# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-qp-sept2015-afr/15e35f7a-5fd8-4e3c-b350-508182af02c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-qp-sept2015-afr/15e35f7a-5fd8-4e3c-b350-508182af02c7)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2015

             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:      150

TYD:        3 uur

                                    *MLITA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitende ŉ bylaag van 1 bladsy.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.     Gebruik BYLAAG A om VRAAG 4.1 te beantwoord.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 4.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en
        niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui.

 5.     Toon AL die berekeninge duidelik aan.

 6.     Rond AL die finale antwoorde paslik af volgens die gegewe konteks,
        tensy anders aangedui.

 7.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

 8.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 9.     Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE,
        tensy anders aangedui.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         3

VRAAG 1

1.1   Mnr. Pather hoor van sy vriende hoe belangrik dit is om voorsiening te maak vir
      onvoorsiene omstandighede soos ŉ skielike sterfgeval as gevolg van tragiese
      ongelukke. Hy besef dat indien ŉ geliefde tot sterwe sou kom, dat daar altyd ŉ
      nood sal wees van ŉ kontantvloei. Hy het verskillende begrafnisdekkings van
      verskeie maatskappye bestudeer. Die een wat sy oog gevang het, word in die
      onderstaande tabel geïllustreer. Mnr. Pather se familie bestaan uit sy vrou en
      twee kinders.

      Die volgende tabel illustreer die voordele en premies inligting in RAND van ŉ
      begrafnisdekkingpolis.

      Tabel 1
      Begrafnis-          Hoof-     Eggenoot      Kind        Kind         Kind        Gesins-
       dekking         versekerde               Ouderdom    Ouderdom    Ouderdom         plan
                                                  14-21       6-13          1-5        Premies
      Jaar 1            20 000       20 000      20 000      10 000        5 000        89,95
      Jaar 2            21 000       21 000      21 000      10 500        5 250        97,15
      Jaar 3            22 050       22 050      22 050      11 025      5 512,50         A
      Jaar 4           23 152,50    23 152,50   23 152,50   11 576,25        B         113,31
      Jaar 5           24 310,13    24 310,13   24 310,13   12 155,06    6 077,53      122,38
      Jaar 10          31 026,57    31 026,57   31 026,57       C        7 756,64      179,81
      Jaar 15          39 598,64    39 598,64   39 598,64   19 799,32    9 899,66      264,20
      Jaar 20              D            D           D       25 269,50   12 634,75      388,20

      Verpligte Jaarlikse Verhogings:                       Jaarlikse Premie Verhoging 8%
      Jaarlikse voordele verhoging 5%

      1.1.1     Bereken die volgende ontbrekende waardes:

                (a)      Die premie in die 3de jaar (A)                                              (2)

                (b)      Die uitbetalingswaarde vir ŉ kind van die ouderdom 1–5 jaar in
                         die 4de jaar (B)                                                            (2)

                (c)      Die uitbetalingswaarde vir ŉ kind van die ouderdom 6–13 jaar in
                         die 10de jaar (C) en                                                        (3)

                (d)      Die uitbetalingswaarde vir ŉ kind van die ouderdom 14–21 jaar,
                         die eggenoot of die hoofversekerde in die 20ste jaar (D).                   (3)

      1.1.2     Verduidelik die verwantskap tussen die bedrae vir ŉ kind van die
                ouderdom 1–5 jaar, van die ouderdom 6–13 jaar en die ouderdomme
                van 14–21 jaar.                                                                          (3)

      1.1.3     Soos die premie elke jaar verhoog, verhoog die begrafnisdekking ook.
                Waarom dink jy is dit nodig vir die verhoging in die begrafnisdekking?                   (2)

      1.1.4     Waarom dink jy is daar ŉ verskil in die persentasie verhoging tussen die
                uitbetalingswaardes en die premiewaardes?                                                (2)

      1.1.5     Gee EEN voordeel en EEN nadeel om geld in ŉ begrafnisplan te betaal.                     (4)

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (EC/SEPTEMBER 2015)

1.2    Mnr. Pather, ŉ 37-jarige winkelbestuurder, bestudeer die belastingtabelle vir
       die 2014–2015 en 2015–2016 finansiële jare om die verskil in die belasting
       wat hy vir die twee finansiële jare sal betaal, te bepaal. Hy ignoreer die
       mediese- en pensioenaftrekkings. Om die vrae hieronder te beantwoord,
       gebruik die volgende belastingtabelle.

