# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-qp-afr/ed954fca-c22c-420f-a511-16c18bf9d581
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-qp-afr/ed954fca-c22c-420f-a511-16c18bf9d581)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2012

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                *MLITA2*

           Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ŉ addendum.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    VRAE 4.1.6 en 4.3.1 moet op die aangehegte BYLAE A beantwoord
      word. Skryf jou naam in die ruimtes gelaat en lewer die bylae saam met
      die ANTWOORDEBOEK in.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik is.

4.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag
      gebruik word, tensy anders vermeld.

5.    AL die berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.

6.    AL die finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
      tensy anders vermeld.

7.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        3

 VRAAG 1             (LU1: AS12.1.1, 12.1.2; LU3: AS12.3.1,12.3.2,12.3.3)

 1.1    Bingi het pas met ŉ nuwe werk begin en die een ding wat hy die graagste
        wil koop is ŉ platskerm (plasma) televisie vir sy kamer. Siende dat hy nie
        die kontant het om daarvoor te betaal nie, sal hy twee opsies oorweeg.

        Hy het die volgende advertensie gesien:

        Opsie 1

                              Kontantprys: R 5 989
                                        OF
                              Huurkoop: 15%
                              Deposito en 30 gelyke
                              maandelikse
                              paaiemente vir die
                              waarde van R 7 508,70

        1.1.1 Bereken hoeveel Bingi vir die deposito sal betaal.                      (2)

        1.1.2 Hoeveel sal Bingi elke maand aan paaiemente moet betaal?                (2)

        1.1.3 Wat is die totale bedrag wat Bingi vir die televisie sal betaal as hy
              dit op huurkoop koop?                                                   (2)

        1.1.4 Met verwysing na Opsie 1, gebruik die formule 1+ni = A/P om die
              rentekoers te bereken wat op hierdie aankope gevra is, waar;
              A = Finale Bedrag,
              P = Oorspronklike bedrag
              n = Aantal jare en
              i = Rentekoers                                                          (7)

        1.1.5 Indien Bingi verkies om ŉ lening by ŉ bank (Opsie 2) vir die
              kontantwaarde van die televisie aan te gaan, bereken hoeveel hy
              in totaal terug moet betaal oor ŉ periode van 30 maande teen ŉ
              rentekoers van 11,25% per jaar, halfjaarliks saamgestel. Gebruik
              die formule A = P(1+i)n waar;
              A = Finale Bedrag,
              P = Oorspronklike bedrag
              n = Aantal jare en
              i = Rentekoers                                                          (5)

        1.1.6 Watter opsie sal jy Bingi aanraai om te oorweeg? Gee ŉ rede vir
              jou antwoord.                                                           (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (SEPTEMBER 2012)

1.2   Die volgende is ŉ diagram van die televisie (sonder die staander) wat
      Bingi wil koop. (Diagram nie volgens skaal).

                                    97 cm

           58,7 cm
                                      40’’

      1.2.1 Die skerm van die televisie is 40’’ (duim) en word diagonaal
            gemeet soos in die diagram aangedui.
            Bereken die werklike lengte van die skerm in sentimeter as
            1” = 2,5 cm.                                                             (2)

      1.2.2 Die skerm van die televisie is omring deur ŉ buiteraam wat ŉ
            lengte van 97 cm en ŉ breedte van 58,7 cm het soos op die
            diagram aangedui.

               Bereken die oppervlak van die televisie in m2.
               Gebruik die formule; Opp = L x B.                                     (4)

      1.2.3 Bingi het ŉ spasie op sy muur van 0,8 m2 waar hy die televisie wil
            monteer. Volgens die installasie-instruksies moet daar ŉ afstand
            van 10 cm aan alle kante vir behoorlike ventilasie wees. Sal
            hierdie spasie groot genoeg wees vir die montering van die
            televisie? Wys al jou berekeninge.                                       (5)

1.3   Bingi se twee gunsteling televisiereekse is Isidingo en Sewende Laan,
      maar word gewys gedurende dieselfde tyd (18h30 – 19h00 vanaf
      Maandag tot Vrydag). Isidingo word onderbreek deur vyf advertensies
      van 45 sekondes elk, terwyl Sewende Laan onderbreek word deur vier
      advertensies van ŉ ½ minuut elk. Help Bingi om te besluit watter reeks sal
      vir hom die maksimum kyktyd gee op een dag. Wys alle berekeninge.              (6)
                                                                                    [37]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                     5

 VRAAG 2           (LU2: AS12.2.1, 12.2.3; LU3: AS12.3.1,12.3.2; LU4:
                   AS12.4.1,12.4.4)

 2.1    Jamo, ŉ graad 9-leerder, het ŉ steekproef gedoen wat hy vir die
        snoepwinkel (tuck shop) wil gee as ŉ aanwysing van watter sjokolade
        hulle in voorraad moet hou. Hy het die steekproef in sy klas gedoen.

