse-vrae                                14                10
        5        Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)             18                20
        6        Terminologie (Indeksering)                           28                25
        7        Gereedskap en Toerusting                             13                10
        8        Kragte                                               33                33
        9        Instandhouding                                       18                12
       10        Hegtingsmetodes                                      18                12
       11        Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels)              28                28
                                                    TOTAAL           200               180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     3                      DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.            Nov

 1.1      Watter stelling hieronder is KORREK met betrekking tot 'n aanbeveling vir
          die toepassing van noodhulp?

          Moet NIE … NIE.

          A     enigiets wat aan die wond vassit, verwyder
          B     die pasiënt se pols nagaan
          C     aandag gee aan bloedverlies of asemhalingsprobleme
          D     die omgewing vir gevaarlike voorwerpe nagaan                                    (1)

 1.2      Waar daar meer as … werknemers by 'n werksplek in diens is, moet die
          werkgewer 'n toeganklike noodhulpkas voorsien.

          A     2
          B     3
          C     4
          D     5                                                                               (1)

 1.3      Wat veroorsaak ongelukke wanneer daar met roterende masjinerie, soos 'n
          bankslyper, gewerk word?

          A     Te veel selfvertroue
          B     Korrekte wielgrootte
          C     Gaping tussen gereedskapsrus en slypwiel oorskry nie 3 mm nie
          D     Korrek gegradeerde slypwiel vir die bankslyper                              (1)

 1.4      Watter toets beskadig NIE 'n werkstuk NIE?

          A     Vonktoets
          B     Klanktoets
          C     Buigtoets
          D     Masjineringstoets                                                           (1)

 1.5      Watter van die volgende produkte is dopverhard?

          A     Blikkies
          B     Masjienskerms
          C     Handvyle
          D     Ratte en nokke                                                              (1)

 1.6      Watter proses is die eerste stap in die produksie van hoësterkte-staal?

          A     Normalisering
          B     Uitgloeiing
          C     Verharding
          D     Tempering                                                                   (1)
                                                                                            [6]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     4                      DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
          horisontale bandsaag aangeskakel word.                                            (2)

 2.2      Noem die DRIE stadia wanneer basiese noodhulpbehandeling toegepas
          word om 'n beseerde persoon te help.                                              (3)

 2.3      Hoekom mag olie of ghries NIE met die suurstofpasstukke in aanraking kom
          wanneer suurstofsilinders hanteer word NIE?                                       (1)

 2.4      Noem TWEE nadele van die proseswerkswinkeluitleg.                                 (2)

 2.5      Noem TWEE voordele van die produkwerkswinkeluitleg.                               (2)
                                                                                            [10]

 VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

 3.1      Noem of die volgende materiale gedurende die vyltoets maklik of moeilik vyl:

          3.1.1       Gietyster                                                             (1)

          3.1.2       Gietstaal                                                             (1)

          3.1.3       Sagte staal                                                           (1)

 3.2      Verduidelik wat hittebehandeling is.                                              (3)

 3.3      Verduidelik wat die effekte sal wees indien metaal gedurende die
          hittebehandelingsproses te vinnig verhit word.                                    (4)

 3.4      Noem die TWEE tipes staal wat die geskikste vir dopverharding is.                 (2)

 3.5      Verduidelik die rede vir die tempering van staal gedurende die
          hittebehandelingsproses.                                                          (2)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     5                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

 4.1      Identifiseer die draaibankproses in FIGUUR 4.1 hieronder getoon.

                                              FIGUUR 4.1

          A     Parallelboorwerk
          B     Interne tapssnywerk
          C     Interne boorwerk
          D     Tapsmeting                                                                       (1)

 4.2      Identifiseer die KORREKTE stelling hieronder oor 'n               veiligheids-
          voorsorgmaatreël van 'n draaibank nadat dit aangeskakel is:

          A     Moet nooit op die draaibank leun nie.
          B     Maak seker alle skerms is opgestel.
          C     Verwyder alle juweliersware.
          D     Kyk dat daar geen olie of ghries op die vloer rondom die masjien is nie.         (1)

 4.3      Masjinering op 'n senterdraaibank wat ongebalanseerd is, het … tot gevolg.

          A     'n goeie afwerking
          B     'n gekletter op die rattande
          C     minder slytasie van masjienonderdele
          D     geen vibrasies                                                                (1)

 4.4      Watter van die volgende is basiese kodes wat gedurende kodering op
          RNB-masjiene gebruik word?

          A     E-kodes
          B     F-kodes
          C     G-kodes
          D     H-kodes                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     6                    DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 4.5      Hoe moet jy 'n momentetoetser versorg?