       Tabel 1: Belastingtabel vir 2014–2015 finansiële jaar
       Belasbare Inkomste (R)                      Belastingkoers
       R0 – R174 550           18% van elke R1
       R174 551 – R272 700     R31 419 + (25% van die bedrag bo R174 550)
       R272 701 – R377 450     R55 957 + (30% van die bedrag bo R272 700)
       R377 451 – R528 000     R87 382 + (35% van die bedrag bo R377 450)
       R528 001 – R673 100     R140 074 + (38% van die bedrag bo R528 000)
       R673 101 +              R195 212 + (40% van die bedrag bo R673 100)
                                     KORTINGS
       Primêre korting                                        R12 726
       Sekondêre korting (Persone 65 en ouer)                 R7 110
       Tersiêre korting (Persone 75 en ouer)                  R2 367
                                                                [Bron: www.sars.gov.za]

       Tabel 2: Belastingtabel vir 2015 – 2016 finansiële jaar
       Belasbare Inkomste (R)                      Belastingkoers
       R0 – R181 900           18% van elke R1
       R181 901 – R284 100     R32 742 + 26% van die bedrag bo R181 900
       R284 101 – R393 200     R59 314 + 31% van die bedrag bo R284 100
       R393 201 – R550 100     R93 135 + 36% van die bedrag bo R393 200
       R550 101 – R701 300     R149 619 + 39% van die bedrag bo R550 100
       R701 301 +              R208 587 + 41% van die bedrag bo R701 300
                                     KORTINGS
       Primêre korting                                        R13 257
       Sekondêre korting (Persone 65 en ouer)                 R7 407
       Tersiêre korting (Persone 75 en ouer)                  R2 466
                                                                [Bron: www.sars.gov.za]

       1.2.1   Vanaf die twee belastingtabelle hierbo, is dit ooglopend dat die
               belastingkoerse vanaf een finansiële jaar na die volgende finansiële
               jaar verskil. Gee ŉ rede vir hierdie verskil.                               (2)

       1.2.2   Mnr. Pather beweer dat hy meer belasting per maand in die 2015–
               2016 finansiële jaar sal betaal as in die 2014–2015 finansiële jaar.
               Hy het hierdie bewering aan die einde van Februarie 2015 gemaak.
               Hy verdien ŉ maandelikse salaris van R15 800,75 wat onveranderd
               in Maart 2015 bly. Verifieer met die nodige berekeninge of sy
               bewering waar is of nie.                                                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    5

 1.3      ŉ Opname was deur Mnr. Pather in die omgewing waar hy woon gedoen
          aangaande die bedrae (in rand) wat mense elke maand spaar vir
          onvoorsiene omstandighede. Een honderd en veertig mense het aan die
          opname deelgeneem.

          Mnr. Pather het die data wat hy opgeneem het in die volgende snor-en
          baarddiagram geïllustreer.

          Bestudeer die snor-en baarddiagram en beantwoord die volgende vrae.

          1.3.1       Watter persentasie mense spaar meer as R65 per maand?                  (2)

          1.3.2       Hoeveel mense spaar minder as R25 per maand?                           (2)

          1.3.3       Bereken die waarde van die interkwartiel-omvang.                       (2)

          1.3.4       Verduidelik wat beteken die waarde van die interkwartiel-omvang
                      wat in VRAAG 1.3.3 bereken is.                                         (3)

          1.3.5       Dink jy dat die mense in hierdie omgewing ernstig is oor spaar?
                      Verduidelik jou antwoord.                                              (3)
                                                                                           [44]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 2

 2.1 Me. Harker vra ŉ bouer om ŉ skaaltekening van ŉ voornemende verbouing
     van haar huis te teken. Die vloerplan van die voornemende verbouing word
     hieronder geïllustreer.

