# Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mechtech-afr/b1074ba6-8662-4573-91e9-32a57c6c8164
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/mechtech-afr/b1074ba6-8662-4573-91e9-32a57c6c8164)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2017

                    MEGANIESE TEGNOLOGIE

PUNTE:      200

TYD:        3 uur

                                    *MCHTA*

       Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende ŉ 2-bladsy formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  MEGANIESE TEGNOLOGIE                  (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Skryf jou naam op jou ANTWOORDEBOEK.

 2.     Lees AL die vrae aandagtig deur.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.     Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
        desimale plekke af.

 7.     Kandidate mag nieprogrammeerbare/wetenskaplike sakrekenaars en teken-
        /wiskundige instrumente gebruik.

 8.     Die waarde van die gravitasiekrag moet as 10 m/s2 geneem word.

 9.     Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag genoem word.

 10.    ŉ Formuleblad is vir gebruik aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 12.    Gebruik die kriteria hieronder om jou met die beplanning van jou tyd te help.

          VRAAG        INHOUD GEDEK                     PUNTE        TYD (MINUTE)
              1        Meervoudigekeuse-vrae              20            15 minute
              2        Veiligheid                         10            10 minute
              3        Gereedskap en toerusting           12            10 minute
              4        Materiale                          13            10 minute
              5        Terminologie                       30            20 minute
              6        Hegtingsmetodes                    25            25 minute
              7        Kragte                             30            30 minute
              8        Instandhouding                     15            15 minute
              9        Stelsels en beheer                 25            25 minute
             10        Turbines                           20            20 minute
                                            TOTAAL        200          180 minute

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    MEGANIESE TEGNOLOGIE                                  3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Kies die korrekte antwoord aangedui deur A, B, C of D en skryf jou keuse langs die
 vraagnommer IN JOU ANTWOORDEBOEK.

 1.1    Watter EEN van die volgende stellings is ŉ basiese reël vir die veilige hantering
        van die hidrouliese pers?

        A        Verseker dat die werkstuk stewig in posisie is
        B        Jy mag die voorgestelde druk oorskry
        C        Verslete stutte mag gebruik word
        D        Gebruik ŉ hamer om die werkstuk in posisie te kry                               (1)

 1.2    Watter veiligheidsmaatreël is toepaslik op die draaibank met betrekking tot die
        Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)?

        A        Alle oppervlakte van die masjien moet ordentlik ge-olie wees.
        B        Skerm mag tydens die sny van materiaal verwyder word.
        C        Moenie die masjien verstel terwyl die masjien in werking is nie.
        D        Verseker altyd dat meetinstrumente beskikbaar is.                               (1)

 1.3    Die volgende apparaat word gebruik op ŉ freesmasjien om die werkstuk in
        gelyke dele te verdeel:

        A        Masjienskroef
        B        Verdeelkop
        C        Saamgestelde beitelslae
        D        Ruilratte                                                                       (1)

 1.4    Wat is die funksie van ŉ multi-meter?

        A        Om die kragte in materiaal vas te stel
        B        Om materiaal te ontleed
        C        Om elektriese strome te toets
        D        Om die lug-brandstof-mengsel te ontleed                                         (1)

 1.5    Watter EEN van die volgende is ŉ eienskap van sementiet?

        A        Dit is rekbaar
        B        Dit is swak
        C        Dit is smeebaar
        D        Dit is hard en bros                                                             (1)

 1.6    Wanneer eenvoudige koolstaal teen ŉ uniforme tempo verhit word, verhoog die
        temperatuur eweredig tot 700 °C. Die temperatuur bly dan konstant vir ŉ
        tydperk. Hierdie punt word die ... genoem.

        A        rekalessensiepunt
        B        afkoelingspunt
        C        dekalessensiepunt
        D        hoër kritiese punt                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               MEGANIESE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.7    Watter EEN van die volgende is ŉ voordeel van klimfreeswerk?

