# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-gr11-2012-qp-afr/0c37794d-4008-4951-b606-b8d92770d008
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-gr11-2012-qp-afr/0c37794d-4008-4951-b606-b8d92770d008)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2012

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                              *MLITA2*

           Die vraestel bestaan uit 11 bladsye en 1 bladsy bylaag.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                   (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    VRAAG 2.2.2 moet op die aangehegte BYLAAG A beantwoord word.
      Skryf jou naam in die ruimtes gelaat en lewer die bylaag saam met die
      ANTWOORDEBOEK in.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik is.

4.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag
      gebruik word, tensy anders vermeld.

5.    AL die berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.

6.    AL die finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
      tensy anders vermeld.

7.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    3

 VRAAG 1

 Gretchen het besluit om gesonder te eet deur haar rooivleis dieet te vervang met
 volstruisvleis. Volstruisvleis is vetvry, laag in kalories en cholesterol, maar ryk in
 proteïne.

 1.1    Gretchen versamel al die resepte om te kook met volstruisvleis. Die
        volgende is ŉ resep vir Volstruisfilet in Nartjie Sous.

                                      Bedien 4 mense

        1 lb (pond) 2 oz (onse) Volstruisfilet
        1½ tlp beesvleisekstrak poeier (beef stock powder)
        Sap en gerasperde skil van 1 groot lemoen
        60 mℓ asyn
        1 etlp heuning
        2 etlp olyfolie
        1 blik nartjies
        Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

        1.1.1     Terwyl Gretchen die resep voorberei, is die enigste maatlepel
                  wat sy het, ŉ 5 mℓ teelepel (tlp). Die resep vereis 2 eetlepels
                  (etlp) olyfolie. Hoeveel teelepels olyfolie moet Gretchen gebruik
                  as                  ?                                                   (3)

        1.1.2     Hoeveel blikke nartjies sal gebruik word as Gretchen die resep
                  vir 20 mense voorberei?                                                 (2)

        1.1.3     Volgens die resep moet Gretchen die oond voorverhit tot 400 ºF
                  (Fahrenheit). Haar stoof se temperatuur is in Celsius (ºC) en sy
                  stel dit op 220 ºC. Wys deur gebruik te maak van die formule
                  hieronder of Gretchen haar oond op die regte temperatuur in ºC
                  gestel het.

                  Formule;

                  Gee jou antwoord tot die naaste 10º.                                    (4)

 1.2    In Suid-Afrika word vleis in kilogram (kg) verkoop. Herlei die volstruisfilet
        wat benodig word vir die resep om te bepaal hoeveel kilogram
        volstruisfilet Gretchen moet koop. Gee jou finale antwoord tot 1 desimale
        plek.

        Gebruik die volgende inligting:

        1 lb = 0,45359 kg
        1 oz = 0,0625 lb                                                                  (5)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
4                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (NOVEMBER 2012)

1.3   Wanneer die dis heeltemal gekook is, het dit ŉ kapasiteit van 1,5 liter.
      Gretchen wil dit oorgooi in ŉ ronde opdienskottel soos in die diagram
      hieronder (nie volgens skaal) geïllustreer. Die deursnee van die
      opdienskottel is 22 cm en die hoogte is 9 cm.

                                     22 cm

                                                       9 cm

                                                                                      (5)
      Gebruik die volgende inligting om te bepaal of die opdienskottel groot
      genoeg sal wees vir die gekookte dis. Gee jou finale antwoord tot 1
      desimale plek.
                       waar
               3
      1 000 cm = 1 ℓ
1.4   Gretchen ontvang die volgende kasregisterstrokie (till slip) vir van die
      items wat sy gekoop het vir die resep van SAVE-A-LOT Supermark.

