# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-afr/dd962e98-3110-477f-aa2b-00571d060b4b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-afr/dd962e98-3110-477f-aa2b-00571d060b4b)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          MEGANIESE TEGNOLOGIE

                                NOVEMBER 2013

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          2                           DBE/November 2013
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies wat op die
          ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.        Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
          desimale plekke af.

7.        Kandidate mag nieprogrammeerbare           wetenskaplike    sakrekenaars       en
          tekeninstrumente gebruik.

8.        Die waarde van gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.

9.        Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

11.       Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.

VRAAG      ASSESSERING-                      INHOUD                   PUNTE              TYD
           STANDAARDE
      1          1–9                Meervoudigekeuse-vrae                20           18 minute
      2           2                Gereedskap en Toerusting              20           18 minute
      3           3                         Materiale                    20           18 minute
      4       1, 4 en 5            Veiligheid, Terminologie en           50           45 minute
                                        Hegtingsmetodes
      5          7 en 9           Instandhouding en Turbines             40           36 minute
      6          6 en 8           Kragte en Stelsels en Beheer           50           45 minute
                                                         TOTAAL         200          180 minute

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        3                           DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.

1.1      Vermy die gebruik van saamgeperste lug om snysels van 'n freesmasjien
         te verwyder, want …

         A     dit verrig die taak te stadig.
         B     los snysels kan oogbeserings veroorsaak.
         C     dit verleen swak afwerking aan die werk.
         D     dit is te duur.                                                          (1)

1.2      Voor jy op 'n draaibank werk, moet jy …

         A     al die veiligheidskerms verwyder.
         B     die area rondom die masjien olie.
         C     ringe en juwele dra.
         D     seker maak dat jy weet waar die AAN- en AFSKAKELAAR is.                  (1)

1.3      Watter hardheidstoetser gebruik 'n staalbalinkeper om die indringing in
         'n metaal onder 'n spesifieke belasting te bepaal?

         A     Webster-hardheidstoetser
         B     Rockwell-hardheidstoetser
         C     Brinell-hardheidstoetser
         D     Vickers-hardheidstoetser                                                 (1)

1.4      'n Graad 12-leerder gebruik 'n multimeter tydens die simulering van
         'n stroombaan. Wat kan met 'n multimeter gemeet word?

         A     Diode- en kontinuïteitsmeting
         B     Transistorsnelheid
         C     Lengte van die geleier
         D     Dikte van die geleier                                                    (1)

1.5      Koolstofstale     word     volgens     hulle    koolstofinhoudpersentasie
         geïdentifiseer. Laekoolstofstaal bevat minder as …% koolstof.

         A     0,45
         B     0,3
         C     0,7
         D     1,5                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        4                       DBE/November 2013
                                           NSS

1.6      … word by staal gevoeg wanneer taaiheid, hardheid en slytweerstand
         verlang word.

         A     Koper
         B     Aluminium
         C     Lood
         D     Tungsten                                                              (1)

1.7      Die draaibank funksioneer volgens die beginsel van ...

         A     die snyer wat teen die werkstuk roteer word.
         B     die snygereedskap, wat beheer kan word, kan vertikaal oor die
               werkstuk beweeg word.
         C     die werkstuk roteer teen die snygereedskap wat beheer kan word.
         D     beide die snyer en werkstuk wat roteer word.                          (1)

1.8      Die grootste stuk materiaal wat tussen senters gedraai kan word, is
         gelyk aan die …

         A     lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die vaskop.
         B     lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die loskop.
         C     lengte van die bed minus die spasie opgeneem deur die vaskop en
               die loskop.
         D     totale lengte van die bed.                                            (1)

1.9      Identifiseer die freesproses in FIGUUR 1.1 hieronder:

                        Draspil         Freessnyers

                                         Werkstuk
                                       FIGUUR 1.1

         A     Groepfreeswerk
         B     Vlakfreeswerk
         C     Koppelfreeswerk
         D     Opfreeswerk                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         5                         DBE/November 2013
                                            NSS

1.10     Ultrasoniese inspeksietegnieke gebruik … om defekte in sweislasse op
         te spoor.

         A     luggolwe
         B     liggolwe
         C     elektroniese golwe
         D     klankgolwe                                                              (1)

