# Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-qp-afr/4d666686-cc45-458f-82ec-fc7a2d60210c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-qp-afr/4d666686-cc45-458f-82ec-fc7a2d60210c)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                    NOVEMBER 2013

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:      100

TYD:        2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
     gebruik word.

4.   ŉ Nieprogrammeerbare en niegrafiese sakrekenaar mag gebruik word,
     tensy anders aangedui.

5.   ALLE berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.

6.   ALLE finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
     tensy anders aangedui.

7.   Eenhede van meting moet aangedui word waar van toepassing.

8.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                3

 VRAAG 1

 Linda en Thabo het besluit om hul eie besigheid vanaf die huis te begin deur vars
 tuisgemaakte reusagtige muffins te maak en te verkoop. Op hierdie manier
 besnoei hulle kostes, omdat hulle nie huur vir hul besigheid hoef te betaal nie. Om
 te verseker dat hul besigheid ŉ wins sal maak, het hulle sorgvuldig die koste van
 hul uitgawes uitgewerk voordat hulle die besigheid begin het. Daarna het hulle ŉ
 verkoopprys bepaal vir hul reusagtige muffins.

 Tabel 1 hieronder toon hulle vaste maandelikse koste vir hul besigheid. Hierdie is
 koste wat dieselfde bly, ongeag hoeveel hulle maak of verkoop.

                   Vaste Maandelikse Uitgawes (R)
 Salarisse (vir albei)                                       R6 000,00
 Lone (1)                                                    R1 500,00
 Water                                                        R465,00
 Skoonmaakmateriaal                                           R250,00
 Vervoerkoste                                                R1 750,00
 Ander koste                                                  R500,00

 1.1    Bereken die koste van die Vaste Maandelikse Uitgawes vir hul besigheid.
        Geld moet ook op bestanddele vir die maak van die reusagtige muffins
        spandeer word.                                                                  (3)

 Tabel 2 hieronder toon die koste van die bestanddele wat benodig word om 50
 reusagtige muffins te maak.

        Koste vir Bestanddele vir 50 Reusagtige Muffins (R)
 Meel                                                     R15,50
 Bakpoeier                                                  R0,25
 Suiker                                                   R11,50
 Olie                                                       R9,50
 Eiers                                                    R12,75
 Papierkoekvorms (Paper cups)                               R8,00
 Kakao, Sjokoladeskyfies, Bloubessies, Neute, Geure       R12,50

 Die stoof wat hulle gebruik, is ŉ elektriese stoof en deur die meter dop te hou, het
 hulle uitgewerk dat hulle 6 eenhede (kWh) elektrisiteit gebruik om die 50
 reusagtige muffins te bak. Een eenheid (kWh) van elektrisiteit kos R1,09.

 1.2    Bereken die koste van die bestanddele om die 50 reusagtige muffins te
        maak.                                                                            (3)

 1.3    Bereken die koste van die bestanddele vir EEN reusagtige muffin.                 (2)

 1.4    Bereken die koste van die elektrisiteit om EEN reusagtige muffin te maak.
        Gee jou antwoord in Rand en rond jou antwoord af tot 2 desimale plekke.          (2)

 1.5    Hoeveel kos dit om EEN reusagtige muffin te maak?                                (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (NOVEMBER 2013)

1.6   Linda en Thabo het besluit om hulle reusagtige muffins teen R5,00 elk te
      verkoop.

      1.6.1    Hoeveel wins word met een muffin gemaak?
               Gebruik die volgende metode om die wins te bereken:

               Wins = Verkoopprys – Kosprys                                            (3)

      1.6.2    Bereken die persentasie-wins vir een muffin. Gebruik die volgende
               formule om jou antwoord te bereken:

                                                                                       (3)

1.7   Hoeveel muffins moes Linda en Thabo verkoop om gelyk te breek met hul
      uitgawes?

      Rond jou antwoord af tot die naaste heel muffin.
      Gebruik die volgende formule vir jou berekeninge:

                                                                                       (3)

1.8   Linda en Thabo moet hulle kombuis oordoen om hulle toe te laat om die
      aantal muffins te bak vir hul besigheid, sowel as om aan die standaarde te
      voldoen soos deur die Departement van Gesondheid voorgeskryf. Dit sal
      die moeite werd wees om dit te doen, omdat dit die waarde van hul eiendom
      sal laat styg. Die bedrag wat gekwoteer was om die veranderinge aan te
      bring, is R11 505,35. Hulle het besluit om ŉ lening by die bank aan te gaan
      om hierdie onkostes te dek. Hulle besluit om R12 500,00 te leen vir ingeval
      daar versteekte koste is. Die bank was bereid om die geld aan hulle te leen
      teen 12,5% rente per jaar oor ŉ periode van 5 jaar enkelvoudige rente.