                        SAVE-A-LOT Supermark
                       Dankie vir die inkope by ons

               Volstruisfilet 500g
               @ 67,00/kg                          33,50
               0,275 kg Lemoene
               @ 5,99/kg #                          1,65
               Nartjies                            12,59
                       Verskuldig BTW ingsl.       52,54
                       Kontant                     52,50
                       Ronding                       0,04
                       Items           3
               ------------- BELASTING FAKTUUR -----------
               BTW ingesluit        @    14%   6,45
               Nie-belasbare Items #
               ----------VAT REG NO. 123456789--------
                    Hou asseblief strokie as waarborg
               12/09/2011                          16:42

      1.4.1   Bepaal hoekom Gretchen slegs R33,50 vir die volstruisfilet betaal
              het.                                                                    (1)
      1.4.2   Wys hoe die Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) van
              R6,45 bereken is.                                                       (3)
      1.4.3   Die nartjies wat Gretchen gekoop het, is belas, maar nie die
              lemoene nie. Gee ŉ verduideliking waarom die nartjies belas
              word, maar nie die lemoene nie.                                         (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                              5

        1.4.4     Verduidelik die betekenis van die ronding R0,04 op die
                  kasregisterstrokie.                                               (2)

        1.4.5     Verduidelik waarom die kasregisterstrokie nie wys dat Gretchen
                  kleingeld moet ontvang nie.                                       (2)

        1.4.6     Watter tyd van die dag het Gretchen die aankope gemaak? Gee
                  ŉ bewys vanaf die strokie om jou antwoord te staaf.               (2)
                                                                                   [31]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2

2.1   Mondo bestuur vir die afgelope vier jaar ŉ tweedehandse motor. Oor
      hierdie vier jaar het hy dit reggekry om 16% van die prys van die
      splinternuwe motor wat hy wil koop, te spaar as ŉ deposito. Hy stel belang
      om ŉ 2011 Chevrolet Orlando 1,8 model te koop.

      Mondo besoek die Delta Motorhandelaar om die motor te koop. Die prys
      van die motor is R250 000.
      Vir hierdie doel gaan ons slegs fokus op die prys van die motor (geen ander
      aanvangskoste nie).

      2.1.1     Bereken die bedrag wat Mondo gespaar het vir die motor.               (2)

      2.1.2     Mondo kry dit reg om ŉ lening by die bank te kry vir die uitstaande
                bedrag. Hy sal die lening oor 72 maande terugbetaal teen 9,5%
                per jaar enkelvoudige rente. Bereken hoeveel Mondo sal betaal
                as dit hom presies 72 maande sal neem om die lening terug te
                betaal.

                Gebruik die formule:                 waar;

                                   ,
                                       ,

                                                                                      (5)

      2.1.3     Hoeveel rente sal Mondo op die lening betaal?                         (2)

2.2   Wanneer ŉ nuwe motor gekoop word, moet die eienaar daarvan bewus
      wees dat die waarde van die motor verminder. Sodra ŉ splinternuwe motor
      die vertoonkamer verlaat, het dit nie dieselfde waarde as toe dit gekoop is
      nie.

      Mondo het uitgevind dat die waarde van sy motor gaan verminder teen ŉ
      koers van 20% per jaar. Die volgende tabel wys die verwantskap tussen
      die waarde van die motor en die aantal jare.

      Tabel 1

           Jaar             0                1       2           3           4
         Waarde
                        250 000            200 000   A       128 000      102 400
         in Rand

      2.2.1     Bereken die ontbrekende waarde (A) deur gebruik te maak van die
                formule;             waar;

                                                                                      (3)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                 7

        2.2.2     Gebruik die inligting in die tabel om ŉ grafiek te teken (BYLAAG
                  A) wat die verwantskap tussen die waarde van die motor en ŉ
                  aantal jare wys.                                                    (5)

        2.2.3     Watter tipe eweredigheid word deur die grafiek of tabel
                  voorgestel? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (2)

 2.3    In die vertoonkamer was daar ŉ verskeidenheid kleure van die Chevrolet
        Orlando wat Mondo wil koop (2 rooi, 3 silwer, 4 grys en 5 swart).

        Wat is waarskynlikheid dat Mondo ŉ silwer Chevrolet Orlando sal kies?         (2)
                                                                                     [21]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
8                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (NOVEMBER 2012)

VRAAG 3

3.1   Gedurende die eerste ronde van die 2011 Rugbywêreldbeker het die
      kompeterende lande in groepe gespeel. Hulle het slegs een keer teen ŉ
      ander span in hul groep gespeel. Een van die groepe (GROEP D) in die
      onderstaande tabel wys die moontlike wedstryde. Die spanne in
      GROEP D was Fidji (F), Suid-Afrika (SA), Samoa (S), Wallis (W) en
      Namibië (N). Gebruik die tabel om die onderstaande vrae te beantwoord.