          A     Stoor die toerusting in 'n vogtige area.
          B     Los al die massastukke om te voorkom dat massastukke gesteel word.
          C     Voeg massastukke baie vinnig by.
          D     Alle boute en moere moet deeglik vasgeskroef word.                        (1)

 4.6      Identifiseer die lesing wat in FIGUUR 4.6 hieronder getoon word wanneer 'n
          25–50 mm verwisselbare stang met die mikrometer gebruik word.

                                              FIGUUR 4.6

          A     40,17 mm
          B     40,23 mm
          C     40,13 mm
          D     40,63 mm                                                                  (1)

 4.7      Watter EEN van die volgende is 'n faktor wat die waarde van die
          veiligheidsfaktor bepaal?

          A     Die waarde van die minimum las
          B     Die gevolge van sukses
          C     Die effek van korrosie en slytasie
          D     Die onbetroubaarheid van die materiaal                                    (1)

 4.8      Wat is die eenheid vir vervorming?

          A     Geen eenheid nie
          B     Pascal
          C     Millimeter
          D     Meter                                                                     (1)

 4.9      Watter tipe materiaal word gebruik om waterpype te maak?

          A     Teflon
          B     PVC
          C     Vesconite
          D     Bakeliet                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     7                       DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 4.10      Watter van die volgende beskryf wrywingskoëffisiënt?

           A     Dit is die minimum krag benodig om 'n voorwerp te stop wat op 'n
                 oppervlak beweeg, gedeel deur die kragte wat hulle saamdruk.
           B     Dit is die maksimum krag benodig om 'n voorwerp te stop wat op 'n
                 oppervlak beweeg, gedeel deur die kragte wat hulle saamdruk.
           C     Dit is die minimum krag benodig om 'n voorwerp op 'n oppervlak te laat
                 beweeg, gedeel deur die kragte wat hulle saamdruk.
           D     Dit is die maksimum krag benodig om 'n voorwerp op 'n oppervlak te
                 laat beweeg, gedeel deur die kragte wat hulle saamdruk.                         (1)

 4.11     Watter stelling hieronder beskryf metrieke vierkantskroefdraad KORREK?

          A     Vierkantskroefdraad is 'n skroefdraad waar die breedte van die
                skroefdraad, die diepte van die skroefdraad en die ruimte tussen die
                drade ongeveer gelyk is.
          B     Vierkantskroefdraad is 'n skroefdraad waar die totale lengte van die
                skroefdraad, die minimum dikte van die skroefdraad en die ruimte
                tussen die drade ongeveer gelyk is.
          C     Vierkantskroefdraad is 'n skroefdraad waar slegs die breedte van die
                skroefdraad en die kleiner diepte van die skroefdraad ongeveer
                gelyk is.
          D     Vierkantskroefdraad is 'n skroefdraad waar slegs die totale diepte van
                die skroefdraad en die minimum ruimte tussen die drade ongeveer
                gelyk is.                                                                        (1)

 4.12     Waar word meervoudige skroefdrade meestal gebruik?

          A     Waar groter vashoukrag benodig word
          B     Waar stadige beweging benodig word om die skroef te draai
          C     Waar parallelbeweging nodig is
          D     Waar vinnige beweging nodig is                                                   (1)

 4.13     Waar sal jy 'n radiale suierpomp vind?

          A     Hidrouliese stelsel
          B     Ratstelsel
          C     Pneumatiese stelsel
          D     Katrolstelsel                                                                (1)

 4.14      Watter EEN van die volgende is 'n funksie van 'n reservoir in 'n hidrouliese
           stelsel?

           A     Beheer die vloei van hidrouliese druk
           B     Voorkom enige hitteverspreiding
           C     Bevorder lugskeiding uit die vloeistof
           D     Pomp die hidrouliese vloeistof deur die stelsel                             (1)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     8                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

 5.1      Noem DRIE nadele daarvan om 'n taps op 'n draaibankmasjien te sny deur
          die saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik.                                        (3)

 5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n taps met 'n ingeslote hoek van 7° wat tussen
          senters gemasjineer moet word.