        A       Minder vibrasie word ondervind.
        B       Growwe toevoer mag gebruik word.
        C       Die afwerking is fyner.
        D       Die druk op die snyer en spil (boom) is minder.                               (1)

 1.8    Watter draaibankwerking word in FIGUUR 1.8 aangedui?

                                         FIGUUR 1.8

        A       Afsteking
        B       Parallelle draaiwerk
        C       Interne parallelle boorwerk
        D       Eksterne skroefdraaisnywerk                                                   (1)

 1.9    Wat is die naam van die reeks katrolle met die aangehegte tou of ketting, soos
        in FIGUUR 1.9 aangedui?

                                         FIGUUR 1.9

        A       Wenas
        B       Katrolstel
        C       Trappies- en leikatrol
        D       Ongekruisde bandsisteem                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  MEGANIESE TEGNOLOGIE                                  5

 1.10 Watter EEN van die volgende toetse is ŉ destruktiewe toets?

        A        X-straaltoets
        B        Kleurstof penetrasie-toets
        C        Kerfbreektoets
        D        Ultrasoniese toets                                                            (1)

 1.11 Om die boog en gesmelte sweisplas van atmosferiese gasse te beskerm, is die
      funksie van die …

        A        traegas.
        B        uitlaatgas.
        C        inlaatgas.
        D        lug-brandstof mengsel.                                                        (1)

 1.12 Wat word verstaan met die term Young se Modulus van Elastisiteit?

        A        Die laswaarde wat benodig word om ŉ eenheid in ŉ trekmonster te
                 vervaardig
        B        Die verhouding tussen die spanning en die vervorming in ŉ metaal, mits
                 die grens van elastisiteit nie oorskry word nie
        C        Die mate van ŉ verlenging of inkrimping van materiaal deur middel van
                 ŉ lading
        D        Die verhouding van die vervorming weens die toepassing van ŉ
                 eksterne krag/lading                                                          (1)

 1.13 Die eenheid van vervorming:

        A        Is newton
        B        Is pascal
        C        Is watt
        D        Het geen eenheid nie                                                          (1)

 1.14 Watter EEN van die volgende is die doel van smering?

        A        Om wrywing te verminder
        B        Om slytasie te verminder
        C        Om korrosie te verhoed
        D        Al die bogenoemde                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               MEGANIESE TEGNOLOGIE                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.15

                                        FIGUUR 1.15

        SAE 20W50 olie, soos geïllustreer in FIGUUR 1.15 hierbo, word vir … gebruik.

        A       enjinsmering
        B       ratkassmering
        C       differensiaalsmering
        D       outomatiese ratkassmering                                                       (1)

 1.16 Watter EEN van die volgende is ŉ funksie van die wrywingkoppelaars?

        A       Dit steun ligte radiale kragte.
        B       Dit dra krag na hoë spoed oor.
        C       Dit steun hoë drukladings.
        D       Dit dra ŉ kombinasie van radiale en aksiale druk laste.                         (1)

 1.17 FIGUUR 1.17 toon drie ratte aan wat met mekaar inkam.

                       RAT A (DRYFRAT)             RAT C (GEDREWE RAT)

                                          RAT B

                                        FIGUUR 1.17

        Wat word Rat B genoem?

        A       Heliese rat
        B       Tandstang
        C       Tussenrat
        D       Kleinrat                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   MEGANIESE TEGNOLOGIE                                7

 1.18
               50 TANDE

                                                                   20 TANDE

                                         FIGUUR 1.18

        Bepaal die spoedverhouding van ŉ renfiets wat die kettingratsisteem soos in
        FIGUUR 1.8 hierbo uit wys, gebruik.

        A        2,5 : 1
        B        0,4 : 1
        C        25 : 25
        D        25 : 1                                                                       (1)

 1.19 Watter EEN van die volgende klassifikasies van turbines word vir die
      aanpassing van die binnebrandturbo-aanjaer gebruik?