      Tabel 2

      Spanne        F            SA           S            W            N
      F             FF           FSA          FS           FW           FN
      SA            SAF          SASA         SAS          SAW          SAN
      S             SF           SSA          SS           SW           SN
      W             WF           WSA          WS           WW           WN
      N             NF           NSA          NS           NW           NN

      3.1.1   Hoeveel van die wedstryde was nie moontlik nie?
              Verduidelik jou antwoord.                                                (2)

      3.1.2   Hoeveel van die wedstryde het nie plaasgevind nie omdat die
              spanne slegs een keer teen mekaar gespeel het?                           (2)

      3.1.3   Hoeveel wedstryde het elke span gespeel?                                 (2)

      3.1.4   Wat was die totale wedstryde wat tydens hierdie groepfase in die
              Rugbywêreldbeker gespeel is?                                             (2)

      3.1.5   Wat is die waarskynlikheid dat ŉ span ten minste EEN van hul
              wedstryde sal wen?                                                       (2)

      3.1.6   Bereken die waarskynlikheid dat ŉ span al hul wedstryde sal wen
              in die groepfase en na die kwarteindrondte deurdring. Neem in
              aanmerking dat geeneen van die wedstryde gelykop geëindig het
              nie.                                                                     (2)

3.2   Die eindresultaat van die wedstryd tussen Suid-Afrika en Fidji was 49 – 3
      in Suid-Afrika se guns. ŉ Doel is 5 punte werd, ŉ doelskop 2 punte en ŉ
      strafskop 3 punte.

      3.2.1   (a)   Skryf ŉ formule neer om te wys hoe ŉ rugbywedstryd se
                    eindresultaat bereken word. Gebruik (s) vir finale punte, (t)
                    vir doele, (c) vir doelskoppe en (p) vir strafskoppe.              (3)

              (b)   Gebruik jou formule in VRAAG 3.2.1(a) om te wys hoe Suid-
                    Afrika opgeëindig het met hulle eindresultaat as hulle
                    6 doele, 5 doelskoppe en 3 strafskoppe aangeteken het.             (2)

      3.2.2   Hoe het Fidji hulle punte aangeteken?                                    (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  9

 3.3    Die wedstryd tussen Suid-Afrika en Fidji was gespeel by die Wellington
        Streeksstadion in Wellington City, Nieu-Seeland. Die pryse van die
        kaartjies vir hierdie stadion vir hierdie spesifieke wedstryd word gelys in
        die tabel hieronder in Nieu-Seeland Dollar (NZD).

        Tabel 3

        Kategorie A         Kategorie B        Kategorie C         Kategorie D
        153 NZD             123 NZD            97 NZD              66 NZD

        3.3.1     Trevor, ŉ Suid-Afrikaanse burger, het ŉ Kategorie B kaartjie
                  gekoop via die internet. Toe die kaartjie gekoop is, was die
                  wisselkoers 1 ZAR (Suid-Afrikaanse Rand) = 0,15761 NZD.
                  Bereken hoeveel hy vir hierdie kaartjie in Rand (ZAR) betaal het.    (3)

        3.3.2     Met sy terugkeer van Nieu-Seeland het Trevor 200 NZD
                  oorgehad en het dit omgeskakel na Rand (ZAR). Die
                  wisselkoers ten tye van die omskakeling was 1 NZD = R6,3450
                  (ZAR). Wat was die waarde van sy 200 NZD in Rand (ZAR)?              (2)
                                                                                      [23]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
10                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                   (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4

4.1   Shameeg, ŉ graad 11 leerder, het besluit om laserskywe (CD’s) te
      verkoop. Hy wil die winste wat hy maak, gebruik om sy matriekafskeid te
      befonds. Hy het laserskywe (CD’s) gekoop met R500 wat hy vir sy
      verjaardag ontvang het. Neem in ag dat Shameeg R30 aan vervoerkoste
      betaal.

      Die volgende grafiek wys sy uitgawes en inkomste vir die laserskywe
      (CD’s).