                                                     368              60

                                60

                     Ø85                              7°                     d

                                              FIGUUR 5.2

          5.2.1        Bereken die klein diameter (d) van die taps.                            (4)

          5.2.2        Bereken die oorstelling van die loskop wat nodig is om die taps
                       te sny.                                                                 (3)

 5.3      Bereken die volgende afmetings vir 'n parallelspy geskik vir 'n 105 mm
          diameter as wat in 'n ratkas gebruik moet word:

          5.3.1        Wydte                                                                   (2)

          5.3.2        Dikte                                                                   (2)

          5.3.3        Lengte                                                                  (2)

 5.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer daar met 'n freesmasjien
          gewerk word.                                                                         (2)
                                                                                               [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     9                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)

 6.1      'n Reguittandrat met 'n steeksirkeldiameter van 186 mm en 'n module van 3
          moet vir 'n ingenieursfirma gesny word.

          Bereken die volgende:

          6.1.1          Sirkelsteek                                                            (2)

          6.1.2          Aantal tande                                                           (3)

          6.1.3          Dedendum                                                               (2)

 6.2     FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n interne swaelstertonderdeel.

                                                        W

                                    y
                            E                 D

                h = 32
                                        60°                              60°
                                B
                                                                                     7
                                    α                                      α
                                C             A
                                    x                125 (w)               x     7
                                                      M

                                                  FIGUUR 6.2

          Bereken die volgende:

          6.2.1          Maksimum wydte-afstand (W) van die swaelstert                          (6)

          6.2.2          Afstand (M) oor die presisierollers                                    (6)

 6.3      'n Reguittandrat met 101 tande moet vir 'n kliënt vervaardig word.
          Die verdeelkop wat gebruik word, het 'n verhouding van 40 : 1.

          WENK: Gebruik A = 100 verdelings vir die eenvoudige indeksering.

          Bereken die volgende:

          6.3.1          Indeksering wat benodig word                                           (4)

          6.3.2          Wisselratte wat vereis word                                            (5)
                                                                                                [28]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    10                       DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 7.1      'n Brinell-hardheidstoetser is voorberei om 'n hardheidstoets op 'n monster
          uit te voer. Beantwoord die vrae wat volg.

          7.1.1          Waar op die hardheidstoetser word die monster geplaas om die
                         toets uit te voer?                                                      (1)

          7.1.2          Noem TWEE metodes om die Brinell-hardheidsgetal (BHG) te
                         bepaal.                                                                 (2)

 7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n V-skroefdraadmikrometer. Benoem A–D.

                     B                                          C          D

                                                            A

                                              FIGUUR 7.2                                     (4)

 7.3      Wat is die funksie van 'n skroefdraadmikrometer?                                   (2)

 7.4      Bereken die hoogte van 'n M24 x 2,5-skroefdraad.                                   (2)

 7.5      Verduidelik hoe die lesing van 'n dieptemikrometer verskil van die lesing van
          'n skroefdraadmikrometer.                                                          (1)

 7.6      Hoekom word wisselbare stange saam met dieptemikrometers gebruik?                  (1)
                                                                                             [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    11                       DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

 8.1      FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van DRIE trekkragte en EEN drukkrag
          wat op dieselfde punt inwerk.

          WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1. Toon AL die
                horisontale en vertikale komponente voordat jy die berekening
                doen.