        A        Turbo-aanjaer
        B        Rootswaaier
        C        Sentrifugalewaaier
        D        Al die bogenoemde                                                            (1)

 1.20 Kies die voordeel van ŉ turbo-aanjaer bo ŉ super-aanjaer uit die volgende
      opsies hieronder:

        A        Die turbo-aanjaer maak gebruik van diesel om te werk.
        B        Die turbo-aanjaer maak gebruik van uitlaatgasse om te werk.
        C        Die turbo-aanjaer gebruik petrol om te werk.
        D        Die turbo-aanjaer maak gebruik van ŉ enjin om te werk.                    (1)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               MEGANIESE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 2: VEILIGHEID

 2.1    Meld die rede aan waarom olie en ghries nooit op of naby die oksi-
        asetileentoerusting gebruik moet word nie.                                            (2)

 2.2    Noem DRIE veiligheidsmaatreëls tydens die hantering en gebruik van die
        gassilinder.                                                                          (3)

 2.3

                                         FIGUUR 2.3

        Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat jy sal neem wanneer die MIG/MAGS-
        sweismasjien gebruik word.                                                            (2)

 2.4    Watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls moet in ag geneem word tydens die
        gebruik van die volgende dele van die draaibanke:

        2.4.1   Loskop                                                                        (1)

        2.4.2   Masjienskerm                                                                  (1)

        2.4.3   Kloukop                                                                    (1)
                                                                                          [10]
 VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING

 3.1    Noem TWEE toestelle wat gebruik word om die hardheid van ŉ metaal te toets.           (2)

 3.2    Gee DRIE redes waarom ŉ kompressietoetser op ŉ enjin gebruik word.                    (3)

 3.3    Meld die funksie van ŉ trekkragtoetser.                                               (2)

 3.4    ŉ Gasontleder is ŉ belangrike gereedskapstuk wat gebruik word om
        uitlaatgasse in ŉ interne verbrandingsenjin te ontleed. Noem TWEE redes vir ŉ
        hoë CO-lesing.                                                                        (2)

 3.5    Lys DRIE werkende reëls tydens die gebruik van ŉ multi-meter.                      (3)
                                                                                          [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  MEGANIESE TEGNOLOGIE                                  9

 VRAAG 4: MATERIALE

 4.1    Noem die DRIE groepe van koolstaal en meld die persentasie koolstofinhoud
        van elk.                                                                               (9)

 4.2    Verduidelik kortliks wat gebeur wanneer staal die AC1-lyn tydens die
        vervormingsproses bereik.                                                              (2)

 4.3    Tot watter temperatuur word staal met ŉ koolstofinhoud van 1% vir verharding
        verwarm?                                                                            (2)
                                                                                           [13]
 VRAAG 5: TERMINOLOGIE

 5.1    Freesnyers kan in TWEE groepe ingedeel word: volgens ontwerp of
        skerpmaakmetode. Noem hierdie TWEE groepe en gee TWEE voorbeelde van
        elk.                                                                                   (6)

 5.2    Noem TWEE kenmerke van ŉ goeie freessnyer.                                             (2)

 5.3
                                         DRAAIBANK

                                         FIGUUR 5.3

        Verduidelik die skroefdraadsnyprosedure         volgens    die   saamgestelde
        beitelsleemetode in FIGUUR 5.3 hierbo.                                                 (7)

 5.4    Drie en dertig (33) tande moet op ŉ rat gefrees word.

        5.4.1    Watter tipe freessnyer kan gebruik word om die rat te masjineer?              (1)

        5.4.2    Bereken die indeksering wat benodig word.                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             MEGANIESE TEGNOLOGIE                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.5                                             A

                                                         B

                                          G

                           H              F             C
                                          E

                                          D

                                       FIGUUR 5.5

        Identifiseer die dele op die verdeelkop soos aangedui in FIGUUR 5.5 volgens
        die letters A–H.                                                                    (8)

 5.6
                                                             A
                            60°                                     B     C

                                       FIGUUR 5.6

        Identifiseer die DRIE dele genommer A, B en C van ŉ skroefdraad soos
        aangedui in FIGUUR 5.6 hierbo.                                                   (3)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     MEGANIESE TEGNOLOGIE                               11

 VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

 6.1
                                             C
                            B

                                                         E
          A
                                    D
                                                                          F

                                                                              G

                                                         I                        H
                                           FIGUUR 6.1

        Identifiseer die MIG-sweistoerusting soos aangedui in FIGUUR 6.1 volgens die
        letters A–I.                                                                            (9)