                                Uitgawes en Inkomste van laserskywe (CD's)
                          600

                          500

         Bedrag in Rand
                          400

                          300
                                                                                      Uitgawes
                                                                                      Inkomste
                          200

                          100

                           0
                                 0   10   20    30   40   50   60   70   80   90
                                           Aantal laserskywe (CD's)

      4.1.1                     Bereken die kosprys vir een laserskyf (CD).                             (2)

      4.1.2                     Bereken die verkoopprys vir een laserskyf (CD).                         (2)

      4.1.3                     Na aanleiding van jou antwoorde in VRAE 4.1.1 en 4.1.2,
                                bereken die persentasie wins wat hy op een laserskyf maak.
                                Gebruik die formule:
                                                               –
                                                                                                        (2)

      4.1.4                     Verskaf die ko-ordinate waar die twee grafieke mekaar sny.              (2)

      4.1.5                     Gee ŉ naam vir die punt waar die twee grafieke mekaar sny en
                                verduidelik die betekenis daarvan?                                      (2)

      4.1.6                     Verduidelik wat opgemerk kan word voor die punt wat jy in
                                VRAAG 4.1.5 genoem het. Jou verduideliking moet verwys na
                                inkomste en uitgawes.                                                   (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                11

        4.1.7     Die grafiek vir uitgawes begin nie by die oorsprong (0;0) nie.
                  Verduidelik waarom die grafiek nie by die oorsprong begin nie.      (2)

 4.2    Shameeg het die data van sy verkope in ŉ vyf-syfer opsomming soos
        hieronder aangeteken om die verkope van sy laserskywe (CD’s)
        gedurende een maand te analiseer. Gebruik hierdie vyf-syfer opsomming
        om die onderstaande vrae te beantwoord.

        Tabel 4

        Minimum                                5
        Kwartiel 1                             15
        Kwartiel 2                             24
        Kwartiel 3                             37
        Maksimum                               42

        4.2.1     Wat kan afgelei word van die eerste kwartiel(15) oor die verkope
                  van die aantal laserskywe (CD’s)?                                   (2)

        4.2.2     Wat kan afgelei word van die derde kwartiel (37) oor die verkope
                  van die aantal laserskywe (CD’s)?                                   (2)

        4.2.3     Sou jy sê Shameeg het ŉ goeie maand van verkope gehad?
                  Verduidelik jou antwoord.                                           (2)

 4.3    Die volgende is ŉ skets van ŉ laserskyf (CD) (nie volgens skaal).

                                                              118 mm

                                                           0,75 cm

        Shameeg het ŉ artikel gelees waar ŉ stelling gemaak is dat die oppervlak
        van ŉ laserskyf (CD) 107,53 cm2 is. Gebruik die skets hierbo waar die
        buitesirkel se deursnee 118 mm en die binnesirkel ŉ radius van 0,75 cm
        het om Shameeg te help om uit te vind of die stelling waar is.
        Gebruik die formule;                 waar             .
                                     2
        Gee jou finale antwoord in cm .                                               (5)
                                                                                     [25]

                                                                         TOTAAL:     100

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
12                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2       (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2.2.2

BYLAAG A

NAAM:

                                      Waarde van motor oor jare
                      250 000

                      200 000

                      150 000

     Waarde in Rand
                      100 000

                       50 000

                           0
                                0       1            2           3        4      5
                                                          Jare

## Related documents

- [MLIT-P2-GR11 2012-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-gr11-2012-qp-eng/80083a22-c6c0-4e01-9f24-a2dd6d54615f) — Mathematical Literacy · QP · 2012 · Eng
- [MLIT-P2-GR11 2012 MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-gr11-2012-memo-afr/b784093e-7b98-4716-81a2-3983fd3ffb42) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [MLIT P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-n12-qp-afr/f6542bd2-fa0a-4dc1-962b-0e918e9a788f) — Mathematical Literacy · QP · 2012 · Afr
- [MLIT P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-n12-qp-eng/1b73b6cf-e074-482a-92cf-5dcdd154b511) — Mathematical Literacy · QP · 2012 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-nov2022-afrikaans/cd0c5dd4-3069-486d-86b3-b3b357661ceb) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-afr-d/f9553167-3e2a-4ad2-b677-0f1be8399029) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/913740d3-d3f7-470f-ad0e-289f4f74f68b) — QP + Memo · 2025
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