                                                 45 N
                                                                  80 N

                        25 N
                                           60°
                                                            45°

                                                            30°

                                                                    150 N

                                              FIGUUR 8.1

          Bereken die volgende:

          8.1.1       Som van die horisontale komponente                                         (4)

          8.1.2       Som van die vertikale komponente                                           (5)

          8.1.3       Grootte van die resultant                                                  (2)

          8.1.4       Hoek en rigting van die ekwilibrant                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    12                     DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 8.2      FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur TWEE vertikale
          steunpunte, A en B, ondersteun word. Twee vertikale puntbelastings en 'n
          eenvormig verspreide las (EVL) word op die balk uitgeoefen.

                     75 N                                              60 N
                   1m             4m                 4m            1,5 m
                                              10 N/m (EVL)

                                                12 m
               A                                                                 B

                                              FIGUUR 8.2

          Bereken die volgende:

          8.2.1         Die puntbelasting wat die EVL verteenwoordig                            (2)

          8.2.2         Die reaksies in steunpunte A en B                                       (8)

 8.3       'n Trekkrag van 110 kN word op 'n soliede sagtestaal-as toegepas. Die
           weerstandsarea van die as is 7,07 x 10-4 m2. Nadat die krag op die as
           toegepas word, verleng die oorspronklike lengte met 0,0001 m.

          Bereken die volgende:

          8.3.1         Die spanning in die materiaal in MPa                                    (2)

          8.3.2         Die diameter van die as in mm                                           (4)

          8.3.3         Die oorspronklike lengte van die as in millimeter as die
                        vervorming 1,64 x 10-5 is                                               (3)
                                                                                                [33]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    13                   DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 9.1      Noem DRIE verskillende tipes meganiese aandrywings.                            (3)

 9.2      Waarom is dit nodig om instandhouding op bedryfstelsels of masjinerie uit
          te voer?                                                                       (2)

 9.3      Noem DRIE voorkomende instandhoudingsprosedures om te verseker dat
          rataandrywings behoorlik werk.                                                 (3)

 9.4      Noem TWEE subgroepe waarin voorkomende instandhouding gedeel word.             (2)

 9.5      Waarom word poliësterhars saam met glasvesel gebruik?                          (1)

 9.6      Noem DRIE gevolge as gevolg van 'n gebrek aan voorkomende
          instandhouding.                                                                (3)

 9.7      Verduidelik die verskil tussen termoverhardende en termoplastiese
          samestellings.                                                                     (4)
                                                                                             [18]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    14                   DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

 10.1     'n Viervoudige vierkantskroefdraad moet vervaardig word. Die styging van
          die vierkantskroefdraad is 40 mm en die kruindiameter is 105 mm. Die
          vryloophoek moet 4° wees.

          Bereken die volgende:

          10.1.1      Steekdiameter                                                      (4)

          10.1.2      Helikshoek van die skroefdraad                                     (4)

          10.1.3      Ingryphoek                                                         (2)

          10.1.4      Sleephoek                                                          (2)

 10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n vierkantskroefdraad. Benoem A–D.

                      A B

                                                C           D

                                             FIGUUR 10.2                                 (4)

 10.3     Noem TWEE gebruike vir vierkantskroefdrade in die werkswinkelomgewing.         (2)
                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    15                              DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)

 11.1      FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese pers.

                         f=?N                                     F = 600 N

                                 PLUNJER
                                 aplunjer = 0,018 m²                              L
                   l=?           mm                                 RAM
                                                                Aram = 0,2 m²    L = 30 mm
                                             VLOEISTOF          mm

                                                    FIGUUR 11.1

          Bereken die volgende:

          11.1.1         Vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel in Pa                             (2)

          11.1.2         Krag op die plunjer uitgeoefen                                             (3)

          11.1.3         Die verplasing (l) van die plunjer in mm                                   (3)

 11.2     Watter komponent word gebruik om die hidrouliese druk te bepaal?                          (1)

 11.3     Noem die doel van die hidrouliese filter.                                                 (1)

 11.4     FIGUUR 11.4 hieronder toon 'n hidrouliese klep. Beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                  FIGUUR 11.4

          11.4.1         Identifiseer die klep.                                                        (1)

          11.4.2         Noem TWEE funksies van die klep.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    16                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 11.5     Die bandaandrywingstelsel van 'n kompressor word in FIGUUR 11.5
          hieronder getoon.