 6.2

                                                     E

                                    D
                                                 C
                        A
                                B

                                           FIGUUR 6.2

        Identifiseer die MIG-sweisproses soos aangedui in FIGUUR 6.2 volgens die
        letters A–E.                                                                            (5)

 6.3    Noem DRIE nie-destruktiewe toetsings wat op ŉ sweislas uitgevoer kan word.              (3)

 6.4    Verduidelik hoe die kerfbreektoets op ŉ sweislas toegepas word.                         (4)

 6.5    Wat is die doel van traegas met betrekking tot die MIG-sweisproses?                     (2)

 6.6    Na ŉ sweisinspeksie was slakinsluiting in die sweislas ontdek. Noem TWEE
        oorsake van hierdie defek.                                                            (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                MEGANIESE TEGNOLOGIE                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 7: KRAGTE

 7.1    Definieer die volgende terme:

        7.1.1    ŉ Krag                                                                        (1)

        7.1.2    Kragte in ekwilibrium                                                         (1)

        7.1.3    Resultant van ŉ sisteem van kragte                                            (1)

 7.2    ŉ Las van 40 kN veroorsaak ŉ drukspanning van 20 MPa in ŉ ronde geelkoper
        staaf. Die oorspronklike lengte van die staaf is 800 mm en Young se Modulus
        van Elastisiteit vir geelkoper is 90 GPa.

        Bereken:

        7.2.1    Die diameter van die staaf                                                    (6)

        7.2.2    Die vervorming                                                                (2)

        7.2.3    Die verandering in lengte                                                     (3)

 7.3    FIGUUR 7.3 toon ŉ sisteem van kragte aan met vier saamvlakige kragte wat
        op dieselfde punt inwerk.

                400 N                                                   300 N

                                             120°
                                                      30°
                                                                          280 N
                                                90°

                                             170 N
                                             FIGUUR 7.3

        Maak gebruik van berekeninge en bepaal die grootte en rigting van die resultant
        van die sisteem van kragte wat in ekwilibrium is.                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 MEGANIESE TEGNOLOGIE                                   13

 7.4    FIGUUR 7.4 toon ŉ uniforme balk aan, wat deur twee vertikale stutte, A en B,
        gesteun word. Twee vertikale puntbelastinge van 800 en 350 newton, en ŉ
        uniforme verspreide las van 80 newton per meter oor ŉ afstand tussen die
        twee stutte, word toegepas.

                800 N                              80 N/m                    350 N

                                      6,2 m                          1,7 m

                  A                                              B
                                         FIGUUR 7.4

        Maak gebruik van berekeninge en bepaal die reaksies in stutte A en B terwyl
        die balk in ekwilibrium is.                                                           (6)
                                                                                             [30]

 VRAAG 8: INSTANDHOUDING

 8.1    Beskryf volledig die doeltreffendheid van snyvloeistof in vergelyking met olie
        wanneer daar op ŉ draaibank gedraai word.                                               (3)

 8.2    Beskryf wat sou gebeur indien olie in ŉ enjin nie gereeld vervang word nie.             (3)

 8.3    Definieer die volgende:

        8.3.1    Flitspunt                                                                      (2)

        8.3.2    Vloeipunt                                                                      (2)

 8.4    Noem DRIE eienskappe van ghries.                                                        (3)

 8.5    Meld TWEE funksies aan van ŉ koppelaar en drukplaat in die koppelaar- en
        drukplaatmontering.                                                                   (2)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             MEGANIESE TEGNOLOGIE                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

 9.1    Die meganiese werkswinkel benodig ŉ hidrouliese pers. Die diameter van
        Suier B is 180 mm en beweeg 12 mm op. Die krag wat op Suier A toegepas
        word is 550 N. Suier A beweeg 60 mm afwaarts.