1.11     Watter TWEE gebottelde gasse word vir die MIG-sweisproses gebruik?

         A     Argon en koolstofdioksied (CO 2 )
         B     Argon en koolstofmonoksied
         C     Asetileen en suurstof
         D     Suurstof en argon                                                       (1)

1.12     Wat EEN van die volgende beskryf Hooke se wet?

         A     Oombliklike krag gedeel deur die oorspronklike dwarsdeursnee-
               oppervlakte van die toetsmateriaal
         B     Spanningswaarde benodig om eenheidvervorming in 'n
               trektoetsmonster van die spesifieke materiaal te bewerkstellig
         C     Vormverandering is direk eweredig aan die spanning wat dit
               veroorsaak, gegewe dat die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie
         D     'n Meting van die vervorming veroorsaak deur die toepassing van
               die eksterne krag                                                       (1)

1.13     Wat is vormverandering?

         A     Bepaal deur die las deur die kleinste werklike dwarsdeursnee-
               oppervlakte van die toetsmonster te deel
         B     Die verhouding tussen die oorspronklike lengte en die verandering
               in lengte wanneer 'n eksterne krag toegepas word
         C     Die hoeveelheid spanning wat 'n materiaal kan absorbeer sonder
               om die breekspanning te oorskry
         D     'n Meting van die vervorming veroorsaak deur die toepassing van 'n
               eksterne krag                                                           (1)

1.14     Waar word EP 90-olie gebruik?

         A     Enjin
         B     Kragstuur
         C     Remme
         D     Ratkas                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                        6                           DBE/November 2013
                                           NSS

1.15     Mineraalolie ...

         A     word gebruik waar die las, spoed en temperatuur laag is.
         B     verskaf 'n verhoogde verhittingsvermoë in sekere toepassings.
         C     varieer van melkerig tot deursigtig in voorkoms.
         D     is uit oliedruppels saamgestel.                                          (1)

1.16     'n Windskermveërmotor genereer roterende beweging wat omgeskakel
         word na die beweging wat die windskermveërs laat funksioneer. Volgens
         watter beweging funksioneer die windskermveërs?

         A     Roterend
         B     Wederkerend (in 'n reguit lyn)
         C     Ossillerend (pendulumbeweging)
         D     Linieêr                                                                  (1)

1.17     Identifiseer die tipe skroefdraad in FIGUUR 1.2 hieronder:

                                       FIGUUR 1.2

         A     V-skroefdraad
         B     Vierkantige skroefdraad
         C     Acme-skroefdraad
         D     ISO Metrieke skroefdraad                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           7                             DBE/November 2013
                                              NSS

1.18     Wat is die slaglengte (X) beweeg deur die nokvolger vir die peervormige
         nok getoon in FIGUUR 1.3, gegewe dat d 1 = 6 mm en d 2 = 12 mm?

             X
                                                                           d2          d1
                                          FIGUUR 1.3

         A       18 mm
         B       24 mm
         C       2 mm
         D       6 mm                                                                          (1)

1.19     'n Stoomturbine word gebruik om ...

         A       die brandstofverbruik met betrekking tot enjinuitset te verhoog.
         B       die volumetriese doeltreffendheid van 'n enjin te verhoog.
         C       'n generator aan te dryf om elektrisiteit op te wek.
         D       die atmosferiese druk van 'n enjin te verlaag.                                (1)

1.20     Wat sal die volumetriese doeltreffendheid wees indien 'n 100 mm3-blaser
         83 mm3 per omwenteling verplaas?

         A       83%
         B       17%
         C       103%
         D       100%                                                                          (1)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            8                        DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 2: GEREEDSKAP EN TOERUSTING

2.1      Waarvoor staan die afkorting CNC in terme van draaibanke en
         freesmasjiene?                                                                  (2)

2.2      Noem DRIE voordele van 'n CNC-masjien.                                          (3)

2.3      Noem EEN nadeel van 'n CNC-masjien.                                             (1)

2.4      Identifiseer en spesifiseer die tipe toerusting wat gebruik word om buig-,
         krap-, slyt- en/of snyweerstand te toets.                                       (2)