                                                            NGD = 1 100 r/min
                                                            DGD = 600 mm
                               Katrol aan
                               kompressor
                               gekoppel

                                                   DDR = 220 mm
                                                   NDR = ? r/min

                        Katrol aan motor gekoppel

                                             FIGUUR 11.5

          Bereken die volgende:

          11.5.1      Die rotasiefrekwensie van die dryfkatrol in r/s                            (4)

          11.5.2      Die wringkrag op die gedrewe katrol indien die drywing oorgedra
                      236,65 kW is                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    17                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 11.6     FIGUUR 11.6 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel wat aan 'n elektriese
          motor gekoppel is.

                   NA = 980 r/min
                 TA = 45

                                                                       ND = ? r/min
                                                     TC = 20           TD = 42
                 Elektriese
                 motor                                                    Uitset-as

                                               TB = 24

                                               FIGUUR 11.6

          Bereken die volgende:

          11.6.1       Rotasiefrekwensie van die uitset-as in r/s indien die elektriese
                       motor teen 980 r/min roteer                                              (4)

          11.6.2       Ratverhouding                                                            (3)

          11.6.3       Die rigting waarin die elektriese motor se as sal roteer indien die
                       uitset-as kloksgewys roteer                                              (1)
                                                                                                [28]

                                                                               TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     1                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

                      FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                             PASWERK EN MASJINERING

1.     BANDAANDRYWINGS

                       πDN
1.1    Bandspoed =
                        60

                       π D  t  N
1.2    Bandspoed =                          (t = banddikte)
                            60

1.3    Bandmassa = Area × Lengte × Digtheid           (A = dikte × wydte)

                                  Diameter van gedrewe katrol
1.4    Spoedverhouding =
                                    Diameter van dryfkatrol

1.5    Bandlengte (plat) = [(D + d) × 1,57] + (2 × senterafstand)

                       π D  d  D  d 
                                                 2
1.6    Oopbandlengte =                     2c
                           2         4c

                              π D  d  D  d 
                                                       2

1.7    Gekruiste bandlengte =                     2c
                                  2         4c

1.8    Drywing (P) =
                         T1  T2  π D N
                                 60
       Waar:
               T1 = krag in die stywe kant
               T2 = krag in die slap kant
               T1 – T2 = effektiewe trekkrag (Te)

                                                           T1
1.9    Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                           T2

                              T1
1.10    Wydte =
                     Toelaatbare trekkrag

1.11   NDR × DDR = NGD × DGD

1.12   Wringkrag = Krag × Radius

1.13    Drywing (P) = 2 π N T
                            60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     2                               DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                 πd2
2.1      Aas 
                  4

2.2       Apyp 
                     
                   π D2  d 2   
                       4

                                     Maksimum spanning/Breekspanning
2.3     Veiligheidsfaktor =
                                           Veilige werkspanning

                         Krag                                               F
2.4    Spanning =                                                 OF   σ
                         Area                                               A

                            Verandering in lengte                           ΔL
2.5     Vervorming =                                              OF   ε
                            Oorspronklike lengte                            oL

                                      Spanning                              σ
2.6     Young se modulus =                                        OF   E
                                     Vervorming                             ε

3.     HIDROULIKA

                 Krag                                         F
3.1     Druk                                     OF     P
                 Area                                         A

3.2    Volume = Area × Slaglengte             (l of s)

3.3    Arbeid verrig = Krag × Afstand

3.4    PA = PB

        FA  F
3.5         B
        AA  AB

4.     RATAANDRYWING

4.1       Drywing (P) = 2 π N T
                                60
                                     Produk van tande op gedrewe rat                               Ninset
4.2       Ratverhouding =                                              OF Spoedverhouding =
                                       Produk van tande op dryfrat                                 Nuitset

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     3                             DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

           Ninset         Produk van tande op gedrewe rat
4.3                  =
           Nuitset          Produk van tande op dryfrat

4.4       NA × T A = NB × T B

4.5       Wringkrag = Krag × Radius

4.6       Wringkrag oorgedra = Ratverhouding × Insetwringkrag

                         Steeksirkeldiameter                      SSD
4.7        Module =                                    OF m =
                            Aantal tande                           T