      2.1.1    Meet die plan (afmetings) van die stoep en bereken die werklike
               afmetings van die stoep in meters.                                        (5)

      2.1.2    Me. Harker sou graag die stoep met keramiek teëls wat R79,99 per
               vierkante meter kos, uitgelê hê. Die teëler versoek haar om ŉ 10%
               voorsiening te maak van die stoepoppervlakte vir vermorsing en
               breekskade wanneer die teëls gelê word. Indien die teëler R55 per
               vierkante meter kwoteer vir arbeid, bereken die totale koste om die
               stoep te teël.

               Die volgende formule mag nuttig wees:

                                                                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    7

          2.1.3       Bestudeer die plan sorgvuldig en skryf TWEE tekortkominge neer
                      wat nie op die plan voorkom nie wat jy aan die bouer wil voorstel
                      om die plan te verbeter.                                               (4)

 2.2      In een van Me. Harker se ander kamers in haar huis, is daar ŉ boekrak
          soos hieronder aangedui. Onder die boek is een van die rakke.
          Bestudeer die diagramme sorgvuldig voordat jy die vrae beantwoord.
          Hierdie diagramme is nie volgens skaal geteken nie.

                                                                           Breedte
                                                                          250 mm

          2.2.1       Die totale oppervlakte van die rakke waarop die boeke gepak
                      word, is 0,45 m2 en die breedte van een rak is 250 mm. Bereken
                      die lengte van EEN rak in sentimeter.

                      Die volgende formule mag nuttig wees:

                                                                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                (EC/SEPTEMBER 2015)

         2.2.2 Vervolgens, bereken die aantal boeke wat op rak gepak kan word
               as die boeke ŉ dikte van 23 mm het.                                      (3)

         2.2.3 Die maksimum gewig wat een van die rakke kan dra, is
               16 kilogram. Indien die gemiddelde gewig van een boek op die
               boonste rak 1 493 gram is, bereken die maksimum aantal boeke
               wat met hierdie gewig op die boonste rak gepak kan word.                 (3)

         2.2.4 Een van die boeke wat Me. Harker het, kan nie regop (vertikaal)
               gepak word soos in die boonste diagram nie, maar kan teen die
               kant leen soos in die onderste diagram. Toon met die nodige
               berekeninge en verduideliking waarom dit onmoontlik is om die
               boek regop te pak.

                Die volgende formule kan nuttig wees:

                Waar:

                                                                                        (7)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    9

 VRAAG 3

 3.1    Jano wil ŉ nuwe motor koop, maar voordat hy enige kontrak teken, wil hy na
        verskeie opsies kyk. Hy is in ŉ Hyundai i30 geïnteresseerd. Hy het ŉ
        afspraak gereël met een van die verkoopspersoneel om hom die verskeie
        opsies te wys.
        Die volgende tabel was aan hom voorgelê.

        Tabel 2
                                    Opsie 1                        Opsie 2
                                Gekoppelde koers              Restantbetaling
                                                             (Balloon Payment)
        Kontantprys                  R165 000                     R165 000
        Deposito                     R10 000                         R0
        Leningsbedrag                R156 140                     R166 140
        Rentekoers                     12%                          12%
        Leningstermyn                 6 jaar                        6 jaar
        Maandelikse
        terugbetaling                R3 122,49                   R2 921,08
        Restantbetaling                 R0                   25% van kontantprys

         ŉ Verpligte eenmalige van R1 140,00 is betaalbaar.
         ’ M        i s   mi is si fooi        R57,00 word by die
          maandelikse terugbetaling gevoeg.
         ŉ Restantbetaling is ŉ finale bedrag wat betaalbaar is in die laaste
          maand van die kontrak.