2.5      'n Taxibestuurder merk op dat sy voertuig krag verloor. Die
         werktuigkundige sal 'n kompressietoets volgens sekere prosedures moet
         uitvoer. Gee die rede vir die uitvoer van elk van die volgende prosedures:

         2.5.1         Verwyder die hoëspanningleidings                                  (1)

         2.5.2         Prop die brandstofinspuiters uit                                  (1)

         2.5.3         Maak die versnelklep heeltemal oop                                (1)

         2.5.4         Teken die lesings aan                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           9                            DBE/November 2013
                                              NSS

2.6      FIGUUR 2.1 hieronder toon 'n tipiese toetser wat in 'n meganiese
         werkwinkel gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.

                          E

                          D

                          C

                          B

                                                                    A

                                           FIGUUR 2.1

         2.6.1         Identifiseer die toetser wat in FIGUUR 2.1 getoon word.              (1)

         2.6.2         Benoem die onderdele van die toetser gemerk A–E.                     (5)

         2.6.3         Noem die doel van die toetser wat in FIGUUR 2.1 getoon word.         (2)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                          10                          DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 3: MATERIALE

3.1      Die wielvellings van sommige voertuie word van sagte staal vervaardig. Ander
         word van aluminiumallooie gegiet. Beantwoord die vrae wat volg.

         3.1.1         Gee DRIE redes vir die keuse om voertuigwielvellings uit
                       aluminiumallooi te vervaardig.                                             (3)

         3.1.2         Gee TWEE redes waarom die wielvellings van swaardiensvoertuie
                       (vragmotors) uit staal vervaardig word.                                    (2)

3.2      FIGUUR 3.1 toon 'n blikskêr. Beantwoord die vrae oor die blikskêr wat volg.

                                            FIGUUR 3.1

         3.2.1         Watter materiaal word gebruik om die lemme te vervaardig? Gee 'n
                       rede vir jou antwoord.                                                     (2)

         3.2.2         Waarom is dit nodig om olie aan die lemme te smeer?                        (1)

3.3      Verduidelik waarom legerings/allooie geproduseer word. Gee VIER redes.                   (4)

3.4      Die materiaal wat tradisioneel in die vervaardigingsbedryf gebruik is, word
         teen 'n hoë tempo met nuwegenerasie-materiaal, soos termoplastiek en
         termoverhardende plastiek, vervang. Beantwoord die vrae wat volg.

         3.4.1         Verduidelik die verskil tussen termoplastiek en termoverhardende
                       plastiek.                                                                  (4)

         3.4.2         Gee EEN voorbeeld van elk van die plastiekstowwe wat in
                       VRAAG 3.4.1 genoem word.                                                   (2)

3.5      Hoekom word koolstofvesel          in   die   motorvoertuigvervaardigingsbedryf
         gebruik? Gee TWEE redes.                                                                 (2)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              11                        DBE/November 2013
                                                 NSS

VRAAG 4: VEILIGHEID, TERMINOLOGIE EN HEGTINGSMETODES

4.1      Sipho gebruik 'n laertrekker om laers van 'n as af te verwyder. Noem VYF
         veiligheidsmaatreëls vir die veilige gebruik van 'n laertrekker.                          (5)

4.2      Noem VYF algemene veiligheidsmaatreëls wat in aanmerking geneem moet
         word wanneer toerusting soos die draaibank en staanboor gebruik word.                     (5)

4.3      Bereken die toevoer, in millimeter per minuut, van 'n 80 mm diameter
         freessnyer met 24 tande wat teen 'n snyspoed van 35 meter per minuut en
         teen 'n toevoer van 0,02 mm per tand sny.                                                 (6)

4.4      'n Reguittandrat met 119 tande moet op 'n werkstuk gemasjineer
         word. Wenk: Gebruik (N = 120 en n = 119 indelings) OF (A = 120 en
         n = 119 indelings) vir die berekeninge. Die verdeelkopverhouding is 40 : 1.