                                     Sirkelsteek × Aantal tande
4.8        Steeksirkeldiameter =
                                                  π

                                               OF
                                                    SS  T
                                          SSD =
                                                       π

4.9        Buitediameter (BD) = SSD + 2(m)

4.10       Addendum = Module                   OF            a=m

4.11       Dedendum (b) = 1,157 × m            OF            Dedendum (b) = 1,25 × m

4.12      Snydiepte (h) = 2,157 × m            OF            Snydiepte (h) = 2,25 × m

4.13      Vry ruimte (c) = 0,157 × m           OF            Vry ruimte (c) = 0,25 × m

4.14      Sirkelsteek (SS) = m × π

4.15      Werkdiepte (WD) = 2 × m              OF            Werkdiepte (WD) = 2 × a

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     4                              DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

5.      SPYGLEUWE

                          D
5.1     Wydte (W) =
                          4

                      D
5.2     Dikte (T)=
                      6

5.3     Lengte (L) = 1,5 × D
        Waar:
             D = Diameter van as

5.4     Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

6.      CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN

                                                 Gatsirkels
         Kant 1        24      25    28     30       34        37   38     39   41     42      43
         Kant 2        46      47    49     51       53        54   57     58   59     62      66
                                                 Wisselratte
         Ratte       24 × 2    28    32     40       44        48   56     64   72     86     100

                          40
6.1     Indeksering =               (n = aantal indelings)
                          n

               A  n 40
                                                               A  n 
         Dr                                               Dr              40
6.2                                OF
        Gd      A      1                                  Gd              A
        Waar:
            A = gekose aantal indelings
            n = werklike aantal indelings

7.      SWAELSTERTE
        Waar:
              R = Radius van presisieroller
              y = Afstand vanaf boonste rand van swaelstert in verhouding met onderste
                   hoek van swaelstert
              x = Afstand vanaf middel van presisieroller tot onderste hoek van swaelstert
              θ = Ingeslote hoek van swaelstert (gewoonlik 60°)
      Hoogte van
              h =swHoogte van swaelstert
              w = Minimum wydte van swaelstert
              W = Maksimum wydte van swaelstert
              m = Afstand tussen rollers
              M = Afstand oor rollers

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    5                     DBE/November 2024
                                               NSS Vertroulik

8.       TAPSE

                θ D-d
8.1       tan    =               (l = Tapslengte)
                2 2l

                               L D - d 
8.2      Loskopoorstelling =                (L = Afstand tussen senters)
                                  2l

9.       SKROEFDRADE

                                                                                         P
9.1      Gemiddelde diameter = Buitediameter – (½ × Steek)          OF     Dm  BD 
                                                                                         2

9.2      Effektiewe Diameter (Deff) = Steekdiameter (Dp) = Gemiddelde diameter (Dm)

9.3      Styging = Steek × Aantal beginne

9.4      Hoogte van skroefdraad = 0,866 × Steek (P)

9.5      Diepte van skroefdraad = 0,613 × Steek (P)

9.6      Helikshoek: Tan θ = Styging
                                 π  Dm

9.7      Ingryphoek/Voorsnyhoek = 90° ‒ (Helikshoek + Vryloophoek)

9.8      Sleephoek/Nasnyhoek = 90° + (Helikshoek – Vryloophoek)

9.9      DP = DN – (0,866 × P)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    6          DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

10.    PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                             r
         y

                                      𝜽
                         x
                 y
10.1   Sin θ 
                 r

                 x
10.2   Cos θ 
                 r

                     y
10.3   Tan θ 
                     x

10.4   r 2  x2  y2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Memo · 2023 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-english/b7ba3c6c-9153-4d83-8be0-0df7c4a69ab1) — Memo · 2023 · Eng
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2023-english/dfc975c1-e179-4741-8d4f-e3b20c744c7e) — Memo · 2023 · Eng
- [MEC TECH GR12 MEMO SEPT2023 Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mec-tech-gr12-memo-sept2023-fitting-english/48945e78-f50a-4241-bab7-b94b61c60f49) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