                                Suier A
                                                                       Suier B

                                        FIGUUR 9.1

        Gebruik die spesifikasies soos aangedui in FIGUUR 9.1 en bereken die
        volgende:

        (Wenk: 𝑉𝐴 = 𝑉𝐵 )

        9.1.1   Die diameter van Suier A                                                    (9)

        9.1.2   Die krag wat deur Suier A uitgeoefen word                                   (2)

        9.1.3   Die druk wat op Suier B uitgeoefen word                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  MEGANIESE TEGNOLOGIE                               15

 9.2    ŉ Koperbus, 80 mm lank, met ŉ binne-diameter van 30 mm en ŉ buite-
        diameter van 40 mm, word gebruik in ŉ pers om laers uit te druk. ŉ Krag van
        23 kN word op die las toegepas.

                                         FIGUUR 9.2

        9.2.1    Noem die tipe spanning wat die bus onderworpe aan is.                       (1)

        9.2.2    Bereken die spanning in die materiaal. Dui die antwoord aan in MPa.         (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              MEGANIESE TEGNOLOGIE                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 9.3    Jy moet die rataandrywing vir ŉ maalmasjien ontwerp.

        Die as van die masjien moet teen 90 r/min roteer.

        Op die elektriese motor is daar ŉ rat met 30 tande wat met ŉ gedrewe
        rat met 80 tande op ŉ tussenas inkam.

        Op die tussenas is daar ŉ tweede dryfrat met 20 tande wat die finale
        dryfrat met 40 tande inkam.

                                         FIGUUR 9.3

        9.3.1   Bereken die rotasie-frekwensie van die elektriese motor.                         (2)

        9.3.2   Noem TWEE voordele van ŉ dryfrat teenoor ŉ bandaandrywing.                    (2)
                                                                                             [25]

 VRAAG 10: TURBINES

 10.1 Meld TWEE doele van ŉ superaanjaer.                                                        (2)

 10.2 Noem TWEE voordele waar superaanjaers gebruik word.                                        (2)

 10.3 Turbo-aanjaers word gebruik in groot/swaar voertuie om die enjinkrag te
      verbeter.

        Verduidelik die werkbeginsel van die turbo-aanjaer.                                      (8)

 10.4 Verduidelik die basiese werkbeginsel van die stoomturbine.                                 (5)

 10.5 Meld DRIE turbines, bo en behalwe die stoomturbine.                                     (3)
                                                                                             [20]

                                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          MEGANIESE TEGNOLOGIE                                               17

 FORMULEBLAD

 1.     BANDAANDRYWING
                              𝜋𝐷𝑁
        1.1     Bandspoed = 60

                                𝜋(𝐷 + 𝑡)𝑥 𝑁
        1.2     Bandspoed =                      (t = banddikte)
                                     60

        1.3     Bandmassa = 𝐴𝑟𝑒𝑎 × 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 × 𝑑𝑖𝑔𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑                                  (A = dikte × wydte)

                                            𝐷𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑒𝑤𝑒 𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙
        1.4     Spoedverhouding =               𝐷𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑟𝑦𝑓𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙

        1.5     Bandlengte (Plat) = [ (D + d) × 1,57 ] + (2 × senterafstand)

                                       𝜋(𝐷 + 𝑑)        (𝐷 − 𝑑)2
        1.6     Oopbandlengte =                    +                + 2𝑐
                                            2              4𝑐

                                                   𝜋(𝐷 + 𝑑)         (𝐷 + 𝑑)2
        1.7     Gekruisde bandlengte =                          +              + 2𝑐
                                                       2              4𝑐

                                2𝜋𝑁𝑇
        1.8     Drywing (P) =     60

                                                                                       𝑇
        1.9     Verhouding tussen die stywe kant en slap kant = 𝑇1
                                                                                        2

                                (𝑇1 −𝑇2) 𝜋𝐷𝑁
        1.10    Drywing (P) =                     waar 𝑇1 = krag in die stywe kant
                                       60

                                1𝑇
        1.11    Wydte = 𝑇𝑜𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔

        1.12    Wringkrag = Krag × radius

 2.     SPANNING EN VERVORMING
                                 𝐾𝑟𝑎𝑔                       𝐿
        2.1     Spanning = 𝑂𝑝𝑝𝑒𝑟𝑣𝑙𝑎𝑘𝑡𝑒 of (𝜎 = 𝑂)