         4.4.1         Bereken die indeksering wat vir die taak nodig is.                          (6)

         4.4.2         Bereken die wisselratte wat op die verdeelkop geïnstalleer moet
                       word.                                                                       (6)

         4.4.3         Noem die draairigting van die indeksplaat ten opsigte van die
                       draairigting van die indeksslinger.                                         (2)

4.5      Noem DRIE tipes freesmasjiene.                                                            (3)

4.6      Verduidelik die funksies van die volgende freesmasjienkomponente:

         4.6.1         Verdeelkop                                                                  (2)

         4.6.2         Indeksplaat                                                                 (2)

         4.6.3         Spil van die verdeelkop                                                     (2)

4.7      John werk vir Shai-Welco as 'n leerlingsweiser. Help John deur die volgende
         vrae te beantwoord:

         4.7.1         Noem TWEE oorsake van slakinsluiting in 'n sweislas.                        (2)

         4.7.2         Watter TWEE stappe kan gevolg word om insnyding in 'n sweislas
                       te voorkom?                                                                 (2)

         4.7.3         Beskryf EEN stap wat gevolg kan word om onvolledige indringing
                       in 'n sweislas te voorkom.                                                  (1)

         4.7.4         Wat is die verskil tussen 'n vernietigende           toets    en   'n
                       nie-vernietigende toets op materiale?                                       (2)

         4.7.5         Noem VIER basiese komponente van MIG/MAG-sweismasjiene.                     (4)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           12                          DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 5: INSTANDHOUDING EN TURBINES

5.1      Definieer die volgende terme wat met motorolie verband hou:

         5.1.1         Vloeipunt                                                                 (2)

         5.1.2         Viskositeit                                                               (2)

5.2      Noem VYF funksies van 'n goeie motorolie.                                               (5)

5.3      Gee DRIE redes waarom snyvloeistof gebruik word wanneer daar op 'n
         senterdraaibank gewerk word.                                                            (3)

5.4      Verduidelik die funksies van outomatieseratkas-olie.                                    (3)

5.5      Noem die tipe motorolie en gradering wat in die volgende stelsels onder
         Suid-Afrikaanse omstandighede gebruik word:

         5.5.1         Binnebrandenjin                                                           (2)

         5.5.2         Handratkas                                                                (2)

         5.5.3         Outomatiese ratkas                                                        (2)

5.6      Wat word die gasturbine ook genoem?                                                     (1)

5.7      FIGUUR 5.1 toon die interne onderdele van 'n turbo-aanjaer. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                                              H                                A

                       G                                                   B

                                                                       C
                                                           D

                           F                        E

                                             FIGUUR 5.1

         5.7.1         Benoem die komponente van die turbo-aanjaer in FIGUUR 5.1
                       hierbo gemerk A–H.                                                        (8)

         5.7.2         Verduidelik die werking van 'n turbo-aanjaer.                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            13                            DBE/November 2013
                                               NSS

5.8      Verduidelik die volgende terme wat met die turbo-aanjaer verband hou:

         5.8.1         Vertraging/Sloering                                                            (2)

         5.8.2         Aanjagingsdruk                                                                 (2)
                                                                                                      [40]

VRAAG 6: KRAGTE EN STELSELS EN BEHEER

6.1      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om meganiese masjiene op te lig. Die
         spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 6.1 hieronder
         voorgestel. Die stelsel is met die nodige eenrigtingbeheerkleppe toegerus om
         te voorkom dat vloeistof na elke slag terugvloei.

                 Ø 68 mm
                                                                     Ø 232 mm

                                                                        25 kN

                     Suier
                     SuierAA

                                 250 mm
                                                                       Suier B

                                             FIGUUR 6.1

         Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende: (Toon ALLE eenhede.)

         6.1.1         Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is          (6)

         6.1.2         Die krag (F) wat op suier A uitgeoefen moet word om die las van
                       25 kN op suier B op te lig                                                     (6)

         6.1.3         Die afstand X, in millimeter, wat suier B sal beweeg, indien
                       suier A 10 slae voltooi                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            14                           DBE/November 2013
                                               NSS

6.2      'n Las van 45 kN veroorsaak drukspanning van 18 MPa in 'n ronde
         geelkoperstaaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 185 mm en Young
         se modulus vir geelkoper is 90 GPa.
         Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:
         6.2.1         Die diameter, in millimeter, van die weerstandsoppervlak van die
                       ronde geelkoperstaaf                                                      (8)
         6.2.2         Die vormverandering wat deur die las veroorsaak word                      (4)
         6.2.3         Die verandering in lengte, in millimeter, wat deur die las veroorsaak
                       word                                                                      (3)
6.3      Die V-bandaandrywingstelsel van 'n kompressor word in FIGUUR 6.2
         hieronder getoon. Die dryfkatrol van die bandaandrywingstelsel roteer teen
         2 700 r/min. Die dryfkatrol het 'n diameter van 210 mm. Die kompressor-as
         moet teen 1 000 r/min roteer.