        Bestudeer die bostaande tabel en beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1    Wys hoe die Leningsbedrag van Opsie 1 bereken was.                        (2)

         3.1.2    Bereken die totale bedrag wat Jano na die ses jaar in Opsie 1 sal
                  betaal.                                                                   (3)

         3.1.3    Bereken die totale bedrag wat Jano na die ses jaar in Opsie 2 sal
                  betaal.                                                                   (4)

         3.1.4    Bereken die verskil tussen die bedrae in VRAAG 3.1.2 en
                  VRAAG 3.1.3.                                                              (2)

         3.1.5    Verduidelik waarom die maandelikse terugbetalings van Opsie 2 laer
                  is as die van Opsie 1 waar ŉ deposito betaal is.                          (2)

         3.1.6    Jano het advies nodig oor watter opsie hy moet kies. Watter van
                  hierdie twee opsies sal jy Jano adviseer om te kies? Verskaf TWEE
                  redes vir jou antwoord.                                                   (5)

         3.1.7    Die restantbetaling opsie lyk aantreklik, maar het sommige nadele
                  vir ŉ koper. Noem TWEE nadele van die restantbetaling.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2        (EC/SEPTEMBER 2015)

3.2 Om Jano te oortuig om die Hyundai i30 te koop, wys die verkoopspersoon vir
    hom twee grafieke aangaande die verkope van die Hyundai i30 oor ŉ periode
    van ses maande.

      Bestudeer die grafieke en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              GRAFIEK 1

                                               Verkope van die Hyundai
                                                 i30 oor ses maande
                                              50

                                              40

                             Aantal verkoop
                                              30

                                              20

                                              10

                                              0
                                                     1     2      3       4   5   6
                                                                  Maande

                                                              GRAFIEK 2

                                               Verkope van Hyundai i30
                                                   oor ses maande
                                        45
                                        40

                       Aantal verkoop
                                        35
                                        30
                                        25
                                        20
                                        15
                                        10
                                                     1    2       3       4   5   6
                                                                  Maande

      3.2.1   Die verkoopspersoon maak die volgende stelling: “As jy na beide
              grafieke kyk, sal jy sien dat ons 15 verkoop het in die eerste maand en
              dit het toegeneem na 42 in maand 6.” Stem jy saam met hierdie
              stelling? Staaf jou antwoord met bewyse vanaf beide grafieke.                            (4)

      3.2.2   Watter EEN van die twee grafieke was die mees toepaslikste grafiek
              om vir Jano te wys?                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    11

 3.3      Nadat Jano besluit het om die Hyundai i30 te koop het die
          verkoopspersoon hom gevra om ŉ kleur vir sy motor te kies. Hy is na die
          pakhuis geneem om na die verskillende kleure te gaan kyk wat hulle in
          voorraad het. In die pakhuis was daar verskillende Hyundai modelle in
          verskeie kleure. Die volgende tabel wys die verskeie modelle en hul
          kleure.

          Model                                     Kleure
                            Rooi         Wit        Silwer        Swart        Blou
           Elantra           3            0            1            2           5
             i10             2            3            1            3           4
             i20             1            4            2            3           4
             i30             4            5            3            5           6
           Sonata            2            1            0            0           0
           Velostar          1            0            0            1           0

           3.3.1      Hoeveel Hyundai motors was in die pakhuis?                             (2)

           3.3.2      Watter van die modelle sou jy sê is mees populêr? Gee ŉ rede
                      vir jou antwoord.                                                      (3)

           3.3.3      Bereken die waarskynlikheid dat die kleur van die Hyundai i30
                      wat Jano sal kies, swart sal wees. Druk jou antwoord as ŉ
                      persentasie uit.                                                       (2)

           3.3.4      Bereken die waarskynlikheid dat Jano nie ŉ swart of blou
                      Hyundai i30 sal kies nie. Druk jou antwoord uit tot 3 desimale
                      plekke.                                                                (3)

           3.3.5      Die verkoopspersoon beweer dat hulle verkoop twee keer die
                      aantal swart Hyundai’s as die silwer Hyundai’s. Toon met
                      berekeninge of jy met die stelling saamstem of nie.                   (3)
                                                                                           [41]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 4

 4.1    Grant is ŉ toergids vir Haven se Reise en Toere. Hy reis daagliks ŉ
        afstand van 700 km rondom die Johannesburgse Stadsentrum. Hy word
        slegs toegelaat om teen ŉ spoed van 80 kilometer per uur te reis. Hy
        word ook slegs twee rusperiodes toegelaat, vanaf 11h00 tot 11h30 en
        weer vanaf 13h30 tot 13h45.