                                          𝑉𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒
        2.2     Vormverandering = 𝑂𝑜𝑟𝑠𝑝𝑟𝑜𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒

                                                        𝑆𝑝𝑎𝑛𝑛𝑖𝑛𝑔                 𝜎
        2.3     Young se modulus (E) = 𝑉𝑜𝑟𝑚𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 of ( 𝜀 )

 3.     HIDROULIKA

                                𝐾𝑟𝑎𝑔 (𝐿)
        3.1     Druk (P) = 𝑂𝑝𝑝𝑒𝑟𝑣𝑙𝑎𝑘𝑡𝑒 (𝑂)

        3.2     Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte (l of s)

        3.3     Arbeid verrig = Krag × Afstand

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                       MEGANIESE TEGNOLOGIE                                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.    RATAANDRYWING
                                        𝐺𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑝 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑒𝑤𝑒 𝑟𝑎𝑡
       4.1     Ratverhouding =              𝐺𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑟𝑦𝑓𝑟𝑎𝑡
                            2𝜋𝑁𝑇
       4.2     Drywing =      60

       4.3     Wringkrag = Krag × radius
       4.4     Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag
                                   𝑆𝑡𝑒𝑒𝑘𝑠𝑖𝑟𝑘𝑒𝑙𝑑𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 (𝑆𝑆𝐷)
       4.5     Module (m) =                 𝐺𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 (𝑇)

                                                            𝑆𝑖𝑟𝑘𝑒𝑙𝑠𝑡𝑒𝑒𝑘 (𝑆𝑆) × 𝐺𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 (𝑇)
       4.6     Steeksirkeldiameter (SSD) =
                                                                            𝜋

       4.7     Buitediameter (BD) = SSD + 2 module
       4.8     Addendum (a) = module (m)
       4.9     Dedendum (b) = 1,157 m of Dedendum (b) = 1,25 m
       4.10    Snydiepte (h) = 2,157 m of Snydiepte (h) = 2,25 m
       4.11    Vry ruimte (c) = 0,157 m of Vry ruimte (c) = 0,25 m
       4.12    Sirkelsteek (SS) = m × 𝜋
 5.    KATROLAANDRYWING
       5.1     𝑁1 𝐷1 = 𝑁2 𝐷2
                                   2𝜋𝑁𝑇
       5.2     Drywing (P) =        60
                                                      𝐷𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑒𝑤𝑒 𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙
       5.3     Snelheidsverhouding =                   𝐷𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑟𝑦𝑓𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙

                                                          𝑟/ 𝑚𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑟𝑦𝑤𝑒𝑟 × 𝑑𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑟𝑦𝑓𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙
       5.4     r/min van gedrewe katrol =                         𝑑𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑒𝑤𝑒 𝑘𝑎𝑡𝑟𝑜𝑙

 6.    SPYE
                              𝐷𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑠
       6.1     Spywydte =
                                            4
                             𝑑𝑖𝑎𝑚𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑠
       6.2     Spydikte =               6

       6.3     Spylengte = 1,5 × diameter van as
       6.4     Standaardtapstuk vir tap se spy: 1 in 100 of 1 : 100
 7.    CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN
       7.1                                                 Gatsirkels
               Sy 1     24         25           28      30 34 37                38    39         41      42     43
               Sy 2     46         47           49      51 53 54                57    58         59      62     66

       7.2                                          Standaardwisselratte
               24 × 2   28          32           40    44   48    56     64                 72          86     100
                                                 40
               Indekseringformule = 𝑁 (Waar N = getal indelings)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MechTech Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/mechtech-eng-memo/84d5c26e-f528-44a8-8128-f874ce48eeff) — Mechanical Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2017-eng/f01a63d0-f7b8-415a-972a-047ae1abde1e) — Mechanical Technology · QP · 2017 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2017-afr/18b70e6e-c339-413e-a965-ea976e4ab963) — Mechanical Technology · QP · 2017 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Welding English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-welding-english/fb1b7d42-462f-47a9-b370-31ff67b36f87) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Auto English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-auto-english/5a5fe226-4c82-4735-bd84-25a08bed5162) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