                        NGD = 1 000 r/min                      NDR = 2 700 r/min
                        DGD = ? mm                             DDR = 210 mm

                          Kompressor                                    Motor

                                             FIGUUR 6.2
         Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:
         6.3.1         Die diameter van die gedrewe katrol in mm                                 (4)
         6.3.2         Die drywing oorgedra, in kilogroothede, indien die effektiewe krag
                       in die band 400 N is                                                      (4)
6.4      'n Enkelplaat-wrywingskoppelaar het 'n effektiewe diameter van 0,28 m en is
         in staat om 336 Nm wringkrag oor te dra. Die koppelaarplaat het
         wrywingsmateriaal aan weerskante met 'n wrywingskoëffisiënt van 0,3.
         Bereken en noem die korrekte eenhede vir die volgende:
         6.4.1         Die totale toegepaste krag benodig op die drukplaat                       (5)
         6.4.2         Die drywing oorgedra teen 2 800 r/min                                     (4)
                                                                                                 [50]
                                                                                 TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 1                               DBE/November 2013
                                                    NSS

              FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE – GRAAD 12

1.     BANDAANDRYWINGS

                                         πDN
       1.1             Bandspoed =
                                          60

                                         π ( D + t )× N
       1.2             Bandspoed =                      (t = banddikte)
                                               60

       1.3             Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid             (A = dikte × wydte)

                                                Diameter van gedrewe katrol
       1.4             Spoedverhouding =
                                                  Diameter van dryfkatrol

       1.5             N 1 D1 = N 2 D2

                                            π( D + d ) ( D − d )2
       1.6             Oopbandlengte =                +           + 2c
                                                2          4c

                                              π( D + d ) ( D + d )2
       1.7             Gekruisdeband lengte =           +           + 2c
                                                  2          4c

                                           2π NT
       1.8             Drywing ( P ) =
                                            60

                                                                 T
       1.9             Verhouding tussen die stywe- en slapkant = 1
                                                                 T2

                                          (T1 − T2 ) π D N
       1.10            Drywing (P) =                            waar T1 = krag in die stywekant
                                                 60
                                                               T2 = krag in die slap kant
                                                               T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

                                          T1
       1.11            Wydte =
                                 toelaatbare trekkrag

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 2                                DBE/November 2013
                                                    NSS

2.     WRYWINGSKOPPELAARS

       2.1             Wringkrag ( T ) = µWnR
                              waar µ = wrywingskoëffisiënt
                                      W = totale druk
                                      n = getal wrywingsoppervlakke
                                        R = effektiewe radius

                                           2π NT
       2.2             Drywing ( P ) =
                                            60

3.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                                         krag                    F
       3.1             Spanning =                    of    (σ=     )
                                      oppervlakte                A

                                                    verandering in lengte ( ΔL )
       3.2             Vormverandering ( ε ) =
                                                     oorspronklike lengte ( L )

                                                       spanning                 σ
       3.3             Young se modulus ( E ) =                        of   (     )
                                                    vormverandering             ε

                               πd 2
       3.4             Aas =
                                4

                                π(D 2 − d 2 )
       3.5             Apyp =
                                     4
4.     HIDROULIKA
                                         Krag ( F )
       4.1             Druk ( P ) =
                                       Oppervlakte ( A )

                        F1 F2
       4.2                =
                        A1 A2

       4.3             Arbeid verrig = krag × afstand

       4.4             Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte ( l of s )

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                               3                                DBE/November 2013
                                                  NSS

5.     WIEL EN AS

                                                        hyskragafstand      2D
       5.1             Snelheidsverhouding ( VR ) =                    =
                                                          lasafstand     d 2 − d1