        BYLAAG A toon die kaart van die Johannesburgse stadsentrum.
        Bestudeer die kaart sorgvuldig voordat jy die vrae beantwoord.

         4.1.1 Bereken die tyd wat dit Grant sal neem om die toer rondom die
               Johannesburgse stadsentrum te voltooi sonder dat hy enigsins
               stilhou. Gee jou antwoord in ure en minute.                                   (3)

         4.1.2 Met die nodige berekeninge wys hoe laat Grant sy rit moet begin,
               as hy om 18h00 by die huis wil wees.                                          (3)

         4.1.3 Grant bestuur ŉ voertuig met ŉ tenkkapasiteit van 60 liter. Indien
               Grant se voertuig 7 kilometer dek op elke liter brandstof, dink jy
               dat ŉ vol tenk hom sal hou vir sy toer? Wys met die nodige
               berekeninge.                                                                  (4)

         4.1.4 In watter rigting moet Grant ry as hy deur Smitstraat wil reis
               (Blokke 1A)? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                     (3)

         4.1.5 Gewoonlik gebruik Grant sy Geografiese Puntstelsel (GPS) om
               vir hom rigting aan te dui, maar om een of ander rede is sy GPS
               disfunksioneel. Hy is by die Stadsaal (City Hall in Blok 3B) en wil
               by die Planetarium (Blok 1A) uitkom. Gee vir Grant spesifieke
               aanwysings vanaf die Stadsaal na die Planetarium.                             (4)

  4.2   Die spoedgrens in hierdie gebiede is 80 kilometer per uur. ŉ
        Verkeersbeampte vertel aan Grant dat bestuurders nie die spoedgrens
        gehoorsaam nie. Hy wys Grant dat hy die volgende spoed vir die
        spesifieke dag opgeteken het vir twee verskillende gebiede
        (Braamfontein en Hillbrow). Gebruik die data (spoed in kilometer)
        hieronder om die vrae te beantwoord.

                      Braamfontein – 81 ; 76; 95; 101, 99; 71; 85; 67;62
                          Hillbrow – 62; 83; 73; 77; 96; 99; 76; 68

         4.2.1 Die verkeersbeampte noem aan Grant dat as jy na die
               gemiddelde spoed van die twee gebiede kyk, is dit duidelik dat
               Braamfontein ŉ hoë risiko ongeluksgebied is. Toon deur middel
               van berekeninge of jy met die verkeersbeampte saamstem of nie
               saamstem nie.                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    13

         4.2.2 Kan die modale waarde gebruik word om die spoed wat in een
               gebied gery word, die beste te beskryf? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.                                                                  (2)

         4.2.3 Indien jy hierdie data grafies wil vertoon, watter tipe grafiek of
               grafieke sou jy gebruik om ŉ vergelyking in hierdie twee gebiede
               te maak?                                                                   (2)

         4.2.4 Indien die verkeersbeampte spoedboetes uitgereik het aan die
               spoedoortreders, hoeveel boetes het hy vir daardie spesifieke
               dag uitgereik?                                                            (2)
                                                                                        [30]

                                                                        TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
          14                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2   (EC/SEPTEMBER 2015)

         BYLAAG A

         VRAAG 4.1

                        A                      B                 C

                                                                              1
                                                                                    Hillbrow

Plane-
tarium

                                                                              2

Braam-
fontein

                                                                               3

                   Smit Street              City Hall
                   Smitstraat               Stadsaal

         Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-english/f2531ae8-7751-4b26-9fdc-2c577eac4b74) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept-2023-english/6db29d67-251d-4ade-ab45-b41f079fc0a3) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATH LIT P2 GR12 ADD SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/math-lit-p2-gr12-add-sept-2020-english/eee4653c-50e8-4339-9537-ac35e93bb04d) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2020-english/159fc7c8-fb75-42e5-a050-9af674b8bdba) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