        Hieronder is ŉ staafdiagram van Jamo se bevindinge.

        2.1.1 Hoeveel leerders het Jamo ŉ onderhoud mee gevoer?                    (2)

        2.1.2 Indien daar 1 030 leerders by Jamo se skool is, bereken met
              watter persentasie van die leerders hy ŉ onderhoud gevoer het.
              Gee jou finale antwoord tot 1 desimale plek.                         (3)

        2.1.3 Dink jy hierdie inligting is verteenwoordigend van die leerders in
              Jamo se skool? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                          (2)

        2.1.4 Dink jy die opskrif van die staafdiagram is korrek? Indien nie,
              korrigeer die opskrif.                                               (2)

        2.1.5 Die dame in beheer van die snoepwinkel is nie gelukkig met Jamo
              se bevindinge nie en vra hom om ŉ steekproef te maak wat meer
              wyer verspreid is. Verduidelik kortliks wat sy bedoel met ‘meer
              wyer verspreid’.                                                     (2)

        2.1.6 Om die gunsteling sjokolade van die leerders in voorraad te hou,
              wil sy graag hê dat daar met 40% van die skool se leerders
              onderhoude gevoer word. Met hoeveel leerders moet Jamo
              onderhoude voer?                                                     (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (SEPTEMBER 2012)

2.2   Die volgende grafiek illustreer die persentasieverandering in die prys van
      ŉ ‘crunchie’-stafie vanaf 2007 – 2011. Bestudeer die grafiek en
      beantwoord die vrae.

      2.2.1 In watter jaar het die prys van die ‘crunchie’-stafie gedaal?
            Verduidelik hoe dit op die grafiek aangedui is.                           (2)

      2.2.2 Tussen watter jare het die prys van die ‘crunchie’-stafie die meeste
            gestyg? Verduidelik hoe dit op die grafiek aangedui is.                   (2)

      2.2.3 Die prys van ŉ ‘crunchie’-stafie was R 3,70 in 2009. Bereken die
            prys van ŉ ‘crunchie’-stafie in 2008.                                     (3)

      2.2.4 Toon hoe die persentasie-verandering in 2011 bereken was,
            indien die prys R 3,99 in 2010 was en R 4,50 in 2011.                     (3)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       7

 2.3    Die afmetings van die ‘crunchie’-stafie word in die onderstaande diagram
        geïllustreer. (Diagram is nie volgens skaal)

                                        128 mm

                1,5 cm
                                                             2,5 cm

        2.3.1      Bereken die volume van die ‘crunchie’-stafie. Gee jou antwoord in
                   cm3. Gebruik die formule; Volume = l x b x h.                        (3)

        2.3.2    Die ‘crunchie’-stafie moet met sjokolade bedek word. Bereken die
                 buite-oppervlak van die ‘crunchie’-stafie in cm2.
                 Gebruik die formule:
          Buite-oppervlak = 2 x Oppervlak van basis + omtrek van basis x hoogte         (5)

        2.3.3      ŉ Spesiale pakpapier (wrapping) word gebruik om die stafie vars
                   te hou. Die pakpapier wat gebruik word is 12,5% meer as die
                   buite-oppervlak van die ‘crunchie’-stafie. Hoeveel pakpapier word
                   vir die ‘crunchie’-stafie benodig?                                   (4)
                                                                                       [35]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3                 (LU1: 12.1.1,12.1.2,12.1.3; LU2: 12.2.1,12.2.3)

3.1     Shumeez het ŉ bevorderingspos, wat haar baie meer betaal as wat sy
        verdien het, gekry. Omdat sy nog jonk is, het sy besluit om haar
        verdienste in ŉ huis te belê. Sy het aansoek om ŉ huislening gedoen.
        Advies van familie en vriende is dat ŉ huis ŉ leeftyd se belegging is,
        alhoewel dit jou baie jare kan neem om die huislening af te betaal. Om ŉ
        huis te koop sluit baie versteekte kostes in.
        Vir hierdie doel sal slegs sekere kostes gedek word.

        Sy het gaan soek vir ŉ huis en het belang gestel in ŉ huis wat haar
        behoeftes die beste pas. Die waarde van die huis is R 1 200 000.