      1.8.1    Bereken hoeveel hulle aan die bank sal moet terugbetaal na 5 jaar.

                     Gebruik die formule:

                     Waar:           = Finale Bedrag
                                     = Die aanvanklike bedrag geleen
                                     = rentekoers per jaar
                                     = aantal jare                                     (3)

      1.8.2    Bereken die maandelikse paaiement op hierdie lening.                    (3)

      1.8.3    Bereken hoeveel ekstra muffins moet gebak word om genoeg wins
               te maak sodat die maandelikse paaiement gedek kan word.
               Gee jou antwoord tot die naaste heel muffin.                            (3)
                                                                                      [30]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 5

VRAAG 2

Die Smiths het onlangs ŉ swembad in hul agterplaas gebou. Die swembad is
15 meter lank en 8 meter breed. Die diepte van die swembad is 1,5 meter. ŉ Diagram
van die swembad word hieronder getoon.

                                                  15 m
                      8m

                  1,5 m

2.1 Die mure van die swembad moet geteël word om die onderhoudskoste so laag as
    moontlik te hou.

      2.1.1   Bereken die buite-oppervlakte van die mure van die swembad.
              Gee jou antwoord in    .

              Gebruik die volgende formule om jou berekeninge te doen:

              Buite-oppervlakte = 2 x lengte x diepte + 2 x breedte x diepte                 (3)

      2.1.2   Indien die teëls wat gebruik word se afmetings 20 cm x 20 cm is, bereken
              hoeveel teëls nodig sal wees om die swembad se mure te teël.                   (4)

2.2 Bereken hoeveel water nodig sal wees om die swembad te vul. Gee jou
    antwoord in kiloliter.

      Gebruik die volgende formule: Volume = Lengte x Breedte x Diepte                       (3)

2.3 Water kos R5,55 per kiloliter. Hoeveel sal dit kos om die swembad te vul?                (3)

2.4   Verlede week (op een dag) was die maksimum temperatuur 39,5 °C en
      1,5% van die swembad se water het verdamp. Hoeveel water het op dié dag uit
      die swembad verdamp?                                                                   (3)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (NOVEMBER 2013)

2.5   Die Smiths het besluit om plaveiselstene (paving stones) rondom die swembad
      aan te lê om te verhoed dat te veel gras in die swembad beland. Die diagram
      hieronder toon die finale vereiste afmetings.

                                             17 m

                                             15 m

                  10 m         8m            SWEMBAD

                                             PLAVEISEL

      2.5.1   Wat is die breedte van die plaveisel wat benodig word?                       (2)

      2.5.2   Indien die plaveiselstene se afmetings 50 cm x 50 cm is, hoeveel
              plaveiselstene sal benodig word om die plaveisel te voltooi?                 (4)
                                                                                          [22]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                7

 VRAAG 3

 Jou jongste suster, Lisa, gaan volgende jaar na Graad 1. Lisa is bang om in haar
 nuwe skool te verdwaal. Sy hou daarvan om te weet presies waarheen sy ten alle
 tye moet gaan, anders raak sy paniekerig en huil. Omdat sy na jou ou primêre
 skool gaan, is jy in staat om haar te help om dit vir haar makliker te maak. Jy
 teken ŉ skets van die skool soos hieronder getoon.

                                                                N

                                         Me. Tshoba        Me. Smith       Me. Faith     Me. Tabata
                             Saal        Graad 1A          Graad 1B         Graad 3B     Graad 4A

                                                             Veranda                         Hoof se

                                                                                                            Voorkant van skool
                                                                                             kantoor

       Speelgronde
                       Meisies-
                       toilette
                                                             Grasperk
                       Seuns-
                       toilette                                                              Sekreta-
                                                                                             resse

                          Mnr Naidoo          Me. Time       Me. Wilson     Me. Styles     Biblioteek
                           Graad 4B           Graad 2A       Graad 2B       Graad 3A       Rekenaars

                                                   Skaal = 1 : 400

 3.1                 Alle leerders sal die skool betree deur die voorste deur op die eerste dag
                     van skool. Geen leerder sal toegelaat word op die grasperk nie, behalwe
                     tydens pouses en onder toesig van ŉ leerkrag.

                     3.1.1        Jou suster gaan na Graad 1. Aan watter kant van die skool is Lisa
                                  se klas? Gebruik ŉ kompasrigting vir jou antwoord.                    (1)

                     3.1.2        Lisa gaan volgende jaar na Me. Smith se klas. Verduidelik vir haar
                                  hoe om by Me. Smith se klaskamer vanaf die voorkant van die
                                  skool te kom.                                                         (2)

                     3.1.3        Is daar ŉ enkel of dubbeldeur wat uitloop op die speelgronde?
                                  Waarom dink jy is dit so?                                             (2)

 3.2                 Lisa wil weet hoe groot haar klaskamer is.

                     3.2.1        Meet die lengte en breedte van haar klaskamer op die skets.
                                  Gee jou antwoord in sentimeter.                                       (2)

                     3.2.2        Gebruik die skaal wat gegee word en skryf die lengte en breedte
                                  van haar klaskamer in werklikheid neer.                               (4)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (NOVEMBER 2013)

 3.3                Teken die vooraansig van die skoolgebou. Onthou om al die vensters en
                    deure sowel as die dak aan te dui.                                                        (3)