                                                         Las ( W )
       5.2             Meganiese voordeel ( MA ) =
                                                        Hyskrag ( F )

                                                             MA
       5.3             Meganiese effektiwiteit ( η      )=      × 100%
                                                  meg        VR
6.     HEFBOME
                                                          las ( W )
       6.1             Meganiese voordeel ( MA ) =
                                                        hyskrag ( F )

       6.2             Insetbeweging ( IM ) = hyskrag × afstand beweeg deur hyskrag

       6.3             Uitsetbeweging ( OM ) = las × afstand beweeg deur las

                                                        insetbeweging
       6.4             Snelheidsverhouding ( VR ) =
                                                        uitsetbeweging

7.     SKROEFDRADE

       7.1             Effektiewe diameter = buitediameter − ½ steek

       7.2             Gemiddelde omtrek = π × effektiewe diameter

       7.3             Styging = steek × getal beginne

                                                   styging
       7.4             Helikshoek : tan θ =
                                              gemiddelde omtrek

       7.5             Ingryphoek = 90° – ( helikshoek + vryloophoek )

       7.6             Sleephoek = 90° + ( helikshoek – vryloophoek )

                                        hoogte
       7.7             Getal draaie =
                                        styging

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              4                                 DBE/November 2013
                                                 NSS

8.     RATAANDRYWINGS

                                         2π NT
       8.1             Drywing ( P ) =
                                          60

                                          produk van die getal tande op gedrewe ratte
       8.2             Ratverhouding =
                                            produk van die getal tande op dryfratte

                       N inset    produk van die getal tande op die gedrewe ratte
       8.3                      =
                       N uitset     produk van die getal tande op die dryfratte

       8.4             Wringkrag = krag × radius

       8.5             Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

                                        Steeksirkeldiameter ( SSD )
       8.6             Module ( m ) =
                                             Getal tande ( T )

       8.7             N 1T1 = N 2T2

                                                       sirkelsteek ( SS ) × getal tande ( T )
       8.8             Steeksirkeldiameter ( SSD ) =
                                                                         π

       8.9             Buitediameter ( BD ) = SSD + 2 module

       8.10            Addendum ( a ) = module ( m )

       8.11            Dedendum ( b ) = 1,157 m               of      Dedendum ( b ) = 1,25 m

       8.12            Snydiepte ( h ) = 2,157 m              of      Snydiepte ( h ) = 2,25 m

       8.13            Vry ruimte ( c ) = 0,157 m             of      Vry ruimte ( c ) = 0,25 m

       8.14            Sirkelsteek ( SS ) = m × π

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                       5                                            DBE/November 2013
                                                          NSS

9.     CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR DIE FREESMASJIEN

                                                          Gatsirkels
          Sy 1        24        25    28        30         34        37        38             39    41       42    43
          Sy 2        46        47    49        51         53        54        57             58    59       62    66

                                                Standaardwisselratte
         24 x 2        28       32     40            44         48        56             64        72       86     100

                                                40
       9.1        Eenvoudige indeksering =         (waar n = getal indelings)
                                                 n

       9.2       Wisselratte:

                 Dr              40             Dr ( A − n ) 40                               Dr              40
                    = ( A − n )×           of      =        ×                       of           = (N − n ) ×
                 Gd               A             Gd     A      1                               Gd              N

10.    BEREKENINGE BY TOEVOER

       10.1       Toevoer ( f ) = f 1 × T × N

                 Waar:       f = toevoer in millimeter per minuut

                            f1 = toevoer per tand in millimeter

                            T    = getal tande van snyer

                            N = getal omwentelinge van snyer per minuut

       10.2       Snyspoed ( V ) = π × D × N

                 Waar: D = diameter van die snyer in meter

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-eng/52c595f3-8c11-43bb-a55a-916b9f74304a) — Mechanical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2013-memo-eng/80af9320-93cd-4225-aaab-b79231e69415) — Mechanical Technology · Memo · 2013 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2013-memo-afr/a0c00081-5185-4b33-9003-93240c1cd20c) — Mechanical Technology · Memo · 2013 · Afr
- [MECH TECH QP EA](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-qp-ea/a59b3ec0-73bc-472b-b059-96f5209e3ed5) — Mechanical Technology · QP · 2013
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