        3.1.1     Om die huis op haar naam oor te dra, moet Shumeez
                  oordragskoste op die waarde van die eiendom betaal. Bestudeer
                  die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      Tabel 1       Waarde van Eiendom                        Oordragskoste
                  Tot R 600 000                     R0
                  R 600 001 – R 1 000 000           3%
                  R 1 000 001 – R 1 500 000         R 12 000 + 5% van die bedrag
                                                    bokant R 1 000 000
                  R 1 500 000 en meer               R 37 000 + 8% van die bedrag
                                                    bokant R 1 500 000

                  (a)     Wat moet die maksimum waarde van ŉ huislening wees as
                          geen oordragskoste betaalbaar is nie?                               (1)

                  (b)     Bereken die bedrag wat Shumeez aan oordragskoste moet
                          betaal.                                                             (5)

        3.1.2     Die bank gebruik ŉ faktortabel (sien tabel hieronder) om die
                  maandelikse terugbetalings op ŉ huislening te bereken.

Tabel 2     Maandelikse terugbetaling per R 1000 van ŉ huislening indien die
            rente maandeliks saamgestel word
        Rente-
                   7%   8%    9%    10% 11% 12%          13%    14%     15%
         koers
        20 jaar 7,75 8,36 9,00 9,65 10,32 11,01 11,72 12,44 13,17
        25 jaar         7,07   7,72   8,39   9,09    9,80   10,53   11,28   12,04     12,81
        30 jaar         6,65   7,34   8,05   8,78    9,52   10,29   11,06   11,85     12,64

                  (a)     Ten tye van die aankope was die rentekoers 9%. Shumeez
                          besluit om die lening oor ŉ periode van 20 jaar terug te
                          betaal. Hoeveel sal haar maandelikse terugbetalings wees?

                          Gebruik die formule:
                          Maandelikse terugbetalings = Huislening in 1 000 x Faktor
                                                      OF
                          Maandelikse terugbetalings =          x Faktor
                                                                                              (4)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                          9

                        (b)   Indien die maandelikse terugbetalings nie 30% van haar
                              bruto maandelikse salaris mag oorskry nie, sal sy kwalifiseer
                              vir die huislening as haar bruto jaarlikse salaris R 450 000
                              is? Toon al jou berekeninge.                                          (5)

                        (c)   Verduidelik wat jy kan oplet van die maandelikse
                              terugbetalings as Shumeez besluit om die huislening oor ŉ
                              periode van 25 jaar teen dieselfde rentekoers terug te
                              betaal. Toon al die berekeninge om jou verduideliking te
                              ondersteun.                                                           (5)

                        (d)   Wat is die totale bedrag wat Shumeez aan die huislening sal
                              terug betaal indien dit haar presies 20 jaar sal neem om die
                              huislening af te betaal? (Sluit alle ander koste uit)
                              Gebruik die formule: Finale Bedrag = Maandelikse
                              terugbetaling x aantal terugbetalings.                                (3)

                        (e)   Bereken die rente wat Shumeez op die huislening sal betaal.           (2)

 3.2     Die grafiek hieronder wys Shumeez se maandelikse terugbetalings oor ŉ
         periode van 20 jaar. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat
         volg.

 Rente

 Lening

                 2011         2013      2015   2017   2019   2021   2023   2025      2027   2029

         3.2.1          Aan wat sal Shumeez die grootste gedeelte van haar
                        maandelikse terugbetalings in die eerste 10 jaar afbetaal?
                        Waarom dink jy is dit die geval?                                            (3)

         3.2.2          Aan wat sal Shumeez die grootste gedeelte van haar
                        maandelikse terugbetalings in die laaste 10 jaar afbetaal?
                        Waarom dink jy is dit die geval?                                            (3)

         3.2.3          Gedurende watter jaar sal Shumeez naastenby dieselfde bedrag
                        van haar maandelikse terugbetaling aan beide die rente en die
                        lening betaal?                                                              (2)

         3.2.4          Waarom dink jy neem dit 20 – 30 jaar om ŉ huislening af te
                        betaal, terwyl dit ŉ slegs 5 – 6 jaar neem om ŉ motorlening af te
                        betaal?                                                                     (2)
                                                                                                   [35]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4          (LU1: AS12.2.1,12.2.2,12.2.3; LU3: AS12.3.1, LU4: AS12.4.4,
                 12.4.5)

Me. Mbete beplan ŉ partytjie vir haar dogtertjie van drie jaar oud. Sy nader ŉ
gebeurtenisbeplanningsmaatskappy om die beplanning vir haar te behartig. Sy
stel hulle in kennis dat sy 45 kinders wil nooi.