 3.4                Is al die klaskamers in die skool dieselfde grootte? Gee ŉ rede waarom jy
                    dink dit die geval is.                                                                    (2)

 3.5                Lisa se skoolfooie is R950 per maand vir tien maande.

                    3.5.1       Bereken die jaarlikse koste van haar skoolfooie.                              (2)

                    3.5.2       Indien die skoolfooie ten volle betaal word aan die begin van die
                                jaar, word ŉ 15% afslag gegee. Hoeveel afslag is hierdie?                     (2)
                                                                                                             [20]
 VRAAG 4

 4.1                Vroeër hierdie jaar het Suid-Afrika teen Nieu-Seeland ŉ T20-reeks op
                    Nuweland, Kaapstad gespeel.
                    Hieronder is ŉ grafiek wat die aantal lopies vir beide spanne toon.
                    Bestudeer die grafiek sorgvuldig en beantwoord die vrae wat volg.

                                         Suid-Afrika vs Nieu-Seeland T20
            30

            25

Aantal Lopies
            20

            15                                                                                 Suid-Afrika
                                                                                               Proteas

            10                                                                                 Nieu-Seeland
                                                                                               New  Zealand

                5

                0
                    1   2   3    4   5   6   7   8   9   10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
                                                     Boulbeurte

                    4.1.1       In watter boulbeurt het Suid-Afrika die meeste lopies aangeteken?             (1)

                    4.1.2       In watter boulbeurt het Suid-Afrika geen lopies aangeteken nie?               (1)

                    4.1.3       In hoeveel boulbeurte het Suid-Afrika 5 of minder lopies
                                aangeteken?                                                                   (2)

                    4.1.4       In hoeveel boulbeurte het die Nieu-Seelanders 12 lopies
                                aangeteken?                                                                   (2)

                    4.1.5       Tydens die wedstryd, wat was die waarskynlikheid dat die kolwer
                                van Suid-Afrika 9 lopies in ŉ boulbeurt sou aanteken?                         (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      9

        4.1.6     Wat was die totale aantal lopies wat Suid-Afrika vir hierdie
                  wedstryd aangeteken het?                                                       (2)

        4.1.7     Bereken die gemiddelde aantal lopies per boulbeurt vir Suid-Afrika.            (2)

        4.1.8     Watter span het die wedstryd gewen? Wys alle berekeninge om
                  jou antwoord te ondersteun.                                                    (3)

 4.2    Onlangs was ŉ opname gedoen onder 400 leerders by ŉ skool om uit te vind
        waarvoor selfone die meeste deur tieners gebruik word.
        Hieronder is ŉ sirkeldiagram wat die resultate van die opname toon.

                       SELFOONGEBRUIK DEUR LEERDERS
                                        VASLEGGING, 21   SMS, 32

                                                                   INTERNET, 33
                           FOTO'S, 72

                       BEL MY                                           MUSIEK, 61
                    ASSEBLIEF, 15

                     SPELETJIES, 45
                                                                   OPROEPE, 41

                                             SOSIALE
                                           NETWERK, 80

        4.2.1     Volgens die opname, waarvoor word selfone die meeste gebruik?                  (1)

        4.2.2.    Watter persentasie van die leerders gebruik hul selfone om foto’s te
                  neem? Bereken die persentasie deur die volgende metode te
                  gebruik:

                  Persentasie gebruik =                                       x 100
                                                                                                 (3)

        4.2.3     Waarvoor gebruik 8% van die leerders hulle selfone?                            (3)

        4.2.4     Bereken die aantal grade wat gebruik was om die sektor vir die
                  Sosiale Netwerk te teken.                                                      (3)

        4.2.5     Indien enige van die leerders in die opname gevra word, wat sal
                  die waarskynlikheid wees dat dié leerder hulle selfone vir
                  speletjies gebruik? Skryf jou antwoord neer as ŉ persentasie.
                  Wys alle berekeninge gebruik.                                                  (3)
                                                                                                [28]

                                                                                      TOTAAL:   100

## Related documents

- [MLIT P1 GR11 NOV2013-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-qp-eng/fd784c1d-fcf9-478d-ba8a-5d3605b9332e) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [MLIT P1 GR11 NOV2013-MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-memo-afr/86e1ec2f-7bc5-4808-8bef-2fda3147d10e) — Mathematical Literacy · Memo · 2013 · Afr
- [MLIT P1 GR11 NOV2013 MEMO (Engl)](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-memo-engl/bb5e9466-62ea-4b6f-bc93-50f7ebf1af29) — Mathematical Literacy · Memo · 2013
- [Gr11 MLIT P2 N13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-qp-eng/a08fc217-93c2-4818-aa3d-dbcd0cd68d8a) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [Mathematical Literacy P1 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-exemplar-2013-eng/1409f22e-9ab3-4c31-adac-323481eb9b2b) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr11-qp-nov2022-english/cff66dff-d8c3-4e1b-adf0-692ec2e1a58b) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/913740d3-d3f7-470f-ad0e-289f4f74f68b) — QP + Memo · 2025
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