4.1   Die gebeurtenisbeplanningsmaatskappy kom met die volgende tabel
      vorendag. Hulle kan slegs voorsiening maak vir ŉ minimum van 10 en ŉ
      maksimum van 50 kinders.

      Tabel 3
      Prys per kind              300        A         100         75         60
      Aantal kinders              10        20         30         B          50

      4.1.1   Wat is die bedrag betaalbaar deur Me. Mbete indien enige van die
              bogenoemde toestande gebruik word?                                      (2)

      4.1.2   Gebruik die tabel hierbo sowel as jou antwoord in VRAAG 4.1.1
              om ŉ formule neer te skryf. Gebruik bedrag betaalbaar as (A),
              prys per kind as (p) en aantal kinders as (n).                          (3)

      4.1.3   Gebruik die formule in VRAAG 4.1.2 om die ontbrekende waardes
              A en B onderskeidelik te bereken.                                       (4)

      4.1.4   Gebruik die formule om te bereken wat Me. Mbete per kind wat sy
              wil nooi sal betaal.                                                    (2)

      4.1.5   Verduidelik die verwantskap tussen die prys per kind en die aantal
              kinders.                                                                (2)

      4.1.6   Gebruik die inligting in die tabel om ŉ grafiek (op Bylae A) te teken
              wat die verwantskap tussen die prys per kind en die aantal
              kinders toon.                                                           (5)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       11

 4.2    Die speelding wat die kinders ontvang het, was in die vorm van ŉ bal.
        Binne-in hierdie bal was ŉ geheime speelding. Die vorm van die bal word
        hieronder geïllustreer en wys slegs die een helfte van die vorm. (Diagram
        nie volgens skaal)

        4.2.1      Indien die lengte van die speelding 2 mm korter moet wees as die
                   deursnit van die binneste gedeelte van die bal, wat moet die
                   maksimum lengte van die speelding in sentimeter wees?               (4)

        4.2.2      Bereken die volume van die binneste gedeelte van die bal.
                   Gebruik die formule: Volume = (4/3)πr3, waar π = 3,14               (3)

 4.3    Me. Mbete het slegs kinders twee tot vyf jaar oud genooi. Bestudeer die
        volgende gebeurlikheidstabel en beantwoord die vrae wat volg.

        Tabel 4: Ouderdomme van seuns en dogters wat na die partytjie
        genooi is
                     2 jaar    3 jaar     4 jaar      5 jaar      Totaal
        Seuns           5         3                                 22
        Meisies                   8          5           6
        Totaal          9                  11           14          45

        4.3.1      Voltooi die gebeurlikheidstabel (sien BYLAE A).                     (5)

        4.3.2      Gebruik die voltooide gebeurlikheidstabel en bereken die
                   gemiddelde ouderdom van die kinders wat genooi is.                  (4)

        4.3.3      Gebruik die voltooide gebeurlikheidstabel om die volgende vrae te
                   beantwoord:

                   (a)   Bereken die waarskynlikheid dat ŉ meisie van 5 jaar oud na
                         die partytjie genooi sal word.                                (3)

                   (b)   Bereken die waarskynlikheid dat ŉ seun na die partytjie
                         genooi sal word.                                              (3)

                   (c)   Bereken die waarskynlikheid dat ŉ seun óf ŉ meisie van
                         2 jaar oud na die partytjie genooi sal word.                   (3)
                                                                                       [43]

                                                                           TOTAAL:     150

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (SEPTEMBER 2012)

BYLAE A

NAAM:

VRAAG 4.1.6

                     350

                     300

                     250

                     200
     Prys per kind
                     150

                     100

                     50

                      0
                           0            10            20           30      40      50
                                                      Aantal kinders

VRAAG 4.3.1

Tabel 4: Ouderdomme van seuns en dogters wat na die partytjie genooi is

                               2 jaar        3 jaar         4 jaar      5 jaar   Totaal

       Seuns                     5             3                                  22

       Meisies                                 8               5          6

       Totaal                    9                            11         14       45

## Related documents

- [MLIT P2 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-memo-afr/53f28de3-650f-48c0-bda2-10fb7f1dd25e) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-english/f2531ae8-7751-4b26-9fdc-2c577eac4b74) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept-2023-english/6db29d67-251d-4ade-ab45-b41f079fc0a3) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATH LIT P2 GR12 ADD SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/math-lit-p2-gr12-add-sept-2020-english/eee4653c-50e8-4339-9537-ac35e93bb04d) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept2020-english/159fc7c8-fb75-42e5-a050-9af674b8bdba) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
